Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Verbly jou o jongeling, in jou jeug en laat jou hart jou vrolik maak in die dae van jou jonkheid; en wandel in die weë van jou hart en in die aanskouing van jou oë; maar weet dat God jou oor al hierdie dinge in die gerig sal bring – Prediker 11.
DIE AFRIKAANSE VOLKSLIED
Nog mooi volksliedere by Volksliedere
Terwyl volksliede nou weer so in die nuus is:
Toe Afrikaans nog baie jonk was, het besielde digters soos A Pannevis, CP Hoogenhout, DF du Toit en SJ du Toit hierdie pragtige lied geskryf. Dit het ‘n besielende, pakkende melodie. As kinders het ons hom vanmelewe met hart en lus gesing.
‘n Ieder nasie het syn land:
Ons woon op Afrikaanse strand;
Vir ons is daar g’n beter grond
Op al die wye wêreldrond;
Trots is ons om die naam te dra
Van kinders van Suid-Afrika.
‘n Ieder nasie het syn taal:
Ons praat van Kaap tot in Transvaal
Wat almal maklik kan verstaan –
Wat gaan die ander tale ons aan?
VLAGLIED VAN SUID-AFRIKA
Ons Unievlag is in 1928 ingestel, agt jaar na Uniewording en is onveranderd na Republiekwording in 1961 weer gebruik totdat hy in 1994 vervang is met hierdie bont gedoente wat gehys word wanneer hulle sing: Kosie soek ‘n lêplek in Afrika...
Nooit hoef jou kinders wat trou is te vra:
Wat beteken jou vlag dan, Suid-Afrika?
Ons weet hy’s die seël van ons vryheid en reg
Vir naaste en vreemde, vir oorman en kneg;
Die pand van ons erfnis, geslag op geslag,
Om te hou vir ons kinders se kinders wat wag;
Ons nasie se grondbrief van eiendomsland,
Uitgegee op gesag van die Hoogste se hand.
Oor ons hoof sal ons hys, in ons hart sal ons dra,
Die vlag van ons eie Suid-Afrika!
VRYSTAATSE VOLKSLIED
(Vers een van vier)
Heft, burgers, ‘t lied der vrijheid aan
En zingt ons eigen volksbestaan!
Van vreemde banden vrij
Bekleedt ons klein gemenebest,
Op orde, wet en recht gevest,
Rang in der statenrij,
Rang in der statenrij.
TRANSVAALSE VOLKSLIED
Kent gij dat volk vol heldenmoed
En toch zo lang geknecht?
Het heeft geofferd goed en bloed
Voor vrijheid en voor recht.
Komt, burgers! Laat die vlaggen wap’ren
Ons lijden is voorby;
Roemt in de zege onzer dap’ren:
Dat vrije volk zijn wij.
Dat vrije volk, dat vrije volk,
Dat vrije, vrije volk zijn wij!
AFRIKANERS, LANDGENOTE
Op die melodie van die Duitse volkslied
Deutschland, Deutschland über alles!
Afrikaners, landgenote, wees getrou aan volk en taal!
Aan julselwe, aan elkander, van die Kaap tot aan die Vaal!
Van Oranje tot Zambesi, in Natal en in Transvaal.
Afrikaners, landgenote, wees getrou aan volk en taal.
Eenheid, vryheid, reg en liefde, in ons dierbaar vaderland.
Daarvoor stry ons, daarvoor ly ons, almal same in ons land.
Eenheid, vryheid, reg en liefde, daarvoor werk ons hand aan hand.
Eenheid, vryheid, reg en liefde, in ons dierbaar volk en land.
ORANJE, BLANJE, BLOU!
Die Hoogland is ons woning, die land van son en veld,
Waar woeste vryheidswinde waai oor graf van meenge held.
Die ruimtes het ons siel gevoed, ons kan g’n slawe wees.
Want vryer as die arendsvlug, die vlugte van ons
Refrein:
Dis die tyd.... dis die dag om te handhaaf en te bou.
Hoog die hart....hoog die vlag, hoog Oranje, Blanje, Blou.
Ons gaan saam die donker toekoms in
om as een te sneuwel of oorwin,
Met ons oog gerig op jou, ons Oranje, Blanje, Blou.
Die ruwe bergereekse staan hoog teen die awendlug,
Soos gryse ewighede wat versteen is in hul vlug.
En ewig soos die grou graniet, ons Boeretrots en –trou
Die fondament waarop ons hier ‘n eie nasie bou.
DIERBAAR SUID-AFRIKA
Land van die vaders, land van vrome Trekkers,
Jy is ons dure pand, ons geliefde vaderland;
Jou dien met al ons vlyt! Jou beskerm in sware stryd!
Dierbaar Suid-Afrika.
ANDERKANT DIE KRISIS
Heil, ons Republiek!
Die dag het eind’lik aangebreek
dat ons die vaandels op kan steek,
die vryheidsvaandels fier en hoog
wat band en boei nie meer gedoog.
Nou is ons vry, ja waarlik vry,
nou sing ons bly, ja waarlik bly.
Laat snaar en stem ons lied uitdra, (2X)
Refrein:
Heil, Republiek van Suid-Afrika !
Heil, heil en nogeens heil !
Republiek van Suid-Afrika !
LIED VAN JONG SUID-AFRIKA
Oor die veld kom dit wyd gesweef,
Die lied van ‘n volk se ontwaking
wat harte laat sidder en beef.
Van Kaapland tot bo in die Noorde
rys dawerend luid die akkoorde.
Dit is die lied van jong Suid-Afrika (3x)
HULDIG ONS ERFENIS
DIE STEM VAN SUID-AFRIKA
Voordat ons dié pragtige, besielende woorde in al vier die strofes wat Langenhoven vir ons geskryf het heeltemal vergeet omdat ons dit nie meer sing nie want die Afrikaanse weergawe is nie deel van die volkslied van die huidige kommunistiese bedeling in Suid-Afrika nie, plaas ons weer hierdie besielende gedig en gebed van Langenhoven:
DIE STEM VAN SUID-AFRIKA
Uit die blou van onse hemel, uit die diepte van ons see,
Oor ons ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee,
Deur ons vér verlate vlaktes met die kreun van ossewa –
Ruis die stem van ons geliefde, van ons land Suid-Afrika.
Ons sal antwoord op jou roepstem, ons sal offer wat jy vra:
Ons sal lewe, ons sal sterwe – ons vir jou, Suid-Afrika.
In die merg van ons gebeente, in ons hart en siel en gees.
In ons roem op ons verlede, in ons hoop op wat sal wees.
In ons wil en werk en wandel, van ons wieg tot aan ons graf
deel geen ander land ons liefde, trek geen ander trou ons af.
Vaderland ons sal die adel van jou naam met ere dra:
Waar en trou as Afrikaners, kinders van Suid-Afrika.
In die songloed van ons somer, in ons winternag se kou,
In die lente van ons liefde, in die lanfer van ons rou,
By die klink van huw’liksklokkies, by die kluitklap op die kis –
Streel jou stem ons nooit verniet nie, weet jy waar jou kinders is.
Op jou roep sê ons nooit nee nie, sê ons altyd, altyd ja:
Om te lewe, om te sterwe – ja ons kom, Suid-Afrika.
Op u Almag vas vertrouend het ons vadere gebou:
Skenk ook ons die krag, o Here, om te handhaaf en te hou –
Dat die erwe van ons vaad're vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry.
Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer:
Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.
ONS STEM: DIE STEM
FAK-STANDPUNT OOR “DIE STEM VAN SUID-AFRIKA”
Vat vlam vir Afrikaans en SMS “FAK” & jou naam na 34388.
CJ Langenhoven het in 1921 “Die Stem van Suid-Afrika” in sy bundel Eerste Skoffies op die pad van Suid-Afrika gepubliseer. Gedurende 1931 het die FAK ’n kompetisie geloods om ’n geskikte volkslied vir Suid-Afrika te vind. Uit die ingestuurde gedigte het die keuringskomitee eenparig Langenhoven se gedig “Die Stem” aanbeveel.
Langenhoven het ML de Villiers versoek om die gedig te toonset. De Villiers beskryf die toonsetting soos volg: “Ek onthou nog goed dat dit een van daardie goddelike dae was waarvoor die Boland bekend is. Daar sit ek in my studeerkamer in Simonstad. Ek kyk uit oor die blou van onse hemel, oor die diepte van die see – en aan die oorkant van Valsbaai sien ek die pragtige en magtige gebergtes, waar die kranse antwoord gee ... Voor my sien ek wat Langenhoven aangevoel het. Ja ineens sien ek dit in een beeld. Die note van my musiek moes opgaan na die blou van onse hemel, en dit moes terug en afkom na die diepte van ons see ... en dan antwoord die berge.” In 1937 het die FAK-keurkomitee eenparig besluit dat ML de Villiers se toonsetting die beste uit 40 inskrywings was.
DF Malan het die plek van “Die Stem” as volg verduidelik:
SCOTT NA DIE SUIDPOOL (5)
Scott se Ekspedisie na die Suidpool 1910 – 1913
Lees reeks by Scott na die Suidpool
'n Ekspedisielid vertel wat verder gebeur het:
Ons het ’n paar dae by Veiligheidskamp deurgebring, voordat Scott met die hondespanne teruggekeer het. Omdat hy draaie wou vermy, het hy soms waagstukke aangevang. Hy was feitlik te na aan Wit Eiland en die hondespanne het oor die sneeubrug van ’n ysskeur gehardloop toe die brug instort en al die honde voor Scott en Meares se slee, behalwe Osman, die leier, en die twee agterste diere, in ’n gapende afgrond verdwyn. Scott en Meares het hul slee veilig weg van die sneeubrug getrek en, gehelp deur hulle maats, Wilson en Cherry-Garrard, wat die ander span onder hulle sorg gehad het, het hulle met ’n bergklimmerstou in die sneeuskeur afgesak totdat hulle die honde in die hande kon kry. Die arme diere het daar heen en weer geswaai en na mekaar gehap en treurig getjank.
GESKIEDENIS VAN DIE KRUGER- STANDBEELD (4)
Dr JH Breytenbach
Lees reeks by Geskiedenis vd Krugerstandbeeld
Die begin van die omsetting van sy handewerk in brons - 'n allooi wat volgens ooreenkoms sou bestaan uit 92 persent koper en 8 persent tin—was vir die jong beeldhouer 'n aansporing en het hom met nuwe moed besiel vir die volvoering van die moeilikste deel van sy taak, t.w. die modellering van die twee Voortrekkerbrandwagte en die basreliefs. Hy het ondertussen die reeds vermelde Voortrekkermondering uit Pretoria ontvang en dit het nie lank geduur nie of in sy verbeelding het hy sy twee Voortrekkers sien sit, tipiese verteenwoordigers van 'n "dapper, geduldige, vlytige, ordelike en godsdienstige volk, die keur van die grensboere, die bebouers, verdedigers en belastingbetalers van die land "-soos die Engelse goewerneur, sir Benjamin D'Urban, hulle eertyds beskryf het —ware volksplanters en staatbouers !
KINDERVERHALE (6)
CE Latsky
Lees reeks by Kinderverhale van CE Latsky
Verwagtende Geloof
WAT sal julle dink van 'n kind wat sy ouers om hulp vra, en dan tog op sy eie voortgaan sonder om van daardie hulp gebruik te maak? Dom en onverstandig, natuurlik!
Maar op geestelike gebied gebeur dit elke dag. Die Here Jesus het gesê: "Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind ...." m.a.w., Hy het hulp belowe. En tog, baiemaal nadat ons die Here om hulp gevra het, gaan ons maar op ons ou gewone manier voort; ons vergeet dat as ons ons hemelse Vader om hulp gevra het, Hy ons nie in die steek sal laat nie.
Ons dink aan die onwrikbare geloof van 'n Skotse seuntjie in Edinburg baie jare gelede.
Hy het gereeld die bidure bygewoon en eendag sê hy vir sy onderwyser: "Meneer, ek wens my suster kon sover kom om die Bybel te lees. Sy lees dit nooit nie."
"Johnny, waarom wil jy hê sy moet dit lees?" was die vraag.
"Want ek is seker daarvan dat as sy dit een maal lees, sy tot bekering sal kom en gered word."
"Dink jy werklik so, Johnny?"
SCOTT NA DIE SUIDPOOL (4)
Scott se Ekspedisie na die Suidpool 1910 – 1913
Lees reeks by Scott na die Suidpool
Die 21ste was ’n opwindende dag. Kaptein Scott het berig ontvang dat die skip in moeilikheid verkeer. Die ys waaraan die skip vasgemeer was, het weggebreek en is die vaartuig weer met die ysankers vasgemeer. Om 6.30 het die Terra Nova ’n skeepsvlag aan die grootmas uitgehang. Dit was ’n teken waaroor vooraf ooreengekom is. Almal het dus gegaan om die ysankers te kry. Die skip het van die staaltoue waaraan die ankers vas was, losgeraak en was reeds besig om in die see-engte weg te drywe. Die ys was vinnig besig om op te breek.
Toe is stoom gemaak, en voordat hy in veiligheid was, was die skip maar net ’n halwe kabellengte van Kaap Evans wat regvoor aan die lykant gelê het. Die skip is darem veilig daaruit.
Daarna is’n lekker ontbyt genuttig, want die lede was baie honger na die werk in die vroeë oggendure en van die koue wind.
DEURGROND MY, O GOD!
Hannes Ollewagen
Psalm 139:1-24
In verse 1 – 6 van hierdie gedeelte beskryf die psalmdigter vir ons hoe naby God aan elkeen van sy kinders is wat Hom waarlik liefhet en in wie se harte sy Gees woon. Veral in vers 3 sê die psalmdigter dan ook dat God deurgaans bewus is van waarmee ons besig is – “… en U is met al my weë goed bekend.”
Almal van ons voel soms asof God daar ver in die hemel op sy troon sit en vandaar regeer oor die aarde. Hierdie grote heelal met sy warboel en bedrywighede is volgens ons genoeg om Hom só besig te hou, dat Hy nie veel erg het aan dit wat ons doen nie. Dit is egter nie waar nie aangesien ons weet dat Hy met al ons weë goed bekend is.
KINDERVERHALE (5)
CE Latsky
Lees reeks by Kinderverhale van CE Latsky
Die Vernielde Brug
DAAR word vertel dat daar een winter in Italië soveel sneeu geval het, gevolg deur skielike warm weer, dat daar groot oorstromings plaas, gevind het. Op hierdie wyse is die grootste gedeelte van die brug oor die rivier Adige weggespoel, behalwe die middelste deel. Op hierdie deel van die brug het die huis gestaan van die man wat die tolgeld vir die gebruik van die brug moes insamel. Hy en sy familie was dus vasgekeer op 'n soort eilandjie in die middel van die bruisende water, en dit het gelyk asof hulle sekerlik sou verdrink. Die skare mense wat op die oewers van die rivier saamgedrom het.
Daar is vertel hoe die wanhopige gesin hulle hande tevergeefs uitstrek en smeek om hulp. Elke nou en dan val daar nog 'n stukkie van die brug weg en dit sou nog net 'n rukkie duur voordat die hele brug inmekaarstort.
Een van die toeskouers was 'n ryk edelman.
JOU BRON VAN BLYWENDE BLYDSKAP...
...IS DIE SEKERHEID VAN JOU VERLOSSING DEUR JESUS CHRISTUS
Ds Andrè van den Berg
“Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!” - Fil.4:4
In die ou tyd kon onderdane met die nodige toestemming hul koning persoonlik gaan spreek het. So lees ons hoe Salomo twee vroue wat elkeen die moederskap van ʼn sekere baba opgeëis het, te woord gestaan het. Dit het ook gebeur dat die koning soms op reis moes gaan en sy onderdane hom nie kon spreek nie. Hoe het hulle geweet of hy tuis of op reis was? Wanneer hy tuis was, het die paleis-owerheid ʼn vlag voor die paleis laat wapper. As dit nie gewapper het nie, was die koning nie tuis nie.
Blydskap is die koninklike vlag wat voor die paleis van gelowiges se harte wapper wat sê: Jesus, die Koning is hier tuis. Hierdie blydskap beland nie toevallig in ʼn mens se lewe nie, maar is die gevolg van regte besluite en regte optredes.
Wat dryf ʼn mens tot sulke besluite en optredes?
GESKIEDENIS VAN DIE KRUGER- STANDBEELD (3)
Dr JH Breytenbach
Lees reeks by Geskiedenis vd Krugerstandbeeld
Die owerheid in Pretoria—by name die Staatsekretazis—het egter geen moeite gespaar om Van Wouw tegemoet te kom nie. 'n Ekspedisie, vergesel van 'n fotograaf en 'n ooggetuie van die gebeure, is - en dit het nogal 'n aardige sommetjie gekos - spesiaal na die grotte gestuur, waar die fotograaf op aanwysing van die ooggetuie 'n stel foto's van die terrein geneem het vir versending, vergesel van uitvoerige beskrywings van wat elkeen voorstel, aan Van Wouw in Rome.
Daarby het die Staatsekretaris 'n verklaring van wat presies destyds gebeur het van oud-komdt. Herculaas Malan van Rustenburg verkry vir gebruik deur die kunstenaar.
Met die Voortrekkerklere en hierdie stel foto's en beskrywings in sy besit, was Van Wouw se moeilikhede maar gedeeltelik opgelos. Wel het hy hom nou opgewasse gevoel vir die twee Voortrekkerbrandwagte en die toneel wat vier en veertig jaar tevore by Makapaan se grotte afgespeel het maar toe moes hy tot die ontnugtering kom dat hy oor ten minste nog twee van die drie panele wat hy nog moes maak so min helderheid had dat hy gladnie met hulle kon voortgaan tensy die mense in Pretoria hom weereens aan foto's en beskrywings help nie.
KINDERVERHALE (4)
CE Latsky
Lees reeks by Kinderverhale van CE Latsky
"EN DAN?"
TWEE vriende het eendag by 'n ryk man se pragtige landgoed verbygegaan. Die jongste van die twee kon homself nie bedwing nie en het uitgeroep: "Ag, as hierdie landgoed my eie was, sou ek myself die gelukkigste man op aarde ag!”
"En dan?" vra sy vriend.
"0, dan sou ek daardie ongerieflike ou huis afbreek en 'n pragtige paleis oprig. Ek sou gedurig kuiergaste hê, ek sou die beste soorte wyne aan hulle voorsit en sulke opregte perde en honde aanhou, soos 'n mens nie maklik elders sou aantref nie."
"En dan?" vra sy vriend weer.
"0, dan sal ek jag en perdry en rook en drink en dans en altyd gasvry wees en die lewe tenvolle geniet."
"En dan?" was nog steeds die vraag.
"Wel, ek veronderstel ek sal so stadigaan ouer begin word en later nie meer soveel omgee vir die dinge nie."
"En dan?"