Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As jy iemand liefhet, sê dit tog vir hom of haar! Of dit jou man, kinders, ouers of wie ook al is. Want die persoon wat 'n mens die liefste het, is dikwels die een wat dit nie minste hoor. En liefde maak gesond – vir diegene wat dit uitdeel sowel as vir dié wat dit ontvang. Dit is soos God se vinger op die mens se skouer.
SCOTT NA DIE SUIDPOOL (16)
Scott se Ekspedisie na die Suidpool 1910 – 1913
Lees reeks by Scott na die Suidpool
Terugreis van die Laaste Hulpgeselskap
Teddy nog aan die woord:
Ten spyte van die ongunstige weerstoestande wat sake deurentyd vir hom bemoeilik het, het Scott reeds ’n groot geografiese reis afgelê, maar nogtans het hy nie na verwagting gevorder nie en alhoewel die bereiking van die Pool feitlik binne sy bereik was, moes hy nog die lang terugreis van 900 myl aflê. Dit was hoofsaaklik as gevolg hiervan dat kaptein Scott sy reisplan gewysig het en Bowers uit die laaste hulpgeselskap geneem het.
Ná die eerste dag van die terugreis het ek besef dat ’n skof van nege uur onvoldoende sou wees. Indien ons op die terugreis oor die kaal, sneeubedekte plato op volle voedselrantsoene wou bly, moes ons daagliks 17 myl aflê.
WARE KWINKSLAE (16)
Humor in die Anglo-Boereoorlog 1899-1902
Samesteller: Elria Wessels
Lees reeks by Ware kwinkslae
R.D. McDonald, 'n Terugblik op my oorlogsjare, p. 56:
Terwyl ons vir die vyand moes vlug, kon een van die burgers maar net nie wegkom nie. Die Engelse was al baie naby aan hom en die muil, waarop hy gery het, was ongelukkig baie steeks. Daar was gevaar dat hy met die muil en al in die hande van die Engelse kon beland. Toe ek by hom verbygaan, het ek verneem hoe dit met hom gaan.
"Dit gaan sleg, Meneer," was sy antwoord, "ek is die hel in."
"Foei tog," het ek gesê, "daardie plek is al te warm. Hoe eerder jy daaruit kom, des te beter."
CHRISTELIKE GELOOF IN SKOLE IN HOF BEVEG
OPE BRIEF AAN MNR. JOHANNES DE KLERK PIETERSEN
(VOORSITTER VAN DIE ORGANISASIE VIR GODSDIENS-ONDERRIG EN DEMOKRASIE)
3 September 2014
Mnr. Pietersen,
I/S: BERIG IN DIE VOLKSBLAD, 2 SEPTEMBER 2014
Luidens bogenoemde berig in die Volksblad meen u dat u organisasie se aanval op die Christelike geloof nie ‘n heksejag is nie. Wanneer ‘n persoon homself of sy argument in dieselfde asem verdedig as wat die argument gestel word, moet die vraag gevra word wat is daar wat nie op die tafel geplaas is nie. ‘n Mens vra mos nie om verskoning vir iets wanneer jy nie oor iets skuldig voel of weet dat jy verkeerd is nie?
Daar is ‘n wonderlike spreukwoord in die Afrikaanse taal wat lui: “Al gaan die leuen ook hoe snel, die waarheid agterhaal dit wel.” Dit is egter so dat die waarheid soms langer neem om die leuen in te haal, want die leuen word gewoonlik as ‘n halwe waarheid voorgehou.
In die berig onder bespreking ontbloot die probleem homself.
DIE GETUIENIS VAN ONS WERKE
Hannes Ollewagen
Openbaring 3:14-22
“…Dít sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van God: Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm!” – Openb. 14, 15.
Let daarop dat vers 14 nie die woorde of getuienis van Johannes is nie. Die 'waaragtige Getuie ' is met ‘n hoofletter geskryf; dus is dit God se eie getuiens! In vers 15 getuig Hy dan dit wat ons weet – dat Hy alsiende en alwetend is. Ten spyte van die feit dat dit ‘n gemeente is wat aangespreek word, wys Hy die aangesprokenes daarop dat hul werke nie by die geloof pas nie. Hy wys die gemeente daarop dat hulle besig is met godsdiensbeoefening maar hulgesindheid nie reg is nie. Daarom is die werke wat daaruit spruit ook nie voor Hom reg nie. Die boom dra nie vrugte wat by die bekering pas nie.
LEWE IN CHRISTUS
Ds Andrè van den Berg
“In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense” - Joh.1:4
Die lewe is soos ʼn valskermsprong; jy móét dit die eerste keer regkry. Jy kry nie ʼn tweede kans nie. Maar hoe spring ons hierdie belangrike sprong reg? Deur die regte besluite te neem. Die lewe is die somtotaal van ons besluite. En besluite uit liefde en geloof geneem, is nooit verkeerde besluite nie.
Ons lewe gaan almal dieselfde eindig - met die dood. Slegs die inhoud van ons lewens onderskei ons van mekaar. Elke lewe is ʼn kunswerk wat deur die persoon wat dit leef self gevorm word. Hoe vorm ons dit? Deur die regte keuses in die lewe te maak.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Lastige selfoonboodskappe...
Die ou oom is bietjie swaksiende en weet gewoonlik nie waar hy sy bril neergesit het nie.
Hy en sy vrou sit lekker onder die bome by hulle agterdeur en koffie drink.
Kort-kort maak die oom se selfoon 'bliep-bliep'. Dan haal hy dit uit sy sak, kyk daarna en kla oor die lastige ou Bettie Louw wat hom alweer pla net voor hy die foon weer in sy sak bêre.
Sy vrou word naderhand agterdogtig en vra hom wie Bettie Louw is. Hy sê nee, hy ken haar nie.
Toe die foon nog 'n keer 'bliep', sê sy hy moet dit vir haar gee. Sy kyk, en toe sê sy: "Dis nie Bettie Louw nie man, dit sê Battery Low!"
UIT DIE 2e VRYHEIDS- OORLOG (5)
Lees reeks by Uit die Tweede Vryheidsoorlog
Die Huisgenoot het in die vroeë dertigerjare, onder J.M.H. (Markus) Viljoen as redakteur, uittreksels oor die Tweede Vryheidsoorlog geplaas.
Ons ontvlug uit die trein
J.M. du Plessis
Ons was 39 krygsgevangenes in die Rustenburgse tronk aan die einde van Junie 1901. Teen die einde van Augustus het genl. Christiaan de Wet Rustenburg van Potchefstroom se kant af bedreig, en genl. R.S.S. Baden-Powell het ons dorp met ’n kommando verlaat en die krygsgevangenes na Pretoria saamgeneem. Ons moes ’n afstand van 70 myl loop hoewel daar genoeg waens en ander voertuie beskikbaar was. In Pretoria is ons ’n paar dae in die tronk aangehou en toe per trein weggestuur Kaap toe. Ons het in ’n oop trok agter die lokomotief gery, met net agter ons ’n tweede oop trok met ongeveer twintig Tommies wat ons moes oppas.
In Bloemfontein het ek aan my jonger broer Theunis en ons vriend Hansie Riekert dit voorgestel om te ontvlug deur van die trein af te spring as ons ’n kans kry.
WARE KWINKSLAE (15)
Humor in die Anglo-Boereoorlog 1899-1902
Samesteller: Elria Wessels
Lees reeks by Ware kwinkslae
J.F. Naude, Vechten en vluchten van Beyers en Kemp;
Teen tienuur die aand het ons afgesaal en ons perde in 'n sirkel gespan ten einde 'n bietjie te kan slaap. Van die kêrels het egter nie hulle perde in die sirkel vasgemaak nie, maar aan hulle voete. So het Joe Andrews dan ook met sy ou perd Boesman gemaak. Boesman het later rustig begin wei, en hy trek natuurlik in die proses die riem styf. Joe wat teen die tyd heerlik gelê en slaap het, skrik so groot dat hy die kombers van hom afgooi. Boesman skrik op sy beurt so groot vir die skielike gevaarte wat deur die lug trek dat hy verskrik aan die hardloop gaan. Daar hang Joe nou in 'n onnatuurlike posisie met sy regtervoet in die lug, waarvoor Boesman natuurlik nog groter skrik.
SCOTT NA DIE SUIDPOOL (15)
Scott se Ekspedisie na die Suidpool 1910 – 1913
Lees reeks by Scott na die Suidpool
Teddy vertel
Die wind het ons asems gedurigdeur in yskoeke op ons baarde verander. Die rigtinglesings by ons stilhouplekke was ’n bitter koue werk. ’n Mens moes jou vingers ontbloot om die teodolietskroefies te draai, en in die ysige wind het ’n mens se vingerpunte gou bevrore geraak. Toe Kersaand aanbreek, het ons ’n dagskof van meer as 16 myl agter die rug gehad. Ons ligging was nou breedtegraad 85° 35' S., lengtegraad 1590 8' O. Hier het ek die kompasafwyking vasgestel — 179° 35' O. Ons was dus tussen die magnetiese en die geografiese pole.
Na die einde van die dagskof, wanneer ’n mens afgekoel en lewenskrag verloor het, het die temperatuur wat tot 10° benede zero gedaal het die waarnemings onaangenaam gemaak.
ONS AFGODSOFFERS
Hannes Ollewagen
“EN die kinders van Israel het weer gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, en hulle het die Baäls en die Astártes gedien, en die gode van Aram en die gode van Sidon en die gode van Moab en die gode van die kinders van Ammon en die gode van die Filistyne, en hulle het die HERE verlaat en Hom nie gedien nie.” - Rigters 10:6:
Ons kan tog so verdraagsaam wees teenoor die kwade en bose, maar teenoor mekaar se gebreke is daar nie eens sprake van hierdie verdraagsaamheid nie.
Die verkeerde gesindheid van misplaaste verdraagsaamheid is by ons gekweek deur werkers van die bose magte. Soos hulle ons lewens kom vul het met nietige afgode wat ons van ons God en sy Woord vervreem, só is ons ook oorspoel met booshede wat ons maar móés verdra om ‘n daaglikse bestaan te voer.
KINDERVERHALE (16)
CE Latsky
Lees reeks by Kinderverhale van CE Latsky
Eerlikbeid Beloon
AS daar 'n Christelike deug is wat meer verwaarloos word as ander, dan is dit sekerlik eerlikheid. Die meeste mense is eerlik in sover dat hulle nie steel of moedswillig dinge sal vertel wat nooit gebeur het nie. Maar hulle sal dit as 'n goeie grap beskou as hulle byvoorbeeld verniet met die trein kan ry sonder om uitgevind te word, en hulle sal maklik 'n "wit leuen" vertel om uit moelikheid te kom.
Jan was 'n kantoorseun wat by 'n groot handelsfirma in diens was. Dikwels is hy afgestuur dokke toe met briewe vir een of ander skeepskaptein in verband met handelsware wat die firma ingevoer het.
Eendag laat die hoof van die firma hom roep en sê:
UIT DIE 2e VRYHEIDS- OORLOG (4)
Lees reeks by Uit die Tweede Vryheidsoorlog
Die Huisgenoot het in die vroeë dertigerjare, onder J.M.H. (Markus) Viljoen as redakteur, uittreksels oor die Tweede Vryheidsoorlog geplaas.
Gasvryheid beloon
’n Paar maande ná die Jameson-inval in Transvaal [1895-1896] het daar een aand twee Engelse op my oupa se plaas aangekom. Hulle kon nie Afrikaans praat nie en die oumense nie Engels nie, maar Oupa kon darem verstaan dat die twee wandelaars op pad was na Mafeking [Mafikeng] en dat hulle graag herberg wou hê. Hulle is binnegenooi.
Van gesels was daar natuurlik geen sprake nie, maar die vreemdelinge het darem vir Ouma beduie dat hulle baie lekker geëet het en dankbaar is. My oupa het hulle daarna na ’n buitekamer gebring waar hulle die nag geslaap het. Na ontbyt die anderdagmôre is hulle daar weg met genoeg padkos om te hou tot op Mafeking.
Met die begin van die oorlog was my oupa reeds te oud om krygsdiens te doen, maar hy was nie te oud om die rantjies uit te klim en vir sy landgenote in die veld verkenningswerk te doen nie onder die voorwendsel dat hy skape oppas.
OFFER VAN EENSGESINDHEID
Hannes Ollewagen
“ALLEENLIK, gedra julle waardig die evangelie van Christus, sodat, of ek kom en julle sien dan wel of ek afwesig is, ek van julle omstandighede kan hoor dat julle in een gees vasstaan en, een van siel, saam stry vir die geloof van die evangelie.” Filippense 1:27
Een van die mees effektiewe wapens wat die satan gebruik om gesinne, families en volke uitmekaar te skeur, is tweedrag. Die gees van twis, tweedrag en onmin het ’n opdrag vanuit die hel ontvang om vernietiging en verwoesting te saai waar hy ookal beweeg. Die woord tweedrag beskryf so duidelik wat uiteindelik ná die twis ontstaan: verdeeldheid.
Die wapen wat die bose geldmagte (dienaars van die satan) met groot sukses ingespan het om ons volk ten gronde te rig, was dan ook natuurlik tweedrag. Hierdie magte wou nie net die rykdom van ons land inpalm nie, hulle wou ons volkstradisie van Christelike geloof wat soos ‘n goue draad deur ons geskiedenis geweef is, vernietig. Ons kan dus met reg sê dat dit nie net ‘n aanval op ons land en volk was nie, maar veel dieper gerig met die oog op die vernietiging van ons Christelike geloof.
UIT DIE 2e VRYHEIDS- OORLOG (3)
Lees reeks by Uit die Tweede Vryheidsoorlog
Die Huisgenoot het in die vroeë dertigerjare, onder J.M.H. (Markus) Viljoen as redakteur, uittreksels oor die Tweede Vryheidsoorlog geplaas.
President Steyn vertel hoe hy ontsnap het
Een van die joiners het 'n Britse kolonne vroeg die môre van 10 Julie 1901 na die Noord-Vrystaatse dorp Reitz begelei om byna al die lede van die Vrystaatse regering te vang. Omdat pres. Steyn "die siel van die oorlog" was, soos genl. Louis Botha dit uitgedruk het, sou sy gevangeneming 'n nekslag vir die stryd gewees het.
Die lede van sy staf en kommando het altyd die grootste respek en liefde vir Steyn gehad. Meer as een maal het van hulle gesê dat die wyse waarop hy die agting van almal behou en die onderlinge vrede bewaar het, 'n wonderwerk was. Daar was soms meningsverskille tussen sy manne, maar Steyn kon met 'n paar woorde die eensgesindheid herstel. Sy kalm, deurdringende aanblik kon niemand weerstaan nie. "As President liewers wil raas of die sambok gebruik, dan kon ek my man beter staan," het een van sy vernaamste amptenare eendag gesê, maar daardie kyk!"
GEMENGDE HUWELIKE
Lees reeks by WAT SÊ DIE BYBEL OOR...
WAT SÊ DIE BYBEL OOR GEMENGDE HUWELIKE?
Omdat Suid-Afrika so ’n wye verskeidenheid van rasse met uiteenlopende lewens- en kulturele verskille huisves, is die erkenning van veelvolkigheid en rasseverskille onontbeerlik vir vreedsame naasbestaan. Ongelukkig het die verwysing na rasseverskille vandag so ’n politieke plofkrag verkry, dat die onderwerp liefs vermy word.
Toe die eertydse verbod op gemengde huwelike jare gelede geskrap is, het die liberale media rassevermenging begin ophemel. Vandag is feitlik alle TV-sepies en advertensies kunsmatig rasgemeng.
Vroeër het mense by hul eie ras gehou om hul eenselwigheid en kultuurverskille te bewaar. Dis nie deur regerings of kerke op hulle afgedwing nie, maar uit eerbied vir God se skeppingsorde gehuldig.
OFFER VAN DANKBAARHEID
WANNEER HY KOM
Hannes Ollewagen
Lukas 19:29-44
Vers 44 "…omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het, nie opgemerk het nie."
In hierdie gedeelte lees ons hoedat die Seun van God, die Koning van alle konings, Jerusalem op die rug van ‘n esel besoek. Hierdie nederige handeling van ons Meester wat vir ons as voorbeeld moet dien, het egter tot gevolg gehad dat sommige hulle nie eers aan sy besoek gesteur het nie aangesien Hy nie met ‘n roemryke en wêreld-aanskoulike optog Jerusalem binngegaan het nie.
Gebeur dit nie dikwels dat God ook ons besoek of met ons praat nie? Maar omdat dit op ‘n manier gebeur wat ons nie verwag nie, sien of hoor ons Hom nie? Dít laat ‘n mens aan die gelykenis in Matthéüs 25 dink (vers 40):
“En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.”
Onthou ons nog dat die mens die kroon van God se skepping is en dat ons aan ons hemelse Vader offers van dankbaarheid kan bring deur aan ons broeders in Christus goed te doen met die gesindheid asof ons dit vir/aan Hom doen?
TATOEËERMERKE
Lees reeks by WAT SÊ DIE BYBEL OOR...
WAT SÊ DIE BYBEL OOR TATOEËERMERKE?
Nie net ons jongmense vandag nie maar ook talle middeljariges, dink hulle moet hul 'jonkheid van gees' met 'n tatoeërmerk bewys. Wat hulle nie besef nie is dat dit geen moderne gier is nie maar 'n baie outydse manier om onderdaniges te merk. Heidene het reeds in Assirië, Egipte en Babilon ink onder die vel van slawe ingewerk om eienaarskap aan te dui, dieselfde beginsel wat boere vandag nog met hulle vee uitoefen – 'n inskrywing om aan te dui dat dit sy eiendom is. So ook het afgodedienaars reeds van ouds af hulself met verskillende tekens laat tatoeëer om te wys aan watter afgod hy behoort. Die laaste afgod van alle tye word in Openbaring 13 beskryf waar afvallige mense uiteindelik sy merk sal ontvang en verlore sal gaan.
Israel het tatoeëermerke as toewydingstekens aan afgode verafsku.
“Julle mag ook ter wille van ‘n dooie geen snye in julle vlees maak nie en geen ingeprikte tekening in julle vel maak nie. Ek is die Here”. (Lev.19:28).
Die antwoord hieruit is baie duidelik - jy mag nie doelbewus merke in jou vel laat insny nie want dit is liggaamskending en 'n sonde.
KINDERVERHALE (15)
CE Latsky
Lees reeks by Kinderverhale van CE Latsky
Die Heilige Beker
IN die Middeleeue, d.w.s. tussen die jare 500 en 1500, was daar in die verskillende Europese lande mense wat Ridders genoem was. Hulle was van adellike afkoms en het rondgegaan om met hul swaard en hul sterk regterarm veronregtes gelyk te gee. Hulle het veral graag skone dames gered wat in die mag van bose persone geval het; en as hulle daarna weer aan die een of ander toernooi deelneem, dan het hulle 'n stuk lint van daardie dame gekry om as liefdesknoop te dra om vir hulle geluk te bring in die wedstryd.
Die hele stelsel was uiters interessant. Die seuns van die adel het reeds, as knapies van twaalf, dertien jaar aan die hof van die een of ander beroemde ridder as boodskappertjie en sleepdraertjie vir die vrou van die kasteel diens gedoen.
DIE DOODSTRAF
Lees reeks by WAT SÊ DIE BYBEL OOR...
WAT SÊ DIE BYBEL OOR DIE DOODSTRAF?
Ons leef in 'n land met van die hoogste misdaadsyfers ter wêreld omdat die staat nie wet en orde handhaaf nie. Om orde te handhaaf is die doodstraf ’n vereiste. Lande wat dit afgeskaf het, het met dieselfde wetteloosheid as Suid-Afrika te kampe.
Die NuweTestament maak dit baie duidelik dat slegs die staat die doodstraf mag oplê en voltrek, nie 'n individu nie:
“Want die owerhede is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar by die slegte... want hy is ’n dienaar van God, jou ten goede, maar as jy kwaad dien, vrees dan, want hy dra die swaard nie verniet nie, want hy is ’n dienaar van God, ’n wreker om die een wat kwaad doen, te straf” (Rom.13:3,4).
Gód het dus aan die staat die opdrag gegee om wet en orde te handhaaf. Burgers het gevolglik die reg om in veiligheid te woon. En nêrens in die Nuwe Testament is die doodstraf ooit opgehef nie.
UIT DIE 2e VRYHEIDS- OORLOG (2)
Lees reeks by Uit die Tweede Vryheidsoorlog
Die Huisgenoot het in die vroeë dertigerjare, onder J.M.H. (Markus) Viljoen as redakteur, stukke oor die Tweede Vryheidsoorlog geplaas.
Die geheimsinnige gidse
G.R. von Wielligh was krygskommissaris oor die Britse krygsgevangenes in die eerste deel van die oorlog, en 'n tyd lank was hy dag na dag met hulle in aanraking. 'n Paar van hulle het hom vrywillig met sy werk gehelp, onder andere korporaal Edwards van die Northumberland Fusiliers, wat 'n rol in die verhaal speel. Op 6Junie is die Britse krygsgevangenes ontset. Daarna het die Britte Von Wielligh in Pretoria gevange gehou.
Die vervelige niksdoen, maar nog meer die gevoel dat hy die kommando's moes gaan help veg, het hom laat besluit om uit Pretoria te ontsnap. Dit was 'n gevaarlike onderneming, want die Engelse krygsraad het juis in hierdie tyd twee mans laat doodskiet omdat hulle probeer ontsnap het.
Op 'n Sondagaand, moontlik 2 Maart 1901, het hy dit gewaag om weg te loop in die rigting van genl. J.H. de la Rey.