NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Waarom leer ons so baie uit ons ellendes en so min uit ons vreugdes? Is dit omdat vreugde iets buitemensliks is, dat ons nie toegerus is daarvoor nie? In die Here is ons egter volkome toegerus om die vreugde wat Hy alleen ons kan gee te ervaar.

DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (16)

Dr Eschel Rhoodie (1984)

Lees reeks by Die ware inligtingskandaal

Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.

SUIDELIKE AFRIKA (VERVOLG)

“Wat ons werklik wil doen is om skinderpraatjies te elimineer” - die Erasmus Kommissie.

The Foreign Affairs Association (FAA) was een van die mees suksesvolle frontorganisasies wat die Departement daar gestel het. Tot en met Junie 1978 het die Departement sowat R700 000 in die FAA belê en as gelde wat aan konferensies en besoekers spandeer is bygereken word, is die syfer moontlik na aan R900 000. Dit was geld wat goed bestee is.

 

Die FAA het talle akademiese en politieke figure vanuit die westerse wêreld na Suid-Afrika gebring het. Iniigting wat die FAA gepubliseer of by sy oorsese konferensies versprei het, het hul weg na politieke kantore, openbare biblioteke, sakeondernemings en universiteite oor die wêreld gevind. Sy direkteur, Cas de Villiers, het persoonlike toegang tot top-politieke figure in die Verenigde State, Brittanje, Frankryk en Duitsland verkry.

As dit nie vir die ontmaskering van die FAA was nie, sou mnr. Ronald Reagan as gas van die assosiasie na Suid-Afrika gekom het nadat hy en Cas de Villiers vir meer as ’n uur in Los Angeles ontmoet het om die besoek te bespreek.

Dit was dus nie alleen ’n groot belegging in internasionale welwillendheid wat die Erasmus-Kommissie oopgekrap en vemietig het nie maar ook ’n
aardige bedraggie geld en die geleentheid om ’n toekomstige President van die VSA in Suid-Afrika te sien.

Politieke opportunisme, die afguns van twee anderwerkers in die FAA wat Cas De Villiers se amp as direkteur begeer het, en die Erasmus-Kommissie se
ongelooflike dom naïwiteit om geheime oop te vlek net omdat sommige koerante gerugte oor regeringsfondse vir die FAA versprei het, het tot die vernietiging van die FAA gelei.

Indien die regering vas gestaan het en die praatjies wat die rondte gcdoen het eenvoudig afgeskud het, soos wat hy later met ernstiger aanklagte gedoen het, sou niemand ooit in staat gewees het om konkrete bewyse op te grawc dat die FAA wel staatsfondse gekry het nie. ’n Regering wat alles as gevolg van koerantstories uittrek, loop gevaar om elke naweek longontsteking op tc doen en aan blootstelling te sterf.

Cas De Villiers het by die Erasmus-Kommissie onder skoot gekom omdat hy nou-verbonde aan die Rhoodies was. Maar toe die Kommissie die FAA in hul verslag uitmekaar getrek het, het hulle nie net die R900 000 wat die Staat in die FAA belê geblaas nie, maar ook die deur vir die toekoms toegeklap.

Enige instansie wat hierdie soort werk in die toekoms gaan aanpak, maak nie saak wat sy bona fide is nie, sal altyd bevraagteken word en buitelandse politici en akademici sal in die toekoms dubbel versigtig wees om uitnodigings om Suid-Afrika te besoek van so ’n liggaam te aanvaar.

Die FAA is gestig omdat ons ’n organisasie nodig gehad het inter alia om Amerikaanse politici na Suid-Afrika uit te nooi sonder dat hulle daarvan beskuldig kon word dat hulle uitnodigings van regeringsinstansies, of staatsondersteunde instansies aanvaar het. Die Suid-Afrikaanse Stigting is bv. deur die Amerikaners onregverdig uitgeskakel, want dit word werklik privaat gefinansier.

Dr Mulder het die FAA ook in ’n veel groter rol as bloot ’n gasheer vir buitelandse politici gesien. Ons was dit eens dat Cas de Villiers ook ’n navorsingsafdeling moes begin, wat publikasies van ’n politieke en akademiese aard moes saamstel en publiseer. Groepspolitiek in Suid-Afrika, die ekonomie, Suid-Afrika se rol in Afrika, sy strategiese waarde vir die weste, ens. was onderwerpe wat hulle moes dek.

Cas de Villiers het daarop aangedring, en ons het met hom saamgestem, dat die FAA ’n neutrale riglyn in Suid-Afrikaanse politiek moes handhaaf. Niemand moes die FAA kon beskuldig dat dit net die regering se standpunt napraat nie. Die FAA het dan ook bewys dat dit bereid was om die regering te kritiseer wanneer nodig en om objektiewe, ewewigtige menings oor verwikkelinge in Suid-Afrika uit te spreek. Mnr. Vorster en dr. Diederichs het ook saamgestem dat die FAA nie sou oorleef indien dit ’n akademiese replika van die Departement van Inligting sou word nie. Dit is waarom Cas de Villiers my soms op televisie opsetlik moeilike vrae gevra en in die verleentheid gestel het, iets wat ons onderlinge vriende nie kon kleinkry nie.

Ek het Cas de Villiers uitdruklik gevra om sy pos by die Afrika Instituut in Pretoria te bedank om die voltydse direkteur van die FAA te word. Mnr. Vorster self was baie in sy skik met die aanstelling. Cas De Villiers se vader was ’n Senator en Voorsitter van die Nasionale Party Koukus. Ons het dit almal waardeer dat Cas de Villiers bedank het sonder ’n geskrewe ooreenkoms dat hy kompensasie sou ontvang indien die Regering skielik sou besluit om boedel oor te gee. Hy het my eie, en dr. Mulder se mondelinge versekering as genoegsaam aanvaar.

Die grootste fout wat De Villiers begaan het, was met die mense wat hy in die navorsingsposte by die FAA aangestel het. Hy het self altyd in ’n breë Suid-Afrikanisme geglo instede van konserwatiewe Afrikanerskap as die regte pad vir die toekomstige welvaart van die land, sonder dat hy ooit sy eie taal en kultuur prys gegee het. Sy verligtheid, wat baie sterk menings oor sekere wetgewing ingesluit het, onder andere die Immoraliteitswet, het nie by sommige van sy personeel byval gevind nie, in besonder ene dr. Daan Prinsloo.
Laasgenoemde het ooglopend nie van die wye kontak gehou wat De Villiers onder Swartes opgebou en geniet het nie, ook nie van De Villiers se uitlatings dat sonder direkte beraadslaging met die Swart leiers geen politieke dispensasie tussen Swart en Blank enige hoop op sukses het nie.

Ek is aan Dr Prinsloo voorgestel en het by verskeie geleenthede met hom gesels. Hy het dikwels probeer om aan my van die dinge by die FAA te vertel waarvan hy nie gehou het nie. Ek kon ’n myl ver sien dat Prinsloo se probleem 'n ou een was: hy was gefrustreerd omdat hy nie in beheer was nie. Dieselfde dr. Prinsloo wat dikwels by De Villiers en myself oor die swak administrasie van die FAA deur sy sekretaris, mnr. Francois de Villiers gekla het, en oor die laksheid van sy kollega, dr. Jan du Plessis, het dit later geskik gevind om voor die Erasmus-Kommissie by hierdie twee menere aan te sluit om Cas de Villiers se keel af te sny. Die gepubliseerde getuienis, soos ek dit gelees het, het aangedui dat dr. Jan du Plessis nie eintlik aan uitgesproke beswaddering soos dr. Prinsloo skuldig was nie.

Ongetwyfeld kon Prinsloo voor die Erasmus-Kommissie kwytraak wat hy wou, want Regter Erasmus het aan hom belowe dat sy getuienis nooit openbaar gemaak sou word nie - wat net so goed is as om ’n lisensie vir laster uit te reik.

Die Erasmus-Kommissie was blykbaar heel opgewonde om van dr. Prinsloo te verneem dat Cas de Villiers vir mej. Hester Lamprecht, ’n skakelbeampte van die FAA, vir etlike weke na die VSA gestuur het, terwyl hy, so het hulle aangevoer, van die dienste van dr. Ernest Lefever, 'n goedgeplaasde kontak van die FAA in Republikeinse kringe in Washington gebruik kon maak. De Villiers het tevergeefs probeer om aan die Erasmus-Kommissie te verduidelik dat die konferensie in Washington op ’n moeilike tydstip beplan is en onder moeilike omstandighede gehou sou word en, as gevolg van die Steve Biko debakel, dat een na die ander borg sy rug op die FAA gedraai het. Om ander borge en organiseerders in Washington te vind was ’n saak van uiterste belang. Sy getuienis dat dr. Lefever slegs beperkte ondersteuning kon bied plus die feit dat mej. Lamprecht na die VSA gegaan het vir ’n tydperk wat dr. Lefever self aanbeveel het, het geen indruk op mnre. Erasmus, Lategan en Smallberger gemaak nie. Om die waarheid te sê, soos in ’n honderd ander gevalle, het hulle nie die moeite gedoen om Prinsloo se sogenaamde getuienis te probeer bevestig nie. Weer eens, soos dit later so dikwels gebeur het, was verklarings voor die Kommissie as onwaar bewys. Die sinistere aspek is dat die Kommissie nie aan die slagoffer ooit enige geleentheid gebied het om op die aantygings wat teen hom gemaak is te antwoord nie - met uitsondering van mnr. P.W. Botha en dr. Owen Horwood. In die oë van die Erasmus-Kommissie was sommige mense meer gelyk as ander. Intellektuele apartheid?
Of een van politieke status?
Cas de Villiers het meer vriende vir Suid-Afrika in die buiteland gewerf as wat hy effektief kon opvolg. Sekerlik baie meer vriende as wat die Erasmus-Kommissie met hul onthullings en halfgebakte bevindinge gemaak het. Dr Eugene Rostow, ’n voormalige adjunk-Sekretaris van die Staatsdepartement in die VSA het in teenwoordigheid van mense wat aan my bekend is vir De Villiers gesê dat hy veral die persoonlike bande waardeer wat die twee van hulle daargestel het en dat sy kontak met Cas de Villiers hom baie meer ontvanklik vir die boodskap gemaak het wat ander pro-Suid-Afrikaners oorgedra het. Hy was vol lof vir die eerlike benadering wat Cas de Villiers aan die dag gelê het wanneer hy Suid-Afrika se saak gestel het. Dit het hom veral by die FAA se konferensie in Hamburg, Wes-Duitsland, wat Rostow persoonlik bygewoon het, opgeval. Eugene Rostow het onomwonde gesê dat hy meer diepgaande kennis oor Suid-Afrika opgedoen het en ’n beter insig in ons probleme uit hierdie konferensie en sy gesprekke met De Villiers verkry het as uit sy kontakte met Suid-Afrikaanse diplomate in Washington en elders.
Die konferensie wat De Villiers gereël het en die publikasis van die FAA was van hoë gehalte. Terwyl die Erasmus-Kommissie neerhalend na ’n VSA konferensie verwys het, het dit gunstige kommentaar van Henry Kissinger uitgelok. Dr. Kissinger het aan De Villiers gesê dat hy die regte strategie gevolg en die regte mense by die konferensie gekry het. Volgens Kissinger was die konferensie in die VSA op daardie tydstip noodsaaklik vir Suid-Afrika. Dit was net ná die Steve Biko periode en Kissinger het sy verbasing uitgespreek dat De Villiers daarin geslaag het om sulke belangrike persone soos Senator Hyakawa, professor Edmund Galliant, hoof van die wêreldbekende Fletchers School for Law and Diplomacy in Boston, en ander groot kokkedore by die konferensie te kry. Dit is duidelik dat die Erasmus-Kommissie in hul poging om hierdie soort konferensie te evalueer heeltemal uit hul diepte was. Dit was in elk geval ook buite die bestek
van hulle mandaat gewees.
Die FAA konferensie in Hamburg is deur kundiges beskryf as die belangrikste konferensie wat nog ooit in Duitsland oor Suid-Arika gehou is. Die hoof van die Haus Rissen Instituut waar die konferensie gehou is, het aan De Villiers gesê dat hy met genoeë die fasiliteite van die Instituut op ’n jaarlikse basis tot die beskikking van toekomstige konferensies sou stel en dat De Villiers die deelnemers kon uitkies. In die lig van die status wat die Haus Rissen Instituut geniet het, was dit voorwaar ’n pluimpie.
By een van die FAA konferensies in Duitsland, het mnr. Harry Schwartz aan die nie-amptelike leier van die groep Suid-Afrikaanse Parlementariërs, mnr. Louis Nel, gevra om te verklaar waar die FAA sy geld vandaan ontvang. Indien dit van die Departement van Inligting kom, sou Schwartz die eerste vlieguig na Suid-Afrika terugneem. Vir klaarblyklike redes het De Villiers nie die volgende dag sy gesig by die konferensie gewys nie en inderwaarheid besluit om persoonlike, welverdiende verlof te neem voordat hy verder na die VSA sou gaan waar hy as spreker by ’n ander konferensie oor Suid-Afrika sou optree. Die Erasmus-Kommissie het De Villiers egter daarvan beskuldig dat hy sy pleegkinders skreiend in die steek gelaat het. Gesonde verstand dui egter aan dat De Villiers homself nie in ’n posisie moes plaas nie waar hy of die hele projek openbaar moes maak, of ’n regstreekse leuen aan mnr. Schwartz, moes vertel. Louis Nel het natuurlik geweet dat die FAA fondse van Inligting ontvang en so ook Dawie de Villiers, F.W. de Klerk en ander Nasionale Party L.V.’s wie Cas de Villiers en ek vir hierdie oorsese konferensie uitgekies het, maar Nel het eenvoudig ontken dat hy van iets weet.

In die Erasmus-Kommissie se aanslag op De Villiers het baie min harde feite voor die dag gekom. Dit was omdat daar ure aan die ontleding van De Villiers se karakter en persoonlike gewoontes spandeer is en baie min aan die werk self. Inderwaarheid was die werk van die FAA so belangrik en so suksesvol dat die enigste aanvalslinie wat nog oop was, ’n aanval op sy karakter was. Of De Villiers daarin geslaag het om politieke kontakte op die hoogste vlak en van uiterste belang vir Suid-Afrika daar te stel, al dan nie, was blykbaar van min belang vir die Kommissie. Afgesien van Ronald Reagan het De Villiers Dean Rusk, voormalige Staatsekretaris asook Chester Crocker en ander belangrike figure ontmoet. Hy het ook die Swart Amerikaanse leier, Bayard Rustin, oorreed om na Suid-Afrika te kom. Die resultaat hiervan was net omtrent die beste artikel wat ooit in die Verenigde State oor Suid-Afrika se teenwoordigheid in Angola verskyn het en dit nogal in die liberale Atlantic Monthly. Hy het lang gesprekke met Senatore Harry Bird, Patric Moynihnn en die redakteur van Janes Fighting Ships gevoer wat almal in beginsel ingestem het om Suid-Afrika as gaste van die FAA te besoek - totdat die Erasmus-Kommissie, in hul grote wysheid, besluit het dat Suid-Afrika sonder hierdie soort organisasie kan klaarkom en die hele transaksie aan die wêreld blootgelê het.

Die publikasies van die FAA, sy agtergrondmateriaal en feiteblaaie, sy boeke en brosjures, was in die Amerikaanse Kongres, in die Britse Parlement en die Bundestag in Duitsland aangehaal. Dit was deur redakteurs van koerante en deur professore aan universiteite gebruik. Maar nie een van hierdie positiewe aspekte is deur die Erasmus-Kommissie ondersoek of ge-evalueer nie. Die Kommissie se instruksies was uitdruklik om na onreëlmatige gebruik
van staatsfondse te soek, korrupsie en wat nog, en toe dit nie gevind kon word nie, was die enigste teiken wat in die FAA oorgebly het die persoon van Cas de Villiers of sy voorliefde vir ’n mooi gesig.

Indien die werk van Henry Kissinger, John F. Kennedy, Giscard d’Estaing en ander wêreldbekende staatsmanne aan hulle voorliefde vir ’n mooi gesig beoordeel moet word, sou hulle moeilik die arendsoë van die moraliste op die Erasmus-Kommissie ontkom het.

Ongelooflik soos dit vir enige verantwoordelike persoon mag klink het die Kommissie inderdaad aan ’n ander getuie gesê: “dat ons hier is vir die spesifieke doel om skinderpraatjies uit die weg te ruim” - die Erasmus-Kommissie, Getuienis, Vol. 13, bladsy 4650 - om die woorde van mnr. Lategan, nou Regter Lategan, te gebruik. Maar tydens die ondervraging van dr. Prinsloo is daar uitdruklik aan hom gevra om aan die Kommissie te vertel van mnr. De Villiers se houding teenoor vroue. So ’n gepraat uit twee monde is moeilik om te oortref. As jy ’n man se karakter wil bepaal word dit juis nie aan die hand van kwaadwillige skinderpraatjies gedoen nie. ’n Evaluasie van de Villiers se karakter was in elk geval buite die Kommissie se mandaat.

’n Mens sien die Kommissie se aanval op die persoon van De Villiers selfs in beter perspektief as jy die aanmerking lees wat Regter Erasmus gemaak het oor die das wat De Villiers aangehad het en wat die Regter op sarkastiese wyse gesê het, vir hom soos ’n soort ereteken lyk. Ons kan nie almal ’n toonbeeld vansartoriese elegansie wees nie. Maar so ’n aanmerking hoort geensins tuis in ’n ondersoek van die aard wat die Kommissie veronderstel was om te doen nie.
Indien mense aan hulle uiterlike geoordeel word, die dasse wat hulle dra, of hul baarde, dan sou menigte mense in Suid-Afrika, politici, regeringsamptenare, en selfs Regters, in die gevangenis beland.

Toe die wolke oor Inligting begin saampak het, het dit vir Cas de Villiers duidelik geword dat drs. Prinsloo en Du Plessis dit sou verkies dat die Stigting tot niet gaan, eerder as om met hul werk voort te gaan as dit bekend sou word dat die Staat hulle van fondse voorsien het. De Villiers aan die ander kant het telefonies met sy buitelandse vriende in aanraking gekom: dit was vir hom bemoedigend om te verneem dat ’n oorweldigende meerderheid so oortuig was van die vryheid van beweging wat De Villiers gehad het, en van die objektiwiteit van die materiaal wat die FAA geproduseer het, dat hulle eenvoudig nie kon sien hoe die stand van die FAA so geskaad kon word, dat hulle nie met hulle werk kon voortgaan nie. De Villiers het mnr. Vorster gaan sien en aan hom gevra om ’n openbare verklaring te maak dat die Regering die FAA se fondse voorsien en sal voortgaan om dit te doen. Vorster het geweier, selfs geweier om te erken dat hy bewus was van sulke staatsfondse - selfs nadat hy, net ’n paar jaar tevore, vir Cas de Villiers regstreeks en persoonlik getelefoneer het om teen die aanstelling van Franscois de Villiers beswaar te maak. Volgens Vorster was Franscois de Villiers te liberaal vir so ’n sensitiewe
projek! Dit is nie net dat Vorster voete van klei gehad het nie, dit wil voorkom dat hy in daardie stadium nie meer logies geredeneer het nie. So het die FAA dan gesterf. Deur die Erasmus-Kommissie om die lewe te bring. Soos ’n dom kind wat ’n duur horlosie gebreek het en dit nie besef nie.

 Een van die sentrale figure In die Inilgtlngsdrama was 'n Pretoriase sakeman, mnr. Jan van Zyl Alberts. Die Erasmus-Kommissie het hom openlik beskuldlg dal hy ’n man is wat ontsaglike vertroue geniet het, maar sy eie sak gevul het. Toe hierdie lasterlike aantygings uiteindelik in die hof bewys moes word, het die Staat die Kommissie se bevinding so swak beoordeel dat die Prokureur-Generaal geweier het om te vervolg. Maar die skade was reeds gedoen. Die Kommissie se beswaddering het staande gebly.

Dit ly geen twyfel nie dat deur Alberts aan te val, die Kommissie ook duurin sou slaag om generaal van den Bergh, John Vorster en myself seer te maak. Want Alberts het geweldig baie vertroue geniet. Hy was ’n intieme vriend van beide Van den Bergh en Vorster. Hy het weer sy borge blindelings vertrou, want uit Staatsdokumente wat aan hom gewys is en uit persoonlike waarneming was hy daarvan oortuig dat hy in die geheim vir die regering en in belang van sy land gewerk het. Hy, Vorster en Van den Bergh was aldrie gedurende die oorlog vir hul anti-Britse gevoelens geïnterneer en ’n groot gedeelte van die Engelstalige pers het hulle hieroor gehaat.

Dit was Alberts wat in 1975 gereël het dat ’n Pretoriase beeldhouer 'n gipsbeeld van Vorster voltooi het. Daama is slegs vyf beelde in brons gegiet en die oorspronklike gipsmodel vernietig. Die eerste afgietsel van die Vorster-borsbeeld is in Grootte Schuur aan mnr. Vorster oorhandig. Die Van den Berghs, die Albertse, die Mulders en my vrou en ek was almal teenwoordig. Daarna het die vier pare saam met hom vir ’n dinee aangesit. Later het mev. Vorster die volgende brief aan my vrou en myself geskryf.

Dit was by hierdie geleentheid dat die gedenkwaardige foto van al vyf sentrale figure in die Inligtingsdrama geneem is: Vorster, Mulder, Van den Bergh, Albertse en myself. Toe die Erasmus-Kommissie in 1978 ons huis kom deursoek het, het die twee advokate wat die Kommissie in hul ondersoek bygestaan het mnre. Van Zyl en Klem, voor die foto wat toe in my studeerkamer gehang het gaan staan. “Aha! Hier is ons. Hier het ons almal agter wie ons aan is. Almal saam op een foto” het een van die twee hardop gelag. Nog ’n “glipsie” wat die vooroordeel van die sogenaamde “geregtelike" Kommissie van ondersoek bewys het.

Jare later toe ek in Frankryk byna deur gramskap, ontnugtering en frustrasie oor die ineenstorting van die geheime program verteer is (en oor Vorster so lamsakkige hantering van die Inligtingskrisis) het ek dikwels aan daardie eetmaal in Grootte Schuur teruggedink. Toe ek ’n jaar later in Suid-Afrika terug was het ek aan my vrou gevra wat van die Vorster -borsbeeld wat vandag sowat R5 000 werd is, geword het. Ek wou dit aan een van die skole in Pretoria wat John Vorster se naam gedra het oorhandig.

“O, ek het dit weggegee”, het Katy ongeërg gesê.

“Weggegee! Aan wie?”

“Wel, daar was ’n man by die bank wat regtig baie behulpsaam was toe ons die sake van Orbis (Edms) Bpk., uitgesorteer het. Toe ek hierdie borsbeeld daar in jou kantoor sien staan het ekby myself gedink, daardie is een mens wat ek nooit weer in my lewe wil sien nie. Ek het dit opgetel, aan die man oorhandig en gesê: “As jy dit wil hê, neem dit! En hy het dit gevat. Dit was baie gaaf van hom.”

Ek kon maar net lag. Dit is hoe Katy is.

Ek het Alberts vir die eerste keer ontmoet toe generaal van den Bergh hom aan my voorgestel het. Omdat Hubert Jussen, eienaar van To The Point gesê het dat hy ’n gerespekteerde Afrikaanse sakeman wou hê om die blad se sake te bestuur, iemand in wie Afrikaanse sake- en politieke instellings vertroue sou hê, het hy by mnr. Vorster en daama by generaal van den Bergh gaan kers opsteek.

Hulle eenparige mening was dat Alberts die regte man vir die werk sou wees. Hy het omtrent elke Minister en senior staatsamptenaar geken, sowel as die belangrikste sakemanne in Suid-Afrika en ’n hele aantal Swart en Bruin leiers.
Hy was nie ’n lid van die Broederbond nie, hoewel hy hulle vertroue geniet het en baie mense gedink het dat hy ’n lid was. Hy was ’n hoofbestuurslid van die Handelsinstituut en van die Rapportryers. Alhoewel hy tweemaal Burgemeester van die bedrywige Welkom geword het, het Alberts besigheid bo politiek as ’n loopbaan verkies.

Kort nadat ek Alberts tydens ’n middagete in Van den Bergh se privaat-eetkamer in die Buro vir Staatsveiligheid se kantore ontmoet het, het die regering besluit om die vyf-jaar geheime propaganda-oorlog te lanseer. As iemand met baie min besigheidsondervinding, het ek gevoel dat daar 'n behoefte bestaan vir iemand om as raadgewer op te tree en ook as front te dien vir die belangrikste maatskappye wat tydens die implementering van die program gevestig of oorgeneem moes word. Dr. Mulder en ek het met generaal van den Bergh en mnr. Vorster oorleg gepleeg wie aan Alberts, nie alleen die “groen lig” nie, maar ook hul volle ondersteuning gegee het. Vorster en Van den Bergh het my verseker dat Alberts onder alle omstandighede vertrou kon word.

Soos die jare verbygegaan het, is Alberts versoek om eers een, toe twee, toe ’n half-dosyn projekte te hanteer. Teen die end het hy sewentien projekte en sowat R17 miljoen in geheime fondse hanteer. Deur middel van uitgeslape belegging, het hy sowat R2 miljoen vir die Staat verdien en ook verskeie honderde duisende Rand in ander projekte bespaar.

As gevolg van die noodsaaklikheid van geheimhouding moes hy 16 uur per dag werk. Hy kon en durf geen hulp van buite kry nie. Hy moes bykans elke projek of sakeondememing van die grond af opbou. In die begin was hy en een vertroueling, sy swaer, Gert Nel, rekenmeesters, bestuurders, direkteure, bodes en onderhandelaars, alles ineen. In die onderling verbonde maatskappye het hulle later die bystand van vertroude besturende direkteure gehad, maar niemand anders het geweet dat die maatskappy se fondse in werklikheid regeringsfondse was nie.

Die manier waarop die Erasmus-Kommissie na Van Zyl Alberts se rekord gekyk het, was meer soos wat ’n jaloerse sakeman sy mededinger se rekord nagaan. Hulle het die projekte uit sy lêers gehaal waar hy moontlik ’n verkeerde inskrywing in ’n boek gemaak het. Die res van die balansstaat is geïgnoreer. Om die waarheid te sê, Alberts het baie goed gevaar indien sy
algehele rekord in oënskou geneem word en gedagtig aan die feit dat hy 17 projekte met ’n begroting van miljoene moes bestuur.

Alberts is eerstens deur ons versoek om as die staat se verteenwoordiger in Xanap (Edms) Bpk., op te tree,’n uitgewersmaatskappy wat saam met John McGoff, die Amerikaanse uitgewer en met aandeelhouers van ’n drukkersmaatskappy, Craft Press begin is. Xanap was die pyplyn waardeur McGoff twee drukperse na Suid-Afrika gebring het, een ’n koerantdrukpers wat hy aan die Bantoe Ontwikkelingskorporasie vir die druk van koerante vir die Bophuthatswana regering en vir die opleiding van Swart drukkers oorhandig het, die ander, ’n Harris-Webb vlakdrukpers. Xanap is naby Babelegi opgerig en McGoff het drie van sy manne met hulle gesinne na Suid-Afrika gestuur om met die opleidingsprogram te help en om Xanap aan die gang te kry. Die Amerikaners kon egter nie by die Suid-Afrikaanse omstandighede aanpas nie en is uiteindelik teruggestuur. Dit was toe aan Alberts oorgelaat om die saak met Suid-Afrikaanse personeel te bestuur. Vervolgens het Xanap ’n aandeel in Craft Press gekoop wat ook ’n belangrike rol in die opleiding van Swart werkers in die drukkersbedryf gespeel het. Die maatskappy het veral vir die Bophuthatswana Regering drukwerk gedoen. Dit sou ook in die druk van een van die mees kleurvolle geheime projekte gebruik word wat in Suid-Afrika en Suidwes-Afrika aangepak is.

Alberts het van ons instruksies ontvang om ’n maatskappy te stig om tipiese Amerikaanse-styl strokiesverhale vir massa-verspreiding te produseer. So is Afri-Comics gebore. Die oogmerk was ondermeer om Swapo-propaganda teen te werk, die begrip van wat en orde is onder Suid-Afrikaanse Swartes te bevorder en ’n liefde vir hul eie geskiedenis en kultuur aan te moedig. Dit was ’n gedagte wat ek van vriende in die CIA gekry het. Laasgenoemde het verskeie bekende strokiesverhale in koerante in die Weste gefinansier en ook prentverhaalboeke vir verspreiding in die Midde- en Verre-Ooste geproduseer.

Twee karakters is uitgesoek om die helde van hierdie strokiesverhale te wees: Tiger Ingwe en Mighty Man. Die stories is deur Alberts se vrou Bettie geskryf. Sy was ’n opgeleide antropoloog en is ook deur skrywers in die Verenigde State bygestaan. Die tekenwerk is in New York deur Richard Manville Inc., gedoen, die maatskappy wat in 1973 die wêreldwye geheime markanalise oor Suid-Afrika se beeld gedoen het.

Die Amerikaanse kunstenaars moes streng dopgehou word, want hul Swart figure het geneig om soos die Amerikaanse Negers te lyk en op te tree. Alberts en sy vrou het by geleenthede die kunstenaars in New York ontmoet en deur middel van boeke, illustrasies en ander materiaal uit Suid-Afrika, daarin geslaag om die regte illustrasies te kry.

Tiger Ingwe het groot byval gevind. Bettie Alberts het die “tier” gekies, omdat vir enige swartman in Suid-Afrika, maak nie saak of hy Zulu of Tswana is nie, die tier die simbool van slimheid is, ’n dier wat kan dink en sy bewegings beplan. Tiger Ingwe het sy kragte ingespan, nie om dood te maak of te vermink nie, maar om te help. Oral oor Suid-Afrika het tienduisende Swart lesers hulself geredelik met Tiger Ingwe vereenselwig. Hy was die held van die stedelike Swartman, van die Swartman in die Tuislande - almal.

Mighty Man was weer die karakter wat die Swartman en sy gesin in die stede en groter dorpe aangetrek het. Hy was ’n oud-poliesman wat tot ’n mate soos die “Skim” opgetree het en het die booswigte wat die armes besteel en hul lewens bedreig, uitgesoek en tot vergelding geroep.

Om die regte karakter vir ’n strokiesverhaal-projek te skep wat honderde duisende Rand per jaar gekos het, was nie maklik nie. Bettie van Zyl Alberts het hierdie probleem opgelos deur weke in die geselskap van Swart skoolkinders, jongmense en Swart werkers in verskillende dele van die land, huisvroue en selfs sakemanne en studente deur te bring om hul voorkeure in vermaaklikheid vas te stel. Sy het maande aan navorsing van literatuur van antropoloë en sendelinge spandeer om materiaal vir die storie-lyne bymekaar te maak. In elke storie was daar ’n sedeles of ’n verwysing na die Swartman se tradisie.
Vreemd genoeg, alhoewel daar geen ware tiere in Suid-Afrika of elders in Afrika is nie, het Bettie van Zyl Alberts gevind dat elke taalgroep onder die Nguni en Sotho-rasse tog ’n naam vir ’n tier gehad het.

Na die suksesvolle lansering van die strokiesverhaalprojek, het Dr. Mulder begin rondkyk vir ’n Swart maandelikse tydskrif wat op subtiele wyse die boodskap van die ontwikkeling van die tuislande aan die Swartes in die stede en plattelandse areas kon tuisbring. Die Departement het alreeds African Development gehad, maar dit was ’n kwartaallikse tydskrif wat vir die belese Swart stadsbewoner en ook vir omliggende swart-state geskryf is. Uiteindelik is daar besluit om ’n maandelikse tydskrif genaamd Hit te publiseer wat terselfdertyd met Drum, die Bayley groep se maandblad wat ’n massiewe sirkulasiesyfer in Suid-Afrika se stadsgebiede geniet het, kon kompeteer.

Van Zyl Alberts was aangekeer om ook na Hit om te sien. Hy het ’n veelrassige Raad van Direkteure opgestel en spoedig is die tydskrif oral in Suid-Afrika opgemerk. Aan die begin van 1978 het die sirkulasiesyfer na meer as 90 000 per maand opgeskuif. Die tydskrif het artikels oor Swart Leiers, Swart vooruitgang en ontwikkeling in die tuislande bevat, tesame met artikels wat vir louter vermaak geskryf is. Duisende briewe is deur die redakteurs ter ondersteuning van die tydskrif se inhoud ontvang.

Hierdie uiters geslaagde projek en verskeie ander suksesvolle winsgewende projekte, is almal as gevolg van die Erasmus-Verslag se nudisme beëindig hoewel geen onreëlmatighede in hierdie projek of hulle finansies bewys kon word nie.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2678 gaste aanlyn