NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die kern van Christelike liefde is nie ons onwilligheid om lief te hê nie, maar die vaste wete dat God óns liefhet.

BLY GETROU

Ds Andrè van den Berg

Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het”- 2 Tim.3:14                                       

By geleentheid loop ʼn hond met ʼn been in sy bek oor ʼn bruggie.  Toe hy die weerkaatsing van sy gelaat in die water sien, lyk die been in die water baie groter as die een in sy bek.  Hy los dit toe om die ander een te probeer kry.  So gaan dit ook met mense wat iets het en dit vir iets anders wat eintlik nie bestaan nie, verloor.

Baie mense wat in Gereformeerde kerkverbande grootgeword het, belydenis van geloof afgelê en God beloof het om aan die leer van hul kerk getrou te wees, het al openlik vir God gelieg toe hulle die gesonde leer vir iets wat op die oog af beter gelyk het, laat vaar het.   Ek praat van dwaalleer.

Dwaalleer is so oud soos die Christelike kerk self.   Die toename daarvan is egter een van die voorspelde tekens van die eindtyd.   Paulus noem dit die afval. Hierdie afval is die laaste fase net voordat die Antichris bekend gemaak word omdat hy die kerk gaan beheer: “Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die seun van die seun van die sonde geopenbaar word...” (2 Tess.4:3).   Dwaalleer is ʼn kragtige instrument in sy hand!

Let op die duidelike patroon – eers kom die afval, daarna die heerskappy van die Antichris.  Hierdie afval raak nie net individue nie, maar ook kerke.   Let op die ontwrigte kerklike terrein plaaslik en internasionaal.  Mense verlaat toenemend die ou geseënde paaie vir die nuwe paaie van misleiding.

Talle hoofstroomkerke het alreeds die ou paaie en gesonde leer verlaat en hul voete op die afdraande pad van wêreld-gelykvormigheid geplaas.   Daarom hoor ons gereeld van kerke wat in die dryfsand van hul eie toedoen weggesink; ʼn afvalligheid wat na die einde toe nog orkaansterkte gaan bereik.

Paulus moedig die gelowiges in Thessalonika aan om dwaalleraars teen te staan.  Hulle gaan van krag tot krag en mislei baie mense.   Gelowiges mag dit nie sito-sito aanvaar nie.  Gelowiges moet hul geen inkomkans gee of by hul slim praatjies betrokke raak nie.  Wie geen liefde vir die waarheid het nie, misbruik baie maklik die mag wat aan hom toevertrou is!

Vir gelowiges gaan dit oor kennis van die waarheid en hierdie kennis word slegs d.m.v. ʼn deeglike studie van die Woord van God gevind.  Christus waarsku die skrifgeleerdes dat hulle dwaal omdat hulle die Skrifte nie ken nie.   Hulle het gemeen dat hulle ʼn goeie kennis van die waarheid het, maar dit was nie so nie.

Kennis van die waarheid van die Skrif word die leer van Christus genoem.  Daarsonder sal niemand hemeltoe gaan nie.  “Elkeen wat ʼn oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie.  Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun” (2 Joh:9).

Omdat dwaalleer aan die waarheid mank gaan, is dit ʼn siek leer.  Paulus eis van gelowiges om aan die gesonde leer getrou te bly en dwaalleer te vermy:  “As iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van ons Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie, dié is verwaand en verstaan niks nie.... nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hul verstand en van die waarheid beroof is... Onttrek jou aan sulke mense” (1 Tim.6:3-5).

Paulus vra hulle om al die woorde wat hy gespreek het, as die waarheid te aanvaar en daaraan vas te hou: “Hou as voorbeeld van gesonde woorde dié wat jy van my gehoor het...” (2 Tim.1:13).   Die vroeë Christelike kerk was besmet met ongesonde woorde van dwaalleraars.

In die Bergrede eis Jesus van gelowiges om sout van die aarde en lig van die wêreld te wees.   Dis slegs moontlik deur die waarheid te verkondig en het ʼn heilsame effek: “Let op jouself en op die leer; volhard daarin; want deur dit te doen, sal jy jouself red sowel as die wat jou hoor" (1Tim.4:16).

Hier is ʼn groot waarheid ter sprake: Woorde wek, maar voorbeeld trek.   As iemand jou hoor die waarheid praat, is jy ʼn getuie vir God:  “As jy hierdie dinge aan die broeders voorhou, sal jy ʼn goeie dienaar van Jesus Christus wees terwyl jy jouself voed met die woorde van die geloof en van die goeie leer waarvan jy ʼn navolger geword het” (1 Tim.4:6).

Die Woord van God sê ook vir diegene wat ʼn kerkamp beklee, dat hulle ʼn deeglike kennis van die waarheid moet hê: “...een wat vashou aan die betroubare woord wat volgens die leer is, sodat hy in staat kan wees om met die gesonde leer te vermaan sowel as om die teësprekers te weerlê” (Tit.1:9).

Dis ʼn wonderlike voorreg om in ʼn huis groot te word waar ouers ʼn liefde vir die waarheid het en dit deeglik by hul kinders inskerp.  Die Psalmdigter skryf: “O God, U het my geleer van my jeug af, en tot nou toe verkondig ek u wonders” (Ps.71:17).   Salomo skryf:  “Oefen die seun volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie” (Spr.22:6).

Maar hoe hartseer moet dit nie vir ouers wees om ʼn kind groot in die waarheid op te voed en ʼn liefde vir die kerk te kweek en dan te moet sien hoe hy/sy dwaalleer ten prooi val nie!  Daarom praat Paulus baie ernstig met die jong Timoteus wat dwaalleer moes trotseer: “Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het”.

Waarom swig so baie mense voor dwaalleer?  Benewens ʼn gebrek aan deeglike Skrifkennis, raak sommige mense letterlik verveeld met die “eentonigheid” van die waarheid soos wat getroue kerke dit nog verkondig.   Hulle soek na iets nuuts; meer opwindend.   Hulle smag na ʼn variasie op die tema.   En daardeur gee hulle Satan die vatkans waarop hy wag.  Hy saai, net soos met Eva in die tuin van Eden, twyfel in hul hart – is die waarheid werklik die waarheid?

Mense hou van verandering en iets nuuts, ook heidene: “En nou het al die Atheners en die uitlanders wat by hulle gewoon het, vir niks anders tyd gehad  as om iets nuuts te sê of te hoor nie” (Hand.17:21).

Dwaalleer beroof mense van waarheidskennis.  Dit maak hulle los van die gemeenskap van die gelowiges asook van al die geseënde kerktradisies.  So ʼn persoon bevind hom buite die raamwerk van die kerk en lees die Bybel nie meer binne die raamwerk van die waarheid soos wat die kerk verkondig nie.   Hy het net ore vir dwaalleraars se praatjies. Daar is niks so verraderlik soos welsprekende leuenaars nie!

Wie sy ore aan dwaalleraars uitleen, wil spoedig nie meer die waarheid hoor nie; slegs wat hy wil hoor.    Hy kry dan ook wat hy soek, maar dis nie die dinge wat sy siel nodig het nie!   Hy soek na ʼn lekker kerk en nie na die waarheid nie.   Dit laat hom na aan die kerk, maar ver van God af beweeg.   Sy siel raak siek!

Want daar sal ʼn tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ʼn menigte leraars  sal versamel volgens hul eie begeerlikhede” (2 Tim.4:3).

Ons staan op die vooraand van die wederkoms van Christus; kerklike verval is in volle swang.   Die openbaarmaking van die Antichris is op hande.  Wat staan ons te doen? “Maar spreek jy wat by die gesonde leer pas.... Betoon jou in alles ʼn voorbeeld van goeie werke, met onvervalstheid in die leer...” (Tit.2:1,7).  Geen dwaalleraar kan sê: “So spreek die Here” nie.  Dis ons taak as gelowiges!

Mense is nog steeds baie godsdienstig, selfs meer as ooit, maar hulle ken Jesus nie.  Kerklike tierlantyntjies wel!   Die ware beeld van Jesus Christus word deur ʼn spieël vervang soos die hond met die been in die water.

Ons het ʼn gewigte taak: “Verkondig die Woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering” (2 Tim.4:2).   Gelukkig is die leuen ’n ligte ruiter.  Die waarheid gooi hom maklik af.   Die beste manier om te wys dat ʼn stok krom is, is om ʼn reguit een langs dit neer te sit.

In die ou tyd het ʼn koning of goewerneur ʼn openbare aankondiger (herout) gehad wat alles wat die koning aan die volk bekend wou maak, met ʼn harde stem uitgeroep het.  Dis ons taak om die waarheid uit te roep.  Maar daarvoor sal ons die Bybel baie ernstiger moet bestudeer.  En moenie sê dat jy nie tyd het nie!   Luister wat sê Jesus van iemand wat sy plig ontduik het:  “En werp die nuttelose kneg uit in die buitenste duisternis..,..” (Mt.25:30).

Ons het geen groter verantwoordelikheid as teenoor die waarheid nie.  Die waarheid is ʼn verblindende lig.  Die leuen daarenteen is pikdonker.   Dit kan onderskei word.   Om jou in die Here te verbly, beteken om jou in die waarheid te verbly.  ʼn Gelowige wat die waarheid nie meer beskerm nie, het geen bestaansreg nie.    As daar ooit ’n tyd was om die waarheid te spreek, is dit nou.  God is oral waar die waarheid seëvier.   Mag die prys vir die stryd om die waarheid nooit te hoog wees nie!

Amen!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2069 gaste aanlyn