Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hier is iets wat al ons volksgenote behoort te bemeester: "Die HERE my God het my geleer om die regte woorde te gebruik sodat ek dié wat moeg is, kan moed inpraat" – Jes 50:4.
ONTHOU GELOFTEDAG 16 DESEMBER
Psalm 116:16-19
Ag, HERE, sekerlik, ek is u kneg, ek is u kneg,
die seun van u diensmaagd;
U het my bande losgemaak.
Ek sal U 'n offer van danksegging bring
en die Naam van die HERE aanroep.
Ek sal my geloftes aan die HERE betaal
in die teenwoordigheid van die ganse volk,
in die voorhowe van die huis van die HERE, binne-in jou, o Jerusalem!
Halleluja!
VAN TROAS TOT BLOEDRIVIER
Dr PE van der Dussen (sr)
Die oproep uit Perth (brief hieronder) gee uiting aan die siening dat die oopmaak van die deur na Afrika deur die Potgietertrek in Transvaal en die NatalseTrekkers in die Gelofte saamgebring word as ‘n enkele wonderdaad van God om die Evangelie van Jesus Christus vanuit die Suide, en dat daarom die herdenking van die Gelofte op 16 Desember op die kalender van alle gemeentes wêreldwyd hoort, soos Hervormingsdag en Bartolomeusnag. Dit word in die onderstaande uiteengesit:
VAN TROAS TOT BLOEDRIVIER
Paulus na Europa gestuur
En hulle het deur die land Frigië en Galasië gegaan, omdat die Heilige Gees hulle verhinder het om in Asië die Woord te verkondig. En toe hulle by Misië kom, het hulle probeer om na Bithinië te gaan, maar die Gees het hulle dit nie toegelaat nie. So het hulle dan Misië verbygegaan en na Troas afgekom. En Paulus het 'n gesig in die nag gesien – daar staan 'n Macedoniër wat hom smeek en sê: Kom oor na Macedonië en help ons! En toe hy die gesig gesien het, het ons dadelik probeer om na Macedonië te gaan, omdat ons verseker was dat die Here ons geroep het om die evangelie aan hulle te verkondig - Handelinge 16:6-10.
Merkwaardig! Die Heilige Gees verhinder Paulus en sy geselskap om verder in Asië die Woord te verkondig. Dan laat Hy hulle selfs nie toe om dit te doen nie. So kom hulle in Troas aan, as't ware daarheen gedryf. Daar verklaar die Heilige Gees die merkwaardige gebeurtenis: Hulle moet na Macedonië gaan – na Europa toe.
'N EEU VAN ONREG (5)
Lees reeks by 'n Eeu van Onreg
Een Eeuw van Onrecht — A Century of Wrong, deur F. W. REITZ bied 'n helder beeld van Engeland se politiek van reeds voor die Tweede Vryheidsoorlog in Suid-Afrika waar hulle die Boer se lewe hel gemaak het. Tans word ons volk weer net so verdruk, vermoor en ondergrawe en is hierdie geskrif weer baie aktueel. Dié weergawe is deur J.J. Blom in 1939 uit Nederlands in Afrikaans vertaal.
Jingoïsme vervolg...
Die heer Rhodes, met die verraderlike dubbelsinnigheid wat die blywende kenmerk van die Britse politiek in Suid-Afrika is, het openlik in die nouste verband met die Koloniale Afrikaners gewerk, terwyl hy in die geheim met die jingoïsme ’n komplot teen die Afrikaners en die Afrikaanse republikeine gesmee het. In die Kaapkolonie het hy die Afrikaners onder sy heerskappy gehad; hy sou nou probeer om dieselfde invloed — nie so seer vir hom persoonlik nie as vir die kapitalisme waarmee sy belange vereenselwig was — in die Suid-Afrikaanse Republiek met sy ryk goudmyne te verkry. Slaag hy daarin, dan het hy sy persoonlike doel bereik en dan was die kapitaal absoluut despoot in Suid-Afrika.
Met die oog op hierdie doel gevestig, het hy en ander kapitaliste in 1892 ’n politieke agitasie in Johannesburg teen die Republiek op tou gesit.
TERUG NA ONS VADER!
Hannes Ollewagen
Lukas 15:11-32
In hierdie baie bekende gelykenis lees ons hoedat die jongste seun in die gelykenis nie die waarde van sy vaderhuis besef nie en in eiesinnigheid daarvan wegbreek om agter die oënskoulike geluk van die wêreld aan te dwaal.
Ons lees in vers 13 dat hierdie seun sy besittings in losbandigheid deurgebring het en dit moes seker vir almal gelyk het asof hy die mees sorgvrye en begeerlike lewe leef waarvan enige mens kan droom. Om hierdie rede het hy ook baie “vriende” gehad wat hom gehelp het om sy besittings te verkwis maar toe hierdie kortstondige geluk van losbandigheid tot ‘n einde kom, bevind die seun homself stoksielalleen in sy ellende. Almal wat hom oor die afgrond gehelp het, het hom alleen gelaat en nou moes hy self sy weg uit sy ellende probeer vind.
BRIEF UIT PERTH
Vriende,
Daar is weer, genadiglik, vir ons tyd om te verootmoedig en te oordink. Laasjaar het die aangehegte kalender 109 plekke gelys waar die Gelofte herdenk is, en hierdie jaar het dit gegroei na 125. Ons herdenk die Gelofte ook in hier Perth, al is dit nie op die lys nie en al weet ons nie noodwendig van formele herdenkingsreëlings wat mag bestaan nie.
Die spreekwoordelike Gideonsbende van Voortrekkers het die Gelofte angstig herhaal elke aand in die laer met boekevat vir die 7 dae vanaf 9 tot 15 Desember 1838. Laat ons dan vreugdevol die uitredding onthou van die slag op die 16de Desember 1838.
Vanaf die 9-16de kan mens dalk elke dag se persoonlike stiltetyd op hierdie uitredding fokus en ons verbly daarin dat ons handjievol gelowiges toenemend weer besef dat mense ons nie kan keer om ons Geloftes te betaal volgens die opdrag in Pred 5:3-4 nie. Dit sluit in die Gelofte van Jan van Riebeeck na sy aanlanding in die Kaap, en die Gelofte van Paardekraal voor die eerste Anglo- Boere oorlog.
Met Satan se toenemende aanslae d.m.v. die hande van mense, instansies en media uit alle oorde, veral deur wolwe in skaapsklere wat politiese korrektheid as belangriker as ons vrees vir God wil voorhou en humanisme se halwe waarhede as evangelie, het ons 'n bewys dat daar uitredding by God is wanneer ons Hom suiwer bly volg, al lyk dinge ook hoe donker
Kom ons bring aan God die eer wat hom toekom, want een man, met God by hom, is 'n oormag.
Groete
Jan van Niekerk
'N EEU VAN ONREG (4)
Lees reeks by 'n Eeu van Onreg
Een Eeuw van Onrecht — A Century of Wrong, deur F. W. REITZ bied 'n helder beeld van Engeland se politiek van reeds voor die Tweede Vryheidsoorlog in Suid-Afrika waar hulle die Boer se lewe hel gemaak het. Tans word ons volk weer net so verdruk, vermoor en ondergrawe en is hierdie geskrif weer baie aktueel. Dié weergawe is deur J.J. Blom in 1939 uit Nederlands in Afrikaans vertaal.
KONVENSIES VAN 1881 EN 1884
’n Eenvoudige mens sou dink dat die enigste billike manier om dit te doen sou wees dat die Britse Regering hom in die vervolg aan die bepalings van die Sandrivierkonvensie sou hou. As die anneksasie op sigself verkeerd was en nie alleen omdat dit deur Boere-oorwinnings gevolg is nie, dan moes dit met al die gevolge daarvan uit die wêreld gemaak word en daar moes ’n restitutio in integrum van die Republiek plaasvind; dit wil sê, die Boere moes in dieselfde posisie geplaas word as die waarin hulle voor die anneksasie was.
Maar wat het gebeur? Met ’n grootmoedigheid wat die Engelse pers en redenaars nooit moeg geword het om voor ons oë te hou nie, het hulle ons land teruggegee; maar die skending van die Sandrivierkonvensie is nie uit die weg geruim nie. In plaas van soewereine vryheid, het ons vryheid van binnelandse bestuur verkry onder voorbehoud van die susereine mag oor die Republiek aan Haar Majesteit.
TYD VIR VOORRAAD- OPNAME
Ds Andrè van den Berg
“By die riviere van Babel, daar het ons gesit, ook geween as ons aan Sion dink” - Ps.137:1 (Jer.25:1-11)
Nuwejaarsvoornemens is altyd gewild, maar hou gewoonlik nie lank nie. Maar wat van die einde van ʼn jaar? Maak mense ooit ʼn voorraadopname van hul geestelike welstand? Is dit nie juis die aangewese tyd om jouself die vraag af te vra: Het ek die nodige vrugte gedra wat by die bekering pas? Wat het mense hierdie jaar in my lewe gesien?
Met so ʼn geestelike voorraadopname is dit noodsaaklik dat gelowiges eerlik na binne sal kyk en introspeksie beoefen soos wat die Judese krygsgevangenes dit meer as 2500 jaar gelede onder baie moeilike omstandighede gedoen het. Dis vir ons in Ps.137 opgeteken.
Die Psalms in die Bybel is nie net gedigte nie, maar ook liedere wat in die OT gesing is. Wie Ps.137 geskryf het, weet ons nie; waarskynlik ʼn onbekende krygsgevangene in Babel. Dis egter een van die hartseerste psalms. God het Juda eeue lank met die reuk van vryheid bederf en nou sit hulle in tente by ʼn onheilsame rivier met slegs die stank van krygsgevangeskap in hul neusgate.
'N EEU VAN ONREG (3)
Lees reeks by 'n Eeu van Onreg
Een Eeuw van Onrecht — A Century of Wrong, deur F. W. REITZ bied 'n helder beeld van Engeland se politiek van reeds voor die Tweede Vryheidsoorlog in Suid-Afrika waar hulle die Boer se lewe hel gemaak het. Tans word ons volk weer net so verdruk, vermoor en ondergrawe en is hierdie geskrif weer baie aktueel. Dié weergawe is deur J.J. Blom in 1939 uit Nederlands in Afrikaans vertaal.
DIE SUID-AFRIKAANSE REPUBLIEK
"Maar nou moes ons sê dat ons nie meer tot Engeland kon spreek nie, omdat daar niemand was wat ons wou aanhoor nie. Met vertroue op die almagtige God van reg en geregtigheid het ons ons tot ’n skynbaar hopelose stryd aangegord in die oortuiging dat of ons oorwin en of ons sterf, die son van die vryheid in Suid-Afrika uit die morewolke sou verrys. Met God's almag het ons oorwin, en dit het gelyk of ons vryheid weer ’n tyd lank verseker was. Op Bronkhorstspruit, op Laingsnek, op Ingogo en op Amajuba het God ons die oorwinning gegee, hoewel in elkeen van hierdie veldslae die Britse troepe groter in aantal en beter bewapen was as ons."
Ons het reeds melding gemaak van die noodlottige einde van die Trichardt-trek. Die Trichardts het gevind dat Transvaal oorstroom is deur die krygsvolk van Moselekaats, koning van die Matabeles en vader van Lobengula. Die ander Swartstamme in Transvaal was sy honde.
'N EEU VAN ONREG (2)
Lees reeks by 'n Eeu van Onreg
Een Eeuw van Onrecht — A Century of Wrong, deur F. W. REITZ bied 'n helder beeld van Engeland se politiek van reeds voor die Tweede Vryheidsoorlog in Suid-Afrika waar hulle die Boer se lewe hel gemaak het. Tans word ons volk weer net so verdruk, vermoor en ondergrawe en is hierdie geskrif weer baie aktueel. Dié weergawe is uit Nederlands in Afrikaans vertaal deur J.J. Blom in 1939.
DIE GROOT TREK
" ...die Engelse bevelvoerder in Suid-Afrika, sê dat onder sy beheer 400,000 gewere op hierdie wyse aan Swartes verkoop is om die Boere mee uit te wis... ... 'perhaps the most discreditable page in British colonial history'."
Na dertig jaar van Engelse bewind het dit dus ten oorvloede geblyk dat daar vir die Boer haas geen heil wag nie, dog net verdrukking. Sy elementêre regte was geskend, en hy het selfs nie die minste waarborg gehad dat hulle ooit eerbiedig sou word nie. Die posisie was vir hom onuithoudbaar in die Engelse kolonie, wat toe die Grootrivier as sy noordelike grens gehad het.
Die mense het besluit om huis, plaas en goed wat nog van die Swartes se verwoestingswerk oorgebly het, prys te gee en van die Britse gesag weg te trek.
Luitenant-goewerneur Stockenström is eers geraadpleeg, maar hy het gesê dat daar geen wet bestaan wat die mense kon belet om die Kolonie te verlaat en hulle elders te gaan vestig nie; en as daar wel sodanige wet bestaan, sou dit ’n tirannieke wet wees wat nie toegepas kon word nie.
'N EEU VAN ONREG (1)
Lees reeks by 'n Eeu van Onreg
Een Eeuw van Onrecht — A Century of Wrong, deur F. W. REITZ bied 'n helder beeld van Engeland se politiek van reeds voor die Tweede Vryheidsoorlog in Suid-Afrika waar hulle die Boer se lewe hel gemaak het. Tans word ons volk weer net so verdruk, vermoor en ondergrawe en is hierdie geskrif weer baie aktueel. Dié weergawe is uit Nederlands in Afrikaans vertaal deur J.J. Blom in 1939.
Broeder-Afrikaners!
Weer het die dag aangebreek in ons met bloed-geskrewe geskiedenis dat ons verplig is om na die wapen te gryp ten einde die stryd vir vryheid en bestaan te hervat, en ons volksaak toe te vertrou aan die Voorsienigheid, wat ons volk wonderbaar deur Suid-Afrika gelei het. Die worstelstryd wat nou reeds byna ’n eeu lank duur en begin het toe aan die Hollandse bevolking van die Kaap die Goeie Hoop ’n vreemde oorheerser opgedring is, spoed ten einde; ons het gekom tot die laaste handeling in die groot en vir die hele Suid-Afrika so gewigvolle drama; ons het tot die stadium gekom waarop beslis sal word of al die offers wat ons vaders en ons aan die vryheid gebring het, tevergeefs was, of al die bloed van ons volk waarmee elke deel van Suid-Afrika as’t ware gewyd is, tevergeefs gestort is; en of, onder God's genade, die laaste steen nou op die gebou wat ons voorouers met soveel moeite en verdriet begin het, gesit sal word. Die uur het aangebreek wanneer beslis sal word of Suid-Afrika deur die handhawing van sy vryheid ’n nuwe tydperk van sy geskiedenis sal ingaan en of ons volk sal ophou om te bestaan, sal uitgedelg word in die stryd om vryheid, wat hy steeds hoër geag het as alle aardse skatte, en Suid-Afrika oorheers sal word deur gewetenlose goudkonings wat handel in die naam en onder die beskerming van ’n onregverdige en gehate regering seweduisend myl hiervandaan.
UIT DIE 2e VRYHEIDS- OORLOG (30) SLOT
Lees reeks by Uit die Tweede Vryheidsoorlog
Die Huisgenoot het in die vroeë dertigerjare, onder J.M.H. (Markus) Viljoen as redakteur, uittreksels oor die Tweede Vryheidsoorlog geplaas
'n Engelse vlugteling se ervarings
Mev. C.B. Wilson
Ons Engelssprekendes het net voor die uitbreek van die oorlog gedink dit sou die beste wees om oor die grens te kom. Ons geselskap bestaan toe uit ’n vriend met sy vrou en kinders, my skoonsuster en haar ses kinders, my suster en haar kind en ek en my twee kinders. Ons het melkkoeie saamgeneem om die kinders van vars melk te kan voorsien. Ons moes ook voorsiening maak vir kos, vuurmaakgoed en water.
Ons is van Lydenburg na Carolina, maar reeds lank voordat ons daar aangekom het, het ons Boerekommando’s teëgekom op weg na die grens en Volksrust - waens, perdekarre en ruiters van alle oorde, almal op weg om vir hul land, vlag en vryheid te veg. Saans wanneer ons uitspan, het hulle dikwels ons laer besoek, beleef gegroet en verneem wie ons is en waarheen ons gaan, en ons altyd met respek behandel.
Die osse het mettertyd pootseer geword; party kon skaars loop, maar ons het maar so vinnig moontlik vorentoe gebeur om die grens te haal.
VERTROU OP HOM!
Hannes Ollewagen
Spreuke 3:1-35
Vers 5: "Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.”
Dit klink tog so eenvoudig en eintlik lekker. Ek kan maar rustig agteroor sit en net glo, want dit is al wat God van my vra. Was dit maar net vir ons so maklik om waarlik onvoorwaardelik te glo en op God te vertrou!
In ‘n lewe waar die samelewing voortdurend gedryf word na groter, beter en meer, is dit soms moeilik om die pas vol te hou. Kort voor lank bevind ons onsself op ‘n weg waar ons so ingesteld is op ons eie vermoëns, insig en bedrywighede dat ons vergeet dat ons ‘n hemelse Vader het wat vir ons deur genade voorsien in dit wat ons nodig het. Ons is só besig om met ons eie insig te probeer om dinge uit te redeneer en te verklaar, dat ons deur ons foutiewe redenasies en gebrekkige menslike insig, menigmaal situasie vereger i.p.v. ‘n verbetering teweeg te bring.
"WHITE IDENTITY...
...racial consciousness in the 21st century" deur Jared Taylor.
Twee jaar gelede het PRAAG ‘n boek uitgegee wat in skokkende besonderhede die krisis van Amerikaanse rasseverhoudinge uitbeeld: White Identity: racial consciousness in the 21st century, deur Jared Taylor. Die voorwoord is deur dr. Dan Roodt van PRAAG geskryf, waarin hy o.a. sê: “The USA is to South Africa what the USSR was to Cuba. It is our model and intellectual home. In South Africa, the American ideology of multiculturalism has already done as much damage as communism did to Cuba and Eastern Europe, if not more.”
Nadat Michael Brown op 9 Augustus 2014 deur ‘n blanke polisieman doodgeskiet is, heers daar onrus en rasse-onluste in Ferguson, Missouri, wat ook dreig om na ander Amerikaanse stede met groot konsentrasies swartes uit te brei. Volgens Jared Taylor het die Amerikaanse rassebeleid wat swartes bevoordeel en blankes benadeel tot ‘n “intense, veglustige rassebewussyn onder swartes” gelei wat nie anders kan as om tot uitbarsting te kom nie.
KINDER- NAGMAAL...
...SEËN OF DWALING?
Ds Andrè van den Berg
Afvalligheid skiet vandag oral soos paddastoele op ʼn mishoop in die akker van besmette teologie op. Die evangelie van verlossing deur genade alleen kom in talle kerkverbande wat as gereformeerd bekend staan, onder skoot. Kerke soos die NG Kerk wat eeue lank geen gemene sake met die Roomse Kerk (RK) gehad het nie, maak al hoe meer van Roomse tradisies en simbole onder die dekmantel van liturgiese vernuwing gebruik.
Hierdie vernuwing word aan leke as ʼn verruiming van die liturgie aangebied wat kwansuis hul geloofslewe verdiep. Dis ʼn leuen! Roomse tradisies en simbole verdiep nie die geloofslewe of verruim ʼn sinvolle erediens nie. Dit stoot eerder Protestantse kerke al hoe dieper in die drukgang van die Vatikaan.
Toe die NG Kerk haar jare gelede vir verandering oopgestel het, moes sy van haar beginsels inboet. En hoe meer sy dit gedoen het, hoe meer het sy gedwaal. Wie beginsels begin versaak, begin by een, daarna word dit twee en so hou dit aan totdat daar niks meer oorbly behalwe die begeerte om te verander nie!
Die Hervorming van die 16de eeu het die RK destyds in haar fondamente geskud waarna sy gesweer het dat alle Protestantse kerke na haar sal terugkruip.
BRANDSTOF- WYSHEID
Dr P.E. Van der Dussen
Die aangekondigde prysverlaging van brandstof is alles goed en wel, maar die verbruiker word alweer benadeel ten gunste van die oliemaatskappye. Die gemiddelde oorverhaling vir die tydperk 31/10-27/11 was 10c/liter groter as die prysverlagings omdat die minister die oliemaatskappye se winsgrense opgestoot het. Vir petrol bedra die maatskappye se aandeel vanaf Woensdag R2,149 per liter teenoor R2,028 in November en R1,989 in Junie 2014. Ten opsigte van Junie is dit ses maande later in Desember 8,5% meer, ‘n jaar-op-jaarstyging van 15+%. Diesel se toedrag van sake is soortgelyk, behalwe dat vulstasies self besluit hoeveel van die verhoogde groothandelsmarge aan verbruikers deurgegee word.
Die skerp daling in SASOL se aandeelprys dui daarop dat die afwaartse gang van petroleumpryse nog nie verby is nie
DRAAI OM TERWYL JY TYD HET!
Ds Andrè van den Berg
“En hy het opgestaan en na sy vader gegaan...” - Luk.15:20
Wat is die beste ding om te doen indien jy jou in die lewe vasloop en in ʼn doodloopstraat bevind? Om om te draai. Daar is egter ook ʼn voorwaarde aan verbonde: Jy moet dit betyds doen! Die Gelykenis van die Verlore Seun is een van die bekendste van Christus se gelykenisse omdat dit die verlore toestand van sondaars so treffend beskryf. Dis ʼn evangelie binne in die Evangelie.
Jesus vertel hierdie gelykenis sodat mense tot besinning moet kom en deur die bekering hul toevlug na God neem. Bekering beteken om ʼn geestelike u-draai te maak; terug na vanwaar jy gekom het – van God wat jou aarde toe gestuur het om Hom deur jou lewe te gaan verheerlik. Vers 18 praat van hierdie u-draai waar die jongman sê: “Ek sal opstaan en na my vader gaan”.
Hy loop hom lelik in die lewe vas en gaan sit.
OPENBARING – BOEK VAN DIE HEDE (10)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Openbaring - Boek van die hede
Pergamus moet deur volharding vernuwe
Openb.2 12-17
1. Die stad
Pergamus met n bevolking van slegs 12,000 was 72 km noord van Smirna en is deur Alexander die Grote in ʼn militêre vesting omskep omdat dit op ʼn heuwel geleë was. Daar was ʼn tempel vir Zeus en aanbiddingsplekke vir talle gode asook ʼn biblioteek met 200,000 boekrolle. Die stad het saam met Athene en Alexandrië as sentra van geleerdheid bekend gestaan. Velle skryfmateriaal van diervelle is daar vervaardig – perkament. Dit was ʼn florerende bedryf om aan ʼn wêreld skryfmateriaal te voorsien. Pergamus was ook die godsdienssentrum van Asië. Daar was tempels, altare en heiligdomme ter ere van Zeus (hoofgod), Athena (godin van oorwinning), Dionusius (beskermgod met ʼn bul as simbool) en Asklepius (god van genesing met ʼn slang as simbool).
Daar was ʼn wêreldbekende mediese sentrum waarheen mense van heinde en verre vir genesing gekom het.
OPENBARING – BOEK VAN DIE HEDE (9)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Openbaring - Boek van die hede
Smirna, ʼn gemeente deur die Satan geteister
Openb.2:8-11
1. Die stad Smirna
Smirna, die huidige Ismir, was ʼn hawestad ongeveer 56 km noord van Efese met die bynaam Die eerste in Asië. Dit was die geboortestad van Homeros en het ʼn inwonertal van ongeveer 100,000 gehad met tempels vir die godin Roma, die god Asklepius, keisers Augustus en Tiberias asook Zeus. Dit was ook die hoofsentrum van die keiserkultus sowel as die mediese wetenskap. Dit het ook een van die grootste Joodse bevolkings in daardie geweste gehad. Hierdie Jode was die Christene nie goedgesind nie. Hulle het laasgenoemdes by die Romeinse owerheid verdag gemaak sodat die Christene onderdruk is. Die gemeente is hetsy deur Joodse pinkstergangers of Paulus tydens sy derde sendingreis gestig.
2. Die boodskap aan Smirna
Die brief aan Smirna begin basies soos die een aan Efese.
VOLHARD IN DIE GELOOF!
Hannes Ollewagen
Hebreërs 12:1-29
Die samelewing van ons tyd is so belas met die dinge van die wêreld wat geen heil inhou nie, maar steeds sleep mense hierdie laste saam. Die las van die gejaag na geld, die las om mense te probeer behaag, die las om deur my vriende aanvaar te word, daardie dinge wat eintlik ‘n las vir my word, omdat ek nie meer myself kan wees nie, want ek moet my eie karakter en beginsels prysgee om daardie las te kan saamdra. Nou wonder ons waarom daar soveel hartseer en ongelukkigheid in die wêreld is?
In vers 1 van die gelese gedeelte word ons opnuut uitgenooi om die las en sonde wat ons so maklik omring af te lê om sodoende die wedloop van die lewe met volharding te voltooi.
UIT DIE 2e VRYHEIDS- OORLOG (29)
Lees reeks by Uit die Tweede Vryheidsoorlog
Die Huisgenoot het in die vroeë dertigerjare, onder J.M.H. (Markus) Viljoen as redakteur, uittreksels oor die Tweede Vryheidsoorlog geplaas
Op drie pote konsentrasiekamp toe
Mev. C Bell
Ons het op die plaas Hangklip, distrik Zastron, gewoon. Op 24 Mei 1894 is my een broertjie gebore, op die dag dat ons nuwe klein hondjie, Jack, vier dae oud was. Witoog, Jack se ma, was baie lief vir my ander boetie, Fransie, en ek kon op Witoog vertrou dat sy hom sou oppas.
Solank Moeder in die bed was, moes ek die huiswerk doen. Boetie Fransie het so lekker met sy kleiossies sit en speel dat ek hom skoon vergeet het. Meteens roep Moeder: “Hester, waar is Fransie?”
Ek het gaan soek, maar kon hom nie kry nie. Toe kry ek ’n plan, wys vir Witoog Fransie se hoedjie, en daar gaan sy! Sy soek die huis deur en snuffel daarna op die werf rond totdat sy die regte spoor kry.