Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die wysheid van die vroue bou die huis, maar die sotheid breek dit met eie hande af – Spreuke 14:1
AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (10)
(Lees die reeks by Afrikaanse Idiome en Gesegdes
- Hy is nou op begane grond (hy is op vaste aarde)
- Sy kragte het hom begeef (hy het baie swak geword)
- My moed het my begewe (ek het bang geword)
- Waarin het jou al weer begeef (wat het jy nou weer aangevang)
- Waar 'n begin is, is 'n einde (as jy sover gekom het om iets aan te pak, het jy al 'n ent gevorder)
- Goed begin, is half gewin (as die begin goed is, is die kans dat jy sal slaag soveel beter)
- ' n Goeie begin sit voordeel in (as jy goed begin, is sukses meer waarskynlik)
- Klein begin,aanhou win (moenie te veel aanpak nie, anders moet jy dalk tou opgooi)
- Hulle moes van meet af begin (hulle moes van voor begin)
- Daar is niks met hom te begin nie ('n mense kan niks met hom regkry nie)
- Goed begonne, is half gewonne ('n goeie begin is nodig vir sukses)
- Klein begonne is halfgewonne (as jy op klein skaal begin het, sal jy, deur vol te hou, bo uitkom)
- Hy sal nog laat vir sy eie begrafnis kom (hy is altyd laat)
- Hy het dit met 'n begrafnis-gesig gesê (hy het baie ernstig gelyk)
- Hulle eet begrafnisrys (hulle eet geelrys met rosyntjies)
- Hy praat met 'n begrafnisstem (hy praat op 'n somber, ernstige manier)
- Hy het begrafnisvoete (hy het yslike voete)
- Hy het nie die flouste begrip nie (hy verstaan niks daarvan nie)
- 'n Goeie begrip vra 'n halwe woord (as iemand iets gou begryp, is 'n lang verduideliking onnodig)
- Bergyp jou aan! ('n verbaasde uitroep)
- Dis te begrype dat hy meer sal wil weet ('n mens kan dit verstaan)
- Om alles te begryp, is om alles te vergewe (as jy die omstandighede ken, verstaan jy beter)
- Sy is alles behalwe mooi (sy is lelik)
- Hy is behep met sy eie prestasies (hy gee oordrewe aandag daaraan)
- Behoed jou siel! (kyk nou net!)
- Hy het sy pligte na behore uitgevoer (hy het dit op die regte manier gedoen)
- Dit was my behoud! (dit het my lewe gered)
- Hy nou heeltemal bejosie (hy is nou heeltemal beduiweld. Josie is 'n benaming vir die duiwel).
SY RIBBEBEEN
Ds Schalk Strauss
Onder Afrikanermans is daar gewoonlik heelwat grappies wat iets te sê het oor die posisie van die vrou. Een van die bekendstes lui soos volg:
Hoekom het vrouens kleiner voete? Sodat hulle nader aan die wasbak/stoof kan staan.
Mans wil hulle gewoonlik doodlag oor hier die tipe grappies terwyl dit vrouens warm onder die kraag maak.
Is hierdie soort grappies egter net goedige gekskeerdery? Is vrouens se blitsige en soms bitsige reaksie op sulke grappe bloot gemik op die grap? Sê hierdie grappies en reaksies nie dalk iets van bepaalde sienswyses wat onderliggend by ons teenwoordig is nie?
GEREFORMEERDE OORSIG... DIE GROOT TREK
Dr Jann Schlebush
In die Wakis: Die Voortrekkers se Godsdiensbeskouing en hulle uitlewing daarvan.
Die Here, ons God, het dit so beskik dat die volksplanting aan die Kaap plaasgevind het kort ná die Groot Kerkhervorming van die 16e eeu. En die tagtigjarige oorlog[1] was pas verby, waarin die Nederlandse Geuse[2] vir hulle vryheid en die behoud van die Gereformeerde geloof moes veg teen die Roomse vervolging van koning Filips van Spanje. Die Franse Hugenote het na Nederland gevlug en so-ook die Duitse gereformeerdes. Die VOC het in 1652 vir Jan van Riebeeck na die Kaap gestuur – slegs 43 jaar ná die Sinode van Dordtrecht. Só was ons Heer se beskikking dat die Europeërs wat na die Kaap gestuur is, nie slegs ‘n gereformeerde belydenis gehad het nie, maar inderdaad stryders was vir die suiwer leer van die Bybel – wat ook as Calvinisme bekend staan.
NIKS IS VOOR SY AANGESIG VERBORGE NIE
Hannes Ollewagen
Jona 1:1-17
“Maar Jona het hom klaargemaak om na Tarsis te vlug, van die aangesig van die HERE af weg; en hy het na Jafo afgegaan en ‘n skip gevind wat na Tarsis sou vaar. En hy het die reisgeld daarvoor betaal en daarin geklim om saam met hulle na Tarsis te vaar, van die aangesig van die HERE af weg.” (:4).
Sedert die sondeval het sonde hierdie uitwerking op die mens – dit vervreem die mens van sy Skepper. Hoe sou ons sonde definieer? Ons kan sonde definieer as ‘n doelbewuste ongehoorsaamheid aan God se Woord en opstandigheid teen God se gesag.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (2)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Vroeg in die sewentiger-jare, toe ek in die posisie geplaas is waar ek van tyd tot tyd direk met verskeie kabinetsministers, en met die Eerste Minister self kon praat, het ek tevergeefs probeer om die erns van die saak aan die gesagsorde te verduidelik. Ek het tevergeefs probeer verduidelik dat ons, ten einde enige ondersteuning en 'n "blaaskans" van die Weste te verkry, sal moet begin om openlik al die strukture van onderskeid af te breek wat suiwer op kleur gegrond is en wat niks met die kulturele erfenis van die Afrikaner te doen het of die beskerming van die identiteit van die witman van Suid-Afrika nie. Maar niks betekenisvol het gebeur nie.
VANDAG IS HERVORMINGS- DAG
Ds Andrè van den Berg
“Want sulke mense is vals apostels; bedrieglike arbeiders wat hulself verander in apostels van Christus. En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ’n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke” (2 Kor.11:13-15).
Martin Luther het in ʼn tyd geleef toe min mense Bybel kon lees.
DIE SIN VAN DIE LEWE (4)
Dr Cas Vos
Lees reeks by DIE SIN VAN DIE LEWE
By die gode
Die gode het vergadering gehou. Vir ons as Westerlinge is dit ’n vreemde gedagte, maar die Oosterlinge was goed met die soort vergaderings vertroud. In die Oud-Oosterste literatuur kom ons telkens die begrip “godevergadering” teë. Die vergadering kon bestaan uit die gode van een land, byvoorbeeld Babel; maar dit kon ook ’n internasionale geselskap wees: alle gode van vele volke wat saamtrek om hulle gemeenskaplike take en belange te bespreek.
DEUR HOM WORD ONS GEVOED
Hannes Ollewagen
Johannes 6:22-59
“Ek is die brood van die lewe.” (:48)
“Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.” (:51)
“Wie my vlees eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom.” (:56)
Ek wonder of ek en u aldag besef hoeveel God Hom met die Skepping bemoei? Ons kan so maklik onder die wanindruk verkeer dat God daar vêr in die hemel is en dit wat hier op aarde gebeur maar aan tyd en lotgeval oorgelaat het. Die Woord leer ons egter anders en die geskiedenis van die mensdom weerlê ook hierdie gedagte. Dink maar aan die talle ingrypings wat in die geskiedenis van die mensdom plaasgevind het en groot omwentelinge in die gang van sake veroorsaak het.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (1)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die wêreldwye sielkundige en propaganda-aanslag teen Suid-Afrika het sy hoogtepunt aan die begin van die sewentigerjare bereik en die regering van mnr. John Vorster het vir die eerste keer begin vrees dat isolasie, politieke en ekonomiese isolasie, op die land afgedwing gaan word. Daar is gevrees dat dit net 'n kwessie van tyd was voordat twee dinge sou gebeur het wat meer gevaar as enigiets anders ingehou het: 'n Besluit van die Veiligheidsraad in die VN wat bindend op alle lede sou wees en wat hulle beveel om onmiddellik olieverskaffing aan Suid-Afrika te staak en die instelling van 'n langdurige vakunie-blokkade t.o.v. alle kommunikasie met Suid-Afrika, kabel- en telefoonverbindings, sowel as skeeps- en lugvaart.
DIE SIN VAN DIE LEWE (3
Dr Cas Vos
Lees reeks by DIE SIN VAN DIE LEWE
In 'n lewe sonder uitsig
Johannes die Doper sit getralie en getronk. Hy ontbeer sy vryheid en lewensruimte. Normale menslike verhoudinge met sy lag en sy traan, met sy vrolikheidjie en sy erns is hom nie meer beskore nie. Hy sit vasgevang in homself. Die man in die tronk koester gedagtes van verlatenheid en sinloosheid. Sy seldeur is gesluit en die vensters van sy eie lewe is dig toe. Hy is ’n gebroke mens: sy drome lê aan skerwe.
DIE SIN VAN DIE LEWE (2)
Dr Cas Vos
Lees reeks by DIE SIN VAN DIE LEWE
In die nietighede
’n Ou Griekse volksverhaal oor die gode en godinne handel oor Sisifus. Hy was Korinte se hoogmoedige koning wat deur Zeus na die onderwêreld veroordeel is. Die geslepe Sisifus het sy straf vir ’n rukkie ontduik. Dit het so gebeur: hy het sy vrou Merope oorgehaal om hom nie te begrawe nie. In die onderwêreld aangekom, het die onderduimse Sisifus toestemming verkry om na die aarde terug te keer om sy vrou te straf vir ’n afskuwelike oortreding wat sy begaan het om hom nie te begrawe nie!
SAMGAR VERLOS ISRAEL
Ds Andrè van den Berg
“En hulle het in dié tyd van Moab omtrent tienduisend man verslaan… So moes Moab dié dag buig… Toe kom ná hom Samgar, die seun van Anat, wat van die Filistyne seshonderd man met ʼn osdrywerstok verslaan het; en ook hy het Israel verlos” - Rigters 3:29-31.
Die laaste vers in Rigt.3 val die oor ʼn bietjie vreemd op. Daarin word gesê dat Samgar Israel verlos het. Was dit nie eerder God wat Israel verlos het nie? Die bedoeling van vers 31 is dat Samgar ʼn instrument in God se hand was en dat hy met die krag van God Israel van die volksvyand bevry het.
Samgar se optrede leer ons ʼn baie groot waarheid - niemand is vir God te gering om in sy diens bruikbaar te wees nie. As Hy jou krag gee, verslaan jy selfs reuse soos Dawid van getuig.
DIE SIN VAN DIE LEWE (1)
Dr Cas Vos
Lees reeks by DIE SIN VAN DIE LEWE
Voorwoord
Friedrich Nietzsche se “Die frohliche Wissenschaft” (1882), is ’n profetiese gelykenis van die kranksinnige mens. Die mens is op ’n helder oggend met sy lanterntjie op soek na God. Hy roep: “Waar is God heen? Ek sal julle sê! Ons het Hom doodgemaak — ek en julle!” Hy gaan voort: “Hoe sal ons, die grootste van alle moordenaars, onsself troos? Die bloed van die heiligsteen, magtigste wat die wêreld tot dusver besit het, is aan ons hande — wie reinig ons van die bloed? Is die omvang van die daad nie te groot vir ons nie? Moet ons nie self gode word om die daad waardig te word nie?” Wat doen die omstanders?
BRING BYMEKAAR...
... WAT UIT INNERLIKE
OORTUIGING BYMEKAAR HOORT
"Met die eerste verjaarsdag van die ANC se verkiesing van 27 April 1994 was die Star se voorbladopskrif na aanleiding van ‘n gesprek met Thabo Mbeki: 'Breakup of ANC inevitable'. "
Een van die ernstigste dinge wat Afrikaners vandag besef, is dat hulle in hul eie land ‘n verowerde volk geword het. ‘n Derde maal in die geskiedenis het die Afrikaners die politieke mag en die vryheid in hul vaderland verloor. In hierdie geval is die oorlog teen die terroriste eerloos en roemloos beëindig, met ‘n feitlik onvoorwaardelike oorgawe deur die De Klerk- regering. Die ANC-SAKP regeer nou die land op hulle voorwaardes. Die “Nasionale” Party-regering was nie bereid om oorlog met oorlog te beantwoord nie, maar het die oorlog beantwoord met sosiale revolusie. Die gevolg is dat daar geen rus en vrede in die land is nie. Ons het te doen met ‘n voortgaande revolusie, net soos na die Engelse oorlog, toe die Boerehater, Alfred Milner, gesê het: "The South African struggle continues. It is no longer war with bullets, but it is war still”.
SO IS ONS VERNEUK!
Dr JJ Snyman
Ek het onlangs die boek van professor Sampie Terreblanche, Lost in Transformation: South Africa's Search for a New Future Since 1986 aangekoop. Nie dat ek enige bewondering vir die man het nie; inteendeel. Hy is 'n onrehabiliteerbare liberalis en klaarblyklik sal nie eens die sigbare verval en agteruitgang in hierdie land hom van daardie kwaal kan genees nie. Die boek het in 2012 verskyn en bevat baie belangrike inligting juis omdat Terreblanche van belangrike gebeure kennis dra en selfs deel van daardie stuk geskiedenis was. Opnuut word ook besef hoe die Blanke in die 1992-referendum verneuk is.
Die skrywer merk tereg op dat die uitstaande kenmerk van die tydperk 1994 tot 2012 die intensifisering van die sosiale probleme van armoede, werkloosheid en ongelykheid is.
TOON DIE WêRELD JOU GELOOF
Hannes Ollewagen
Jak. 2:14-26
“Want soos die liggaam sonder die gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood.” (:26).
Suid-Afrika word algemeen as ‘n Christelike land beskou. Ek is geneig om hiervan te verskil aangesien die verval rondom ons van die allerverskriklikste goddeloosheid getuig. Ons is tans nog bevoorreg genoeg om Bybelstudie te doen, te bid en eredienste by te woon sonder om daarvoor vervolg te word, maar wat betref die uitleef van ons Christelike beginsels, word ons leefruimte ingeperk.
Wanneer ons ons kinders wil onderrig vanuit ‘n akademiese instansie met ‘n Christelike grondslag, word hierdie instansies algemeen teengewerk en word allerhande nie-Christelike leermateriaal op ons kinders afgedwing. Wanneer ons ‘n liefde vir ons eie toon en ‘n voorkeur het vir dit wat na aan my is terwyl ek in die proses my ook distansiëer van gelowe en kulture wat vir my vreemd en onaanvaarbaar is, is dit nie lank voordat die brandmerk van rassis op my sal val nie.
VEROOT- MOEDIGING EN BYBELSE VERSET
Dr Jann Schlebush
Wat leer die Bybel ons van verset en hoe verskil Bybelse verset van mensgerigte verset?
Om mee te begin, moet ons verstaan in watter verhouding ons as sy volk tot God staan. Ons verhouding tot God moet wees soos ‘n klein kindjie se verhouding tot sy ouers. In ‘n gesonde gesin versorg en help die ouers hul kinders.
Maar as ‘n kind ongehoorsaam is of in opstand kom teen sy ouers, straf hulle hom. In ‘n gesonde gesin is ‘n kind lief vir sy pa, maar ook bang vir sy pa. Net so moet ons verhouding tot ons hemelse Vader wees. (Ps 103; 2 Sam 7:14)
In Spr 9:10 leer ons Die beginsel van die wysheid is die vrees van die HERE, en kennis van die Heilige is verstand. Dit is lewensbelangrik dat ons hierdie waarheid mooi verstaan. As ons verset aanpak sonder wysheid en verstand gaan ons groot probleme kry.
BLANKHEID EN SALIGHEID (6) (slot)
'n Reeks akademiese studies oor die tien stamme van Israel
deur Prof H G van der Westhuizen
Lees reeks by Blankheid en saligheid
- Waarskuwing teen Wit Teologie
Bybelvertaling is ’n hoogs verantwoordelike en moeilike taak. Alle vertalings is ook maar feilbare mensewerk. Daarom kan in alle vertalings vertalingsfoute uitgewys word. Hoe vryer die vertaling, hoe groter is seker die moontlikheid om interpretasie-foute in die vertaling te maak. Dat die vyandige magte van die kerk ook op dikwels onnaspeurbare wyse sal probeer om met Bybelvertalings Bybelverdraaiings te bewerkstellig, is seker. Die duiwel het na Adam en na Christus self sogenaamd met die Woord van God gekom! Dat die geskiedenis en ons dag, pogings ken om selfs dele van die Bybel te verduister, is so (3:65). Maar ’n Skrifhantering wat resultate lewer, soos dié wat ons in hierdie studiewerk bespreek het, is eweneens niks minder as sonde nie.
DIE GELOWIGE VOLK AS VERBOND- STRUKTUUR
Dr Jann Schlebusch
- Vriende en medegelowiges. Ons moet nou ‘n kontroversiële, dog belangrike saak aanspreek. Oorweeg dit asb biddend, met ‘n oop gemoed. Ons is hieroor ‘n heilige erns aan ons Vader verskuldig. Ons volk is erg verdeeld oor ons teologiese beskouings. En tog is ons geroepe om Hom in eensgesindheid te dien (Rom 12:16 wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie). Ons is geroepe om mekaar in God lief te hê (Jn 13:43; 1Jn 4:12). En om die waarheid reg te sny (2Tim 2:15).
- Die kern van die misverstand oor die verbond en die volk se doel is geleë daarin dat ons denke – en gevolglik ook ons teologie – met Liberalisme besmet is. Na die Rewolusionêre Liberales die stryd in Frankryk gewen het, het hulle hul ‘beginsels’ dwarsoor Europa propageer en ook suksesvol gevestig met die hulp van Satan se slinkse argumente – selfs binne-in die hoofstroom Christelike teologie:
STAAN VAS, JY EN JOU GESIN
Ds Andrè van den Berg
“En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is” - Rom.12:2
In 1994 is geweld en ontwrigting in ʼn bont vlag toegedraai in ons land afgelaai. Dis oral in Afrika deel van heidene se politieke mondering. Ongelukkig het die verwarring wat dit veroorsaak, ook na die plaaslike kerktoneel uitgekring. Mense raak al hoe meer daarvan bewus dat hoofstroomkerke verkeerde koerse inslaan en hul lidmate verwar. Kerke wat veronderstel is om die dwaasheid van die wêreld aan die lig te bring, omhels eerder die dwaasheid daarvan en versaak toenemend die waarheid van God se Woord.
Kerke het weens verraad op verkeerde paaie beland. Dit wat jare gelede op die politieke terrein gebeur het, het ook na die kerklike terrein oorgespoel.