NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

‘n Wyse volksleier tree nie oorhaastig op nie, maar dink deeglik na alvorens hy reageer.  Hy veronagsaam ook nie voor die handliggende feite nie.  Wysheid is ‘n gawe van God. “En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid.... en dit sal aan hom gegee word” (Jak.1:5)

OUERS VIR CHRISTUS

Ds Andrè van den Berg

Ons leef in ‘n wêreld met baie probleme. Die meeste daarvan is verhoudingsprobleme wat ontstaan omdat mense verkeerd teenoor mekaar optree. Die grootste daarvan is verbrokkelende gesinslewe.    En ek praat nie van familietwiste en egskeidings nie, maar van die verwaarlosing van kinderopvoeding – dan gee 'n volk se ruggraat in.

Die huisgesin is die kleinste sosiale kring met die grootste uitwerking op die samelewing.  As dinge hier skeefloop, kring dit na al die ander lewensinstansies uit:  die skool, kerk en gemeenskap.

‘n Mens sien dikwels op TV hoe advertensies in trurat afspeel.  Dit begin bv. by ‘n varsgebakte koek wat voorgesit word.  Dan begin die advertensie agteruitbeweeg om by die eintlike geheim van die lekker koek uit te kom totdat dit eindig met die vrou wat ‘n sekere soort koekmeel, bakpoeier of botter gebruik.  Wat die adverteerders daarmee wil sê, is dat die sukses van die koek aan daardie spesifieke bestanddeel te danke is.

Kom ons volg dieselfde patroon met kinderopvoeding en begin by die professor wat kla dat ‘n sekere student hom swak gedra en sy hoërskoolonderwysers blameer wat hom nie reg geleer het nie.  Sy hoërskoolonderwysers het ook hulle hande met hom vol gehad. Hulle blameer weer die laerskoolonderwysers dat hulle so ‘n onvoorbereide kind hoërskool toe gestuur het.   Sy laerskoolonderwysers het egter net soveel moeilikheid met hom gehad en sy ouers daarvoor blameer.  Sy ouers was laaste in die ry en kon niemand kry om vir sy swak gedrag te blameer nie, want hy was die produk van ‘n verkeerde kinderopvoeding.

Baie jare gelede is Rodney Axe in Kaapstad aan moord skuldig bevind en ter dood veroordeel.  Hy was slegs 19 jaar oud.  Met die vonnisoplegging het die regter vir Rodney se pa gesê: “Ek moes jóu eerder vandag ter dood veroordeel het!”. Rodney Axe was die produk van ‘n mislukte kinderopvoeding.

Die groot Engelse prediker, Charles Spurgeon, het by geleentheid gesê: “Ek pleit dat julle so sal leef dat as julle miskien eendag by die graf van een van julle kinders moet staan, daar nie ‘n stem uit die graf sal kom wat sal sê: ‘Pa, jou nalatigheid was my ondergang', of: 'Ma, jou biddeloosheid was die rede vir my verdoemenis nie’ ”.

Aan die ander kant is dit wonderlik indien kinders kan terugkyk op ouers se voorbeeldige lewens en die betekenisvolle invloed wat hulle op hul kinders se lewens gehad het.   Ongelukkig is daar ook gevalle waar ‘n kind moes terugkyk en sê:“Dankie, Here, dat U my van die bose invloed verlos het waaraan ek as kind in my ouerhuis onderwerp was! "

Dis belangrik dat ouers hulle kinders van jongs af leer om die regte lewenspad te volg.  Wat egter belangriker is, is dat hulle self hierdie pad moet loop!  ‘n Mens hoor so dikwels ‘n pa vir ‘n kind sê: “Moenie maak soos wat ek maak nie; maak soos ek sê”, en almal lag oor so ‘n misplaaste kwinkslag, as ‘n mens dwaasheid enigsins so kan noem.   Ek wil vir so ‘n pa sê: Jou dwaas!  Daar is niks om oor te lag nie.  Mag die Here gee dat jy nie eendag oor jou kind se mislukking gaan huil nie! Ouers, moenie julle kinders vertel watter pad om te volg nie, wys eerder vir hulle deur voor te stap.

Ouers kla dikwels dat hulle kinderprobleme het.  Meestal is dit egter andersom: kinders het ouerprobleme! Geen gevaar bedreig kinderopvoeding soos ouers wat slegte voorbeelde stel nie.  ‘n Ouer wat goeie raad wil gee, maar slegte voorbeelde stel is soos ‘n swendelaar wat ‘n lesing oor eerlikheid wil hou.   Verkeerde voorbeelde verwar kinders.  Ouers raak kwaad as kinders die huishoudelike toerusting skraap.   Maar wat van die skrape en diep wonde wat hulle nie met hul swak voorbeelde op hul kinders laat nie?

Hoe kan kinders goeie menseverhoudings aanleer as hulle dit nêrens sien nie?    Hoe kan hulle leer om met mekaar as gesinslede oor die weg te kom indien ouers mekaar gedurig in die hare vlieg en selfs ten aanhoor van hul kinders vloek?

Daar is ongelukkig by baie ouers ‘n wanbegrip oor wat ouerskap beteken. Baie meen dat dit beteken om kinders te hê.  Nee, dis net so onsinnig as om te glo dat jy ‘n pianis is indien jy ‘n klavier besit.  Net soos wat dit vir ‘n pianis oefening en nogmaals oefening verg ten einde bedrewe te raak, gaan dit ook baie oefening kos om die kuns van suksesvolle ouerskap te bemeester.

Daar is ongelukkig geen plaasvervanger vir of kort paadjies na suksesvolle ouerskap nie.   Dit verg inspanning, geduld en baie kniewerk.  Ouers op hul knieë se kinders struikel nie!   Die invloed van ouers op hulle kinders is baie sterker as dié van predikante, onderwysers of wie ook al.  Mislukte ouerskap baar ellende; suksesvolle ouerskap baar lewensgeluk.

Hoe kan ons gelukkig leef?

Almal hunker na geluk.  Al wat ons begeer, is ‘n gelukkige aardse lewe.   Een van die grootste misgissings is dat geluk in die bymekaarmaak van aardse goedere lê.  Dis ‘n leuen!

Neem vir Christina Onassis wat in 1988 op 37 jarige leeftyd oorlede is en meer as $15 biljoen nagelaat het.  En sy was sielsongelukkig.  Sy het dit self erken.  Nee, stoflike dinge bring nie ware geluk nie.  Die dinge wat egte geluk bring, is juis dinge wat nie met geld gekoop word nie.  Ons kan nie almal ryk wees nie, maar, dank die Here, ons kan almal gelukkig wees.

Waaruit bestaan ware geluk?

Uit regte verhoudings.  Eerstens met God en daarna met mekaar. Daar is ‘n Chinese spreekwoord wat lui: "‘n Gelukkige gesin is hemel op aarde”. ‘n Mens hoor altyd van 'die bose kringloop'.  Daar is ook ‘n heilsame kringloop. As iemand se kinderjare gelukkig was, dra hy dit gewoonlik na sy eie huisgesin toe oor.

Die gesin is ‘n noodsaaklike instelling in ‘n samelewing want dit bring orde en geborgenheid waarsonder kinders nie gebalanseerd grootgemaak kan word nie.  Kinders raak van vroeg af van hulle ouers se allesomvattende, beskermende en voedende krag bewus.   Ouers is hulle kos, hulle liefde, hulle warmte, kortom: hulle hele wêreld.    Dit anker hul lewe. As ons dus met ons kinderopvoeding misluk, maak niks wat ons verder doen eintlik meer saak nie.

Dis belangrik dat kinders presies weet wat liefde is.   Ons leef in ‘n liefdelose samelewing wat wemel van skewe beelde van liefde.  Daar is net een manier hoe ‘n kind van liefde kan leer - deur na sy ouers te kyk.  Dr. Justin Green, ‘n psigiater, skryf dat hy in al die jare wat hy gepraktiseer het, nooit met ‘n kind te doene gekry het wat emosionele probleme ondervind het omdat sy ouers mekaar liefgehad het nie.  Die teenoorgestelde het hy by die duisende gekry - kinders met sielkundige probleme omdat ouers nie vir mekaar lief was nie.

Ouers wat mekaar werklik liefhet en dit wys, se liefde vloei outomaties na hul kinders deur. Geen kind se persoonlikheid kan in ‘n onsekere atmosfeer normaal ontwikkel nie.  As hy onseker is oor sy ouers se verhouding met mekaar, is hy onseker oor homself.

Gevolglik is die beste ding wat ‘n pa vir sy kinders kan doen, om hulle ma lief te hê.  En die beste ding wat ‘n ma vir haar kinders kan doen, is om hulle pa lief te hê.   Liefde vir mekaar is die grootste geskenk wat ouers aan hulle kinders kan gee.  Deur hulle wedersydse liefde skep hulle ‘n angsvrye ruimte waarbinne hulle kinders tot volle lewensontplooiing kan kom. ‘n Kind wat nie uit ‘n liefdesgemeenskap kom nie, het ‘n knou weg.

Jou kind se jeugjare behoort vir hom vreugdejare te wees.  Jy moet dit vir hom moontlik maak deur hom genoeg liefde te gee.  Daar is min dinge wat ‘n kind meer skade berokken as ‘n liefdelose ouer. ‘n Rebelse kind is gewoonlik een wat voel dat sy ouers hom nie meer liefhet nie. Gee jou kind baie liefde. Liefde lei tot gehoorsaamheid – binne sowel as buite die gesin. Vul jou huis met liefde, dit kos jou niks nie. Opregte liefde skaad geen kind nie.  Onderlinge liefde is die sement wat ‘n gesin bymekaar hou.  Ouers hoef nie baie geld te hê om gelukkige kinders te hê nie.  Ryk kinders sit dikwels op arm ouers se skote!  Elke gram ouerliefde is meer as ‘n ton goud werd!

As ons ‘n eerlike voorbeeld stel, sal ons kinders eerlik wees.  As ons hulle met liefde omvou, sal hulle liefdevol wees. As ons geduldig met hulle is, sal hulle ook met ander mense geduldig wees.  As ons die lewe met ‘n lag tegemoetgaan, sal hulle ook ‘n sin vir humor hê. Entoesiastiese ouers kweek entoesiastiese kinders.

Die regte voorbeeld

Kinders luister miskien nie altyd so goed na hulle ouers nie.  Maar hulle boots hulle baie goed na!  Kinders is gebore na-apers. Daar is die bekende verhaal van ‘n man wat by ‘n krap kom en hom vra waarom hy so skeef loop, waarop die krap antwoord:“My pa loop skeef, my ma loop skeef; waarom sal ek nie ook skeef loop nie?” Ouers wat krom en skeef deur die lewe loop, se kinders loop gewoonlik dieselfde pad!

‘n Gelowige het eenkeer gesê: My pa het my nooit vertel hoe om te lewe nie; hy het  my toegelaat om na hom te kyk”. As jy nie ‘n goeie pa of ma gehad het nie, sorg dat jou kinders ‘n goeie een het!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    NASIONALE VROUEMONUMENT GEDENKBOEK                 

     Verlede - Hede - Toekoms

    Die Gedenkboek oor die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein, die enigste Vrouemonument ter wêreld, is redaksioneel saamgestel deur skrywer-uitgewer Marthinus van Bart, bekend vir sy waarheidsgetroue gedenkboeke oor belangrike Suid-Afrikaanse kultuursake. Tien vakkundiges – elkeen 'n spesialis in sy / haar vakgebied – het aan die boek meegewerk.

    Lees verder...  
  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3178 gaste aanlyn