Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Soms wonder ons of God nog ag sal slaan op die Afrikanervolk, of het Hy ons finaal verlaat? Weens die ontrou van die volk Israel het God (Ex 33) geweier om verder saam met sy volk te trek. Tog het Hy Hom weer oor hulle ontferm toe Moses in groot berou namens die volk voor God ingetree het en het God weer (Ex 34) sy verbond met hulle hernu. Daarna was sy Teenwoordigheid in die wolk en die vuur sigbaar waarmee Hy die volk gelei het tydens die hele trek. Natuurlik is daar hoop vir die Afrikanervolk vandag, God wag net vir ons om berou te toon oor ons dwalinge en na Hom terug te keer.
IS DAAR WERLIK 'N HEL?...
...HOE LYK DIT DAAR?
Ds Andrè van den Berg
Luk.16:19-31
Daar is min woorde so soet as redding. Jy bevind jou op ʼn sinkende skip en ʼn reddingsvaartuig daag ter elfder ure op. Jy is in ʼn brandende gebou vasgekeer en word ter nouer nood deur brandweerpersoneel gered. Jy moes eintlik gesterf het, maar jy leef teen alle verwagting in!
Wat sou jy dink is die wonderlikste redding denkbaar? Om van die ewige dood gered te word. Dit gebeur wanneer God ʼn sondaar uit die see van vernietiging red amper soos wat Jesus vir Petrus een nag op die See van Galilea van ʼn gewisse verdrinking gered het. God het Jesus soos ʼn brandweerman gestuur om ons van ʼn vlamme-ewigheid te red wat die hel genoem word.
Die woord hel is ʼn woord wat oor die algemeen vrees en afkeur verwek. Vrees, omdat dit as die mees weersinwekkende plek beskou word om in te verkeer en afkeur omdat baie mense dit as die produk van ʼn siek verbeelding afmaak. Daar is ook mense wat sinies daaroor lag en die hel as ʼn bangmaak-simbool beskou. Hulle glo dat dit ʼn storie is wat die ou Jode bedink het om mense van ʼn bose lewe te weerhou.
'BEURTKRAG' WAS NIE NODIG (19)
WAAR SUID-AFRIKA MET SY KERNPROGRAM VANDAG KON STAAN
Jeanette Koekemoer
Lees reeks by 'Beurtkrag' was nie nodig
Met dank aan dr R.A. Basson vir 'n groot deel van die inligting hierin vervat asook aan
A R Newby-Fraser
Geneeskunde (2)
"Kernstraling, of dit nou van natuurlike of mensgemaakte bronne afkomstig is, kan ongetwyfeld vir die normale gesonde menslike liggaam skadelik wees. Dit het egter ook die vermoë om lewens te behou, om kanker te genees en om onbekende gebiede van die mediese wetenskap te verklaar waardeur sy negatiewe invloed teengewerk kan word. Begrip vir hierdie benadering versterk die destydse toegewyde houding van die navorsers in die lewenswetenskappe. Hulle ondernemingsveld hier in ons land was baie groot van begrip, dikwels baie klein in die praktyk, maar dit is op hierdie gebied waarin die grootste moontlikhede vir navorsingsukses waarskynlik opgesluit was. Dit is betreurenswaardig dat Suid-Afrika nie die geleentheid gegun is om hierdie kruin van sukses enduit te klim nie."
Die mees gesofistikeerde gammakamera en bybehorende rekenaarstelsel in Suid-Afrika was destyds in Pretoria gehuisves en die waarde daarvan is grootliks deur die toenemende gebruik van plaaslik geproduseerde radioisotope verhoog. Dit het die behoefte aan behoorlike veiligheids- en doeltreffendheidsmonitering vir radioisotope, sowel as aan meer navorsing en ontwikkeling van radiofarmaseutiese materiale uitgelig.
As gevolg hiervan is 'n unieke moderne kerngeneeskundenavorsingsgerief in samewerking met die Provinsiale Administrasie in die vorm van die nuwe eksperimentele dierekompleks in Pretoria opgerig. Dit sou nie slegs van groot waarde vir die RAK wees nie, maar ook vir die Departement van Gesondheid en vir alle opleidingsentrums vir kerngeneeskunde in Suid-Afrika.
CHRISTENVROU, LAAT JOU LIG SÓ SKYN
Ds Andrè van den Berg
“Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie, maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ʼn sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God” - 1 Pet.3:3,4
Paulus skryf aan die Efesiërs dat gelowiges elke dag stryd ervaar. “Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug” (Efes.6:12). Ja, daar is ʼn oorlog aan die gang tussen Satan en sy magte aan die een kant en God en sy getroue getuies aan die ander kant. Hierdie oorlog is in werklikheid alreeds deur God gewen; ʼn oorwinning wat behaal is toe Jesus uit die graf opgestaan en die dood oorwin het. Satan het dit nie verwag nie! En omdat hy weet dat hy hierdie oorwinning nie meer kan keer nie, voer hy ʼn terroriste-oorlog met oneindig baie skade.
Baie jare gelede het ʼn sendeling in die Amasonegebied gewerk.
OPENBARING – BOEK VAN DIE HEDE (14)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Openbaring - Boek van die hede
Laodicea, die louwarm gemeente
Openb.3:14-22
- 1. Die stad Laodicea
Laodicea was in die streek Frigië, 72 km vanaf Filadelfia (160km van Efese) op die kruising van twee sleutelroetes in Klein Asië. Daar was drie stede in hierdie streek; Kolosse, Hierapolis en Laodicea. Laodicea is in 253vC gestig en deur koning Antiochus II na sy vrou Laodike vernoem. Dit het in 133vC in Romeinse bewind gekom en was vir tekstielware van swart wol en ooghospitaal bekend. Laodicea is in 60nC deur ʼn groot aardbewing getref.
Die stad het gereeld watertekorte ondervind. Water moes met ʼn 10km pypleiding na die stad herlei word. Die Romeinse veelgodedom het in Laodicea floreer, veral die aanbidding van Zeus en Apollo. Daar was ook ʼn sterk Joodse bevolkingsgroep en vermenging van die Joodse en heidense godsdienste.
OM OUER TE WEES (3)
Dr Juanita Erasmus
Lees reeks by Om ouer te wees
As ouer speel ons 'n belangrike rol in die ontwikkeling van ons kinders se verhouding met die buitewêreld. Ons dien as't ware as skakel en as gids vir daardie wêreld. Hoe óns dit benader sal in 'n groot mate bepaal hoe ons kinders dit gaan benader.
Nou weet ons almal hoeveel gevare en boosheid daarbuite skuil en ons wil ons kinders daarteen beskerm en met die nodige waarskuwing daarop voorberei. Aan die ander kant is daar uitdagings wat wag en is daar soveel interessante moontlikhede wat ontgin kan word. Ons moet dus 'n balans handhaaf: aan die een kant moet ons kind versigtig wees, maar aan die ander kant moet hy kan uitbeweeg en vra en kyk en die buitewêreld verken sodat hy 'n ryk en vol lewe kan lei.
OPENBARING – BOEK VAN DIE HEDE (13)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Openbaring - Boek van die hede
Filadelfia – die poort na die Ooste
Openb. 3:7-13
1. Die stad Filadelfia
Filadelfia was 45 km suidoos van Sardis en beteken broederliefde voortspruitend uit die stigter, koning Attalus, se liefde vir sy broer Eumenes. Dit was strategies op die pad na die Ooste geleë en ʼn militêre en handelsentrum. Aan die voet van die stad was die vrugbare Hermusvallei. Die gebied is gereeld deur aardbewings geteister en is in 17 nC saam met elf ander omliggende stede feitlik verwoes. Dit was moeilik om die stad te herbou omdat sporadiese skuddings steeds voorgekom het. Keiser Tiberias het al hierdie stede vir vyf jaar van belasting onthef ten einde opbouwerk te kon doen. Uit dankbaarheid het Filadelfia die naam Neosesarea by haar naam gevoeg. Daar was ook 'n sterk Joodse element woonagtig.
In 92 nC het keiser Domitianus ʼn wet uitgevaardig dat wingerde met graanlande vervang moet word vir kos vir die weermag. Dit was egter ook om Italië se wynbedryf ten koste van Klein Asië te bevorder. Dit het Filadelfia ʼn gevoelige knou toegedien. Dionusos, god van wyn en fuifpartytjies, was juis die beskermgod.
OM OUER TE WEES (2)
Dr Juanita Erasmus
Lees reeks by Om ouer te wees
OPVOEDING TOT ONAFHANKLIKHEID
Hoe voed ons ons kinders op en wat hoop ons om daarmee te bereik?
Die primêre doel van opvoeding is om die kind te lei en op sy pad na onafhanklike volwassenheid te vergesel. Ten einde volwassenheid te kan bereik moet die kind 'n duidelike begrip van sy eie indentiteit ontwikkel. Daarbenewens is 'n positiewe selfbeeld en onafhanklikheid binne sy bepaalde kultuur onontbeerlik.
Die belangrikste twee fasette van onafhanklikheid is ekonomiese onafhanklikheid, dit wil sê om finansieel selfversorgend te wees, en normatiewe onafhanklikheid, oftewel die vermoë om op grond van die eie waardestelsel tussen reg en verkeerd te kan onderskei.
OM OUER TE WEES (1)
Dr Juanita Erasmus
Lees reeks by Om ouer te wees
Vroeër het ouers eenvoudig kinders gehad sonder om ooit daaraan te dink of hulle hul regtig wou hê; of hulle goeie ouers sou wees en of daar moontlik 'n ander alternatief was. Vandag weet ons dat sommige ouers nie goeie ouers is nie. Die biologiese vermoë om voort te plant, lei nie outomaties tot effektiewe ouerskap nie.
Waarom al die klem op goeie ouerskap? Sommige mense glo dat 'n kind in elk geval op 'n bepaalde manier gaan ontwikkel, ongeag die behandeling wat hy kry. 'n Mens hoor dikwels die opmerking: "Ek het baie pak gekry toe ek klein was en daar is niks fout met my nie."
SAL ONS HOM AANNEEM?
Hannes Ollewagen
Johannes 1:1-14
Dit is belangrik om tydens die lees van hierdie gedeelte ook die Skeppingsverhaal in gedagte gehou. Wanneer ons dit doen, leer ons dat Jesus Christus nie “ontstaan” het tydens sy geboorte uit die maagd Maria nie, maar dat Hy daartydens mens (vlees) geword en na die aarde gekom het.
Wanneer ons in vers 1 lees dat die Woord by God was, besef ons dus dat God deur sy Seun, Jesus Christus, die aarde geskape het, want Hy het deur die Woord geskape. As Skepper van die aarde, sou ‘n mens tog verwag dat die skepsel en alles daarop en daarin Hom wat dit geskep het sou verheerlik en dien. Dit was tog sekerlik die bedoeling, maar deur die listige slang wat genoem word duiwel en satan, is daar opstand teen God bewerkstellig.
OPENBARING – BOEK VAN DIE HEDE (12)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Openbaring - Boek van die hede
Sardis, die gemeente wat met ʼn naderende geestelike dood geworstel het
Openb.3:1-6
1. Die stad Sardis
Sardis was 48 km suidoos van Thiatire op ʼn hoë rif gebou en uit ʼn militêre oogpunt feitlik onoorwinlik. Dit kon bv. slegs van die suidekant bereik word. Die stad is later afgeskuif om deel van ʼn vrugbare vallei te vorm waarna dit vir sy landbou en tekstielbedryf bekend was, Dit het tot ʼn kosmopolitiese bevolking en baie invloede gelei. Die legendariese koning Croesus, koning van Lidië (560-546vC) was deel van Sardis se geskiedenis. Volgens legende het alles waaraan hy geraak het in goud verander.
Ten spyte van Sardis se militêre posisie is die stad twee maal verower – in 546vC deur die Perse en in 214vC deur die Siriërs waarna die Siriese koning 2000 Joodse gesinne vanuit Mesopotamië in Klein-Asië gevestig het. Gevolglik het daar in Sardis heelwat Jode gewoon wat hul invloed laat geld het. Daar is ʼn groot sinagoge gebou en volgens Josephus het hierdie Jode jaarliks groot bedrae geld vir die tempel in Jerusalem gestuur.
EIENDOMSREG IN SA
GELOFTEVOLK
KOÖRDINERINGSKOMITEE
HET ONS DIE GROND GESTEEL?
Lees die waarheid oor die vestigingspatrone en grondaansprake van die verskillende volke in Suider-Afrika: sodat ons geestelik weerbaar kan wees teen die psigiese oorlog wat ons vyande teen ons voer.
Geagte Volksgenoot
Die Geloftevolk Koördineringskomitee vind dit verontrustend dat daar op verskeie lewensterreine leiersfigure is wat die indruk skep dat blanke grondeienaars begerig is om tradisionele blanke landbougrond van hul regmatige eienaarskap te vervreem.
Tot op hede het die regering se sogenaamde “grondhervormingsproses” onomwonde getoon dat landbou-produksie geen rol ter motivering daarvan speel nie, maar dat dit eerder ‘n drang is deur nie-blankes om die blanke boer van sy grond te beroof.
Landbouleiers het ook geen morele gronde waarop hulle hul kan beroep om tradisionele blanke landbougrond te help vervreem deur aan die regering se grondroof-proses deel te neem nie. Die teendeel is eerder waar soos wat hieronder na verwys word.
Die onlangse uitspake van pres. Zuma m.b.t. die ongewenstheid van Jan van Riebeeck en daarom alle blankes in hierdie land, toon duidelik dat die enigste versadigingspunt vir swart grondaansprake die totale verowering van blanke grond sal wees. Dit is in ooreenstemming met die ANC se Freedom Charter.
STAP IN GELOOF, NIE OP SIG
Ds Andrè van den Berg
“... Ons sal teen hierdie Daniël geen enkele grond vir ʼn aanklag vind nie, tensy ons dit teen hom vind in sy godsdiens” - Dan.6:6
Dit wat destyds met Daniël in Babel gebeur het, gebeur nog steeds. Die wêreld hou gelowiges se lewens baie fyn dop en huiwer nie om ongerymdhede aan die groot klok te hang nie, veral as dit ʼn persoon met ʼn sterk openbare beeld is. Daarom moet gelowiges se lewens skoon wees om skandale te vermy en God te verheerlik. God gebruik dikwels ons voorbeeld om goddelose mense te laat vrees. En wanneer Hy dit doen, kan dit vir gelowiges selfs lewensgevaarlik lyk. Vra maar vir Daniël!
Dan.6 vertel die verhaal van ʼn gelowige man wat saam met heidense kollegas ʼn baie hoë staatspos beklee het. Daniël se uitsonderlike verstandelike vermoë het hom egter bo sy kollegas laat uitgestyg, iets wat hulle bitter afgunstig op hom gemaak het. Afguns is ʼn baie lelike ding want dit maak van mense vlermuise.
HENDRINA JOUBERT...
...'N HELDIN IN EIE REG
Ons het gister die Slag van Amajuba herdenk toe die Boere onder leiding van Piet Joubert die berg in 'n rekordtyd bestyg en die Britte die pak slae van hulle lewe gegee het. Piet se vrou Hendrina wat vroegoggend die eerste persoon was om die klomp rooibaadjies daar bo-op die berg raak te sien en haar man gewaarsku het, was reeds 'n heldin in eie reg toe sy twee jaar vantevore 'n groot vrag gewere gered het waarmee die Transvalers later hierdie oorlog sou voer.
Piet Joubert, die Transvaalse leier, beleef in die jaar 1879 ‘n tyd van spanning en stryd. Twee jaar tevore het die Engelse die Republiek geannekseer.
Die geklop dreun deur die stilte van die voorkamer, dring tot in die agterste vertrek en vul die hele huis. Die asof alle ander geluide verstom, en ‘n lang oomblik is die hele lewe saamgetrek in ‘n gekromde kneukel wat driftig teen die hout van die voordeur hamer. Dan sit Hendrina die koppie wat sy aan’t afdroog was, beslis langs die wasbalie neer, haak in die verbygaan ‘n agterlaaier van die geweerrak af en stap vorentoe.
LUISTER NA SY STEM!
PRAAT GOD DEUR SIEKTE MET JOU?
Ja, verseker is siekte 'n tydperk waarin God ernstig met sy kinders verkeer en waarin hulle meer leer as in enige goeie tyd van hul lewe. Siekte is 'n manier waarop God met sy kinders praat, sê Job in hoofstuk 33:19: "Hy spreek die mens aan met ernstige siekte."
Dit is nie 'n teken van God se onmag as iemand nie gesond word nie, maar die middel tot God se almagswerke, sodat ons vir Hom getuies kan wees; sodat ons weer kan besef, al word ek elke dag afgetakel, daar is niks wat my van God se liefde vir my kan skei nie.
Daar op jou siekbed kyk jy met nuwe oë na jou eie lewe, veral na die dinge wat jy nog so graag wil bereik; na die mense wat jy liefhet en geen waarborg het dat hulle môre nog by jou sal wees of jy by hulle nie. Dan besef jy elke minuut wat jy nog krag en tyd oorhet, moet maksimaal benut word omdat elke oomblik genadetyd is.
SAL EK SY STEM HOOR?
Hannes Ollewagen
Openbaring 3:14-22
“Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.” (Vers 22).
Een van die hoofredes, na my mening, waarom leraars nie graag uit die boek van Openbaring preek nie en mense dit derhalwe ook nie graag lees nie, is weens die feit dat dit baie reguit en op die man af met ‘n mens praat. Menige mense is bang dat die skoen dalk by nadere ondersoek te goed sal pas en weet self nie of hulle bereid is om die skoen aan te trek nie. Dit is makliker om in ontkenning te leef, nie waar nie?
Ek wonder of mense besef watter fatale fout hulle sou maak om hul lewe in hierdie sorgeloosheid en ontkenning voort te sit? Sou ‘n persoon of onderneming finansiële probleme ondervind en die probleem nie erken en aangespreek word nie, sal die probleem nie vanself verdwyn nie. Kort voor lank sal die entiteit se bates opgeskryf word om die skuldeisers se skuld te vereffen.
'BEURTKRAG' WAS NIE NODIG (18)
WAAR SUID-AFRIKA MET SY KERNPROGRAM VANDAG KON STAAN
Jeanette Koekemoer
Lees reeks by 'Beurtkrag' was nie nodig
Met dank aan dr R.A. Basson vir 'n groot deel van die inligting hierin vervat asook aan
A R Newby-Fraser
Geneeskunde (1)
" 'n Baie beduidende gevolg van die RAK se navorsing in die lewenswetenskappe wat noue samewerking met die H F Verwoerdhospitaal in Pretoria en die Transvaalse Provinsiale Administrasie meegebring het, is die gesofistikeerde geriewe wat later in hospitale beskikbaar gestel is wat duisende mense se lewens bevoordeel het tot hierdie voorreg onder 'n onbevoegde swart regering nou byna totaal vernietig en ons hospitale in die haglikste toestande is... ... Die bestek van mediese navorsing was so wyd dat dit mag voorkom of sommige van die prestasies van RAK-werkers op hierdie gebied geen verwantskap met kernenergie het nie, maar in elke geval was die kernkennis en kernvaardigheid van die wetenskaplikes vir die sukses van elke projek noodsaaklik. "
Weinig mense sal ontken dat baie van die ingrypende vooruitgang in die biologiese wetenskappe nie sonder die hulp van radioisotope en straling moontlik sou gewees het nie. Van fundamentele navorsing na die geheime van lewende materie tot by diagnostiese en terapeutiese geneeskunde, het hierdie uitvloeisels van kernenergie hulp van onskatbare waarde aan die mediese beroep gelewer. Die RAK het in Suid-Afrika die leiding geneem toe die eerste navorsingstoekenning op mediese gebied vir 'n ondersoek van heelliggaambestraling, en die gevolglike beenmurgskade by mense, met die geesdriftige aanmoediging van een van sy raadslede, prof S F Oosthuizen, gedoen is.
GOD SE PLAN MET JOU
Ds Andrè van den Berg
“En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie; maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria en tot aan die uiterste van die aarde” (Hand.1:7,8).
Wees eerlik: Hoe lyk jou geestelike lewe? Is dit maar betreklik saai? Sou jy nie graag ʼn nuwe begin met God wou maak indien jy die kans gegun sou word nie? Miskien het jy al telkens probeer maar nog elke keer misluk en later maar moed opgegee. Maak dit nie jou gees moeg nie? Want jy besef dat jou tyd op aarde uitloop en dat daar ʼn ewigheid op jou wag wat deur jou lewe op aarde bepaal word. Die lewe beweeg mos vorentoe en nie agtertoe nie!
Hoe begin ʼn mens van voor af met God? Die Bybel leer ons hoe. In Hand.1 lees ons van ʼn nuwe geestelike begin in wording wanneer Christus die dissipels help om hul misverstande, mislukkings en drostery te verwerk. Om ʼn nuwe begin te maak, is dit baie belangrik om eers met jou verlede vrede te maak. Jy kan nie ʼn nuwe begin met God maak as nie jou verlede agter jou kan plaas nie.
DIE STERK MAN
E. van Nantes
Mat_12:29 “Of hoe kan iemand in die huis van ‘n sterk man ingaan en sy goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei het nie? En dan sal hy sy huis beroof.
Mar_3:27 Niemand kan in die huis van ‘n sterk man ingaan en sy goed roof as hy nie eers die sterk man boei nie; en dan sal hy sy huis berowe.”
Beide hierdie verse beskryf die volgende as vereistes vir ‘n rooftog :
1. ‘n Eienaar die sterk man
2. ‘n Eiendom die goed in die huis
3. ‘n Onteiening die roof van die goed in die huis
4. ‘n Onteienaar iemand wat die goed wil roof
5. ‘n Voorvereiste die boei van die sterk man
Met bogenoemde in gedagte, kan ek nie anders as om aan ons huidige situasie te dink nie. Inwoners van hierdie land is blootgestel aan so ‘n wye verskeidenheid van berowing dat daar nie altyd Afrikaanse terminologie bestaan om elkeen hiervan te beskryf nie.
Dink maar aan “car hi-jack, smash-n-grab, identity theft”, ensovoorts. Voor 1994 sou geeneen van ons enige van hierdie terme kon definieer nie, bloot omdat dit op daardie stadium nie bestaan het nie.
'BEURTKRAG' WAS NIE NODIG (17)
WAAR SUID-AFRIKA MET SY KERNPROGRAM VANDAG KON STAAN
Jeanette Koekemoer
Lees reeks by 'Beurtkrag' was nie nodig
Met dank aan dr R.A. Basson vir 'n groot deel van die inligting hierin vervat asook aan
A R Newby-Fraser
OM DIE MENIGTE TE VOED (2)
'n Kritieke punt in die ontwikkeling van die program is nou bereik en die vraag 'waarheen nou?' is deeglik ontleed. Daar is uiteindelik besluit dat die proses uitgebrei en in praktiese omstandighede uitgevoer moes word om tot 'n besluit te kom oor wanneer, waar en of 'n volskaalse bestraler gebou moes word. Die Letaba-koöperasie het ingestem om die terrein te voorsien en om die oprigting van 'n aanvooraanleg te finansier, terwyl die RAK verantwoordelikheid vir die ontwerp- en gesondheidsfisiese vereistes asook vir die voorsiening van die kobalt-60-bron aanvaar het. 'n Produksierooster waarvolgens 50 ton veselperskes gedurende die eerste seisoen kragtens dié bepalings van die tydelike klaring bestraal sou word, is opgetrek en daar is verder gehoop dat ten minste een handelsbesending vir verkoop op die oop mark na Holland gestuur sou kon word.
'BEURTKRAG' WAS NIE NODIG (16)
WAAR SUID-AFRIKA MET SY KERNPROGRAM VANDAG KON STAAN
Jeanette Koekemoer
Lees reeks by 'Beurtkrag' was nie nodig
Met dank aan dr R.A. Basson vir 'n groot deel van die inligting hierin vervat asook aan
A R Newby-Fraser
OM DIE MENIGTE TE VOED
"Hierdie kerntoepassing kry dwarsoor die Ontwikkelende Wêreld waar ondervoeding en hongersnood elke jaar toeneem, steeds meer momentum. Dit is stellig geen oordrywing om te sê dat Suid-Afrika een van die leiers op hierdie gebied was nie en moontlik een van die grootste sou word indien ons nie onder 'n swart regering en die geldmag-hiërargie gedwing was om ons kernprogram te staak nie."
Met die ontdekking van kernklowing was dit moontlik om Iets te doen wat in vroeër dae as toorkuns beskou sou word, naamlik om een metaal tot 'n ander totaal verskillende metaal te omvorm. Namate die nuwe wetenskap ontwikkel het, het ander opsienbarende moontlikhede van kernenergie aan die lig gekom — moontlikhede wat ook as `toorkuns' bestempel kon word.
Deur middel van kernenergie is dit moontlik om die eienskappe van gewone stowwe te verander, om nuwe samestellings te vorm, om nuwe variëteite van vrugte en groente te skep, om bederfbare voedsel te preserveer en om bakteriese besmetting van mediese toerusting uit te skakel sonder dat dit nodig is om'n enkele artikel uit te pak. Hierdie vertakking van kernwerk word stralingstegnologie genoem. Dit is, soos sy onderliggende fundamentele dissipline naamlik stralingschemie, 'n veld wat vinnig ontwikkel het en wat sy buiging in die suiwer handelsarena in Suid-Afrika sou maak.