Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Het u al so gevoel?: 'Ek is moeg van gesug; elke nag laat ek my bed swem; ek deurweek my bed met my trane, my oog het dof geword van verdriet... Wees my genadig Here, want ek is verswak; maak my gesond HERE, want my gebeente is verskrik. Ja, my siel is baie verskrik...' So huil Dawid sy nagte deur totdat hy verlig besef dat die HERE hom nog altyd gehoor het en altyd sal help: 'Die HERE het my smeking gehoor; die HERE neem my gebed aan.' Onthou in u grootste beproewing dat die HERE alles weet nog vóór u Hom gesmeek het maar práát met Hom want dit sál verligting bring.
'BEURTKRAG' WAS NIE NODIG (2)
WAAR SUID-AFRIKA MET SY KERNPROGRAM VANDAG KON STAAN
Jeanette Koekemoer
Lees reeks by 'Beurtkrag' was nie nodig
Met dank aan dr R.A. Basson vir 'n groot deel van die inligting hierin vervat asook aan A R Newby-Fraser
"Die navorsings- en ontwikkelingswerk wat onderneem moes word, was by uitstek daarop gerig om die maksimum voordeel vir verskeie nywerhede te verseker, in die eerste plek die mynbedryf maar ook elektrisiteitsontwikkeling, swaar ingenieurswese, elektronika en soortgelyke nywerhede. Eerstens is talryke onderhandelinge met owerhede binne Suid-Afrika gevoer soos Staatsdepartemente, universiteite, die WNNR, EVKOM en die mynbedryf, wat almal by die ontwikkelings in die kernveld betrokke sou wees."
Abraham Johannes Andries Roux, seun van 'n boer, is 'n paar maande nadat die Eerste Wêreldoorlog uitgebreek bet, gebore. Sy kinderjare het hy naby Bethlehem deurgebring in die vreedsame landelike omgewing van die noordoostelike Oranje-Vrystaat. Na die jare op die plaasskool het hy aan die Hoërskool Bethlehem gematrikuleer. Hy wou graag op dieselfde grond boer waar hy opgegroei het, maar op aandrang van sy vader het hy in 1932 as ingenieurstudent aan die Universiteit van die Witwatersrand ingeskryf en daardeur met 'n akademiese loopbaan begin wat deur die volgende dekade sou duur. Gedurende hierdie tydperk het hy die grade B.Sc., M.Sc. en D.Sc. in meganiese ingenieurswese verwerf en onderwyl hy twee jaar lank praktiese ondervinding op die myne opgedoen het, het hy aandklasse bygewoon en die bykomende onderskeiding van 'n B.Sc.-honneursgraad in toegepaste wiskunde, cum laude, verwerf.
BESIT JY GOD SE GESKENK?
Ds Andrè van den Berg
“Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie My weë nie, spreek die Here” - Jes.55:8
In Desember 1980 gly Danie Kritzinger op Hutchinson-stasie (Karoo) tussen ʼn trein en die platvorm in en sterf op slag. Hy was die enigste seun van ʼn boer van Joubertina en ʼn jongman wat sy teologiese studie pas voltooi en ʼn beroep na Port Elizabeth Wes aanvaar het. Danie sou die volgende maand trou. Tragies, nie waar nie? Baie van u sal ook vir Sarel Bezuidenhout, een van ons eie lidmate hier in Moot-Sentraal, onthou wat in Januarie 1998 aan die begin van sy finale jaar aan ons Teologiese Akademie in ʼn motorongeluk oorlede is – slegs 28 jaar oud.
Waarom gebeur sulke dinge? Gelowiges moet aanvaar dat alles wat in die lewe met hul gebeur, God se wil is, al is dit ook hoe moeilik. Ons sou eerder wou hê dat God gelowiges met lang lewens beloon en goddelose met ʼn vroeë dood. Dit werk egter nie so nie.
'BEURTKRAG' WAS NIE NODIG (1)
WAAR SUID-AFRIKA MET SY KERNPROGRAM VANDAG KON STAAN
Jeanette Koekemoer
Lees reeks by 'Beurtkrag' was nie nodig
Met dank aan dr R.A. Basson vir 'n groot deel van die inligting hierin vervat asook aan A R Newby-Fraser
"Die enigste moontlike goed wat uit die beëindiging van die Suid-Afrikaanse kernprogram voorspruit is dat 'n mens jouself op die stormagtige vaarwaters van internasionale politiek begeef wanneer jy 'n land met moderne kernontwikkeling is, en waar die res van die wêreld tans in 'n kernkookpot besig is om stoom bymekaar te maak, sal Suid-Afrika sonder sy kerntoerusting as die muishond van die wêreld beskou word en hopelik geheel en al met rus gelaat word wanneer die volgende wêreldoorlog met sy kernaangedrewe wapens spoed optel."
Oor die produksie van uraan en die voordele daarvan is daar al veel geskryf en gepraat. Dit is met leedwese dat 'n mens vandag onder die kommunistiese ANC ontbloot staan van alles wat in die vorige eeu in hierdie verband totstand gebring is. As een van die hoof-uraanprodusente van die wêreld was die Republiek van Suid-Afrika ten volle in staat om sy pad vanweë politieke redes sonder internasionale samewerking op die gebied van kernontwikkeling te stap. Ons land onder Blanke beheer sou op kerngebied vandag een van die mees toonaangewende lande ter wêreld wees. Dit is een van die redes waarom ons soveel vyande het wat ons mooi land wou inpalm en waarom die vooruitstrewende Blanke owerheid vir 'n korrupte Swart regime wat alles tot niet sou laat gaan plek moes maak. Waar Suid-Afrika vandag in 'n energiekrisis verkeer dink mens onwillekeurig hoe die vreedsame aanwending van kernenergie aan die steeds stygende vraag daarna kon voldoen het as die kernprogram nie gestaak is nie.
Die Suid-Afrikaanse Kabinet het die voorgestelde kernnavorsings- en ontwikkelingsprogram wat die Raad op Atoomkrag aan hom voorgelê het, op 5 September 1959 formeel goedgekeur. Na 'n kort twintig jaar het die vordering wat gemaak is die Republiek op gelyke voet met die meeste ontwikkelde kernlande geplaas wat betref die vredestoepassings van kernenergie. En in 'n kort twintig jaar onder Swart bewind is daar niks oor van die welslae van destyds nie.
HOE MOET EK GEDOOP WORD?
SKRIFTUURLIKE FUNDERING VAN DIE KINDERDOOP
Ds Andrè van den Berg
1. Wat is sakramente?
So anders as die Roomse Katolieke Kerk (RKK) wat sewe sakramente het, het ons Protestantse kerke net twee sakramente nl.die doop en die nagmaal. Wat is sakramente? Die Heidelbergse Kategismus (HK) leer ons dat dit “ …heilige, sigbare, waartekens en seëls deur God ingestel is om ons deur die gebruik daarvan die belofte van die Evangelie des te beter te laat verstaan…..”
Kom ons let kortliks op die woorde: heilige, sigbare, waartekens en seëls. Heilig beteken afsonder of opsy sit. Daarmee sê die HK dat sakramente nie wêreldse instellings is nie, maar goddelike instellings. Die woord sigbaar sê dat sakramente fisies waarneembaar is. Waartekens en seëls sê dat sakramente middels is waarmee iets krag gegee of anders gestel in werking geplaas word. Neem ‘n brief as voorbeeld. Sonder ‘n posseël daarop, sal dit nooit sy bestemming bereik nie. ‘n Posseël bring dit in beweging.
DIE GELOFTE VAN 1633
Die Passiespele van Oberammergau
Dr S.H. Gregan
In 1633 het builepes die dorpie Oberammergau in Beiere (Duitsland) getref. Aanvanklik was net naburige gemeenskappe geraak en het die dorpie 'n streng kwarantyn gehandhaaf ten einde die pes weg te hou. 'n Sekere Caspar Schuchler wat by sy vrou en kinders in Oberammergau wou gaan kuier het egter die maatreëls geminag en het toe die plaag in die dorp ingedra. In slegs 33 dae vandat hy die dorpie binnegekom het, het hy en 83 ander mense gesterf. Daar was geen menslike maatreël oor om die plaag te keer nie.
Dit was toe dat die inwoners van die dorpie (elkeen van hulle!) hulle sondes voor God bely het en 'n belofte aan Hom gemaak het dat as Hy hulle sou spaar, hulle vanaf 1634 die Passiespele sou opvoer. Op daardie oomblik het die pes sy wyk geneem, was daar geen verdere sterftes nie en het die siekes herstel. Dit was veral aan 'n plaaslike priester, Daisenberger te danke dat die teks en die drama van die Passiespele vir baie jare Bybelgetrou was.
WAT NÁ GELOFTEDAG GEBEUR HET...
DIE SLAG AAN DIE WIT UMFOLOZI
Jeanette Koekemoer
16 Desember 1838, die dag waarop die Gelofte van Bloedrivier gestalte verkry het in die oorwinning wat God aan die Trekkers gegee het, was nie die einde van die lewensbedreigende gebeure nie, maar ook nie die laaste aanskoulike wonderwerk uit God se hand nie. Daar was 'n volgende slag wat in die skadu van die Slag van Bloedrivier nie veel aandag gekry het nie maar wat ook iets besonders en verseker nóg 'n wonderwerk uit die hand van die HERE was. Die mag van Dingaan was by verre nie vernietig deur die Bloedrivierslag nie. Hy het maar sowat 3 000 krygers verloor en het minstens oor nog 17 000 beskik wat hy teen die Trekkers sou inspan.
TREK GEESTELIK LAER!
Ds Andrè van den Berg
“En Ek sal vir hom wees, spreek die Here, ʼn vurige muur rondom en tot heerlikheid daarbinne” - Sag.2:5
Dis vandag Geloftedag. Vir baie ontspoorde volksgenote wat hulle buite die dampkring van hul eie volk bevind, is dit Versoeningsdag. Hulle ag hul nie aan 'n gelofte wat 176 jaar gelede gemaak is gebonde nie. Geloftedag skyn vir hulle rassisties te wees, pas nie by die gees van versoening nie en is derhalwe polities inkorrek. Ja, volk- en landsgenote verskil soms groot van mekaar!
Ons gaan kyk vanoggend wat werklik op daardie Sondag 16 Desember 1838 in Natal gebeur het en wat spesifiek aanleiding tot hierdie geskiedkundige gebeure in ons volkslewe gegee het dat ons dit nog steeds jaarliks herdenk.
"DINGAANSDAG"
Totius
Dit wik en wankel nou, dis vroeg, voor dag en dou.
Swart banke, ongewis nog vir die oog, omdat dit twyfeldonker is, skuif nader.
Nog skugter, neew'lig-fyn, net effens sigbaar, skyn,
saam tot 'n laer vereen, die waens se kappe deur die môrevroegte heen – stil-wagtend.
Dis 'n geboortenag. En dis 'n wieg wat wag.
'n Uur, 'n tydmaat kort, in weedom-spanning lank: 'n Boerenasie word gebore!
Die kryger buig, om deur die veghek heen te speur.
GELOFTEDAG- REEKS (6)
BESINNING EN BEMOEDIGING
Dr PE van der Dussen
Lees reeks by Geloftedagreeks dr PE vd Dussen
"Tans word die Afrikanervolk weer deur die hordes bedreig. Sy toestand is in sekere sin gevaarliker as dié van die mense in die laer van Bloedrivier omdat die hordes wat hom nou bedreig nie net vegtende impi's is nie. Die Afrikaner word vandag ideologies deur die rewolusiegees en die Kommunisme bedreig wat baie moeiliker is om raak te sien en te skiet. Maar in sy stryd vind hy versterking in die Gelofte. Die Afrikaner staan in sy benoudheid oor die toekoms van land en volk steeds voor God. Deur aan die Gelofte getrou te wees en die dag van die oorwinning jaarliks as 'n dankdag te gedenk, erken hy dat die God wat sy vaders gered het, hom ook kan red!"
Na die berugte Rooi Vrydagtoespraak van F W de Klerk op 2 Februarie 1990 het 'n gevoel van mismoedigheid en onsekerheid die Afrikanervolk, ja die hele land oorspoel. Die stryd was verby en die werklikheid het voor almal gestaan dat 'n Swart Kommunistiese bedeling voorlê.
DIE BESEMBOS
Totius
Ek is gebore waar sonneglore die lug daarbowe ontgloei;
waar die westewind, my vyandig gesind,
ontwaak om my top te verskroei;
waar die aarde se kors my brandende dors
met weinige druppeltjies les,
en die ryke seën van oorvloedige reën
my selde besproei in my dorre gewés;
GELOFTEDAG- REEKS (5)
WAT MAAK JY HIER, AFRIKANERVOLK?
Dr PE van der Dussen
Lees reeks by Geloftedagreeks dr PE vd Dussen
PW Botha se benadering in sy bewindstryd was die normalisering van die samelewing sodat daar vrye omgang tussen alle mense kon wees. Wette soos die ontug- en die groepsgebiedewet is nie streng toegepas nie en onderwysintegrasie is vergemaklik. Die oorlog in Suidwes-Afrika/Angola het hom as minister van verdediging gepla. 'n Maklike mens was hy nie en dit het tot toenemende spanning tussen hom en die leidende vér-linkse R F (Pik) Botha en F W de Klerk gelei. Hoewel die vertroue in sy bewind ná die 1981-verkiesing getaan het toe die HNP skielik 'n sprong vorentoe gemaak en die KP enkele maande later van die NP weggebreek het, was die NP-Broederbondallianse se houvas stewig genoeg om 'n bewindsverandering te voorkom/ Die KP se tweeslagtigheid het die NP gehelp.
Internasionaal en ekonomies het dit sleg gegaan, hoewel die sanksiespook erg oordryf is. Nogtans het die Bothabewind weinig daaraan gedoen en uiteindelik oor Suidwes-Afrika gekapituleer.
DIE WAARHEID MAAK VRY
Ds Andrè van den Berg
“En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak” -Joh.8:32
Jesus het baie dinge tydens sy aardse bediening gesê en gedoen wat nie vir ons in die Bybel opgeteken is nie. Dit sou eenvoudig net te veel gewees het. Die laaste vers van die Johannes Evangelie lui: “En daar is nog baie ander dinge wat Jesus alles gedoen het. Maar as hulle een vir een beskrywe moes word, sou die wêreld self, dink ek, die geskrewe boeke nie bevat nie ...” (21:25). Baie van Jesus se woorde en dade is wel in die Bybel opgeteken waarvan Joh.8:32 seker een van die bekendste en belangrikste is: “En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak”.
Joh.8:32 is ongelukkig ook een van die Bybeltekste wat graag deur politici in hul stryd vir die bevryding van sogenaamde politieke onderdrukking en aanverwante sake aangehaal word. Nodeloos om te sê, word dit in al die gevalle uit verband aangehaal en misbruik om politieke sake soos bv. die vryheid van spraak en ʼn vrye pers as die wil van God op te hemel. Joh.8:32 het absoluut niks daarmee te doen nie!
'N EEU VAN ONREG (SLOT)
Lees reeks by 'n Eeu van Onreg
Een Eeuw van Onrecht — A Century of Wrong, deur F. W. REITZ bied 'n helder beeld van Engeland se politiek van reeds voor die Tweede Vryheidsoorlog in Suid-Afrika waar hulle die Boer se lewe hel gemaak het. Tans word ons volk weer net so verdruk, vermoor en ondergrawe en is hierdie geskrif weer baie aktueel. Dié weergawe is deur J.J. Blom in 1939 uit Nederlands in Afrikaans vertaal.
"Afrika vir die Afrikaner!”
Ek het die feite nagegaan van ons honderdjarige verdrukking en vervolging. Die bewerings deur my gemaak, is nie uit die lug gegryp nie, maar is geneem uit die mond van die geloofwaardigste geskiedkundige getuies, byna almal van Britse nasionaliteit; dit is feite wat deur die regbank van die geskiedenis onuitwisbaar verklaar is. Wat betref die latere gebeurtenisse, sedert 1898, besit ek persoonlike kennis van al die onderhandelings en geskille wat hierin uiteengesit is, en ek kan alleen verklaar dat ek my by die feite bepaal het, wat later nog helderder in die lig gestel sal word wanneer die gordyn opsy geskuif en die voorvalle van die laaste twee jaar in hierdie diepbewoë wêrelddeel geopenbaar sal word.
Op hierdie vreeslike keerpunt in die geskiedenis van Suid- Afrika, aan die vooraand van ’n stryd waarin ons volk met algehele uitdelging bedreig word (1899), pas dit ons, met wat miskien ons laaste woord tot die wêreld sal wees, die waarheid te praat, sodat selfs as ons uitgedelg word, die waarheid deur ons sal seëvier oor ons oorwinnaars en as ’n kanker aan sy publieke lewe sal voortvreet totdat ook hy in die mag van die verganklikheid sal wegsink.
GELOFTEDAG- REEKS (4)
DIE BEDENKING VAN SAREL CILLIERS
Dr PE van der Dussen
Lees reeks by Geloftedagreeks dr PE vd Dussen
Toe die gedagte van die Gelofte die eerste keer op Sondag 2 Desember 1838 te Danskraal aan Sarel Cilliers voorgehou is, het hy dié bedenking geopper: Pasop dat ons nie met dié Gelofte vir ons en ons kinders 'n struikelblok daarstel nie, 'n stok waarmee ons geslaan kan word! Nogtans het die keurbende, verteenwoordigend van die Afrikanervolk, die Gelofte plegtig afgelê en hulle geloof in die almag en krag van God gestel. In die oorwinning het God die Gelofte bevestig deur hulle die aanslag van die barbare te laat afslaan. So het die Gelofte 'n tweedelige verbond geword: Geloofsvertroue deur die mens, beskerming deur God. Die Trekkers het belowe dat, as God met hulle sou wees, hulle Hom sou dien en loof en prys en hulle nageslag sou leer om dit ook te doen. Omdat God met hulle was, is elke Afrikaner tot vandag toe verplig om die Gelofte gestand te doen.
Elke gelowige Afrikaner. Gelowig, omdat die Gelofte net gevier en nagekom kan word deur mense wat glo in die Almag van God, wat glo dat God aan dié wat hom in waarheid aanroep, redding uit nood skenk.
'N EEU VAN ONREG (7)
Lees reeks by 'n Eeu van Onreg
Een Eeuw van Onrecht — A Century of Wrong, deur F. W. REITZ bied 'n helder beeld van Engeland se politiek van reeds voor die Tweede Vryheidsoorlog in Suid-Afrika waar hulle die Boer se lewe hel gemaak het. Tans word ons volk weer net so verdruk, vermoor en ondergrawe en is hierdie geskrif weer baie aktueel. Dié weergawe is deur J.J. Blom in 1939 uit Nederlands in Afrikaans vertaal.
KAPITALISTIESE JINGOïSME: TWEEDE PERIODE – Vervolg...
Die South African League, ’n politieke organisasie gebore uit die rassehaat wat die Jameson-inval in die lewe geroep het en aan die hoof waarvan (om die kapitalistiese vraagstuk in die helderste lig te stel) die heer Rhodes self staan, het op ongehoorde wyse in die tweede helfte van verlede jaar teen die Regering begin agiteer. Die bestuurspersoneel vir Johannesburg was sodanig (die voorsitter was ’n prysvegter, die sekretaris ’n voormalige sosialistiese demagoog uit Londen, ens., ens.) dat daar eers geen ag op hierdie beweging geslaan is nie. Dit het egter spoedig duidelik geword dat die beweging nie alleen deur die kapitaliste gehelp en op die myne sterk ondersteun word nie, maar dat daar op geheimsinnige wyse ’n verband met Londen en Kaapstad aangeknoop was, wat die gebeurtenisse van die afgelope maande nog duideliker gemaak het. Vergaderings is belê, memories oor griewe aan Haar Majesteit opgestel en propaganda in die pers gemaak, wat alles duidelik aantoon dat daar ’n goed-georganiseerde veldtog teen die Republiek op tou gesit was.
GELOFTEDAG- REEKS (3)
DIE AFRIKANER – ALLEEN!
'n Stukkie Kultuurgeskiedenis
Dr PE van der Dussen
Lees reeks by Geloftedagreeks dr PE vd Dussen
Die Republiek van Suid-Afrika het op 31 Mei 1961 totstandgekom. Daarmee is Die stryd tussen Boer en Brit nominaal afgesluit. Engeland het egter 'n nuwe strydperk geopen: Afsondering of isolasie. Die internasionale veldtog om die RSA te isoleer was 'n voortsetting van Engeland se haatstryd teen die Afrikaner. Hy het nooit Majuba en Vereeniging vergeet nie, veral namate dit ook vir hom duidelik geword het dat die twee Boererepubliekies die rots was waarop die empire hom te pletter geloop het.[1] Daarom het hulle vanuit Londen 'n venynige veldtog gevoer om die RSA te isoleer en die Afrikaner weer tot oorgawe te dwing.
Die ANC, die SAKP en ander terroristebewegings het in Oos-Europa opleiding en wapentuig gekry, maar hulle hoofkwartier was Londen. Daarheen het hulle gevlug, daar het hulle met ons aartsvyand, die Engelse establishment, geheul; daar het hulle leiers multimiljoenêrs geword, ook die Joodse Kommuniste. Van daaruit het hulle mede met Amerikaanse en Britse geld, steun en wapentuig die terrorisme in Suider-Afrika gelei terwyl hulle in weelde en oorvloed geleef het.
'N EEU VAN ONREG (6)
Lees reeks by 'n Eeu van Onreg
Een Eeuw van Onrecht — A Century of Wrong, deur F. W. REITZ bied 'n helder beeld van Engeland se politiek van reeds voor die Tweede Vryheidsoorlog in Suid-Afrika waar hulle die Boer se lewe hel gemaak het. Tans word ons volk weer net so verdruk, vermoor en ondergrawe en is hierdie geskrif weer baie aktueel. Dié weergawe is deur J.J. Blom in 1939 uit Nederlands in Afrikaans vertaal.
KAPITALISTIESE JINGOïSME: TWEEDE PERIODE
Die voorgaande verhaal het aangetoon hoe diep ons volk die onreg gevoel en afgekeur het; dit was dus te verwag dat so ’n verraderlike aanval op die Republieke wat uitgegaan het van hul eie leidsman, die Koloniale Afrikaner tot in die mees afgeleë dele sou wakker skud en nuwe kragte op die politieke terrein sou bring. Om aan te toon hoedanig die gevoel was wat deur die inval opgewek is, gee ons hier weer ’n artikel wat verskyn het in die orgaan van die Koloniale Afrikaner-party Ons Land wat ongetwyfeld die gevoel van die Afrikaners vertolk het:
GELOFTEDAG- REEKS (2)
UITVERKIES TOT VERANTWOORDELIKHEID
Dr PE van der Dussen
Lees reeks by Geloftedagreeks dr PE vd Dussen
In die jare-negentig, met die oorgang van 'n Christelik-gegronde regeringstelsel na 'n Kommunistegedrewe rewolusionêre regime, het die Afrikaner hom eensklaps in vreemdelingskap in sy eie land bevind. Jarelank is hy gewaarsku dat dit die weg was waarop die beleidsrigtings ná 1966 sou uitloop: Swart meerderheidsregering met geen erkenning van die Blanke en veral die Afrikaner nie. Hy wou dit nie glo nie maar het blindelings leiers gevolg wat verleiers geword het, tot hy op 27 April 1994 wakkergeruk is.[1]
Allerlei strominge het onder weerstandbiedende Afrikaners ontstaan en algehele wanorde in hulle geledere gebring. Elkeen het geglo wat hy wou en daar kon weinig opgebou word. Eers moes daar duidelikheid kom oor die wese van die Afrikaner, oor die wese van die rewolusionêre regime, selfs oor die wese van die kerk. Die kerk soek al dekades lank toenemend sy uitvlug in politieke korrektheid, raak al hoe meer in sosio-vraagstukke vasgevang en beland so op die glybaan van apostase, roepings-ontrou.
BRANDSTOF- WYSHEID
Dr P.E. van der Dussen
Die verwagting op 29 November hieronder oor die gemiddelde oorverhaling gedurende die Desemberwaarnemingstyd 28 November tot 31 Desember is meer as bewaarheid. Vir die eerste drie waarnemingsdae was die oorverhaling vir petrol meer as 140c en vir diesel-0.005. Die ooreenstemmende gemiddeldes vir die eerste drie 114c per liter waarnemingsdae was 141-145c/l vir petrol en 115c/l vir diesel-0,005.
Die prysverlagings (na verhoging van die brandstofmaatskappye se wisngrense) het op 3 Desember ingetree. Na agt waarnemingsdae was die gemiddelde oorverhalings op 9 Desember so: 102c/l vir petrol-95, 104c/l vir petrol-93, en 84c/l vir diesel-0,005. Die daaglikse oorverhaling was onderskeidelik 86, 88 en 71c/l wat beduidend hoër as op die eerste dae na 3 Desember is.
GELOFTEDAG- REEKS (1)
ONTSTAAN EN INSLAG VAN DIE GELOFTE
Dr PE van der Dussen
Lees reeks by Geloftedagreeks dr PE vd Dussen
Die ontstaan en bestaan van die Gelofte van Bloedrivier word in talle geskrifte in besonderhede beskryf. Oor die geskiedkundige werklikheid daarvan bestaan geen twyfel nie. Daarvan getuig geskrifte van ooggetuies en ander betroubare persone, ook van Zoeloekant. Dit is egter noodsaaklik om oor die inslag van die Gelofte te besin teneinde die saai van twyfel teen te werk.
Die Gelofte was deel van die gebed van Sarel Cilliers op Sondag 9 Desember 1838 te Waschbank tydens die aanderediens. Later, en tot vandag toe, word dit as 'n verklaring herdenk. Dit kan nie weer in die gebed opgeneem word nie, aangesien dit op 16 Desember 1838 volbring en die belofte van jaarlikse herdenking tot in die opkomende geslagte bevestig is. Meestal word dit tydens 'n erediens herhaal en bevestig en word in die gebed en prediking op die onderhouding daarvan in die volkslewe klem gelê, tot bemoediging en aansporing van die Afrikaner. Die nakoming van die Gelofte is en bly 'n vereiste vir elke Afrikaner, hetsy van bloedafkoms of dat hy uit vrye wil hom by die Afrikanervolk gevoeg het en voeg.
Oor die wese van die Gelofte is daar geen twyfel nie. Die drie vernaamste bronne is: