Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Omdat misdaad deel van hul politieke mondering vorm, kan regerings wat deur geweld tot stand gekom het, slegs deur geweld in stand gehou word. Wetsgehoorsame burgers word dikwels slagoffers van mense met barbaarse neigings. Desondanks word daar van hulle verwag om die vreesaanjaende eer wat hulle te beurt geval het, gelate te aanvaar net omdat die seuns van Lucifer hulself geniet!
DIE EERSTE VRYHEIDS- OORLOG (5)
Lees reeks by Die Eerste Vryheidsloorlog
DIE VOLKSKOMITEE: 'N STAAT BINNE 'N STAAT (2)
Die totstandkoming van die Pretoriase kommissie het onmiddellike reaksie uitgelok. The Natal Witness verklaar: “There is a method in the madness even of Boers.” Die sukses en die invloed van die kommissie was egter nie daardeur gewaarborg nie. Dit sou afhang van die verdere leiding en inisiatief wat sou voortspruit uit die instelling van die kommissie. Dit bring ons by een van die belangrikste gevolge van die anneksasie: dat daar sekere manne na vore getree het om leiding in Transvaal te neem. Paul Kruger, ’n kind van die Groot Trek, hoewel ongeleerd, sou na vore tree as ’n leier van formaat en onder sy bekwame leiding, en bygestaan deur persone soos P J Joubert en M W Pretorius, sou die Pretoriase kommissie ontplooi tot die Volkskomitee.
IS ONS HART VER VAN HOM?
Hannes Ollewagen
Matt. 15:1-20
“Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af.” (:8).
In hierdie gedeelte spreek Christus Hom in geen onduidelike taal uit teen ‘n valse godsdienstigheid. Daar is deesdae kwansuis geen probleem met multi-kulturele aanbidding en godsdiensvermenging nie. Elkeen bid tot sy eie god, maar ons kan dit mos maar sommer almal saam doen. Laasgenoemde redenasie skreeu ten hemele en ‘n volk wat hierdie siening huldig, staan op die rantjie van geestelike bankrotskap.
DIE EERSTE VRYHEIDS- OORLOG (4)
Lees reeks by Die Eerste Vryheidsloorlog
DIE VOLKSKOMITEE: 'N STAAT BINNE 'N STAAT (1)
Die uitlating van Henning Pretorius: “... ik zal mijn bloed geven vir mijn land” het hewige reaksie uitgelok, en luide stemme het beaam: “Ik ook! ! !”
In die vorige aflewerings is daar gewys op die Boere se onverskillige houding jeens landsake voor en tydens die anneksasie. Vir Kruger en Jorissen moes die volksbyeenkoms van Januarie 1878 ’n openbaring gewees het.
Skaars agt maande tevore het hulle die land met sy inwoners in ’n polities stagnante posisie agtergelaat, onbewus van die groeiende volksgees en die ontwaking van ’n liefde vir dit wat sy eie is, wat in ’n latente vorm teenwoordig was. Dit wil voorkom asof Shepstone die politieke klimaat van die land reg aangevoel het, want nog voordat die Deputasie in Transvaal terug was, skryf hy aan sir Bartle Frere dat hy ’n groot mate van onrus onder die Transvalers verwag by Kruger se terugkoms.
Die juistheid van Shepstone se voorspelling is teen 24 Desember 1877 bewys. Onder geleide van ’n honderd perderuiters het Paul Kruger die middag om 15h00 Rustenburg binnegery.
DIE EERSTE VRYHEIDS- OORLOG (3)
Lees reeks by Die Eerste Vryheidsloorlog
TRANSVAAL VERLOOR SY ONAFHANKLIKHEID (3)
Vroeg in Mei 1877 het Kruger en Jorissen met W E Bok as sekretaris hulle na Europa begewe. Nadat hulle in Kaapstad ’n onderhoud met sir Bartle Frere gehad het, was hulle teen die begin van Julie in Engeland.
Tydens die Deputasie se onderhoude met lord Carnarvon is dit onomwonde aan hulle gestel dat die anneksasie onherroeplik is. Op 13 Julie het Kruger sterk standpunt ingeneem en Carnarvon laat verstaan dat die Deputasie hom nie met die anneksasie kan versoen nie. Dit blyk egter dat Jorissen nie meer vir Kruger in sy siening gesteun het nie, aangesien hy die onderhandelings in die rigting van selfbestuur, tegemoetkomings in verband met invoerregte en die moontlikheid van ’n lening begin stuur het.
DIE EERSTE VRYHEIDS- OORLOG (2)
Lees reeks by Die Eerste Vryheidsloorlog
TRANSVAAL VERLOOR SY ONAFHANKLIKHEID (2)
Die rede vir die Boere se apatiese optrede om nie die wapens op te neem nie toe die Engelse Transvaal kom annekseer het, kan in twee rigtings gesoek word.
Die eerste moontlikheid is dat die meerderheid wel ten gunste van Britse oorname was, soos Shepstone aangevoer het. Dit is nodig om kortliks die teendeel aan te toon. Reeds op 17 Desember 1876 het T F Burgers aan adv HAL Hamelberg geskryf dat, indien die Britse vlag in Transvaal gehys word, meer as die helfte van die bevolking die land sal verlaat. Na die anneksasie was dit duidelik dat baie Boere nie onder die Britse vlag sal bly nie en wil uitwyk. ’n Artikel in The Natal Witness berig soos volg:
HET JULLE MEKAAR LIEF?
Ds Andrè van den Berg
“Het jy My lief?.... Laat My lammers wei” Joh.21:15-19
As ʼn mens aan een van Jesus se dissipels dink, kom die naam van Petrus gewoonlik eerste in die gedagte op. Hy was ʼn uitsonderlike mens met wie sondaars hul kan vereenselwig. Petrus was tipies mens met baie foute, maar wat nooit van die genade verval het nie. Sy lewe onderstreep een baie groot Bybelse waarheid – eenmaal kind van God, altyd kind van God!
Petrus was ʼn voortvarende mens; die maak-en-breek soort. Hy het maklik gepraat, maar nie altyd gedoen wat hy gesê het nie. In Joh.13 sê hy: “Here, waarom kan ek U nie nou volg nie? Ek sal my lewe vir U gee” (:37). En kyk wat gebeur by Getsemane – al die dissipels vlug en verlaat Jesus.
DIE EERSTE VRYHEIDS- OORLOG (1)
Lees reeks by Die Eerste Vryheidsloorlog
TRANSVAAL VERLOOR SY ONAFHANKLIKHEID (1)
Louis Scott
"...the Boers will shed the last drop of their blood before they will allow the English to come and take their country..."
Kontemporêre skrywers sowel as latere historici het hulle ten doel gestel om die anneksasie van Transvaal in 1877 te ontleed. By die bestudering van hulle werk en uit bronne soos amptelike publikasies, korrespondensie, tydskrifte en koerante is dit duidelik dat die vertolkings van die anneksasie uiteenlopend is en dikwels in skrille kontras teenoor mekaar staan.
In 1885 formuleer John Nixon sy standpunt soos volg: “When we consider the express stipulations of the Sand River Convention with regard to slavery, the duties of the paramount power to the black races, and the dangers which loomed over British subjects in South Africa through the acts of the Boers, I think we can come but to one conclusion. The British Government did not want to annex the country. It was compelled to do so.”
LAAT ONS VOOR HOM KNIEL
Hannes Ollewagen
Psalm 95:1-11
“Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor die HERE wat ons gemaak het.”
Een van die grootste uitdagings van ons tyd is sekerlik om lewensperspektief te behou. Die media, die samelewing en selfs menige kerke is só deurspoel met die besmetting van individualisme en humanisme dat hierdie smetlike en veragtelike denkwyse soos ‘n kanker versprei.
Daar is min dinge wat só suksesvol gebruik word om mense se individualisties-humanstiese denke te bevorder as die skepping van sport-ikone en filmsterre. Hierdie mense word gedurigdeur voorgehou as mense wat “ware vreugde” in die lewe smaak deur hul glansryke lewens. Daar kan nie genoeg berigte geplaas word van hul pragtige vakansies, uitspattige feesgeleenthede en eervolle bekronings nie. Die een na die ander “ster” word geskep, gepoets en na ‘n rukkie weer vergeet.
HEMELVAART DIE HERSKEPPING VAN DIE 'ONS'
VERLATE OM TE VERLOS
Dr Johan Celliers
Op DONDERDAG 5 Mei is dit weer Hemelvaart en herdenk ons Christus se opvaar na die hemel ná sy kruisiging en opstanding. Vir ons beteken Hemelvaart die terugkeer van Jesus na Vader in die hemel. Lees gerus die Lukas-evangelie asook Handelinge waar die gebeure vertel word hoe Jesus ná die Opstanding verskeie kere aan sy apostels en volgelinge verskyn het, en ná veertig dae na die hemel opvaar terwyl sy volgelinge toekyk hoe Hy in die wolke onsigbaar word.
Dat Hemelvaart vir ons as Christene soos 'n Sondag deurgebring moet word, is ongelukkig iets waaroor nie genoeg gepraat word nie. Ons ouer lesers sal onthou dat ons wel vroeër jare hierdie dag as 'n Christelike dag deurgebring het. Dit is tyd dat ons weer ons besighede sluit en aan ons Vader die dank en eer vir hierdie groot gebeure bring. Kom ons bring Hemelvaart hierdie jaar só deur dat ons voorbeeld vir die talle ongelowiges daar buite as hoeksteen van die Christelike geloof vas en duidelik staan.
GROEI!...
...TEEN ALLE VERWAGTING
Ds Andè van den Berg
“En as Ek my hand wegneem, sal jy My van agter sien; maar My aangesig kan nie gesien word nie” - Ex.33:23
ʼn Paar jaar gelede sit ʼn diakensvrou en haar kleuterdogtertjie tydens die oggenddiens in die moederskamer toe sy haar vra: ” Mamma, waar is God?” Vir ʼn oomblik het sy nie geweet wat om die kind te antwoord nie en sê toe maar: “ Kyk daar voor, langs dominee is daar nog ʼn stoel op die kansel wat jy nie hiervandaan kan sien nie. God sit daar langs dominee”. Ná die erediens het dogtertjie reguit kansel toe genael en toe terug na haar ma: “Mamma, was reg. God was daar!” antwoord sy opgewonde. “Maar hoe weet jy dat God daar was?” vra sy haar. “Hy het sy jassie daar vergeet!” antwoord sy - my toga wat ek na die erediens op die stoel langs my neersit!
Sou jy nie ook graag vir God wou sien nie? Ek sou, en dis nie sonde nie! Ons lees in die Bybel van verskeie mense wat God baie graag wou sien, veral in krisistye.
WAAR IS JY?
Ds Andrè van den Berg
“Toe roep die Here God na die mens en sê vir hom: Waar is jy?” - Gen.3:9
Jare gelede het my oumagrootjie op Sonop gewoon en altyd hoenders in ʼn hok gehad. By geleentheid het sy tarentaaleiers in die veld opgetel en onder ʼn broeis hoenderhen gesit. Toe die tarentaalkuikens uitbroei, het hulle so anders as die hoenderkuikens die hen onmiddellik verlaat en gaan wegkruip. Waarom? Omdat dit in hulle aard is om so op te tree – dis hul natuur.
Dit laat ʼn mens so aan sondaars dink – mense wat van hul hemelse Maker af wegvlug. Hierdie droewige waarheid begin in Gen.3. Ja, daar is talle hartseer hoofstukke in die Bybel. So lees ons in Rigt.16 van Simson wat so ʼn belowende begin gehad het, vol van die Here en met besondere liggaamskrag geseën. En dan verval hy in sedeloosheid en alles loop verkeerd soos dit maar met mense gaan wat die geloofspad verlaat.
DE WET (SLOT)
Lewenskets van Genl. CR. de Wet
Ben Olivier
Lees reeks by GENERAAL CHRISTIAAN DE WET
Van Waterbury af word die Generaal met 'n perdekarretjie na die polisiestasie op Marokwen vervoer. ’n Swart konstabel hou die leisels. Beleef soos altyd, bedank De Wet die konstabel toe hulle hul bestemming bereik en gee hom ’n handvol tabak.
"Mooi gery, my jong,” sê hy opreg.
Op Marokwen staan motorkarre gereed om die gevangenes na Vryburg te vervoer. Hier drom die mense saam om die legendariese held van die Afrikaners te sien. Almal beskou hom egter nie in hierdie lig nie. Daar is baie wat hom as verraaier bestempel en hom wil uitjou en tart. Met die grootste beleefdheid en voorkomendheid word hy egter deur Jordaan en sy troepe behandel en teen beledigende of vernederende optrede van die massas beskerm. Hulle kan ook nie anders nie. Na liggaam is hy hulle gevangene, maar sy onoorwinbare gees is so vry soos altyd. Selfs nou dwing hy elkeen se agting af.
DE WET (13)
Lewenskets van Genl. CR. de Wet
Ben Olivier
Lees reeks by GENERAAL CHRISTIAAN DE WET
In Julie 1914 ontbrand die Eerste Wereldoorlog in Europa en op 4 Augustus word Engeland daarby betrek. Die vraag ontstaan onmiddellik of die Unie sy lot by Engeland moet inwerp en indien wel, in watter mate hy dit moet doen. Gevoelens loop hoog. Die Engelssprekendes beskou Engeland nog in groot mate as hul vaderland. Baie ander voel dat die Unie as lid van die Britse Ryk sy deel moet bydra. Vir vele is dit egter ondenkbaar dat hulle hulp moet verleen aan hul eertydse vyand wat hulle hul vryheid ontneem het.
Louis Botha tree eers versigtig op. Hy verseker Engeland dat die Unie self vir sy verdediging teen Duitsland en sy bondgenote sal sorg en dat alle Britse troepe dus geneem kan word om te veg vir hul vaderland.
WAT ‘N VOORREG!
Hannes Ollewagen
1 Joh. 3:1-24
“KYK wat ‘n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie.” (:1)
‘n Mens kyk soms na die samelewing rondom jou en dan kan jy nie help om te wonder wat op dese aarde jy nog hier doen nie. ‘n Mens voel menigmaal nie baie welkom in ‘n samelewing waarin daar min plek vir God en sy gebooie is nie. Dit laat tog soms, onnodig, die vertwyfeling by ‘n mens onstaan of daar nie dalk fout met jou is nie. Die hele wêreld kan tog nie verkeerd wees en ek die enigste een tussen soveel mense wat heeltemaal anders dink nie?
KONTROLE
E. van Nantes
Die mag om die gedrag van individue of massas te beïnvloed of te rig, kan όf positief όf negatief aangewend word. Uit die geskiedenis leer ons dat hierdie mag gereeld deur kerk en staat ingespan is ten einde bepaalde doelwitte te bereik. Maak nie saak wie dit is wat oor hierdie mag van kontrole beskik nie, die gevolge daarvan is normaalweg verrykend.
Neem so Bartholomeusnag as kerkvoorbeeld : “Hulle (Protestante) het eerstens ‘n keuse moes maak tussen die Pous van die Roomse Kerk en die Bybel. En hulle het die Bybel gekies. ...... Sondag, 24 Augustus 1572, is 10,000 Hugenote in Parys om die lewe gebring, almal wat nie ten duurste ‘n heilige Maria-beeldjie, te koop by die Roomse kerkdeure gedra het nie. Nog ‘n verdere 25,000 Hugenote is toe in Frankryk om die lewe gebring – met die uiteindelike totale tol van 80,000!”[1]
As voorbeeld van staatskontrole, kan die Nazi’s met Hitler as leier, voorgehou word. Die invloed wat hy op sy Duitse landgenote gehad het, kon seer sekerlik nog nooit weer geëwenaar word nie.
DE WET (11)
Lewenskets van Genl. CR. de Wet
Ben Olivier
Hoewel genl. De Wet nie daarin geslaag het om die Kolonie binne te val en die Engelse daar te bedreig nie, laat die feit dat hy aan so ’n oorweldigende oormag ontkom het, sy roem hoër as ooit styg.
Die Amerikaners, Nederlanders, Franse en selfs die Russe prys hom. Hy word geloof in liedjies, rympies en staaltjies wat in die wêreldpers verskyn. Selfs die Engelse doen daaraan mee!
Daar word vertel van drie verkenners wat hy by Lindley gevange geneem en aan hul bevelvoerder teruggestuur het met ’n briefie: "Dear Sir, please chain up these three devils, as I catch them every day. Yours, Christiaan De Wet.”
In Londen, so word vertel, staan ’n straatventertjie foto’s van die Generaal en verkoop. Toe ’n klant die koevert oopmaak is daar net ’n blanko kaartjie binne-in. Hy wil by die mannetjie weet wat aangaan. Die kêrel het sy antwoord reg: "Yer can’t find De Wet,
guv’nor? No more can anybody else find him!”
Onder die Afrikaners self doen talle staaltjies die rondte.
Lees artikel by DE WET (11)
DE WET (10)
Lewenskets van Genl. CR. de Wet
Ben Olivier
Lees reeks by GENERAAL CHRISTIAAN DE WET
Met groter vasberadenheid as ooit maak genl. De Wet nou gereed om die Kaapkolonie weer ’n keer te probeer inval. Hy het nou 2 000 burgers byeen en selfs pres. Steyn wil hom vergesel. Op Doornberg waar die kommando’s bymekaarkom, maak die President bekend dat sy ampstermyn verstreke is. Hy wys daarop dat die bepalinge van die wet egter nie nagekom kan word nie, omdat daar geen Volksraad is nie. Die krygsraad onderneem dus om ’n kandidaat aan die burgers voor te stel, met die verstandhouding dat die burgers ook die reg sal hê om ’n kandidaat of kandidate voor te stel.
Daar is nie die minste twyfel dat Steyn verkies sal word nie, maar hy dring daarop aan dat hy slegs as waarnemende president gekies moet word, totdat ’n behoorlike verkiesing gehou kan word.
MÔRE IS DIT TE LAAT!
Ds Andrè van den Berg
“ ... Want hoedanig is julle lewe? Dit is tog maar ʼn damp wat vir ʼn kort tydjie verskyn en daarna weer verdwyn” - Jak. 4:14
Mense is lief om slegte dinge met mooierklinkende woorde te versag. Dit word eufemismes genoem. So praat mense bv. van kinders wat buite die eg verwek is as liefdeskinders. Is kinders wat binne die eg verwek is nie eerder liefdeskinders nie? Sonde word met ʼn suikerlagie bedek. Van een wat gesteel het word gesê dat hy gegaps het, of as iemand besope is, dat hy te veel gekuier het. Alles eufemismes om sondes onskuldig te laat klink!
AFRIKANER-LIBERALISME (8)
Lees reeks by Afrikaner-liberalisme
'n Volk wat sy geskiedenis vergeet en die waarde en ideale wat hom deur die geskiedenis gedra het, afsweer, is geen volk meer nie maar het geblus tot 'n massa individue.
LIBERALISME IN DIE PERSWESE (2)
G.D. SCHOLTZ
Diametraal die teenoorgestelde van die beleid van Hofmeyr om maar Gods water oor Gods akker te laat vloei, was dié van agtereenvolgende leiers van die Nasionale Party. Reeds in 1911 het genl Hertzog aan 'n Engelssprekende geskryf: " Ever since 1903 I have advocated segregation as the only permanent solution of the question... It is with a feeling akin to horror that I look into the future with the question unsolved. Our children and their posterity will more and more feel the dead weight of 'n lower civilization dragging them down to die level of their native environment, unless they suffer themselves to by completely extirpated." Hierdie woorde van genl Hertzog het hul waarde en betekenis tot vandag toe behou.
In 1923 het genl Smuts 'n wetsontwerp by die Volksraad ingedien in verband met die beheer oor Swartes in die stede.
AFRIKANER-LIBERALISME (7)
Lees reeks by Afrikaner-liberalisme
'n Volk wat sy geskiedenis vergeet en die waarde en ideale wat hom deur die geskiedenis gedra het, afsweer, is geen volk meer nie maar het geblus tot 'n massa individue.
LIBERALISME IN DIE PERSWESE (1)
G.D. SCHOLTZ
Ons is in 'n era waar dit opmerklik is dat koerante wat opgerig is om die saak van Afrikanernasionalisme te propageer, die arsenaal van liberalisme uitbraak. Tevore het die liberalisme wat die merkteken "made in Britain" gedra het, en die nasionalisme wat in Suid-Afrika ontstaan het, mekaar volkome uitgesluit. Wat deur die een as beginsel aanvaar is, is deur die ander verwerp. Tussen die liberalisme en die nasionalisme kan daar nooit versoening kom nie. Die stryd tussen die draers van die liberale gedagte aan die een kant en die draers van die nasionalisme aan die ander kant sal, so ver 'n mens in staat is om die toekoms in te sien, voortduur totdat die oorwinning van die een volkome is en die nederlaag van die ander net so volkome is.