Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar is soveel gapende afgronde elke dag op ons pad van heiligmaking – wat ons nie eers raaksien nie! Ons blindheid veroorsaak dat ons luidkeels teen die Vaderhand wat ons daar wegruk, protesteer.
ONS WÊRELD VAN KOMPROMIEË
Lees reeks by Ons wêreld van kompromieë
'N LEWE SONDER KOMPROMIEË
"Die Babiloniërs het ook Daniël se naam na Beltsasar verander. Dit klink dalk na 'n onbenulligheid vir ons wat so daagliks in ons land hoor hoe die swart regime straatname, plekname en nou ook skole se name verander, maar vir die volke van die antieke Midde-Ooste was 'n individu se identiteit, persoonlikheid en soms sy lewenswyse in sy naam vervat."
As ons sowat 2 600 jaar in die geskiedenis terugkyk, ontdek ons 'n groep mense wie 'n uitstekende voorbeeld vir ons stel oor beginselvastheid, veral na die mening van die grootste wêreldleier in daardie tyd, koning Nebukadnesar van die Babiloniese Ryk. Ná afloop van sy eerste inval van Juda en beleg van Jerusalem in 606 v.C. het Nebukadnesar 'n klompie skrander Joodse jong mans (waarskynlik in hulle tienerjare) weggevoer om te help om sy planne vir wêreldoorheersing te help verseker. Een van daardie jong mans was in die besonder bestem vir grootheid, en sy naam is vandag nog sinoniem met integriteit en 'n kompromislose gees. Ons weet dit kan niemand anders as Daniël wees nie.
Hoe meer ons van Daniël lees, hoe duideliker kom sy persoonlike integriteit in fokus. Sy kompromislose leefstyl vorm 'n skerp kontras met die manier waarop baie gelowiges hulle oortuigings uitleef. Baie Christene is geneig om te huiwer en gee dubbelsinnige verduidelikings oor die redes waarom hulle nie aan sekere sekulêre aktiwiteite deelneem nie.
MIN TYD VOOR TOTALE ANARGIE IN SA!
ANC tussen die duiwel en die diep blou see
Dr JJ Snyman
Die ANC sit met 'n yslike tameletjie. Een wat die hele land in 'n baie kort tydjie in absolute chaos kan laat ontaard. So erg is hierdie probleem dat dit die ANC-regime tans sodanig verlam het dat dit nie enige benul het wat omtrent die saak te doen nie en daar van leiding geen sprake kan wees nie.
Die ANC het homself aan die Joodsbeheerde geldmagte verkoop toe Nelson Mandela pas na sy vrylating deur Harry Oppenheimer oorreed is om die Joodse agenda vir Suid-Afrika te volg. Dit het natuurlik gepaard gegaan met biljoene vir Mandela self en was hy, wat dit aan betref, maar net soos meeste swart leiers omkoopbaar! Van ware vryheid vir die swart massas het dadels gekom.
Sy opvolgers was natuurlik van dieselfde stoffasie. Maar nou het hierdie uitverkoping aan Joodse geldbelange die ANC uiteindelik ingehaal. Die massas is nie meer gelukkig met leë beloftes nie. Hierdie geldmagte het nou vir Julius Malema daargestel om die ANC in bedwang te hou. Probleem is net dat Malema self nie in toom gehou kan word nie. Sy optrede tans om algehele wetteloosheid aan te moedig is 'n daad van sedisie, kort en klaar, 'n misdaad in dieselfde ernstige kategorie as hoogverraad, maar die ANC is duidelik te bang om op te tree, want wat Malema nou predik is dan presies wat die ANC nog altyd belowe het!
VERSLAG VAN GOEWERNEUR PONTIUS PILATUS...
... AAN KEISER TIBERIUS IN SAKE DIE PERSOON, IN HEGTENISNAME, KRUISIGING EN OPSTANDING VAN JESUS CHRISTUS
Aan Tiberius, keiser van Rome;
Ek groet u, edelvors.
Die gebeure van die afgelope paar dae in my provinsie is so ingrypend, dat ek u alles daaroor wil meedeel. Ek sal nie verbaas wees indien dit ons lot binnekort gaan verander nie. Soos wat dinge tans verander, lyk dit asof die gode ons hul guns ontsê het. Ek het lus om te sê: "Vervloek is die dag dat ek Vallerius Flaceus in Judea opgevolg het!" My lewe is sedertdien vol ongemak en benoudheid.
By my aankoms in Jerusalem het ek beheer van die plaaslike regering verkry en 'n luukse fees gereël waarheen die viervors van Galilea, hoëpriester en sy gevolg uitgenooi is. Niemand het opgedaag nie. Ek het dit as 'n belediging vir my amp asook die waardigheid van die regering wat ek verteenwoordig, beskou.
Enkele dae later het die hoëpriester hom verwerdig om my te besoek. Sy houding was somber en slu. Hy het voorgegee dat sy geloof hom en sy gevolg verbied het om saam met Romeine voedsel en plengoffers te gebruik. Sy gesig het egter gewys dat hy lieg maar ek het dit raadsaam geag om sy verskoning te aanvaar.
SWAK LEIERSKAP...
...AFRIKA SE KERNPROBLEEM
Andrè van den Berg
Afrika is ʼn vasteland met soveel probleme dat dit moeilik is om een daarvan bo aan die lys te plaas. Swak leierskap is myns insiens die kernprobleem omdat Afrika se sy leiers deur ʼn gepeupel met te veel koppe en te min verstand verkies word.
ʼn Verkeerde kieserskorps maak nooit regte keuses nie. Sodra sulke mense stemreg verkry, raak hulle gou van ʼn ordelike regeringsbestel ontslae en daal hulle dikwels na die vlak barbare neer. Afrika se wrede na koloniale geskiedenis is ʼn sprekende voorbeeld hiervan!
Afrika gaan mank aan gehalte stemgeregtigdes. Dit beskik slegs oor getalle; mense wie se onversadigbare aptyt vir plundering ʼn land reuse skade aanrig. Daarbenewens haat hulle die plaaslike kundige minderheid omdat hulle lelik teen hulle afsteek.
Swak leiers dwing hoogstens mag maar nooit gesag af nie. Dit val slegs eerbare leiers te beurt; iets wat geheel in Afrika ontbreek. Hier word leiers eerder deur ʼn dwase magslus, aptyt vir chaos, korrupsie en wanpraktyke verteer wat soos onkruid op die onvrugbare vlaktes van hul bose verstand groei. Daarom is baie van hulle se lewens is so vrot dat dit aan misdadigheid grens!
ONS WÊRELD VAN KOMPROMIEË
Lees reeks by Ons wêreld van kompromieë
Lewe die waarheid
‘n Mens kan nie 'n effektiewe lewe lei sonder 'n deeglike begrip in die Christelike leer nie. Dit is waarom die apostel Paulus die kennis van die waarheid "aan godsaligheid" koppel (Tit. 1:1,1953-vertaling). Later in dieselfde brief skryf Paulus: "Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan alle mense verskyn. Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige wêreld te lewe" (2:11-12).
Goddelike waarheid en godsaligheid is onlosmaaklik verbind aan mekaar. Maak nie saak hoe opreg ons intensies is nie, ons kan nie die Here se wil doen as ons nie weet wat dit is nie. Ons kan nie godsalig wees as ons nie weet wie die Here is en wat Hy van sy kinders verwag nie. Godsvrug word uit God se waarheid gebore.
ONS WÊRELD VAN KOMPROMIEË
Lees reeks by Ons wêreld van kompromieë
Ons lojaliteit teenoor die waarheid
Daar is vandag talle evangeliese predikers en leraars wat sê dat die eenvoudige Bybelse boodskap nie vir die moderne mens relevant is nie. Hulle beweer dat dit met verskeie kulturele vertalings opgeknap en getooi moet word om dit aantrekliker en aanvaarbaar te maak; 'n splinternuwe vertaling het pas weer die lig gesien asof die oues verval – die inhoud nie meer van toepassing is nie. Hoe vermetel is dit nie om te dink dat God se eie versoeningsboodskap deur onvolmaakte, sondige menslike byvoegings verbeter kan word!
Leierskap in die kerk berus nie op 'n individu se natuurlike vermoëns, opleiding, gesonde verstand of menslike wysheid nie. Dit is gebaseer op sy kennis en insig in die Woord, sy trou daaraan, sy onderworpenheid aan die Heilige Gees se vaslegging van God se Woord in sy hart en lewe. Iemand wat nie aan God se Woord vashou en hom daartoe verbind om dit uit te lewe nie, is nie geskik om dit te verkondig nie. Die waarheid van die Woord moet onlosmaaklik deel wees van alles wat hy dink en doen. Dan eers maak die leier se integriteit 'n impak op dié wat hy bedien.
Persone wat dislojaal is aan die Woord, is grootliks vir die oppervlakkige, selfverheffende prediking en lering in baie evangeliese kerke verantwoordelik. Dis hierdie dislojaliteit wat daartoe Iei dat soveel mense hulle tot sogenaamde "relevansie" bekeer en daarom 'n paaiende sielkunde of 'n afgewaterde evangelie verkondig.
VAN VOLKSPLANTING (1652)...
...NA WAARHEEN (2015)?
Hannes Ollewagen
Haggai 1:1-15
“Julle het uitgesien na baie, en kyk, dit het min geword; en julle het dit in die huis gebring, maar Ek het dit weggeblaas. Waarom? spreek die HERE van die leërskare. Ter wille van my huis wat in puin lê, terwyl elkeen van julle vir sy eie huis hardloop.”
Dit was op 6 April in die jaar 1652 dat Jan van Riebeeck hier aan die suidpunt van Afrika aangeland het. Hy het in opdrag van die V.O.C. (Verenigde Oos-Indiese Kompanjie) ‘n halfwegstasie hier kom vestig en het probeer om hierdie onderneming van hom so spoedig moontlik af te handel sodat hy verder kon reis na die Ooste.
Sake aan die Kaap het egter alles behalwe voorspoedig verloop vir van Riebeeck. Hierdie stryd en worsteling met sake het hom genoodsaak om homself die vrae af te vra:
- Waarmee is ek besig; en
- Waarheen is ek oppad?
ONS WÊRELD VAN KOMPROMIEË
Lees reeks by Ons wêreld van kompromieë
Verdedig die waarheid
"Die enigste manier waarop ons die huidige neiging tot dogmatiese kompromieë kan teenstaan, is deur die onaangetaste waarheid met hernude inspanning te beskerm, te verkondig en aan die volgende generasie oor te dra."
Soos in alle lande is leierskap van deurslaggewende belang wanneer daar in Suid-Afrika gekyk word na probleme op feitlik alle terreine. Swak leiers bring chaos en verval. En as verkeerde leiers nog doelbewus daarop uit is om te mislei in plaas van 'n volk en 'n nasie tot groot hoogtes te lei, is die materiële en geestesvoorspoed van daardie mense in dae af te tel.
Ons land verval, daar is op geen terrein stabiliteit nie; ons munisipaliteite het feitlik almal ineengestort, op alle regeervlakke is Suid-Afrika gedoem, chaos heers in die parlement as gevolg van wanbestuur en korrupsie. Dissipline ontbreek geheel en al aan owerheidskant, en onvermoë om die land polities te bestuur word al meer oorskadu deur doelbewuste misleiding en leuens wat daagliks aangehoor moet word.
As ons na ons kerke kyk is dit ook nie anders nie. Waar lê die probleem? Ongetwyfeld primêr by die leierskap - die leraars en lekepredikers wie se verantwoordelikheid dit is om God se kinders te leer, rig en beskerm.
ONS WÊRELD VAN KOMPROMIEË
Lees reeks by Ons wêreld van kompromieë
Die prys van kompromie
Daar is vandag 'n groot tekort aan mense met onbuigsame standaarde. Mense is in ons moderne lewe ook heeltemal tevrede met onbybelse idees wat hulle gemak voorop stel en hulle sondes regverdig of verskoon. Hulle verwerp enigiemand wat van hulle rekenskap wil eis oor leerstellings en morele standaarde wat hulle as oudmodies en irrelevant beskou.
Baie sogenaamde Christene verkondig hulle morele standaarde en hulle onkreukbare karakter, maar laat vaar hulle oortuigings wanneer dit voordeliger of geriefliker is om 'n kompromie aan te gaan. Die kerk is vandag vol geestelike babas wat soos golwe op en af en heen en weer geslinger word deur elke wind van dwaalleer as vals leraars hulle met slinksheid en listigheid op dwaalweë wil wegvoer (Ef. 4:14) - die teenoorgestelde van 'n geestelik volwasse Christen.
Ons sien dit ook aan die aantal kerkgangers wat van kerke verwissel – hulle weet self nie wat reg en verkeerd is nie, daarom vertoef hulle soms lank in een kerk en vertrek oornag na 'n volgende kerk wat dinge anders doen. Hierdie onstandvastigheid dui op die onkunde en onsekerheid wat binne hierdie mens heers – 'n geestelike onvolwassenheid wat verhoed dat hy seker maak wat reg en goed in die oë van God is en dan daarby vasstaan. Geestelike babas loop gedurig die gevaar om deur enige nuwe godsdienstige gril meegesleur te word. Omdat hulle nie in die Here se waarheid geanker is nie, is hulle vir elke soort skynwaarheid vatbaar - of dit nou humanisties, kulties, heidens of demonies is.
OPSTANDING DIE ANKER VAN ONS GELOOF
Ds AE van den Berg
"Geen deel van die Christelike leer word so aangeval soos Jesus se opstanding nie. Waarom gebeur dit? Omdat die opstanding die pen is wat ons geloof vashou. As daardie pen uitgetrek word, stort die hele Christelike leer soos ’n kaartehuis in duie! Waar staan jy in hierdie teologies waansinnige wêreld met sy geleerdes wat die opstanding van Jesus as simbolies en ’n storie afmaak?"
“En terwyl hy neerbuk, sien hy die doeke lê….” Joh.20:5
Ek het onlangs in ’n dokumentêre film gesien hoe die lyk van ’n gebalsemde man na 20 jaar opgegrawe is. Die liggaam het merkwaardig goed bewaar gebly; selfs die klere waarmee hy begrawe is. Toe dink ek aan ’n ander graf wat nie deur mensehande oopgemaak is nie, maar deur God self. ’n Graf met geen liggaam in nie, slegs grafklere; die graf en klere van ons Here Jesus wat uit die dood opgestaan en by sy graf uitgeloop het. Al wat in die graf oorgebly het, ja, die enigste getuienis dat Hy wel in die graf was, was die grafdoeke.
Daar is baie aspekte waaroor leraars op Opstandingsdag kan preek; belangrike aspekte. Ek vra u aandag vir die boodskap van Jesus se grafklere. Hy het dit doelbewus as ’n getuienis van sy opstanding agtergelaat.
Nadat Jesus aan die kruis gesterf het, is aan Josef van Arimathea en Nikodemus toestemming verleen om sy liggaam vir die graf voor te brei, ’n nuwe graf wat aan Josef behoort het.
DIE WEDERKOMS VAN CHRISTUS
Jesus kom gou!
Ds Andrè van den Berg
Skrif: Openb 22:6-21
Teks: “En kyk, Ek kom gou….” (:12).
Nee, hierdie getal is ‘n simboliese getal wat ‘n ontelbare skare aandui. Johannes werk hier met die getal twaalf - 12 X12 X1000. Dis die 12 stamme van Israel, die 12 dissipels en 1000, die getal wat volheid aandui. Hierdie 144,000 is slegs die simboliese getal van alle gereddes. Daar gaan miljoene der miljoene gereddes wees.
ONS WÊRELD VAN KOMPROMIEË
Lees reeks by Ons wêreld van kompromieë
Ons beginselloosheid
In die moderne tyd waarin ons leef is Sondae vir die meeste mense 'n dag van inkopies, pret en plesier, ook in Suid-Afrika. Nie net nooddienste soos vroeër is beskikbaar nie maar die meeste winkels en besighede floreer veral Sondae want, meen die man wat in die week werk, nou het hy geleentheid om sy inkopies rustig te doen. Wat sou die verskil maak dat ons Sondae vroeër geheilig het as die dag van die Here, ons besighede gesluit en die dag deurgebring het soos Hy van ons vra, en dat dit toe reg was, teenoor wat ons vandag met Sondae aanvang, en dat dit dan ook nou reg is? Wie het verander? Die Here? Sy gebooie? Of is dit die mensdom wat verander het?
'n Beginselvaste mens dwing selfs vandag groot respek af. Die beginselvaste gees van die Olimpiese naelloper Skot Eric Liddell het in die film Chariots of Fire bekendheid verwerf. Liddel het maande lank geoefen om aan die 100 meter tydens die 1924 Olimpiese Spele in Parys deel te neem. Sportskrywers oor die hele Brittanje het voorspel dat hy sou wen. Maar toe die programme aangekondig is, het Liddell ontdek dat die uitdunne vir sy item op 'n Sondag gehardloop sou word.
LEEF YWERIG MET ‘N LEWENDE GELOOF
Hannes Ollewagen
2 Petrus 1:3-21
“Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie.”(:10)
Die gedeelte in vers 10 herrinner ons daaraan dat ons gedurig besig moet wees met ons verhouding met God en ons geloofslewe op ‘n deurlopende grondslag moet versterk. Hierdie lewenswyse sal tot die behoud en versterking van ons geloof dien wat ons van struikeling sal bewaar.
Die opskrif van die gelese gedeelte, nl. “Vermaning om die Christelike deugde in beoefening te bring”, is opsommend van ‘n groot boodskap wat deur die hele Nuwe Testament verkondig word. Die boodskap dat ons geloof nie maar bloot in woorde bely kan word nie, maar dat ons gedryf moet word deur ‘n opregte liefe en dankbaarheid teenoor Jesus Christus om ons geloof uit te leef. Ons moet dit wat ons met ons mond bely uiteraard dan ook met ons dade vertoon en uitleef!
ONS WÊRELD VAN KOMPROMIEË
Lees reeks by Ons wêreld van kompromieë
Die versoeking van skynheiligheid
As daar een land is waar ons immoraliteit op hoogste vlak as voorbeeld het, is dit die Nuwe Suid-Afrika met sy beginsellose regeringslui, korrupte polisiekorps en kerkdwaalleraars. Onder hierdie voorbeeld het selfs 'goeie' mense nou oneerlik en skynheilig geword want die geleenthede is so talryk en die straf so onbenullig. Almal lieg vir almal want integriteit is nie meer in die begrip van die moderne Suid-Afrikaner nie.
The American Heritage Dictionary (Houghton Mifflin, 1992) omskryf integriteit as standvastige ondersteuning van 'n streng morele of etiese kode, 'n staat van ongeskondenheid; soliditeit of om onverdeeld te wees, volkomenheid. Dit kom van die woord integer wat "heel" beteken.
Integriteit beteken in wese dat 'n mens aan God se etiese standaarde getrou bly. Die sinonieme daarvan is eerlikheid, opregtheid, onomkoopbaarheid. Dit beskryf die persoon wat sonder skynheiligheid of valsheid is - iemand wat volgens sy of haar uitgesproke oortuigings lewe. 'n Persoon wat integriteit kortkom - iemand wat een ding sê en 'n ander ding doen - is 'n huigelaar.
WAT IS IN ‘N NAAM ?
E. van Nantes
Die afgelope week is daar geluide gemaak rondom die verandering van skoolname - herinner die regering glo te veel aan die apartheidsdae, of so verstaan ek.
Oor die afgelope twintig jaar neuk die ou spul aan en af met die name van publieke vakansiedae, provinsies, strate, dorpe, en al draai sommige hiervan in die hof, word daar maar net eenvoudig daarmee volgehou. Die gerapporteerde kostes hieraan verbonde, is om die minste te sê, astronomies en kan mens nie help om te wonder of die ou geldjies nie maar beter aangewend kon word nie, soos om byvoorbeeld dienslewering op te knap in daardie gebiede waar daar daagliks onluste voorkom reeds as gevolg van die gebrek aan dienste nie.
Onwillekeurig begin mens wonder waarom hierdie regering nie bereid is om van sy inkomste af te staan ten einde die omstandighede van sy eie mense te verbeter nie, maar wel bereid is om geld te mors ten einde name te verander.
Nou hoekom is die naamding dan vir hulle so seerpunt?
- Dat daar in hierdie nuwe Suid-Afrika geen plek is vir enigiets wat Blank en Afrikaans is nie en dit derhalwe wortel en tak uitgeroei moet word, of
GAAN ONS JESUS WEER SIEN?
Ja, Jesus kom beslis!
Ds Andrè van den Berg
Skrif: Hand.1:1-14
Teks: “Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het”(:14)
In Gal.4:4 lees ons dat God sy Seun in die volheid van die tyd na die aarde gestuur het. Wat beteken dit? Dat die tyd toe reg was. Jesus kom op God se bepaalde tyd na die aarde om sondaars te red. Hier vertoef Hy 33 jaar waarna Hy na die hemel toe opvaar.
Die vraag is: Gaan ons Hom weer sien? Ja, ons gaan! God belowe in sy Woord dat Jesus nie net eenmaal na die aarde gekom het nie, maar vir ‘n tweede en finale keer gaan kom. Luister wat sê die twee engele vir die dissipels na afloop van die hemelvaart in Hand.1:11:
Wat ‘n wonderlike belofte en vooruitsig is dit nie vir ons nie! Jesus het nie net eenmaal na die aarde gekom nie, maar kom weer. Maar wanneer? Hierdie vraag word al meer as 2000 jaar lank gevra.
SATANISME – 'N REALITEIT (4)
Kobus Jonker
Lees reeks by Satanisme
Ons gaan voort met inligting oor die New Age-beweging wat deur die gees van Satan gedryf word.
Dit is uiters moeilik om die Bybelse Evangelie met die New Agers te deel. Daar is 'n paar redes daarvoor:
1 Hulle word demonies beheer.
2 Hulle het 'n passiewe verstand as gevolg van mediterende praktyke.
3 Hulle glo in reïnkarnasie.
4 Talle van hulle het al astrale projeksie ondervind.
5 Hulle het alreeds die leerstelling aanvaar dat elke persoon sy eie "waarheid" besit en dat elkeen sy eie "realiteit" geskep het.
Om u bewus te maak wat die New Age werklik in glo noem ek van die belangrike basiese beginsels:
Die Bybel leer ons Jesus is die Seun van God - New Age sê Jesus is die oorheersende Wester soos Mohammed, Krishna en Boeddha en die broer van Lucifer.
Die Bybel leer ons ons is gered deur genade – New Age sê ons verwerf 'n godheid deur goeie werke.
Die Bybel leer ons Jesus Christus is die enigste weg – New Age sê laat Christus in jou wakker word.
'BEURTKRAG' WAS NIE NODIG (21)
WAAR SUID-AFRIKA MET SY KERNPROGRAM VANDAG KON STAAN
Jeanette Koekemoer
Lees reeks by 'Beurtkrag' was nie nodig
Met dank aan dr R.A. Basson vir 'n groot deel van die inligting hierin vervat asook aan
A R Newby-Fraser
Fundamentele Behoeftes
Fundamentele navorsing, het dr Louw Alberts, 'n voormalige vise-president van die RAK eenmaal gesê, bly die noodsaaklike fondament vir tegnologiese ontwikkeling in enige land. Fundamentele navorsing is 'n lewensbelangrike bestanddeel van die werk van enige navorsingsinrigting en sonder die bydrae van die teoretici sou baie van die kernnavorsing skipbreuk gely het.
Let daarop dat die meeste navorsing in Suid-Afrika onder 'n swart regime gestaak is want dit is nie deel van hulle kultuurpersepsie nie. Daarom het Suid-Afrika 'n werkerstaat geword waar geen eerstehandse vooruitgang plaasvind nie. Indien ons onsself wil handhaaf maak ons dus gebruik van navorsing wat elders in die wêreld gedoen word, veral in Amerika wat miljarde dollar aan navorsing spandeer en dus meestal eerste met 'n ontwikkelde ontdekking ter bêrde kom.
Tegnologie word egter nie op dieselfde vlak ontwikkel wanneer invoer daarvan ter sprake is nie. Ons kan die VSA sekerlik baie dankbaar wees vir die bietjie wat ons kan aanwend maar ons kon in 2015 self op daardie vlak gestaan het indien ons nie uitverkoop was aan 'n Derdewêreldse moordbende wat nie weet wat vooruitgang en ontwikkeling beteken nie. Inteendeel, vernietiging en korrupsie is die lewensfilosofie van hierdie spul wat dink hulle kan 'n land regeer.
Dit word dan duidelik waarom Suid-Afrika die afgelope een-en-twintig jaar ook op hierdie gebied gekwyn het want weens al die duidelik aanwysbare redes vind 'n mens dat tegnologie nie met sukses in 'n land wat nié 'n sekere hoeveelheid basiese navorsing onderneem, ingevoer of ontwikkel kan word nie.
OOK IN TYE VAN TEËSPOED
Hannes Ollewagen
Hábakuk 3:1-19
“Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie – nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil. Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente.”
Dit is maklik om in tye van voorspoed lofprysinge te uiter en oor die goedheid van God te praat, aangesien ons dit eerstehands ervaar. Wanneer die lewe egter vir ons ‘n bietjie moeilik raak, om dit lig te stel, word die diepte van ons geloof gemeet. Daar word in hierdie tye bepaal of ons geloof maar net oppervlakkig is – tot daar waar dit m.a.w. vir ons voordelig is. Aanbid en loof ek God bloot vir dit wat ek van Hom kan ontvang, of dien ek Hom waarlik uit liefde wat diep wortel geskiet het en dus ook groei?
WAAR WAS JESUS...
...DIE DRIE DAE TUSSEN SY DOOD EN SY OPSTANDING?
Ds Andrè van den Berg
1 Pet 3:18-22
Die Bybel sê dat Jesus op ʼn Vrydag op ʼn koppie net buite Jerusalem gekruisig en begrawe is, maar dat Hy die daaropvolgende Sondagoggend uit die dood opgestaan het. Waar was Hy in die tyd tussen sy dood en opstanding? Slegs Petrus gee in die gelese Skrifgedeelte spesifieke inligting op hierdie vraag. Hou egter in gedagte dat hierdie Skrifgedeelte die verband tussen Christus se lyding (:18) en sy verheerliking (:22) beskryf. Dit is nie ʼn bal-vir-bal kommentaar van wat Christus alles in dié tyd gedoen het nie.
In vers 19 skryf Petrus dat Christus gedurende hierdie drie dae vir die geeste in die gevangenis gaan preek het. Dis ʼn uitsonderlike vermelding aangesien dit nêrens anders in die Bybel genoem word nie. Hoe moet dit verstaan word?
Die Griekse woord preek wat Petrus hier gebruik, is nie dieselfde woord as wat vir prediking van die Evangelie gebruik word nie. Hier beteken dit letterlik om ʼn boodskap by wyse van ʼn aankondiging oor te dra.