Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
DOEN DIT VANDAG NOG!
Ds Andrè van den Berg
“ ... Want hoedanig is julle lewe? Dit is tog maar ʼn damp wat vir ʼn kort tydjie verskyn en daarna weer verdwyn” - Jak. 4:14
Mense is lief om slegte dinge met mooierklinkende woorde te versag. Dit word eufemismes genoem. So praat mense bv. van kinders wat buite die eg verwek is as liefdeskinders. Is kinders wat binne die eg verwek is nie eerder liefdeskinders nie? Sonde word met ʼn suikerlagie bedek. Van een wat gesteel het word gesê dat hy gegaps het, of as iemand besope is, dat hy te veel gekuier het. Alles eufemismes om sondes onskuldig te laat klink!
Nog ʼn gevaarlike woord waarmee die werklike stand van sake dikwels omseil word, is die woord môre. Iemand sê: “Ek kan dit nie vandag doen nie, maar sal dit môre doen” terwyl hy dit vandag kan doen, maar nie daarvoor lus is nie. Iemand skryf nou onlangs die volgende ware woorde: “Môre is ʼn hersenskim, môre is skone illusie, dit is kaf; ja, môre is soete bedrog, want jy leef nie môre nie, maar vandag”.
Die woord môre word al te graag as ʼn rookskerm vir uitstel gebruik. En dis ʼn baie gevaarlike woord, veral wanneer dit by geloofsake kom want dit kan jou die hemel kos!
WIE IS DIE SKULDIGES (49)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
GENL. DE WET SE LAASTE TREK
Ná die geveg by Virginia op 16 November 1914 het ‘n deel van die Opstandelinge-kommando teruggeslaan na die ooste, en die ander deel het deurgebreek na die weste. HuIIe het hulle rondom hulle groot Generaal geskaar in die bosse Iangs Vetrivier. Genl. De Wet het hulle beduie dat ‘n kommando, veral ‘n amper ongewapende kommando, net ‘n beslommering sou wees in die trek na Duitswes, wat nou sou begin. Hy het twaalf man uitgesoek om hom te vergesel, en die ander beveel om na hulle wonings terug te keer of om uit te hou tot hy van die nodige wapens voorsien na Pretoria sou optrek om daar die Vierkleur te hys en die onafhankIikheid uit te roep.
Nou, dertien dae later, op 29 November het ons by 'n pannetjie in die droë wêreld ten weste van Vryburg, ons perde Iaat drink en ons waterbottels volgemaak. Ons moes nag en dag tussen die duisende vyande deurvleg. En dit was alleen genl. De Wet wat so ‘n trek kon volvoer. Ofskoon reeds 60 jaar oud, was sy militêre talent onverswak, en sy fisieke toestand nog voldoende om die oneindige worsteling met die vyand, honger, vermoeidheid en kommer te deurstaan.
Sý KONINKRYK EERSTE!
Hannes Ollewagen
Matt. 6:19-34
“Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” (:33)
Dit is net vroeër in dieselfde hoofstuk van hierdie evangelie dat Jesus Christus sy dissipels geleer het hoe om te bid. Die gebedspatroon van die modelgebed (die Onse Vader) stuur dieselfde boodskap uit as wat Jesus vir ons leer in Matt. 6:33. Die boodskap is duidelik om seker te maak dat ons in ons lewens God se Koninkryk voorop stel. Sy Koninkryk is veronderstel om voorrang te geniet in ons lewens.
Ons kyk na ‘n samelewing, ‘n land en ‘n volk en ons wil soms sommer net ons hoofde in moedeloosheid laat sak, a.g.v. die groot ellende hiervan. Ons sien hoedat huwelike en gesinne uitmekaar geskeur word. Ons sien hoedat die jeug op ‘n glybaan van sedelose verval beland wat hulle ongetwyfeld in ‘n modderpoel van ellende sal laat opeindig sonder ‘n tydige ingryping.
WIE IS DIE SKULDIGES (48)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
ONS DEEL SAAM
BY Vetrivier het genl. De Wet die oorblyfsels van al sy kommandos huistoe gestuur en net met 12 vrywilligers voortgetrek met die bedoeling om deur die Kalahari Suidwes te bereik. Daar, so was sy plan, sou hy voldoende oorlogsmateriaal probeer kry en dan die Vrystaters wat nog beskikbaar was, veral in die suide, oproep om die stryd vir onafhanklikheid voort te sit. Ons 13 het op 20 November 1914 van Vetrivier af in die rigting van die Vaalrivier getrek. Die veld was uiters swak want die reëns het nog nie geval nie. Langs die pad kry ons 'n plaas waar ‘n dam was, deur ‘n windmeul voorsien van water, en hier het ons ‘n bietjie die saals afgehaal en die perde Iaat drink. Ons vertrek daarvandaan was haastig want ek merk dat heliografiese berigte oor ons heen flits, en ons het vinnig gery.
DIE SAMARITAAN
E. Van Nantes
Dr. D.F. Malan, Leier van die Opposisie, 1938 : "Stoflike welvaart alleen kan geen volk opbou nie. Ook ‘n volk moet ‘n siel hê, anders is hy niks meer nie as ‘n geografiese uitdrukking, ‘n vormlose en karakterlose versameling en ‘n prooi van elke wind wat waai. Egte godsdiens, onvervalste vryheid en die suiwere bewaring van sy blanke ras en beskawing is onmiskenbare vereistes vir ons eie volksbestaan. Sonder dit kan die Suid-Afrikaanse volk geen toekoms hê nie....”
“Die Groot Trek het ons ons volksiel gegee. Dit was die bakermat van ons eie nasieskap. Dit sal altyd vir ons aandui die bakens op ons pad en vir ons dien as die vuurtoring in ons nag. Dit sal oor die geslagte heen vir ons wees die helderste en kragtigste wekroep tot grootwees en grootdoen. . .Ek het geen ander boodskap vir die Afrikanervolk nie as dié van Bloedrivier self : Glo in GOD! Glo in jou volk! Glo in jouself!”[1]
Met die lees van Dr. Malan se woorde was die eerste gedagte dat dit treffend, besielend en inspirerend vir ieder en elke volksgenoot behoort te wees. . . dat hierdie woorde sό betekenisvol is dat álmal daarvan kennis behoort te neem . . . dat dit inderdaad die sleutels tot die voortbestaan van enige volk verteenwoordig!
JOPIE FOURIE
deur Jan F.E. Cilliers
Daar trek 'n koeël, met spoed, met spoed,
hy's nat van Afrikanerbloed,
en smart die boodskap wat hy voer;
hy kom uit Afrikanerroer,
hy kom deur Afrikanerhart,
maar met die rou en die smart
bring hy die hart se kragte oor.
Slaap sag, trou hart, so wreed deurboor,
want, trekkend, trekkend jaar en stond,
sal steeds die koeël sy boodskap sprei;
en waar hy tref, heel nooit sy wond;
en wat hy tref, dit heilig hy!
GEE JOU 'MAAR' VIR JESUS
Ds Andrè van den Berg
“..... en die man was ʼn dapper held, maar melaats” - 2 Kon.5:1
Omdat die lewe baie kort is, behoort dit vir elke mens kosbaar te wees. Ons kry net een kans om te lewe en moet poog om net die beste daarvan te maak. Geen mens kan aan die lengte van sy lewe iets doen nie, maar wel aan die diepte. Daarom maak dit nie saak hoe ons eendag doodgaan nie, maar eerder hoe ons leef, want die lewe gee ons die kans om ons siel vir die ewigheid voor te berei.
Wie ’n goeie lewe in volle geloofsekerheid leef, sal dit sonder hartseer verlaat. Dit waarborg egter nie dat die lewe vir gelowiges maneskyn en rose sal wees nie. Ons leef in ʼn gebroke wêreld wat van sonde deurtrek is. Soms voel ons dit soos Naäman aan ons eie liggame: “...en die man was ʼn dapper held, maar melaats” .
Die woord maar is ʼn nare woord in die lewe. Dit dui op iets wat ontbreek en jou van ware geluk, topprestasie en volle lewensontplooiing beroof. Talle beroemde mense het ook ʼn maar in hulle lewe gehad. Beethoven was ʼn uitstaande komponis, maar doof.
WIE IS DIE SKULDIGES (47)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DOODSKIET, OPHANG, OF WAT?
UIT ONS JEUG het ons 'n storie van president Abrabam Lincoln onthou, omdat dit so skerp die Iiefde van daardie vader van die Amerikaanse volk vir sy nasie teken. Ná die oorlog tussen die suidelike en die noordelike State (dit Iyk of dit nou eenmaal die lot is van 'n jong volk om die kwaai groeistuipe van burgeroorlog te moet deurgaan) was die bitterheid tussen die twee seksies ook wreed, nes by ons na 1914. Veral onder die oorwinnaar - dis die president se kant - was daar 'n sterk begeerte om die rebelle wraaksugtig te behandel. Maar Lincoln het hom bokant alle haatgevoelens verhef. Die hereenwording van die Amerikaanse volk was sy vernaamste doel, nadat die burgeroorlog uitgewoed is. En hy het die wraaksugtiges hulle gebrek aan patriotisme skerp ingevryf. Op 'n vergadering wat hy met sy ondersteuners gehad het, stel by hulle die vraag:
"And what to do with tbe rebels?”
Die vergadering skree die antwoord:
"Hang them.”
Maar die president se effektiewe teregwysing was:
"No, hang on to them.”
Die Unieregering het nie die versoenende beleid van die groot Amerikaanse president gevolg nie.
WIE IS DIE SKULDIGES (46)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
WAT DIE GESKIEDENIS VERKLAAR (2)
Ons vervolg hier met die verraderlike aanval op genl De Wet en sy kommando by Mushroom Valley terwyl hy 'n ooreenkoms met Smuts gehad het om ongehinderd tot by die President te reis. Die aanval het pas begin. Genl De Wet en skrywer hou 'n aankomende kakie-troep dop toe hulle hul perde laat waterdrink.
Die troep ry haastig verder na regs. HuIIe trek deur die suide. Onmiddellik gee die generaal my opdrag om na 'n rant te ry, heeltemal links. Deur daardie rant loop 'n pad na die noorde. My instruksies was om ons mense daar te sê dat daardie rant beset en behou moes word. Toe ek vinnig soontoe ry, ontmoet ek van ons offisiere (genl. Martiens Krog, komdt. Frans Mentz en ander) wat met 'n klompie Boere van die rant se kant af kom. Party van hulle was gewond. Krog en Mentz wou juis na genl. De Wet toe gaan om te rapporteer wat die posisie daar was.
Ek het verder gery om my bevel uit te voer, maar reeds by die begin van die rant stuit ek op die vyand wat in strooise verskans was.
ONS VOLK BLOEI !
Daar is 'n e-pos wat wyd die rondte doen met 'n beroep op volksgenote om hulle na God te wend vir hulp in hierdie tyd waarin daar weer 13 boere binne 2 weke vermoor is en van hul gesinslede kritiek vir hul lewens veg. Kom ons vereenselwig ons met hierdie oproep en buig ons hoofde in nederige verootmoediging.
Ons boere, hul gesinne en ons hele volk bloei,
ons kinders word verkrag en vermoor,
ons kultuur en ons taal word vernietig.
Dit wat aan ons toevertrou is, word vertrap.
Ons mense, noem hulle Boere, noem hulle Afrikaners,
noem hulle wat jy wil,
het 'n baie ryk geskiedenis hier aan die suidpunt van Afrika.
Die een goue draad wat deur hierdie geskiedenis loop,
die een element wat nog altyd teenwoordig was in al ons suksesse,
is die genade van die Almagtige Skepper.
Kom ons draai na ons Almagtige God vir leiding, hulp en beskerming.
Kom ons bid en glo dat Hy dinge wat vir ons onmoontllik is, wil verander.
Ons Vader in die Hemel,
Skepper van alle dinge,
ons staan as volk voor u,
stukkend en verward.
Vergewe ons ons foute en gryp U in,
U is Beskikker oor alle dinge,
U beveel en dit geskied,
U is die Almagtige.
Neem U die leiding,
gee ons helderheid van verstand,
vul ons met die waarheid en wysheid uit u Woord
om te besef wat ons moet doen
en red ons van ons eie agendas.
Mag u wil geskied.
Amen
Dankie dat jy 'n paar sekondes opgeoffer het vir jou mense.
Daar is geen groter geskenk aan 'n volk
as om daardie volk in gebed op te dra
voor die Almagtige Skepper van hemel en aarde nie.
WAAROM DIEN JÝ GOD?
Hannes Ollewagen
Job 2:1-10
“Maar hy antwoord haar: Soos ‘n dwaas praat, praat jy! Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie? By dit alles het Job nie gesondig met sy lippe nie.”
Ek wil hê dat u ook die volgende vraag eerlik moet beantwoord: “Waarom dien jý God?”
Is dit dalk om die volgende redes?
- Dien u Hom omdat u glo dat daar finansiële voorspoed daaruit sal spruit?
- Dien u Hom omdat daar iets in die lewe is wat u van harte begeer en hoop om dit van Hom te verkry omdat u Hom dien en derhalwe volgens u menslike mening verdienstelik raak voor Hom?
- Dien u Hom uit vrees dat slegte dinge met u sal gebeur wanneer u Hom nie dien nie?
- Dien u Hom dalk uit gewoonte?
WIE IS DIE SKULDIGES (45)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
WAT DIE GESKIEDENIS VERKLAAR
In die Smuts-telegramme, hierbo aangehaal, word genl. De Wet ná die Doornbergse geveg voorgestel as ‘n onversoenlike, wat beslis weier om na Bloemfontein te kom vir vredesonderhandelinge. Die feite is anders. Die bitterheid wat na die dood van Danie by genl. De Wet veronderstel was, het nie bestaan nie. Sy optrede in 1914 was, nes in 1899-1902 'n geloofsdaad. Die Driejarige Oorlog was vir hom ‘n geloofsoorlog. En sy verset teen Iandroof ter wille van die empaaier het onvermydelik geword, omdat die goddelike geregtigheid dit eis.
Die verlies van sy Iiefste seun in ‘n militêre botsing van ‘n moedswillige vyand was vir hom ‘n offer wat hy eerbiediglik bring, selfs met ‘n gevoel van dankbaarheid, dat hy waardig geag was om daardie sware Iyding te verduur. Genl. De Wet se houding was ook weer nie soos van ‘n verblinde fanatikus nie maar wel dié van ‘n gelowige Christen-vaderlander en ‘n groot man.
Die generaal het net sy besoek aan die president vir 'n dag of vier uitgestel as gevolg van die skielike verandering in die verhoudings van die teenstander te velde.
GELOFTEDAG 2015
DAG VAN DANKBARE VEROOTMOEDIGING
Dr Pieter van der Dussen (Snr)
Ons staan soos die HERE wil binnekort op Geloftedag voor Hom. Geloftedag – die Afrikanervolk, óns volk se aangewese dag van verootmoediging. 'n Volk wat volgens die Raadsplan van God met 'n besondere roeping aan die suidpunt van Donker Afrika geplant is. Deur God bekwaam gemaak is om hierdie barre, wilde, dorre, harde landstreek ooreenkomstig Genesis 1-2 te onderwerp, te heers oor alles wat op en in en om hom bestaan, sy grond te bewerk sodat ook hierdie landstreek tot bloei kon kom tot lof van die HERE. Geroepe uit die Reformasie om die Woord hier te saai en tot vrug te laat kom.
Drie eeue lank het die Afrikanervolk hierdie tweeledige roeping uitgevoer. Ten spyte van Satan se verbete stryd om dit te verhoed, is daar danksy die Almag van God talle gelowiges in die land.
LAAT U WIL ALLEEN GESKIED
Ds Andrè van den Berg
“Hou my tog net in gedagte as dit met jou goed gaan, en bewys my tog ʼn guns en maak melding van my by Farao en bring my uit hierdie huis uit; want ek is gesteel, ja, gesteel uit die land van die Hebreërs en ek het ook hier niks gedoen dat hulle my in die gevangenis gesit het nie” - Gen.40:14+15
Daar is min ervarings so traumaties as tronkstraf. Jy is nie meer vry om te maak soos wat jy gewoond was om te doen nie, maar moet maak soos wat aangesê word. Die ergste is dat jy niks na buite kan doen nie. Tronkstraf kap in effek jou hande af. Jy het die wet oortree en betaal daarvoor met jou vryheid.
Kan daar iets erger as dit wees? Ja, daar kan; as jy onskuldig in die tronk beland soos wat met Josef gebeur het.
BID VIR ONS VOLK EN ONS LAND
Verootmoediging
Ds Andrè van den Berg
“As Ek die hemel toesluit dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde wee, dan sal Ek uit die hemel hoor en hulle sondes vergewe en hulle land genees” 2 Kron.7:13+14
2 Kron.7 vertel die verhaal van die skouspelagtige inwyding van die tempel in Jerusalem en die feeste wat daarna plaasgevind het. Nadat al die feesgangers huis toe is, het God een nag baie ernstig met koning Salomo oor Israel se toekoms gepraat. God het geweet dat dieselfde feesvierende volk so afvallig van Hom sou raak, dat die koninkryk in twee sou skeur. Salomo was die laaste koning van die gesamentlike ryk.
WIE IS DIE SKULDIGES (44)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DOORNBERG
Doornberg was 'n plek van onheil. Dit was die dood van ‘n tiental jong Afrikaners en van die vurige hoop op vrede deur president Steyn gekoester. Doornberg was ook die gesogte geleentheid vir genl. Smuts om die onderhandelings met pres. Steyn af te breek.
Die geveg van Doornberg, ofskoon daar aanvanklik maar ‘n klein aantal persone in betrokke was, was nietemin van groot invloed op die verloop van ons geskiedenis. Ons beskik oor 'n betroubare relaas van die gebeurtenisse wat daar op 8 November 1914 plaasgevind het. Die verslag van die Gekose Komitee bevat die getuienisse van die kommandant (volksraadslid Frikkie Cronjè) en van een van sy vernaamste manne, senator H. G. Stuart. Ons het die verhaal van genl. De Wet persoonlik en die herinnerings van skrywer.
SY KONINKRYK BINNE ONS
Hannes Ollewagen
Lukas 17:20-37
“...want die koninkryk van God is binne-in julle.” (:21)
Net soos in die tyd wat Jesus Christus as mens op aarde gewandel het, is daar vandag ook soveel mense wat ywerig probeer uitvind wanneer die koninkryk van God dan sal kom. Dit is ongelukkig hartseer dat baie mense na hierdie antwoord soek, nie omdat hulle met reikhalsende verwagting daarna uitsien nie, maar eerder omdat hulle ‘n vrees het vir die skielike koms daarvan wat hulle onverhoeds sal betrap.
Daar is mense wat nie die sinlike genot van hierdie wêreld wil prysgee ten einde die koninkryk van God te dien nie, maar ook nie hierdie koninkryk wil misloop nie.
KORRUPSIE
Ds Andrè van den Berg
" ’n Land wat deur eerbare leiers tot stand gebring is, kan egter nie deur korrupte politici in stand gehou word nie. Salomo sê in Spr.29:4 dat korrupsie ʼn land se ontwikkelingsmoontlikhede skaad. En dis waar. Kyk maar net na Suid-Afrika waar alles besig is om onder die gewig van korrupsie in duie te stort! "
Onlangse misdaad statistieke toon dat Suid-Afrika een van die gewelddadigste lande ter wêreld is. Tot ʼn klompie jare gelede was dit een van die veiligste en seker een van die beleggingvriendelikste lande in die wêreld. Wat het hierdie geweldige ommekeer veroorsaak? Dwase politieke besluite en korrupsie.
ʼn Land verval na gelang van die korrupsie wat daarin voorkom. Korrupsie is een van die grootste vernietigende magte ter wêreld omdat alles wat daardeur aangeraak word, verval. Oral waar korrupsie by ʼn land se voordeur instap, loop voorspoed by die agterdeur uit. Afrika lewer sprekende voorbeelde hiervan waar korrupsie nie net endemies is nie, maar ook as standaard praktyk epidemiese afmetinge aanneem.
Naas moord is korrupsie die tweede hoogste misdaad in Afrika.
KOM LAAT ONS DIE SAAK UITMAAK
Ds Andrè van den Berg
“Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die Here: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol ... Maar as julle weier en wederstrewig is, sal julle deur die swaard geëet word...” - Jes.1:18+20
Sondaars maak almal foute. Niemand is sonder foute nie. In Jesus se gesprek met die Fariseërs oor die owerspelige vrou wat hulle na Hom gebring het, sê Hy: “Laat die een van julle wat sonder sonde is, die eerste klip op haar gooi” (Joh.8:7). Foute is dinge wat jy doen wat jou of ander mense benadeel. Soms beide!
Sommige foute is klein en ander groot. Die grootste foute word gemaak wanneer mense waarskuwings minag, hul daarna vasloop en dan verwyt: “As ek maar net geluister het!” Baie mense hoor, maar luister nie. Die Bybel sê : Jy mag nie! nogtans doen ons dit. Baie mense en volke kon talle onaangename dinge gespaar gewees het as hulle maar net wou luister.
WIE IS DIE SKULDIGES (43)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
NOU WIE IS DAN DIE SKULDIGES? (2)
Ons kyk verder na die kalender van gebeure wat aanleiding gegee het tot die uitbreek van die rebellie:
4 November: Genl. Smuts aan die president: Hy het genl. Botha oor die president se werk geraadpleeg. Geen een van huIIe twee kan Pretoria nou verlaat nie. Reis na Bloemfontein sal onder omstandighede n paar dae duur. Vertrou die president se werk sal voorspoedig wees.
Weer 4 November: Van Pres, aan Smuts: Hy vrees Smuts se verre afwesigheid (nl. op Pretoria—Skr.) kan maklik oorsaak van mislukking word.
Op 5 November probeer genl. Smuts telegrafies uitvind waar De Wet is. Die magistraat op Winburg antwoord aan genl. Smuts dat Colin Steyn verwag om genl. De Wet die volgende dag, die 6e êrens op Ventersburgweg te ontmoet en dat Iaasgenoemde dan waarskynlik na Bloemfontein sal gaan. 'n Bevestiging daarvan deur die Magistraat van Lindley en van die polisie te Kroonstad.
Op 6 November: Pres. Steyn aan genl. Smuts: Genl. De Wet en Colin Steyn het nog nie aangekom nie, tot sy Ieedwese.