Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Geloof is geen opium wat jou verblind en verdoof nie – geloof is harde werk. Dis om te dóén in plaas van net te sê. Dis om jouself prys te gee soos Christus gedoen het – maar dit maak jou gelukkig!
WARE KWINKSLAE (3)
Humor in die Anglo-Boereoorlog 1899-1902
Samesteller: Elria Wessels
Lees reeks by Ware kwinkslae
Jan. H. Meyer, Kommando-jare, p. 322:
Na die insident op Klipkraal tussen Richmond en Victoria-Wes was ons buit groot. Ek het tussen die gevangenes rondgestap en orals gehoor hoe teleurgesteld hulle was oor die lokval. Aan allerlei beskuldigings en verskonings het dit ook nie ontbreek nie.
Een van die burgers het aan 'n soldaat gevra: "Wat beteken die letters K.F.S. op julle skouers?"
Hy het geantwoord: "Kitchener's Scouts."
"Maar waarvoor staan die F?"
Bedeesd het die Engelsman geantwoord: "Fighting." Verontwaardig het die burger toe uitgeroep: "Maar waarom veg julle dan nie?" ...
SCOTT NA DIE SUIDPOOL (3)
Scott se Ekspedisie na die Suidpool 1910 – 1913
Lees reeks by Scott na die Suidpool
Die lede is nou in drie geselskappe ingedeel en is die bevel van die skip aan Pennell oorhandig. Hy sou in bevel bly totdat die skip die volgende jaar van Nieu-Seeland terugkeer. Campbell is in bevel van die vervoer oor die anderhalfmyl see-ys tussen die skip en die kus gestel en adm. Evans die bevel oor die basis, die oprig van die hutte, en dies meer, aanvaar. Kaptein Scott het toesig gehou, dinge beplan en verbeter.
Tot laat die nag is nog goed op die ys oorgebring en teen etenstyd, om 7 nm, is twee motorsleë, al die honde en ponies, asook die meeste van die gewone sleë en die tente aan wal gebring.
Die volgende dag is almal om 4.30 wakker gemaak. Om 5 vm. is ontbyt bedien en om sesuur begin werk. Al die petrol, die paraffien en die timmerhout vir die hutte aan wal gebring. Die meeste van die karweiwerk is deur die motorslee en die manne gedoen, maar ’n paar trekke is met die ponies vervoer. Op die strand by Kaap Evans het hulle ’n groot tent opgeslaan en hier het die hutbouers en die manne wat die voorrade geberg en die slee op die strand afgelaai het, geëet en geslaap.
DIE OES VAN ONS LAND...
...HOE LYK DIT?
Hannes Ollewagen
Matt. 13:1-23
In hierdie gelykenis wat Jesus vertel, sien ons hoe die saaier uitgegaan het om te saai en hoe die saad op die verskillende plekke geval het. In verse 19 -23 verklaar Jesus aan sy disspels die gelykenis sodat hulle dit beter kan verstaan.
In vers 19 verduidelik Hy dat die saad wat op rotsagtige plekke geval het, is soos iemand wat die woord van die koninkryk hoor en nie verstaan nie. Die woorde van die Woord vind dus nie ingang is sy/haar lewe nie. Is dit nie daarom dat dit so uiters noodsaaklik is om nie van ons stiltetyd net ‘n gewoonte te maak om ons gewetens te sus nie? Verstaan ek werklik wat ek lees wanneer ek die Woord van God open sodat Hy met my kan praat, of rammel ek maar net gou ‘n paar versies af om my gewete stil te kry vir die dag? Indien ek nie erns van my tyd saam met God maak nie, moet ek nie verbaas wees wanneer die Bose kom en my van die saad wat in my hart gesaai is, beroof nie!
Maar wat as ek nie verstaan wat ek lees nie?
MAN EN VROU
Ds Andrè van den Berg
“En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld.... En God het die mens geskape.... man en vrou het Hy hulle geskape” - Gen.1:26,27 (Efes.5:22-33)
Die krag van ’n volk hang van sy geloof in God asook die gehalte van sy gesinslewe af. Die gesin is die kern van ʼn beskawing en die smidswinkel waar lewenswaardes op die aambeeld van die lewe gevorm word. Daarom is ʼn gelukkige gesin een van God se meesterwerke - iets soos ʼn vervroegde hemel.
Dit gaan op talle lewensgebiede werklik sleg met ons volk. Een van die opvallendste is die verbrokkeling van ons gesinslewe - ʼn euwel wat ʼn rimpeleffek veroorsaak, wat eerstens die gesinslewe aantas waarna dit die kerk en gemeenskap binnedring.
Die verbrokkeling van gesinne neem ook toe omdat daar aan die rolverdeling van man en vrou verander word. Die Bybel is baie duidelik oor die rol wat laasgenoemdes in die gesin moet speel. Ongelukkig slaag Satan meesterlik daarin om hierdie rolle om te keer.
WARE KWINKSLAE (2)
Humor in die Anglo-Boereoorlog 1899-1902
Samesteller: Elria Wessels
Lees reeks by Ware kwinkslae
J.S. Malan, uit Luitenant John Bernard Andrews van die Veldtelegrafie vertel:
Toe ek weer sterk genoeg is om met behulp van krukke entjies te loop, word ek een oggend na die deur geroep. Drie Skotte wag my daar in met bajonette en die saaklike opdrag: "You are wanted at the Provost Marshal's Office."
Daar aangekom, vra hulle my naam waarop ek trots antwoord: "Lieutenant John Bernard Andrews."
Hulle reaksie is oorweldigend: "An Englishman fighting for the Boers! An officer in the Dutch Army, we will fix you!"
Ek word toe gevra om die eed van getrouheid teenoor die Britse koning af te lê, maar natuurlik weier ek.
SCOTT NA DIE SUIDPOOL (2)
Scott se Ekspedisie na die Suidpool 1910 – 1913
Lees reeks by Scott na die Suidpool
Deur die Pakys na die Land – Antarktika in sig
Op Woensdagaand 7 Desember is op breedtegraad 61 die eerste ysberg gesien. Van toe af is allerlei soorte ysberge verbygevaar, van die groot tafeltipe tot die klein, verweerde, deur die water afgeslete soort. Die skip het baie naby party van hulle verbygestoom en hulle het amper soos groot stukke suiker wat in die water drywe, gelyk.
Van breedtegraad 60 tot 63 was ’n redelike aantal voëls gesien: suidelike stormvoëls, rosse franjepote, malmokke, bruin malmokke en af en toe nog Kaapse seeduiwe.
Scott vertel self:
"Toe die bruin stormvoëls gewaar is was dit ’n sekere teken was ons die pakys nader. Teen dagbreek op 9 Desember was die skip amper op breedtegraad 65, en het deur dun strome gebroke pakys met skotse van ses tot twaalf voet in deursnee, gestoom. ’n Paar pikkewyne en robbe is gewaar en teen 10 vm. was nie minder as sewe-en-twintig ysberge te sien. Diegene wat hierdie streke die eerste maal binnegegaan het, het in klein groepies op die voorkasteel en die agterdek bymekaargekom."
Hier het hulle geskets en geskilder, en oor die boeë gehang en opgeruimd gesien hoe hierdie ligter ys deur die sterk voorstewe van die skip weggevee word.
KINDERS IN DIE BYBEL (23)
Ds. Tjaart Kruger
Lees reeks by Kinders in die Bybel
TIMOTHEUS
HY was nie een van daardie sterk, gespierde, atleties-geboude seuns nie. Hy was maar ’n tingerige, swak en sieklike kind. Hy was een van daardie kinders wat kort-kort griep kry of een of ander kindersiekte. As gevolg van sy tingerigheid was hy baie makliker vatbaar vir siektes as ander kinders.
Heelwaarskynlik as gevolg hiervan was Timotheus ’n bedeesde en teruggetrokke kind wat homself nie na vore gedring het nie. Hy was nie een van daardie soort kinders wat in die grootmense se geselskap kom sit het en aandag gesoek het nie.
Hy was ook heelwaarskynlik bangerig van geaardheid omdat die bullebakke hom miskien afgeknou en gespot het.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
- Politiek is veronderstel om die tweede oudste beroep te wees. Ek het tot die besef gekom dat dit vele ooreenkomste met die oudste vertoon – Ronald Reagan.
- Sy het gesê sy gaan om hulp skree. Ek het aan haar gesê ek het nie hulp nodig nie - Bob Hope.
- Drie wyse manne? Jy maak seker 'n GRAP - Rita Rudner.
WARE KWINKSLAE (1)
Humor in die Anglo-Boereoorlog 1899-1902
Samesteller: Elria Wessels
Lees reeks by Ware kwinkslae
"Good heavens, Mike" het hy aan sy maat gesê, "the Boers speak better English than we do in Dublin!"
A. Cohen skryf in sy boek Human Behaviour in Concentration Camps: "Humour is a weapon of the mind in the struggle for its preservation. For it is well-known that humour is better suited than almost anything else in human life to obtain aloofness to rise superior to the occasion. Albeit, as it has been stated, merely for a few seconds."
Hierdie oomblikke van ontvlugting of ontlading was vir die burgers op kommando, die vrouens op die plase en in die konsentrasiekampe en vir die krygsgevangenes so essensieel soos kos. Een van die burgers meld dan ook tereg in sy herinneringe dat hulle altyd iets gevind het om oor te lag.
In 'n Terugblik op my oorlogsjare sê R.D. McDonald dat die Afrikaner se sin vir humor hom in die donkerste en moeilikste tye van sy lewe staande gehou het. Dit het hom in staat gestel om byna drie jaar lank met die onewe stryd teen Brittanje te volhard.
SCOTT NA DIE SUIDPOOL (1)
Scott se Ekspedisie na die Suidpool 1910 – 1913
Lees reeks by Scott na die Suidpool
Die seevaart van Engeland tot by Nieu-Zeeland
Dit was kaptein Robert Falcon Scott se lewensideaal om die eerste persoon te wees om die geografiese Suidpool te bereik. Hy was ook bewus van die Noorweër Roald Amunsen se planne om die Suidpool te probeer bereik. Scott was dus in ‘n wedloop met Amundsen. Hy moes egter al die uitgawes verbonde aan die ekspedisie dmv eie fondsinameling loods wat heelwat tyd geneem het en uiteindelik die oorsaak van sy agterstand was.
Amundsen se mikpunt was egter om eerste die Noordpool te bereik, maar berigte dat Robert Peary en Frederick Cook dit reeds reggekry het, het gemaak dat hy sy planne in die geheim verander het in ´n tog na die Suidpool. (Wie van Peary of Cook eerste by die Noordpool was – en of enigeen van hulle dit vermag het – is tot vandag toe 'n twispunt.) Daar word beweer dat Amundsen 'n skelm, professionele ontdekkingsreisiger was wat sy aanslag op die Suidpool geheim gehou en die vermetelheid gehad het om die Britte in hul Antarktiese gesagsgebied uit te daag – en met baie geluk en goeie weer gewen het.
Beide Scott en Amundsen het teen 1911 ondervinding van die arktiese gebiede gehad - Scott met sy eerste suidpoolpoging in 1902, waarin hy tot by 82ºS gevorder het; Amundsen met sy ontdekking van die Noordwestelike Deurvaart, noord van Groenland en Kanada.
GESKIEDENIS VAN DIE KRUGER- STANDBEELD (2)
Dr JH Breytenbach
Lees reeks by Geskiedenis vd Krugerstandbeeld
Van Wouw het weldra genoeg wenke oor sy voorgenome skepping van die Paul Krugerbeeld gekry.
Die Gesant van die Republiek, Jonkheer dr. G. J. T. Beelaerts van Blokland, 'n goeie kenner van die kuns, het algou beswaar geopper teen die keil op die President se kop omdat dit voortdurend 'n skaduwee oor Sy Hoog Edele se gelaat sou werp, die trekke waarvan dan nie so duidelik sigbaar sou wees nie ; dog op hierdie punt wou die kunstenaar onder geen omstandighede toegee nie. Die President kaalkop in die bloedige son van Afrika soos 'n wafferse hierjy —dit was vir Van Wouw nou eenmaal te erg! Immers was die Transvaalse Boere feitlik sonder uitsondering hoededraers; en die enigste wenk van die Gesant wat, sover bekend, by die kunstenaar in die smaak geval het, was om 'n passende teks op een van die vlakke van die voetstuk aan te bring en in hierdie verband kon die Gesant aan niks meer vanpas dink as die laaste twee verse van Psalm 91 nie, die inhoud wat as volg lui:
EEN PLUS GOD - DIE WENSPAN!
WEES ‘N REGVERDIGE ONDER JOU TYDGENOTE
Hannes Ollewagen
Gen. 6:1-22
Dit voel baie maal vir ons asof die wederkoms van Christus al op hande is en die einde van alle dinge eersdaags sal aanbreek wanneer ons na die afvalligheid van die mense in die samelewing rondom ons kyk en die sedelike en morele verval in oënskou neem. Wanneer ons hierdie gedeelte lees, wat maar die sesde hoofstuk in die Woord van God is, sien ons dat die afvalligheid en onheiligheid van ons tyd, niks nuuts is nie.
Alreeds in hierdie dae, wat maar nog as die begintye van die huidige skepping, soos wat ons dit ken, beskou kan word, was die mense al baie afvallig van God en was die boosheid van die mense groot en die versinsels van hul harte altyddeur sleg. (Vers 5). Die mense het soveel boosheid bedrywe en hul handelinge só sleg gemaak, dat dit God selfs berou het dat Hy die mens op die aarde gemaak het.
VIGS: SIEKTE OF STRAF?
Ds Andrè van den Berg
"VIGS is ook verpolitiseer. In hospitale mag geen pasiënt se VIGS-status bekend gemaak word nie omdat dit polities inkorrek sou wees. Waarom? Omdat dit hoofsaaklik ʼn siekte onder swartes is en die regering vir ʼn stigma vrees... ... Droewiger is dat die werklike oorsaak van VIGS buite rekening gelaat word - die verbreking van die sewende gebod."
Deut.6:17-25; 28:1-15
Die voorspoed of verval van ʼn volk hang grootliks van die sedelike peil van sy burgers af. Van die 22 beskawings wat tot ʼn val gekom en van die wêreldkaart verdwyn het, het 19 weens sedelike verval tot niet gegaan.
Hoe lyk die sedelike peil in Suid-Afrika? Alles behalwe goed! Dit het die hoogste voorkoms van VIGS ter wêreld – 18% van alle volwassenes is met hierdie virus besmet, en die getalle styg steeds namate die gat in ons morele osoonlaag al hoe groter word.
Twee homoseksuele vlugkelners was die eerstes wat in 1982 in Suid-Afrika met VIGS gediagnoseer is. Vyf-en-twintig jaar later het navorsing getoon dat 5,7 miljoen persone in Suid-Afrika met die VIGS virus besmet was. In 2010 alleen is 280,000 mense in ons land daaraan dood - 42% van die sterftes daardie jaar!
SOOS 'N PEN IN GOD SE HAND
Ds Andrè van den Berg
“Julle is ons brief, geskrywe in ons harte, geken en gelees deur alle mense” (2 Kor.3:2)
Lank gelede was daar ‘n potloodmaker wat baie trots op sy werk was. Sy potlode was kunswerke. Eendag het hy, voordat hy een van die potlode in ‘n pakkie gesit het vir hom gesê: “Daar is vyf dinge wat jy moet weet voordat ek jou die wêreld instuur; onthou dit elke dag en moet dit nooit vergeet nie. As jy dit doen, sal jy die beste potlood wees”. Toe begin die potloodmaker die vyf dinge op te noem.
- Die potlood sal groot dinge in die lewe kan doen, as hy gewillig in iemand se hand sal lê.
- Hy gaan van tyd tot tyd skerpgemaak word ten einde diensbaar te wees.
- Hy sal foute maak, maar omdat hy ook van ‘n uitveër voorsien is, sal hy sy foute kan herstel.
- Alhoewel hy ‘n kunswerk is, is sy buitekant nie die heel belangrikste nie, maar sy binnekant
- Hy moes sy merk op elke oppervlak maak, ongeag die omstandighede. Hy moes net aanhou skryf.
SA SE EMMER BLOED
Kriewelkop
Met die sirkus wat Malema nou in die ANC-parlement ontketen, word dit weer tyd om in oënskou te neem in watter fase ons land en ons volk tans verkeer. Mens kan nie anders as om te onthou dat Siener van Rensburg voorspel het dat die emmer bloed in Suid-Afrika sal omval kort nadat die parlement weer in sitting gaan. Hierdie sitting sou die een wees net ná twee uitsonderlike reënseisoene, en dit sou ingelei word deur grootskaalse plaaslike stakings en die begin van groot probleme oorsee. Met Rusland en nou ook Amerika se nuutste waagstukke pas dit alles baie goed in die geheelprentjie. Klink dit dan nie of ons nou van die regte parlementsitting praat nie?
Mnr Jaap Marais het ook dikwels gesê dat die fase van groot geweld tussen die Swartes self sal begin en dan na die Blankes sal oorspoel. Malema wat gister ná net drie dae in die parlement met al sy kamerade daar uitgehelp is, het met sy optrede daar deurlopend hierdie voorspelling bevestig. Sy laaste skellery op die ANC oppad uit was onbeheerste dreigemente met woorde soos "murderers, murderers!" Hierdie is nie die laaste wat ons van die Swartstryd gaan sien nie, soos ons ook nog net die begin van landswye, verlammende stakings gesien het waaronder Rustenburg en omgewing wat reeds hulpbehoewend in die proses verarm het.
As 'n mens Siener van Rensburg se profesieë oor Suid-Afrika bestudeer, besef jy dat hy nog altyd in die kol was. En al ignoreer die media dit, al trap die magtige Geldmag reeds met sy pote op ons nek, sal dit niks kan verander aan wat die ou Boereprofeet gesê het nie.
Volgens Siener, sou die geskiedenis van die Afrikanervolk in Suid-Afrika in drie fases verloop:
GESKIEDENIS VAN DIE KRUGER- STANDBEELD (1)
Dr JH Breytenbach
Lees reeks by Geskiedenis vd Krugerstandbeeld
Hy was 'n merkwaardige figuur, die Israeliet Sammy Marks - soos hy algemeen in die omgang genoem is. Eweas sy medekapitaliste in die ou Suid-Afrikaanse Republiek, het ook hy sy fortuine uit die Suid-Afrikaanse —en in die eerste plek uit die Transvaalse—bodem gehaal, maar anders as die meerderheid van hulle was hy daarmee heeltemal gelukkig en tevrede terwyl 'n aantal van die uitlandermynbase en grootkapitaliste in Johannesburg gal teen die Regering van die Republiek en insonderheid teen sy gevierde Staatspresident Paul Kruger gebraak het.
Intussen het die fluisterstorie hier in Augustus 1895 die strate vol gelê van 'n opstand wat sou kom om die "oligargie" in Pretoria—soos daardie mense die Krugerregering genoem het—omver te werp. Te midde hiervan was hy, Marks, besig om tere gedagtes om die einste Paul Kruger te weef. Vir hom was die President nie die ruwe, haas onbeskaafde, outokratiese, bekrompe wese waarvoor daardie kapitaliste en hul handlangers hom daagliks uitgeskel het nie, maar 'n verteenwoordiger van Suid-Afrika in die volste sin van die woord:
LIBERALISTE INSTRUMENT VAN SATAN
Ds Andrè van den Berg
" Liberaliste speel ’n groot rol in die stryd om die siel van die Boerevolk, via die volksvyandige media, te vernietig... Liberalisme verdring ’n volk se siel soos onkruid ’n mooi tuin... Ons grootste probleem met liberaliste is dat hulle nooit sleg voel oor die onreg wat hulle hul volksgenote aandoen nie... Satan het ’n onversadigbare drang om ons volkswaardes af te takel. Daarvoor maak hy van kerke gebruik wat nie waak nie. Let op hoe gou volksgenote bedwelm geraak het van die gifgasse wat liberale kerklui hul kuddes toegedien het. En die golf van verwoesting wat dit in ons volkslewe gesaai het, is as 'geseënde vernuwing' gehuldig! "
“...hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid….” (Rom.1:25).
Satan haat God en alles wat aan Hom behoort, veral die ware kerk, Maar waar is hierdie ware kerk? Oral waar die Woord van God suiwer verkondig word, gelowiges die waarheid liefhet en die Bybel onvoorwaardelik geglo word.
Satan haat die ware kerk en doen alles in sy vermoë om dit te skaad.
BRIEWE AAN CHARLES (SLOT)
Gerhard Viviers
Lees reeks by Beste Charles... Van Gerhard
Blyke van waardering
Die aand met jou uittrede as sekretaris van die Suid-Afrikaanse Krieketunie was dit vir my 'n besondere voorreg en eer toe ek gevra is om ook 'n toespraak by die sprankelfunksie te maak. Daar was oor ’n duisend gaste teenwoordig en die gasspreker was regter Cecil Margo. Dit was 'n deftige aandpak-affêre. Ek kon nie glo dat die aandpak wat ek in 1965 vir ons kriekettoer na Engeland gekoop het, twintig jaar later nog nommerpas sou wees nie.
Ek het uit die hart gepraat en was seker ’n bietjie emosioneel in my huldeblyk aan jou. Ek het, soos jy, ’n knop in die keel en ’n nattigheid onder die oë gekry. Dit was goeie jare wat ons saam gehad het op ver paaie in Frankryk, Engeland, Spanje, Portugal en Duitsland en die talle sportvelde in die mooi land van ons.
Jy het my altyd “mate” genoem omdat jy nie die “G” in my voornaam kon uitspreek nie. Op my beurt kon ek weer nooit vir jou op jou voornaam noem nie want ek is geleer om respek te betoon aan my meerderes. Die ou volkie van my het die gewoonte om vir iemand wat tien jaar ouer is as hulle “oom" te sê. Julle Engelse hou nie daarvan nie en dus was “uncle Charles” uit.
KINDERVERHALE (3)
CE Latsky
Lees reeks by Kinderverhale van CE Latsky
Reddende Geloof
SOMS sê mense: "Ek wil graag aan Jesus behoort, maar ek weet nie hoe nie." As daar van julle is wat miskien begerig is om julle hartjie aan Jesus te gee, maar nie presies weet hoe om dit te doen nie, sal die volgende verhaaltjie dit vir julle verduidelik:
'n Sekere Sondagskoolonderwyser het eendag in sy klas met 'n horlosie in sy hande gestap. Hy gaan voor die eerste seun staan en sê: "Ek gee vir jou hierdie horlosie." Die seun was verstom en kyk die onderwyser vraend aan, maar hy maak geen beweging om dit te neem nie.
Toe gaan die onderwyser voor die tweede seun staan met dieselfde woorde: "Ek gee vir jou hierdie horlosie." Die seun word bloedrooi in die gesig, maar doen niks nie.
En so het die onderwyser voortgegaan tot hy byna aan die einde van die kinders gekom het, toe 'n klein knapie sy hand uitsteek en die horlosie neem.
Toe die onderwyser wegdraai en weer voor die klas gaan staan, vra die outjie: "Is hierdie horlosie werklik myne, meneer?"
BRIEWE AAN CHARLES (22)
Gerhard Viviers
Lees reeks by Beste Charles... Van Gerhard
Mense, dinge en briewe
Beste Charles,
Ek kan nie nalaat om jou te vertel van karakters wat deur die jare my pad gekruis het nie. Daar is ook gebeurtenisse in my veelbewoë lewe wat ek graag met jou wil deel.
Wat my die meeste deur die jare ontstel het, was die baie kere wat mense aan ander voorgegee het dat hulle my goed ken. Die stories wat hulle die wêreld ingestuur het, was gewoonlik tot my nadeel. Gelukkig het die stories met stertjies by vriende uitgekom en kon hulle gewoonlik die leuens ontbloot.
Jy sal onthou dat dit 'n goue reël was dat ons nooit voor ’n uitsending 'n drankie gemaak het nie. Die reël is streng nagekom en die rede was eenvoudig: Gestel iemand sou jou sien. Jy kon seker wees die stories sal die rondte doen dat jy onder die invloed was toe jy uitgesaai het.
Charles, jy het ook nie daarin geglo om jouself te probeer verdedig as een of ander ongure storie oor jouself jou ore bereik het nie. Beslis onder geen omstandighede oor die lug nie.