Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Siekte takel mens af na liggaam en gees; jy kan keer dat dit jou gees ontmoedig: as jy dink jy is 'n slagoffer van siekte sal jy presies dit wees; stel eerder jou doelwit om 'n oorwinnaar daaruit te wees – meesal is dit jou veggees wat jou binne God se wil laat herstel.
DIE STRYD VAN ONS VOLK
HET DIE AFRIKANER NOG LEWENSLUS, NOG STRYDLUS?
Hannes Ollewagen
Daar is ‘n alombekende spreekwoord wat lui: “As jy nie bereid is om vir iets te sterf nie, het jy niks om voor te leef nie.” Hierdie stelling is nie alleen van toepassing op individue nie, maar soveel te meer op volkere.
My gedagtes neem my terug met ‘n arendsvlug deur die geskiedenis van die Afrikanervolk. Gelowige Christene wat vlug uit Europa om teregstelling weens hul geloof in Jesus Christus te ontvlug en gevestig word aan die suidpunt van Afrika waar hulle hul geloof verder kon uitleef. Hierdie was mense wat nie hul geloof in die geheim wou beoefen nie, maar juis hul geloof wou leef! Al sou dit beteken dat hulle huis-en-haard moes agterlaat ten einde hul gelowige lewenswyse te handhaaf, was selfs hierdie prys nie te hoog om te betaal nie.
BOU ONS NOG?
Hannes Ollewagen
Esra 5:1-17
“En hulle het ons die volgende antwoord gegee en gesê: Ons is knegte van die God van hemel en aarde, en ons bou die huis wat baie jare gelede gebou is, wat ‘n groot koning van Israel gebou en voltooi het. Maar omdat ons vaders die God van die hemel vertoorn het, het Hy hulle oorgegee in die hand van Nebukadnésar, die koning van Babel, die Chaldeër; hy het hierdie huis verwoes en die volk na Babel weggevoer.” (:11-12)
My gedagtes gaan terug na 1838 – na ‘n volk wat voor God beloof het:
“...dat ons ‘n huis tot sy eer sal oprig, waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte.”
‘n Volk, die Afrikanervolk, wat beloof het om vir God ‘n heiligdom te bou en daar tot sy eer te leef, ook die toekomstige geslagte. Hierdie onderneming was nie dat ons ‘n klomp kerkgeboue sal oprig nie, want ons weet dat sy heerlikheid nie vasgevang kan word in tempels wat met hande gemaak is nie.
WIE IS DIE SKULDIGES (18)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
Genl Beyers as Kommandant-generaal van die Burgermagte
Genl. Beyers se aanstelling, soos gepubliseer in die spesiale Staatskoerant van 5 Julie 1912, het geldig geword op die eerste van daardie maand. Sy titel was: Kommandant-generaal van die Burgermagte, onder die Verdedigingswet wat net dae tevore deur die goewerneur-generaal onderteken was en op 14 Junie 1912 offisiëel afgekondig is. Hy was die regte man: sy aangebore eienskappe as Ieier, sy ondervinding in die oorlogsveld, en veral sy populariteit by die Afrikaanssprekende en selfs by ‘n deel van die Engelse bevolking, het ongetwyfeld die nuttigheid van sy aanstelling by genls. Botha en Smuts beklemtoon - veral sy gewildheid by die volk, want die Afrikaners het maar taamlik baie agterdog oor baie dinge gehad.
Daar was art. 1 van die Wet, wat verdediging binne en buitekant die Unie neerlê. En daar is in daardie tyd eerder al gesê en geskryf dat Engeland ons burgers miskien sou gebruik om Duitswes te annekseer.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die predikant het tevergeefs probeer om geoorloofde parkeerplek in die middestad te kry maar dit was onmoontlik. Hy parkeer toe sy motor op 'n verbode plek en plaas die volgende nota onder die ruitveër:
"Ek het tien maal om die blok gery en nie parkeerplek gekry nie. As ek nie hier parkeer nie, mis ek 'n baie belangrike afspraak. Vergeef ons ons skulde."
Toe hy terugkom, is daar 'n boetekaartjie saam met hierdie nota waarop staan:
"Ek patrolleer hierdie blok al 10 jaar lank. As ek jou nie 'n kaartjie gee nie verloor ek my werk. Lei ons nie in versoeking nie."
EEN BESLUIT TUSSEN HEMEL EN HEL...
Ds Andrè van den Berg
“Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie” - Joh.3:3
Dit gebeur dikwels dat skelms aan mense diamante verkoop wat by nadere ondersoek nie diamante is nie. Op die oog lyk dit soos die ware Jakob, maar dit is nie. Dieselfde ding gebeur ook op kerklike vlak; mense wat hul as diamante in God se koninkryk voordoen, maar in werklikheid vals is.
Christus het ook met sulke valse mense te doen gekry. Baie van die Joodse kerklui het voorgegee om opreg te wees.
WIE IS DIE SKULDIGES (17)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
’N PERS-INTERMEZZO
" Maar midde in die felle stryd om Die Week se vryheid, het sy en haar man my nie alleen in die sleek gelaat nie, maar die vyand gaan help. HuIIe het 'n hofsaak oor die besitreg van die koerantjie met my aangegaan. Mnr. en mev. Logan het die saak gewen. Adv. Danie de Waal, skoonseun van genl. Botha was huIIe advokaat, en die koste was so hoog dat ek genoodsaak is om boedeI oor te gee. Die Week is toe, met Nig Mimmie as redaktrise, uitgegee by De Volksstem-drukkery, maar nie lank nie, want noudat die blaadjie ook 'n Botha-orgaan geword het, is die bestaansreg opgehef. En Die Week het verdwyn. Hierdie politiese strategie is so oud soos die berge..."
Christiaan Frederik Beyers het die Driejarige Oorlog ingegaan as ‘n onbekende prokureur van die Oos-Rand en daar uitgekom as 'n gewilde volksheld, een van die baie wat so uitstekend oorlog gemaak het dat hulle deur die oorlog "gemaak” is. Hy was een van die bestes, ‘n pragtig-geboude sesvoeter met 'n paar sterk donker oë, ‘n dik, swart snor en donker baard. Hy was nie onbewus van die aandag wat sy voorkoms getrek het nie en hy het deur sorgvuldigbeid in sy optrede die indruk daarvan nog verhoog. Ek het herhaaldelik as jong koerantskrywer met hom saamgegaan na buitevergaderings wat hy toegespreek het. Die byeenkomste is in die buitelug gehou, want daar was ná die oorlog se verwoesting geen geboue beskikbaar nie. Hy het altyd gesorg dat hy betyds opdaag.
HOE STAAN ONS VOOR HOM?
Hannes Ollewagen
Kol. 1:3-23
“...sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei,” (:10)
“Ook julle wat vroeër vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen in die liggaam van sy vlees deur die dood, om julle heilig en sonder gebrek en onberispelik voor Hom te stel;”(:21&22).
'n Mens wonder vir hoeveel mense dit nog belangrik is om hulself waardiglik voor die Here te gedra – oftewel waardiglik voor Hom te wandel? Mense mat hulself met ywer af om groter besighede te bou, die nuutste motors aan te skaf en hul kinders tot die hoogste prestasies te dryf sodat hul voor ander mense goed kan vertoon. Dit is juis hierdie gesindheid wat mense van ‘n gerusstellende vrede ontneem en hulle verstrik laat raak in die najaag van die begeerlikhede van die vlees terwyl hul geestelike lewe feitlik sterf.
AARDBEWINGS EN GOD
Ds Andrè van den Berg
Matt.24:1-44
"Van 1900-1945 was daar 19 groot oorloë in die wêreld. Statistieke toon ook dat natuurlike rampe grootskaals toeneem. Van 1945-1975 was daar 119! Amerikaanse seismoloë bewys ook dat aardbewings sedert 1990 aansienlik toeneem. In 1990 is daar bv. 2,268 aardbewings wêreldwyd aangeteken. In 1999 het die getal tot 3003 gestyg en in 2010 tot 8390. Vanaf 1990 tot 2010 was daar dus ʼn styging van 370% in aardbewings!"
Wanneer kom Jesus weer? In Mt.24:36 sê Jesus self dat geen mens, nie eens die engele in die hemel, die presiese tyd van sy wederkoms weet nie: “Maar van die dag en die uur weet niemand nie, ook die engele van die hemel nie, maar net my Vader alleen”. Die dissipels het Hom egter gevra: “Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld” (:3).
Jesus het nie gesê dat die vraag onmoontlik was om te beantwoord nie, maar vir hulle tekens gegee wat kort voor sy wederkoms in die wêreld gesien sou word. En as ons kyk wat tans in die wêreld en met die wêreld gebeur, het ons goeie rede om te glo dat ons in die eindtyd is waarvan Jesus gepraat het.
Jesus gee vyf duidelike tekens:
WIE IS DIE SKULDIGES (16)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DIE HOFSAAK (2)
"Wat was Leech se beweegrede om nie betyds die nie-skietbevel telefonies aan Langlaagte te gee nie en daardeur genl De la Rey se dood te veroorsaak? Die antwoord daarop sal nooit gegee kan word nie, want die mond wat dit sou kon doen, is vir altyd gesluit: net 'n paar dae na die Hofondersoek beëindig is, het Leech sy hand aan sy eie lewe geslaan. Die verborgenbeid is daardeur nie alleen verdiep nie, maar ook nog bestendig."
Alles draai om die nie-skietbevel. Sub-inspekteur Leech besoek persoonlik Marshallplein, en as hy terugkom in sy kantoor in Fordsburg, kom daar die telefoonberig van dieselfde persoon - dat daar nie geskiet moet word nie. Leech stuur 'n sersant om die nabye wagte daarvan te verwittig en telefoneer na die ander stasies onder sy bevel. Maar aan Langlaagte, een van sy stasies, gee hy nie dadelik kennis nie. Vir Langlaagte maak hy 'n uitsondering. Hy klim agter op die motorfiets van 'n sersant om die instruksie daarheen te bring. Daardeur word Langlaagte eers 'n halfuur later ingelig. As hy, soos vir die ander stasies sy instruksies telefonies oorgestuur het sou dit Langlaagte bereik het nog voor Drury en Ives (wat op die hoek van Du Toit- en De Willestraat posisie moes inneem om motor te keer, desnoods met wapengeweld) van die stasie af vertrek en hulle sou die nie-skietbevel betyds in die stasie ontvang het.
DIE ANDER WANG DRAAI?
Ds Andrè van den Berg
“...maar as iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander een na hom toe” - Mt.5:39
Ons land het baie slegte mense vanaf die agterlikste gemeenskappe heel onder tot bo in die Parlement. Daar gaan feitlik nie ʼn dag verby dat die media nie oor hooggeplaaste persone se korrupsie, nepotisme, diefstal of skandes berig nie. In sommige gevalle selfs al vier hiervan gelykertyd! By geleentheid het ʼn Engelsman spottend gesê dat hy eers na sy land gekyk en vir die regering gebid het, maar nou kyk hy na die regering en bid vir sy land!
Net soos wat daar uit verrotte hout niks goed gekerf kan word nie, kan ʼn swak regering kan nooit goed regeer nie. En dit plaas gelowiges in ʼn moeilike situasie. Hoe moet hulle onder sulke omstandighede optree? Wat wil God hê?
KINDERS VAN GOD
Hannes Ollewagen
Romeine 8:1-17
“Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.” (:14)
Ons moet begryp dat Jesus Christus se kruisdood die vervulling van die wet van God was en nie die vernietiging daarvan nie. Hy het vlekkeloos sy lewe neergelê en hierdie volmaakte offer van sy soenbloed was die volle koopsom om al sy kinders van die mag van die dood los te koop. Hierdie dure prys wat betaal is vir ons vryheid, mag dus nooit goedkoop gemaak word om misbruik te word om ‘n lewe van losbandigheid te lei nie.
Wanneer ons die omvang van die losprys begryp wat Jesus Christus vir elke ware gelowige betaal het, is ons veronderstel om ‘n lewe van ootmoed voor God te leef uit dankbaarheid vir sy genade. Dit beteken dat ek uit dankbaarheid ‘n lewe sal nastreef waar ek in vryheid die sonde beveg en nie vry is om ‘n lewe van losbandigheid te leef waarin ek die sonde omhels nie.
WIE IS DIE SKULDIGES (15)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DIE HOFSAAK (1)
'n Groot deel van die publiek het onvoorwaardelik gegIo dat genl. De la Rey nie deur ‘n ongeluk gesterf het nie en dat die koeël eintlik vir genl. Beyers bedoel was. Enkele bekende mense het daaraan openlik uiting gegee. Senator A. D. W. Wolmarans het in ‘n onderhoud met ons Nasionale Blad "Het Volk" die verantwoordelikheid vir die hele, droewige gebeurtenis op die Regering gegooi. Daardie onderhoud was deur die senator in nog krasser woorde gestel as wat dit uiteindelik gepubliseer is, maar "A.D.W.” was op ‘n wenk van my as verantwoordelike editeur van die blad, dadelik bereid om enkele van sy skerpste uitdrukkings te versag. Maar selfs soos dit gedruk is, het dit groot ergernis in die regeringskringe opgewek; en toe uit verskillende dele van die land dieselfde en krasser opinies gehoor word, het die regering besluit om ‘n Regterlike Kommissie van Ondersoek aan te stel. Senator Wolmarans is een van die wat voor daardie Iiggaam geroep is, en ook genl. Petrus J. Liebenberg, wat (volgens ‘n verslag deur 'n regeringsondersteuner, Volksraadslid Neser van Klerksdorp) op 26 Desember vir ‘n groot byeenkoms gesê het: "GenI. De la Rey is moedswillig, opsetlik doodgeskiet.”
WIE IS DIE SKULDIGES (14)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DIE GEWELDDADIGE DOOD VAN GENL. DE LA REY — ’N VERBORGENHEID? (4)
Hierdie belangrike episode is deur veldk. ds. Hendrik Boshoff opgeteken uit die mond van genl. Beyers teen die einde van die rebellie, toe hulle vasgekeer was by die sameloop van die Otterspruit en die Valsrivier. Boshoff skryf dat genl. Botha het geweet dat dit genl. De la Rey se plan was om die mag wat op Potchefstroom in die kamp was, te Iaat optrek Pretoria toe. Daarom moes hy ten alle koste gekeer word. Terug na die gebeure by die padblokkade:
Voorgekeer by 'n padblokkade, vra genl Beyers vir genl De la Rey of hulle regtig moet stilhou, maar De la Rey is nie 'n man wat hom deur 'n paar konstabels Iaat keer nie, en hy antwoord dadelik:
"Nee, Iaat ons aangaan.”
En die Daimler, wat so 'n oomblikkie sy remme voel hef, trek nou weer Iustig, met helder stralende Iigte vorentoe.
Die noue deurgang tussen die groot pakkiste was vyftien minute gelede nog nie daar nie. Toe was die hele pad nog afgesluit. Het dit so gebly, dan sou die Daimler moes stilhou, en dan het die ware oorsaak van die polisiemaatreëls aan die generaals bekend geword. Charles Drury sou dan moontlik sy noodlottige skoot nie afgetrek het nie.
WIE IS DIE SKULDIGES (13)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DIE GEWELDDADIGE DOOD VAN GENL. DE LA REY — ’N VERBORGENHEID? (3)
"Gedurende die ete rig genl. De la Rey hom een keer tot mev. Beyers, en terwyl hy na die jong kêrels wat die gesprek aan die gang hou wys, sê hy: 'Hoe ouer ek word, hoe meer voel ek, as ek sulke jonge manne aanskou en aan hulle toekoms dink: Iiewer geen nasie nie as 'n nasie sonder land. Watter plek is daar vir hulle in hulle geboorteIand? ' ”
Genl Botha het volgehou met sy leuen dat die Duitsers by Nakob oor die grens gekom het en hulle daarom op hulle plek gesit is. Ongelukkig vir Botha het niemand hom werklik geglo nie, en senator A. D. W. Wolmarans het die inval in Duitswes kaalkop as "Iandroof” beskryf.
Genl. De la Rey het hierdie woord "Iandroof” afgekeur. Dit was te skerp na sy sin. En weer pleit hy vir verdraagsaamheid. Bitsige woorde kon moeilikhede, selfs burgeroorlog afgee. Hy wil tot die uiterste die so nodige volkseenheid probeer bewaar of bewerkstellig. Hy sal nie teen die Regeringsmosie stem nie, maar maak duidelik dat hy hom nie verplig reken om deel te neem aan enige oorlog wat Engeland verkies om te maak nie.
ALTYD DIESELFDE ANTWOORD...
...EN DIT GELD ORAL, OOK IN SUID-AFRIKA
In die boek van Stuart Cloete, The African Giant, voer hy onder andere 'n gesprek met die Goewerneur-Generaal van die eertydse Belgiese Kongo.
Hy vra aan die Goewerneur:
"Your Excellency, what would happen if the white man left the
Die Goewerneur antwoord sonder enige aarseling:
"A few years, because we have built well. The buildings will stand".
Cloete wou verder weet:
"And then?"
Die Goewerneur kyk Cloete reguit in die oë toe hy antwoord:
"Then, monsieur, the forest will return".
Cloete skryf na aanleiding van sy navorsing in vele lande:
"This is the classic reply all over the continent. There is no other answer".
SKRYF NÓU JOU KOOPBRIEF...
... EN VERSEËL SÓ JOU ERFREG IN DIE LAND WAT GOD AAN JOU GEGEE HET
Jeanette Koekemoer
"Daar het die Here egter ook die belofte aan Jeremia gemaak dat Jerusalem nie net herstel sou word nie maar dat Israel en Juda se grondgebied ver buite sy grense sou uitbrei die dag as die Here hulle weer 'na hierdie plek terugbring – uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het in my toorn en in my grimmigheid en in groot gramskap - en hulle veilig laat woon...' - Lees Jeremia 32."
Suid-Afrika, ons voorspoedige en selfonderhoudende land wat met vaste tred op die pad na wêreldleierskap gestap het, is nou 'n Derdewêreldse land waarin misdaad, korrupsie, moord en verwoesting van alles wat met sorg tot stand gebring is, seëvier - op so 'n skaal dat die uiteinde daarvan, in die woorde van die Here, "...'n wildernis, sonder mens of dier", 'n gegewe is. Hierdie is nie 'n oordrewe siening wanneer die potensiaal van barbare gemeet word aan hul verwoestingsvermoë nie. Daarvan is talle voorbeelde dwarsoor die wêreld bekend. Suid-Afrika staan reeds in daardie statistiek opgeteken ná vernietiging van ons kernbedryf wat ten volle in ons elektrisiteitsbehoeftes kon voorsien, van ons uitvoerbedryf wat ons ekonomiese infrastruktuur gedra het; ons ryke grondstowwe wat nou aan buitelanders verkwansel word tot verryking van korrupte ampsdraers, en die ergste wag nog op ons wanneer die duiwel self onder sy kinders gaan losbreek in hul sogenoemde laaste fase van rewolusie met grootskaalse anargie, verwoesting en afbrand van alles wat voorkom.
Ons situasie in Suid-Afrika is nie uniek nie. En dít wat aanleiding gegee het tot die verval van alles rondom ons, ook nie.
WAAR IS DIE HERE?
Hannes Ollewagen
2 Konings 2:13-25
“…Waar is die HERE, die God van Elia, ja Hy? En toe hy op die water slaan, is dit na weerskante verdeel, en Elísa het deurgegaan.”
Elke gelowige was seker al in ‘n situasie in sy/haar lewe waar hulle ook soos Elísa in hierdie gedeelte wou vra – “Waar is die HERE?” As ek dan sy kind is, waarom gaan dit so sleg met my? As ek dan sy kind is, waarom hoor Hy nie wanneer ek na Hom roep nie? Dalk voel u om soos Job te vra in die Woorde van Job 13:24: "Waarom verberg U u aangesig en hou my vir ‘n vyand van U?” Dit kan selfs wees dat u beproewing u laat twyfel aan die egtheid en/of die korrektheid van u geloof. Die groot rede vir laasgenoemde is waarskynlik grotendeels weens leraars wat “voorspoedteologie” verkondig en wanneer swaarkry en beproewing in mense se lewens woed, tuimel hulle geloofshuise omdat dit nie op die Vaste Rots gebou is nie. Leraars wat “voorspoedteologie” verkondig en aan mense vertel dat God net liefde is en jou geloof in Hom jou van alle teëspoed vrywaar, sou feitlik vir al die geloofshelde moes vertel dat God hul nie liefgehad het nie – wat ons natuurlik weet nie die waarheid is nie.
BID VIR ONS PREDIKERS...
...SATAN PROBEER HULLE STILMAAK
Ds Andrè van den Berg
“En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, om die heiliges toe te rus vir hul dienswerk tot opbouing van die liggaam van Christus”. - Efes.4:11,12
Waarom lees jy vanoggend hier? Dalk omdat jy 'n behoefte aan die Woord van God en heel moontlik ʼn erediens het? Dalk is jy nie vanoggend daar nie omdat jy werklik nie daar kan wees nie. Maar dalk weet jy nie meer wat 'n erediens is en of dit vir jou iets werd is nie. Kom ons kyk waarom jy graag daar sou wou wees.
ʼn Erediens is ʼn besondere ontmoeting met God en vir gelowiges belangrik omdat hulle in ʼn verhouding met God staan. Paulus vergelyk hierdie verhouding met ʼn huwelik: “Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente” (Efes.5:23).
Soos ʼn vrou graag by haar man wil wees, wil ʼn gemeente graag by Christus wees. En waaruit bestaan ʼn gemeente anders as gelowiges?
WIE IS DIE SKULDIGES (12)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DIE GEWELDDADIGE DOOD VAN GENL. DE LA REY —
’N VERBORGENHEID? (2)
" De la Rey se woorde was: 'Hoe sal genls. Botha en Smuts voor God kan verskyn as hulle die kinders gaan offer wat in die moordkampe deur hulle moeders afgebid is?' Dit was die vraag sonder 'n antwoord, wat genl. De Ia Rey gevra het."
Genl. De la Rey het op sy besoek aan Pretoria ook vir genl. Beyers ontmoet en Manie Maritz by die stasie net ‘n handdruk kon gee. Genl. Beyers het hom gevra om te kom, veral na aanIeiding van ‘n brief van genl. De Ia Rey se swaer, mnr. Greeff. Hierdie brief het naderhand in besit geraak van mevrou Beyers; die inhoud was 'n versoek aan haar man om "Oubaas Koos na Pretoria te roep en te probeer om hom 'tot bedaring te bring, want hy wou verkeerde dinge doen'. Sy skriftelike versoek het genl. Beyers Iaat volg deur ‘n dringende telegram, waarin hy genl. De Ia Rey aanraai om die Treurfontein-vergadering nie te Iaat deurgaan nie. En by hulle ontmoeting op Pretoria het genl. Beyers sy hooggeëerde besoeker meegedeel dat daar volgens gerugte ‘n plan bestaan by die Regering om genl. De Ia Rey te Iaat arresteer.
DIE AFSKHUWELIK...
E. Van Nantes
Op Vrydag 26 Junie 2015, beslis die Hooggeregshof van Amerika by wyse van ‘n verdeelde stem (5 teen 4), dat “selfde-helfte” (same-sex) huwelike voortaan in alle state (ook die 13 wat dit tot op hede teengestaan het) gewettig word en dat hierdie “paartjies” in terme daarvan geregtig sal wees op dieselfde regte en voorregte as díé van heteroseksuele huwelike. Ter viering van die uitspraak is die Wit Huis, toring 1 van die WTC en verskeie stadsale daardie selfde aand nog, in die kleure van die reënboog gehul. Selfs Obama kon nie anders as om sy stempel op die geleentheid af te druk nie, met die woorde “Today we can say in no uncertain terms that we’ve made our union a little more perfect”. Tydens ‘n verdere toespraak het Obama die ondersteuners van “selfde-helfte” huwelike aangemoedig om ander mense te help om oor hul geloofsoortuigings te kom sodat laasgenoemde nie langer teruggehou word van ‘n progressiewe Amerikaanse siening van gelykheid nie (vry-vertaling)[1]
Met die aanhoor van hierdie “nuus” was my eerste gedagte “Geval, geval het die groot Babilon” en dit deur één regter.