Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar is min dinge so onaangenaam as 'n nare lewensondervinding wat jou die dood in die oë laat staar het; 'n motorongeluk, roof of frats-ongeluk. Jy kon gesterf het maar God was jou genadig en het jou die lewe laat behou. Wat is die heel slegste ding wat 'n mens kan oorkom? Wanneer jou naam nie in die boek van die lewe opgeskryf staan nie.
WYSE VOORSKRIF VIR MY LEWE
Hannes Ollewagen
Prediker 12:1 – 14
“…en die gees na God terugkeer wat dit gegee het.” (Vers 7). Hierdie versie herinner ons aan ‘n ontsettende waarheid wat ons tog so maklik vergeet – ons Skepper alleen is die Gewer van lewe. Hy alleen is die Gewer van lewe hier op aarde, maar ook van die Ewige Lewe hierna.
In vers 1 vermaan die Prediker ons met “EN dink aan jou Skepper in die dae van jou jonkheid…”, omdat hierna vermaning daartoe sal lei dat ons ‘n lewe uit dankbaarheid sal leef en ons beste sal doen om Hom te behaag. Soveel mense maak die fout om te redeneer dat hulle eers die lewe wil geniet terwyl hulle jonk is, want hulle het mos nog baie tyd om hul saak met God reg te maak wanneer hulle oud is. Indien jy laasgenoemde standpunt huldig, is daar rede tot kommer in jou geloofslewe, aangesien geen mens wat waarlik tot die besef gekom het van God se genade en liefde vir sy kinders, wil uitstel om homself te bekeer en onse Vader te behaag nie.
KINDERS IN DIE BYBEL (5)
JOSEF
Ds. Tjaart Kruger
Lees reeks by Kinders in die Bybel
MISKIEN is daar sommige van ons wat nie baie van Josef as kind hou nie. Want as jy die Bybel net bolangs lees, kry jy die indruk dat hy in sy kinderjare ’n verwaande ventjie was en ’n verklikbek.
Baie dink miskien dat dit nie ’n mooi trek in Josef se karakter was nie om al die slegte dinge wat sy broers gedoen het, aan sy vader te gaan oorvertel.
Wat sy broers presies gedoen het, sê die Bybel nie aan ons nie. Dit maak ook eintlik nie saak nie omdat die Bybel hier die nadruk wil laat val op wat Josef gedoen het en op wat sy houding ten opsigte van sy broers was.
Daar is mense wat wil beweer dat die verklikkery ’n swak eienskap in Josef se karakter was. Dit was vir hom lekker om nuus aan te dra by sy vader en van al die slegte dinge te vertel wat sy broers gedoen het. Hy het daar genot uit geput.
AS 'N ENGEL VERVEER (3)
Ds AE van den Berg
Lees reeks by As 'n engel verveer
SAUL DEUR 'N BOSE GEES GEPLA
Net na middernag skrik Detanan wakker van ‘n harde gepraat iewers uit die donker gang. Hy spits sy ore en luister aandagtig. Nee, dis nie ‘n gepraat nie, maar iemand wat onophoudelik vloek en swets. Detanan skud sy kop. Miskien het hy maar net gedroom? Nee, daar is dit weer! Dit kom vanuit Saul se kamer en klink asof Saul met iemand worstel. Detanan spring uit sy bed, gryp sy swaard en storm sonder om eers die nodige toestemming te vra, Saul se slaapkamer binne.
Saul lê op die vloer voor sy bed en kryl soos ‘n slang wat in vuur gegooi is. Skuim borrel by sy mond uit en hy brul onbedaard soos 'n ondier. Het hy ‘n toeval gehad of het iemand hom dalk probeer vergiftig? flits die gedagte deur sy kop. Hy het nog nooit so 'n iets gesien nie, nog minder so ‘n stemtoon gehoor. Dit het meer dierlik as menslik geklink!
HERINNERINGE AAN DR HF VERWOERD (4)
Lees reeks by Herinneringe aan dr HF Verwoerd
Louis Botha
Mnr. L. Botha is in Pearston gebore, was in Somerset-Oos op skool en het vir 'n kort tydperk aan Rhodes Universiteit studeer. Hy was 'n assistent- landdros in Pretoria toe hy in 1959 aangestel is in die Departement van die Eerste Minister, dr. Verwoerd. Ná dr. Verwoerd se tyd is hy bevorder tot sekretaris. Hy het in 1978 aftree-ouderdom bereik.
Louis vertel self:
DR. VERWOERD se reputasie as "slawedrywer" in die Departement Naturellesake het hom vooruit geloop toe hy Eerste Minister geword het. Daarom was ek verbaas om so 'n vriendelike baas aan te tref toe ek kort daarna in sy departement diens aanvaar het. My waardering vir sy menslikheid het in die loop van die jare net gegroei. Ek kan 'n hele paar staaltjies vertel om dit te illustreer.
BRIEWE AAN CHARLES (3)
Gerhard Viviers
Lees reeks by Beste Charles... Van Gerhard
Bal-vir-bal-kommentaar
Beste Charles,
My ou vriend, jy sal nie glo hoe sport en alles wat daarmee gepaard gaan, soos handomkeer verander het nie. Daar is steeds die belofte van opwindende dinge wat wag en dinge wat reeds aan die gebeur is. Veral op die gebied van krieket, rugby en sokker. Groot welslae word en is reeds behaal sedert die isolasiespook uiteindelik graf toe is. Hopelik sal hy nou daar bly, hoewel daar in die Suid-Afrikaanse sportwêreld tog nog mense is wat politieke spoke wil oproep om twis en tweedrag te kom saai.
Daar is net een terrein waar dit lyk of dinge rustig en seepglad verloop, en dit is in die geledere van dr. Ali Bacher se Verenigde Krieketraad. Dié vriend van ons doen goeie werk en geniet groot aansien dwarsdeur die krieketwêreld. Die belangstelling in krieket is besig om geweldig toe te neem.
KINDERS IN DIE BYBEL (4)
JAKOB
Ds. Tjaart Kruger
Lees reeks by Kinders in die Bybel
JAKOB moes seker ’n slim kind gewees het, ’n intelligente seun.
Hy was natuurlik ’n doodgewone, alledaagse mens. Stil en ingetoë. Hy het nie daardie ontembare energie en lewenslus van sy broer Esau gehad nie. Hy was nie die een wat daar in die veld koes-koes ’n wildsbok kon bekruip, of vir ure loop op die spoor van ’n gewonde bok of ’n swaar gewonde bok van agter inhardloop nie.
Esau was die atletiese tipe, die gespierde kind, die man van die veld.
Jakob was die kind in die huis, rustig, stil en bedaard. Tog het daar agter daardie stilheid en bedaardheid ’n goeie verstand geskuil. Hy kon vooruit dink. Hy kon dinge vooruit beplan en bereken.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
VERBORGE DANKBAARHEID
Die man kla trots by sy vriend: My egskeiding is op die rotse. My vrou het besluit om na my toe terug te kom...
BRIEWE AAN CHARLES (2)
Gerhard Viviers
Lees reek by Beste Charles... Van Gerhard
My eerste rugby-uitsending
Beste Charles,
Ek het gehoor dat jy 'n baie goeie onderwyser in Grahamstad was. Dok Craven, wat op ’n kol daar saam met jou klasgegee het, het aan my vertel dat jy nogal ’n skaflike krieket- en rugbyskeidsregter was. Dit is juis die dinge wat gemaak het dat die destydse SAUK jou gevra het om vir hulle deeltydse sportkommentaar te doen. Jou mooi duidelike stem en goeie taalgebruik het jou ’n aanbod om die kweperlat vir die mikrofoon te verruil, laat aanvaar. So maklik het dinge vir jou verloop om uiteindelik een van die bekendste en beste krieketkommentators te word. Ek het jou nooit vertel van my gesukkel en gesoebat om voltyds in diens van die SAUK te tree nie.
Maar voor ek daarby kom, wil ek jou eers vertel van my eerste skooldag wat letterlik ’n fiasko was. Dit het nie naastenby so glad verioop as joune daar in jou geboorteplek, Corsham, 7 myl van die stad Bath nie. Jy het my in 1965 die mooi plek in Shakespeare se kontrei gaan wys en lank oor jou kinderjare gesels.
KINDERS IN DIE BYBEL (3)
ISAK
Ds. Tjaart Kruger
Lees reeks by Kinders in die Bybel
Ongeveer ’n jaar ná die verwoesting van Sodom en Gomorra het die blye oomblik vir Abraham en Sara aangebreek toe daar ’n seuntjie vir hulle gebore is. Sy naam, Isak, beteken: "hy wat lag.” Die Here het natuurlik aan Abraham die opdrag gegee om die seuntjie so te noem (Gen. 17 :19). Die rede hiervoor was dat Sara ’n jaar voor die geboorte van Isak nie die Here wou glo toe Hy aan haar gesê het dat sy oor ’n jaar ’n kind sal hê nie. Sy het gelag toe die boodskap aan haar gegee is. Daarom moes die naam Isak haar altyd aan die feit herinner en aan haar ongelowigheid. Dat Sara nie omgegee het om die kindjie so te noem nie blyk uit die feit dat toe Isak gebore is, sy gesê het dat God vir haar ’n gelag berei het.
DIE NIKOLAIETE
Ds AE van Berg
Mt.20:25-28; 23:1-12
In Openb.2:6 het Christus lof vir die gemeente in Efese: “Maar dit het jy, dat jy die werke van die Nikolaïete haat, wat Ek ook haat” en in Openb.2:15 wys Hy die gemeente van Pergamus op dwaalleer in hulle midde: “So het jy ook mense wat vashou aan die leer van die Nikolaïete, wat Ek haat” Dan waarsku Hy: “Bekeer jou; anders kom Ek gou na jou toe en sal teen hulle (Nikolaïete) oorlog voer met die swaard van my mond” (:16).
Die Nikolaïete was die voorlopers van Roomse Katolisisme. Nie die kerk as sodanig nie, maar die dwaling waarmee dit die kerk al eeue lank skaad. Die woord Nikolaïete kom van twee Griekse woorde: nikao “om te verower” en lao “lekedom” vanwaar die Engelse woord laymen afgelei is. Nikolaïete beteken dus die “veroweraars van die lekedom”.
Waarom het Christus hulle gehaat? Omdat hulle die kerk in twee segmente verdeel het – geestelikes en leke. Dis on-Skriftuurlik. Christus het nooit die kerk in die hande van ’n magsbehepte elite leierskorps geplaas nie, maar eerder in die hande van manne wat met die Heilige Gees vervul was en die Bybel as hul enigste maatstaf gebruik het.
PRESIDENT M.T. STEYN (8) (SLOT)
Lees reeks by President M.T. Steyn
Johannes Meintjies
Die Dood van ’n Held
"Die Afrikaner onder die Afrikaners,” so het mense president Steyn genoem. Maar hy was ook ’n groot Suid-Afrikaner. Soos Louis Botha was hy ’n man met die ideaal om alle gemeenskappe in die land in vrede en harmonie te sien lewe. Hy het geregtigheid vir almal nagestreef: vir Afrikaner, Engelssprekende, Kleurling, Swarte en Indiër. Maar hy wou dat elke groep sy eie identiteit, sy eie kultuur, en alles wat vir hom heilig en dierbaar is, behou sodat elk met trots en waardigheid sy eie plek kan volstaan. Die Afrikaners is verpletter. Slegs deur weer op te staan, met volkstrots en waardigheid, kon hulle hul regmatige plek inneem. Alle Engelssprekendes wat lojaal aan Suid-Afrika was en wat hul Afrikaanse landgenote met regverdigheid, vriendelikheid en respek behandel het, was na aan Steyn se hart.
In Europa het die oorlog steeds voortgeduur, die grootste slagting in die geskiedenis van die mens. In Suid-Afrika het die stryd tussen Botha en Hertzog ook voortgeduur.
NUWE -E-BOEK NOU BESKIKBAAR
'N OORBLYFSEL... DEUR GENADE ALLEEN
Dit is die titel van 'n nuwe e-boek uit die pen van Hannes Ollewagen. Dit is gratis af te laai hier op Gelofteland in die regterkolom onder GRATIS E-BOEKE by die skakel 'n Oorblyfsel... deur genade alleen
AS 'N ENGEL VERVEER (2)
Ds AE van den Berg
Lees reeks by As 'n engel verveer
DAWID WORD GESALF
Toe Samuel na Rama teruggekeer het, het hy vir etlike dae gevas en hom voor die Here afgesonder. God se oordeel oor Saul het bitter swaar op sy gemoed gelê. Die Here was eens en vir altyd klaar met Saul. Israel sou ‘n ander koning moes kry. Wie sou dit wees?
"Samuel, Samuel, waarom treur jy oor Saul en waarom is jy bedroef? Ek het hom as koning oor Israel verwerp omdat hy aanhou sondig het. My oordeel is finaal. Verknies jou nie verder oor hom nie” het God een nag met Samuel gepraat.
"Ek aanvaar U oordeel, my God, maar wie gaan U volk lei? Gaan U die koningskap afskaf en weer rigters soos Gideon en Simson verwek? Israel het aan ‘n koning gewoond geraak. Dit sal nie maklik wees om sonder een oor die weg te kom nie" sê Samuel besorgd.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
LAAT HY BOET VIR SY FOUT
'n Jong getroude egpaar het 'n yslike rusie. In trane bel die jong vroutjie haar ma en sê: "Hy maak al weer met my rusie; ek kom by Ma bly."
Haar ma sê: "Nee skat, hy moet betaal vir sy fout. Ek kom by júlle bly."
KINDERS IN DIE BYBEL (2)
ISMAEL
Ds. Tjaart Kruger
Lees reeks by Kinders in die Bybel
DIE naam Ismael beteken: "Die Here hoor.” Toe Hagar van Sara weggevlug het, verskyn die Here in die woestyn aan haar. Daar sê Hy aan haar dat sy haar seun Ismael moet noem. Terselfdertyd sê die Here ook aan haar watter soort mens Ismael sal wees. Hy sal ’n wilde esel van ’n mens wees. Sy hand sal teen almal wees en almal se hand sal teen hom wees. Hy sal woon waar elkeen hom sal kan sien. Hy sal ’n vrye en ongebonde swerwerslewe lei net soos die wilde esel wat deur die vlaktes swerf en nie getem kan word nie en hom ook nie laat tem nie.
Toe Ismael gebore is, was Abraham ongeveer 86 jaar oud. Ismael was ongeveer veertien of vyftien jaar oud toe Isak gebore is. Hy was dus al ’n redelike groot seun.
Op die dag toe Isak gespeen is, het Abraham ’n feesmaaltyd gehou. Isak was toe ongeveer twee of drie jaar oud terwyl Ismael so sewentien was. Ismael neem ook deel aan die maaltyd en daar bespot hy die kleine Isak. Hoe hy dit presies gedoen het, word nie aan ons vertel nie, maar dit kos seker nie baie verbeeldingskrag om vir jouself in te dink hoe hy dit gedoen het nie. Heelwaarskynlik het hy vir Isak geterg soos alleen ’n sewentienjarige seun dit maar kon doen.
BRIEWE AAN CHARLES (1)
Gerhard Viviers
Lees reeks by Beste Charles... Van Gerhard
Beste Charles,
Jy kan getuig dat 'n man baie keer in die hitte van die stryd onnodige dinge kwytraak. Dit het baie met my op die sogenaamde “Betogerstoer” van 1969/70 deur die Britse Eilande gebeur. Ek wonder dikwels wat jy alles sou gesê het as jy op die toer agter die mikrofoon was.
Vandag, as ek na al die jare rustig sit en terugdink aan die 25 wedstryde wat tussen Woensdag 5 November 1969 en Saterdag 31 Januarie 1970 gespeel is en ek lees weer wat ek in my boek Rugby agter doringdraad geskryf het, besef ek al hoe meer dat die ouderdom tog wysheid meebring. Jy het altyd gesê dat geen kommentator naby ’n sportmikrofoon moet kom voordat hy minstens 35 jaar oud is nie. Ek was op daardie toer in my vroeë veertig, maar my uitsendings kon nie altyd suiwer oor sport gaan nie. Die boek wat ek knap na die toer geskryf het, het as gevolg van die aard van die betogings oor baie meer as net sport gehandel. Vandag dink ek oor baie voorvalle miskien anders. Oor een ding is ek nog baie seker en beslis: Politiek moet onder geen omstandighede met sport inmeng of betrekkinge tussen nasies of volkere vertroebel nie.
AS 'N ENGEL VERVEER (1)
Ds AE van den Berg
Lees reeks by As 'n engel verveer
SAUL WORD GEWAARSKU
"Hier is 'n besoeker wat u dringend wil spreek, my heer" sê Jaben senuweeagtig.
Hy weet nie aldag waar hy met sy koning staan nie. Hy is die afgelope tyd baie buierig en sy optredes onvoorspelbaar. Die een oomblik is hy vriendelik en die volgende is hy op die oorlogspad. Dan moet almal wat hul lewe liefhet, seker maak dat hulle uit sy pad bly!
"Ek is baie besig, wie wil my tyd kom mors?" vra Saul bars en neem 'n lang teug wyn uit sy silwer wynbeker.
"Dis Samuel, die profeet, my heer" sê Jaben en tree kop omlaag terug.
Saul verstik aan die wyn en gaan kwaai aan die hoes. Jaben wil help, maar is te bang hy kry 'n oorveeg of selfs iets erger. Saul se optrede laat sy hart in sy keel klop. Daar is alweer onweer in die lug!
Jaben verstaan nie waarom Saul so negatief teenoor Samuel geraak het nie. Eers kon hy nie wag dat die ou profeet hom besoek nie en dikwels by hom gepleit dat hy langer moes bly. Nou haat hy elke besoek van hom! Na die ou man se laaste besoek, was Saul buite homself van woede en moes ‘n paar van die paleisamptenare dit ontgeld!
PRESIDENT M.T. STEYN (7)
Lees reeks by President M.T. Steyn
Johannes Meintjies
Die Rebelle
Die Eerste Wereldoorlog het in Augustus 1914 uitgebreek. Vanweë al die politieke woelinge in Suid-Afrika was die mense onrustig en agterdogtig. Toe versoek die Britse regering vir genl. Botha om Duits-Suidwes binne te val en te verower. Hieroor was die Afrikaners geweldig verdeeld. Waarom, het hulle gevra, moes hulle Engeland help na dit wat die Engelse die Boere aangedoen het? Wat het hulle teen die Duitsers? Pleks van die Engelse te help, so het ’n man soos genl. Koos de la Rey gemeen, het die tyd aangebreek om Suid-Afrika ’n onafhanklike republiek te verklaar. Steyn het die republikeinse strewe van sy volk maar alte goed geken, maar aan die ander kant was Botha moreel verplig om Engeland te help.
Deur die jare het Steyn gestrewe om die twee blanke rasse in Suid-Afrika verenig te sien, en daarom was hy ten gunste van die unifikasie van Suid-Afrika en het hy die Nasionale Konvensie bygewoon.
KINDERS IN DIE BYBEL (1)
KAIN EN ABEL
Ds. Tjaart Kruger
Lees reeks by Kinders in die Bybel
KAIN
HY is die eerste kind wat op hierdie aarde gebore word. Sy naam beteken eintlik "aanwins” of "besit”.
Toe Kain gebore is, moes sy ouers Adam en Eva seker nog met groot verlange en droefheid teruggedink het aan die paradys wat hulle deur hulle moedswillige ongehoorsaamheid verloor het. Hulle moes seker ook daaraan gedink het hoe lekker en aangenaam elke dag in die paradys was. En hulle moes hulleself seker dag na dag verwyt het omdat hulle na die leuens van die duiwel geluister het. Elke dag in die paradys was ’n wonderskone dag sonder enige moeite en verdriet en enige bekommernis.
Toe hulle uit die paradys verdryf is, het die Here aan hulle beloof dat Hy iemand sal gee wat die paradys weer aan hulle sou teruggee. Hierdie gedagte het by hulle bly vassteek en hulle het gedurig daaraan gedink. Heelwaarskynlik het hulle gehoop dat dit ook binnekort sou gebeur.
Toe Kain dus gebore is, moes sy moeder dadelik daaraan gedink het.
CLIVE DERBY-LEWIS SLAGOFFER VAN KORRUPTE REGIME
Ons het tot dusver slegs 'n verklaring van die Herstigte Nasionale Party ontvang oor die tweede aanval op Clive Derby-Lewis:
Mediaverklaring
Clive Derby-Lewis is die slagoffer van ’n korrupte regime
Mnr Clive Derby-Lewis is ’n veronregte slagoffer van ’n korrupte regime. Só sê die leier van die HNP, mnr Andries Breytenbach, na aanleiding van die tweede aanval op mnr Derby-Lewis.
“Dit is ’n onreg wat teen hom gepleeg word deur hom steeds aan te hou terwyl hy bejaard, siek en gewond is. Hierdie tweede aanval op mnr Derby-Lewis is die bewys dat hy onder lewensgevaarlike omstandighede aangehou word. Hy word nie deur die owerhede teen sulke aanvalle beskerm nie, in weerwil daarvan dat hy lankal reeds vir parool gekwalifiseer het”, sê mnr Breytenbach.
Die volgehoue weiering om mnr Derby-Lewis vry te laat, is haatdraend en onmenslik.