Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ongelowiges kan nooit goeie volksleiers wees nie omdat dit wat vir die Evangelie skadelik is, ook vir ‘n volk skadelik is.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
NAAR MAAR WAAR...
Buig die boompie... ...en jy is in die moeilikheid.
Wie laaste lag... ...verstaan nie eintlik die grap nie.
Ander mense se boeke... ...moet teruggegee word.
Erfgeld is... ...welkom.
Wie in 'n glashuis woon... ...moet baie vensters was.
'n Ander man se boeke... ...is lekker om te lees
ZUMA SLAGOFFER VAN MOORD IN 2015?
BRICS en die aanslag op Jacob Zuma
Dr SH Gregan
Lees meer van hierdie skrywer by Dr SH Gregan
Daar heers tans byna 'n massa-histerie om van Jacob Zuma ontslae te raak. Afrikaners doen gedweë mee aan hierdie veldtog omdat hulle grootliks oningelig is oor die gebeure agter hierdie fasade. As redes word aangevoer onder meer sy vermorsing van belastingbetalersgeld op sy paleis, Nkandla. Alle aanduidings is dat die aanvalle op Zuma sal verskerp in 2015 en dat gepoog gaan word om hom uit die kussings te lig.
Wat mense natuurlik vergeet, is dat die einste magte wat Zuma aan bewind gebring het, nou van hom ontslae wil raak. En dit het absoluut niks met Nkandla te doen nie. Hulle het immers al voor sy verkiesing as president geweet hoe korrup(teerbaar) Zuma is met die hele sage rondom die wapenskandaal. Nogtans het hierdie magte hom gesteun en dit teen 'n persoon (Thabo Mbeki) wat self vroeër hulle kandidaat was!
Mbeki was die sake-sektor (geldmagte) se kandidaat en het inderdaad veel gedoen om Joodse geldbelange in Suid-Afrika te bevorder. Hy het egter nie genoeg gedoen nie! Toe hy boonop sy steun vir Robert Mugabe uitgespreek en geluide begin maak het wat begin klink het na stappe om die geldmagte se planne in die wiele te ry, was die gort gaar. Die res is geskiedenis.
Zuma is nou, meer as Mbeki ooit, die teiken. Waarom?
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
NET HOENDER
Ons onderwyseres het gevra wat my gunsteling dier is, en ek het geantwoord 'Gebraaide Hoender.' Sy het gesê ek is nie snaaks nie maar sy was verkeerd want al die ander het gelag. My onderwyseres het my na die hoof se kantoor gestuur. Ek het hom vertel wat gebeur het en hy het ook gelag. Toe sê hy ek moet dit nie weer doen nie.
Gebraaide hoender is regtig my geliefkoosde dier. Ek het my pa vertel wat gebeur het want hy het my geleer om eerlik te wees. Hy sê toe my onderwyseres is seker lid van die Dierebeskermingsvereniging. Hulle is baie lief vir diere. Ek ook. Veral hoender.
Die volgende dag in die klas vra die onderwyseres vir my watter lewendige dier is my gunsteling. Ek sê toe dis beslis hoender. Sy vra toe hoekom, en toe vertel ek haar dis omdat hulle gebraaide hoender daarvan maak. Sy stuur my toe terug na die hoof se kantoor. Hy het weer gelag en gesê ek moet dit nie weer doen nie. Ek verstaan nie. My onderwyseres hou nie daarvan as ek eerlik is nie.
Vandag vra die onderwyseres ons watter beroemde persoon ons die meeste admireer. Ek het geantwoord 'Kolonel Sanders'. Raai waar is ek nou!
GAAN JÝ VANJAAR DIE LEUEN BEVEG?
Ds Andrè van den Berg
“Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God” - 1 Pet.4:17 (Eseg.33:1-9)
Ons staan aan die begin van 2015; een jaar nader aan die wederkoms van Christus en die einde in sig. Die Bybel waarsku dat Satan sy aanval op die kerk teen die einde so gaan verskerp, dat bitter min mense getrou gaan bly. Die kerk sal nog steeds bestaan, maar dit sal nie meer in diens van God wees nie, maar in dié van die Antichris, die verteenwoordiger van Satan aan die einde van die tyd: “... sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is” (2 Thess.2:4). Dit sal die ergste misleiding van alle tye wees. “... En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aangegaan” (Openb.13:3).
Desondanks sal Christus die ware kerk bewaar. Dit sal wel geskaad maar nie vernietig word nie. En daarvoor gebruik Hy waarheidswagters – gelowiges wat nie deur leuens mislei is of bang is om mense te waarsku nie.
'BEURTKRAG' WAS NIE NODIG (7)
WAAR SUID-AFRIKA MET SY KERNPROGRAM VANDAG KON STAAN
Jeanette Koekemoer
Lees reeks by 'Beurtkrag' was nie nodig
Met dank aan dr R.A. Basson vir 'n groot deel van die inligting hierin vervat asook aan
A R Newby-Fraser
Die geheim word onthul
"Hierdie verklaring was die hoogtepunt van byna tien jaar intensiewe geheime navorsing wat aan die begin van die sestigerjare met die besef begin is dat die meerderheid van die toekomstige kernkragreaktore, as gevolg van die laer kapitaalkoste aan die verbruik van verrykte uraan verbonde, in alle waarskynlikheid verrykte brandstof, eerder as natuurlike uraan sou vereis."
Op Maandag 20 Julie 1970 het die ligte binne die Parlementsgebou in Kaapstad helder gebrand en sodoende die somberheid van die middel van die winter verdryf wat die sambreeldraende stadswerkers geteister het. 'n Voelbare stemming van afwagting het die Volksraadsaal deurdring waar die lede van die Parlement saamgekom het. Die gevoel was byna tasbaar, want 'n berig het versprei dat die Eerste Minister op die punt gestaan het om 'n besonder belangrike aankondiging te doen. Die verwagting was soveel sterker omdat slegs 'n handjievol van die aanwesige persone bekend was met die aard van die aankondiging wat gemaak sou word. Die eerste keer sou een van die grootste geheime van die land aan die publiek onthul word. Dit het gegaan oor 'n projek wat as 'n werklik merkwaardige wetenskaplike prestasie vir 'n klein landjie soos Suid-Afrika beskou kon word, en, nog merkwaardiger, dat nie 'n woord oor die geheime werk die ore van enigiemand buite die projek bereik het nie ten spyte daarvan dat talryke wetenskaplike en tegniese personeel sowel as nywerheidsorganisasies daarby betrokke was.
'n Stilte het oor die gewoonlik spraaksame vergadering neergesak toe die Eerste Minister, John Vorster, opgestaan het.
HY WOU SWART REGERING VERHOED
Dr Verwoerd in die pad van die Joodse geldmagte
Dr SH Gregan
Lees meer van hierdie skrywer by Dr SH Gregan
Dr HF Verwoerd, voormalige Eerste Minister van die Republiek van Suid-Afrika, is op 6 September 1966 in die Volksraad vermoor. Vir baie is dit ‘n afgehandelde saak. Word die beskikbare bronne oor die sluipmoord egter nagegaan en die saak nagevors, is dit baie duidelik dat daar steeds meer vrae as antwoorde is oor hierdie dramatiese gebeure. Daar kan trouens geen twyfel wees dat die werklike moordenaars van dr Verwoerd nooit aan die kaak gestel is nie. En omdat dit so is, besef meeste Afrikaners steeds nie waarom ons sedert 1966 in ‘n proses van geleidelike oorgawe aan ‘n swart beheerde (meerderheids)regering uitgelewer is nie.
Dimitrio Tsafendas was die man wat die messteke (op kundige wyse) toegedien het. Duidelik was hy goed onderrig. Maar net soos Lee Harvey Oswald nie uit sy eie vir president John F Kennedy vermoor het nie en John Wilkes Booth nie vir president Abraham Lincoln nie, so het Tsafendas nie vir dr Verwoerd vermoor nie. Tsafendas was gestuur.
'BEURTKRAG' WAS NIE NODIG (6)
WAAR SUID-AFRIKA MET SY KERNPROGRAM VANDAG KON STAAN
Jeanette Koekemoer
Lees reeks by 'Beurtkrag' was nie nodig
Met dank aan dr R.A. Basson vir 'n groot deel van die inligting hierin vervat asook aan
A R Newby-Fraser
"Suid-Afrika was selfonderhoudend betreffende alle aspekte van die brandstofsiklus nadat verrykingstegnologie op Valindaba vervolmaak is en die aanvooraanleg tot 'n produksieaanleg uitgebrei is."
Dit is een saak om in besit van beduidende afsettings van 'n grondstof te wees, maar heeltemal iets anders om hierdie afsettings te ontgin en 'n lewensvatbare nywerheid daarop te baseer.
Een van die belangrike probleme wat oorkom moes word, was die ekstraksieprosesse wat aangewend moes word en alhoewel verskeie ekstraksietegnieke vir uraan en alle ander mineraalafsettings in algemene gebruik in die buiteland is, wissel die eienskappe van ertse sodanig dat buitelandse tegnologie nie noodwendig altyd plaaslik toepaslik was nie.
Vanaf die eerste dae van die uraanprojek het Suid-Afrika voor hierdie probleme te staan gekom.
OUJAARS- BOODSKAP
"LAAT STAAN EN WEET DAT EK GOD IS..."
Ds Andrè van den Berg
"Wat die nuwe jaar vir ons inhou, weet ons nie. Al sal ons God se weë in hierdie jaar nie verstaan nie, moet ons aanhou glo..."
Baie mense weet nie dat Moses ook ʼn Psalm geskryf het nie - Ps.90. In hierdie oudste van al die Psalms betreur Moses die kortstondigheid van die lewe. In vers 9 skryf hy: “ ... ons bring ons jare deur soos ʼn gedagte”. Hoe waar is dit nie! Die grootste probleem met die lewe is dat daar soveel mooi dinge is om te doen, maar so min tyd.
Elke jaar loop vinniger as die vorige, veral as jy ouer word. In hierdie opsig laat die lewe ʼn mens baie aan ʼn rolletjie papier dink – hoe nader aan die einde, hoe vinniger loop dit. God gee die lewe eenmalig aan ons. Ons glo nie soos die Hindoes aan reïnkarnasie nie. Nee, ons leef net een maal. Gevolglik is die lewe soos ʼn valskermsprong, jy moet dit die eerste keer regkry. Daar is nie ʼn tweede kans nie.
Vir sommige was 2014 ʼn goeie jaar; vir ander alles behalwe goed.
NUWE WATERKRUIK VIR ONS VOLK
Boodskap vir die Afrikaner in 2015
Hannes Ollewagen
"Klink my tot kruik waarin u Gees weer water vir my volk sal wees.” - G E Watermeyer
Hoséa 6:1:
”KOM en laat ons terugkeer tot die HERE; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind.”
Ek is seker dat die jaar 2014 deur die meerderheid van ons volksgenote as ‘n stormagtige jaar beskryf kan word; ‘n jaar waarin storms op alle lewensterreine gewoed en ons in vele opsigte benoud gemaak het. Maar juis hierdeur kon ons in retrospek weer die waarheid en toepaslikheid van God se beloftes in ons huidige lewensomstandighede ervaar – Jesaja 43:2: "As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere – hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.” Alhoewel die storms rondom ons hewig was, is ons egter nie daardeur oorweldig nie.
Ons moet egter nie in naïwiteit onsself verblind deur te glo dat met die omblaai van ‘n kalenderblad hierdie storms wat tans teen ons as volk woed vanself gaan bedaar nie, inteendeel.
AS HY VANDAG AAN JOU DEUR KLOP...
...Sal Hy tuis voel?
Hannes Ollewagen
Lukas 19:1-10
In hierdie gedeelte lees ons van ‘n man wie se lewe so eie is aan karakters van ons huidige samelewing – iemand wat van Jesus gehoor het, maar Hom nie ken nie. Hy weet van Hom en het al van Hom gehoor, maar hy ken Hom nie. Die persoonlike verhouding ontbreek.
In vers 5 nooi Jesus hierdie sondaar wat so oor Hom wonder om nie alleen na Hom te kom nie, maar om ook aan Hom blyplek vir die aand te verskaf. Hierdie sondige tollenaar wat bekend was vir sy oneerlikheid en nie vir Jesus geken het nie, word deur Jesus genader om vir Hom blyplek te verskaf. So kenmerkend van ons Meester, Jesus Christus, stel Hy nie voorwaardes alvorens Hy by Saggéüs tuisgaan nie, maar gaan by hom tuis ten spyte van sy foute en sondigheid.
'BEURTKRAG' WAS NIE NODIG (5)
WAAR SUID-AFRIKA MET SY KERNPROGRAM VANDAG KON STAAN
Jeanette Koekemoer
Lees reeks by 'Beurtkrag' was nie nodig
Met dank aan dr R.A. Basson vir 'n groot deel van die inligting hierin vervat asook aan
A R Newby-Fraser
"As gevolg van deeglike prospekteerwerk is dit as waarskynlik geag dat die Republiek die uraanproduksiesyfer van die tagtigerjare tot ver in die volgende eeu sou kon handhaaf en selfs daarop sou kon verbeter."
As 'n mens na menslike en maatskaplike vooruitgang kyk, is groot dele van die uitgestrekte Vasteland van Afrika arm en dit is die lot van miljoene van Afrika-inwoners om onder die broodlyn te lewe. Maar onder die druipnat oerwoud en die brandende woestynsand, in die heuwels en die berge en in die uitgestrekte grasland en bosveld, lê daar ryk minerale-afsettings wat baie lande jaloers maak — olie, steenkool, goud, uraan, diamante, koper, chroom, kobalt en 'n menigte ander onedel en edel materiale sowel as eksotiese stowwe. Dis nou daardie wat nog nie ná 1994 weggedra is nie... Bitter min mense sal die bewering in twyfel trek dat die Republiek van Suid-Afrika met sy gevorderde peil van tegnologie in die vorige eeu, die res van die Vasteland ver voor was met die teboekstelling en ontginning van sy mineralerykdomme.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
NUWEJAARSBESLUITE
Een van my nuwejaarsbesluite is om die badkamer die Jim te noem, nie meer die 'John' nie want ek voel baie beter as ek sê ek was vanoggend in die Jim.
Ek gaan ook ophou om my te bekommer oor wat ek tussen Kersfees en Nuwejaar eet en meer dink oor wat ek tussen Nuwejaar en Kersfees gaan eet.
Maar eintlik het ek reeds my nuwejaarsvoorneme bereik om ‘n gemiddelde gewig te handhaaf – daar is nou amptelik meer oorgewig as gemiddelde gewig mense in die wêreld, oorgewig is dus nou gemiddeld...
WORD POSITIEF...
...DIE REGTE FOKUSPUNT
Ds Andrè van den Berg
"Toe Saul vir Goliat sien, sê hy: 'Die man is te groot om te oorwin!'. Toe Dawid hom sien, sê hy: 'Die man is te groot om te mis! '”
“Toe het Kaleb die volk stilgemaak teenoor Moses en gesê: Laat ons gerus optrek en dit in besit neem; want ons kan dit sekerlik oorweldig” - Num.13:30
Hoe het hierdie jaar darem nie verbygevlieg nie; daar is net drie dae daarvan oor! Was dit vir jou ʼn goeie jaar of een van groot teleurstellings soos vir my? Ronnie Belcher het tereg gesê: Die lewe is soos ʼn een-ster hotel; kry nie altyd wat jy bestel! Dit maak egter nie saak wat hierdie jaar met jou gebeur het nie, dis per slot van sake water onder die brug deur en vir goed verby. Hoe jy oor die toekoms dink, is dit wat tel.
Hoe voel jy oor die nuwe jaar wat voorlê? Dis ʼn baie belangrike vraag want hoe jy oor die toekoms voel, beïnvloed jou persoonlikheid en uiteraard ook jou menseverhoudings. Hoe jy oor die toekoms voel, is jou saak. Dit word nie op jou afgedwing nie, maar is ʼn keuse wat net jy alleen kan maak.
FINALE KONTRAK
KOM DEEL IN DIE NUWE VERBOND
Ds Andrè van den Berg
“Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ʼn nuwe verbond sal sluit... Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hul hart; en Ek sal vir hulle ʼn God wees, en hulle sal vir My ʼn volk wees” - Jer.31:31,33
In die OT lees ons van talle gelowiges wat wonderlike preke gelewer het, veral die profete wat deur God gebruik is om hul volk op dreigende gevaar te wys of om hulle onder moeilike omstandighede te bemoedig. Jeremia was een van die uitstaande predikers van die OT, ʼn man wat 650 jaar voor die geboorte van Christus alreeds die koms van die Christendom voorspel het.
Wanneer Jeremia God se belofte in die woorde van ons teksverse uiter, klink hy eintlik modern want hy praat hier soos ʼn Christen. Petrus, Jakobus of Paulus kon dit net sowel gesê het. Daarom is Jer.31 soos ʼn stukkie NT in die hart van die OT as God vir Jeremia iets wonderliks vooruit laat sien.
In Luk.22:20 sê Jesus: “Hierdie beker is die nuwe verbond, beseël deur my bloed wat vir julle vergiet word”. En dis presies wat Jeremia voorspel het; ʼn nuwe verbond wat almal sou raak en ʼn ongekende omwenteling in die eertydse kerkgeledere sou bring.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
DIS DIE PUNT!
By die Verenigde Volke begin die Israelse verteenwoordiger sy toespraak:
"Voor ek my toespraak begin, wil ek net iets oor Moses sê: Toe hy die rots geslaan en dit water voortgebring het, dink hy toe: 'Wat 'n goeie geleentheid vir 'n bad!' Moses trek toe sy klere uit, plaas hulle langsaan op die rots en gaan die water in. Toe hy uitkom en wil aantrek, vind hy sy klere het verdwyn. 'n Palestyn het dit gesteel!"
Die Palestynse verteenwoordiger by die VN spring op en skree woedend:
"Tipiese Israeli-leuens! Daar was toe nog nie Palestyne daar nie!"
Die Israeli-verteenwoordiger glimlag en sê:
"En noudat ons daardie punt duidelik gemaak het, sal ek my toespraak begin."
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
KINDERONSKULD
Na die uitvoering van die simfonie-orkes stap die seuntjie ewe braaf tot by die dirigent en fluister in sy oor: 'Oom, ek wil nou nie stories aandra nie, maar daardie ou in die agterste ry met die trompet speel net wanneer jy vir hom kyk!'
'BEURTKRAG' WAS NIE NODIG (4)
WAAR SUID-AFRIKA MET SY KERNPROGRAM VANDAG KON STAAN
Jeanette Koekemoer
Lees reeks by 'Beurtkrag' was nie nodig
Met dank aan dr R.A. Basson vir 'n groot deel van die inligting hierin vervat asook aan
A R Newby-Fraser
" Dr Verwoerd se toespraak by die ingebruikneming van SAFARI-1, was nie net merkwaardig vir die inhoud daarvan nie maar ook weens die feit dat hy dit gelewer het sonder om 'n enkele keer na sy notas te kyk. Hiermee het die Eerste Minister die aanvangsfase van die SuidAfrikaanse kemnavorsingsprogram afgerond en die drywing en aktiwiteite van 'n kettingreaksie wat reeds aan die gang was, versterk."
In 1959 toe daar met kernnavorsing in Suid-Afrika begin is was daar natuurlik nog geen opgeleide wetenskaplikes hiervoor nie. Dr M G Atmore is eerste genader en op 'n tydelike grondslag aangestel van twee jaar aangestel. Weens sy kennis en ondervinding van navorsing en ontwikkeling op mynbougebied was hy besonder geskik vir die uitvoerige formulering van die deel van die program wat oor grondstowwe gehandel het. Die ander vier was dr W L Grant, dr J P Hugo, dr S J du Toit en dr L J le Roux. Dr Roux het 'n uitstekende vermoë gehad om nie slegs van die mees uitstaande en briljante wetenskaplikes en ingenieurs te vind en aan te stel nie, maar om ook manne te vind wat volmaak in die posisies ingepas het waarvoor hulle uitgesoek is. 'n Treffende voorbeeld van hierdie sonderlinge gawe was die aanstelling van dr W L Grant wat later Besturende Direkteur van die Uraanverrykingskorporasie van Suid-Afrika geword het.
KERSBOODSKAP 2014
Ds Andrè van den Berg
“Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig deur die gestalte van ʼn dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword” - Fil.2:6&7
Ons leef in ʼn verwarde wêreld. Verwarring is ʼn nare ding - jy dink dinge is so en so net om te ontdek dat dit nie so is nie. Soos wat siekte die liggaam skaad, skaad verwarde denke die gees. Dit laat mense die leuen vir die waarheid aansien. Niemand maak in die donker goeie keuses nie, maar slegs in die lig. Christus is die ware lewenslig.
Een van die verwarrings is wat Kersfees is. Weet mense regtig wat Kersfees is? Kersfees is die dag wat alle tyd bymekaar hou. Ongelukkig het die wêreld Kerstyd al so geskaak en met hul eie inhoud gevul dat die meeste mense nie meer weet waaroor hierdie dag werklik gaan nie. Gevolglik wil baie mense met Kersfees die vrede van die Kersverhaal ervaar, maar sonder ʼn behoefte om die Vredevors te ken!
Jare gelede voer ʼn omroeper in die Kerstyd met ʼn voorskoolse dogtertjie ʼn gesprek oor die betekenis van Kersfees en vra haar wat dit is.
'BEURTKRAG' WAS NIE NODIG (3)
WAAR SUID-AFRIKA MET SY KERNPROGRAM VANDAG KON STAAN
Jeanette Koekemoer
Lees reeks by 'Beurtkrag' was nie nodig
Met dank aan dr R.A. Basson vir 'n groot deel van die inligting hierin vervat asook aan
A R Newby-Fraser
"Deur hierdie politieke inmenging is die vooruitgang met die vredestoepassing van kernenergie ernstig in die wiele gery — wat juis die toestand was wat die Amerikaanse argitekte van die benadering van atome vir vrede volgens hul bewerings wou uitskakel."
Die Raad, oortuig dat die uitslag gunstig sou wees ten spyte van die uitgerekte getwis soos beskryf in die vorige aflewering, het magtiging verleen vir 'n opname om 'n geskikte terrein vir die toekomstige Nasionale Kernnavorsingsentrum te vind. Die vierde verdieping van die Merinogebou in die middestad van Pretoria, waar die Raad sy kantore ingerig het, het op hierdie tydstip die totale personeel gehuisves —'n handjievol mense onder wie, behalwe die Navorsingsdirekteur self, slegs twee gekwalifiseerde ingenieurs was. Dit was die ingenieurs wat twee jaar vantevore aangestel is en wat teen daardie tyd, ná 'n uitgebreide tydperk van sekondering aan die Navorsingsinrigting vir Atoomenergie by Harwell in Engeland as deel van die ondersoek na swaarwater, reeds teruggekeer het. Albei het vantevore enkele jare ondervinding in die swaar chemiese nywerheid opgedoen en hierdie ondervinding, afgerond deur bywoning van die reaktorskool te Harwell, het hulle toegerus vir die veeleisende taak om as ingenieurshulp vir dr Roux op te tree.
VOLGENS DIE WIL VAN GOD
Hannes Ollewagen
1 Petrus 4:1-19
“...om die orige tyd in die vlees nie meer volgens die begeerlihede van mense te leef nie, maar volgens die wil van God.”
Hoeveel mense is daar nie wat hul lewens inrig om na die begeerlikhede van ander mense te leef nie? Ons almal het seker iemand vir wie ons lief is en wie se sieninge vir ons belangrik is maar ons moet egter altyd so leef dat dit God se goedkeuring wegdra.
In vers 3 vind ons die aanklag wat verklaar dat ons ook nie ‘n lewe geleef het wat anders as dié van die heidene is nie. Is dit nie waar van ons volk wat as God se volk en eiendom veronderstel is om tot sy eer te leef in die land wat Hy uit liefde en genade aan ons gegee het nie? Wanneer ons die Afrikanervolk wat 176 jaar gelede plegtig trou gesweer het aan God vandag langs enige ander volk op die verhoog van volkere plaas, sou ons lewenswandel anders lyk ? Sal ons Verlosser en Koning se naam grootgemaak kan word deur ons lewenswandel?