Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Op Winston Churchill se 80ste verjaarsdag het ‘n fotograaf grappenderwyse vir hom gesê: “Mnr. Churchill, ek sal op u 100ste verjaarsdag weer ‘n foto van u kom neem”. Churchill het die fotograaf op en af bekyk en gesê: “Ek sien geen rede waarom dit nié kan gebeur nie, jongman, jy lyk vir my betreklik gesond genoeg!”
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (12)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Gedurende die sewentiger-jare het ons ook groot probleme in Brittanje gehad met besware van oor die algemeen goedgesinde ondersteuners oor die regstelsel in Suid-Afrika en die inperking van sogenaamde politieke gevangenes. Daar was groot besorgdheid oor lewensverlies van persone in afsonderlike opsluiting. Met goeie rede. Kritiek op onderskeid in vonnisse wat aan Swart en Wit vir dieselfde oortreding opgelê is, het op alle vlakke in gesprekke opgeduik. Die kritiek het nie van die linksgesindes, wat Suid-Afrika voortdurend as ’n polisiestaat afgemaak het gekom nie, maar van vriende van Suid-Afrika, uit konserwatiewe politieke kringe en van die normaalweg, swygende Britse meerderheid.
IN U LIG
Hannes Ollewagen
Ps. 36:1-13
“Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig.” (:10).
Waarom moet ons gedurig hoor dat die toekoms van die Afrikaner duister lyk? Dit is dalk omdat ons die Lig van die lewe uit die oog (en hart) verloor het! Dit is dalk omdat die groter deel van die Afrikanervolk sy toekoms begin bou het op wankelrige dinge van benede in plaas daarvan om hul lewensfondasie op die vaste Rots te lê. Nou woed daar ewe skielik verskeie lewenstorme onder ons en ons sien hoedat die een na die ander huis ten gronde gaan.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (11)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
GEHEIME PROJEKTE IN EUROPA
Die Regering se geheime Inligtingsprogram in Europa was grootliks op Brittanje, Wes-Duitsland, Frankryk en Nederland toegespits. Hierdie lande was Suid-Afrika se belangrikste handelsvennote, die belangrikste beleggers in Suid-Afrika se industrieë, was verskaffers van tegnologie en het onder die geledere van die gematigdes getel.
Nederland was om ’n spesifieke politieke rede belangrik. Die meeste westerse nuusmedia en hul regerings kon nooit, of wou nooit, die aard van ’n aparte Blanke Suid-Afrikaanse identiteit wat op eie bodem wortel geskiet het verstaan nie. Hulle kon nie verstaan dat Afrikaans ’n produk van Blanke nasionalisme was nie en dat die Blanke bevolking, veral die Afrikaners, ’n aparte volk was, in dieselfde sin as wat die Nederlanders gedink het hulle van die Duitsers, die Engelse of die Franse verskil het.
WAARHEIDS- MEMORANDUM (4)
TEMA: ONREGSKEPPING
DIE LEUEN OOR
KORRUPSIE
Misdaadstatistieke toon dat Suid-Afrika een van die gewelddadigste lande ter wêreld is. Jare gelede was dit een van die veiligste en beleggingvriendelikste lande in die wêreld. Wat het hierdie verval veroorsaak? Dwase politieke besluite en grootskaalse korrupsie.
Korrupsie is een van die grootste, vernietigende magte want alles wat daardeur aangeraak word, verval onvermydelik. As korrupsie by ʼn land se voordeur inkom, loop voorspoed by die agterdeur uit. Die geskiedenis van Afrika is ʼn eindelose tablo van die tragiese gevolge van korrupsie. Laasgenoemde en onafhanklikheid is ʼn resep vir die dood!
Naas moord is korrupsie die tweede ergste misdaad in Afrika.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (10)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
" Die lelike waarheid is dat etlike verklarings wat Pik Botha aan die pers gemaak het, eenvoudig onwaar was. Die belangrikste was dat hierdie geskrewe kontrak maar net ’n voorsetting van ’n “bestaande ooreenkoms” was. Pik Botha se belaglike draai-gooiery was bloot net om weg te kom van die embarrasserende feit dat hy met dié soort van geheime projekte voortgegaan het wat hy die vorige jaar so rondborstig veroordeel het."
Alhoewel ons grootendeels deur middel van organisasies en verenigings gewerk het, was ons tog van tyd tot tyd gelukkig om die gewillige samewerking van twee groot Suid-Afrikaners te verkry - Gary Player en dr. Chris Barnard.
In die Verenigde State was Gary Player aan bykans elke tweede persoon vanweë sy beroemde oorwinnings in die VSA-Ope en in ander professionele gholf kampioenskappe bekend.
KORSIES VAN PASTEI
'N WARE WOLHAARSTORIE
"Ons bure se teefhond het glo 'n hele baal wol opgevreet."
"En toe?"
"Nee, die bure vertel dat al haar klein hondjies toe met truitjies aan gebore is."
"Klink vir my maar na ´n wolhaarstorie."
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (9)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Sydney Baron se rol op die politieke gebied in die Verenigde State is een ding waaroor ek emstige bedenkings gehad het. Dit het suspisies by my oor die man en sy werk wakker gemaak alhoewel nog ek, nog mnr. Vorster of enige realis in Suid-Afrika kon kla dat die eindresultaat, wat Baron beweer sy werk was, iets was om oor te huil. Toe Baron in 1976 na die Republiek gekom het, het ons baie tyd aan ’n netelige saak gespandeer: die buitengewone invloed wat sommige politici, by uitstek Senatore, gehad het om die Amerikaanse beleid teenoor Suid- en Suidelike Afrika beïnvloed.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
WANNEER DAN?
Koos kuier by 'n Engelssprekende meisie. Hy is maar dikvellig en kom nie agter dat sy vryerige pogings die meisie ontstel nie.
Toe die meisie dit nie meer kan uithou nie sê sy: 'No!!'.
Koos vra hoopvol: 'Issit Engels of Afrikaans?'
IS U GEREED OM REKENSKAP TE GEE?
Hannes Ollewagen
Openbaring 20:11-15
“En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.” (:12).
Daar is mos diegene wat glo dat alle mense na die hemel gaan. Volgens hierdie mense is God ‘n God van liefde en sal Hy nie enige mens tot die ewige hel verdoem nie. Hierdie is dalk ‘n teorie wat die oor goed geval, maar dit is van alle waarheid ontbloot. In vers 15 van ons gelese gedeelte word dit pertinent gestel dat daar diegene is wat in die poel van vuur gewerp sal word en so is die res van die boek Openbaring ook nie hieroor onduidelik nie. “En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.”
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (8)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Omdat Shannon en Vennote reeds ’n geruime tyd in Washington gevestig was, het De Kieffer Washington en die Amerikaanse politiek deur-en-deur geken. Hy was met ’n Japannese meisie getroud wie se vader die Hoofregter in Hawaii was. Hulle was ’n vriendelike, welopgevoed en fatsoenlike paartjie.
Vroeg in 1973 het ons De Kieffer en sy vrou na Suid-Afrika gebring sodat hulle kon besluit of hulle met die soort gemeenskap kan saamleef wat hulle moes teenwoordig. De Kieffer het aanvaar en in 1973 is sy maatskappy by die Departement van Justisie as ’n agentskap van ’n buitelandse instansie geregistreer soos deur die Wet op Registrasie van Vreemde Agente in die V.S.A. vereis word.
WAARHEIDS- MEMORANDUM (3)
TEMA: ONREGSKEPPING
DIE LEUEN OOR
REGSTELLENDE AKSIE
Booswigte kruip dikwels agter eerbare maskers weg en gebruik selfs mooi woorde om lelike dinge mee te verberg. Een hiervan is regstellende aksie - een van die heel grootste onregte wat ons land ooit aangedoen is. Desondanks word dit as ’n regstelling van sogenaamde onregte van die verlede voorgehou. Dis ʼn leuen. Dit stel niks reg nie, maar skep eerder onreg in die hede!
Regstellende aksie verwoes volksgenote se toekoms. Nagenoeg twee en 'n half miljoen blankes het sedert dit van stapel gestuur is, alreeds Suid-Afrika verlaat. Handelsondernemings word genoodsaak om hierdie onreg toe te pas uit vrees vir dwangmaatreëls wat hulle op die kantlyn kan laat beland. Dit vervang die Bybelse maatstaf van verdienste met ʼn gekamoefleerde onreg wat geen morele of Bybelse verdienste het nie.
HET GOD ALMAL LIEF?
Ds Andrè van den Berg
“Want God het sy Seun in die wêreld gestuur, nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kon word” Joh.3:17
Die Bybel sê dat daar eendag baie meer mense in die hel as in die hemel gaan wees. Christus sê in die Bergpredikasie: “Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind” (Mt.7:14,14).
In teenstelling hiermee glo baie mense dat ʼn liefdevolle God nooit iemand hel toe sal stuur nie, maar dat alle mense hemel toe gaan.
GELOFTEDAG: GEEN VERSOENING MET HEIDENE !
Ds Andrè van den Berg
“En Asa het die Here sy God aangeroep en gesê: Here, niemand kan help soos U tussen die magtige en kragtelose nie; help ons, Here onse God, want op U steun ons, en in u Naam het ons teen hierdie menigte gekom; Here, U is onse God; laat geen sterfling naas U magtig wees nie”
2 Kron.14:11
Jesaja het 750 jaar voor Jesus se geboorte sy menswording voorspel. Hy sien in Jes.9 Jesus as ʼn Vredevors kom – Jesus bring vrede, ʼn eienskap waaraan sy volgelinge ook geken sou word. Gelowiges is vredemakers. Jesus sê: “Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie” (Joh.14:27).
Die Bybel eis van gelowiges om in vrede met mekaar te leef. Dit onderskei hulle van ongelowiges wat graag onmin veroorsaak en in onvrede leef. Onmin het lelike letsels in die vroeë kerk gelaat: “Waarvandaan kom oorloë en vegterye onder julle? Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle lede stryd voer nie? (Jak.4:1).
Christus is die Vors van vrede. Die Satan is dié van onvrede. En dit veroorsaak ʼn gedurige stryd tussen lig en duisternis. Gelowiges word soms genoodsaak om oorlog te voer. En dis nie altyd verkeerd nie. Solank dit gevoer word om dit wat jou eie is te beskerm.
DIE FONDAMENT IS GELê...
...MAAR ONS MOET VOORTBOU!
Hannes Ollewagen
1 Kor. 3:9-23
“WANT ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle. Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos ‘n bekwame boumeester op die fondament gelê, en ‘n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou. Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.” (:9-11).
In 1838 het ons voorouers ‘n gelofte aan God afgelê dat hulle tot sy eer ‘n huis sal oprig en aan hul nageslag sal sê om met hulle daarin te deel. Dink u dat die Geloftekerk wat in Pietermaritzburg opgerig is hierdie onderneming van ons voorouers ten einde gebring het? Dink u dat die God wat nie in tempels woon wat met hande gemaak is nie met die oprigting van ‘n gebou uit klip sou berus, of sal u saam met my stem dat ons hier met ‘n veel groter huis te make het?
DIE WAARHEID AGTER TRALIES
E. van Nantes
Die anti-islamistiese Nederlandse politikus Geert Wilders, is sopas ín Nederland, déúr ‘n paneel van Nederlandse regters, skuldig bevind aan haatspraak. Kort voor uitspraak gelewer is, het Wilders die volgende stelling gemaak : “Whatever the verdict, I will continue to speak the truth about the Moroccan problem, and no judge, politician or terrorist will stop me.” [1]
Dit lyk asof daar eersdaags dan ook hier, in Suid-Zimbabwe, sodanige wetgewing die lig gaan sien ten einde haatspraak te bekamp. Maar wat presies is haatspraak dan nou eintlik?
ONS IS KONINGSKINDERS!
Hannes Ollewagen
2 Samuel 7:1-29
“Ek sal vir hom ‘n vader wees, en hy sal vir My ‘n seun wees; sodat as hy verkeerd handel, Ek hom sal straf met ‘n menslike roede en met slae van mensekinders.” (:14).
Hierdie voorreg, om God ons Vader te mag noem, is nie alleen tot die troonopvolger van Dawid beperk nie. Die versoening wat Jesus Christus vir gelowiges met God die Vader bewerk het, het Hom die Eersteling onder ons (ware gelowiges in Jesus Christus) gemaak as God se kinders. “KYK wat ‘n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word!...” (1 Joh. 3:1).
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (7)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
GEHEIME PROJEKTE IN DIE AMERIKAS
In die lig van die Verenigde State se belangrikheid as die leier van die Vrye Wêreld, het ons vanselfsprekend ’n groot deel van ons tyd, geld en kragte daar spandeer in ’n poging om Suid-Afrika se beeld onder die meningsvormers en besluitnemers te verbeter.
Suid-Amerika was ook ’n doelwit, maar in ’n veel mindere mate as die Verenigde State wat Les de Villiers en ek so goed geken het. Beide van ons het meer as ses jaar daar deurgebring.
WAARHEIDS- MEMORANDUM (2)
DIE LEUEN OOR
MENSEREGTE
Wetgewers, owerhede en teoloë praat dikwels op nasionale en internasionale vlak oor menseregte. Dit het as’t ware die taal van die internasionale gemeenskap geword, ’n taal wat almal verstaan, selfs oor godsdiensgrense heen. Christen, Boeddhis en Moslem praat almal van menseregte.
Vir baie het dit as’t ware ’n nuwe godsdiens geword. Dit word aanvaar dat almal vandag regte het, selfs mense wat gruwels soos homoseksualisme bedryf. Dit laat gelowiges ongemaklik met menseregte voel. Het mense regte?
JULLE MOET GLO!
Hannes Ollewagen
Markus 11:12-26
“Jesus antwoord en sê vir hulle: Julle moet geloof in God hê.” (:22).
Dit is nie alleen die jeug nie, maar die samelewing van vandag wat uiters verward is. Die satan is natuurlik baie lief vir chaos en verwarring aangesien dit hartseer en ellende veroorsaak. Die ware en lewende God daarenteen is ‘n God van orde en bestendigheid.
Wanneer ons mooi oplet rondom ons, sien ons hoedat mense van die een “waarheid” na die volgende “waarheid”soek en hulle weet nie wat om te glo nie. Hierdie een sê dat die sabbat eintlik op Saterdag moet wees en nie op Sondag nie.
WAARHEIDS- MEMORANDUM (1)
TEMA: ONREGSKEPPING (1)
DIE LEUEN:
POLITIEKE KORREKTHEID
Die waarheid het talle karikature. Politieke korrektheid is een van die skadelikste. Dis ʼn sosiale euwel wat veld begin wen het toe Kommunisme in Oos Europa ineen begin stort het. Politieke korrektheid breek stabiele volke se trotse geskiedenis as ʼn vergoeding vir sogenaamde onregte van die verlede af. Ironies genoeg het dit nog nêrens ter wêreld enige gewaande onreg herstel nie, maar dit eerder aangevuur!
Politieke korrektheid het in 1923 in die Frankfurt Skool van Denke (Duitsland) as ʼn nuwe denkpatroon ontstaan.