Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die tong is 'n magtige wapen en slegs met die krag van die Heilige Gees kan hierdie wapen tot eer van God aangewend word. As ons nie elke dag bid vir dié genade nie sal ons meer oorlog as vrede ervaar.
KOMMENTAAR SONDER GRENSE (4)
Die SAUK... en die storie daaragter
L J Bothma
1988
Lees reeks by Die SAUK... en die storie daaragter
Inflasie
Die inflasionêre gevolge van die uitskakeling van die loongaping is enorm. Inflasie as sodanig is egter ook ’n herverdeler van welvaart en kom so ook die herverdelingsbeleid ten goede.
Suid-Afrika se buitengewoon hoë inflasiekoers is onder meer die gevolg van sy loonbeleid. Niemand is seker beter bevoeg om die geldigheid van hierdie stelling te toets as 'n voormalige minister van Finansies, mnr Owen Horwood, self nie. Hy het by geleentheid gesê dat die uitskakeling van die loongaping vyftig persent bydra tot die inflasiekoers. Per implikasie beteken dit dat Suid-Afrika se inflasiekoers dus nou ongeveer tien persent kon gewees het!
Daar is reeds verwys na die verlammende effek wat die uitskakeling van die loongaping op produktiwiteit het.
KOMMENTAAR SONDER GRENSE (3)
Die SAUK... en die storie daaragter
L J Bothma
1988
Lees reeks by Die SAUK... en die storie daaragter
Ekonomiese beleid
Inleiding
Die Suid-Afrikaanse ekonomie staar ’n besliste ineenstorting in die gesig. Kundiges het die huidige situasie al as erger as die Groot Depressie van die dertigerjare beskryf. Dit staan ook in skrille kontras met die voorspoed wat tydens die bewindsjare van dr H F Verwoerd geheers het.
Dit is inderdaad nou van deurslaggewende belang dat daar ernstig besin word oor die krisis, anders sal ’n ramp die hele Suider-Afrika op die lange duur tref. Die verskonings wat vir die swak ekonomie aangevoer word, oortuig beslis nie. Die fout word gesoek by die goudprys, die wisselkoers, sanksies, disinvestering, die totale aanslag, apartheid, die droogte en dies meer. Wat egter uit die oog verloor word, is die rol van die mens self. Die ekonomie van ’n land word inderdaad bepaal deur sy mense in hul totaliteit. Daarom moet enige ondersoek na die huidige krisis begin by die basis, naamlik beleidvoering in sy breedste sin.
WAAR IS DIE SEËN VAN ONS ERFDEEL?
Hannes Ollewagen
Nehemía 9:1-37
“En hulle het versterkte stede en ‘n vet land ingeneem, en huise in besit geneem vol allerhande goeie dinge, uitgekapte putte, wingerde en olyfbome en vrugtebome in menigte, en hulle het geëet en versadig en vet geword en weelderig gelewe deur u grote goedheid.” (:25).
Daar is ‘n bekende spreukwoord wat lui dat ‘n mens nie weet wat jy het voordat jy dit verloor nie. Waarom moet ‘n mens eers iets wat kosbaar is, verloor alvorens jy dit werklik waardeer? Dink maar aan dinge wat ons as vanselfsprekend aanvaar – gesondheid, sig, gehoor, ons geliefdes, ons werk. Nie alleen aanvaar ons dit as vanselfsprekend nie, maar kan soms ondankbaar wees in hierdie verband. Dink maar hoedat ek kan wens dat my vrou so mooi soos ‘n ander is, of dat ek slimmer is of beter in my werk kon wees wanneer ek my met ‘n ander vergelyk. Wanneer ek egter hierdie erfbesit van my verloor, verdwyn alle gedagtes van vergelykbaarheid met ander en besef ek die kosbare waarde hiervan meer as ooit vantevore.
KOMMENTAAR SONDER GRENSE (2)
Die SAUK... en die storie daaragter
L J Bothma
1988
Lees reeks by Die SAUK... en die storie daaragter
Oos-Wes-siening vervolg:
Amerika het nie direk by die Angolese burgeroorlog betrokke geraak nie, maar via die CIA Suid-Afrika gebruik om die stryd te voer. John Stockwell, wat in Junie 1975 as hoof van die CIA se Angola-taakmag aangestel is, het die CIA-betrokkenheid later onthul. Samewerking tussen die CIA en Suid-Afrika het ingesluit vergaderings tussen CIA verteenwoordigers en Suid-Afrikaanse generaals asook die verskaffing van geheime inligting en hulp met die vervoer van wapens na lande wat aan Angola grens, sodat dit na die gevegsgebied geneem kon word. Volgens hom was die oorhoofse doelstelling om die Sowjet-Unie te mislei, maar die middele het ontbreek. Die wysmakery is ontmasker en die gevolge was die ingrawing van Kubaanse soldate in Angola met groot geloofwaardigheid. Suid-Afrika is in hierdie eskapade wreed ontnugter deur sy Westerse “leier”. Dit is op 24 Junie 1976 prontuit deur die SAUK aan die Suid-Afrikaanse publiek gestel: “Suid-Afrika is deur die VSA in die steek gelaat tydens die Angola-episode.”
KOMMENTAAR SONDER GRENSE (1)
Die SAUK... en die storie daaragter
L J Bothma
1988
Lees reeks by Die SAUK... en die storie daaragter
Voorwoord en dankbetuigings
Die SAUK het in die verlede uit alle oorde kwaai onder skoot gekom oor sy gebruiklike Kommentaar. Van links en regs word die Korporasie daarvan aangekla dat sy Kommentaar blatante propaganda vir die Nasionale Party is.
Ek het dus meer as genoeg rede gehad om te glo dat die behoefte aan ’n studie oor hierdie aangeleentheid baie groot is. Daarom vertrou ek dat hierdie werk verwelkom sal word deur duisende luisteraars wat net eenvoudig ’n versadigingspunt bereik het vir die SAUK se Kommentaar.
Andersins is dit ook baie duidelik dat duisende Afrikaners deur die praktiese implikasies van die regering se beleidsrigtings ontnugter is. Dit is opvallend dat diegene wat afsonderlike ontwikkeling die graagste wil vernietig, diegene is wat die minste deur integrasie geraak word.
DIE GELYKENISSE VAN JESUS (8)
U kan hierdie reeks geskryf deur ds Andrè van den Berg lees by Jesus se gelykenisse
Die eerstes laaste en die laastes eerste
Mt.20:1-16
Al lyk dit op die oog af of hierdie gelykenis maklik verstaanbaar is, moet daar by die verklaring egter met meer as een gedagtegang rekening gehou word. Dis nie so duidelik wat die hoofgedagte daarvan is nie. Dit gaan hier oor twee sake – eerstens die aard van die werk binne die werk van die koninkryk van God en tweedens die loon wat hiervoor ontvang word.
In die voorafgaande Skrifgedeelte (Mt.19) vind ʼn gesprek tussen Jesus en ʼn ryk jongman plaas. Jesus sê vir hom: “As jy volmaak wil wees, gaan heen en verkoop al jou besittings en gee dit vir die armes en jy sal ʼn skat in die hemel hê; en kom hier en volg My”. Nadat die man Jesus verlaat het, kom Petrus na Jesus met ʼn vraag wat hierby aansluit: “Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg. Wat sal daar vir ons wees?” Jesus antwoord hom dat hulle 100 keer soveel sal ontvang as wat hulle opgeoffer het; meer nog, dat hul die ewige lewe beërwe!
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Dit is ook maar net tipies Brittanje wat al die vroeër jare nagenoeg die helfte van die aarde probeer koloniseer het met die felste aanslag, moord, wreedheid, en geen gewete nie - en nou die EU verlaat omdat hulle nie immigrante wil hê nie... O ja broer!.
KORSIES VAN PASTEI
Die telefoon lui:
"Goeiemore, ek is mnr. du Plessis, die hoof waar u seuntjie skoolgaan."
"Ja?"
"Ons het 'n probleem met hom, Meneer. Hy lieg aanhoudend!"
"Ja-nee, dit klink of hy dit goed doen - ek het nie eens kinders nie!"
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Tandarts: "Moenie bekommerd wees nie, dit sal net twee minute neem om die tand te
trek."
Pasiënt: "En hoeveel sal dit my kos?"
Tandarts: "R200-00".
Pasiënt: "Vir twee minute se werk?!"
Tandarts: "Goed, ek sal 'n uur neem om dit te doen..."
DIE WAARHEID OOR VERWOERD
DIE WAARHEID OOR VERWOERD
Frikkie Strauss
In die eerste aflewering in ons beplande reeks artikels oor Dr Verwoerd in die aanloop tot die 50-jarige herdenking in September 2016 van sy dood, het ons geskryf dat die ware Dr Verwoerd bekend gestel moet word aan die volk wat hy gedien het. Reeds in September 2012 het ons by Suidland Media, met die bekendstelling van ‘n aantal historiese DVD’s, soos volg geskryf: “Verder bly dit altyd ‘n vraag hoekom daar nog nie ‘n behoorlike omvattende dokumentêre film in Afrikaans oor die lewe van Dr Verwoerd gemaak is nie. Is daar nie dalk iemand wat die inisiatief wil neem om dit te doen nie?” En: “Ons kan niks doen om Dr Verwoerd as persoon weer na ons terug te bring nie. Ons kan egter baie doen om sy goeie naam te herstel en daartoe kan die verspreiding van [só ‘n Verwoerd] DVD beslis ‘n bydrae lewer.”
SKEP U EIE TOEKOMS
FOKUS OP DIE LEWE VAN DR H F VERWOERD
Frikkie Strauss
Septembermaand word as erfenismaand in Suid-Afrika gevier, maar soos verwag, het die historiese erfenis van ons volk nie veel aandag tydens die laaste vieringe geniet nie. Tog staan Septembermaand in die teken van een van die mees tragiese gebeurtenisse in die geskiedenis van ons volk. Op Dinsdag 6 September 1966, om kwart oor twee die middag het ons een van ons grootste en geliefdste volksleiers verloor toe Dr H F Verwoerd, toe Eerste Minister van Suid-Afrika, aan die hand van die sluipmoordenaar Tsafendas in die Volksraad gesterf het. Dit was nie net ‘n dolksteek in sy hart nie, maar ook ‘n dolksteek in die hart van die Afrikanervolk, soos sedertdien baie duidelik geblyk het.
KLEINE KABOUTER
LC de Villiers
Jy hou met mag die ketting vas
terwyl jy uit jou magie lag.
Jou ogies op jou voetjies voor;
Deur jou kuifie in die windjie sag.
Hoër en hoër probeer jy swaai,
Jou stemmetjie wat maljan skree.
Kleine lyfie op en af,
Weer en weer en nog 'n keer.
Vanaand jou hartjie rustig slaap,
Drome wat net hemels raak.
More vroeg weer aan die gang,
Jou lewenslus kan niemand vang.
HOE LYK U PRIORITEITE?
Hannes Ollewagen
Matt. 6:1-18
“Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.” (:6).
Ons het tevore gepraat oor die belangrikheid van gebed. Daardie groot voorreg wat ‘n mens het om vir ‘n oomblik voor die Aangesig van die almagtige God te verskyn. Daardie voorreg om jou grootste geheime, jou diepste hartseer, kommer en begeertes voor Hom neer te lê. Daardie tyd wat afgesonder is net vir uself en God.
In die gelese gedeelte het Jesus Christus sy volgelinge leer bid. Enige ware gelowige sal die Onse Vader uit sy kop ken, maar besef ons ook dat ons hierdeur geleer word om ons lewensprioriteite agtermekaar te kry?
50 JAAR NA DR VERWOERD
BRING DR VERWOERD WEER TERUG IN ONS HARTE
Frikkie Strauss
Op Dinsdag 6 September 1966 om 14h15 het Dr H F Verwoerd, sesde Eerste Minister van Suid-Afrika in die Volksraad gesterf na ‘n dolksteek van ‘n sluipmoordenaar deur sy hart gegaan het. Nou, 50 jaar later, kan daar geen twyfel bestaan dat dit ‘n waterskeidingsgebeurtenis in die lewe van die Afrikanervolk was nie. Dit het ‘n einde gebring aan ‘n tydvak van ongeëwenaarde, groeiende prestasies op militêre, politieke, geestelike, ekonomiese en ander terreine sedert ons volk in die laat-agtiende eeu tot ‘n bewuswording van sy afsonderlike identiteit as ‘n volk gekom het. Terselfdertyd het dit ‘n halwe eeu van abdikasie en kapitulasie ingelui wat in sy spoed en intensiteit waarskynlik ook ongekend in die geskiedenis van volkere is. Daar kan ook geen twyfel wees dat, as dié proses toegelaat word om so voort te gaan, dit uiteindelik op die totale vernietiging van ons volk sal uitloop nie. As ons as 21ste eeuse Afrikaners die voortbestaan van ons volk wil verseker en ‘n toekoms vir ons kinders wil skep, is dit dus van kritieke belang dat ons die ware feite van die geskiedenis bemagtig en die regte perspektief daarop vorm.
DIE GELYKENISSE VAN JESUS (7)
U kan hierdie reeks geskryf deur ds Andrè van den Berg lees by Jesus se gelykenisse
Twee ongehoorsame seuns
Mt.21:28-32
Op die oog af skyn die verklaring van hierdie kort gelykenis baie duidelik te wees want dit handel oor ʼn wingerdboer wat sy twee seuns versoek om in sy wingerd te gaan werk. Toe die een seun summier weier om te gaan, het die pa na die ander seun gegaan wat onmiddellik ingewillig het. Daarna het die eerste seun berou oor sy optrede gekry en tog maar in die wingerd gaan werk. Die tweede seun het t.s.v. sy belofte aan sy pa nie ʼn vinger verroer en ʼn toon in die wingerd gesit nie.
Die vraag is: Watter seun het die wil van sy vader gedoen? Die eerste een natuurlik. Tog is die verklaring nie so voor die hand liggend soos wat dit lyk nie. Wat was Jesus se doel met die gelykenis? Wou Hy bloot vir ʼn man met twee seuns wat wyd uiteenlopende persoonlikhede gehad het voorligting gee? Die een was opstandig en weerbarstig en die ander een vriendelik, inskiklik en beleef teenoor sy pa.
DIS NET HOE DIT IS
LC de Villiers
Ek is wit en jy is swart
En dis net hoe dit is.
Ek wil nie met jou ras meng nie;
My volk my trots gewis.
Ek breek nie by jou huis in nie,
My eie plekkie is my lus.
Ek soek nie jou regering nie
Net my eie plasie, wees gerus.
Ek praat nie vreemde tale nie,
Slegs een op vaderstong gesus.
So, ek is wit en jy is swart
En dis net hoe dit is.
DIE GELYKENISSE VAN JESUS (6)
U kan hierdie reeks geskryf deur ds Andrè van den Berg lees by Jesus se gelykenisse
Die hoë eise van die koninkryk van God
Luk.17:7-10; Mt.20:25-28
Alhoewel Lukas in hierdie gelese gedeelte nie duidelik sê dat dit oor die dinge van die koninkryk van die hemele handel nie, blyk dit uit die inhoud wel so te wees. Dit gaan in die gelykenis oor die eise waaraan burgers van die koninkryk van God gehoor moet gee om burgers te wees. Moenie vergeet dat hierdie koninkryk nie ʼn fisiese maar eerder geestelik een is nie en dat burgerskap nie deur die doen van goeie dade verkry word nie.
Hoe verkry sondaars dan burgerskap van die koninkryk van God? Net deur die reddende genade van God in Christus. En daarvoor gebruik Hy die Heilige Gees wat mense tot burgerskap oproep en daarna ʼn geestelike metamorfose in hul lewe bewerkstellig en alles nuut word. Paulus getuig van hierdie geestelike metamorfose: “Daarom, as iemand in Christus is, is hy ʼn nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword”.
Sodat hierdie innerlike verandering plaasvind, is die mens se lewe aan ʼn nuwe wet onderhewig.
BLOEDRIVIER
LC de Villiers
Swart die donker nag
Met wapen slag gereed.
Ek hoor hulle stadig nader sluip
Met harte swart en wreed.
Assegaaie pen die grond orent;
Die reuk van kruid wat antwoord gee.
Krygers red jul naam, geskend,
Rivier met dooie bloed besmee
Gebed na God, ons laer gered;
Ons grond geheilig daar.
Gebod daarna met God gesluit;
Ons vir Jou Suid Afrika!
JONGMENS, JY HET NET EEN LEWE
Ds Andrè van den Berg
“Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord” - Ps.119:9
Wie Ps.119 geskryf het, weet ons nie. Al wat ons weet, is dat hy baie tyd gehad het. Om ʼn Psalm met 176 verse te skryf, is geen grap nie! Die digter vra in vers 9 ʼn vraag: “Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? en beantwoord dit self: “Deur dit te hou na u woord”.
Dis belangrik dat sondaars vrae vra. Dis immers die eerste stap om gered te word. Christus vra Paulus ʼn vraag: “Saul, Saul, waarom vervolg jy My?” (Hand.9:4). Paulus antwoord terug met ʼn vraag: “Wie is u Here?” waarop Jesus hom antwoord: “Ek is Jesus wat jy vervolg” (:5). Toe vra hy weer ʼn vraag: “Here, wat wil U hê ek moet doen?” (:6).
As ʼn sondaar ernstig oor geloofsekerheid word, begin hy vrae te vra soos met die tronkbewaarder van Filippi gebeur het: “Menere, wat moet ek doen om gered te word? “ (Hand.16:39). Geen sondaar word kind van God sonder om vrae te vra nie.
DIE GELYKENISSE VAN JESUS (5)
U kan hierdie reeks geskryf deur ds Andrè van den Berg lees by Jesus se gelykenisse
Die waarde van die koninkryk van God
Mt.13:44-46
Hierdie twee kort gelykenisse is net in Mattheus opgeteken en ontbreek by die ander Evangelie skrywers. Hiermee het Jesus sy volgelinge die belangrikheid van die koninkryk van God geleer; iets so belangrik dat alle ander dinge minder waarde het. Gevolglik moet daarna gesoek word. Vandaar die refrein wat herhaal word: “...gaan hy weg en verkoop alles wat hy het ...” Dit gaan in beide gelykenisse om die prys wat iemand bereid is om te betaal ten einde hierdie kosbaarheid te bekom.
Alhoewel daar verskille tussen die twee gelykenisse is, is die ooreenkomste groter. Beide beskryf die koninkryk van God as iets van onberekenbare waarde, iets wat onverwags gevind word en ʼn waagstuk om dit te bekom. Nogtans moet ons nooit dink dat die koninkryk van God iets is waarvoor ʼn mens kan werk nie. Dit sou op die dwaling van werkheiligheid neerkom wat dikwels by sektes gevind word.