NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons eie Sagmoedige Neelsie het gesê dat ouderdom die vervaldag is van die uitstel wat aan die jeug gegee is. Gebruik dan jou jeug so dat jy die vervaldag nie berou nie.

BRIEWE AAN CHARLES (7)

Gerhard Viviers

Lees reeks by Beste Charles... Van Gerhard

My vriend Frik

Beste Charles,

Wyle Stompie van der Merwe was nog 'n lid van die “clan". Ek is jammer dat ek hom nie soos die ander lede op toer van nader kon leer ken het nie. Hy het my vertel hoe hy gehoor het dat hy as Springbokslot gekies is. Charles, jy sal dit geniet.

In 1960 was hy op pad in sy motor en ingeskakel op die een-vyftien-nuus. Dit was die dae vóór FM. Dit was maar 'n goedkoop radio en die ontvangs swak en krapperig. Sy ore het letterlik gespits toe hy hoor dat daar 'n besering was en dat hy gekies is vir die vierde toets teen die All Blacks van 1960. Hy het byna die motor gerol.

Tuis in Pretoria het hy dadelik sy vriend en mentor, Salty du Randt, geskakel. Jy onthou die man wat vir die destydse Rhodesië gespeel het en in 21 toetswedstryde vir die Springbokke. Toevallig het hy ook sy buiging teen die All Blacks gemaak. Dit was in 1949. Salty het Stompie beveel om dadelik na sy huis te kom. Daar het Salty hom goed geskool oor hoe die All Blacks hom as nuweling gaan intimideer - veral ’n man soos Colin Meads - en hy moes dit nie toelaat nie. “Ou Stompie, as hulle met hulle truuks begin, moet jy hard en vinnig slaan. As jy oor jou skouer kyk en jy sien nie manne met ’n ‘stretcher’ nader gedraf kom nie, moet jy weet jy het te sag geslaan.”

Soos sy boesemvriend Frik du Preez, kon hy ook met droë, raak sêgoed vorendag kom. Ons sit een aand om die kampvuur op Frik se plaas, destyds nog daar naby Steenbokpan. Stompie was ’n boukontrakteur wat naam gemaak het met die bou van kerke. Frik het pas ingetrek en daar was nog baie bouwerk wat aan die huis gedoen moes word. Hy begin met Stompie daaroor praat en die antwoord was kostelik: “Jong, jy weet mos ek bou net kerke. As jy met my oor bouwerk wil gesels, moet jy asseblief deur die sinode werk.”

Dit bring my dan by die laaste van die Mof-mense. Op toer was hy ook my beste vriend en beslis die beroemdste en bekendste van die groep uitstaande rugbyspelers. Oor die man se spel in ’n rekordgetal van 38 toetswedstryde, 87 wedstryde in die Springboktrui en oor die 100 wedstryde vir die Blou Bulle van Noord-Transvaal, is daar al boekdele geskryf. Daar kan bitter min bygevoeg word, want daar is nie byvoeglike naamwoorde in die Afrikaanse taal daarvoor beskikbaar nie. Ek het die voorreg gehad om hom miskien beter as baie ander mense te leer ken, en tog ken ek hom ook nie heeltemal nie. Ek praat van my vriend Frederik Christoffel Hendrik (Frik) du Preez.

Saans op ver rugbypaaie het ons baie gesels. Daar is besluit dat hy, Mof, Piet en ek, as almal afgetree en uitgetree het, die perde sal opsaal en ry. Sommer net ry. Bestemming onbekend. Wanneer daar aan die einde van die dag afgesaal word, moes die opnamemasjien aangeskakel word, ’n ietsie geskink en dan gesels word. Die boek wat ek moet skryf, moet so dik soos die Hollandse Bybel wees, het Frik gesê. Ons het saamgestem. Die rit van drie weke te perd het nooit plaasgevind nie en die bandopnamemasjien is nooit aangeskakel nie. Daar is wel wanneer ons bymekaar gekom het, 'n ietsie uit Skotland nadergetrek.

Frik en ek het net een keer in die Bosveld gaan perdry. Onthou jy vir Pieter de Bruyn? Ja, ek het mos al van hom vertel. Hy was saam. Frik is ’n man vir ’n mooi perd. Vir my het hy so 'n bruin merrie wat skewekop beweeg het, opgesaal. Die perdjie het een skeel oog gehad. Hy het nog gespot en gevra of ek darem weet watter kant ’n mens ’n perd opklim. Hy het blykbaar vergeet hoe ek hom met ’n kortkop geklop het toe ons in lerland donkies gery het. Maar dit is ’n storie op sy eie en daarvan wil ek jou ook nog vertel.

By 'n suiping het hy en Pieter afgeklim en ek het bly sit. Op die een of ander onverklaarbare wyse het die buikgord losgehaak en onder Skeeloog se pens deurgeswaai. Die skrik was groot. Sy het die voorpote opgelig en ek het met saal en al agter haar op my rug, ’n haarbreedte van 'n regop stomp af, beland. Na my twee vriende se groot skrik oor my amperse heengaan met ’n stomp deur my lyf, kon ek nie eers saamlag nie, want drie gebreekte ribbetjies het gemaak dat ek versigtig moes asemhaal.

Frik het dikwels met lighartige sêgoed meesterlik daarin geslaag om die ware gevoelens van ’n soms eensame mens, met ’n hunkering en verlange na sy jeugjare en die vryheid van die bosveld, te verbloem.

Wanneer dinge op die rugbyveld skeefgeloop het, was sy gunsteling gesegde: “Ag wat, dan vat ons maar weer die bicycle by die handles.” Of as die manne oor die een of ander ding op ’n toer gekla het, hoor ek hom nou nog sê: “Ag, moet tog nie so moan nie, dit is baie beter as werk.”

Toe die Springbokspan gekies moes word vir die 69/70-toer na die Britse Eilande, was my vriend ’n bekommerde man, want hy het ook gehoor van die gerugte dat die keurders hom gaan weglaat. Hulle het hom juis vroeër die jaar in die laaste toets teen Australië uitgelaat. Hy was nie bitter dat hulle hom gedrop het nie, maar hy het moeilik gesluk aan die keuse van die keurders. Hulle het Andrè de Wet van die WP in sy plek ingesluit. Soos later op die toer deur die Britse Eilande, toe die keurders weer met hulle streke dieselfde gedoen het. Hy het aan my gesê hy gee nie om as hulle ’n slot in sy plek kies nie. “Maar die filmstergesig uit die Eikestad - ek weet nie so mooi nie.”

Vir die eerste en enigste keer voor die begin van 'n wedstryd waarin hy gespeel het, het hy by my in die kommentaarhok gekom. Dit was 'n wedstryd teen die Westelike Provinsie op Loftus Versfeld. Dit voel soos gister dat hy dit aan my gesê het: “Hoor hier ou pappie, vandag gaan ek hom petrol gee. Ek gaan saam met julle.” Die dag het hy behoorlik petrol gegee en aan my een van my beste uitsendings besorg. Dit is soos Mof ná die wedstryd gesê het: "Frikkie het geplace, gedrop en gescore.” Die hardkoppige keurders kon hom onmoontlik nie weglaat nie, want so iets is nog nie op Loftus Versfeld gesien nie. Eers was daar die lang strafskop, toe hy die bal gestel het op Piet Uys, sy kaptein se aanbeveling. Weer ’n geweldige lang strafskop, en Frik vra Piet vir die bal om pale toe te kan skop. Hy skepskop en die skare raak mal toe die bal suiwer die kol tref. Sy “gescore” het gekom toe die einste Mof met die bal wegbars en dit aan hom besorg. Niemand keer Frik as hy op volle vaart op pad doellyn toe is nie. Ek weet nie of jy die drie gesien het wat hy teen die Britse Leeus van Tom Kiernan in 1968 op Loftus gedruk het nie.

Dit was sy enigste toetsdrie. Corra Dirksen het die bal ’n klompie treë buite die Leeus se kwartlyn ingegooi. Daardie dae het die vleuels mos die bal by ’n lynstaan ingegooi. (Terloops, dit was iets wat Springbok Jannie Engelbrecht volgens Frik beter as enigiemand anders kon doen.) Corra het ingegooi. Die bal is voorlangs deur Tiny Neethling vasgevat. Mof het dit by hom geneem. Frik het van nommer drie af gekom en die bal volspoed by Mof gekry. Hy beweeg voor om die lynstaan, rek die tree en op pad doellyn toe is dit nog net die kaptein van die Britse Leeus wat kan keer. Tom Kiernan het nie geweet wat hom getref het nie. Frik is bo-oor hom vir ’n skitterdrie onder toejuiging en applous wat seker nie sommer weer op Loftus gehoor sal word nie. Daar is dikwels deur ondersteuners aan hom gevra wat die beste en mooiste toetsdrie is wat hy ooit gedruk het. Sy antwoord met sy kenmerkende skewe glimlaggie is altyd: “Ja man, as ek nou terugdink, sou ek sê die een op Loftus teen die Britse Leeus in 1968.”

Net twee voorbeelde van hoe hoog my vriend in die rugbywêreld aangeslaan is: Die eerste toe ek saam met die wêreldspan bestaande uit spelers van Nieu-Seeland, Frankryk, Australië en Fidji met die Rugby Football Union se “Centenary” deur jou geboorteland getoer het.

Man, dit is nogal voorafgegaan deur 'n snaakse voorval. Ek het by die hotel oor ’n glasie egte lemoensap met die Franse slot Eli Cester sit en gesels. Hy het Frans gepraat en ek Afrikaans. Ons het mekaar nie verstaan nie, maar al wat gesels en lag is ons twee. Ja, dit is dieselfde ou wat die laaste drie vir die Franse in daardie pragtoets wat jy en ek op die Colombes Stadion in Parys uitgesaai het, gedruk het. Jy het hom in Toulon ontmoet en weet tog dat hy nie eers Engels kan praat nie, wat staan nog Afrikaans.

Ek hoor 'n gelag agter my en Frik wou weet wat Eli en ek nou eintlik gesels. Ons lag al drie dat jy ons wie weet waar kan hoor en nie een weet nou eintlik waaroor nie. Frik sou die aand saam met Colin Meads in die slot sak teen 'n uitnodigingspan. Ek meen dit was op Coventry. Frik belowe my dat hy die aand drie drieë sal druk. Hy sal hulle van ver af begin sodat ek lekker kan uitsaai. Wil jy glo, hy druk twee wat hy hier van die halflyn af begin hardloop. Hy is oor die doellyn vir die derde, maar hy verloor die bal toe hy kamstig met ’n duikbeweging wou druk. Net daar gaan sit hy en lag weer soos die oggend saam met my en Eli. Soos hy later gesê het: “Omdat ek nie my windgat belofte kon nakom nie."

Colin Meads was die aand die kaptein van die wêreldspan en by die onthaal deur die burgemeester van die dorp is 'n rugbytrui aan hom oorhandig omdat hy “the greatest player ever to set foot on our rugby fields” is. Colin antwoord in sy diep stem: “Thank you sir, but may I hand this jersey to the greatest player ever to set foot on your fields, Frik du Preez.”

Die tweede is die woorde van Danie Craven in sy boek The Legends of Springbok Rugby 1889-1989. Hy sê onder andere: “I very much doubt whether we will ever again see the likes of Frik du Preez.”

Ek het die voorreg gehad om 24 van die 38 toetswedstryde waarin hy gespeel het, uit te saai. Hy is ook my eerste keuse as ek my beste Springbokspan van spelers wat ek in aksie gesien het, moet saamstel.

Ek kan vandag nog nie glo dat 'n misverstand ’n vyandskap tussen my en my grootste vriend laat ontstaan het nie. Ja,          Frik het vir jare nie met my gepraat nie. Laat ek jou vertel wat gebeur het.

Dit was in Australië waar hy op die Sydney Cricket Ground sy laaste toets gespeel het. Dit was vir my ’n hartseer oomblik om die ou grote onder die grotes onder die sing van Robert Burns se bekende Auld lang syne die veld voor die span te sien verlaat. Die knop in my keel het verhoed dat ek vir hom die duiwel in raak omdat hy sy laaste toetstrui verruil het vir die van die Australiese slot Owen Butler. Dit is ’n trui wat hy aan my beloof het.

Ná die wedstryd is ek in die spankamer toegelaat. Johan Claassen, die afrigter van die onoorwonne span van Hannes Marais, het hulde gebring. Toe hy van Frik praat, glo ek daar was nie ’n enkele Springbok wat nie 'n traan weggepink het nie. Die roerende toespraak en die samesang daarna met begeleiding deur Frik op die kitaar is op band opgeneem en later op plaat gesny as ’n SAUK-transkripsie-opname. Op die ander kant van die plaat het ek die hoogtepunte van die wedstryd met kommentaar saamgevat. As aandenking het elke lid van die span een van die plate ontvang. Dit is juis die plaat wat veroorsaak het dat die groot vyandskap begin het.

In die laat tagtigerjare het Leon Schuster in oorleg met Morne du Plessis, oud-Springbokkaptein, besluit om 'n plaat die lig te laat sien waarvan ’n gedeelte van die opbrengs aan die Chris Burger Fonds sou gaan. Ek is deur Leon gevra om mee te werk en selfs 'n stukkie te sing. Daar is seker niemand wat so vals soos ek kon sing nie. Toe hy sê Frik sal ook op die plaat sing, het ek ingestem.

Op die oggend van die opname het ek sommer 'n liedjie oor Frik aanmekaar geslaan. Dit was op die wysie van Tom Jones se Green, green grass of home. ’n Powere poging, maar ek het dit as 'n huldeblyk aan my rugbyheld beskou. Frik was nie by die opname teenwoordig nie en Schuster het aan my verduidelik dat hy die transkripsie-opname wat in die spankamer in Australië gemaak is, uit die SAUK-diskoteek sal trek en verwerk.

Die volgende wat ek van die ou sakie weet, is toe ek ’n hele ruk na my buiging as sanger 'n plaat ontvang met die titel Gehaak op rugby. Die onderskrif het gelees “Al die rugbytreffers gesing deur Leon Schuster, Frik du Preez, Gerhard Viviers en die Boet Pretorius Sangers”. Die plaatomslag was ’n gespot met die beroemde foto wat deur Wessel Oosthuizen geneem is waar dit lyk of Frik du Preez die Nieu-Seelandse skrumskakel Chris Laidlaw om die nek beet het en hom ’n linkeropstopper teen die oor gee. Onder om Laidlaw se bene hang Albie Bates. Daar is seker nie nog ’n bekender rugbyfoto nie. Dit is op Loftus geneem in die eerste toets teen die All Blacks In 1970.

Ek het nooit kon droom dat die toets wat my soveel genot as kommentator verskaf het, vir my met die verskyning van die plaat soveel onaangenaamheid sou veroorsaak nie. Die spotprenttekenaar Weyni Deysel het Frik se aksie en gesig behou, maar Laidlaw deur Leon vervang en my met mikrofoon in die hand in die plek van Bates geteken. 'n Baie kunstige stukkie werk, maar wat vir my jare van onnodige hartseer en vernedering meegebring het.

Frik wou eenvoudig niks van my weet nie. Toe hy my skakel, het hy beweer dat Leon en ek op sy rug ry in ’n poging om geld te maak. Ek het tevergeefs probeer verduidelik. Hy wou net prosedeer. Die plaat het vinnig goue status bereik. Ek weet nie wat Schuster of enige iemand uit die verkope verdien het nie. Ek het net stank vir dank ontvang.

Dit het jare geduur voordat Frik my weer huiwerig begin groet het, maar gelukkig het die tyd en die ouderdom die saak reggestel. Ons is weer die vriende van ouds. Hy het kom kuier en ek het ook gaan kyk waar hy nou bly. ’n Pragtige plaas teenaan die wêreld van my jeugjare - die Kalahari en die destydse Betsjoeanaland-protektoraat. Deesdae Botswana.

In sy huldeblyk daardie aand in die spankamer in Sydney het Johan Claassen onder andere gesê: “Ou Frik, jy sal ’n leemte in Suid-Afrikaanse rugby laat wat moeilik gevul sal word.” Dit was in 1971. Charles, nou na al die jare kan ek vir jou sonder vrees van teëspraak sê dat die leemte nog nie gevul is nie. Dit sal ook nie sommer maklik gebeur nie.

Groete

Gerhard.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 15129 gaste aanlyn