Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die fout wat baie lidmate maak is om nie te besef dat die kerk 'n loopgraaf in die voorste linie is nie – hulle gebruik dit vir 'n slaapsaal en ruskamp.
SOEK GOD SE WIL
Ons Vader in die hemel, ons begeer dat u wil sal geskied, nie net in die hemel nie maar ook op die aarde, en veral hier in Suid-Afrika, die land wat U aan u volk gegee het om in te woon en te vermeerder – nie om verdruk en uitgemoor te word nie. Gee dat ons mense mekaar sal liefhê, beskerm en kalmeer – nie beveg, beskinder en opponeer nie. Laat elkeen van u kinders asseblief Psalm 14:2 ter harte neem: "Van die hemel af kyk die Here die mense deur om te sien of daar één verstandige is, één wat na die wil van God vra."
Dink watter krag ons volk sal hê as God baie sulkes vind!
LEER OM MEKAAR SE VOETE TE WAS
Ds Andrè van den Berg
“As Ek dan, die Here en die Meester, julle voete gewas het, is julle ook verplig om mekaar se voete te was” - Joh.13:14 Die laaste aand van Jesus se aardse bediening was dramaties. Hy het die Pasga saam met sy dissipels genuttig waarna een van hulle Hom vir geld verraai het. Dit wat daarna gebeur het, was ʼn bitter beker om te drink en het op sy kruisdood uitgeloop. Net vóór hulle die Pasga genuttig het, het Jesus sy dissipels ʼn belangrike les in diensbetoon geleer wat van elke gelowige waar moet wees.
In Joh.13 maak Jesus die doel van sy koms na die aarde duidelik - Hy het nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien. Hy wys vir sy dissipels watter hart sy volgelinge moet hê. Kom ons ondersoek ons eie harte vanoggend in die lig van die Skrif en vra onsself die vraag af: Hoe lyk my hart vir die Here?
UIT DIE 2e VRYHEIDS- OORLOG (13)
Lees reeks by Uit die Tweede Vryheidsoorlog
Die Huisgenoot het in die vroeë dertigerjare, onder J.M.H. (Markus) Viljoen as redakteur, uittreksels oor die Tweede Vryheidsoorlog geplaas.
Saam met die vyand in gelid
Adriaan van der Walt - opgeteken deur Petrus Venter
Ek was ’n heliografis van die Transvaalse burgermag. Toe die guerrillastryd begin, is ek by die korps van die vermaarde Danie Theron ingedeel.
Op ’n keer het ons korps, wat destyds uit ongeveer tagtig burgers bestaan het, met ’n groot Engelse mag naby Losberg in die Gatsrand slaags geraak. Na ’n hewige geveg was ons verplig om die stryd teen die oormag gewonne te gee. Ons het gevlug en die aand op ’n plaas aangekom waar ons ook oornag het. Dit het aanhoudend gereën.
Die anderdagmôre teen dagbreek het kmdt. Theron vir Basie Enslin met omtrent veertig man uitgestuur om te gaan verken. Teen tienuur het ons nog geen berig van hulle ontvang nie en Danie het die bevel gegee dat ons moes opsaal en gaan kyk wat daar skeel.
SONDAG OF SABBAT?
Ds Andrè van den Berg
Mense wat deur die leer van die Messiaanse Jode meegevoer word, dring op die herstel van die Joodse sabbat aan. Van hulle glo selfs dat Christus nie na die aarde sal terugkeer alvorens die sabbat herstel is nie. Hulle beskou die hou van die Sondag as sonverering wat glo deur keiser Konstantyn begin en deur die Roomse kerk deurgevoer is.
Waar kom die sabbat vandaan? God het dit in die OT as rusdag bepaal:
“En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus.... En God het die sewende dag geseën en dit geheilig...” (Gen.2:2,3).
Ex 16 gee die eerste aanduiding van die sabbatsgebod toe Israel aangesê is om dubbeld die hoeveelheid manna op die sesde dag op te tel sodat hulle op die sewende dag kon rus. Daarna kom dit in die Tien Gebooie voor.
IS SELFMOORD ONVERGEEFLIK?
VERLORE, OF IS HY GERED?
Lees reeks by Weet jy, of wonder jy?
Talle mense wonder of daardie familielid, vriend of geliefde wat selfmoord gepleeg het, noodwendig in die hel beland het, of het God hom vergewe vir sy daad? Want selfmoord bly maar moord. Het jy 'n persoon geken wat selfmoord gepleeg het? Het jy ook gewonder wat van sy siel geword het?
Daar is min dinge wat ’n familie of vriendekring so ruk soos selfmoord. Prof. Lourens Schlebush van die departement van gedragsgeneeskunde aan die Universiteit van Natal het bevind dat gemiddeld 8000 mense per jaar in Suid-Afrika selfmoord pleeg. Dit kom op 667 per maand, 154 per week en 22 per dag neer!
Talle mense pleeg ook in Kersfeestyd selfmoord omdat die emosionele put waarin hulle te midde van die uitbundigheid van feesgangers verkeer, net te diep word.
Selfmoord kom nie net onder ongelowiges voor nie. Een van die hartseerste werklikhede van die lewe, is dat dit ook onder gelowiges voorkom.
SCOTT NA DIE SUIDPOOL (19)
Scott se Ekspedisie na die Suidpool 1910 – 1913
Lees reeks by Scott na die Suidpool
Gedurende Februarie het die geselskap feitlik net teëspoed en teëslae ondervind. Wilson het ’n beensening verrek. As gevolg van bevriesing het Evans se vingers daar sleg uitgesien en op die eerste van die maand het Scott geval en lelike kneusplekke opgedoen. Die temperatuur was laag, en dit het die oppervlakte bederf. Op 4 Februarie was hulle tussen ysskeure. Sowel Scott as Evans het in die skeure geval. Maar ten spyte van al hul moeilikhede het hulle redelik vinnig oor die ysbedekte plato en teen die Beardmore af gevorder. Die val op 4 Februarie het Evans taamlik kreupel gelaat en hy het aan bevriesings in sy gesig gely. Sy toestand het sy maats deurentyd baie bekommernis veroorsaak.
Die reis oor die kruin het op 7 Februarie ten einde geloop.
WAAR KOM DIE BYBEL VANDAAN?
Ds Andrè van den Berg
Is die Bybel soos ons dit ken werklik die Bybel soos God dit wou hê? Is daar nie miskien boeke weggelaat wat wel in die Bybel moes gewees het of Bybelboeke wat nooit daarin moes gewees het nie? Hoe seker kan ons wees dat die Bybel wat ons lees eg is?
Daar was nooit ’n kerklike liggaam soos ’n Sinode wat besluit het watter boeke moet in, en watter moet uit die Bybel gelaat word nie. Bybelse geskrifte is deur die eeue deur gelowiges ontvang en as geïnspireerde boeke herken. In die tyd van Christus se aardse bediening was dit wat ons vandag as die OT ken alreeds bekend; al 39 boeke. Israel het nooit êrens vergader om oor die inhoud van die OT te besluit nie. God het die Bybel gewil!
Minstens 90% van die NT is t.s.v. baie mondelinge tradisies onmiddellik deur gelowiges as die Woord van God erken.
UIT DIE 2e VRYHEIDS- OORLOG (12)
Lees reeks by Uit die Tweede Vryheidsoorlog
Die Huisgenoot het in die vroeë dertigerjare, onder J.M.H. (Markus) Viljoen as redakteur, uittreksels oor die Tweede Vryheidsoorlog geplaas.
Ceylon toe? Nee, nooit!
W.H. Boshoff
Teen die einde van die oorlog het klein klompies burgers in Transvaal en die Vrystaat rondgeswerf om waar moontlik die groot Engelse kolonnes lastig te val. In Maart 1902 het so ’n groepie oorblyfsels van die kommando’s van Ermelo, Bethal, Carolina en Middelburg onder kmdt. Davel een aand op die plaas Remhoogte, distrik Ermelo, gaan oornag.
Dae aaneen was ons al ongerus, want ons het verneem dat genl. Bruce Hamilton uit Ermelo gaan optrek om vir goed ’n einde te maak aan die lastige Boerekommando’tjies. Ons groot vrees was nie om op die slagveld te sterf nie, maar om gevange geneem en na Ceylon gestuur te word, Ceylon of enige van die Indiese kampe. Hoekom die vrees vir Ceylon so groot was, weet ek nie, maar van ons klompie was ek seker die bangste om van my land weggestuur te word. Liewer die dood as banneling in ’n vreemde land. Die vrees was byna ’n obsessie.
WARE KWINKSLAE (23)
Humor in die Anglo-Boereoorlog 1899-1902
Samesteller: Elria Wessels
Lees reeks by Ware kwinkslae
Vreemdelinge in ons poorte
H.C.J. Pieterse, Die oorlogsavonture van generaal Wynand Medan, p. 110:
In die geveg by De Wetsdorp herinner ek my aan 'n snaakse voorval met 'n ou Fransman wat aan ons kant geveg het. Onderwyl ons op 'n afstand van sowat driehonderd tree besig was om die Engelse forte te nader, het ek hom met gebare probeer beduie dat hy die vyand koes-koes moes tegemoet gaan en nie sommerso oop en bloot nie. Maar hy was 'n astrante ou kêrel en op my gebare antwoord hy telkens: "No... No... No!" en skud dan sy kop en beduie met die hande soos alleen 'n beleefde Fransman dit kan doen.
"No-no jy maar” antwoord ek, "die Kakies maak vandag van jou frikkadel!"
Toe "no-no" die ou eers. Onderwyl hy nog beduie, bars daar 'n kartets bokant hom en 'n paar koeëls tref hom in die rug. Hy skree soos 'n maer vark, dans in die rondte, en onderwyl hy na my kant toe hardloop, beduie ek dat hy skuiling moet soek. Maar hy "no no" nog steeds en kies sommer die hasepad. Was my ou Franse vriend met sy deftige maniere en mooi mondering maar nog verdere vernedering gespaar, dog hy moet na die hospitaal, waar al sy klere gesteel is. Toe ek hom weer sien, stap hy in 'n vrouegewaad rond. Toe was dit my beurt om te sê: "No-no!"
CHRISTUS, OF ÉK?
‘n LEWE VIR MYSELF OF ‘n LEWE VIR CHRISTUS?
Hannes Ollewagen
GALÁSIËRS 5:16-26
Sommige mense wil die onderhouding van die wet tot die uiterste neem om daardeur selfregverdiging te probeer kry, terwyl sommiges die verlossing van Jesus Christus en die genade wat ons daardeur ontvang, probeer misbruik om sonder ‘n gewetensaanklag ‘n lewe van ongebondenheid te leef.
Dit is juis omdat geen mens in staat was om ‘n lewe van regverdigheid voor God te lei nie, dat Jesus Christus na die aarde gekom het om ons los te koop van die mag van sonde. Wanneer ‘n mens waaragtig tot die besef en aanvaarding kom dat Christus waarlik die Seun van God is en ook vir jóu sondes aan die kruis gesterf het, sal jy nie weer deur sonde gebind wil word nie! Jy sal deur ‘n oorweldigende dankbaarheid gedryf word om God te gehoorsaam en die verordeninge wat Hy vir ons in die Ou sowel as die Nuwe Testament gegee het, uit dankbaarheid probeer onderhou.
CHRISTEN-REAKSIE OP SA-GEBEURE
Hein Toerien
Christene se reaksie op gebeure in die land word tans veel meer getoets as net deur die litigasie oor die plek van ’n godsdienstige etos in skole. Word gewoon by die kore aangesluit soos dié wat eis dat pres. Jacob Zuma en die Kovsie-rektor, prof. Jonathan Jansen die trekpas moet kry? Word die blinde oog op onregte gewerp? Of word skouer aan die wiel gesit om die onregte uit die weg te ruim?
Die verhaal van die drie bome
Israel het wêreldbekende inheemse bome, maar hulle is nie almal baie bekend as besonder geskikte timmerhout nie. Die stamme is dikwels bonkig, knoetsig, en selfs vervleg, sodat met die bou van die eerste tempel sederhout uit die teenswoordige Libanon ingevoer moes word.
ASOF PLOOIE NIE GENOEG IS NIE
OUMENSE VOL TATOEËRMERKE IS LELIK GOED...
Lees reeks by Weet jy, of wonder jy?
Nie net ons jongmense nie maar ook talle middeljariges, dink hulle moet hul 'jonkheid van gees' met 'n tatoeërmerk bewys. Het jy al gewonder of dit verkeerd is om jou liggaam te laat beteken? Vandag lyk dit asof almal dit doen en word dit al moeiliker om tussen die reg en verkeerd daarvan te onderskei.
Wat die tatoeërslawe nie besef nie is dat dit geen moderne gier is nie maar 'n baie outydse manier om onderdaniges te merk. Heidene het reeds in Assirië, Egipte en Babilon ink onder die vel van slawe ingewerk om eienaarskap aan te dui, dieselfde beginsel wat boere vandag nog met hulle vee uitoefen – 'n inskrywing om aan te dui dat dit sy eiendom is. So ook het afgodedienaars reeds van ouds af hulself met verskillende tekens laat tatoeër om te wys aan watter afgod hy behoort.
WORD 'N PASAANGEËR!
Ds Andrè van den Berg
“So moet ons dan beskou word as dienaars van Christus ... En verder word van die bedienaars vereis dat hulle getrou bevind moet word” - 1 Kor. 4:1,2
Alhoewel God miljoene engele tot sy beskikking het, maak Hy van mense wat aan sy stem gehoorsaam is gebruik om sy koninkryk op aarde uit te brei. Jesaja is ʼn sprekende voorbeeld: “Daarop hoor ek die stem van die Here wat sê: Wie sal Ek stuur? En wie sal vir ons gaan? Toe antwoord ek: Hier is ek, stuur my”. (Jes.6:8). Die kerk van Christus werk met mense wat God dien - godsdienstige mense wat nie los van mekaar funksioneer nie, maar wat onder leiding van verkose ampte as ʼn span saamwerk.
Hierdie werkswyse kan met ʼn langafstand-item tydens ʼn atletiekbyeenkoms vergelyk word. Daar is twee groepe mense – atlete en toeskouers. Baie van die atlete het rus nodig en baie van die toeskouers het oefening nodig!
WARE KWINKSLAE (22)
Humor in die Anglo-Boereoorlog 1899-1902
Samesteller: Elria Wessels
Lees reeks by Ware kwinkslae
Wingerdwys...
R.W. Schikkerling, Hoe ry die Boere:
Langs die pad het ons talle gevangenes aangetref wat onbewaak en myle agter die ander streep-streep met die pad langs aangetou het. Kort-kort het hulle by een van ons vemeem of hulle nog "op die regte pad was laer toe". Een van die gevangenes het op 'n perd gery terwyl die man wat hom gevang het, die baas van die perd, ewe doodluiters langsaan voetgeslaan het. Kort-kort het die gevangene sy waterbottel vol rum ondertoe aangegee waaruit die oorwinnaar gretig gedrink het. Laasgenoemde het nog een keer verlangend omhoog gestaar en die gevangene het ewe gelate beduie: "Empty, empty," en die bottel omgekeer om te wys dat dit regtig leeg was. Net daar verander die Boer se sagmoedige en smekende houding en hy bulder: "Nou klim dan dadelik af van my verdomde perd!"
HET GOD NOG 'N PLAN MET ISRAEL?
Ds Andrè van den Berg
Mt.21:33-46:1 Pet.2:7-10
Daar word in verskeie godsdienstige kringe geglo dat Israel nog steeds die uitverkore volk van God is en ʼn beduidende rol in die laaste dae gaan speel. Hulle glo dat God nooit sy beloftes aan Israel opgeskort het nie en net voor die wederkoms van Christus vir ʼn grootskaalse bekering onder die Jode gaan sorg ten einde sy beloftes aan Israel na te kom.
Dis ʼn dwaling! Die Bybel leer dat die Christelike kerk die nuwe Israel is en dat God se beloftes op hulle van toepassing is. Mense wat die Skrifgedeeltes wat al vir 2000 jaar op die kerk betrekking het op die fisiese Israel van toepassing wil probeer maak, slaan die bal baie ver mis!
Christus waarsku die kerklui van sy tyd dat daar ʼn tyd gaan aanbreek dat hulle hul guns as uitverkore volk van God gaan verloor:
SCOTT NA DIE SUIDPOOL (18)
Scott se Ekspedisie na die Suidpool 1910 – 1913
Lees reeks by Scott na die Suidpool
Die Pool word bereik — Scott se laaste Reisskofte
Die besonderhede oor Scott se laaste reisskof na die Pool, en die hartverskeurende verhaal van sy terugreis, van Evans se tragiese dood, Oates se edelmoedige offerdaad, en die martelaarsdood van Wilson, Bowers en Scott self, is deur die lengte en breedte van die beskaafde wêreld gepubliseer. In Scott’s Last Expedition, Deel I, word die groot ontdekkingsreisiger se dagboek feitlik volledig weergegee. Mnr. Leonard Huxley wat die verslag in 1913 saamgestel het, het ook met Scott se eerste werk, The Voyage of the Discovery se samestelling gehelp, en, soos mnr. Huxley dan ook opmerk, was daar nie veel persklaarmaakwerk aan hierdie twee boeke verbonde nie. Scott se laaste boek is geskrywe namate hy met sy reis gevorder het, en diegene van ons wat die ekspedisie en die Eerste Wêreldoorlog oorlewe het — en daar is maar min van ons — is baie trots op die feit dat hy ons uitgesoek het.
UIT DIE 2e VRYHEIDS- OORLOG (11)
Lees reeks by Uit die Tweede Vryheidsoorlog
Die Huisgenoot het in die vroeë dertigerjare, onder J.M.H. (Markus) Viljoen as redakteur, uittreksels oor die Tweede Vryheidsoorlog geplaas.
In erdvarkgate voor 'n Engelse leer
J. G. de Jager
Dit was ongeveer 22 April 1902, iets meer as ’n maand voor die vredesluiting, dat die Engelse hul laaste “kraal” gemaak het waarin ons kommando van Bethlehem vasgekeer was.
Die Engelse het blokhuise gebou van Kroonstad oor Bethlehem na Harrismith tot aan die Drakensberge op die grens van Natal; dit was dan een “muur” van die “kraal”. Die ander “muur” was van Heilbron oor Frankfort en Vrede in die rigting van Bothaspas.
Die blokhuise was van sink gemaak in die vorm van ’n rondawel met skietgate in die mure en van binne met sandsakke opgevul om veilig te wees teen koeëls wat dalk deur die sink dring. Die blokhuise was meestal sowat duisend tree van mekaar opgerig, en tussen die blokhuise is doringdraadheinings gespan met baie lee blikke daaraan gehang, sodat die geringste aanraking met die draad ’n groot geraas veroorsaak het.
JAARKONGRES AFRIKANER VOLKSPARTY
Die Afrikaner Volksparty hou op 10 Oktober hul 6e jaarkongres.
MESSIAANSE JODE...
...ʼn DODELIKE MISLEIDING
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Aktuele geloofsonderwerpe: Ds AE vd Berg
1 Tim.4:1-4
Soos wat die Israel Visie nie ʼn enkele beweging is nie maar die versamelnaam vir talle versplinterings wat dieselfde dwaalleer verkondig, is die Messiaanse Jode ook ʼn versamelnaam vir ʼn ergerlike dwaling. Vroeg in die 20ste eeu het dwaalleraars begin verkondig dat die geloof in Christus as Verlosser nie genoegsaam is om in die hemel te kom nie, maar dat die Wet van Moses ook onderhou moes word, so ook die sabbat en Joodse heilige feesdae. Jesus word wel as Redder bely, maar om hierdie redding te behou, moet die Wet van Moses ook onderhou word.
Hierdie dwaling het in 1916 as die Sacred Name Movement ontstaan en in 1937 die Worldwide Church of God genoem. Hulle word vandag die Hebrew Roots Movement genoem en beskuldig die kerk van dwaling omdat sy die Hebreeuse agtergrond van die NT glo minag.
GETROU AAN GOD
Hannes Ollewagen
Daniël 3:1-30
“…Is dit met opset, Sadrag, Mesag en Abednégo, dat julle my gode nie dien nie en die goue beeld wat ek opgerig het, nie aanbid nie?”
Koning Nebukadnésar is klaarblyklik so stomgeslaan dat hierdie drie manne nie in vervoering raak soos die menigte van mense en hul tesame neerbuig voor sy afgodsbeeld nie, dat hy hulle voor hom laat verskyn om ‘n verduideliking te eis oor hul versuim om hierdie afgodsbeeld te aanbid. Dalk het hulle die opdrag nie mooi verstaan nie of dalk het die boodskap nie betyds by hulle uitgekom nie? Dit kan tog nie wees dat hierdie manne doelbewus weier om voor die glorieryke beeld wat hy laat maak het, te buig nie?