Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Kan diegene wat hulle so slim hou in hul dwaling oor God se verborgenhede dalk antwoord waarom hulle mense eerder as esels of beeste is; hoewel dit in God se hande was om van hulle honde te maak het Hy hulle na sy Beeld gevorm.
1915: SUID-AFRIKA EN SUIDWES- AFRIKA
KULTUURDAGBOEK 5 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Genl. Louis Botha vertrek op 5 Februarie 1915 na SuidwesAfrika om bevel oor te neem oor die Unietroepemag wat die gebied van Duitsland sou verower. Daardeur is Suidwes-Afrika aan Suid-Afrika verbind en is 'n informele verbintenis wat reeds lank tussen die twee gebiede bestaan het op 'n formele grondslag geplaas.
Die Kaapse burger, Jacobus Coetsé, het op 14 Julie 1760 van sy woonplaas by die Piketberge vertrek op 'n reis wat hom na sowat 50 dae tot aan die Bunsenberg (deur hom Swartberg genoem) net noord van Warmbad in die huidige Suidwes-Afrika gevoer het.
Teen die einde van Augustus het hy die Grootrivier oorgesteek, “die bij der Relatanten weeten bevoorens door geene Europische Natie gepasseerd weesende ..." Hierdie gebeurtenis het die blankes, en by name die Afrikaners, met Suidwes-Afrika in verbinding gebring en tot verdere verkenningsreise deur Hendrik Hop, Willem van Reenen e.a. aanleiding gegee.
Sendelinge van die Londense Sendinggenootskap het vroeg in die 19de eeu gevolg, die Rynse Sendinggenootskap het in 1840 tot SWA toegetree en sedert die veertigerjare was jagters en handelaars in toenemende getalle aanwesig in hierdie uitgestrekte gebied noord van die Oranje, wes van die Kalahari en suid van die Portugese invloedsfeer in Angola.
Terwyl die Britse bewind in die Kaapkolonie die gebied rondom Walvis-bath in 1878 geannekseer en Duitsland sy gesag sedert 1884 oor SWA gevestig het, het Afrikaners hulle geleidelik daarheen begewe en hulle veral in die suide gevestig. Aansienlike getalle trekkers uit Transvaal het gedurende die sewentigerjare onder groot ontberings deur die Kalahari-dorsland na Angola getrek en teen 1884 na Grootfontein teruggekeer, waar hulle hul tydelik gevestig het.
Na afloop van die Tweede Vryheidsoorlog in 1902 het heelwat Afrikaners hulle in SWA gaan vestig. Die Afrikaners is deur die Duitse bewind toegelaat om hulle eie skole te stig en veral die NG Kerk van Kaapland het deur middel van bearbeidingsreise, hoewel gebrekkig, aandag aan die geestelike behoeftes van die wydverspreide gemeenskappe gegee. Die eerste gemeente in SWA, Groot Namaqualand, is in 1898 gestig, maar weens die probleme om 'n vaste predikant te kry, het die sendelinge v. die Rynse Sendinggenootskap dikwels belangrike hulp verleen. Naas ander geestelike arbeiders speel eerw. E.J. Leonard 'n besonder belangrike rol.
Die verowering van Suidwes-Afrika in 1915 deur die Unie het die land vir die Afrikaners aanloklik gemaak en hulle getalle het sodanig toegeneem dat hulle mettertyd sowat 70% van die blanke bevolking uitgemaak het. Die Afrikaners in SWA speel deur die jare heen 'n belangrike rol, veral in die skaap- en beesboerdery, die visbedryf en die administrasie van die Iand. Hollands-Afrikaans as taal is deur Nama- en Bastergroepe vanuit die Kaapkolonie na SWA gebring sodat selfs die Rynse sendelinge van die medium in hulle werk gebruik moes maak. Later jare was Afrikaans die taal waarmee dwarsoor die land gekommunikeer kon word. Naas die skole en die verskillende Afrikaanse kerke het kultuurorganisasies soos die FAK Gebiedskultuurraad vir SWA en die Rapportryers 'n belangrike bydrae gelewer om die Afrikaanse kultuur op natuurlike wyse te voed.
SWA was egter 'n land van vele kulture waarvan elk plek naas die ander gehad het voordat die internasionale geldmag met die hulp van verraderlike Suid-Afrikaanse ‘volksleiers’ daarin geslaag het om die land onder die voorwendsel van onafhanklikheid en sogenaamde demokrasie in die hande van ‘n swart onbevoegde regering te plaas. Hierna was Suidwes-Afrika nie meer ‘n heenkome vir die blanke Afrikaner nie.