Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
God het die verborgenhede wat Hy aan ons bekend wou maak, in sy Woord geopenbaar. En Hy het besluit wat belangrik is en wat tot ons heil sal strek, en dit aan ons bekend gemaak. Om dus op hierdie spoor te kom moet ons terugkeer na die Woord van die Here.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (20)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
Wat van The Citizen? – vervolg
Op 4 Desember 1975 het die beslissende vergadering in Les de Villiers se huis huis in Waterkloof plaasgevind. Hierdie keer was dr. Mulder teenwoordig, aangesien hy die finale groen lig moes gee vir die projek om voort te gaan,asook Louis Luyt, Les de Villiers en Luyt se ouditeur, mnr. Fourie du Preez, generaal van den Bergh was ook daar. Ek het hom spesiaal uitgenooi omdat ek gevoel het hy moes weet hoe ons beplan om die saak verder te voer.
WAARHEIDS- MEMORANDUM (7)
TEMA 2: GRUWELS
DIE LEUEN OOR:
HOMOSEKSUELE HUWELIKE
Homoseksualisme en VIGS neem wêreldwyd toe. In 2000 is die Pienk Loerie fees vir die eerste keer in Suid-Afrika gehou. Dit was die eerste homoseksuele fees op Afrika-bodem en is sedertdien jaarliks herhaal. Hierdie skande-fees word deur duisende volwassenes asook kinders bygewoon.
’n Onlangse opname oor die aanvaarding van homoseksualiteit het skokkende statistiek aan die lig gebring.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (19)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
Wat van The Citizen?
Ek glo vandag nog dat die stigting van The Citizen of ten minste die motiewe daarvoor gesond was en in die nasionale belang aangepak is. Die redaksionele handves het The Citizen net so onafhanklik soos To The Point gemaak en baie meer onafhanklik van en krities teenoor die Regering as bv. Beeld, Die Transvaler, die SAUK-TV, S.A. Panorama, of S.A. Digest, laasgenoemde, beide 100 persent regerings gefinansierde tydskrifte.
MOENIE WEGDRYF NIE!
>
>>>
Ds Andrè van den Berg
“Daarom moet ons des te meer ag gee op wat ons gehoor het, dat ons nie miskien wegdryf nie” - Heb.2:1
Ons weet nie wie Hebreërs geskryf het nie. Wat ons wel weet, is dat hy ʼn gelowige was wat besorgd was oor die verkeerde verloop van sake in die vroeë kerk. Daarom rig hy sy brief aan die Joodse leiers van die kerk (die Hebreërs). Dis ʼn brief aan die kerk deur die eeue.
Die skrywer herinner die kerk aan die twee groot redes vir haar bestaan:
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
'n Lidmaat raak aan die slaap gedurende die woelige predikant se preek een Sondagoggend.´Sal almal wat hemel toe wil gaan, opstaan,´ sê die predikant. Die hele gemeente staan op behalwe vir die eensame slapende lidmaat. Die predikant vra hulle om te gaan sit en ewe dramaties sê hy toe:
`Nou, sal almal wat hel toe wil gaan, asseblief opstaan.´ Net toe skrik die slapende man vervaard wakker, spring regop, kyk verleë om hom rond na die giggelende mense, en sê.´Wel, Dominee, ek nie weet waaroor ons stem nie, maar dit lyk my dis net ek en jy wat ten gunste is...´
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (18)
>
>>
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
DIE WÊRELD VAN DIE PERS (Vervolg)
Drie projekte waaraan die opposisie-pers in Suid-Afrika bale geld, tyd en moeite spandeer het om te ontrafel was, To The Point, The Citizen en The Washington Star. Die uiteinde van die saak was dat terwyl die regering probeer het om die opposisie-pers tevrede te stel, hulle een van Suid-Afrika se beste en invloedrykste vriende in die media in Europa oorboord gegooi het en in die proses meer as R10 miljoen wat aan To The Point bestee was effektief tot niet gemaak het. Alles onnodig.
'N VROU SOOS... (1)
... EVA
Deur haar en ander vroue in die Bybel sal jy ontdek dat God die hedendaagse vrou oproep om 'n betekenisvolle rol in die gemeenskap, huis en kerk te vertolk. Ons kan ook deur die Bybelse vroue se foute leer en ontdek hoe God se seëninge oorvloedig werk wanneer ons op Hom vertrou.
In God se plan is vroue belangrik. Dit klink dalk na 'n oorbodige stelling en tog word hierdie belangrike boodskap dikwels uitgedoof deur ons kultuur. Daar is selfs mense in die liggaam van Christus wat so 'n ongebalanseerde siening van onderwerping propageer dat hulle min ruimte laat vir vroue om enigiets in God se diens te doen behalwe kinders grootmaak. Nietemin maak God dit duidelik dat vroue vir Hom belangrik is.
HET U LEWE SIN?
Hannes Ollewagen
1 Kor. 2:1-16
“Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus.” (:16).
Daar is seker min mense wat hulself nog nie die vraag afgevra het wat dan eintlik hul doel hier op aarde is nie. Daar is diegene wat reken dat hul doel is om die hoogste moontlike prestasies in die lewe te bereik en dan ook diegene wat dink dat hul doel maar is om soveel rykdom as moontlik in ‘n leeftyd bymekaar te maak. Ons kry ook te doen met diegene wat dink dat die beste ding hier op aarde is om soveel moontlik pret te hê omdat jy mos net eenmaal leef. Daar is dan ook diegene wat nie enige spesiale doel vir die mens hier op aarde insien nie en ook nie die moeite doen om hierdie saak verder na te speur nie. Dit is diegene wat maar net doelloos deur die lewe dobber.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (17)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
SUIDELIKE AFRIKA (VERVOLG)
"Wat ’n prys om op die ouderdom van 66 jaar te betaal vir jou gewilligheid om Suid-Afrika te dien!
Wat ’n prys om vir getrouheid aan John Vorster en die Nasionale Party te betaal!"
Een van die mees ambisieuse en duurste projekte in die Regering se vyf-jaar program was die stigting van ’n Swart rolprentnywerheid, nie slegs vir die produksie van films nie, maar ook vir die verspreiding daarvan.
Wat die Regering in gedagte gehad het, was om die algemene mening van die Swart mense op dieselfde wyse te beïnvloed as wat Hollywood gedurende die oorlogstyd gebruik was om Amerika se saak te propageer.
WAARHEIDS- MEMORANDUM (6)
TEMA 2: GRUWELS
DIE LEUEN OOR:
GESLAGSVERANDERING
Homoseksuele persone is biologies normaal, maar nie sielkundig nie. Hulle glo dat hulle lede van die teenoorgestelde geslag is en per ongeluk in ’n verkeerde liggaam gebore is. Die meeste van hulle bly hul lewe lank so. Enkeles ondergaan ’n geslagsverandering-operasie. Is dit sonde? Wat sê die Bybel?
Die Bybel spreek dit nie direk aan nie omdat geslagsverandering destyds ondenkbaar was. Dit beteken egter nie dat mense vandag self daaroor kan besluit nie. Die gebruik van hormone en kosmetiese snykunde om geslagtelike eienskappe te verander, is ’n gruwelike sonde wat deesdae oorhand toeneem.
HANG JOU SPIEËL?
Ds Andrè van den Berg
“Want as iemand ʼn hoorder van die Woord is en nie ʼn dader nie, dié is soos ʼn man wat sy natuurlike gesig in ʼn spieël sien; want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het” Jak.1:23,24
Om in die hemel te kom, moet jy jou tot Jesus Christus bekeer. Daar is geen ander manier nie. Bekering is die toegangskaartjie. Jesus sê: “... Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” (Joh.14:6). Om hemel toe te gaan, moet jy in ʼn persoonlike verhouding met Jesus verkeer as jy jou laaste asem uitblaas.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (16)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
SUIDELIKE AFRIKA (VERVOLG)
“Wat ons werklik wil doen is om skinderpraatjies te elimineer” - die Erasmus Kommissie.
The Foreign Affairs Association (FAA) was een van die mees suksesvolle frontorganisasies wat die Departement daar gestel het. Tot en met Junie 1978 het die Departement sowat R700 000 in die FAA belê en as gelde wat aan konferensies en besoekers spandeer is bygereken word, is die syfer moontlik na aan R900 000. Dit was geld wat goed bestee is.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (15)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
SUIDELIKE AFRIKA (VERVOLG)
Behalwe IPSA het twee ander, in die geheim gefinansierde organisasies in Suid-Afrika, ’n vername rol in die samestelling van publikasies vir verspreiding aan akademici, sakelui en politici gespeel nl., The Southern African Freedom Foundation (SAFF) en Valiant Publications.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (14)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, spreek van veragtelike motiewe en handeling.
SUIDELIKE AFRIKA
Dit is moeilik om binne perke van een hoofstuk al die geheime projekte in Suider-Afrika te behandel, daarom is sekere belangrike projekte aangaande Suidwes-Afrika en Rhodesië elders behandel, sommige in die hoofstuk wat op hierdie een volg terwyl ander reeds elders genoem is.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
UITSTAANDE PERSPEKTIEF
Die feit dat ons op die oppervlaktekors van 'n gasbedekte planeet met 'n vurige kern leef, 'n planeet wat tol om 'n reusagtige kernaangedrewe vuurbal 90 miljoen myl weg, en nie eens paniekerig is nie, is 'n aanduiding van hoe verwronge ons perspektief kan wees. - Douglas Adams
DIE HERE HET OOK HIERDIE JAAR GEMAAK
Hannes Ollewagen
Ps. 118:1-29
“Dit is die dag wat die HERE gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.”
Die dag wat God geskape het waarop Jesus Christus in die vlees as mens gebore is, is sekerlik een van die grootste dae in die geskiedenis waaroor daar gejuig kan word en waaroor ons ons kan verbly. Ons Leidsman het in die vlees na ons neergedaal om ons met God die Vader te versoen. Hy het gekom om vir ons deur sy Gees ‘n ewige Herder en Leidsman te word.
Dit is egter belangrik dat ons daaraan herrinner word dat elke nuwe dag wat geskep word ook ‘n dag is wat deur die Here vir ons gemaak is. Hy skenk aan elkeen van ons wat die voorreg het om die lig van ‘n nuwe dag te aanskou daardie dag heeltemal gratis. Tog is daar mense wat sê dat niks in die lewe verniet is nie?
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (13)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
"Maar wanneer ’n mens van aanvaarbaarheid praat... ...dan sou dit sosio-politieke rekonstruksie van Suid-Afrika kos op ’n skaal wat vir die Blanke bevolking geheel-en-al onaanvaarbaar sou wees, met ander woorde, ’n Swart meerderheidsregering in ’n eenheidstaat. Daarvoor was ons nie te vinde nie."
Frankryk was ook die bymekaarkomplek met verskeie ander betaalde agente wat in die Seychelles, Nigerië, Madagaskar, Egipte, Senegal, ens., werksaam was, of wat invloedryk in die Ivoorkus, Morokko en ander Afrikastate was. Een van die medewerkers was so goedgeplaas dat hy vir ons afskrifte van diplomatieke kabels kon bekom wat verskeie Afrika regerings aan hulle Ambassades in Parys vir voorlegging aan die Franse Sekretaris van Buitelandse Sake gestuur het.
WAARHEIDS- MEMORANDUM (5)
TEMA 2: GRUWELS
DIE LEUEN OOR:
HOMOSEKSUALISME
In Lev.18:22 en 20:13 verbied God homoseksuele dade en skryf selfs die gepaste straf vir oortreders voor – die doodstraf! “En as ʼn man met ʼn manspersoon gemeenskap het, soos ʼn mens met ʼn vrou het, het hulle al twee iets gruwelik gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word” Die woord sekerlik beteken sonder enige uitsondering.
Die ontsondiging van homoseksualisme is ʼn skandvlek op ʼn volk. "Geregtigheid verhoog ʼn volk, maar die sonde is ʼn skandvlek vir die nasies” (Spr.14:34). Waar dit in die verlede uit die openbare oog gehou is, word dit vandag skaamteloos op die voorgrond gedryf. Homoseksuele saamtrekke en huwelike het alledaags geword. Selfs die Britse koningin het dit ʼn paar jaar gelede goedgekeur.
GOD IS MET ONS – OOK IN 2017
>
>>>
Ds Andrè van den Berg
“Daarop sê Hy vir my: Profeteer oor hierdie bene en sê vir hulle: Dor bene, hoor die woord van die HERE! So spreek die Here HERE tot hierdie bene: Kyk, Ek bring gees in julle in, sodat julle lewendig kan word. En Ek sal senings op julle lê en vlees oor julle laat opkom en ’n vel oor julle trek en gees in julle gee, sodat julle lewendig kan word; en julle sal weet dat Ek die HERE is” - Eseg.37:4-6 .
Dis die jaar 597 v.C. Die Babiloniërs het Palestina binnegeval en die eerste van drie groepe mense te voet in ballingskap na Babel (800 km) weggevoer. Onder hulle was ’n jongman van ongeveer 25 jaar oud - Esegiël. Dit beteken: die Here versterk. Die ballinge het ʼn spoedige vrywording verwag en geglo dat hulle binnekort na Juda sou terugkeer. Dit het nie gebeur nie. En so het die jare aangeskuif sonder enige teken van nasionale vrywording.
VOORSPOEDIGE NUWE JAAR AAN AL ONS LESERS
Namens al ons skrywers en personeel van Gelofteland wens ons elke leser 'n waarlik voorspoedige 2017 toe. Mag die God van ons volk ons in hierdie nuwe jaar verlos van die hiel van 'n ateïstiese regering, ons herstel in die pragtige land wat Hy ons gegee het om in te woon, en Self hierdie land kom regeer! Laat ons daarvoor biddend die nuwe jaar tegemoet gaan.