NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Op 25 Desember herdenk ons God se liefde en genade toe Hy sy Seun Jesus Christus vir ons gebore laat word het. Dit was noodsaaklik dat Jesus waarlik volkome mens word sodat Hy as't ware saam met ons onder die oordeel oor die sonde kon inskuif. Hy was wel volkome mens maar sonder enige sonde en daarom in staat om Satan en versoekings te weerstaan. Daarom kon Hy ten spyte van groot lyding God se toorn verduur – iets wat geen sondaar kan doen nie. So oorwin Hy die sonde en so het Hy vir ons verlossing gebring.

DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (10)

Dr Eschel Rhoodie (1984)

Lees reeks by Die ware inligtingskandaal

" Die lelike waarheid is dat etlike verklarings wat Pik Botha aan die pers gemaak het, eenvoudig onwaar was. Die belangrikste was dat hierdie geskrewe kontrak maar net ’n voorsetting van ’n “bestaande ooreenkoms” was. Pik Botha se belaglike draai-gooiery was bloot net om weg te kom van die embarrasserende feit dat hy met dié soort van geheime projekte voortgegaan het wat hy die vorige jaar so rondborstig veroordeel het."

Alhoewel ons grootendeels deur middel van organisasies en verenigings gewerk het, was ons tog van tyd tot tyd gelukkig om die gewillige samewerking van twee groot Suid-Afrikaners te verkry - Gary Player en dr. Chris Barnard.

In die Verenigde State was Gary Player aan bykans elke tweede persoon vanweë sy beroemde oorwinnings in die VSA-Ope en in ander professionele gholf kampioenskappe bekend.

Tussen 1975-1978, terwyl ons geworstel het om te voorkom dat Amerikaanse beleggers hul geld uit Suid-Afrika onttrek, het Gary Player ’n baie belangrike rol gespeel. Op ons versoek het hy briewe aan versigtig gekeurde presidente en bestuurshoofde van vername maatskappye in die VSA geskryf, maatskappye soos McDonnel Douglas, Lear Siegler, Union Carbide, American Gas Corporation, Aleghenny Ludlum Steel, Woodward & Sons, Continental Telephone Co., Piedmont Natural Gas, Bank of America, Ingersoll Rand, Dean Witter & Co., Shearer & Co., Consolidated Natural Gas, en andere, en hulle uitgenooi om Suid-Afrika te besoek en saam met horn vir ’n hele week gholf te speel. Die meeste van hulle het die uitnodigings aangeneem - voorsitters, presidente, besturende direkteure van maatskappye wie se gesamentlike inkomste gelykstaande aan die hele Suid-Afrika s’n was.
Hulle kostes is deur Piet Liebenberg van Finansbank gedek wat, op sy beurt, elke sent van wat hy aan hulle besoek spandeer het, uit die geheime fonds van die Departement van Inligting teruggekry het. Omdat Player destyds links-en-regs gholf-toernooie gewen het, het die kabinetskomitee gevoel dat dit net billik sou wees om hom vir moontlike verliese te vergoed, geld wat hy andersins sou gewen het indien hy elders professioneel gholf gespeel het. Dit was die jare toe
Player in een week groot somme geld kon wen.

Die besoekers het bedags met Gary Player gholf gespeel en van tyd tot tyd het John Vorster en Piet Koornhof by hulle aangesluit. In die aande het hulle met die room van die Suid-Afrikaanse sakegemeenskap ontmoetings gehad, met leiers van verskeie rasse-groepe en met ander kabinetsministers. Aan laasgenoemde is almal vooraf presies vertel waarom hierdie mense in Suid- Afrika was en wie daarvoor betaal het. Dr. Koornhof was verheug met die projek en het eendag aan my gesê dat dit jammer is dat hierdie prestasies nooit die daglig kon sien nie, maar dat dit vir my ’n aanmoediging moet wees dat ander ministers vrylik en waarderend praat oor wat ons doen.

"Ou Eschel", het hy geê. “Ons - Suid-Afrika - sal nooit vergeet wat julle manne gedoen het nie".

Kort daama, toe Regter Erasmus kabinetslede oor hul kennis van die
geheime projekte begin uitvra, het almal ’n massiewe aanval van “kits-kollektiewe amnesie” ontwikkel. Skielik het geeneen van hierdie Ministers iets van enige geheime projekte geweet nie. Dr. Koomhof se geval was net ’n bietjie erger - alhoewel nie so erg soos dié van dr. Owen Horwood nie.

Die besoek van die Amerikaanse sakemanne aan Suid-Afrika was blykbaar ’n groot sukses, te oordeel aan die briewe wat hulle aan Player en Liebenberg geskryf het. Al die betrokke maatskappye het in Suid-Afrika gebly.

Het ons “moreel” gehandel deur ons rol so te verbloem?

Dit is kwalik nodig om te verduidelik aan diegene wat met die geweldige grootte van hierdie maatskappye en die druk waaronder hulle base werk, bekend is, dat Voorsitters en ander top-bestuurshoofde, andersins nie maklik na Suid-Afrika sou kom nie. ’n Adjunk-bestuurder of’n vise-president, ja, maar kwalik ’n top-man. Die finale besluit of ’n maatskappy in Suid-Afrika gaan belê of onttrek, word dikwels “heelbo” geneem. Daarom was hulle vir ons van soveel belang. Hierdie mense, wat ons noukeurig geselekteer het, het almal een ding in gemeen gehad. Hulle was almal ywerige gholf-spelers en ’n persoonlike uitnodiging van ’n bank, vir ’n week se gholf met Gary Player, word maklik aanvaar. Tien uitnodigings van mnr. Pik Botha sou geen hond haaraf maak nie omdat dit “amptelik” sou wees.

Gedurende die ondersoek van die Ersamus-Kommissie kon die Voorsitter, mnr. Rudolph Erasmus, net nie verstaan hoe hierdie projek inmekaar gepas het nie. “Waarom kon hierdie mense nie direk deur die Departement van Inligting genooi word nie?” het hy teenoor iemand gebrom. Toe ek die transkripsies gelees en op hierdie aanmerking afgekom het, het ek nie geweet of ek moet stik aan sy naïwiteit, of moet lag nie. Ek het besluit om te lag. Die Departement van Inligting se uitnodiging aan enige van hierdie mense sou net soveel kans op aanvaarding hê as Yassar Arafat s’n, sou hy in daardie jaar vir mnr. Begin van Israel uitgenooi het om ’n paar dadels met hom op die markplein van Beiroet te deel.

Hoe ’n mens ookal daarna kyk, hierdie is ’n projek wat Suid-Afrika baie geld gespaar het. Ongelooflik soos dit is, toe die eerste lekkasies aan die pers aangetoon het dat Piet Liebenberg en sy Bank ook op een of ander manier betrokke was, het Liebenberg dit ontken en toe die hasepad gekies. Sy maatskappy het ongetwyfeld 'n enorme aantal bruikbare kontakte uit die geledere van hierdie sakemanne opgebou, kontakte wat hom geen geld gekos het nie. In teenstelling, toe Gary Player op 14 Maart 1979 in Johannesburg oor sy geheime samewerking met die Departement van Inligting uitgevra is, was sy antwoord: Ek is trots daarop dat ek in staat was om te help en ek is bereid om so-iets vir enige instansie te doen, mits dit tot voordeel van die land is."

Was dit Churchill wat gesê het: moed is die grootste van die menslike kwaliteite, want dit is die kwaliteit wat al die ander waarborg? Wat 'n verskil tussen Liebenberg en Player!

Chris Barnard was 'n man gelykstaande aan Gary Player. Waar Player die grootste naam in Suid-Afrikaanse sport in die buiteland was, word die naam van Chris Barnard op die gebied van mediese wetenskap wêreldwyd met die grootste respek en bewondering bejeën.

Toe Chris Barnard destyds sy baanbreker hartoorplantings gedoen het, het dit my geweldig geïrriteer om voortdurend in die Suid-Afrikaanse en Hollandse koerante te lees (ek was destyds in Holland werksaam) van sy sogenaamde "buitensporige" lewe en al die opvoerings en partytjies wat hy bygewoon het. Wat almal uit die oog verloor het, was dat Chris gedurende sy buitelandse reise ongelooflik hard gewerk het. Hy het daglank lesings aangebied, soms verskeie lesings per dag. Indien Chris, na al daardie druk, in die aande sy hemp 'n bietjie wou laat uithang, moes dit nie die mees belangrike nuusdekking van die dag gewees het nie.

Chris en ek, wat vriende sedert die middel sewentigerjare was, het die gevaar wat die vyandiggesinde Amerikaanse vakbonde ingehou het, goed besef, miskien beter as sommige kabinetsministers, insluitende die destydse Minister van Arbeid, mnr Fanie Botha.

Deur middel van vriendskaplike kontakte in Wes-Afrika en veral in Nederland, het ons in 1976-77 daarin geslaag om die ALF-CIO ontmoet het en hom van George Meany en die Seafarers International Union van Paul Hall te oortuig dat ondersteuning aan die voorgenome wêreldwye boikot van skeep- en lugvaart na Suid-Afrika – die breinkind van die kommunistiesbeheerde International Confederation of Free Trade Unions – meer rampspoedig vir die swartes as vir enigiemand anders in SA sou wees. My boodskap aan hulle was dat dit ingelyks noodlottig sou wees vir ons buurstate, soos Lesotho, Swaziland en Botswana, en dat selfs die mees prominente swart leier van die anti-apartheidskool in SA, Hoofman Gatsha Buthelezi, teen sulke druk op SA gekant is.

Ek mag nie meer oor hierdie pogings sê nie maar mnr Vorster was heeltemal reg toe hy aan die Erasmus-Kommissie gesê het dat die poging om die vakbonde van ons lyf af te hou, nie in geld gemeet kan word nie. Selfs net 'n twee-week blokkade van skepe en vliegtuie sou SA honderde-miljoene Rand gekos het. Dit is nog 'n oorweging wat moontlik die aandag van mnr Pik Botha ontsnap het toe hy so besig was om Inligting se debietkolom op te maak.

Toe ek vemeem dat Woods vir George Meany ontmoet het en hom reeds oorreed het om ’n massiewe Amerikaanse blokkade van Suid-Afrikaanse skeeps- en lugvaart te lei, moes ons werklik vinnig optree. Ek het heel eerste met al die betrokke staatsdepartemente gereël dat daar geen hindernisse in Chris Barnard se weg geplaas moet word indien hy die kinders van wyle Robert Sobukwe, PAC-leier, op sy eie onkoste na Suid-Afrika vir hul vader se begrafnis wou bring. Kort daarna het Barnard na Boston in die VSA vcrtrek.
Ons het seker gemaak dat die nuus van Barnard se optrede George Meany se ore bereik het en toe met die hulp van Baron en Hatcher ’n ontmoeting tusscn Barnard en Meany gereël. Altesame, het dit ons vier dae geneem.

Chris Barnard, wie se stryd vir menseregte in Suid-Afrika baie meer opreg is as dié van Donald Woods, het op ons onkoste van Boston af na Washington gevlieg om Meany te ontmoet. Na ’n lang samespreking, het Barnard Meany oortuig om, instede van ’n boikot, ’n feite-sending na Suid-Afrika te stuur. Meany het ingestem.

Vir hierdie oortuigingswerk verdien Barnard die hoogste lof. Sy optrede het Suid-Afrika honderde-miljoene Rand aan verliese bespaar. Ek weet nie wie die Staatspresident oor die vele eretoekennings adviseer wat op die bors van byna elke Nasionale Kabinetsminister pryk nie, maar as iemand ooit ’n spesiale openbare erkenning vir sy werk verdien het, dan is dit Chris Barnard.

Die reaksie vanuit regeringskringe op ons pogings het my verbaas en totaal ontnugter gelaat aangaande die karakter en aard van manne wat as leiers van die Afrikaner-volk beskou word, en hulself as toekomstige Eerste Ministers gesien het. Ek het Brand Fourie skriftelik van Meany se besluit in kennis gestel om nie by militante vakbond-aksies teen Suid-Afrika betrokke te raak nie, maar om ’n feite-sending te stuur. Ek het aangeneem dat Fourie die Minister van
Arbeid, mnr. Fanie Botha sou inlig. Dr. Connie Mulder sou dit in elk geval by die eerste geleentheid doen. Voordat hy nog ’n afspraak kon maak het dr. Mulder ’n bitsige brief van Fanie Botha ontvang. Hy was woedend omdat so ’n ontmoeting met George Meany gereël is. Hy het geskryf dat hy, Fanie Botha, en sy hele departement al ’n jaar lank probeer om ’n ontmoeting met Meany te reël en hier stap ons sommer net in en neem hulle verantwoordelikheid oor!

Ek het werklik nie geweet of ek moet lag of huil nie. Ek was stomgeslaan deur hierdie kinderagtige brief. George Meany was op die punt om ’n fatale besluit te neem wat Suid-Afrika geweldig baie skade kon aandoen, en alles het van tyd afgehang. As ons nie betyds opgetree het nie, sou Meany sy belofte aan Woods nagekom het en Suid-Afrika sou miljoene skade gely het. Die AFL-CIO- hoofbestuur sou juis die volgende week ontmoet het. Daar was net nie tyd om “tuis” oorleg te pleeg nie. Barnard was reeds in die VSA. Nog ’n dag en hy sou aan die ander kant van die aardbol gewees het. Ek deins terug by die gedagte dat ons hierdie dringende en noodsaaklike stap aan ’n Ministerie moes oorlaat wat dit vir meer as ’n jaar nie kon regkry nie (en dit nog skriftelik erken ook) om met iemand van Meany se statuur kontak te maak nie.

Wanneer ek sulke dinge hoor, dan sien ek in my verbeelding twee mans wat op die strand staan en toesien hoe dat ’n derde persoon in die diep water in die moeilikheid raak. Die een man wou induik om hom te probeer red. Die ander een skreeu egter: “Nee, wag. Wag. Dit is die lewensredders se taak!”

“Maar waar is die lewensredders?”

“O, hulle kom oor sowat ’n uur aan diens. Ons kan nie regtig op hulle gebied oortree nie”.

Hierdie jaloesie wat tussen Afrikanerleiersfigure bestaan het, by uitstek in die kabinet, is iets wat my siek gemaak het. Daar was hoofde van regeringsdepartemente wat ook die stuipe wou kry as iemand op hulle terrein beweeg het. Ek het onthou van die briefwisseling tussen Gerald Barrie en Brand Fourie, waarin Barrie aangevoer het dat die Departement van Buitelandse Sake nie die reg gehad he tom ’n boek oor die Suid-Afrikaanse ekonomie vir die gebruik van sy sendings oorsee uit te gee nie. (Destyds het Inligting nie eens so ’n boek gehad nie.) Daar was baie van hierdie briewe. As Fourie nie oortuig was dat iemand van Inligting op die gebied van die Ambassadeur oortree nie, dan was dit Barrie wat Fourie se manne daarvan beskuldig dat hulle probeer om Inligting se werk te doen. Die kabinetsministers was die ergste. Fanie Botha was ’n man
wat homself al as Eerste Minister gesien het maar in die Meany-geval het hy bewys dat hy nie verder as sy eie stukkie turf kon sien nie.

Op ’n keer toe Connie Mulder in Washington voorgestel het dat die Verenigde State die Suid-Afrikaanse Vlootbasis by Simonstad kan gebruik ecrder as om ’n nuwe een teen miljarde koste in die Indiese Oseaan te bou, het die Minister van Verdediging, destyds mnr. P.W. Botha, byna ’n hartaanvalgehad. Hy het by mnr. Vorster se kantoor ingebars en gedreig dat hy sou bedank tensy Mulder uit sy gebied bly. Dit was niks nuuts nie, aangesien hy alreeds tienmaal tevore gedreig het om te bedank en die hele Kaapprovinsie saam met horn te neem. Omdat “Eenheid”, of die skyn van eenheid na buitc vir mnr. Vorster heilig was, het P.W. Botha altyd met sy dreigstories weggekom.

“Ek weet beslis dat heelparty lede van die kabinet privaat sou bolmakiesie slaan indien die Amerikaners werklik die idee wat Mulder in hul midde gelaat het, sou aanvaar”, het ek aan ’n senior verslaggewer van Rapport opgemerk.
"Maar P.W. Botha en ’n paar ander kabinetsministers sou liewer daardie gcleentheid vir Suid-Afrika laat verbygaan, as dat ’n ander minister die eer daarvoor kry. Hulle standpunt is: Indien dit vir Suid-Afrika belangrik is, dan moet ek dit behartig. Ek wonder soms of hulle ook hul spieëlbeelde goeienag soen - soos Mobuto van Zaire”.

My opmerking was nie gepubliseer nie, maar ek is seker, in retrospek, mnr Vorster spyt moes gewees het dat hy nie een van P.W. Botha se vele dreigemente om te bedank aanvaar het nie. Mnr. Vorster het by geleentheid spottenderwys aan generaal Van den Bergh erken dat hy van P.W. Botha se “bedankings” selfs telling gehou het.

'n Goedgevestigde groep Amerikaners met wie ons noue en vrugbare samewerking opgebou het was ACSA: Americans Concerned with South Africa. Die twee direkteure, Don MacAlvany en Pat Wood het verskeie groepe Amerikaners na Suid-Afrika gebring om eerstehandse kennis van omstandighede in die land op te doen. Hulle het my beïndruk met hul kennis van Suid-Afrika en met die uitstekende nuusbrief, propvol feite oor ons land, wat hulle onder lede gesirkuleer het. ACSA was baie gretig om ’n spesiale brosjure oor die strategiese belangrikheid van Suid-Afrika vir die VSA op te stel. In 1977 het ons dus R50 000 na hulle via ’n bankrekening in Switzerland oorgeplaas ten einde hulle in staat te stel om die Universiteit van Miami vir die navorsing vir die publikasie te betaal. Die projek was onder beheer van generaal Daniel Graham, voormalige hoof van intelligensie van die Amerikaanse lugmag en toe hoof van die Institute for Policy Studies aan die Universiteit van Miami. Ek het hom vroeër in Suid-Afrika ontmoet toe hy ons gas was.

ACSA- lede wat Suid-Afrika al besoek het, het oor die VSA uitgesprei en lesings oor Suid-Afrika gegee. Talle het ’n gereelde korrespondensie met hul plaaslike koerantredakteurs en politici op tou gesit om hulle negatiewe standpunte teenoor Suid-Afrika te bevraagteken. Op hierdie manier het ons stadigaan ’n netwerk opgestel, nie alleen in die VSA nie, maar oral oor die westerse wêreld, van groepe goed-ingeligte individue en instansies, etlikes wat ek nie openbaar wil maak nie, om Suid-Afrika se saak onder hulle eie mense te propageer.

Ons het ook nie gehuiwer om goeie gebuik van groot instansies soos die Junior Kamer van Koophandel, die Rotariërs en Lions International te maak nie, te meer so nadat laasgenoemde twee organisasies na my gekom en my gevra het om met hulle werk in die VSA behulpsaam te wees. Daar is van hulle gevra om publikasies oor Suid-Afrika vir verspreiding in die VSA gereed te kry en alhoewel ek nooit ingemeng het of probeer het om die inhoud te beïnvloed nie, het ek tog aanbeveel hoe hulle die beeld van Suid-Afrika ten beste kon oordra. Ek het aan hulle feite en foto’s beskikbaar gestel en ook, in die geheim, vir die druk van die publikasies betaal. Aangesien ek nie aan hulle voorgeskryf het wat om te sê nie, het ek gevoel dat die geld wat ons aan hulle betaal het nie hulle onafhanklikheid geaffekteer het nie. Dit bewys net dat selfs in groot organisasies soos Lions en Rotary, die Suid-Afrikaanse sakemanne nie maklik hul hande in eie sak steek om ’n goeie saak te ondersteun nie.

Ten einde Rotary en Lions International gerus te stel het ek aan hul leiers in Suid-Afrika gesê dat ons slegs die geld beskikbaar stel op voorwaarde dat daar geen verskoning vir apartheid of ander party-politieke denkrigtings in die publikasies vervat word nie.

’n Ander magtige organisasie wat ons in die VSA voor enigiemand anders genader het, was die American Legion met sy sowat drie miljoen lede. Dit was, en bly, ’n baie magtige drukgroep en verskeie Amerikaanse Presidente het Ere-Voorsitters van die Legioen geword. Ons het etlike lede van die hoofbestuur onder die dekmantel van die Southern African Freedom Foundation na Suid-Afrika genooi en hulle agterna gereeld van feite-blaaie oor SA voorsien. Die voortspruitende verslae wat die Legioen uitgebring het was vir Suid-Afrika uitermate positief.

Na generaal Neil Webster se terugkeer uit die VSA in 1980, waar hy die Nasionale Konvensie van die Legioen bygewoon het, het hy gesê dat hy nie van enige ander organisasie in die wêreld weet wat so sterk en so duidelik ter ondersteuning van Suid-Afrika uitgekom het nie. Maar totdat dr. Mulder besluit het om die top-bestuur van die Legioen na Suid-Afrika te nooi was daar geen daadwerklike poging deur enige ander regeringsinstansie, of die Verdedigingsmag, aangewend om hulle ondersteuning te wen nie.

Indien ons die belastingbetaler se geld verkwis het, soos mnr. Botha se regering gehuil het, dan sal generaal Webster duidelik nie daardie siening deel nie, nie noudat hy weet wie dit alles begin het nie.

Toe die Suid-Afrikaanse tak van die Intemasionale Junior Kamer van Koophandel beplan het om hul volgende intemasionale konferensie in Suid-Afrika te hou, het hulle onmiddellik onder druk van lande soos Nigerië en Kanada gekom wat aan hulle wou vertel dat Suid-Afrika nooit so ’n groot veelrassige en veelvolkige konferensie in Johannesburg sou toelaat nie. Die organisasie was self skepties dat die regering hulle sou bystaan. Tot hul verbasing het dr. Connie Mulder nie alleen aan hulle gesê om voort te gaan nie, maar as Minister van Binnelandse Sake (wat oor alle buitelandse visum aansoeke besluit het) aan hulle ’n brief oorhandig dat die Regering geen struikelblokke in die weg van enige land of enige van sy afvaardigings se besoek aan die land plaas nie, ongeag ras, geloof of staat. Daarna het hulle my vir finansiële ondersteuning genader wat ek nie maklik in die openbaar en uit die departement se ope rekening kon doen nie. So iets sou ’n presedent skep vir ander instansies wat ons nie almal sou kon ondersteun nie. Maar dr. Mulder, dr. Horwood en ek het gevoel dat hierdie spesifieke organisasie wat uit jong, maar senior hoofbestuurders van prominente maatskappye oor die wêreld bestaan, spesiale ondersteuning verdien vanweë die invloed wat hulle op besigheidskringe in die buiteland kon uitoefen.

Die Johannesburgse hoof van die organisasie, Alan Gerson en ek het dae lank oor die beste strategie beraadslaag oor hoe om die afvaardigings van vyandiggesinde nie-blanke lande gerus te stel. Dit het twee jaar geduur voordat Gerson die Intemasionale Hoofbestuur kon oorreed om die konferensie in Johannesburg te hou, en wat meer is, dat dit veilig sou wees.

Die Soweto-onluste het dit nie vir my en Gerson makliker gemaak nie, daarom het ons etlike van die senior hoofbestuurders in die geheim as gaste van een van ons frontorganisasies na Suid-Afrika gevlieg sodat hulle die situasie vooraf en persoonlik kon opsom.Ek het persoonlik aan sommige van hulle die foto’s gewys van Dona Fologo van die Ivoorkus en sy blonde vrou, waar hulle verskeie mense by veelrassige dinees ontmoet het wat deur die Foreign Affairs Association van Cas de Villiers gereël was. Dit het ’n geweldige indruk op hulle gemaak.

Voor die konferensie het ons tien-duisend Rand aan Gerson oorhandig om die konferensie reklame in meer as twintig lande te finansier. Na die finale besluit geneem is, het ons die Regering oorgehaal om ’n verdere R70 000 aan die Suid-Afrikaanse organiseerders beskikbaar te stel. Toe die konferensie in 1977 plaasgevind het, was daar meer as 1 800 afgevaardigdes, uit meer as 30 lande uit Afrika, Asië, Latyns-Amerika, Europa en die Amerika’s teenwoordig. Dit was ’n klinkende sukses. Afgesien van die goeie wil wat hieruit voortgcspruit het, het iemand uitgewerk dat net die belasting op die hotel en ander verblyfuitgawes van al die besoekers dubbel soveel was as wat ons aan die projek spandeer het.

’n Ander organisasie wat ons opgestel het om ’n belangrike rol in die VSA te speel was die Church League of Southern Africa.

Daar was al soveel argumente in die pers in Suid-Afrika oor dié betrokke organisasie dat ek die ware en onweerspreeklike feite hier wil konstateer.

The Church League of Southern Africa het bestaan voordat die regering in 1974 besluit het om sy vyf-jaar geheime propaganda-oorlog van stapel te stuur, maar dit is omtrent al wat ’n mens oor sy “onafhanklikheid” kan sê. Ons het nie in die Suid-Afrikaanse bedrywighede van hul toegewyde en energieke direkteur, Eerwaarde Fred Shaw, ingemeng nie, maar na 1974 het die volle omvang van hulle buitelandse aksies onder die beheer van die departement gekom.

Net soos in die geval van die Afrikaanse Kerke, was daar ook baie min ware ondersteuning van die Engelse Kerke in Suid-Afrika om die goddelose invloed van die Wêreld-Raad van Kerke te probeer stuit. Dit was, en is vandag nog,dringend noodsaaklik dat daar, in beide Brittanje en Amerika, ’n nuwe organisasie vorendag moet kom wat as middelpunt kan dien waarvandaan ’n wêreld kerkliggaam, internasionaal en openlik, teen die Wêreld-Raad van Kerke te velde kan trek.

Daar was baie individuele kerkgroepe en predikante in baie lande van die wêreld wat oor die militante houding van die WRK besorgd was, en oor sy finansiële ondersteuning aan organisasies wat nie geskroom het om geweld te gebruik om hul politieke doelwitte te bevorder nie. Die WRK het as katalisator opgetree vir al daardie godsdienstige instansies wat dit as hul Godgegewe plig beskou het om die sosio-politieke struktuur in Suid-Afrika in ’n een-man, een stem-regering te omskep - al sou dit ook die dood van onskuldige swart en blanke vroue en kinders sowel as die verdwyning van vryheid van godsdiens beteken. Dit was vir my altyd ironies dat die verlies van persoonlike godsdiensvryheid juis in lande voorgekom het wat hulle Marxistiese regcrings deels aan kerklike ondersteuning en agitasie vanuit die demokratiese Weste te danke het. Angola en Mosambiek is twee voorbeelde van Marxistiese goddelose en kerklose state wie se Marxistiese leiers massiewe politieke en finansiële ondersteuning van Protestante en Katolieke in die VSA, Nederland, Skandinawië, Brittanje en Wes-Duitsland ontvang het.

Daar was dus geen ander uitweg as om met ’n organisasie in Suid-Afrika te begin wat sy aktiwiteite na die buiteland kon uitbrei en om aan hulle genoegsame geldelike ondersteuning te gee sodat hulle die regte mense byeen kon bring.

Ek het nooit die Church League in Suid-Afrka as iets anders as ’n instrument wat ons kon gebruik om hierdie doelwit te bereik gesien nie.

Ons het in Eerwaarde Fred Shaw ’n gewillige bondgenoot gevind. Hy was ’n Metodiste predikant in Pretoria en baie bedrywig in anti-Kommunistiese kringe. Hy was belese en welsprekend, maar terselfdertyd geen ondersteuner van apartheid of rassisme nie. Daarby het Shaw reeds ’n koerantjie, Encounter, uitgegee, wat dikwels oortuigende en leesbare anti-Kommunistiese en anti-WRK-artikels bevat het.

Nadat Shaw genader is, het ek hom persoonlik oorreed, na vele beraadslagings in my kantoor in Pretoria, om finansiële steun van die departement te aanvaar. Die voorwaarde was dat sy organisasie in die toekoms hulle kosteberekenings, hul beplanning en projekte vooraf by die departement moes indien. So is projek “Bernard” in die lewe geroep.

Ek wou Shaw in die buiteland gebruik maar ek wou hom ook van die verregse vleuel in die kerk en politiek losmaak, veral van Majoor Edgar Bundy se Church League of America wat hul hoofkwartiere in Chicago gehad het. Na samesprekings met Les de Villiers, Charles More en myself, het Shaw ingestem om sy instruksies vanuit die Ad Astra-gebou in Pretoria te ontvang. Ons het ooreengekom dat ons nie in die areas wat by uitstek oor godsdienstige sake gehandel het, sou inmeng nie. Shaw sou vry wees om die nodige stappe te neem en enigiets te sê wat hy in belang van ware Christelike geloof noodsaaklik gevind het.

Die Church League en die Departement van Inligting het in 1974 geheime bondgenote geword maar in finansiële terme was die departement by verre die grootste aandeelhouer. Shaw het baie onderhoude met my en Les de Villiers gehad en later, toe les de Villiers bedank en by Sydney Baron Inc., in New York aangesluit het, met Gerbie Grobler wie in De Villiers se skoene ingestap het. Grobler is tot op hede nog by die Departement Buitelandse Sake en Inligting werksaam.

Teen 31 Maart 1978, het projek “Bernard” (projek G1 l-c)die staatalreeds R229 314 gekos. Van 1974 af het Shaw ’n jaarlikse salaris van R13 200 ontvang, aangesien hy as voltyds in diens van die geheime afdeling van die departement beskou was. Die salaris was vasgestel volgens wat Shaw by regte as Leraar van die Metodiste Kerk kon verwag het.

A1 die kostes verbonde aan die druk en verspreiding van Encounter is deur die geheime fondse wat aan Shaw toegesê is, gedek.

Shaw se bedrywighede in die periode 1974-1977 het uit persoonlike kontakte in Suid-Afrika en die buiteland bestaan, die uitgee van nuusbulletins en ander publikasies, en die organiseer van konferensies alhier en in die buiteland. As gevolg van ’n dreigende geregtelike geskil tussen Shaw en die S. A. Raad van Kerke, het ons toestemming van die kabinetskomitee verkry om ’n bedrag van R10 000 by Shaw se regsadviseur (J. Bomman van Middelburg) te deponeer, ingeval die saak na die hof verwys word.

In Januarie 1978 het dr. Mulder goedgekeur dat ’n bedrag van R40 000 (projek Gll-C) aan Shaw vir die aankoop van ’n huis in Pretoria uitbetaal word wat as hoofkwartiere en kantore vir die Church League sou dien. Shaw het aangevoer dat hy op die duur, veel meer as dit aan kantoorhuur sou bespaar. Vreemd genoeg, hierdie inligting is deur Loot Reynders aan die Erasmus-Kommissie verskaf wat dit eenvoudig geïgnoreer het, maar die aankoop van ’n huis, wat ek gemagtig het, vir gebruik as ’n kantoor vir Cas de Villiers se F.A.A. was vir kritiese aandag uitgesonder. Na die Erasmus-Kommissie ’n einde aan Assosiasie Internasionaal gemaak het, is die “luukse” huis as ampswoning aan een van mnr. P.W. Botha se generaals beskikbaar gestel.

Dit was tipiese dubbele standaarde aan die kant van die Kommissie omdat hulle geweet het dat Pik Botha met Shaw se projek voortgegaan het. Vandaar die stilswye van die Kommissie. Verdere kommentaar oorbodig.

Vir die finansiele jaar 1978-1979 het Shaw ’n ambisieuse uitbreiding van sy organisasie se aktiwiteite in die Verenigde State en Brittanje beplan. Dit was ’n tien-punt plan, insluitend die vestiging van kantore in Washington en London; die publikasie van nuusbulletins in daardie lande; twee belangrike internasionale konferensies (om daardie individue en kerkliggame uit alle dele van die wêreld wat gewillig sou wees om in ’n nuwe liggaam te dien om die WRK te beveg, bymekaar te bring) en verskeie ander projekte. Die kabinetskomitee van Vorster, Mulder en Horwood het ’n bedrag van R320 000 vir die periode 1 April 1978 tot 31 Maart 1979 bewillig. Teen die einde van Junie 1978, toe ek die Departement verlaat het, het Shaw se Church League of Southern Africa alreeds ’n bedrag van R182 588 uit die nuwe bewilliging ontvang. Shaw het toe reeds na die VSA vertrek om die Washington kantoor te vestig en daarvandaan na Londen. In Londen het ’n belangrike vergadering tussen kerkmanne van baie lande plaasgevind en is besluit om ’n wêreldwye offensicf teen die aktiwiteite van die WRK te loods.

Pik Botha se openbare aantyging dat die Mulder-Rhoodie span net die belastingbetaler se geld verkwis het, is polities immoreel wanneer mens besef dat Pik Botha, na die boekjaar 1978-1979, self ’n hele nuwe ooreenkoms met die Church League aangegaan het. Hierdie keer vir R340 000. Die verskil is net dat gedurende my dienstyd die organisasie hom op oorsese operasies toegespits het, hoofsaaklik om die WRK te beveg. Pik Botha het egter die aktiwiteite van Shaw se groep 180 grade omgedraai en opdrag gegee dat ’n huishoudelike operasie, die aanvegting en infiltrasie van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, begin word.

Toe die “geheim” uitgelek het, het Pik Botha twee perskonferensies in een week belê om aan die pers te bewys dat hy maar net ons werk voortgesit het! Ek het uitgebars van die lag toe ek dit lees. Dit was so ’n deursigtige weerspreking van wat hy voorheen omtrent ons werk gesê het. Wat meer is, hy het bewustelik die pers mislei deur hulle te probeer vertel dat hy niks van die aktiwiteite van die Church League in 1978 geweet het nie, terwyl hy in werklikheid ’n volledige verslag van die Kemp-Komitee oor die aangeleentheid gekry het. Hy het die pers verder mislei deur te kenne te gee dat dit ’n voortsetting van ’n bestaande ooreenkoms was. Wat is die feite? Die begroting vir 1978-1979 het tot 28 Februarie 1979 geloop terwyl ek reeds agt maande tevore uitgetree het. Wat meer is, die bedrag was groter as dié wat ek die vorige jaar voorsien het en het die boekjaar 1979-1980 gedek. Botha het ook die pers mislei toe hy gesê het dat hy net die kontrak met Shaw laat opstel het sodat hy die verhoudinge met die organisasie kon be-eindig (sic) terwyl die kontrak, in werklikheid, uitdruklik voorsiening maak dat die partye ’n soortgelyke ooreenkoms kan aangaan wanneer die bestaande een verstryk het. Verder was daar ook ’n klousule in die kontrak wat elke party in staat stel om die ooreenkoms met drie maande kennisgewing te beëindig. As dit die geval was, waarom het Pik Botha dan nie die kontrak drie maande nadat dit in 1979 onderteken is, beëindig nie?

Die lelike waarheid is dat etlike verklarings wat Pik Botha aan die pers gemaak het, eenvoudig onwaar was. Die belangrikste was dat hierdie geskrewe kontrak maar net ’n voorsetting van ’n “bestaande ooreenkoms” was. Pik Botha se belaglike draai-gooiery was bloot net om weg te kom van die embarrasserende feit dat hy met dié soort van geheime projekte voortgegaan het wat hy die vorige jaar so rondborstig veroordeel het.

In die Verenigde State was die Council on Foreign Relations ook ’n
intellektuele en ideologiese splinter in die oog van die Suid-Afrikaanse Regering.

Hierdie private organisasie se publikasie, Foreign Affair Quarterly, is waarskynlik een van die drie mees invloedryke politieke kwartaalblaaie in die Westerse Wêreld.

Die groep het dit as platform gebruik waarvandaan vele kritiese en bevooroordeelde ontledings van omstandighede in Suid-Afrika gelanseer is. Omdat ek ses jaar in die VS A deurgebring het, was ek deeglik bewus van die invloed van hierdie liberale akademiese gemeenskap op die Demokrate se administrasie in Washington. Ek het ’n opname laat maak van die aantal anti-Suid-Afrikaanse artikels wat die tydskrif die laaste dekade gepubliseer het, asook van artikels wat as pro-Suid-Afrikaans kon deurgaan. Oor ’n dekade was dit ongeveer 20 vyandiggesind teen een positiewe, en daardie één positiewe artikel was iets wat dr. Hilgard Muller in die vroeë sestigerjare geskryf het. Teen daardie tyd het selfs die Ambassadeur van Ghana 'n platform in die tydskrif verkry om Suid-Afrika aan te val, ten spyte daarvan dat die naaste wat hy nog aan Suid-Afrika gekom het, die ewenaar was. Voor die Muller-artikel het daar nie ’n enkele artikel verskyn wat die Regering se standpunt weergee het nie, om nie eens van die blank-ras oor die algemecn te praat nie. Watter spesiale kwalifikasies die Ambassadeur van Ghana gehad het om oor ’n land te kan skryf wat hy nog nooit gesien het nie, en wie se eie land kwalik ’n model van demokrasie was, het net die redakteur geweet. Na verneem, is hierdie betrokke Ambassadeur later in Ghana na ’n staatsgreep tereggestel. Daar was glo geen verhoor nie. Ghanese regspraak op sy beste. In lierdie soort insident het die redakteur van Foreign Affair Quarterly, waarskynlik geglo maar nie genoeg om sy anti-blanke rassisme te temper nie. Die vooroordeel het tot in die sewentigerjare aangehou. Aan die einde van 1980 was die verhouding sowat dertig tot drie, ’n geringe verbetering aan die kant van die tydskrif. Net genoeg om ’n tipiese liberale gewete te salf.

Ek het voor die kabinetskomitee betoog dat Suid-Afrika nooit die Council on Foreign Relations of die redakteur van Foreign Affairs sou kon oortuig dat hulle bevooroordeeld is nie. Hulle wil nie oortuig word nie. Daarom het ek voorgestel dat ’n tydskrif in die VSA en Brittanje gesetel moet word wat in staat sou wees om die skade wat die mondstuk van die Council on Foreign Relations besig was om aan te rig, teen te werk. Op hierdie tydstip het ’n sekere profcssor John Hutchinson van Kalifomië, Suid-Afrika besoek. Hutchinson, ’n voormalige regter en ’n professor in ekonomie, het Suid-Afrika werklik goed geken, hy het ook ’n gereelde briefwisseling met byna elke buitelandse Eerste Minister in die Westerse Wêreld gevoer. Hy het oor ’n wonderbaarlike werksvermoë beskik. Hoewel hy uitdruklik teen die beleid van apartheid gekant was, het hy geglo dat Suid-Afrika tyd gegun moet word om sy sisteem te verander en dat verandering nie op die land afgedwing kon word nie. Verder het hy aangevoer dat, vanweë sy strategiese posisie op die olie-roete om die Kaap van Goeie Hoop en sy ontsaglike bronne van strategiese metale en minerale, Suid-Afrika van geweldige belang vir die Weste is. Nog meer belangrik, Hutchinson het Suid-Afrika as die een land in Afrika gesien met die nodige kundigheid en ondervinding van Afrika se omstandighede wat betekenisvolle en standvastige ondersteuning aan pro-westerse Afrika-state kon lewer. Wanneer dit by waterprojekte, ekonomiese behuising, mediese skemas, ens. kom het geen ander land dieselfde kennis as Suid-Afrika geniet nie.

Hutchinson het voorgestel dat ’n alliansie, die Atlantic Council, van eendersdenkende politici, akademici, sakemanne en regeringsleiers in die mees belangrike lande wat aan die Atlantiese Oseaan grens gevorm word om sy oogmerke te bevorder. In Afrika was Suid-Afrika nommer een. In Noord-Amerika - die Verenigde State, in Europa - Brittanje en in Latyns Amerika - Brasilië. Ek het aangevoer dat Suid-Afrika by die Atlantic Council moet aansluit en ’n universiteitsinstituut as front gebruik om ons fmansiêle steun oor te dra. Ek het ook ’n finansiële bydrae aanbeveel wat voldoende sou wees sodat die Atlantic Council met die uitgee van ’n eie kwartaallikse politieke tydskrif kon begin, soortgelyk aan Foreign Affairs Quarterly, met dieselfde formaat, papier en drukskrif.

Hutchinson het aan my briewe gewys, afkomstig van prominente staatsfigure oor die wêreld, wat sy plan ondersteun, insluitende ’n brief van Lord Carrington voor sy aanstelling as Minster van Buitelandse Sake vir Brittanje se Tory-Regering, asook van top-akademici in die VSA.

Uiteindelik was daar ’n plan en ’n organisasie om die liberale denke van die Council on Foreign Relations te kon bekamp. Die kabinetskomitee het my voorstel goedgekeur en ’n bedrag van R280 000 is aan projek G.93, The Atlantic Council, vir die jaar beginnende 1 April, 1978 toegese. In ’n brief aan Hutchinson, het ek geskryf dat dit aanvaar word dat die fmansiële bydrae onvoorwaardelik sou wees en dat hy en sy hoofbestuurder dus in staat sou wees om in algehele onafhanklikheid te werk. Ons sou, daarenteen, verkies om self die Suid-Afrikaanse verteenwoordiger te nomineer. Hutchinson het in elk geval met McGraw-Hill-Uitgewers in die VS A beraadslaag en tesame het hulle die volgende name voorgelê: professor Gerrit Viljoen, tans Minister, adv. D.P. de Villiers, Voorsitter van Nasionale Pers en professor Nic Rhoodie, my broer, wat in die buiteland waarskynlik Suid-Afrika se bekendste skrywer op die gebied van rasseverhoudinge was en ook redakteur van Southern African Dialogue, wat McGraw-Hill self in die V S A gepubliseer het.

Die geld vir die projek was goedgekeur en Hutchinson en ek het byna ons planne agtermekaar gehad vir die oprigting van ’n kantoor vir die alliansie, gekoppel aan ’n goedgesinde navorsingsinstituut in Londen, asook die tema vir die eerste uitgawe van die nuwe tydskrif, toe die dak van “Info” inmekaar getuimel het.

Ek is oortuig dat die Atlantic Council ’n gesonde idee en ’n noodsaaklike projek was. Dit is net jammer dat die Botha regering se vertoon van politieke-nudisme daartoe gelei het dat Hutchinson die projek laat vaar het. Alhoewel ek elders in hierdie boek die werksaamhede en programme van frontorganisasies soos die Foreign Affairs Association, die Southern African Feedom Foundation, die Institute for the Study of Plural Societies aan die Universiteit van Pretoria, en ander sal beskryf, kan ’n mens nie oor ons aktiwiteite in die VS A uitwei nie sonder om te verduidelik dat hierdie organisasies, hoewel in ander westerse lande ook bedrywig, hoofsaaklik hulle pogings op die VSA toegespits het. Hierdie instansies was veral op die gebied van buitelandse gaste-programme aktief waaronder talle belangrike persone, oorwegende uit die Verenigde State na Suid-Afrika gebring is. Die selfde organisasies het ook belangrike internasionale konferensies gereël waar die strategiese belangrikheid van Suid-Afrika, sy metale en minerale, sy ekonomiese stabiliteit, voedsel-produksie, die tegniese kundigheid wat dit aan Afrika beskikbaar kan stel, altyd die hooftema was. Dit was alles temas wat die meeste Suid-Afrikaners, ongeag hulle politieke verbintenisse, maklik kon ondersteun.

’n Ander belangrike funksie was die samestelling van spesiale agtergrond om inligtingsdokumente, boeke en tydskrifte, vir verspreiding aan duisende meningsvormers en besluitnemers oral in die wêreld. Komende van instansies wat, na buite, totaal onafhanklik was, selfs met veelrassige beheerrade, was die aanvaarbaarheid van hulle materiaal vanselfsprekend veel hoër as enige amptelike publikasies. Hierdie dokumentasie het ook hul weg na verskeie ander belangrike individue en instansies in die VSA gevind, nie in honderde nie, maar in duisende. Ons het ons ook daarop toegespits om die direkteure van die verskeie frontorganisasies in Suid-Afrika aan te moedig om ander internasionale konferensies waar Suid-Afrika se sake onder bespreking sou kom, by te woon.

Deur middel van verborge (geheime) toelaes, het ons seker gemaak dat sekere toonaangewende boeke oor ontwikkeling in Suid-Afrika inderwaarheid in die VSA gepubliseer is, bv. A.W. (Pot) Steward se boek, The World, Tin-West and Pretoria, wat in Kongres- en ander politieke kringe in die VSA good ontvang is. Verskeie Institute aan die Universiteit van Potchefstroom en Pretoria is in die geheim van fondse voorsien wat hulle in staat sou stel om hul materiaal na die VSA te stuur en ook om konferensies oorsee by te woon.

Ons het ook die jeug van prominente Amerikaners betrek.

Die Kabinetskomitee het ingestem dat ons aan Ian Player (broer van Gary) jaarliks 15 beurse vir sy Wilderness Leadership School voorsien sodat kinders uit vooraanstaande families in die VSA na Suid-Afrika kon kom, nie om polities geïndoktrineer te word nie, dit was nie na Player se smaak nie, maar om hulle te leer hoe Suid-Afrika te werk gaan om die omgewing vir swart en wit te bewaar.

Terwyl ons etlike instansies in die Verenigde State gehad het om vir ons met die bal te hardloop, het die drie senior amptenare in die departement wat met geheime projekte gemoeid was, ook intensief in daardie land gereis. Ons het so dikwels moontlik kerkleiers, politici, koerantredakteurs, staatsverteenwoordigers, studenteleiers, sakegroepe en andere ontmoet. Ons aktiwiteite en hoë profiel in Washington het skynbaar afkeer in drie afsonderlike, maar verwante kringe verwek: Die Amerikaanse Staatsdepartement, die Suid-Afrikaanse Ambassade en die verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse Engelstalige koerante in Washington, in besonder, ’n sekere mnr. Ken Owen, toe van die Argus groep. Dit was onbegryplik hoe besonderhede van my besoeke en afsprake hulle weg na die Staatsdepartement gevind het en vandaar met allerlei stertjies na die opposisie koerantverteenwoordigers.

Terwyl ek in Washington by geleentheid besig was om tot soveel as agt afsprake op een dag met verskeie groepe en individue na te kom (middag- en aandete uitgesluit) het die Engelstalige koerante in Suid-Afrika uit hul pad gegaan deur gesiglose Amerikaanse Staatsdepartement “bronne” aan te haal om die teenoorgestelde indruk te skep. Dit het voorgekom asof Ken Owen en Kie., nie wou hê dat Suid-Afrikaanse amptelike verteenwoordigers Amerikaanse politici moet ontmoet nie. Aangesien hulle ooglopend vir “tuis-konsumpsie" geskryf het, waar enigiets wat onmin tussen regeringsdepartemenle saai, “nuus” was, is dit verbasend dat hulle nie die moeite gedoen het nie om hul feite met die Inligtingsadviseur in Washington te kontroleer, wat maar te gretig en bevoegd was om aan hulle te bewys dat die Staatsdepartement eintlik besig was om Ken Owen en andere aan die neus rond te lei.

Na een besonder ooglopende geval van wanvoorstelling deur Ken Owen, sonder dat hy die feite vasgestel het, het ek John d’Oliviera van The Star in Johannesburg, vir wie Owen destyds geskryf het, en ook vir Harvey Tyson, redakteur van The Star, gaan sien. Ek het die ware feite voor hulle gelê en kort daarna is Owen herroep, nadat die koerant ’n teleksboodskap aan hom gestuur het dat hy van bronne moet verander. Of hy as gevolg van my klagte teruggeroep is weet ek nie. Wat ek wel weet, en ook later in die boek sal uitspel, is dat Owen daaropvolgend by die vendetta teen my en my departement aangesluit het. Dit sluit ’n “verklaring” voor die Erasmus-Kommissie insake dr. Robert Smit se moord in, wat my mond laat oophang het. Owen was subtiel en daarom baie meer effektief. Hy het Don de Kieffer bv. as ’n politieke huursoldaat beskryf. Hy was nie so kru soos Eugene Hugo nie, sy eertydse kollega, wat onbeskaamd probeer het om Don de Kieffer oor te haal om die Departement in die steek te laat en na wat hy “hulle kant” genoem het oor te stap. De Kieffer het dit natuurlik dadelik aan my oorgedra en ek het op Hugo se gedrag in die openbaar gereageer. Kort daarna is Hugo ook na Suid-Afrika herroep waar hy hom summier by die geledere van die opposisiekoerantmanne aangesluit het wat my nie kon vergewe omdat ek nie voor hulle gemene optrede wou gaan lê nie.

Vervolg...

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2663 gaste aanlyn