Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jesus het deur middel van gelykenisse vir die mense verduidelik waaroor die koninkryk van God – waaroor Hy so dikwels gepraat het – eintlik gaan. Maar almal wat Hom gehoor het, kon Hom nie verstaan nie. Jesus verduidelik dan ook die gelykenisse aan sy dissipels sodat húlle werklik beter kan verstaan wat Hy bedoel. Jesus se navolgers is dus bevoorreg om hul kennis en insig oor die koninkryk van God eerstehands te kan vermeerder – diegene wat reeds begrip het, sal nog meer kry.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (15)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
SUIDELIKE AFRIKA (VERVOLG)
Behalwe IPSA het twee ander, in die geheim gefinansierde organisasies in Suid-Afrika, ’n vername rol in die samestelling van publikasies vir verspreiding aan akademici, sakelui en politici gespeel nl., The Southern African Freedom Foundation (SAFF) en Valiant Publications.
Die logika vir die stigting van die SAFF word elders in hierdie boek uiteengesit. Basies was sy oogmerke tweevoudig: om as raakpunt vir ander internasionale organisasies te dien wat Kommunisme beveg en om die
sakegemeenskap in Suid-Afrika, beide Swart en Blank, met advies en publikasies oor die beskerming van die stelsel van vrye-ondememing te bedien.
Die oogmerke van die stigting, soos in sy eie publikasies uiteengesit is, is op subtiele wyse verander om sy ware doelstelling te verberg:
“Die SAFF is toegewy aan die bevordering van vryheid en demokrasie in Afrika ... die bereiking van hierdie primêre doelstelling behels een, die vorming van groter
begrip binne en buite Suid-Afrika vir die vraagstukke en probleme wat hierdie vasteland met sy geweldige potensiaal konfronteer, en, twee, om ’n bydrae te maak tot die bevordering van omstandighede, van stabiliteit en vooruitgang, wat ’n klimaat sal skep wat vir die daarstelling van demokratiese Afrika-gemeenskappe sowel as vir die beskerming van menseregte en vryhede
bevordelik is”.
Tot en met die einde van 1978 het Operasie Baard (’n verwysing na die indrukwekkende baard van die direkteur van die SAFF, mnr. R.F. Metrowich) sowat R400 000 van die Departement van Inligting ontvang, waarby R1 200 per maand ingesluit was wat Metrowich belastingvry as salaris ontvang het.
Die Freedom Foundation was uiters aktief. Sy produksie van publikasies in vier tale, beide buitelands en plaaslik, was werklik indrukwekkend:
South Africa Looks to Africa; Black Urban Entrepreneurship; Ovambo; The Communist Challenge to Africa; Mass Media in Black Africa; What is South
Africa’s Place in the World; African Freedom Annual; Peace Through Food; Swapo; Marxist Mocambique, ens., en agtergrondstudies oor ander sake van die dag.
Die ander projek, Valiant Publications, was die breinkind van wyle dr. Nico Diederichs wat geglo het dat die groot invoerders van boeke vanaf die westerse wêreld die politieke linksgesindes bevoordeel het, terwyl die konserwatiewe element, intellektueel gesproke, honger moes bly. Indien die invoerders nie in staat was om die regte boeke te bekom nie, of dit om politieke en ideologiese redes nie wou doen nie, dat moet die staat hierdie wanbalans regstel, het dr. Diederichs gesê. Desnoods moet hy sy eie uitgewersaak begin wat dan nie alleen die regte soort manuskripte kon publiseer nie, maar ook boeke invoer wat die konserwatiewe politieke standpunt kan uitdra.
Teen die einde van 1978 het die Departement van Inligting sowat R800 000 aan Valiant Publishers betaal. Die maatskappy het kantore in Pretoria en in Sandton, Johannesburg gehad. Valiant Publishers het nie alleen ’n lang lys van godsdienstige, politieke en sosiologiese boeke ingevoer nie, maar was ook besonder aktief in die produksie van hul eie publikasies: Confrontation deur Martin Spring; H.H. Champion se The New Transkei; Bob Hitchcock se Harry’s Angels', Anthony Sutton se The War on Gold, ens. Van die boeke wat die Departement van Inligting van Valiant “gekoop” het, het die volgende ingesluit:
Africa Survey, Towards Dialogue and Detente, The Fraudulent Gospel, The Bear at the Back Door, African Problems and Challenges, Confrontation, South Africa’s New Frontiers, en andere.
Ek het baie moeite gedoen met die samestelling van die Raad van Trustees van die SAFF. Die raad moes veelvolkig wees en alle politieke partye asook alle gelowe teenwoordig. Ons het die volgende gehad: Gerry Muller van Nedbank, Raymond Ackermann van Pick ’n Pay, Jan Hupkes van Volkskas, sakemanne Goolam Karin (Indier), Peter Mudanyane (Swart), Theo Eliastam en Aaron Beare, laasgenoemde twee albei Joods. Hulle was ook almal welgestelde individue, sodat niemand kon spekuleer dat hulle nie in staat sou wees om die aktiwiteite van die SAFF te finansier nie.
Ek sou dit geniet om ’n debat tussen Muller, Hupkes, Ackerman en Pik Botha te sien oor laasgenoemde se interpretasie van “verkwisting”. Dit is ondenkbaar dat hierdie reuse van die sakewêreld hulself ooit met projekte sou vereenselwig wat ’n algehele verkwisting van belastingbetalersgeld verteenwoordig het. Hulle het almal geweet dat die Departement van Inligting in die geheim die fondse vir die hele projek voorsien.
Vir alle praktiese doeleindes is die meer as R1,3 miljoen wat aan die SAFF en IPSA tussen 1974 en 1978 verskaf is, verkwis omdat die Erasmus-Kommissie in sy “wysheid” besluit het om die Regering se betrokkenheid amptelik bloot te lê. Daar is gesê dat hulle dit moes doen om gemoedsrus aan die joemaliste van die opposisie-pers te verskaf, nie omdat die Kommissie enigiets verkeerds gevind het nie, maar, soos dit gekonstateer is, “vanweë skinderstories onder joernaliste”. Dit was genoeg om die Engele te laat huil!
Volgens hulle mandaat kon hulle stilby indien hulle nie enigiets verkeerds gevind het nie.
Die Suid-Afrikaanse Vryheidstigting onder leiding van F.R. Metrowich is deur 'n veelrassige Raad van Trustees, komende uit verskillende politieke partye en godsdienstige groepe, beheer. Ek het met opset die Beheerrade van ons geheime organisasies op hierdie wyse saamgestel, sodat niemand die Vryheidstigting of enige ander van ons geheime organisasies van skakeling met die Regering kon verdink nie. Die doelwitte en beleid van sulke organisasies binnelands of buitelands, was sodanig dat enige lojale Suid-Afrikaner hulle en hul werk kon ondersteun. Die Erasmus-Kommissie se verslae het feitlik al hierdie organisasies openbaar en sodoende vernietig. Miljoene rand se beleggings en maande se arbeid is met een pennestreep vemietig. Alhoewel Pik Botha my en dr. Mulder beskuldig het van vermorsing van geld is ek seker dat mees manne wat weet watter goeie werk hierdie organisasie gedoen het, nie met hom saamstem nie.
Die Eerste Minister is persoonlik en regstreeks op hoogte gehou, soos weer in 'n brief van 13 Maart 1978 aan mnr. Vorster. Die Eerste Minister het sy privaatsekretaris, mnr. Johan Weilbach aangestel om formeel ontvangs te erken wat hy op 31 Maart 1978 gedoen het.
Gedurende dieselfde week het dr. Koornhof aan dr. Mulder en myself vertel wat “’n fantastiese stukkie werk” deur Nic Rhoodie gedoen is. Koornhof se toespraak by die konferensie het groot belangstelling gewek. Ek het aan hom 'n groot aantal uitknipsels en verslae van die buiteland gewys wat ek deur middel van data-transmissie ontvang het en waarin na sy toespraak verwys word. Dr. Koornhof het gestraal. Dit was ’n goeie toespraak. Net soos verskeie van Koornhof se ander toesprake vir hom deur Cas de Villiers en myself geskryf is.
Die onweerlegbare feit is dat dit nie IPSA was wat die Universiteit van Pretoria by die sogenaamde Info-skandaal betrek het nie. Die mense wat die Universiteit betrek het, was diegene wat daarvoor verantwoordelik was dat gedeeltes van die geheime verslag van die Ouditeur-Generaal aan The Sunday Express uitgelek het.
Ek wil dit onderstreep dat ek nie die ondersteuning van professore Hamman en Pelzer in hul formele hoedanighede gevra het nie. Net so min het ek ’n formele ooreenkoms met die Universiteit gehad. My onderhandelinge met prof. Hamman in die besonder, het hom in sy persoonlike hoedanigheid betrek, en nie as die Rektor van die Universiteit nie. (In Prof. N. J. Rhoodie se getuienis voor die Erasmus-Kommissie is hierdie onderskeiding doelbewus gemaak.) Die Universiteit, as sulks, was geensins betrek nie; dit kon nie wees nie, want dit was nooit formeel by IPSA se vertroulike projekte en finansiering betrokke nie.
In ’n persverklaring, uitgereik op 5 Maart 1978, het prof. Hamman uit sy pad gegaan om te verwys na die “Universiteit” wat nie bewus was van IPSA se agtergrond en finansiering nie en na “die Universiteit" wat nle deel gehad het aan enige ooreenkoms nie. Hy het egter beredeneerd enige verwysing na homself en prof. Pelzer in hul persoonlike hoedanigheid vermy, d.w.s. hy het homself streng by die Universiteit as ’n onpersoonlike instelling bepaal. Want hy het baie goed geweet dat die Rektor en adjunk- Rektor in hul persoonlike hoedanigheid nie sulke kategoriese ontkennings kon maak nie. Sulke ontkennings sou blatant onwaar wees.
Trouens op 9 April 1979 moes Professor Hamman skriftelik aan die Raad van die Universiteit Pretoria verslag oor die hele aangeleentheid doen. Die Raad het Professor Hamman se verslag bestudeer en in paragrawe 6.2 en 6.3 van sy notulering van daardie datum sy misnoeë teenoor die betrokke partye uitgespreek. Professor Hamman self is nie aangespreek nie alhoewel hy die verslag aan die Raad onderteken het en wel omdat Professor Hamman as persoon soos die doodgeswyg het oor wat hy in sy persoonlike hoedanigheid geweet en gedoen het. Toe die bom bars, het Professore Hamman en Pelzer nie bedank nie, inteendeel, professor Hamman het aan die pers vertel hoe ontsteld hy was dat die Universiteit oor die aard van die geheime finansiering, “mislei" was terwyl hy persoonlik geweet het dat elke tjek wat van die sogenaamde donateurs van die instituut ingekom het (Oscar Hurwitz, dr. Jan Hurter van Volkskas, dr. Tommie Muller van Iscor en mnr. C.A. Bischoff van Rondalia,) van die Departement van Inligting gekom het!
Indien enigiemand die Universiteit mislei het, dan was dit professor Hamman.
My standpunt is dat prof. Hamman die eerbare ding moes doen en bedank het. Hamman, net soos P.W. Botha en Owen Horwood, het verkies om persoonlik skuiling te soek agter verklarings wat skreiend onwaar was.
Dit was een van die ware skandale in die Inligtingsdrama.
Vervolg...