Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Vir die Christen is sy hele aardse lewe is 'n stryd van keuses maak tussen tydelike en ewige dinge. Die gevaar is dat ons gewoonlik voorkeur gee aan die tydelike ten koste van die ewige. Veral die gevaar dat ons ons huweliksmaats, ons kinders of ouers so oormatig kan liefhê grens dikwels aan afgodery. Natuurlik mag ons hulle liefhê maar dit moet 'n tweede plek in jou hart naas die Here beklee. Pasop dat ons liefde vir ons geliefdes nie jou lewe so insluk dat die Here tweede in jou lewe kom nie. Lees weer Lukas 14 vanaf vers 25.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
PREEK SAL TE LANK NEEM!
Die dominee ry te vinnig want hy is haastig oppad na 'n ernstig siek gemeentelid in die hospitaal. Hy word afgetrek en die verkeerskonstabel sê:
"Moet ek vir Dominee `n preek afsteek oor u manier van ry?"
"O, los maar die preek," sê die predikant, "en neem net die kollekte op".
MENSEREGTE - HEIDENSE DENKWYSE
Ds AE vd Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
1 Kor.3:10-20
Wetgewers, owerhede en teoloë praat gereeld op nasionale en internasionale vlak met mekaar oor menseregte. Menseregte het as’t ware die taal van die internasionale gemeenskap geword, ’n taal wat almal verstaan, selfs oor godsdiens grense heen. Christen, Boeddhis en Moslem praat almal van menseregte.
Vir baie mense het dit as’t ware ’n nuwe godsdiens geword. Daar word aanvaar dat almal vandag regte het, selfs mense wat openlik gruwels soos homoseksualisme bedryf! Dit laat gelowiges ongemaklik met menseregte voel. Het mense regte?
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (23)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
VERMORSING VAN GELD?
"Mnr. Vorster sou nie nodig gevind het om die kwessie van moraliteit te betwis nie. Die 'volkswil' is meer belangrik as moraliteit — ten minste in Suid-Afrika. Apartheid is die beste voorbeeld daarvan. Dit is moreel aanvegbaar maar vir miljoene blankes is dit ’n lewensbelangrike beskermingsfaktor wat in plek gehou moet word."
Die vyf-jaar geheime program vir 1974-1979 sou, versprei oor hierdie tydperk, ’n bedrag van R75 miljoen vereis. Dit het die R6 miljoen ingesluit wat die Kabinet vir The Washington Star projek goedgekeur het en ook die uitgawes aan die subskripsie vir 30 000 eksemplare van die internasionale uitgawe van To The Point.
WARE VERSLAG VAN PILATUS AAN TIBERIUS
DIE VERSLAG VAN GOEWERNEUR PONTIUS PILATUS AAN KEISER TIBERIUS IN SAKE DIE PERSOON, IN HEGTENIS-NAME, KRUISIGING EN OPSTANDING VAN JESUS CHRISTUS
In Afrikaans vertaal deur ds Andrè vd Berg
Aan Tiberius, keiser van Rome.
Ek groet u, edele Vors.
Die gebeure van die afgelope paar dae in my provinsie is so ingrypend, dat ek u alles daaroor wil meedeel. Ek sal nie verbaas wees indien dit ons lot binnekort gaan verander nie. Soos wat dinge tans verander, lyk dit asof die gode ons hul guns ontsê het. Ek het lus om te sê: "Vervloek is die dag dat ek Vallerius Flaceus in Judea opgevolg het!" My lewe is sedertdien vol ongemak en benoudheid.
By my aankoms in Jerusalem het ek beheer van die plaaslike regering verkry en 'n luukse fees gereël waarheen die viervors van Galilea, Hoëpriester en sy gevolg uitgenooi is. Niemand het opgedaag nie. Ek het dit as 'n belediging vir my amp asook die waardigheid van die regering wat ek verteenwoordig, beskou.
Enkele dae later het die Hoëpriester hom verwerdig om my te besoek. Sy houding was somber en slu. Hy het voorgegee dat sy geloof hom en sy gevolg verbied het om saam met Romeine voedsel en plengoffers te gebruik. Sy gesig het egter gewys dat hy lieg. Ek het dit egter raadsaam geag om sy verskoning te aanvaar.
WEES VERSIGTIG, MAAR NIE STIL NIE
Hannes Ollewagen
Efésiërs 4:17-32
“Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net ‘n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor.” (:29).
Soms is dit lekker om net opsy te staan en luister. ‘n Mens kan soms nie anders as om te glimlag wanneer jy na twee kleuters luister wat met mekaar probeer kommunikeer nie. Dit is vir my so kosbaar om die onskuld in hulle gesprekvoering met mekaar te beluister. Dinge kan só eenvoudig wees in ‘n kind se gedagtewêreld waar daar óf reg óf verkeerd is en geen tussenin nie. Dit gebeur ongelukkig ook dat daar uit kleuters se gesprekke krake van gebrekkige opvoeding deurslaan. Maar dit sal oneerlik wees om te ontken dat daar soms uit kleuters se monde ook dinge kom wat jy beswaarlik verwag om uit ‘n volwassene se mond te hoor!
WAARHEIDS- MEMORANDUM (10)
TEMA 3: MISDAAD
Lees reeks by Waarheidstryders
U word vriendelik versoek om hierdie memorandum aan soveel persone moontlik te versprei. U word ook hartlik uitgenooi om u mening oor die inhoud te lig. Stuur dit gerus aan die webmeester by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
DIE OPLOSSING VIR MISDAAD
Sedert Suid-Afrika sy Christen-grondwet met ’n godlose een vervang het, floreer misdaad in die land. Dit het binne die eerste vyf jaar van sg. demokrasie met 717% gestyg en is meer as 40 nuwe misdade aangeteken wat voorheen onbekend was. Die politieke klimaat het dit vir boosdoeners maklik gemaak om misdaad te pleeg. Daarom is niemand in die land meer seker van ʼn veilige aankoms of tuiskoms nie.
BAKPOEIERBLIKKIE- GELOOF
Ds Andrè van den Berg
“Die geloof dan is ʼn vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ʼn bewys van die dinge wat ons nie sien nie” (Heb.11:1).
Die mens is van nature verlore en sal eerder Satan as God volg. Daarom is sy natuurlike eindbestemming die hel. Jesus sê self: “ ... want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan” (Mt.7:13). Nogtans wil niemand graag hel toe gaan nie. Hoe kan ʼn mens dit verhoed en jou ewige eindbestemming verander? Jy moet gered word. En dis iets wat jyself nie kan doen nie. As jy in diep water in die moeilikheid raak, kan jy jouself nie aan die hare beetkry en wal toe sleep nie. Iemand sal dit vir jou moet doen. En daardie Iemand is Jesus Christus. Daarvoor moet ons geloof hê.
Maar, wat is geloof?
VRYMESSELARY: ANTICHRISTELIKE STROMING (10)
Lees reeks by Vrymesselary: anti-christelike stroming
Ds. FN van Niekerk
VRYMESSELARY 'N VALSE GODSDIENS
Nadat ons nou aangetoon het dat die Vrymesselary ongetwyfeld 'n godsdiens is, kom die vraag by ons op: Waiter soort godsdiens is dit dan? Wat is die leer, die dogma van Vrymesselary? Want hoewel Vrymesselaars die stuipe wil kry as daar van "dogma" gepraat word, is die Vrymesselary een groot stuk dogmatisme. Ons wil dus let op die godsbegrip van die Vrymesselary.
Hier wil ons behandel die godsbegrip by die Vak- en Markgrade, die Rose Croix en die Grand Oriënt.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (22)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
Ses maande later het McGoff aan my gerapporteer dat sy bod op The Washington Star gefaal het. Toe ek hom versoek dat hy die $10 miljoen dan aan Thesaurus terugbetaal, het hy my reguit in die oë gekyk en gesê: “Maar julle het gesê dat ek die kapitaal kan gebruik om The Sacramento Union to koop. Daar is geen manier waarop ek dit nou vir jou kan terugkry nie”.
KOESTER U ERFENIS
Hannes Ollewagen
Jeremia 15:1-21
“Jy het my verwerp, spreek die HERE, jy het ál agteruitgegaan; daarom strek Ek my hand teen jou uit en verwoes jou; Ek is moeg om berou te hê.” (:6).
Wanneer ons die Ou Testament lees, ontmoet ons ‘n volk wat verstaan het hoe om God deur ondankbare optrede te terg. Alvorens ons te vinnig die vinger na Israel uitsteek moet ons so ‘n bietjie selfondersoek doen om vas te stel of ons nie maar vandag steeds dieselfde doen nie.
VRYMESSELARY: ANTICHRISTELIKE STROMING (9)
Lees reeks by Vrymesselary: anti-christelike stroming
Ds. FN van Niekerk
BESWARE TEEN DIE GNOSTISISME AS 'N ONSKRIFTUURLIKE LEER
Die volgende kan teen die gnostisisme ingebring word:
Eerstens dat hulle 'n onskriftuurlike sinkretisme huldig. Dit stel die heidendom en die Christendom op een vlak - plaas die twee as gelykberegtigdes langs mekaar en versmelt hulle dan tot 'n vae totaliteit. Die gnostisisme is 'n degradering van die Christendom.
Tweedens is dit agnostisisme. God is volgens die gnostis 'n peillose, donker diepte. Hy is die totaal onkenbare, die buthos. Dit is in stryd met die Skrif wat ons leer dat God kenbaar is deur sy Woordopenbaring.
WAARHEIDS- MEMORANDUM (9)
TEMA 2: GRUWELS
DIE LEUEN OOR:
VIGS
Die voorspoed of verval van ʼn volk hang baie van die sedelike peil van sy burgers af. Van die 22 beskawings wat al tot ʼn val gekom en van die wêreldkaart verdwyn het, het 19 weens sedelike verval tot niet gegaan. Suid-Afrika se sedelike peil verkeer in bodemlose put met die hoogste voorkoms van VIGS ter wêreld! Nagenoeg 18% van alle volwasse Suid-Afrikaners is besmet en die getalle styg steeds soos wat die gat in ons morele osoonlaag groter word.
In 1982 was twee homoseksuele vlugkelners die eerste mense wat in Suid-Afrika met VIGS gediagnoseer is. Vyf-en-twintig jaar later was 5,7 miljoen mense in Suid-Afrika besmet. In 2010 alleen het 280,000 mense in ons land daaraan gesterf; 42% van die sterftes daardie jaar!
WAG OP DIE HERE!
Ds Andrè van den Berg
Hand.1: 1-14
“En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie; maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria en tot aan die uiterste van die aarde” (7,8).
1. Selfondersoek
Wees eerlik: Hoe lyk jou geestelike lewe? Maar betreklik saai? Sou jy graag ‘n nuwe begin met God wou maak? Miskien het jy al ‘n paar keer probeer, maar telkens misluk en moed opgegee. Dit maak jou gees sat want jy besef dat jou tyd op aarde uitloop en dat daar ‘n ewigheid op jou wag wat deur jou lewe op aarde bepaal word. Die lewe beweeg mos vorentoe en nie agtertoe nie. As jy dus vandag die regte ding doen, kan dit ‘n baie groot verskil aan môre maak.
DIE BOEK: REVOLUSIE EN CHRISTENDOM
DIE VOORTSLEPENDE WÊRELDREVOLUSIE
Dr Danie Theron
"Tog is dit interessant dat baie van hierdie goeie Afrikaners reeds met lof van die Grondwet praat, hartlik saamsing as die "nasionale lied" gespeel word en selfs die nuwe vlag aankoop. Dit is, of hulle dit besef het of nie, aanduidend van 'n nuwe identiteit wat aangeneem word en ten koste van hulle eie unieke identiteit. En dit sal uiteindelik 'n vervreemding tussen Afrikaners veroorsaak wat onoorbrugbaar gaan wees."
Inleiding
Die mens se opstand teen orde (en by implikasie, God se verordeninge) is so oud soos die mensdom self. Niks het verander sedert Eva in die tuin van Eden deur Satan verlei is om in opstand te kom teen God se verordeninge nie. Vandag ongeveer 6000 jaar later is die Satansmagte steeds ywerig aan die werk om die mensdom te laat rebelleer teen dissipline en orde. Maar wie is hulle en wat is hulle doel?
Ontstaan en grondslag
Die opstand is gesetel in 'n sameswering - een wat sy ontstaan reeds in die Ou Testament gehad het.
VRYMESSELARY: ANTICHRISTELIKE STROMING (8)
Lees reeks by Vrymesselary: anti-christelike stroming
Ds. FN van Niekerk
DIE ESSENERS EN DIE GNOSTISISME
Al meer opvallend word ook die feit dat die geheime beweging met sy geheime leer gemik was teen die Christendom. Onder voorwendel van 'n soort "verligte godsdiens", so hoog en edel dat slegs sekere "ingewydes" daarin toegelaat is, ondermyn die geheime beweging van nou af aan al meer die sedes en die tradisionele Christelike beginsels. Ons let eers op twee van hulle:
I. Die geheime beweging van die Esseners
Die Esseners het teen ongeveer 150 v.C. ontstaan,1 en hulle was een van die bekende sektes gedurende Jesus se omwandeling op aarde. Ons vind by hulle inwerkinge van Kabbalistiese,3 Griekse4 en Persiese5 misterieë. Hulle stem ooreen met die Vrymesselary in die volgende opsigte:
HOE LYK U EERSTE LIEFDE?
Hannes Ollewagen
Openbaring 2:1-7
“Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het.”
Dit is seker nou maar eenmaal die mens se natuur om met verloop van tyd belangstelling te verloor wat tot gevolg het dat die liefde ook deur tydsverloop weggekalwe word. Dink maar aan u eie lewe. Wanneer jy jou eerste skooldag aandurf, is dit gewoonlik met ‘n onblusbare geesdrif. Wanneer jy begin studeer of begin werk, is die opgewondenheid groot. Dalk is u een van daardie mense wat sal kan getuig hoeveel opgewondenheid daar in u huwelik was net nadat u pas getroud is, maar vandag leef u en u lewensmaat maar elk jul eie lewe terwyl julle tog steeds getroud is. U huwelik het dalk, soos soveel ander dinge, maar net ‘n gewoonte geraak terwyl die voorreg daarvan in die vergetelheid verdwyn het.
WAARHEIDS- MEMORANDUM (8)
TEMA 2: GRUWELS
DIE LEUEN OOR:
SAAMBLYERY
Saamblyery is ʼn euwel wat onrusbarend toeneem. In 1990 is die getal mense wat in Suid-Afrika saambly op 10% bereken. Dis tans 43% en styg steeds! Saamblyery is ’n verhouding wat nooit as ’n amptelike huwelik voltrek word nie, maar nogtans al die wesenlike kenmerke van ’n huwelik dra. In 1970 het die NG Kerk so sterk teen hierdie sonde gevoel, dat sy die regering gevra het om alle saamblyverhoudings buite die huwelik strafbaar te maak.
SOEK GOD MET NUWE ERNS!
Ds André van den Berg
“ ..... soek My, dan sal julle lewe” - Amos 5:4
Omdat godsdiens vir Israel baie belangrik was, was hul kerkgang onbesproke. Ons lees dat selfs Jesus die gewoonte gehad het om op die Sabbat na die sinagoge te gaan. Ongelukkig was Israel se godsdiens so met hul volksgevoel verbind, dat dit kwalik daarvan onderskei kon word. Op die oor af klink dit goed, maar dit was nie. Godsdiens kan die beste wapenrusting ter wêreld wees, maar ook die slegste oorkleed. Israel se optrede het boekdele hiervan gespreek!
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (21)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling
Ek het en wou Charles More se storie net nie vir die waarheid aanvaar nie alhoewel ek geweet het dat sy kontakte in die veiligheids- en inligtingsapparaat van die staat uitermate goed was. Twee weke later is Charles More onverwags oorlede...
WAARMEE IS ONS BESIG. . .
... EN WAAROM IS ONS HIERMEE BESIG?
Hannes Ollewagen
Ps. 30:1-13
“Watter voordeel is daar in my bloed as ek neerdaal in die kuil? Sal die stof U loof? Sal dit u trou verkondig?” (:10)
“sodat my eer U kan besing en nie swyg nie. HERE, my God, vir ewig sal ek U loof.” (:13).
Dit is nodig om in ons gejaagde lewe van vandag gereeld “halt” te roep. Dit is onontbeerlik om op ‘n gereelde grondslag aan myself die vraag te stel oor wat ek hier op aarde doen. Waarmee is ek besig en meer belangrik, waarom is ek hiermee besig? Ek dink dit is nodig dat ons veral sal let op laasgenoemde, nl. WAAROM is ek besig met dit waarmee ek besig is?