Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As ek vandag by die Here kla,
Sal ek sê: "Ek is so jammer om te pla!
Maar die las word te swaar om te dra."
Dan sê die liewe Heer: "Jy mag maar kla.
Jy mag maar aanhou om vir my te vra!
Ek sal jou wel die krag gee om jou kruis te dra."
HOU SY VERBOND
Hannes Ollewagen
Josua 23:1-16
“As julle die verbond van die HERE julle God wat Hy julle beveel het, oortree en ander gode gaan dien en julle daarvoor neerbuig, dan sal die toorn van die HERE teen julle ontvlam, en julle sal gou omkom uit die goeie land wat Hy aan julle gegee het.”
‘n Geloftevolk – ‘n uitverkore volk vir Hom om sy boodskap en Evangelie aan die mensdom uit te dra! Dit was en is die roeping van die Afrikanervolk aan die suidpunt van Afrika. Ons voorouers het by Bloedrivier beloof dat ons getrou aan Hom sal leef as ‘n volk vir Hom en Hy het ons belofte aanvaar en bekragtig deur die roemryke oorwinning. ‘n Verbond is natuurlik ‘n ooreenkoms tussen twee of meer partye wat nie ongedaan gemaak kan word op ‘n ander wyse as deur die dood nie. Die voorsate van die Afrikaner het ook ons nageslag gebind deur die Gelofte wat nooit ongedaan gemaak kan word nie.
WIE IS DIE SKULDIGES (11)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DIE GEWELDDADIGE DOOD VAN GENL. DE LA REY -
’N VERBORGENHEID? (1)
" Soos daar vandag nog in die politiek van hierdie sataniese strategie gebruik gemaak word naamlik om persone te diskrediteer deur aan hulle toe te dig 'n toestand van psigiese en emosionele onstabiliteit, so is dit deur Botha, sogenaamde boesemvriend van De la Rey, en Smuts gebruik om genl De la Rey te probeer diskrediteer – en dit ná die moord op hom. Daardeur het hulle hul afskuwelike daad probeer regverdig. "
Die gewelddadige dood van genl. Koos de la Rey het plaasgevind op die aand van 15 September 1914. Die Iaaste tyd van die lewe van hierdie groot man en onbaatsugtige patriot was baie swaar. Hy het ‘n moeiliker stryd gestry aan die einde van sy lewe as gedurende die moeilike tydperk van sy militêre Ieierskap. Nie met uitsondering nie: omtrent al die leiers van die Afrikanervolk het dit moes deurgaan, naamlik dat drukkende dae van bittere smartgevoel hulle Iewenseinde vergal het. Vanaf Piet Retief tot Jan Smuts. Hulle is verraderlik op barbaarse manier vermoor (Retief; hulle het die smarte van broedertwis moes Iy (Potgieter en Pretorius); het hulle Iaaste jare in droefheid van teleurstelling moes slyt (Burgers); het as banneling in ‘n vreemde wereld moes sterf (Kruger); is deur hulle Iandgenote in die dood gedryf (Beyers); is met ongeneeslike krankheid geslaan in en deur die diens van hulle volk (Steyn) ; het van verdriet oor hul mislukte beleid gesterf (Tielman Roos); is deur die marteling van tronkmishandeling gebreek (Christiaan de Wet); is verguis deur diegenes aan wie se welsyn hulle ganse, ryke Iewe gewy was (Hertzog). En die lys is nie kompleet nie.
WIE IS DIE SKULDIGES (10)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DIE NOODLOTTIGE SES-EN-DERTIG UUR (2)
In die voormiddag van die volgende dag, op 10 Oktober 1914, 'n Saterdag, verskyn komdt. Ben Bouwer op Van Rooisvlei. Manie en hy is oud-strydmakkers uit die Driejarige Oorlog en het in 1912 op die krygskool by Bloemfontein saam drome gedroom en planne bespreek vir die hernuwing van die stryd vir die onafhanklikheid, as die tyd daarvoor aanbreek. Hy is gestuur deur genl. Koen Brits, wat nou op Upington die opperbevel voer.
Hy is doodsbleek, en as Maritz hom met 'n enkele woord aan die verlede en die afspraak vir die onafhanklikheid herinner, stamel hy: "AIIes is deurmekaar" en voeg daarby: "Ek kom jou ontslag bring,” waarop Maritz verontwaardig vra: "Waarom bring jy my ontslag nou? Andries de Wet sal nou hier wees met die kanonne."
En dieselfde aand van die tiende kom daar vier Krupps en twee pompom-meksims met bediening van Duitse kanonniers onder geleide van Andries de Wet en sy Vrykorps van Boere uit Duitswes aan.
WIE IS DIE SKULDIGES (9)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DIE NOODLOTTIGE SES-EN-DERTIG UUR
Leipoldt ry halfpad Upington toe met Maritz se motor en jaag daarvandaan sy perde amper dood om kastig by Koen Brits te kom. Hy sien die nuwe opperbevelhebber om agtuur die aand en sê: "Koen, ek weet dat u die ontslag van Maritz in u sale het, en ek het hom beloof hy sal dit kry. "
Koen Brits sou waarskynlik in sy gemoedelikheid vir Leipoldt geantwoord het: Ou seun, spring dan maar op die perd en bring die ding gou. Maar hy het onder die invloed gestaan van Enslin, wat hy ken as die spesiale verteenwoordiger van genl Botha vir wie Brits 'n slaafse ontsag gehad het. En verder is daar nog twee offisiere na wie hy Iuister. Altwee het met hom saamgekom, naamIik kol. Ben Bouwer, wat aangestel is as opvolger van Maritz in die bevel oor die kommando-kamp, en van majoor Ivan Swemmer, 'n prokureur van Standerton en offisier van die skietvereniging. Hy was 'n groot persoonlike vriend van Koen Brits en een van sy stafoffisiere.
KAIN IS KONING
E. Van Nantes
Volgens die Griekse mitologie het Midas een wens van die god Dionysus ontvang bloot omdat hy ‘n vriend van Dionysus, bedagsaam behandel het. Die wens van Midas was dat alles wat hy sou aanraak, in goud moes verander. Dionysus het die wens aan Midas toegestaan en vandaar dan die welbekende “Midas touch”-uitdrukking. Hierdie wens het nie net alleen die geldgierigheid van die koning ontbloot nie, maar ook sy totale dwaasheid aangesien hy byna gesterf het van honger omdat selfs sy kos ook in goud verander het.
Bogenoemde verhaal mag dalk as mitologie beskou word elders in die wêreld, maar hier in Suid-Afrika is dit ‘n realiteit wat op ‘n daaglikse basis afspeel. Ongelukkig vir die meerderheid onderdane van koning Zumdas is die geldgierigheid, dwaasheid en bedagsaamheid daar waar die ooreenkoms tussen die Europese en Afrika weergawes van Midas eindig, want van goud máák is daar net geen sprake aan hierdie kant nie. Inteendeel, dit wil voorkom asof hierdie koning eerder oor die vermoë beskik om reeds bestaande goud in net mooi niks te verander.
GODSDIENSTIG MAAR NIE GODVRUGTIG
SATAN SE MISLEIDINGSTAKTIEK
Ds Andrè van den Berg
2 Kor.11:1-15
Misleiding is so oud soos die kerk: “Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer .... en ʼn vinnige verderf oor hulself bring; en baie sal hul verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word; en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek ... en hulle verderf sluimer nie” (2 Pet.2:1-3).
Die kerk van Christus word sedert haar ontstaan deur mense wat nie dienaars van Christus is nie ondergrawe. Hulle is instrumente van Satan wat sy wil uitvoer. Paulus en die ander apostels het onaangename ervarings met hierdie mense gehad: “Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulself verander in apostels van Christus” (2 Kor.11:13).
Satan val die kerk nie sommer openlik aan nie, maar gaan eerder subtiel te werk om dit te vernietig. Hy ontken nie openlik die waarheid van God se Woord nie, maar vermeng dit eerder met leuens om mense te verwar.
WIE IS DIE SKULDIGES (8)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
OOREENKOMS TUSSEN MARITZ EN DUITS-SUIDWES
" Maritz en sy getroues wou die onafhanklikheid vir die volk van Suid-Afrika kry, maar nie die tweede vernietiging van daardie volk nie... Dieselfde stryd in hulle boesem is gevoer deur mense wat groter was as hy: deur De la Rey, deur De Wet, en veral deur Beyers. Maritz, De Wet, Beyers, Kemp en Wessel Wessels - hulle is die offisiële 'verraaiers'. Maar van hulle kant beskou hulle Botha en Smuts as die werklike verraaiers van die volk."
VAN ROOISVLEI
Maritz het besluit om Upington met sy kommando te verlaat en na Van Rooisvlei te trek. Niemand kon daarteen iets aanvoer nie, want dit sou hom dertig myl nader aan die Duitse grens bring en solank as sy bedanking nie aangeneem is nie (dis al elf dae gelede dat hy dit vir die eerste keer aangevra het) moet hy sy plig doen, naamlik om die Unie te beskerm, al het hy geweier om aan te val.
Wat hom veral beweeg het, is die aantog van die Engels-lojaIe troepe, duisend sterk, naamlik die Durban Light Infantry en die Imperial Light Horse, met as bevelvoerder kol. Wylie - want deur die Imperialistiese gedrag van die Unie-regering het die ou wonde weer baie rou geword. En deur bevele wat bedoel is om die seuns van die smartlike konsentrasiekampe-tyd te dwing om vir Engeland te veg, het die gevoelens teen die Engelse baie hoog gestyg en so warm geword dat Maritz en die offisiere wat in sy vertroue was, gemeen het om eers Upington te verlaat voor die nuwe troepe aankom.
AS DIE STORMS WOED
Lees dit by Briefies van Jackie
Waarom is 'n emosionele storm so 'n oorweldigende op- en afrit in 'n mens se lewe?
Ons as 'n gesin gaan tans deur een van die moeilikste tye in ons lewe. Ek moet sê, elke dag is 'n duisend emosies in een sekonde. 'n Mens bevraagteken dan baie ons Vader, en wonder waarom jy deur die moeilike tyd gaan. Waarom gee die Here nie uitkoms nie? Waarom antwoord die Here nie my gebede nie? Waarom, waarom...
Maar ek glo vandag soos 'n klein kindjie in die geloof dat 'n mens die lewe soos 'n diamant moet sien. Gelowiges word nou geslyp, geskuur en gesny deur al die ou lelike goed in die wêreld -mense wat jou verneder, geld- en familiekrisisse, die dood, depressie, ons land en sy mense wat so ten gronde gaan, ongelowiges se druk op ons, werksprobleme ens.
Dit maak oneindig seer, en mens sal altyd die littekens dra.
DIE BYBEL
Waar kom die Bybel vandaan?
Ds Andrè van den Berg
2 Pet.1:16-21
Is die Bybel soos ons dit ken werklik die Bybel soos wat God dit wou hê? Is daar nie miskien boeke weggelaat wat wel in die Bybel moes gewees het of Bybelboeke wat nooit daarin moes gewees het nie? Hoe seker kan ons wees dat die Bybel wat ons lees eg is?
Daar was nooit ’n kerklike liggaam soos ’n Sinode wat besluit het watter boeke moet in en watter moet uit die Bybel gelaat word nie. Bybelse geskrifte is deur die eeue deur gelowiges ontvang en as geïnspireerde boeke herken. In die tyd van Christus se aardse bediening was dit wat ons vandag as die OT ken alreeds bekend; al 39 boeke. Israel het nooit êrens vergader om oor die inhoud van die OT te besluit nie. God het die Bybel gewil!
Minstens 90% van die NT is t.s.v. baie mondelinge tradisies onmiddellik deur gelowiges as die Woord van God erken. Oor boeke soos Jakobus en Hebreërs was daar aanvanklik ’n bietjie twyfel aangesien die naam van die skrywer by Hebreërs ontbreek en Jakobus met sy klem op goeie werke oënskynlik Paulus se klem op genade weerspreek.
WIE IS DIE SKULDIGES (7)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
MANIE MARITZ
IN ons geskiedenis is daar, meen ek, geen kleurvoller persoonlikheid as Manie (Salomon Gerhardus) Maritz nie en dit sê heelwat want Suid-Afrika het ‘n ongewone aantal groot manne voortgebring. Hy was een van die Iang Iys Boerehelde wat in die drie-jarige oorlog van burger opgeklim het tot generaal, deur pure verdienstelikheid. Wessel Wessels, Wynand Malan, Jan Kemp, Jaap van Deventer, Edwin Conroy, Chris Muller, Coen Brits, Ben Viljoen, George Brand, Nussey, "Apie” Bezuidenhout (ek noem maar sommer net 'n klompie) is van sy klas Iaasgenoemde 'n rebel-generaal, wat saam met Kemp die seshonderd Transvalers deur die sandwêreld van die Kalahari gelei het en deur duisende troepe heen wat onder bevel van genl. Botha gestaan het, tot by Maritz.
Hy was dus nie van die grootste formaat nie en was altyd bereid om bevele te ontvang en uit te voer van groter manne as hy.
WIE IS DIE SKULDIGES (6)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DEUTSCH-SüDWEST AFRIKA
Die Kolonie Duits Suidwes (Deutsch-Südwest Afrika) het slegs die Ieeftyd van dertig jaar bereik: op 22 Augustus 1884 het die Duitse Imperiale Regering kennis gegee aan die Britse Minister van Buitelandse Sake dat die oorlogskip 'WoIf' die 500 myl kuslyn van die Grootrivier se mond af na die noorde toe vir die Duitse Keiser in besit geneem het. Walvisbaai (in die eerste tyd 'WaIwick Bay' genoem) was reeds ‘n jaar of ses tevore deur die Engelse geannekseer.
In die maand Augustus 1914 is daar besluit dat die Duitse Kolonie deur die Britse Imperiale Goewerment ingeval sou word met die hulp van die Unieleër onder aanvoering van genl. Louis Botha.
Die hele dertig jaar van sy bestaan het Duitswes die begeerIikheid opgewek van die Britse imperialiste, veral van dié in die Britse Kolonie-met-selfregering, die Kaap die Goeie Hoop.
NA BINNE EN NA BO!
Hannes Ollewagen
Deut. 10:10-22
“En nou, Israel, wat eis die HERE jou God van jou as net om die HERE jou God te vrees, in al sy weë te wandel en Hom lief te hê en die HERE jou God te dien met jou hele hart en met jou hele siel, om te hou die gebooie van die HERE en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou goed kan gaan?” (:12-13).
Na binne en na Bo, Afrikaner!
Dit het haas tyd geword dat ons volk sal opkyk na die HERE ons God aan wie die hemel en die aarde behoort om sodoende moed te skep in die tye waarin ons leef. Wanneer die horisontale fokus op ons probleme verskuif na ‘n vertikale fokus op Hom wat ons te hulp kan kom met ons probleme, lyk ons probleme en struikelblokke sommer summier kleiner.
JEUGDAG, SHARPEVILLE, CATO MANOR...
Jeanette Koekemoer
Dit is goed om die waarheid oor hierdie herdenkingsdae te lees want in die hoofstroom van ons liberale media sal dit nie gevind word nie. Agter elkeen van hierdie gebeurtenisse is barbarisme aan die orde van die dag, en nie komende van die destydse polisie soos dit in die media uitgemaak word nie maar onder die swart massas wat meestal gedryf word deur drank en dwelms met 'n gees van boosheid en vernietiging.
Die sestiger- en sewentigerjare het 'n paar uitstaande gevalle van swart oproere opgelewer en dis goed om die aanloop vanaf 1960 in perspektief met vandag se viering van die sogenaamde jeugdag in herinnering te bring. Die lyn regdeur word gekenmerk aan die wanorde, barbaarsheid, vernielsug en moord uit die midde van die swart massas, terwyl die polisie deurentyd die skuld vir die gevolge van die oproere gekry het. Die roeringe in die midde van die swartes self was die groot oorsaak vir baie van die oproere wat voor die blankes se deur gelê is, soos die splitsing wat in 1960 binne die ANC plaasgevind het.
Vir die Swart Radikaal-Sosialis, Robert Sobukwe, was die ANC nie militant genoeg nie en het te veel die stempel van Blanke Kommuniste gedra.
NOG 'N BARBAARDAG GEVIER
OPGEVOEDES SOU WOU VERGEET VAN SULKE BARBAARSHEID
Die meeste mense vier graag die Nuwe Suid-Afrika se talle publieke vakansiedae sonder om te weet presies waar die swart regime dit uitgekrap het. Behoudende blanke Afrikaners behoort egter te weet waar elkeen van hierdie dae sy oorsprong het sodat hy kan besluit of hy daaraan wil meedoen.
Die sogenaamde jeugdag wat weer vandag landswyd gevier word is nog een van die kommunisties-geïnspireerde instellings wat teen elke blanke en Afrikaner in die besonder gemik is. Soos meeste van die Nuwe Suid-Afrika se feesdae het dit sy oorsprong uit swart opstand, wanorde en barbarisme. Hierdie keer was dit hordes swart skoolleerlinge in Soweto wat op 16 Junie 1976 in die Orlando Stadium bymekaargekom het uit protes teen Afrikaans as onderrigtaal in skole. Afrikaans is destyds, net soos vandag waar 'n felle stryd daarteen gevoer word, gesien as die taal van die onderdrukker. Leerlinge van die Orlando Wes Junior Hoërskool het reeds vanaf April geweier om skooltoe te gaan en teen Junie was die opsweping genoeg om duisende swart leerlinge te beweeg om aan die plundering en chaos op die 16e deel te neem. Tiperend van sekere rasse is dit nie moontlik om 'n vreedsame byeenkoms te hou nie en het die hel in hulle midde losgebars toe hulle mekaar begin takel en doodslaan. Honderde swart jeugdiges het in die chaos gesterf, nie aan die hand van die polisie nie maar deur hulle eie wanorde en barbaarsheid.
WIE IS DIE SKULDIGES (5)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
REDE VIR HIERDIE WERK
EN MY LAASTE BESOEK AAN GENL DE WET
Die belangstellende in die historiese gebeurtenisse wat ek behandel, het die reg om te weet wat die oorsprong, en dus die waarde, is van die gegewens wat verwerk is in hierdie werk, ook wat die aanleiding is tot die skrywe hiervan.
Waarom het ek op ‘n Ieeftyd wat beskou word as ‘n tydperk van ouderdomsrus, die worsteling met die woord weer begin, ofskoon ek al dertig jaar gelede (in 1925) na ‘n diens van 'n kwarteeu die joernalistiek laat vaar het? Die antwoord is: my laaste besoek aan genl. De Wet - dit is die aanleiding.
‘n Hele tydjie voor die ou generaal uit sy jare van martelaarskap deur die dood verlos is, het ek heeltemal onverwags uitgekom op sy plaas Klipfontein, by Meadows, in die distrik De Wetsdorp. Ek was oppad van Kaapstad na Pretoria en het ‘n bietjie op die perron van Bloemfontein op en neer gestap terwyl die trein daar ‘n ruk stilgestaan het. Ek loop my vas teen een van die generaal se seuns, Piet, wat aangenaam verras was, nes ek.
OORDEEL IS GOD SE TAAK
Ds Andrè van den Berg
“Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was” - Luk.19:10
Ons kyk hier na die vyf kenmerke van ʼn opregte, soekende hart na God; iemand wat gereed is om tot bekering te kom. Saggeus is een van die uitstaande figure wanneer dit kom by ʼn sondaar wie se hart gereed was om Jesus te ontvang. Hy was ʼn belastinggaarder wat in Jerigo gewoon en vir die Romeinse owerheid belasting ingevorder het; iets waarvoor die Jode hom verag het. Saggeus het nie net vir die verdrukkers gewerk nie, maar het, soos alle belastinggaarders destyds, die slegte reputasie gehad dat hulle meer as wat nodig was van mense geëis en in hul eie sakke gesteek het. Dit het hulle in die klas van uitvaagsels geplaas. So bid die Fariseër dan ook: “ ... o God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nie – rowers, onregverdiges, egbrekers, of ook soos hierdie tollenaar nie” (Luk.18:11).
Ons ken almal ongelowiges hetsy in ons eie familiekring, vriende of kollegas, mense wie se siele, indien hulle nou sou sterf, verlore is. As jy aan hierdie mense dink, is ek seker dat jy sommige van hulle meer en ander minder ontvanklik vir die bekering ag.
SATANISME – 'N REALITEIT (9)
Kobus Jonker
Lees reeks by Satanisme
Satanisme – die ontstaan en groei
As daar vandag na satanaanbidding en heksery gekyk word, gaan hierdie twee verskynsels op baie terreine hand aan hand. Die mense se belangstelling in die super-naturalistiese magte gaan steeds terug tot die prehistoriese mens van die bo-Palcolistiese tydperk (ongeveer 15 000 vC). Reeds jare gelede het satanaanbiddery en heksery mekaar sterk aangevul. Sedert die vroegste tye het mense in Egipte, die semitiese wêreld en in Delphi die slang aanbid.
In die 2e eeu na Christus het 'n soort gnostiese sekte, die Ophiete bestaan wie 'n groot agting vir Satan gehad het. Hulle het hul volgelinge geleer dat God die kennis van die mense weggeneem het en dat die duiwel die ware bevryder van die mensdom is aangesien hy teen God gerebelleer het. Satan kan dus op die eerbied en diens van die mens aanspraak maak.
WIE IS DIE SKULDIGES (4)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DAARNA...
Genls Botha en Smuts het hulle draai gemaak. Crafford, een van die betroubaarste lewe-sketsskrywers van genl. Smuts, noem dit kort en duidelik: hul "transmutation from Afrikaner Nationalism to British Imperialism”. In die terminologie van daardie tyd: Van Afrikaner Repuklikanisme tot Britse Imperialisme.
Dis nie die eerste keer in ons geskiedenis dat politici van koers verander of selfs 'n heeltemal teenoorgestelde rigting gaan inslaan het nie. Dit het al eerder met genl. Smuts plaasgevind toe hy van Rhodesman 'getransmuteer' is tot 'n getroue hoofamptenaar en volgeling van pres. Kruger. Dit het daarna plaasgevind met eersugtige jong manne wat in die jare 1914-1915 deelgeneem het aan rebel-jaery en die inval in Suidwes-Afrika, maar later ontpop het as vurige, haastige repuklikeine, vir wie die ou staatmakers, wat herhaaldelik hulle lewe vir die republiek gewaag het, glad te stadig was. Daardie jeugdige yweraars het nie geslaag in die bereiking van ideale dinge nie, maar wel in hul strewe om die toppunt van politieke mag en aansien in die land te behaal.
WIE IS DIE SKULDIGES (3)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
GENL. SMUTS IN 1902
"Genl. Smuts het nie toe, en nooit nie, die diepgaande respek van die Boer vir die menselewe aangevoel of dit erken nie... hy het in die tronk van Pretoria vir Jopie Fourie Iaat doodskiet. Nie omdat Jopie ontrou geword het aan 'die groot republiek en vaderland nie', maar juis omdat hy getrou gebly het aan die republikeinse ideaal as 'n opregte vaderlander. Voor die doodvonnis toegepas is, het genl. Smuts gaan wegkruip sodat niemand hom vir genade kon vra nie..."
Jan Christiaan Smuts is een van die baie republikeinse burgers wat sonder enige militêre rang die driejarige oorlog begin het en as een van die hoofoffisiere daaruit te kom.
Sy burgerskap was op 11 Oktober 1899 (die datum waarop die oorlog uitgebreek het) nog jonk, want eers die vorige jaar, na hy aangestel is as staatsprokureur van die Zuid-Afrikaanse Republiek, het hy sy Britse onderdaanskap vaarwel gesê en is hy as republikeinse burger ingesweer. Op 'n Universiteit in Engeland (Cambridge) het hy met volharding en welslae in die regte studeer, en dadelik na sy terugkeer in die Kaapkolonie het hy as Rhodesman begin belangstel in die politiek. Maar toe dit in die begin van 1896 duidelik geword het dat Rhodes se loopbaan deur die Jameson-inval vernietig is, het Jan Smuts na die Transvaal getrek, en na 'n kort maar nie baie geslaagde loopbaan as advokaat nie, het hy een van die hoofamptenare geword, en burger van die vrye Republiek.
WEES TEVREDE MET WAT JOUE IS
Hannes Ollewagen
Matt. 20:1-16
“Neem dan wat joue is, en gaan heen. Ek wil aan hierdie laaste een gee net soos aan jou.”
In ons humanistiese samelewing herinner dié gelykenis mens aan die voldwonge feit dat ons nie God se regters is nie maar diensknegte. Dit is nie ons taak om sy weë en handelinge te bevraagteken of as onregverdig te beskou nie, maar om in gehoorsaamheid sy opdragte uit te voer.
Dit voel menigmaal asof ons al die moeilikheid van die wêreld op ons skouers moet dra as verantwoordelike mense deur ons geloof in Christus terwyl die res van die wêreld wat “minder gelowig” as ons blyk te wees, dieselfde of selfs ‘n groter loon as onsself ontvang. Hierdie gelykenis bring die begrip tuis dat ons fokus nie op ‘n ander se loon en verdienste moet wees en ek in die proses waardering vir my eie loon verloor nie.