NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As ek vandag by die Here kla,
Sal ek sê: "Ek is so jammer om te pla!
Maar die las word te swaar om te dra."
Dan sê die liewe Heer: "Jy mag maar kla.
Jy mag maar aanhou om vir my te vra!
Ek sal jou wel die krag gee om jou kruis te dra."

OPENBARING – BOEK VAN DIE HEDE (17)

Ds Andrè van den Berg

Lees reeks by Openbaring - Boek van die hede

Die Lam is waardig

Openb.5

1.   Die hemelse erediens gaan voort

Die hemelse erediens wat in hoofstuk 4 begin is, word in hoofstuk vyf voortgesit en op die Lam oorgedra.  Hoofstuk vier jubel oor die Skepper en hoofstuk vyf oor die Verlosser.  Eers word God geprys waarna dit na die Lam oorgaan met die klimaks wanneer beide aanbid word (5:13; Joh.10:30).   Jesus word as die Leeu uit die stam van Juda voorgestel en verskyn as Oorwinnaarslam wat geslag is (5:6).   Hy neem stelling voor die troon in om die boekrol by God te neem (5:7,8).  Hulle deel saam mee aan die oordeelsvoltrekking oor die goddeloses.

Die hoofstuk word grootliks aan ʼn vraag gewy: Wie is waardig om die seëls van die boekrol in God se hand oop te maak en die dramatiese fokus op die antwoord – die Leeu uit Juda.  Dan volg die verassingselement wanneer nie ʼn leeu nie, maar ʼn lam verskyn.

2.   Die boekrol

(i) Johannes sien ʼn boekrol in God se regterhand  (ii) Is daar iemand waardig om dit oop te maak? (iii)  Die Lam is waardig!

Die boekrol in God se regterhand is simbolies van krag en gesag.  Dit herinner ook aan Eseg.2:9,10.   Die boekrolle van destyds was lang opgerolde stroke papirus.  Dis met seëls aan mekaar gesit wat gebreek moes word om ʼn groter deel van die boekrol te kon lees.  Die boekrol het God se plan van verlossing en oordeel bevat – God se toekomsplan met die geskiedenis.    Dis net soos in die geval van ʼn kontrak voor en agter volgeskryf.

Die vraag word gevra of daar iemand waardig is om die boekrol oop te maak?   Slegs Christus wie se waardigheid aan sy oorwinning as die Lam gekoppel word.  Johannes vertel van ʼn dramatiese opbou na die oomblik van oopmaak – ʼn sterk engel tree na vore en roep met ʼn harde stem (5:2).   Hierdie engel tree drie maal in Openbaring op, elke keer by ʼn beslissende oomblik.  Met die engel se harde roep val die klem op twee sake – die oopmaak van die seëls en die vereiste dat dit iemand waardig moet wees.

Johannes huil as niemand gevind kan word om die sewe seëls te open nie.  Dit fokus die lesers se aandag dramaties op die inhoud van die boekrol.  Alles kom tot stilstand as niemand gevind word nie.  Een van die 24 ouderlinge vra Johannes om op te hou huil want daar is Iemand – die Leeu uit die stam van Juda!   Hy is die afstammeling van Dawid.  Hierdie twee treffende beskrywings van Christus kom uit Gen.49:9 en Jes.11:1.  Beide beskryf die Messiaanse figuur wat die vyand verslaan.   In vers 6 tree ʼn geslagte Lam na vore om die boekrol te neem.  Die oomblik het aangebreek: Die Lam staan in die sentrum van die troonkamer.  Die fokuspunt van die mensegeskiedenis is sy oorwinning oor Satan deur die kruis en die opstanding.  Hier word die Lam die Heerser en Leier!   Die sewe horings simboliseer sy volgehoue mag.

Volgens Openbaring is die Lam die Verlosser, Hy word aanbid, is Heerser, Regter, Herder en Bruidegom.  Johannes die Doper spreek Christus ook as die Lam aan (Joh.1:29).  Sy sewe oë beskryf alwetendheid en alomteenwoordigheid in hierdie wêreld.

3.   Die drie lofliedere

Die boekrol wat deur die waardige Lam oopgemaak word, word deur die reaksie van die 24 ouderlinge, die menigte engele en hele skepping met drie aangrypende liedere opgevolg.   Die eerste lied word deur die 24 ouderlinge gesing (:8-10), die tweede lied deur die engelekoor (:11-12) en die derde deur die hele skepping (:13-14).

Die eerste lied: Die vier lewende wesens en 24 ouderlinge het die oomblik  toe die Lam die boekrol neem, voor Hom neergeval; ʼn tipiese Joodse aanbiddingsvorm waarmee ootmoed en eerbetoon bewys is.  Al 28 het siters en reukwerk in hul hande.  Die soet reuk van wierook het simbolies aangedui dat God die offers aanvaar het.  In hierdie geval is dit die gebede van gelowiges wat na God se troon opgestyg het.  Saam sing hulle ʼn nuwe lied wat God se oppermag besing.  Dit bestaan uit drie dele (i) die waardigheid van die Lam met oorstelpte vreugde (ii) die verlossingswerk van die Lam omdat Hy mense met sy bloed losgekoop het.   Hulle was soos slawe wat uitgekoop is.  (iii) die effek van die Lam se kruisdood in gelowiges se lewens. Hulle deel in God se alleenheerskappy en is soos priesters en koningskinders.

Die tweede lied deur die engelekoor: Dit moes ʼn geweldige groot engeleskaar gewees het; engele net waar jy kon sien!  Hulle besing die Lam wat geslag is.  Sy kruisdood is voldoende motivering dat Hy die boekrol kan oopmaak.  Die derde lied deur die hele skepping: Dit was die klimaks toe elke geskape wese in die hemel en op die aarde hierdie lied in beurtsang saam gesing het.  Dit het die toneel vir die oopmaak van die seëls vervolmaak.

4.    Die fokus van die boodskap

Openb.4 en 5 neem ʼn sleutelposisie in die boek Openbaring in. Dit raak die sentrale tema vir gelowiges se lewe aan.  Hoofstuk 5 laat die hemelhof op die aarde grondvat en laat gelowiges in die oorwinning deel.   Ons aanbid ook die Lam wat verlossing gebring het al lyk die lewe ook hoe deurmekaar!

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 15822 gaste aanlyn