Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Welgestelde mense word dikwels deur ander beny en bewonder. Rykdom besit egter die gevaar om jou afgod te word en dan is daar nie ruimte vir God in jou lewe nie. As iets vir jou te belangrik geword het, vertrou die Here om jou daarvan te verlos. God kan 'n kameel deur 'n naald se oog kry – Hy kan 'n ryke laat afsien van sy verknogtheid aan sy aardse goedere en hom red.
WIE IS DIE SKULDIGES (57) (SLOT)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DIE DOLK
VIR DIE EERSTE KEER na vyftien jaar het ons ‘n neerlaag gely in die Parlement. En dit was die verwerping van die Hertzogbeleid om neutraal te bly in die tweede wêreldoorlog.
Die datum waarop ons verslaan is, was 4 September 1939. Die Volksraad het besluit dat daar oorlog aan Duitsland verklaar sal word. Na 9 September 1914, toe die Volksraad die inval in Suidwes-Afrika goedgekeur het, was dit die belangrikste beslissing van die Parlement.
Toe, in 1914. was die jong Unie nog ondergeskik aan die beslissing van die Imperiale Regering. As Engeland oorlog verklaar was ons outomaties ook daarin betrokke. Maar in die vyf-en- twintig jaar wat verloop het is ons status verhoog. Ons het soewerein geword en beslis self oor oorlog en vrede.
WAAR IS JOU HART?
Hannes Ollewagen
Matt. 6:19-34
“...want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.” (:21)
Enige persoon wat al in sy/haar lewe moes verhuis, sal weet waarvan ek praat wanneer ek die term “opgaar” opper. Al daardie dinge wat ek nie meer benodig nie word eenkant in ‘n buitekamer gestoor. Wanneer die buitekamer vol is, word die motorhuis ingespan en verder as opgaarplek gebruik. Wanneer al die opgaarplekke vol is, sal ek dalk noodgedwonge op ‘n dag daar invaar om alles reg te pak en dalk so hier-en-daar ietsie weggooi. Dit gebeur egter selde dat al hierdie onnodige rommel weggegooi, of dit wat bruikbaar is, weggegee word. Wanneer die dag aanbreek dat ek moet verhuis, trek ek al hierdie onnodige rommel saam - die beslommernis daarvan ten spyt.
WIE IS DIE SKULDIGES (56)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
AS DIE KOEI BULK (2)
Die strop is van my nek afgehaal!
Op 2 April 1915 het die regering op vertoë van buite, selfs van hulle eie ondersteuners en ook van Charley Fichardt in die Parlement, van opinie geword dat my afgesonderde opsluiting vir die landsbelang nie meer nodig was nie. Ek het plek gekry saam met my mede-broeders in die tronk – in die gesamentlike tronk. My hare wat besig was om wit te word, het hul normale kleur herwin.
Die kalf het nooit nodig gehad om antwoord te gee nie want die koei het nooit gebulk nie. Genl. De Wet, ofskoon 'n magtelose gevangene, sou nooit die naturelle betrek in 'n stryd tussen witmense nie. Maar die beeld van die koei en die kalf gee in minder as 'n dosyn woorde die hele moeilike vraagstuk van die inboorlinge se oplossing – 'n flits van sy genie wat, laat ons hoop, ook vir komende geslagte 'n baken van lig sal wees.
Daar was nog nooit 'n tyd in die geskiedenis van die mensheid toe die behoefte groter was aan leiers van genl De Wet se talent en geaardheid as vandag nie.
WIE IS DIE SKULDIGES (55)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
AS DIE KOEI BULK
Dit was in 1915, en die rebel-offisiere het in verskillende tronke opgesluit gesit in afwagting van hul vonnis. Die wat in die Vrystaat op kommando gegaan het, was in Bloemfontein versamel: genl. De Wet, genl. Wessel Wessels, genl. Conroy en enige tientalle ander Ieiers. Ek was ook daar, maar nie saam met hulle nie. My lot was die eensaamheid van 'n "dodeseI”, een van ‘n ry waar tot-die-doodveroordeeldes hul teregstelling moes afwag. My mede-offisiere was in die regtervleuel van die somber gebou vasgekeer. Helde van die vrye veld, afgehok tussen die hoë klipmure van eentonige grys. Ek was aan die Iinkerkant van die hoofingang; reg voor my sel het 'n sementpaadjie gelê van omtrent ‘n voet breed. Dit was die galgpad. Elke veroordeelde-tot-die-strop moes daaroor stap (of gesleep word as sy bene hom nie wou dra nie), 'n twintig, dertig tree. Dan was hy by die end van die pad, en van sy Iewe. Want daar het die galg gestaan. Hierdie paadjie van verskrikking sou moontlik ook my Iaaste Via Dolorosa wees.
KOESTER JOU AFRIKAANSE BYBEL
Ds Andrè van den Berg
“Die opening van U woorde gee lig; dit maak die eenvoudigste verstandig” - Ps.119:130
Het jy al ʼn Bybel in ʼn vreemde taal onder oë gehad? Ek glo die meeste van ons het. Gestel dit was jou enigste Bybel; sou jy geestelik groei? Nee, jy sou maar in die duisternis wees. Tereg sê die teks: “Die opening van u woorde gee lig...” Om die Bybel in eie taal te hê, is onontbeerlik vir geestelike groei.
Luister wat sê die aanwesiges in die tempel toe die Heilige Gees op Pinksterdag uitgestort is: “...en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek dan nie Galileërs nie? En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is? - ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van God spreek” (Hand.2:7,8, 11).
Ons voorsate het vir eeue slegs die Nederlandse Statevertaling of King James Bybel gehad. Daar was nie ʼn Afrikaanse Bybel nie omdat Afrikaans as ʼn kombuistaal beskou is. Selfs skoolonderrig, prediking en kategese was alles in Nederlands. Mense het Afrikaans gepraat, maar Nederlands geskryf.
RASSISME
E. van Nantes
Die afgelope week is gekenmerk deur ‘n manifestasie van onsensitiwiewe, neerbuigende, rassistiese uitlatings deur ‘n eiendomsagent, ‘n ekonoom en ‘n nuusleser wie dit durf waag het om hul gedagtes “hardop” uit te spreek.
Die gevolge van hierdie openbaarmaking van hul opinies het ‘n redelike nadraai wanneer gesien word hoedat daadwerklike optrede teen hulle geëis word deur die onderskeie verontregte partye. Die “optrede” wat verlang word strek van verskonings tot dissiplinêre verhore tot ontslag uit hul poste en word vergesel van òf doodsdreigemente òf boikotte, sou gehoor aan hierdie eise nie gegee word nie.
‘n Verdere gevolg van hul optrede is dat hulle gebrandmerk word as rassiste. Ja, daardie ou towerwoordjie wat tog so gereeld ingespan word om onmiddellike skuld vir ‘n onvergeeflike sonde te bewerkstellig, of dit nou die k-woord of ‘n gewraakte vergelyking is, rassisme is die in-ding. Dis die “buzzword” wanneer jy nie hou van wat gesê word nie, dis die “buzzword” wanneer jy nie antwoorde op vrae het nie, dis die “buzzword” wanneer jy aangespreek word oor jou optrede.
Maar wat is rassisme dan werklik?
KEER TERUG NA HOM!
Hannes Ollewagen
Jeremia 3:6-25
“Keer terug, o afkerige kinders; Ek sal julle afkerighede genees. Hier is ons, ons kom na U toe, want U is die HERE onse God.”(:22)
Aan die begin van die gelese gedeelte lees ons hoedat die ontroue Israel hoereer het en na al hierdie onreg word sy deur haar God gemaan om na Hom terug te keer. Hierdie afskuwelikheid van Israel asook die barmhartigheid van God het homself afgespeel voor die oë van Juda, maar dit het haar nie verhoed om dieselfde en selfs nog erger as Israel te handel nie.
Ons volk is dalk nie vandag geografies verdeeld soos die twaalf stamme-ryk van Israel in daardie dae nie, maar dat daar ‘n geestelike verdeling in ons volk ontstaan het, is nie altemit nie. Die afgelope paar dekades het dinge in ons vaderland drasties verander en mense is tot kruispaaie gebring waar hulle gedwing was om keuses uit te oefen wat ingerypende gevolge sou inhou.
WIE IS DIE SKULDIGES (54)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DIE PROFEET IS OPPAD (2)
Toe 'n oomblikkie later die adjudant van die "Governor "(wat algemeen by die krygsgevangenes as "Runderpes” bekend was) die gebruiklike "fall in" skree, staan daar net 'n dun ry manne met nog beswaarder harte, want hul name was nie op die Iys van verlossing nie. Een van hul het die bedrukste van almal gevoel. Hy was komdt. Van der Merwe, een van die dapperes van genl. De la Rey, wat die tog van die seshonderd deurgemaak het, nes oom Niklaas. Sy maats was almal vrygelaat op parool. Hy, die grysaard, moes agterbly.
Met sy parmantige kakie-kierietjie vas onder sy Iinkerarm gedruk en 'n paar Iede van sy personeel agter hom op dissiplinêre afstand, roep die "Governor” die voorgeskrewe vraag na ons kant toe: "Any complaints?" en dadelik daarop: "J. H. Vendemurwie”. Twee uit die ry steek hul hande op: komdt. J. H. van der Merwe, en kaptein J. H. van der Merwe, 'n offisier van Manie Maritz. Onmiddellik daarop roep die tronkhoof: "J. H. PIE Vendemurwe " waarop oom Jan verlig uitroep: "Dis ekke!”
WIE IS DIE SKULDIGES (53)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DIE PROFEET IS OPPAD
In die halfdonker van my sel, in die gevangenis van Boksburg, verskyn die tronkbewaarder, in kakie-uniform en met die aangeleerde strakheid van n gedissiplineerde militêr. "The prophet is coming,” kondig hy aan. En toe ek verbaas lyk, vervolg hy:"Yes, the prophet, your prophet," met 'n sarkastiese klemtoon op "your" , asof hy wil Iaat verstaan dat 'n rebel-prisonier, soos ek, Iiewers nie 'n profeet moes hê as hy sy lot nie nog wil verswaar nie. Ek volg hom die amper duistere gang deur na "my yardjie"’, waar ek gedurende die dag Iiggaamsoefening kon doen. Sy woorde en veral die toon daarvan het my in die hart gegryp, want eensame opsluiting en sombere toekomsverwagtings maak 'n mens uiters gevoelig vir enige nuwe skok. Ek begryp dat "die profeet” alleen Niklaas van Rensburg kon wees, wie se voorspellings 'n groot invloed gehad het op die gebeurtenisse wat ons moes deurgaan, en van wie ek geweet het dat hy met seshonderd helde die woestyn deurgetrek en deur duisende vyande heen Suidwes-Afrika bereik het om die wapens te gaan haal, waarmee ons die verlore onafhanklikheid sou kon herower. En noudat hul teruggekom het, word hul teruggevoer, nie na die vryheid nie maar na bandiete-tronke, en hy, die Siener, word my Iotgenoot, in afgesonderde opsluiting. Die Profeet van die Vryheid, tussen vier tronkmure.
IS JY 'N ERDEKRUIK MET 'N SKAT IN JOU?
Ds Andrè van den Berg
“Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God moet wees en nie uit ons nie” - 2 Kor.4:7
Naas Christus was Paulus die grootste evangelis van alle tye. Sy prediking het eerstens uit die prediking van sondevergifnis bestaan. Sondaars moes tot bekering kom. Tweedens was sy prediking op die versterking van gelowiges se geloof gerig sodat hulle volwasse in die geloof kon word. Paulus was baie geesdriftig en het soos ʼn goeie verkoopsman in sy produk geglo omdat hy self sondevergifnis en die nuutword in Christus ervaar het.
Daarbenewens was sy lewe ʼn oop boek. Hy het geen verskuilde agendas gehad en derhalwe niks in die geheim gedoen nie. Wat meer is, het hy ook nie sy amp vir selfsugtige begeertes misbruik nie, maar die waarheid gepreek soos wat God hom op die hart gelê het: “Daarom, aangesien ons hierdie bediening het volgens die barmhartigheid wat ons ontvang het, gee ons nie moed op nie” (:1).
Ongelukkig het met Paulus gebeur wat al met baie predikante gebeur het – die Satan het teenstanders verwek. Paulus se tweede brief aan die Korintiërs is ʼn verdedigingskrif. Hy was ampshalwe genoodsaak om hom teen kwaadwillige stories wat teenstanders oor sy bediening versprei het, te verdedig.
TERT SE KERSFEESSTORIE
Ek brand al van lankal af om hierdie storie te vertel, maar ek het uitgehou tot nou toe. Merkwaardig, al moet ek dit self sê. As ek 'n storie hoor, dan moet hy vertel word, maar hierdie een moes ek mee wag.
Verlede jaar, besluit Tert en Lien dat, aangesien hulle kinders elkeen hulle eie koers gaan inslaan gedurende Kersfees, hulle nie stoksielalleen by die huis gaan sit nie. Tert wou weg na waar dit stil is. Geen blink liggies en goeters nie. Net die stilte.
'n Paar dae voor Kersfees het ons gaan groet en geskenke geruil. Ons sou hulle eers weer na Nuwejaarsdag sien.
Met hulle terugkeer het ons gaan hallo sê en voorspoedige Nuwejaar en alles.
"Nou waar was julle toe?" wou ek nuuskierig weet.
"Noord-Kaap" sê Tert.
"Ek het nie geweet julle het familie daar nie?" vis ek verder uit.
"Nie gehad nie, maar nou het ons."
"Nou maar hoe werk dit?" hou ek vol.
WIE IS DIE SKULDIGES (52)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
GIF
Die tronkdokter was 'n ronde man. Sy maag het mooi bol gestaan; sy wange rond soos kussings; sy donker oë rond soos krale. Sy winkbroue was soos borsels. Sy bene was kort en reguit. Hy was van die tipe soos 'n mens twaalf, dertien jaar gelede, naamlik gedurende die Anglo-Boere-oorlog verwag het om in ‘n konsentrasiekamp te ontmoet. Sy beentjies sou vinnig oor die tentlyne geklouter het, en hy sou met professionele koelheid 'n smeekbede van 'n sterwende moeder vir haar kroos aangehoor het; of 'n hongerkreet van 'n uitgeputte kind. En met sy rondstap tussen die tente sou hy nie sonder tevredenheid nie die besef gekoester het dat die vernietiging van die empaaier se vyande tog vorder.
As dokter in die Fort-gevangenis was hy onafhanklik in sy gedrag teenoor die prisoniers, van wie ek een was. Tronkbewoners is stemloos. Hy kon, as hy dit so begeer, ongestraf 'n weinigie sadistiese genot smaak by die behandeling van sy pasiënte.
WIE WEET WAARHEEN HIERDIE VOLK SAL GROEI?
Hannes Ollewagen
(Ons plaas hierdie steeds aktuele Geloftedagboodskap al is dit laat)
Neh. 1:1-11
“En hulle het vir my gesê: Die oorgeblewenes wat vrygekom het uit die gevangenskap daar in die provinsie, verkeer in groot ellende en in smaad, en die muur van Jerusalem lê stukkend en sy poorte is met vuur verbrand. En toe ek hierdie woorde hoor, het ek gesit en ween, en ek het dae lank getreur; en ek het gevas en gebid voor die aangesig van die God van die hemel en gesê: Ag, HERE, God van die hemel, grote en gedugte God, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat U liefhet en u gebooie onderhou-“ (:3-5)
As ons vandag moet terugtree en ons volkshuishouding in oënskou moet neem – is dit nie ook in ellende gedompel en vervalle soos die muur van Jerusalem waarvan ons lees in Nehemía 1 nie? Verkeer ons nie ook in groot ellende en smaad nie? Die feit dat ons nie weggevoer is na ‘n ver land vir twintig of meer jaar en daarna teruggekom het nie, maak dat ons dalk nie die geleidelike verval só opmerklik waarneem nie.
WIE IS DIE SKULDIGES (51)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
Op die oomblik is daar honderde regeringstroepe, deeglik bewapen, goed berede, selfs 'n motorkommando op genl De Wet se hakke, en almal vra: "Waar is De Wet?" Om die antwoord daarop te kry, was daar twee verraaiers nodig, Jonathan Fourie en Piet Jacobs, die kêrels wat ons op Waterbury gekry het en wat naderhand deur genl. De Wet "slegter as honde” genoem is. Dis hulle wat dit moontlik gemaak het vir kol. Jordaan en sy troepe om hulle opdrag uit te voer, naamlik om genl. De Wet voor te keer, terwyl die motor- en ander kommando’s hom "aanja" .
Lt.-kol. J. F. Jordaan was 'n offisier van groot dryfkrag en nog groter beskeidenheid. In die Iaaste deel van die Tweede Vryheidsoorlog het hy in die distrik Vrybeid as wd. asst, generaal geveg; en Fourie was ’n Hoëvelder, maar het in 1914 gewoon tussen Waterbury en Vryburg, op die plaas Ventersrust. Hy was een van die afgevaardigdes na die vredesonderhandelings op Vereeniging.
SIT JY AAN JESUS SE TAFEL?
Ds Andrè van den Berg
“... Meneer, wat u beveel het, is gedoen en daar is nog plek” .
Het jy hierdie Kersfees lekker geëet? Daar is min dinge so aangenaam soos ʼn smaaklike Kersete saam met vriende of familie. Dis ʼn tradisie in Westerse lande om op Kersdag saam met mense wat na aan jou is, te kuier al is dit ook elke jaar dieselfde persone.
Christus het dikwels gelykenisse vertel om mense d.m.v. verhale dinge van die Koninkryk van God te leer. Verhale steek makliker by mense vas as feite. In die Gelykenis van die Groot Maaltyd is God die gasheer en vasbeslote om alle honger mense na sy tafel te nooi. Hierdie gelykenis roep sondaars tot redding op. Jesus is so gretig om sondaars met sy liefde, Woord en vergifnis te voed, dat Hy hulle byna wil dwing om aan te sit.
Sy reddingsuitnodiging word met ʼn deftige feesmaal vergelyk.
HOE LYK JOU VREDE OP HIERDIE KERSDAG?
Ds Andrè van den Berg
“Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ʼn welbehae” - Luk.2:14
Op Kersdag ervaar talle gelowiges ʼn ambivalensie. Hierdie groot woord beteken om twee uiteenlopende ervarings gelyktydig te ervaar. Dis soos om te wil lag en ter selfde tyd ook te wil huil. Kersdag is enersyds ʼn vreugdevolle dag maar andersyds ook ʼn hartseer dag. Vir gelowiges is dit ʼn vreugdevolle dag omdat Jesus se koms na die aarde herdenk word, maar andersyds ook ʼn hartseer dag omdat die meeste mense dit vir die verkeerde rede vier.
Kyk maar net hoe gaan dit tydens die Kerstyd. Handelsomgewings is ʼn miernes van bedrywigheid; mense jaag van die bank na die winkels en soms selfs wéér terug bank toe! Kerstyd is die tyd van die jaar waar mense oorboord gaan met buitensporige aankope en vergrype.
WAAROM VIER ONS KERSFEES OP 25 DESEMBER?
Is 25 Desember werklik die geboortedag van Jesus of kom dit uit die heidendom soos sommige kritici beweer? Die antwoord op beide die vrae is nee; 25 Desember is nie die werklike geboortedag van Jesus nie. Dit kom egter nie uit die heidendom nie. Wat wel waar is, is dat 25 Desember sedert die vierde eeu nC die Christelike kerk se feesdag is waarop Jesus se geboorte gevier word. Let wel: sy geboorte en nie sy geboortedag nie!
Dat Jesus se geboorte op of naby aan 25 Desember geskied het, is ’n baie sterk moontlikheid. Die vroeë kerk het aan die hand van ou Joodse geskrifte die tyd van Sagaria se diensbeurt in die tempel uitgewerk. Dit was glo in September van daardie jaar. In daardie tyd het ’n engel aan hom verskyn en van Johannes (die Doper) se komende geboorte verwittig. Werk dit ’n bietjie uit - Elizabeth was ses maande swanger toe ’n engel Maria oor Jesus se komende geboorte ingelig het. Dit was dus in Maart. Die kerk het hierdie datum op 25 Maart bereken. Die geboorte van Jesus was nege maande later – 25 Desember.
DIE STORIE VAN BISKOP NICOLAAS
KINDEROORDENKING VIR KERSFEES
“Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ʼn welbehae!” (Luk.2:14)
My naam is Nicolaas. Ek is 280 jaar na die geboorte van ons Here Jesus in ʼn klein dorpie in Klein-Asië (vandag se Turkye) gebore. My ouers was redelik ryk sodat ek aan niks stoflik gebrek gehad het nie. Hulle was egter ook baie gelowige mense en het my van jongs af van Jesus geleer. Daarom het ek as ʼn jong seuntjie my hart vir Hom gegee. Dit was vir my ʼn baie groot vreugde om Hom saam met my ouers lief te hê en te eer.
Toe breek daar ʼn dodelike pessiekte in ons dorpie uit waaraan baie mense dood is; ook beide my ouers. Ek het dit oorleef. In daardie dae was daar nog nie boeke soos julle dit vandag ken nie. Al wat ek van die Bybel geweet het, was dit wat my ouers my van kindsbeen af vertel het.
Een van my gunsteling Bybelverhale was die geboorte van ons Here Jesus. My pa het vir my graag van die Kersnag met die engelekoor, skaapwagters en Jesus se geboorte in stal vertel. Dit het so ʼn diep indruk op my gemaak, dat ek gereeld daaraan gedink het. Om te dink dat God in Jesus vanuit die hemel gekom en sy eie lewe vir sondaars gegee het!
DEURGROND MY, O GOD!
Hannes Ollewagen
Psalm 139:1-24
“Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my ‘n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!” (:23&24).
Ons weet dat koning Dawid ‘n besondere man in God se oë was. Ons leer uit die Psalms wat Dawid geskryf het dat hy weliswaar ‘n besonder noue verhouding met God gehad het. Daar was egter ‘n eienskap van Dawid wat hom, soos menige ander geloofshelde, laat uitstaan het bo sy tydgenote. Hierdie eienskap was natuurlik die opregtheid waarmee hy God gedien en liefgehad het.
Ons lees in Génesis 6:9 van Noag wat ook ‘n opregte man was. “…Noag was ‘n regverdige, opregte man onder sy tydgenote…” Hierdie selfde eienskap was ook in Job se karakter duidelik waarneembaar en dit het God klaarblyklik behaag wanneer ons kyk met watter behaaglikheid Hy hierna verwys in Job 1:8:
WIE IS DIE SKULDIGES (50)
Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
Terwyl almal onderkant die wonderputte Iafenis en kragte verkry, verneem ons van die Iotgevalle van komdt. Neser en sy dapper kêrels, 'n verhaal van bewonderenswaardige volharding en moed.
Na die geveggie teen die motors het die kommando'tjie 'n ent gesamentlik oor die dorsvlakte getrek, waarna genl. De Wet met die kleinste belofte van die 53 man links weggeswaai het en komdt. Neser met die ander burgers na regs.
Komdt. Neser en sy manne moes ook 'n bittere dag deurworstel. Teen die namiddag het baie perde flou geraak en 'n klomp mense klaar. Roelf de Beer, die wakkere adjudant van die komdt. is een van diegene wat die swaarste gely het. Toe sy perd hom nie meer kon dra nie, was hy nie in staat om nog te loop nie; daarna vat hy die stert van die dier en sukkel slinger-slinger agter hom aan, die arme perd was so verswak dat dit elke keer met die baas heen en weer swaai.