Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Selfkennis is groter as alle wetenskap. Om jouself te ken soos jy werklik is, is die sleutel na feitlik elke sukses. Die meeste huwelike misluk nie omdat eggenotes met mekaar ontevrede is nie maar omdat hulle hulself nie ken nie. Om te weet presies wat jou sterkpunte en jou tekortkominge is, is om te weet wat jou lewensdoel is, en dít is die grootste skat wat 'n mens in hierdie wêreld kan verwerf. Dán alleen kan jy seker wees dat jy Godvrugtige besluite dwarsdeur jou lewe sal neem.
HERINNERINGE AAN DR HF VERWOERD (9)
Lees reeks by Herinneringe aan dr HF Verwoerd
VERWOERD, DIE HERVORMER
Gilles van de Wall
" Duisende amptenare (in dr. Verwoerd se tyd was dit nagenoeg 5000) het hul loopbane gewy aan die opheffing van swart mense, nie aan onderdrukking nie. Dit het in baie gevalle met aansienlike opoffering gepaard gegaan... Hy het my vir die eerste keer laat besef dat die swart mense se kultuur, in sy eie woorde, nie minderwaardig is nie. Hy het gesê ons moenie daarop neersien omdat daardie kultuur nie voldoen aan ons Westerse persepsies van wat kultuur is nie. Hulle kultuur is vir hulle net soveel werd as ons s'n vir ons; dit is net andersoortig."
Mnr. G. van de Wall het in 1951 kort nadat dr. Verwoerd minister geword het as landboukundige by die Departement Naturellesake, (afdeling Ontwikkeling) aangesluit. Hy het baie te doen gehad met landelike ontwikkeling en met die voorsiening van behuising vir swart gemeenskappe. Hy het deur die range gevorder tot direkteur-generaal van Samewerking en Ontwikkeling en uiteindelik Ontwikkelingshulp, 1983-1989.
Van de Wall aan die woord:
MY GEDAGTES gaan terug na 'n gesprek met dr. Verwoerd om en by 1953, waarvan ek ongelukkig nie die presiese woorde kan onthou nie maar waarvan die strekking 'n diepe indruk op my gemaak het. Dit het so gekom: hy het die middag 'n politieke byeenkoms op Belgrave-plein daar langs die rolbalbaan in Hatfield, Pretoria, toegespreek en daarvandaan moes hy na 'n tweede vergadering êrens naby Johannesburg gaan.
KINDERS IN DIE BYBEL (11)
MOSES
Ds. Tjaart Kruger
Lees reeks by Kinders in die Bybel
MISKIEN het julle ook al gewonder hoe dit gekom het dat Moses, wat as ’n Egiptenaar groot geword het, tog ’n Israeliet gebly het. Hoe het dit dan gebeur dat hy sy geloof in die Here nie prys gegee het vir die lekker lewe aan die Egiptiese paleis nie en hoe het hy dit behou? Hoekom het hy nie ten volle Egiptenaar geword en die Egiptiese taal en tradisies aangehang nie?
Baie mense sal sê dat so ’n jong kind wat losgeruk is van die tradisie van sy kerk en sy volk, eintlik vir kerk en volk verlore is.
As ’n jong kind uit ’n Gereformeerde ouerhuis na ’n Rooms-Katolieke skool sou gaan, sou hy tog met alles wat Gereformeerd is breek en ’n aanhanger van die Rooms-Katolieke geloof word. Want hy sal sy Gereformeerde opvoeding vergeet omdat hy gewoond geword het aan die Roomse opvattings en tradisies.
SOEK DIE HERE TERWYL JY NOG KAN
Ds AE van den Berg
"Om te verhoed dat mense in die Bybelse tyd ongevraagd by 'n bruilof opdaag, het die gasheer elke genooide van ‘n bruilofskleed voorsien. Die Engelse praat van gate crashing, Die kleed was as’t ware die toegangskaartjie. Wie nie een gehad het nie, is uitgegooi en daarvoor het ‘n paar sterk manne by die deure gesorg. Hulle was uitsmyters “bounsers”. Ja, niks is nuut nie! "
“En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie. Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande” (:12,13). - Mt.22:1-14
As die mensdom net besef hoe vernietigend sonde is, sal geen mens die bekering as ‘n opsie oorweeg nie, maar as ‘n vereiste beskou! Sonde verteer die mens soos ‘n kanker van binne: Luister wat sê Dawid daaroor: “Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer .... want u hand was dag en nag swaar op my....” (Ps.32:3,4). “Want my dae verdwyn soos rook en my gebeente gloei soos ‘n vuurherd” (Ps.102:4).
Wanneer ‘n dokter jou meedeel dat jy kanker het, het jy net een hartsbegeerte - om daarvan ontslae te raak voordat dit jou lewe eis.
CHRISTEN EN OWERHEID
Ds AE van den Berg
"Baie regerings is al so vergif met die gif van humanisme dat hulle eerder simpatie vir misdadigers i.p.v vir die slagoffers opwek! Hoe ken mens hulle uit? Baie maklik - dis almal regerings wat met die doodstraf weggedoen het. Die Bybel het vir die staat een baie duidelike voorskrif: Beloon jou wetsgehoorsames en straf jou misdadigers. Die pasifisme wat die teenstanders van die doodstraf voorstaan, kan nooit uit die Woord van God geregverdig word nie! "
1. Alle gesag kom van God
Behalwe dat ons individue en lidmate van bepaalde kerke is, is ons ook burgers van aardse state. As landsburgers eis God sekere gedrag van ons. Hy eis dat ons aan die staat gehoorsaam sal wees omdat dit in beginsel sy gesag van God verkry. Hoe weet ons dit? Omdat daar geen ander mag in die heelal behalwe dié van God is en derhalwe geen beoefening van mag buite God kan wees nie. Staatsgesag kom dus van God self.
2. Romeine 13
Die vraag is: Moet ‘n Christen hom onder alle omstandighede aan die gesag van die regering van die dag onderwerp? Moet die Boerevolk bv.die ANC-regering sonder meer as komende van God aanvaar en blindelings gehoorsaam? Sal dit in die oë van God verkeerd wees indien ek die regering teenstaan en veroordeel? Wat sê die Woord van God - mag ek of mag ek nie?
KINDERS IN DIE BYBEL (10)
ESAU
Ds. Tjaart Kruger
Lees reeks by Kinders in die Bybel
ESAU se naam beteken harig of ruig. Toe hy gebore is, was hy met ’n dos rooi hare bedek.
Waar Jakob die stil, rustige, huislike tipe was, het Esau se geaardheid heeltemal verskil. Hy was die meer gespierde, atletiese tipe, die persoon vol energie en aksie, die persoon wat nie kon stilsit nie. Hy was iemand wat in die veld geboer het. Daar het hy met sy pyl en boog agter die wildsbokke aan beweeg.
Hy was ’n jagter. ’n Jagter is iemand wat ’n swerwersbestaan voer. Waar die wild is, daar moet hy wees. Waar die wild rondtrek, moet hy rondtrek. Vandag is hy hier en more is hy daar. ’n Jagter ken nie vastigheid nie. Daar is geen grense wat hom bind nie. Hy steur hom daar in die wye eensaamheid van die veld nie aan wette en bepalings nie. Daar is hy sy eie wetgewer en daar maak hy sy eie bepalings.
GEBED VAN ‘n OUMENS
Ek verknies my nie oor my gryse hare
Al dra ek dit vir nog baie jare
Ek kla nie oor my dowe oor
Solank ek God se stem in my hart kan hoor
Ek mor nie oor my stadige treë
Solank ek vir God my beste kan gee
Ek verknies my nie oor kwynende lewenskrag
Want God hou oor my hele lewe die wag
Al wat ek vra, genadige Heer,
Ja, ek bid dit keer op keer
Dat ek enduit op die baan sal bly
Totdat die doodsklok vir die laaste rondte lui.
BRIEWE AAN CHARLES (7)
Gerhard Viviers
Lees reeks by Beste Charles... Van Gerhard
My vriend Frik
Beste Charles,
Wyle Stompie van der Merwe was nog 'n lid van die “clan". Ek is jammer dat ek hom nie soos die ander lede op toer van nader kon leer ken het nie. Hy het my vertel hoe hy gehoor het dat hy as Springbokslot gekies is. Charles, jy sal dit geniet.
In 1960 was hy op pad in sy motor en ingeskakel op die een-vyftien-nuus. Dit was die dae vóór FM. Dit was maar 'n goedkoop radio en die ontvangs swak en krapperig. Sy ore het letterlik gespits toe hy hoor dat daar 'n besering was en dat hy gekies is vir die vierde toets teen die All Blacks van 1960. Hy het byna die motor gerol.
WAAROM SIEN JULLE NIE?
Hannes Ollewagen
Joh. 20:1-18
Ten spyte van die feit dat Jesus aan sy volgelinge vertel het dat Hy ná drie dae uit die dood sou opstaan en hulle later weer sou ontmoet, word hulle só oorweldig deur die dreigende probleme waarvoor hulle nou te staan kom dat Maria Jesus nie eers herken nie, al staan Hy reg voor haar.
Dit is maklik vir my en u om met ‘n beterweterigheid ons koppe te skud en in ‘n menslike 'verhewendheid' te wonder waarom sy Hom nie kon sien of glo dat dit Hy is nie. Hy het dan vooraf vir hulle gesê dat Hy uit die dood uit sou opstaan. Hulle moes mos onmiddellik geweet het dit is wat gebeur het. Dieselfde gedagtes maal deur mens wanneer ons lees van Petrus wat vir Jesus verloën het – hoe kon hy so iets doen? Hy wat daagliks saam met Christus gewandel het, wie self, met sy eie oë, die wonderwerke wat Hy doen gesien het! Hoe kon hy?
BRAM FISCHER... (1)
...KOMMUNIS, ATEÏS, OPPORTUNIS, BOMPLANTER EN VOLKSVERRAAIER
Lees reeks by BRAM FISCHER...
"Slegs Fischer se intense assosiasie met die Kommunisme en die Kommunisme se vermenging met die ANC kon hom beweeg het om as advokaat in die Rivonia-saak op te tree terwyl hy eintlik saam met Mandela en sy terroristebende in die beskuldigde bank moes gestaan het. Al hierdie gebeure dien as net nog 'n bevestiging van regter-president De Wet se bevinding dat die ANC 'n Kommunisties-gedomineerde organisasie was en van die gewese regter-president De Villiers se gevolgtrekking dat die Rivonia-komplot deur Kommuniste geïnspireer is."
In die hele proses van die ANC se militante poging om Suid-Afrika oor te neem, was Fischer een van die min wit Suid- Afrikaners wat gedurende die onderhawige tydperk in alle opsigte 'n oortuigde en toegewyde Kommunis was – die ANC is bloot as instrument deur die Kremlin gebruik om sy einddoel hier te bereik.
Fischer was die groot dryfkrag agter die Kommuniste se plan om 'n sosialisties-geörienteerde stelsel in Suid-Afrika tot stand te bring. Die moontlikheid bestaan natuurlik dat persoonlike ambisie by Fischer 'n rol gespeel het en dat hy homself in 'n Kommunistiese staat as die groot redder en leier van die hele Suid-Afrika, met inbegrip van al die swart volkere, gesien het. In so 'n geval sou Fischer as een van die groot wêreldleiers van sy tyd beskou gewees het — 'n veel groter figuur as wat hy as eerste minister van 'n wit minderheidsregering of as die hoofregter van so 'n land sou wees. Dit is selfs moontlik dat Fischer homself gesien het as grondlegger van Kommunisme aan die suidpunt van Afrika vanwaar hierdie ideologie sy vlerke oor die hele Afrika sou kon sprei. Dit sou hom 'n nog groter statuur besorg het.
HERINNERINGE AAN DR HF VERWOERD (8)
Lees reeks by Herinneringe aan dr HF Verwoerd
MEESTERBOUER, EERDER AS ARGITEK
Johan Mills
"Terugskouend vind ek dit merkwaardig dat dr. Verwoerd in sy agt jaar as minister en nog agt jaar as Eerste Minister soveel uitgerig het. Hy het 'n morele basis aan die beleid van apartheid wat oor drie eeue in Suid-Afrika ontwikkel het, gegee. Vir die eerste keer het hy ons laat besef dat die swart man dieselfde reg as ons moet hê om binne sy gemeenskap te vorder en om trots op sy afkoms te kan wees, 'teen die hele wêreld vry'."
Mnr. J.H.T. Mills was sedert 1937 verbonde aan die voormalige Departement Naturellesake, later Bantoe-Administrasie en -Ontwikkeling. Hy was grootliks verantwoordelik vir die opstel van die Transkeise grondwet van 1963 en het ná die verlening van selfregering opgetree as hoofminister Kaiser Matanzima se eerste uitvoerende beampte. Van 1970 tot 1979 was hy sekretaris van die Departement Kleurling-, Rehoboth- en Namasake, en van 1979 tot met sy aftrede in 1981 direkteur-generaal van Samewerking en Ontwikkeling. Daarna het hy nog vir 'n hele paar jaar as kommissaris- generaal van die KwaNdebele-volk gedien.
Johan Mills praat oor dr Verwoerd:
MY ASSOSIASIE met dr. Verwoerd gaan terug na ongeveer 1943 toe hy nog hoofredakteur van Die Transvaler was. Vir ons Afrikaners aan die Witwatersrand was dit meer as 'n koerant.
MISBRUIK VAN DIE VOORTREKKER- MONUMENT
Mediaverklaring
BOERE-AFRIKANERVOLKSRAAD
Die Boere-Afrikanervolksraad maak ten sterkste beswaar teen die misbruik van die Voortrekkermonument vir ANC-politieke doeleindes.
Die Bestuur van die Monument se goedkeuring vir die hou van 'n vergadering onder leiding van die ANC se Cyril Ramaphosa is des te meer verwerplik omdat die ANC die ekstrak van haat teen die Boere-Afrikanervolk en die ideale van die Voortrekkers, ter ere van wie se nagedagtenis die Monument opgerig is, verteenwoordig. Het die Bestuur van die Monument al so ver weggedwaal van ons volk se geskiedenis, lewensbeskouing en strewe dat hulle geen onderskeidingsvermoë meer het om te weet dat hulle die Boere-Afrikanervolk daardeur onbeskaamd beledig nie, of gee hulle net nie meer om om dit te doen nie?
AS 'N ENGEL VERVEER (8)
Ds AE van den Berg
Lees reeks by As 'n engel verveer
DIE PRIESTERSLAGTING
Ahiméleg skrik toe Dawid voor hom staan. Hy het gehoor dat Saul naarstiglik na hom soek en dreig om diegene wat hom herberg gee met hul lewens te laat boet.
"Jonatan het my na u vir herberg gestuur" sê Dawid verleë.
"Nee, gaan asseblief onmiddellik weg! Ons lewens is op die spel!” sê die verskrikte priester en maak die deur hard toe.
"Maak asseblief oop, ek is honger en moeg!" pleit Dawid.
"Nee, gaan weg! Jy is nie welkom hier nie!" skreeu die priester ongeduldig.
Terleurgesteld draai Dawid om. Hy sal maar na Adullam gaan waar daar baie spelonke is waar hy hom kan tuismaak sonder om iemand weer te pla.
Toe Saul verneem dat Dawid by Ahiméleg aangedoen het, het hy hom, sy huisgesin en al die plaaslike priesters laat vang en na Gibea gebring. Hulle is almal van hulp aan 'n voortvlugtige aangekla.
DIE VOLMAAKTE OFFER
Hannes Ollewagen
Matt. 27:11-56
Van al die belangrike dae wat ons as Verbondsvolk gedenk, is Goeie Vrydag, oftewel die kruisiging van ons Verlosser, Jesus Christus, seersekerlik dié belangrikste gebeurtenis. Die duurste prys vir vryheid is hiér betaal.
Ons leer uit die lewe dat daar vir alles ‘n prys te betaal is. Hoe meer kosbaar die artikel, hoe duurder die prys. Die prys vir alledaagse goedere kan maklik in rand en sent bereken en sommer maklik bekom word. Ander dinge soos kennis, sukses, ‘n gelukkig huwelik, en so meer, verg egter harde werk, opoffering en deursettingsvermoë. Die duurste prys wat op aarde betaalbaar is, is natuurlik die prys vir vryheid. Hoewel vryheid deur verraad in rand en sent uitgedruk kan word, is die prys vir vryheid net met bloed betaalbaar. Wanneer ‘n volk vry wil wees, is daar noodwendig bloedvergieting as voorvereiste.
Ons volk het al menigmale ons vryheid “gekoop” deur die volle koopsom daarvan in bloed te betaal.
ANC BY VTM LIG WEER BEEN TEEN AFRIKANER
Mediaverklaring
Herstigte Nasionale Party
Voortrekkermonument nie die plek vir die ANC
Die hou van ‘n politieke vergadering deur die ANC in die Voortrekkermonument is vir die HNP onaanvaarbaar.
Die Monument is gebou ter ere van die Voortrekkers wat die Kaap verlaat het om as volk sy vryheid in die onbewoonde binneland te vestig. Daarom is die Monument vir die Afrikaner ’n simbool van volksvryheid en word dit as ’n heiligdom van die Afrikanervolk beskou.
As die ANC met verteenwoordigers van die Afrikanervolk wil praat, kan aanvaar word dat dit nie oor die vryheid van die Afrikaner sal gaan nie. Diegene wat aan die ANC se gesprek wil deelneem, kan na die ANC se eie vryheidsmonument oorkant die pad by die Voortrekkermonument genooi word.
BRIEWE AAN CHARLES (6)
Gerhard Viviers
Lees reeks by Beste Charles... Van Gerhard
Mof en sy mense
Beste Charles,
Ek wil nou sommer net met jou gesels oor Mof en sy mense. Dit gaan nie oor hulle rekords en prestasies en dies meer nie. Sommer oor hulle as mense. Sonder om onnodige dinge te vertel wat hulle in die verleentheid kan bring.
Van Piet Uys, die platjie in die unieke vriendekring, het ek al heelwat vertel. Ek sien hom dan en wan by funksies van die Brits-Rugbyklub, waar hy 'n gesogte gas en ek erelid is. Deesdae stel hy my spottend voor as die man wat hom uit talle toetswedstryde “gedrink” het en as die ou wat oor die pieperigste ou vuishoutjie beskik wat hy nog gesien het. As hy my nie die aand in Toulouse bygestaan het nie, sou Richard Breeze my behoorlik opgefoeter het. Hy geniet dit om my siel so te versondig. Ek laat hom maar begaan, al las hy met elke vertelling ’n ietsie by.
KINDERS IN DIE BYBEL (9)
DIE DOGTERTJIE BY NAÁMAN
Ds. Tjaart Kruger
Lees reeks by Kinders in die Bybel
Ons lees van haar in II Konings 5. Wat haar naam was, weet ons nie en ons weet ook nie presies hoe oud sy was nie.
Al wat ons weet, is dat die Arameërs strooptogte in die land van Israel uitgevoer het en toe die dogtertjie as ’n gevangene weggevoer het. Blykbaar het dit daardie tyd ook maar gegaan soos dit vandag die geval is. Terroristebendes kom oor die grens en voer van die bevolking weg.
Hierdie mense wat weggevoer is, is dan op die slawemark te Damaskus verkoop. Heelwaarskynlik was die hoof van Naáman se huishouding ook die dag op die mark. Toe koop hy die dogtertjie om in Naáman se huis te gaan werk in diens van sy vrou.
Is dit blote toeval dat sy in die huis van Naáman beland het en verantwoordelik was vir die verdere gebeure met Naáman?
CHRISTELIKE ONDERWYS
Waarheen gaan ek met my kind?
Ds WJA van Schalkwyk
Uiters belangrike aspekte soos Kan ek my kind aan die staat toevertrou?; gevare in staatskoolonderwys vir die onmondige kind, seksonderrig en vele meer word in hierdie artikel behandel. Indien u as ouer van 'n skoolgaande kind waarlik omgee en betrokke wil wees in u kind se toekoms, lees asseblief ds Van Schalkwyk se referaat met aandag. Die almagtige God wat ons aanbid, gaan van elke ouer rekenskap oor sy kinders eis.
"In ’n graad 7 Lewensoriënteringhandboek wat algemeen deur skole in ons omgewing gebruik word, word die kinders geleer hoe om te voorkom dat ’n meisie swanger word. Wat meer is, een van die maniere wat hulle dan geleer word, is onttrekking. Teenoor 'intercourse' noem hulle dit 'outercourse'.As kinders op hierdie jong ouderdom al met leermateriaal met seksuele inhoud gekonfronteer word, is dit geen wonder dat die grootste verbruikers van pornografie tussen die ouderdomme van 13 tot 17 jaar is nie.
Verder word kinders, jou kinders, nie geleer dat dit sonde is om voor die huwelik seksueel aktief te wees nie, maar hoe om veilig te wees. Elke ouer wat die Here lief het, mag tog nie sy/haar kind blootstel aan ’n onderwyssisteem waar die waardes en die beginsels van die Woord van die Here vertrap word nie."
Ek wil die aanbieding vanuit ’n totaal onkonvensionele hoek benader. Ek wil eers ’n stelling waag en dit verduidelik en dán ons aandag vestig op die beginsels vir Christelike Onderwys.
Dr. Tim Keller is ’n gereformeerde teoloog van Amerika. Hy bedien ’n groot gemeente in New York en doen geweldig baie om die Evangelie regoor die wêreld uit te dra. Hy het in ’n preek ’n stelling gemaak wat kortliks op die volgende neerkom: Dit is vir ons wat in christelike huise grootgeword het baie moeiliker om die Here met oorgawe te dien as iemand wat later in sy lewe tot bekering gekom het.
STIEFKIND VAN DIE AFRIKANERVOLK
Opgedra aan die CVO-skole
WJA van Schalkwyk
Saam het ons uit die Party gestap
omdat hul ons taal en volk vertrap.
Pa't gesê as hulle aan ons kinders vat
daar meer as net vonke in die vuur sal spat.
Saam het ons weer die stryd begin
om te veg vir kerk en huis en suigeling.
Pa't gesê as hulle in ons kerke kom,
draai hy sy rug net wederom.
Saam besluit waar ons die Heer wou dien ...
ek verstaan so min – ek was net tien.
Pa't gesê as hulle aan ons kinders vat
daar meer as net vonke in die vuur gaan spat.
Alleen moes ek toe daar staan
tussen heiden, Jood, Mohammedaan.
Pa sê hy't duur betaal
vir koshuis, skool en ook die saal.
Alleen moet ek nou my stryd hier stry
beginsels geld vir pa en nie vir my.
Ag, as ek maar net na die skool kon gaan
waar die God-stem ruis en die vierkleur staan.
JY KÁN OMDRAAI!
Ds AE van den Berg
“..... en Petrus het die woord onthou wat Jesus vir hom gesê het... En hy het in trane uitgebars” -Mark.14:72
Daar was eenmaal ʼn wilde eend wat elke jaar wanneer die lente aangebreek het saam met ander wilde eende noordwaarts oor Europa gevlieg en in die herfs weer teruggevlieg het. Een jaar het hy baie uitgeput vir ʼn wyle op ʼn Deense plaas tussen mak eende gaan sit. Hy was baie honger en het besluit om vir ʼn dag daar te vertoef voordat hy verder sou vlieg. Die dag het ʼn week en die week het ʼn maand geword. So het hy die hele somer daar vertoef.
Toe dit herfs word en die swerms wilde eende op hul tog suidwaarts oor die plaas vlieg, het hy opgewonde sy vlerke geklap om by hulle aan te sluit. Maar hy was te swaar en kon niks hoër as die skuur se dak vlieg nie. Toe het hy maar besluit om daar te bly – dit was veilig en die kos volop. Maar elke lente en herfs as die swerms wilde eende oor die plaas gevlieg het, was sy hart by hulle. Dan het sy oë geglinster en het hy met sy vlerke geklap asof hy nog by hulle kon aansluit. Hierdie verlange het stelselmatig getaan totdat hy geen aandag meer aan die swerms gegee het nie. Hy was tevrede met sy gemaksone.
BRIEWE AAN CHARLES (5)
Gerhard Viviers
Lees reeks by Beste Charles... Van Gerhard
Meer oor Charles
Saterdag die 18de November 1995 is die dag en datum presies vyf jaar gelede toe my stembande verwyder is omdat 'n swaelnes in my keel gegroei het. Dit was sewe-uur die oggend toe ek op 'n trollie gelaai is oppad na die operasieteater. Ek was kalm en onder die invloed van verdowing. Ek kan nie veel van die oggend onthou nie - behalwe my laaste woorde met die stem wat vir soveel jare my brood en botter was: “Goodbye, ou seun,” my troetelnaam vir my vrou Maryna.
Van die volgende vier dae van my lewe onthou ek genadiglik niks nie. Gelukkig so. Daar was seker pyn, maar met die dierbare sorg van dokter Berte le Roux, die vriendelike en bekwame susters en matrone De Bruyn van die Zuid-Afrikaans Hospitaal kon ek met die genade van Bo die stryd teen die helse stilte wat voorgelê het, oorwin.
Ek sit nou en kyk na 'n krieketwedstryd op die kassie en my gedagtes dwaal terug na die aangename jare wat ek saam met die beste krieketkommentator van alle tye, Charles Fortune, beleef het.