Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die verloop van elkeen van ons se geskiedenis berus by die keuses wat ons maak. Ons kan ook kies om NIE ons eie vyand te wees nie – 'n keuse wat ongelukkig deur baie min mense gemaak word.
MOET OP PRINSE NIE VERTROU NIE
E. Van Nantes
02 Feb 1990 - Toespraak : Parlementsopening : F.W. De Klerk[1]
Tydens hierdie toespraak word spesifiek daarvan melding gemaak dat onderhandelinge met die leiers van die totale populasie moet plaasvind ten einde ‘n standhoudende vrede te bewerkstellig aangesien die alternatief daarvoor net groeiende geweld, spanning en konflik sou beteken. Dit word ook gestel dat kontak en samewerking met die res van die wêreld nodig is om die sekuriteit van landsburgers te bevorder en verder, dat armoede, werkloosheid, opvoeding, ongeletterdheid, ensovoorts in die pad staan van ‘n beter algemene lewenstandaard. Alhoewel nie deel van hierdie toespraak, wil ek my tog herinner dat internasionale sportmededinging by ander geleenthede as verdere aansporing deur die NP ingespan is om die Blanke bevolking daarvan te oortuig dat n vreedsame magsoorname aan die ANC noodsaaklik was, maar ek staan gekorrigeer te word.
16 Des 2012 - “South Africa is not falling apart”[2] en op 11 Aug 2015 - “The country has not gone down. The country is moving ahead. It’s developing. It’s fine, so it’s not true that the country is going down”[3] - Zuma.
Vereenvoudig, skets bogenoemde aanhalings twee Staatspresidente, die een doen alles in sy vermoë om mag weg te gee omdat hy ‘n burgeroorlog (of ten minste geweld, isolasie en armoede) voorsien, terwyl die ander alles in sy vermoë doen om aan die mag vas te klou omdat hy voorspoed sien.
Dit is sekerlik maar net menslik om na verloop van tyd, die verlede met die hede te wil vergelyk ten einde te bepaal of jou besluite en daaropvolgende optrede wel korrek was, al is die waarde daarvan dan bloot beperk tot die interessantheid daarvan. Dit moet egter beklemtoon word dat die skrywer nie oor enige spesiale inligting beskik nie, en is die opinie suiwer gebaseer op inligting vanuit daaglikse mediaberigte. Lesers met ‘n beter agtergrond uit hierdie era mag derhalwe, en met reg, ‘n totaal teenoorgestelde opinie as hierdie huldig.
GEWELD
Die noodwendige gevolge van burgeroorloë is die daarmeegepaardgaande lewensverlies, vernietiging van infrastruktuur en uiteindelike ekonomiese ineenstorting.
Die grensoorlog wat gedurende 1966 tot 1989 grotendeels in Suid-Wes Afrika en Angola gevoer is, het na die binneland van Suid-Afrika begin oorspoel. Met die eerste oogopslag is dit daarom te verstane dat die NP bekommerd moes wees oor die situasie wat 21 jaar gelede in die land geheers het en daarom van mening was dat opgetree (lees onderhandel) moes word. Maar presies wat wás die situasie? Die bevolkingsamestelling :
|
JAAR |
SWART |
BRUIN |
ASIëR |
WIT |
|
1993[4] |
23.016m |
3.402m |
1.022m |
5.149m |
|
2014[5] |
43.333m |
4.771m |
1.341m |
4.554m |
Die verhouding van Blank teenoor Nie-Blank gedurende 1993 was 1/5. Wat interessant is, is dat die verhouding by die Slag van Bloedrivier 1/44 (470/21000[6]) en Tydens die Vryheidsoorlog, 1/8 (52000/448725[7]), was.
Wat verder van belang is, is dat die die SAW, wat destyds allerweë as die sterkste weermag op die kontinent gereken is, vir ‘n periode van 23 jaar effektief die landsgrense kon beskerm teen sy vyande, te wete Angola, Kuba en SWAPO.
Dit moet ook genoem word dat elke man oor weermagopleiding beskik het as gevolg van verpligte nasionale diensplig en so ook byna elke huis oor ten minste een vuurwapen.
Ons voorouers het hulle klaarblyklik nooit laat verskrik deur deur die aantal vyande waarvoor hulle te staan gekom het nie. Die rede hiervoor moet daarin geleë wees dat hulle altyd op die Almagtige God vertrou het om hulle te verlos.
Dit wil dus voorkom asof ons in 1994, ten spyte daarvan dat ons teen ons “kleinste” vyand tot nog toe te staan gekom het en oor baie beter opleiding en toerusting as ooit tevore beskik het, nie kans gesien het om ons eie land te verdedig nie. Hoekom nie? Moontlik was ons nie Godvresend genoeg nie - besluit maar self.
SPANNING
"In 2004 the World Health Organisation called workplace violence in South Africa 'alarming', with half of all healthcare workers in government hospitals reporting verbal abuse, and 42.5% witnessing or being attacked at work[8]." Stakings is natuurlik ‘n verdere bydraende faktor tot spanning in die werksomgewing.
Maar spanning is nie beperk tot net die werksomgewing alleen in Suid-Afrika nie. Die huidige aanvalle op tradisioneel Afrikaanse instansies soos US en Elsenburg, die verwydering van Afrikaner monumente en -name en uitlatings soos dat Afrikaans op sy plek gesit moet word, dra verder by tot onderlinge spanning.
Wat hier van belang is, is dat hierdie huidige faktore tydens 1994 totaal afwesig was en word die opinie gehuldig dat die huidige spanningsvlakke derhalwe tans baie hoër moet wees as gedurende 1994. Mens kan dus nie anders as om die 1990 NP-opinie betreffende hierdie faktor, ook te verwerp nie.
KONFLIK
Die beste voorbeeld van binnelandse konflik gedurende die apartheidsjare, moet sekerlik die Sharpville slagting van 1976 wees waar 69 gedood is. Vergelyk hiermee die 44 sterftes aan die hand van die polisie tydens die Marikana-voorval in 2012, dan besef mens dat die konflik soos destyds aan ons voorgehou, geensins so uniek was nie. Syfers met betrekking tot protesoptredes vir daardie tyd is ongelukkig nie beskikbaar nie, maar kan dit genoem word dat soveel as 30 protesoptredes per dag alreeds gedurende Februarie 2014 gerapporteer is.
Lewensverlies
Volgens Africa Check beloop die aantal moorde per 100 000 gedurende 2013/14, 32[9] terwyl dit 66.9 in 1994 was[10]. Alhoewel die magsoorgawe dus ‘n 50% verbetering m.b.t. moord tot gevolg gehad het, is hierdie syfer steeds 5 maal hoër as die wêreldgemiddeld vir 2013 en derhalwe vêr verwyderd van die “standhoudende vrede” wat die NP aan ons voorgehou het.
Vernietiging van infrastruktuur
Die algemene toestand van paaie en staatsinstansies is reeds aan almal goed bekend. Dit kan egter met veiligheid gesê word dat die situasie m.b.t. hierdie aangeleentheid sodanig verswak het dat 1994 nou as idiaal voorgehou kan word, eerder dan die swakste scenario.
Ekonomiese ineenstorting
Die verhouding van die Rand teenoor die Amerikaanse Dollar :
|
1961 |
1974 |
1985 |
1994 |
1999 |
2001 |
2003 |
2005 |
2007 |
2009 |
2011 |
2012 |
2013 |
2014 |
|
0.72 |
0.87 |
2.23 |
3.55 |
6.11 |
8.60 |
7.55 |
6.36 |
7.05 |
8.41 |
7.25 |
8.34 |
9.64 |
10.5 |
Word 1994 as basisjaar gebruik, blyk dit dat die Rand met byna 300% verswak het tot en met 2014. Ja, die globale finansiële krisis dra sekerlik by tot hierdie verswakking, maar indien ons nie deel geword het van die wêreld ekonomie in 1994 nie, sou ons nie dalk net beter daaran toe gewees het nie? Dink daaraan, die ANC gaan die een lening na die ander aan wat ons net verder en verder in die skuld dompel, terwyl selfverryking en korrupsie hoogty vier. Die totale buitelandse skuld in 1994 was minder as $25 bilj. waar dit tans byna $150 bilj. beloop, wat ‘n 600% verhoging onder die bewind van die ANC verteenwoordig[11]. Die gevolg van die magsoorgawe is dus ‘n skuldlas wat, teen die huidige wisselkoers, nooit terugbetaal sal kan word nie, grootskaalse werkloosheid, swak verdienste op beleggings en die uiteindelike verdwyning van die Blanke uit die werksmag. Hoedanig is die “sekuriteit” van landsburgers dan nou hierdeur verbeter?
SOSIALE FAKTORE
Voor 1994 is skole afgebrand, dit gebeur nog steeds. Netso is armoede, behuising, werkloosheid, opvoeding en ongeletterdheid nog steeds wesenlike probleme in 2015. Verder het die onderwysstelsel tot ‘n laagtepunt, vergeleke met die res van die wêreld gedaal en is ‘n beter lewenstandaard beperk tot ‘n minderheid voordeeltrekkers. Tot welke mate die magsoordrag dus bygedra het tot ‘n “beter lewenstandaard”, kan u maar self besluit.
SPORT
Geen sport, nie eens rugby nie, is hierdie land se weggee werd nie. Die uiteinde daarvan is wel internasionale mededinging, maar met ‘n kwota-span. Kort voor lank word daardie 7 blankes 5, dan 3 en uitendelik speel die Swart Bokke “internasionaal” teen Wit Afrikaners gekleë in ander lande se truie!
SLOTSOM
Die uitslag van die onderhandelinge tussen die NP en ANC is soortgelyk aan dié van onderhandelinge tussen ‘n werkgewer en vakunie... die werkgewer mόét altyd toegee maar ontvang niks in ruil daarvoor nie.
Piet Retief het sy lewe gegee en Natal vir die nageslag daarmee verkry, die NP het ‘n grongebied van 1.221m vierkante kilometer gegee en vir elke Blanke ‘n stukkie van die hel van swart bemagtiging, regstellende aksie, ekonomiese verval, die vernietiging van ons taal, substandaard opleiding, kwota-sport en gedwonge integrasie verkry.
Wat meer is, die redes wat die NP aan ons voorgehou het ten einde ons “vreedsame” samewerking te verseker, het boonop in elk geval gerealiseer.....die verskil is net dat dit nie onmiddellik nie, maar oor 21 jaar plaasgevind het.
Terwyl die ANC dus met die land weggestap het en ons met niks nie, word De Klerk in 1993 beloon vir όns vreedsame oorgawe met die Nobelprys vir VREDE. Meer spesifiek lees die motivering vir sy prys soos volg : “for their work for the peaceful termination of the apartheid regime, and for laying the foundations for a new democratic South Africa"[12]
Indien die pre-94 Suid-Afrika homself dan nou in so ‘n benarde posisie bevind het soos wat ons wysgemaak is, en dat dít ‘n rede was vir oorgawe, wat staan die huidige regering dan te doen waar omstandighede duisend maal swakker is as voorheen? Dink u vir een oomblik dat hulle om hierdie rede hul beheer sal laat vaar? Dit word sterk betwyfel, veral as gesien word hoe hulle nie eens sal toelaat dat ‘n mosie van wantroue teen die president deurgevoer word nie.
GEVOLGTREKKING
Terug by die twee presidente. Dit word aan u oorgelaat om aan die hand van hierdie, of u eie besondere kennis, te besin of hulle as eerlik en betroubaar beskou kan word.
Al wat hierdie skrywer weet, is dat die magsoorgawe deur die NP nie hul vrese besweer het nie en dat ons, as gevolg daarvan, ons land kwyt is.
Dink u dat Israel een meter van sy grondgebied aan die Palestyne sal afstaan, sonder om daarvoor te baklei, maak nie saak wat die res van die wêreld daaroor te sê sal hê nie. Inteendeel, géén regering sal toelaat dat in hόm gebeur wat híér gebeur het nie, nie eens die ANC nie!
Persoonlik, totdat die teendeel homself bewys, het die eerste reël van George Carlin ‘n stoere aanhanger bygekry en lees dit soos volg : “I have certain rules I live by. My first rule, I don't believe anything the government tells me.”
[1] https://www.nelsonmandela.org/omalley/index.php/site/q/03lv02039/04lv02103/05lv02104/06lv02105.htm
[3] http://mybroadband.co.za/news/government/134670-south-africa-is-falling-apart-and-zuma-thinks-all-is-fine.html
[4] https://www.nelsonmandela.org/omalley/index.php/site/q/03lv02167/04lv02218/05lv02244/06lv02245.htm
[9] https://africacheck.org/factsheets/factsheet-south-africas-official-crime-statistics-for-201314/