Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Talle mense ontvang die Woord van verlossing die eerste maal met soveel blydskap maar die oomblik wat daar probleme in sy lewe kom vergeet hy van die Genade wat hy reeds ontvang het en gaan maar weer net soos 'n onbekeerde persoon te werk – dan was sy blydskap tevergeefs.
DIE GELYKENISSE VAN JESUS (11)
U kan hierdie reeks geskryf deur ds Andrè van den Berg lees by Jesus se gelykenisse
Die onbeskaamde vriend
Luk.11:5-13; Openb.3:14-22
Hierdie gelykenis draai om die as van gebed en is ʼn les waarmee Jesus nuwe inhoud en groter betekenis aan gebed wou gee. Die Heidelbergse Kategismus leer ons dat gebed die vernaamste deel van ons dankbaarheid teenoor God is. Daarom is dit belangrik dat ons hierdie gelykenis verstaan.
In die Bybelse tyd was gebed vir die godsdienstige Jode ʼn baie belangrike godsdienstige handeling . Uit die Psalms is dit duidelik dat Dawid geweet het hoe om reg te bid. Ongelukkig het die Joodse godsdiens mettertyd in ʼn vormgodsdiens verval wat uit die plegtige uitvoer van sekere godsdienstige handelinge bestaan het. Alles uiters oppervlakkig en sonder ware diepte.
Vir die Jode het godsdiens uit drie kern-elemente bestaan: Aalmoese gee, gebede en vastye. Gebed het vir hulle egter uit die uitspreek van vaste formules en frases gegaan sonder om oor die werklike betekenis van hierdie woorde na te dink soos vandag nog in die Roomse kerk die gebruik is.
WAAROM SA GEVAL HET
VIND UIT HOE ONS LAND IN HIERDIE GEMORS BELAND HET
Die revolusie wat sedert Februarie 1990 baie aan momentum gewen het, is nie soseer die werk van revolusionêre nie, as van Blanke liberale; nie so-seer van Swart aktiviste nie as van Blanke passifiste; en bowe-al van 'n liberale Afrikanerleierskap wat nie opgewasse was nie en politieke verraad gerasionaliseer het deur die verskoning van "verandering".
In plaas van die oorlog te veg en te wen, het die Regering Suid-Afrika in 'n binnelandse krisis gedompel, wat aan die revolusionêre ANC/SAKP die geleentheid gegee het om die liberale binne die "Nasionale" Party ter wille van vrede aanvaar te kry. Die regering het "die vrede" aan ons vyande toevertrou. "Vrede sonder oorwinning", is die voorskrif waarvolgens gehandel is — die ANC se terroriste-mag durf nie verslaan word nie: dit was die eis van die Amerikaanse maghebbers.
Die oorlog moes beëindig word deur 'n revolusie, waarin die politieke, militêre en ekonomiese mag verplaas word na die kant wat die oorlog nie kan wen nie.
WEES ‘N NAVOLGER VAN GOD
Hannes Ollewagen
Efésiërs 5:1: ”WEES dan navolgers van God soos geliefde kinders;”
“Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is.” (:17). Dit word algemene praktyk in ons onseker samelewing dat ‘n saak eers begryp moet word alvorens dit geglo kan word. Dit is natuurlik van kardinale belang dat ‘n mens alle sake deeglik deurdink en ondersoek voordat ‘n besluit in enige verband gemaak word. Ons moet egter oppas om nie in ons geloofslewe toe te laat dat rasionaliteit ons geloof oorskadu nie. Ek sê nie vir een oomblik dat ‘n mens irrasioneel moet optree in die geloof nie, maar dat daar wel ‘n gesonde balans gehandhaaf moet word.
Ons word menigmaal gekonfronteer met besluite in die lewe. Ek moet die keuse maak tussen die een en die ander, maar my grootste bekommernis is dat ek die verkeerde keuse sal maak.
EN ONS LY STEEDS VOORT...
Die wyse pres. Abraham Lincoln het op 15 Augustus 1862 die Negerleiers in die Wit Huis te woord gestaan en aan hulle gesê:
"Julle en ons is van verskillende rasse. Ons het tussen ons 'n breër verskil as wat tussen vrywel enige ander twee rasse bestaan. Of dit reg of verkeerd is, hoef ek nie te bespreek nie, maar hierdie fisieke verskil is 'n groot belemmering vir ons albei, aangesien ek dink julle ras erg daaronder ly, waar baie van julle onder ons woon, terwyl ons ly weens julle teenwoordigheid. Met een woord, ons ly aan albei kante. As dit toegegee word, is dit minstens 'n rede waarom ons geskei behoort te wees".
DE LA REY (9)
Hierdie boeiende vertelling van verskeie burgers se herinneringe onder genl De la Rey tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899-1902 geskryf deur Ignatius Mocke kan gelees word by
NOOITGEDACHT
OP ’n aand kamp die De la Rey-kommando weer op hul ou terrein in ’n moot aan die westelike helling van die Magaliesberge uit.
Die burgers is opgewek en plesierig, ten spyte van die vermoeienis wat hulle die afgelope weke moes verduur en oral word opgewek gelag en gepraat...
Eenkant, by ’n eensame vuurtjie, sit Rudolf Naude. Hoewel hy ook gelukkig voel dat hulle nou weer, na soveel weke se vermoeide vlug en inspanning, rus kon vind, bly ’n voorgevoel van onrus en onsekerheid in sy gemoed nalewe.
Hy sit diep in gedagte versonke langs sy vuurtjie waarop hy besig is om koffiewater te kook. Rudolf merk nie die lang, leniggeboude man wat in die donkerte na sy vuurtjie aangestap kom nie.
WAT JY SAAI...
...SAL JY MAAI
Ds Andrè van den Berg
“Moenie dwaal nie; God laat hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai” - Gal.6:7
Die wet van die natuur leer dat as jy mielies plant, daar nie koring sal opkom nie. Jy oes wat jy plant. Paulus gebruik hierdie grondstelling om die gelowiges in Galasië ʼn belangrike les te leer: “Moenie dwaal nie; God laat hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai” (Gal.6:7). Moet jouself nie bluf nie, so seker as wat ʼn boer een soort saad saai en van dieselfde soort oes, so seker sal die mens dit wat hy tydens sy aardse lewe saai, ná sy dood oes.
In die tyd van Paulus was daar baie dwaalleraars wat onkundige mense met hul slimpraatjies meegevoer het.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Seuntjie: Pappa, ek wil eendag 'n loopbaan in georganiseerde misdaad beoefen.
Pa: In politiek of in die bank?
EN NOU ÍS ONS DAAR!!
"As 'n party hom nie vestig op die grondslae van nasionalisme nie, sal dit ná 'n fase van wrywing en botsing uitloop op 'n Swart meerderheidsregering wat, soos die les van Afrika leer, waarskynlik onder Kommunistiese beheer sal wees en Suid-Afrika betreklik gou sal afdruk tot die peil van nasionale armlastigheid, korrupte administrasie en miskenning van elementêre menseregte en demokratiese waardes." - Jaap Marais 1990
WARE WYSHEID
Edmund Burke het gesê die mens het geen reg om die bestaan van 'n volk en sy beskawing te riskeer met eksperimente in sedes en politiek nie, want elke mens se private kapitaal van intelligensie is klein; dit is net as hy trek uit die bank en kapitaal van die eeue, die wysheid van die voorvaders, dat hy wys kan optree.
UITSTEKENDE PERSPEKTIEF
FA Hayek, die Nobelpryswenner, het gesê: "Weens die feit dat mense baie verskillend is, volg dit dat as ons hulle gelyk behandel, die resultaat ongelykheid in hulle werklike posisies is, en dat die enigste manier waarop hulle in 'n gelyke posisie gestel kan word, sal wees om hulle verskillend te behandel".
DE LA REY (8)
Hierdie boeiende vertelling van verskeie burgers se herinneringe onder genl De la Rey tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899-1902 geskryf deur Ignatius Mocke kan gelees word by
STRATEGIE (vervolg)
RUDOLF het dankbaar gebruik gemaak van elke vrye oomblikkie wat hy kon vind om Johanna te besoek.
Hy het soms met verbasing daaraan gedink dat hy, wat nog altyd sonder vroulike geselskap kon klaarkom, vir wie dit trouens iets was wat hy kon ontbeer, veral met die oorlogsgeweld gedurig om hom, so aanhanklik kan word. Johanna se gelaat, haar oë, die oomblikke wanneer hy daarin haar trotse liefde kon sien ... soos daardie onvergeetlike nag toe hy haar uit die swart spioen se kloue gered het... was gedurig voor hom. Wanneer die oomblikke van rus aangebreek het—in die nag, om die kampvure, in die middae wanneer hy onder ’n boom afgesaal en in die koelte daarvan gelê het—het sy gedagtes onkeerbaar na haar uitgegaan. En in sulke oomblikke het hy geweet dat hy die groot liefde van sy lewe gevind het en dat geen vrou ooit weer dieselfde verlange in sy siel sou wakker maak nie.
LUISTER WANNEER HY SPREEK!
Hannes Ollewagen
2 Konings 5:1-27
“Maar Naäman het baie kwaad geword en weggegaan en gesê: Kyk, ek het gedink: Hy sal sekerlik na my uitkom en staan en die Naam van die HERE sy God aanroep en sy hand oor die plek heen en weer beweeg en die melaatsheid wegneem. Is Abána en Farpar, die riviere van Damaskus, nie beter as al die waters van Israel nie? Kon ek my nie daarin was en rein word nie? En hy het omgedraai en vererg weggery.” (:11&12)
Eeue later, maar ons doen steeds vandag soos Naäman gedoen het. Ons lees dat Naäman ‘n leërowerste was wat groot aansien gehad het. Hy het hierdie aansien nie verkry deur sy eie vernuf nie, maar deur die werking van God se hand. Die feit dat hy egter aan melaatsheid gely het, het Naäman se lewenskwaliteit aansienlik ingeperk.
STEM VIR JOU VOLK - MET 'N WEGBLYSTEM
Waarom ek nie vandag gestem het nie
Dr SH Gregan
Daar is soveel redes om nie te stem nie. Trouens, ek kan net my kop in verontwaardiging skud as ek sien hoe Afrikaners verkiesing na verkiesing gedwee in toue gaan staan om 'n kruisie te trek. En dan nogal dink dat hulle hulle "plig" gedoen het!
Waarom het ek nie vandag gestem nie?
1. In 1992 is 'n referendum onder Blankes gehou met as vraag of hulle ten gunste is van onderhandeling met die ANC met die oog op die daarstel van 'n nuwe grondwet. Toe aan FW de Klerk, die destydse president, in die parlement gevra is of dit beteken dat die nuwe grondwet aan die Blankes voorgelê sou word vir goedkeuring na afloop van hierdie onderhandelings het hy dit beaam. Dit is nooit gedoen nie. Hy het die Blankes met talle soortgelyke valse beloftes bedrieg. Die Blankes het dus nie hulle goedkeuring gegee vir die nuwe grondwet nie. Daarom was dit 'n onwettige oordrag van mag en regeer die ANC sedert 1994 onwettig.
2. Die nuwe grondwet verklaar dat die Afrikaner se geskiedenis een groot onreg is.
50 JAAR NÁ DR HF VERWOERD
BRING DR VERWOERD WEER TERUG IN ONS HARTE
Frikkie Strauss
Op Dinsdag 6 September 1966 om 14h15 het Dr H F Verwoerd, sesde Eerste Minister van Suid-Afrika in die Volksraad gesterf nadat 'n dolksteek van 'n sluipmoordenaar deur sy hart gegaan het.
Nou, 50 jaar later kan daar geen twyfel bestaan dat dit 'n waterskeidingsgebeurtenis in die lewe van die Afrikanervolk was nie. Dit het 'n einde gebring aan 'n tydvak van ongeëwenaarde, groeiende prestasies op militêre, politieke, geestelike, ekonomiese en ander terreine sedert ons volk in die laat agtiende eeu tot 'n bewuswording van sy afsonderlike identiteit as 'n volk gekom het. Terselfdertyd het dit 'n halwe eeu van abdikasie en kapitulasie ingelui wat in sy spoed en intensiteit waarskynlik ook ongekend in die geskiedenis van volkere is.
Daar kan ook geen twyfel wees dat, as dié proses toegelaat word om so voort te gaan, dit uiteindelik op die totale vernietiging van ons volk sal uitloop nie.
MY GEBED
(Digter onbekend)
Dat sy U saam met my sal liefhê en opreg sal dien
En my liefde vir haar in my hart en handel sal sien;
Dit is die lewensmaat waarna ek soek o Heer
En wat U weet ek só diep in my hart begeer.
Maar sou ek op U nie wag;
Hierin steun op my eie krag;
Is die skrif ongetwyfeld aan die muur;
Die vrug van ongehoorsaamheid so suur.
U ken elke gedagte en oordenking van my hart;
U ken my moedeloosheid, vrae en diepste smart.
Soms skryf ons U voor om ons seerste wonde te genees.
Asof U nodig sou hê om vir raad U te wend tot vlees.
U, ons barmhartige, liefdevolle en getroue Vader, ons God,
ontfermend oor wie U liefhet, wie streef om te leef na U gebod;
As ons dan die raad sou hê oor hoe U volgens ons plan moet werk,
Waarom sou ons nodig hê om te vertrou op U hulp en almag so sterk?
Leer my om U met 'n volkome hart te vertrou;
Om my ongeregtighede af te lê met ware berou;
Want dan sal ek te midde van wat 'n bose wêreld my toesnou
Bly leef met my hoof omhoog in die hoop om U heil te aanskou!
KOMMENTAAR SONDER GRENSE (9)
Die SAUK... en die storie daaragter
L J Bothma
1988
Lees reeks by Die SAUK... en die storie daaragter
Sanksies, boikotte en disinvestering
Dit is die gebruik dat die dinge wat die land werklik die seerste kan maak, die minste publisiteit geniet. Een hiervan is die reeds vermelde skuldkrisis. Daarteenoor word dit wat nie juis ’n primêre bedreiging is nie, oorbeklemtoon. Die beste voorbeeld hiervan is sanksies, boikotte en disinvestering.
Die land leef al sedert die sestigerjare met hierdie dreigemente saam. Dit is geensins nuut nie. Reeds in 1968 was disinvestering al ter sprake toe pres Lyndon Johnson alle regstreekse Amerikaanse beleggings in Suid-Afrika bevries het. Dit is ook sedertdaardie tyd gebruiklik dat die WO jaarliks sanksies en boikotteteen die land bepleit ten einde hom te dwing om sy binnelandse beleid te verander.
DIE GELYKENISSE VAN JESUS (10)
U kan hierdie reeks geskryf deur ds Andrè van den Berg lees by Jesus se gelykenisse
Die ryk dwaas
Luk.12:13-21: Jak.4:13-16
As iemand in die Bybelse tyd gemeen het dat hy uit ʼn erfporsie verkul word, kon hy na ʼn Skrifgeleerde vir arbitrasie gaan. Die Joodse wet het hulle gemagtig om toe te sien dat ʼn erfenis regverdig verdeel word. Soos wat mense vandag vir sulke sake na prokureurs toe gaan, het mense destyds na dominees gegaan. Ongelukkig was hulle nie altyd baie betroubaar nie en het soms vir eie gewin verkeerde uitsprake gemaak. Jesus berispe hulle selfs daaroor: “ Wee julle, skrifgeleerde en Fariseërs, geveinsdes, want julle eet die huise van weduwees op...” (Mt.23:14).
By geleentheid het ʼn man wat oor sy erfporsie veronreg gevoel het met Jesus daaroor kom praat. Hy het heelwaarskynlik sy eie dominee nie daarmee vertrou nie!
GEES, SIEL EN LIGGAAM
Ds Andrè van den Berg
“En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!” - 1 Thess.5:23
Hoe weet ons dat daar wel ʼn God is? Het iemand Hom ontdek soos wat ʼn wetenskaplike in ʼn laboratorium iets ontdek? Nee, niemand het God ontdek nie, Hy het Hom aan ons bekend gemaak. As dit nie daarvoor was nie, sou ons niks van God weet nie en vanoggend elders gewees het. Maar dit was God se wil dat mense Hom op ʼn besondere wyse as ʼn Drie-eenheid leer ken - Vader, Seun en Heilige Gees.
God het wonderlike dinge gemaak waarvan die mens die wonderlikste is. Die mens word die kroon van God se skepping genoem omdat hy die enigste van God se skepping is wat met sy Maker kan praat.
DE LA REY (7)
Hierdie boeiende vertelling van verskeie burgers se herinneringe onder genl De la Rey tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899-1902 geskryf deur Ignatius Mocke kan gelees word by
TURKSVYE EN STRATEGIE
DIE son bak verblindend neer op die kaal vlaktes en deinende bulte van Wes-Transvaal. Die lug is droog, warm en verstikkend. Die aarde is kaal en uitgedor en
is geen die minste teken van groen lewe op hierdie uitgestrekte vlaktewêreld te bespeur nie. Wes-Transvaal is in die knelgreep van een van sy periodieke middesomerdroogtes. Des te afgrysliker vertoon hierdie toneel van verlatenheid deur die groot brandkolle wat swart op die oppervlakte van die land lê.
Hier is ’n mielieland afgebrand; daar ’n vrugteboord of boerehuis, of daar gunter ’n lap tamboekiegras wat deur ’n verdwaalde vonk of kruitblits uit die geweerloop van ’n onversigtige soldaat aan die brand geskiet is. Die brande is die gevolg van die oorlogsverwoesting: Die oorlog wat nou byna anderhalf jaar hier op die verlate Wes-Transvaalse vlaktes tussen die guerrillamagte van De la Rey en die Britse oormag woed ...
DE LA REY (6)
Hierdie boeiende vertelling van verskeie burgers se herinneringe onder genl De la Rey tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899-1902 geskryf deur Ignatius Mocke kan gelees word by
DIE VRYBUITERSKOMMANDO
"KOMMANDANT" FRIKKIE ELS voel onrustig. Hy het oom Giel van Zyl, sy baasverkenner, vroeg die agtermiddag uitgestuur om die omgewing te verken en nog het oom Giel nie teruggekeer nie, hoewel die son al laag aan die westerkim hang.
Vir die soveelste keer loop die “kommandant” met die verkyker in sy hand die klipkoppie agter die laer uit om die omgewing te bespied. Daar is geen lewende wese in die vaal ononderbrokenheid van die omliggende wêreld te sien nie.
“Ek wonder waar Giel so laat bly?” mompel hy bangerig onseker teen homself, “ek hoop tog net nie daar het iets met hom gebeur nie ...”
“Kommandant” Els vertrou die vrede nie. Vandat sy kommando ’n paar weke gelede een van generaal De la Rey se spioene in ’n gewonde toestand hier tussen die riete in een van die vleie gekry het, voel hy maar gedurig op sy hoede. Want hy is aanvoerder van ’n vrybuiterskommando, ’n kommando wat nog vis nog vlees is. Hulle is ewe bang vir Boer of Brit en vlug vir albei om‘t ewe.