NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daar is 'n direkte verband tussen jou geestelike lewe en hoe jy jou geld spandeer. Jou spandering bepaal hoe ver God jou met geestelike seëninge vertrou – hoe meer God jou gee, hoe groter is jou verantwoordelikheid.

DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (18)

Dr Eschel Rhoodie (1984)

Lees reeks by Die ware inligtingskandaal

Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.

DIE WÊRELD VAN DIE PERS (Vervolg)

Drie projekte waaraan die opposisie-pers in Suid-Afrika bale geld, tyd en moeite spandeer het om te ontrafel was, To The Point, The Citizen en The Washington Star. Die uiteinde van die saak was dat terwyl die regering probeer het om die opposisie-pers tevrede te stel, hulle een van Suid-Afrika se beste en invloedrykste vriende in die media in Europa oorboord gegooi het en in die proses meer as R10 miljoen wat aan To The Point bestee was effektief tot niet gemaak het. Alles onnodig.

In die vorige aflewerings is alreeds baie oor die publikasie-programme van verskeie frontorganisasies soos die Southern African Freedom Foundation, Prescon Business News, die Foreign Affairs Assocaition, The Institute for the Study of Plural societies, Afrocomics, Pace, Hit, Southern African Development, Le Monde Moderne en baie ander gesê. Afgesien van The Washington Star egter het die geld wat in die geheim vir die totstandkoming van The Citizen en aan subskripsies vir To The Point se internasionale oplae toegesê is, alle ander projekte in die skadu gestel.

The Citizen het meer politieke hitte in Suid-Afrika opgewek as byna al die ander geheime projekte tesame - en waarskynlik net soveel onsin en leë gerugte as enigiets anders tot gevolg gehad.

To The Point was die heel eerste geheime operasie waarby ek betrokke geraak het, selfs voordat ek Sekretaris van Inligting geword het. Die eerste keer wat ek die naam gehoor het, was in 1970 toe Hubert Jussen in ’n restaurant voor die Nederlandse Parlementshuis in Den Haag aan my genoem het dat hy dit oorweeg het om af te tree, maar graag een laaste poging wou aanwend om’’n konserwatiewe, internasionale nuustydskrif tot stand te bring. Vyf jaar later het die Regering in die geheim 30 000 eksemplare per week van die tydskrif vir wêreldwye verspreiding aan meningsvormers, sakemanne, leër-, vloot- en lugmagoffisiere, aandelemakelaars, regsgeleerdes, professore en politici teen ’n koste van miljoene Rande per jaar aangekoop.

Toe ek Jussen in 1967 vir die eerste keer ontmoet het was ek as Inligtingsraad aan die Suid-Afrikaanse Ambassade in Den Haag verbonde. Ek het pas van Pretoria af gekom waar ek Hoof van die Amerikaanse Lessenaar was. Jussen was destyds uitgewer en direkteur van die grootste politieke weekblad in Holland, Elseviers Weekblad en lid van die Persraad van Nederland. In 1968 het ek gereël dat hy as gas van die Departement van Inligting na Suid-Afrika kom. In daardie jare het dit ons nog vrygestaan om prominente joernaliste, redakteurs en politici uit te nooi om Suid-Afrika te besoek, sonder dat die “volkshof” deur die linksgesinde pers en Kommuniste by die lughawe van Amsterdam opgestel word om die terugkerende besoeker uit Suid-Afrika te veroordeel, soos wat later gebeur het.

Tydens sy besoek aan Suid-Afrika het Jussen met dr. Diederichs, dr. Mulder en ook met mnr. Vorster kennis gemaak. Jussen was ’n “swaargewlg” wat net die beste aandag verdien het. Net na die Tweede Wêreldoorlog het hy ’n vertroude bondgenoot van Generaal Eisenhower geword. Hoewel daar min oor hulle ontmoetings aangeteken is, het President Eisenhower Jussen gebruik om te help om die Nederlandse en Belgiese pers ná die verwoesting van die oorlog in die Europese laaglande weer op te bou. Hy het later direkteur van die grootste Hollandse dagblad, De Telegraaf geword voordat hy die uiters suksesvolle Elseviers Magazine opgebou het. Die Koningin het sy aanstelling op die Persraad goedgekeur en hy het ’n Kommissaris van KLM, die Hollandse Koninklike Lugredery geword. In 1970 is hy as hoofbestuurder van die Verenigde Nederlandse Uitgewery aangestel, die grootste persgroep in Holland - omtrent die grootte van Perskor, Nasionale Pers en SAAN tesame.

Na die somer van 1970 het Jussen aan my gese dat die klimaat om ’n nuwe konserwatiewe weekblad in Europa te vestig, uiters versleg het en dat sy vriend Axel Springer, uitgewer van Die Welt, met ’n 24-uur lyfwag moet lewe. Hy het die toestande in Suid-Afrika verfrissend anders gevind en was verbaas dat die Eerste Minister se kantoor by die Uniegebou maklik van die straat af bereik kon word, sonder dat ’n polisieman jou sal voorkeer. My eie opsomming van toestande in Europa op daardie tydstip was meer of min dieselfde as dié van Jussen, met wie ek intussen goeie vriende geword het. Jussen het my gesê dat hy oortuig is dat hy ’n konserwatiewe weekblad in Suid-Afrika kon oprig en dan na Europa en die VSA kan uitbrei. Hy het geglo dat die tydskrif op Afrika moet konsentreer omdat die wêreld so vreeslik oningelig is oor Afrika, veral Suid-Afrika, terwyl die paar tydskrifte wat wel in Afrika gesirkuleer het soos Jeune Afrique, of geheel en al deur die radikale Arabiese-State beheer is en polities ver-links was.

Dit was eers heelwat later dat hy vir die eerste keer aan my gesê het dat hy dit moeilik sou vind om so ’n projek sonder finansiële steun van die Regering by wyse van massa-subskripsie in stand te hou. (Die Nederlandse regering subsidieer die plaaslike pers openlik ten bedrae van miljoene gulde om te verseker dat ’n verskeidenheid van politieke menings die publiek bereik). Later in 1970 het hy weer na Suid-Afrika vertrek en tot my verbasing teruggekeer met die nuus dat hy die ondersteuning van Gerald Barrie, Connie Mulder, Nico Diederichs en John Vorster verkry het. Hulle was glo nie alleen gretig dat hy die tydskrif in Suid-Afrika moes vestig nie, maar was ook in beginsel bereid om finansiële steun by wyse van vooraf-betaalde subskripsies te voorsien.

Ek het maar baie skepties oor die vooruitsigte van die projek gebly en toe Jussen na Suid-Afrika vertrek, het ek hom ’n hele kis 10-jaar oue KWV brandewyn gewed dat die regering nie met genoegsame fondse vorendag sou
kom nie. “Ek kan dit nie insien dat Gerald Barrie so-iets sal doen nie. Hy het geen verbeeldingskrag nie. Indien hy wel ondersteuning aanbeveel, sal dit net genoeg wees om ’n kwart van julle salarisse te betaal”. Kort daarna moes ek egter die kis KWV na Jussen se huis neem. Ek het egter nie toe reeds die nuwe Minister van Inligting, dr. Connie Mulder, goed genoeg geken nie. Die saak was uit Barrie se hande geneem en na ’n vergadering van senior Ministers, wat bestaan het uit die Eerste Minister, dr. Diederichs, mnr. P.W. Botha, mnr. Ben Schoeman, mnr. D Uys, dr. H. Muller en ook dr. Connie Mulder het hy ’n boodskap ontvang dat die regering besluit het om genoeg fondse vir ’n vyf-jaar periode by wyse van 30 000 subskripsies te voorsien. Die regering sou self die adresse verskaf.

Ek kon my eie ore skaars glo.

Jussen het ook aan my gesê dat Gerald Barrie op een tydstip toe die projek met die Eerste Minister bespreek is, teenwoordig was. Volgens beide Mulder en Barrie my later vertel het was net mnr. Ben Schoeman teen die voorstel gekant.

In April 1971 het Jussen my verras deur te se dat ek ’n uitnodiging van die KLM sou ontvang om op ’n inwydingsvlug na Suid-Afrika aan boord van een van hul nuutste vliegtuie te gaan.

Die volgende dag het ek ’n oproep van dr. Mulder ontvang dat ek hom in Kaapstad moes kom sien. Die twee oproepe was nie toevallig nie, en by my aankoms in Kaapstad het dr. Mulder aan my vertel dat die regering besluit het om Jussen van ’n subsidie te voorsien. Alles moes egter onder streng geheimhouding gedoen word. Die geld sou uit die Eerste Minister se rekening, meer spesifiek uit die Buro vir Staatsveiligheid se geheime fonds kom. Omdat miljoene op die spel was, wou mnr. Vorster iemand in die binnekring van die tydskrif plaas op wie hy kon vertrou om nie alleen ’n oog oor die redaksionele inhoud te hou nie, maar ook om toe te sien dat die tydskrif na die regte mense gaan. Daarom sou dit van my verwag word om met die opstel van die adreslys te help. Van sy kant het Jussen gevra dat die Eerste Minister iemand met joernalistieke en internasionale ondervinding nomineer om in ’n senior redaksionele hoedanigheid op die tydskrif te kan dien. Hy was baie sensitief oor die feit dat die tydskrif nie alleen in besit van ’n uitlander is nie, maar ook deur een geredigeer word.

Dr. Mulder het aan my gesê dat hy in die nasionale belang ’n beroep op my doen om die pos te aanvaar. Hy het gesê dat mnr. Vorster my samewerking “hoog op prys sal stel”. Hy sou my in Augustus na Suid-Afrika terugverplaas sodat ek nie in die buiteland hoef te bedank en met die vervoerkoste van my meubels en motor na Suid-Afrika opgesaal moet wees nie. Ek sou vir ’n tydjie soggens in Pretoria as adviseur van sy Ministerie optree en in die namiddag op regeringskoste na Johannesburg reis om aan die eerste uitgawe te werk. Gerald Barrie was ten voile ingelig en sou na die res van die reëlings omsien. By my terugkeer na Suid-Afrika is ek na Senior Inligtingskontroleur bevorder met ’n kantoor langs die van die Minister. Intussen het Jussen en Duizings in Suid-Afrika aangekom en Gordon van der Merwe van SAPA as nommer-drie man in die redaksionele hierargie, na Duizings en myself', aangestel. Barrie het toegesien dat ek die nodige fondse ontvang om elke dag per motor na Johannesburg te reis, verblyfkoste ingesluit. Dit het ’n paar honderd Rand per maand gekos en ek het soms gewonder hoe Barrio die betalings verby sy eie ouditeure gekry het. Sonder twyfel was alles 'n verbreking van reëls en regulasies. ’n Mens kan dus ook maklik my verstomming begryp toe ek later in die Suid-Afrikaanse koerante gelees hot dat Gerald Barrie gesweer het dat hy nooit geweet het dat Inligting enige geheime projekte aan die gang gehad het nie, of van enige geheime fondse vir inligtingsdoeleindes nie.

Voordat ek uit die Departement bedank het, het dr. Diederichs aan my gesê dat vasgestelde bedrae deur generaal van den Bergh voorsien sou word. Nadat ’n sekere hoogtepunt bereik is, sal die bedrae geleidelik afneem tot nul in die sesde jaar. As eienaar van die maatskappy was Jussen in volle beheer en sou volle outonomie geniet. Sonder daardie outonomie, sou Jussen nooit ingestem het om voort te gaan nie. Ek het ook die opset aan generaal van den Bergh en Brand Fourie, Sekretaris van Buitelandse Sake, verduidelik. Fourie het geen verbasing verraai nie, maar my inderdaad genooi om gereeld met hom die verwikkelings in Afrika na te gaan. “Ons wil nie hê dat To The Point ’n sekere leier as ’n korrupte individu moet bestempel terwyl die Regering in die geheim met hom oor ander sake beraadslaag nie”, het Fourie glimlaggend gesê.

Later, toe Brand Fourie enige kennis oor enige geheime projekte van die Departement van Inligting weerspreek het, was ek ook nie meer verbaas nie, want teen daardie tyd het geheueverlies onder hoe politici en staatsamptenare al ’n epidemie geword.

Met al hierdie inligting tot my beskikking en met Gerald Barrie se seënwense, het ek saam met dr. Connie Mulder en generaal van den Bergh na die Eerste Minister gegaan.

Ek het aan mnr. Vorster gesê dat ek baie gelukkiger sou voel om te bedank as ek die sekerheid het dat my pensioen veilig sou wees, maar hoewel mnr. Vorster seker was dat daar iets aan gedoen kon word, het generaal van den Bergh anders gedink. Dit was te gewaagd, het hy verduidelik, en buitendien het To The Point aan Jussen behoort. Hy moes my pensioen waarborg. Dit was toe dat Vorster na my gedraai en gesê het: “Ek weet dat To The Point aan Jussen behoort en dat hy jou baas gaan wees. Maar indien die Staat ooit sou besluit om sy subskripsie te kanselleer en die tydskrif as gevolg daarvan sou ophou bestaan, besef ek ten volle dat jy sonder werk mag wees en ’n belowende loopbaan in die Staatsdiens kortgeknip sal wees. Daarom belowe ek jou nou, sodat dr. Mulder en generaal van den Bergh daarvan kan getuig, dat indien dit gebeur, ons alle middele sal beraam om jou te help. Jy kan daarop reken, net soos ons op jou reken om nooit hierdie geheim te laat uitlek nie”.

Dit, komende van Vorster, was ’n hele toespraak. Tevrede en gloeiend van geesdrif en idealisme, het ek uit die Staatsdiens bedank.

Vir my 16 jaar harde werk het ek in geheel ’n pensioen-uitbetaling van sowat R5 000 ontvang!

In 1972, net na my aanstelling as Sekretaris is ek na ’n vergadering tussen dr. Mulder, Gerald Barrie en generaal van den Bergh geroep. Laasgenoemde het gesê dat aangesien die subskripsie-fonds ’n deel van ’n publikasie-projek uitmaak dit werklik nie op die begroting van die Buro vir Staatsveiligheid behoort te bly nie. Hy sou aan die Eerste Minister vra om die fondse na die geheime rekening, wat die Tesourie alreeds aan Inligting voorsien het, oor te dra. Gerald Barrie het dus al sedert 1972 geweet dat Inligting ’n geheime fonds gehad het, maar hy het tot ses maande voor sy aftrede gewag om skielik ’n diepgaande oudit te lanseer. Aan die Parlement het hy vertel dat hy geen vooraf-kennis van die fonds gedra het nie.

Dit was eers in 1974, dat dr. Diederichs uiteindelik aan my vertel het wat die presiese bedrae was en hoe die betalings altyd deur die Reserwebank na die geheime Trustrekening van Jussen in Switserland oorgeplaas is.

In 1975 het To The Point inderwaarheid intemasionaal geword toe sy kantore vir die Europese uitgawe in Antwerp, België, geopen is. Jussen het alreeds in 1973 ’n maatskappy (To The Point International) in België gestig en hy was die enigste aandeelhouer. Die finansiële ondersteuning aan die twee uitgawes het uiteindelik ’n integrale deel van die regering se geheime vyf-jaar program geword. In 1975 het dr. Diederichs ’n verdere R300 000 voorsien sodat Jussen ’n paar toets-oplae van die tydskrif in die Verenigde State kon versprei. Dit was vir my duidelik dat indien To The Point International goed sou doen, die regering bereid sou wees om ’n Amerikaanse oplaag ook te subsidieer.

Intussen was Jussen ook gretig om die dienste van ’n senior Suid-Afrikaanse sakeman met goeie konneksies in die regte kringe te bekom. Op aanbeveling van mnr. Vorster en generaal van den Bergh, het Jussen vir Jan van Zyl Alberts as bestuurder van To The Point aangestel. Alberts het dikwels aan my gesê dat  Jussen nooit die finansies van die buitelandse oplaag met hom bespreek het nie. Die beweging van fondse tussen die Reserwebank en Jussen se buitelandse rekening het hoogs vertroulik gebly. Eers baie later het Jussen aan my vertel dat die Eerste Minister en die Reserwebank aan hom buitengewone toetemming gegee het om fondse van en na Europa te verskuif. Nadat Jussen met Zurich in Rande betaal is, het die Switserse bank dit in dollars omgeskep en dit via Jussen se persoonlike rekening in dollars na die betrokke Suid-Afrikaanse handelsbanke oorgeplaas, waar dit weer in Rand omgeskep is. Die prosedure moes sorg dat die plaaslike bank nie enige bedenkinge oor die herkoms van die fondse kon ontwikkel nie.

In 1975, toe dr. Owen Horwood by dr. Diederichs as Minister van Finansies oorgeneem het, het Jussen ’n volledige staat van fondse ontvang en uitgee opgestel, insluitend ’n volledige uiteensetting van hoeveel dit gekos het om elke eksemplaar te druk en per lugpos na verskeie lande in die wêreld te stuur. Ek het hierdie staat na dr. Diederichs geneem wat dit later aan my terugbesorg het met sy voorletters op elke bladsy. Dit was op dieselfde dag toe Senator Horwood en ek in dr. Diederichs se kantoor ontmoet het om die aangewese Minister van al ons geheime projekte in te lig. Daarna is die subsidie aan To The Point gereeld by die vyf-jaar program met Senator Horwood se goedkeuring ingesluit.

Senator Horwood se getuienis dat hy nie van geheime fondse vir To The Point geweet het nie, is wat my betref eenvoudig onwaar. Hy het die presiese bedrae in 1975 al in dr. Diederichs se kantoor gesien en daarna elkejaar tydens die vergadering van die Kabinetskomitee.

African International Publications, die uitgewers van To The Point, was dus van die begin af ’n onafhanklike maatskappy en die Regering het nooit enige aandele daarin gehou nie. Toe ek uit die Staatsdiens moes bedank en die verlies aan pensioen-voordele moes dra, het ek in elk geval geweet dat die aandele nie aan die staat behoort nie. Toe ek as Sekretaris van Inligting aangestel is, moes ek my pensioen weer terugkoop.

Die agtergrond van die eienaarskap van To The Point, later bekragtig deur die Staatstrustraad, is van uiterste belang as ’n mens een ongelooflike insident wil verstaan wat Rapport en Beeld in ’n tromp-op botsing met myself gebring het.

’n Hoofartikel wat die Department van Buitelandse Sake en sommige Suid- Afrikaanse diplomate heftig kritiseer, het een dag in To The Point verskyn. Tot my verbasing het die volgende uitgawe van Rapport ’n voorblad-aanval op my persoonlik bevat. Daarin is beweer dat “Rhoodie se blad", Buitelandse Sake in die rug gesteek het. Die koerant het nie eens die moeite gedoen om hulle oortuiging te verberg dat ek die skrywer van die artikel was nie. Die volgende Maandag het Beeld die storie herhaal. Die koerante het albei meer as genoeg tyd gehad om my tuis te skakel en my kommentaar te vra, maar hulle het dit nooit gedoen nie. Koerante kontroleer hierdie soort stories slegs wanneer dit hulle pas. Dit is nie ’n reël soos wat dit behoort te wees nie.

Ek was woedend. In daardie stadium het Brand Fourie en ek gereeld in Pretoria en Kaapstad ontmoet om sake van onderlinge belang te bespreek. Ons was albei bekommerd oor die onmin wat daar tussen Buitelandse Sake en Inligting bestaan het. Gedurende die laaste jaar van sy rentmeesterskap het Gerald Barrie geweier om met Fourie te praat, behalwe per brief. In September 1975 kon egter ek in ’n vertroulike Departementele nuusbrief skryf dat Brand Fourie en ek gereeld met mekaar beraadslaag het. “Ek het groot ontsag vir sy bevoegdhede en wat hy bereik het. Tussen ons adjunk- sekretarisse en afdelingshoofde bestaan daar ook eersteklas professionele on persoonlike verhoudinge.” Dit was nouliks die soort ding wat in ’n vertroulike dokument geskryf word, terwyl ek, volgens Pik Botha, probeer het om persoonlike verhoudinge te vergiftig.

  Ek het toestemming van die Staatsdiens Kommissie en van die Staats se prokureur verkry om Rapport en Beeld voor die Persraad te daag. Die regering het my koste gedek (vir ’n advokaat om my te verteenwoordig) en die staatsprokureur het ook ’n verteenwoordiger voorsien. Die Persraad het bevind dat daar geen basis vir die Rapport of Beeld-storie was nie. Die blote feit dat ek vroëer vir die tydskrif gewerk het, het nie aan hulle die reg gegee om aan die eienaarskap van die tydskrif of sy hoofartikels te koppel nie. Rapport en Beeld moes, op die voorblad, apologie aanteken en ’n stywe boete betaal. Daar is niks meer seker om jouself die permanente haat van ’n koerant ' in Suid-Afrika op die hals te haal en hulle weerwraak te laat neem nie as om hulle te dwing om verskoning te vra, seifs vir ’n blatante leuen soos hierdie. Koerante in Suid-Afrika vra nie om verskoning soos gewone mense nie. Om een of ander rede dink hierdie papiergode dat dit hulle heiligskap sal verkleineer. Van daardie dag af het Beeld teen my en my Departement gedraai. Rapport ook, Ek sou dink dat hulle andersom moet optree. Hulle het daardie berigte gepubliseer, vals en  onwaar in elke opsig, wel wetende dat hulle nie my kant van die slorie gehoor het nie en dat hulle geen poging aangewend het om my te bereik nie.

Normaalweg het hulle nie geskroom om my snags uit die bed te bel nie. Die stywe boetes en voorblad-apologie het ’n opskudding in die pers veroorsaak.

Jare later het ek dus met verstomming gelees dat, na die publikasie van die Erasmus-Kommissie se bevindinge, mnr. Pik Botha die pers dadelik om verskoning gevra het omdat die regering en ek aan hulle leuens oor To The joint vertel het. Pik Botha moet sy kop laat ondersoek, veral omdat hy toe nog die boetes wat hulle destyds betaal het ook vergoed het. Hy moes minstens gewag het om witvoetjie te soek. Geen wonder die betrokke koerante het hom as ’n Eerste Minister gesien nie. Nog ek, nog die regering het, ooit aan die Persraad enige leuens oor To The  Point vertel. Ek het aanhoudend gesê dat ek nie die betrokke hoofartikel geskryf het nie en dat To The Point nie aan my of die Departement van Inligting  of aan die Regering behoort nie. Dit is steeds die feite. Die feit dat die deparement van Inligting jaarliks tien-duisend Rande aan subskripsies van verskeie  koerante soos Rapport, Beeld, The Stare en ander tydskrifte spandeer het  nie ’n proporsionele seggenskap in die eienaarskap of die redaksionele beleid van daardie koerant nie. Maar Pik Botha het nie alleenlik om verskoning gevra nie, hy het inderdaad die geld wat Rapport en Beeld aan die Persraad moes betaal, aan hulle terugbetaal. Noudat die Trustraad, die Parlement se waghond en die staat se outonome ondersoeker van die verskeie Inligtingsprojekte, amptelik bevind het dat To The Point nie staatseiendom was nie; dat To The Point nie aan enigiemand anders behalwe die eienaar, mnr. Hubert Jussen, behoort het nie, gaan Pik Botha aan die koerante vra om die geld terug te gee? Te meer nog, ekwil weet of Beeld en Rapport vrywilliglik die geld aan die Staat sal teruggee? Pik Botha het die verslag van die Staatstrustraad aan die Parlement voorgelê en Beeld en Rapport het nie die bevindinge betwis nie.
Daarom bly die verklaring dat
To The Point my tydskrif was, nog net so vals soos wat dit was toe dit gepubliseer is en dieselfde geld vir die bewering dat ek die betrokke hoofartikel geskryf het.

My raaiskoot is dat Pik Botha vir ’n lang tyd sal wag voordat die belastingbetaler se geld teruggegee word. Sy verhoudinge met die pers is vir hom van veel groter waarde as enigiets anders. Ek glo ook dat Beeld my nooit om verskoning sal vra nie, want dit is benede hul waardigheid. Presies soos Pravda nooit enigiemand in Rusland om verskoning hoef te vra nie. Ek is egter nie so seker oor Rapport nie. Hulle mag my dalk net verras! Die nuwe redakteur is ’n man van God. Hy sal nie met so ’n leuen kan saamleef nie. Hy sal nie aan geld vasklou wat aan die belastingbetaler behoort nie!

To The Point het ’n uitstekende taak verrig deur die Weste oor Afrika en oor Suid-Afrika in te lig. Die Erasmus-Kommissie het ’n Engelssprekende joernalis wat teen alle Staatssubsidies gekant is aangehaal: “Die tydskrif het puik werk gedoen”. Nogtans, bloot as gevolg van gerugte het die Kommissie die staatssubsidie geopenbaar. Dit het die tydskrif se onverbonde reputasie vernietig, Hubert Jussen in die verleentheid gestel, en al die miljoene wat die  regering in die tydskrif belê het verkwis.

Al die jare se harde werk aan die opbou van ’n internasionale tydskrif wat beter nuusdekking van Suid-Afrikaanse gebeure as Time en Newsweek verleen het, was daarmee heen. Om die waarheid te sê, die plaaslike sirkulasiesyfer van Time en Newsweek het destyds in totaal met sowat 18,000 verminder nadat Suid-Afrikaanse lesers ook begin het om To The Point te koop.

Die buitelandse leserskring van To The Point het van kabinetsministers en predikante tot sakemanne en medici gewissel en duisende briewe is ontvang waarin tevredenheid uitgespreek was dat daar uiteindelik ’n tydskrif in die wêreld is wat objektiewe en insiggewende nuus oor Suid-Afrika aangebied het.
Uit die oogpunt van die staat gesien, was sy massiewe subskripsie vir oorsese  verspreiding ’n groot sukses, hoe ’n mens ookal daarna kyk. Dit was ’n venster in die papiergordyn wat ander lande voor Suid-Afrika wou probeer toetrek.

Die verstommendste aspek van alles was dat dit nooit nodig was om die staat se rol in To The Point bloot te lê nie. Die Erasmus-Kommissie het geen bewys gevind van wanpraktyk aan die kant van die Departement van Inligting in soverre dit To The Point betref nie. Dit was, op sy beste, ’n kollosale stommiteit aan die kant van die Erasmus-Kommissie want die Kommissie se opdrag het nie blootlegging van projekte wat hulle in orde bevind het ingesluit nie. Die laster wette in Suid-Afrika weerhou my daarvan om te se wat ek eintlik van die Kommissie se optrede dink. Inderwaarheid, het die Kommissie in die geval van die Institute for the Study of Plural Societies en die Foreign Affairs Association dieselfde opgetree. Mens kan net een logiese afleiding maak: dat die Erasmus-Kommissie met sy eertydse Nasionale Party regsadviseur en twee staatsamptenare as kommissarisse, nie juis vir Suid-Afrika se strategiese belange of die beskerming van belangrike buitelandse kontakte, soos Hubert  Mulder en sy kring van bondgenote van die gras af te maak en om in die Kommissie se eie woorde “die hand van mnr P. W. Botha te versterk”. Daar is egter nooit aan hulle gevra om enige politikus se hand te versterk nie. Dit was nie hulle mandaat nie. Hulle was veronderstel om polities neutraal te wees. As hulle omgegee het wat hulle doen, en haarfyn oor alles besluit het, sou hulle nie die baba met die badwater uitgegooi het nie. Iemand het gese dat nie alleen die baba nie maar die hele badkamer se uitrusting ook uitgesmyt is.

To The Point se dood in 1980 kan direk aan die Kommissie se daad van nudisme toegeskryf word want as die Kommissie stilgebly het, sou die regering nie sy subskripsies gestaak het nie. Maar toe hierdie onafhanklike en objektiewe weekblad se finansiële sake eers in die ope was, kon dit op geen manier bly voortbestaan nie. Die Regering het sy subsidie afgesny en Jussen het in Frankryk gaan aftree. Seergemaak en bitter teenoor die hele Suid- Afrika. Geen uitgewer van status in Europa sal ooit weer, nie vir dekades nie, met Suid-Afrika in die geheim wil saamwerk nie.

Drs. Beurt en Corrie-Jane Servaas, eienaar van The Saturday Evening Post, Amerika se oudste tydskrif, het na die tyd ’n aanbod van R500 000 gemaak om die tydskrif te koop. Hulle enigste voorwaarde was dat Pik Botha ’n onherroepbare versekering moet gee dat To The Point net soveel toegang tot Kabinetsministers soos enige Afrikaanse koerant sal he. Die twee dokters wie Suid-Afrika goed ken en Suid-Afrika besonder goedgesind is, het nog boonop die steun van een van die grootste Duitse maatskappye in Suid-Afrika en ’n Amerikaanse een vir hulle oorname van To The Point gewerf. Maar Pik Botha was vasberade. To The Point was ’n Mulder-Rhoodie maaksel en hy kon nie so ’n versekering gee nie.

Op grond van sulke kleinlikhede, het Suid-Afrika ’n intemasionaal- gerespekteerde nuustydskrif, waarin die belastingbetaler RI0 miljoen in jaarlikse subskripsies belê het, verloor.

The Citizen - Vervolg...

DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (18)

Dr Eschel Rhoodie (1984) 

Lees reeks by Die ware inligtingskandaal

Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.

DIE WÊRELD VAN DIE PERS (Vervolg)

Drie projekte waaraan die opposisie-pers in Suid-Afrika bale geld, tyd en moeite spandeer het om te ontrafel was, To The Point, The Citizen en The Washington Star. Die uiteinde van die saak was dat terwyl die regering probeer het om die opposisie-pers tevrede te stel, hulle een van Suid-Afrika se beste en invloedrykste vriende in die media in Europa oorboord gegooi het en in die proses meer as R10 miljoen wat aan To The Point bestee was effektief tot niet gemaak het. Alles onnodig.

In die vorige aflewerings is alreeds baie oor die publikasie-programme van verskeie frontorganisasies soos die Southern African Freedom Foundation, Prescon Business News, die Foreign Affairs Assocaition, The Institute for the Study of Plural societies, Afrocomics, Pace, Hit, Southern African Development, Le Monde Moderne en baie ander gesê. Afgesien van The Washington Star egter het die geld wat in die geheim vir die totstandkoming van The Citizen en aan subskripsies vir To The Point se internasionale oplae toegesê is, alle ander projekte in die skadu gestel.

The Citizen het meer politieke hitte in Suid-Afrika opgewek as byna al die ander geheime projekte tesame - en waarskynlik net soveel onsin en leë gerugte as enigiets anders tot gevolg gehad.

To The Point was die heel eerste geheime operasie waarby ek betrokke geraak het, selfs voordat ek Sekretaris van Inligting geword het. Die eerste keer wat ek die naam gehoor het, was in 1970 toe Hubert Jussen in ’n restaurant voor die Nederlandse Parlementshuis in Den Haag aan my genoem het dat hy dit oorweeg het om af te tree, maar graag een laaste poging wou aanwend om’’n konserwatiewe, internasionale nuustydskrif tot stand te bring. Vyf jaar later het die Regering in die geheim 30 000 eksemplare per week van die tydskrif vir wêreldwye verspreiding aan meningsvormers, sakemanne, leër-, vloot- en lugmagoffisiere, aandelemakelaars, regsgeleerdes, professore en politici teen ’n koste van miljoene Rande per jaar aangekoop.

Toe ek Jussen in 1967 vir die eerste keer ontmoet het was ek as Inligtingsraad aan die Suid-Afrikaanse Ambassade in Den Haag verbonde. Ek het pas van Pretoria af gekom waar ek Hoof van die Amerikaanse Lessenaar was. Jussen was destyds uitgewer en direkteur van die grootste politieke weekblad in Holland, Elseviers Weekblad en lid van die Persraad van Nederland. In 1968 het ek gereël dat hy as gas van die Departement van Inligting na Suid-Afrika kom. In daardie jare het dit ons nog vrygestaan om prominente joernaliste, redakteurs en politici uit te nooi om Suid-Afrika te besoek, sonder dat die “volkshof” deur die linksgesinde pers en Kommuniste by die lughawe van Amsterdam opgestel word om die terugkerende besoeker uit Suid-Afrika te veroordeel, soos wat later gebeur het.

Tydens sy besoek aan Suid-Afrika het Jussen met dr. Diederichs, dr. Mulder en ook met mnr. Vorster kennis gemaak. Jussen was ’n “swaargewlg” wat net die beste aandag verdien het. Net na die Tweede Wêreldoorlog het hy ’n vertroude bondgenoot van Generaal Eisenhower geword. Hoewel daar min oor hulle ontmoetings aangeteken is, het President Eisenhower Jussen gebruik om te help om die Nederlandse en Belgiese pers ná die verwoesting van die oorlog in die Europese laaglande weer op te bou. Hy het later direkteur van die grootste Hollandse dagblad, De Telegraaf geword voordat hy die uiters suksesvolle Elseviers Magazine opgebou het. Die Koningin het sy aanstelling op die Persraad goedgekeur en hy het ’n Kommissaris van KLM, die Hollandse Koninklike Lugredery geword. In 1970 is hy as hoofbestuurder van die Verenigde Nederlandse Uitgewery aangestel, die grootste persgroep in Holland - omtrent die grootte van Perskor, Nasionale Pers en SAAN tesame.

Na die somer van 1970 het Jussen aan my gese dat die klimaat om ’n nuwe konserwatiewe weekblad in Europa te vestig, uiters versleg het en dat sy vriend
Axel Springer, uitgewer van
Die Welt, met ’n 24-uur lyfwag moet lewe. Hy het die toestande in Suid-Afrika verfrissend anders gevind en was verbaas dat die Eerste Minister se kantoor by die Uniegebou maklik van die straat af bereik kon word, sonder dat ’n polisieman jou sal voorkeer. My eie opsomming van toestande in Europa op daardie tydstip was meer of min dieselfde as dié van Jussen, met wie ek intussen goeie vriende geword het. Jussen het my gesê dat
hy oortuig is dat hy ’n konserwatiewe weekblad in Suid-Afrika kon oprig en dan na Europa en die VSA kan uitbrei. Hy het geglo dat die tydskrif op Afrika moet konsentreer omdat die wêreld so vreeslik oningelig is oor Afrika, veral Suid-Afrika, terwyl die paar tydskrifte wat wel in Afrika gesirkuleer het soos
Jeune Afrique, of geheel en al deur die radikale Arabiese-State beheer is en polities ver-links was.

Dit was eers heelwat later dat hy vir die eerste keer aan my gesê het dat hy dit moeilik sou vind om so ’n projek sonder finansiële steun van die Regering by wyse van massa-subskripsie in stand te hou. (Die Nederlandse regering subsidieer die plaaslike pers openlik ten bedrae van miljoene gulde om te verseker dat ’n verskeidenheid van politieke menings die publiek bereik). Later
in 1970 het hy weer na Suid-Afrika vertrek en tot my verbasing teruggekeer met die nuus dat hy die ondersteuning van Gerald Barrie, Connie Mulder, Nico Diederichs en John Vorster verkry het. Hulle was glo nie alleen gretig dat hy die tydskrif in Suid-Afrika moes vestig nie, maar was ook in beginsel bereid om finansiële steun by wyse van vooraf-betaalde subskripsies te voorsien.

Ek het maar baie skepties oor die vooruitsigte van die projek gebly en toe Jussen na Suid-Afrika vertrek, het ek hom ’n hele kis 10-jaar oue KWV brandewyn gewed dat die regering nie met genoegsame fondse vorendag sou
kom nie. “Ek kan dit nie insien dat Gerald Barrie so-iets sal doen nie. Hy het geen verbeeldingskrag nie. Indien hy wel ondersteuning aanbeveel, sal dit net
genoeg wees om ’n kwart van julle salarisse te betaal”. Kort daarna moes ek egter die kis KWV na Jussen se huis neem. Ek het egter nie toe reeds die nuwe Minister van Inligting, dr. Connie Mulder, goed genoeg geken nie. Die saak was uit Barrie se hande geneem en na ’n vergadering van senior Ministers, wat bestaan het uit die Eerste Minister, dr. Diederichs, mnr. P.W. Botha, mnr. Ben Schoeman, mnr. D Uys, dr. H. Muller en ook dr. Connie Mulder het hy ’n boodskap ontvang dat die regering besluit het om genoeg fondse vir ’n vyf-jaar periode by wyse van 30 000 subskripsies te voorsien. Die regering sou self die adresse verskaf.

Ek kon my eie ore skaars glo.

Jussen het ook aan my gesê dat Gerald Barrie op een tydstip toe die projek met die Eerste Minister bespreek is, teenwoordig was. Volgens beide Mulder en Barrie my later vertel het was net mnr. Ben Schoeman teen die voorstel gekant.

In April 1971 het Jussen my verras deur te se dat ek ’n uitnodiging van die KLM sou ontvang om op ’n inwydingsvlug na Suid-Afrika aan boord van een van hul nuutste vliegtuie te gaan.

Die volgende dag het ek ’n oproep van dr. Mulder ontvang dat ek hom in Kaapstad moes kom sien. Die twee oproepe was nie toevallig nie, en by my aankoms in Kaapstad het dr. Mulder aan my vertel dat die regering besluit het om Jussen van ’n subsidie te voorsien. Alles moes egter onder streng geheimhouding gedoen word. Die geld sou uit die Eerste Minister se rekening,
meer spesifiek uit die Buro vir Staatsveiligheid se geheime fonds kom. Omdat miljoene op die spel was, wou mnr. Vorster iemand in die binnekring van die tydskrif plaas op wie hy kon vertrou om nie alleen ’n oog oor die redaksionele inhoud te hou nie, maar ook om toe te sien dat die tydskrif na die regte mense gaan. Daarom sou dit van my verwag word om met die opstel van die adreslys te help. Van sy kant het Jussen gevra dat die Eerste Minister iemand met joernalistieke en internasionale ondervinding nomineer om in ’n senior redaksionele hoedanigheid op die tydskrif te kan dien. Hy was baie sensitief oor
die feit dat die tydskrif nie alleen in besit van ’n uitlander is nie, maar ook deur een geredigeer word.

Dr. Mulder het aan my gesê dat hy in die nasionale belang ’n beroep op my doen om die pos te aanvaar. Hy het gesê dat mnr. Vorster my samewerking “hoog op prys sal stel”. Hy sou my in Augustus na Suid-Afrika terugverplaas sodat ek nie in die buiteland hoef te bedank en met die vervoerkoste van my meubels en motor na Suid-Afrika opgesaal moet wees nie. Ek sou vir ’n tydjie soggens in Pretoria as adviseur van sy Ministerie optree en in die namiddag op regeringskoste na Johannesburg reis om aan die eerste uitgawe te werk. Gerald Barrie was ten voile ingelig en sou na die res van die reëlings omsien. By my terugkeer na Suid-Afrika is ek na Senior Inligtingskontroleur bevorder met ’n kantoor langs die van die Minister. Intussen het Jussen en Duizings in Suid-Afrika aangekom en Gordon van der Merwe van SAPA as nommer-drie man in die redaksionele hierargie, na Duizings en myself', aangestel. Barrie het toegesien dat ek die nodige fondse ontvang om elke dag per motor na Johannesburg te reis, verblyfkoste ingesluit. Dit het ’n paar honderd Rand per maand gekos en ek het soms gewonder hoe Barrio die betalings verby sy eie ouditeure gekry het. Sonder twyfel was alles 'n verbreking van reëls en regulasies. ’n Mens kan dus ook maklik my verstomming begryp toe ek later in die Suid-Afrikaanse koerante gelees hot dat Gerald Barrie gesweer het dat hy nooit geweet het dat Inligting enige geheime projekte aan die gang gehad het nie, of van enige geheime fondse vir inligtingsdoeleindes nie.

Voordat ek uit die Departement bedank het, het dr. Diederichs aan my gesê dat vasgestelde bedrae deur generaal van den Bergh voorsien sou word. Nadat ’n sekere hoogtepunt bereik is, sal die bedrae geleidelik afneem tot nul in die sesde jaar. As eienaar van die maatskappy was Jussen in volle beheer en sou volle outonomie geniet. Sonder daardie outonomie, sou Jussen nooit ingestem het om voort te gaan nie. Ek het ook die opset aan generaal van den Bergh en Brand Fourie, Sekretaris van Buitelandse Sake, verduidelik. Fourie het geen verbasing verraai nie, maar my inderdaad genooi om gereeld met hom die verwikkelings in Afrika na te gaan. “Ons wil nie hê dat To The Point ’n sekere leier as ’n korrupte individu moet bestempel terwyl die Regering in die geheim met hom oor ander sake beraadslaag nie”, het Fourie glimlaggend gesê.

Later, toe Brand Fourie enige kennis oor enige geheime projekte van die Departement van Inligting weerspreek het, was ek ook nie meer verbaas nie, want teen daardie tyd het geheueverlies onder hoe politici en staatsamptenare al ’n epidemie geword.

Met al hierdie inligting tot my beskikking en met Gerald Barrie se seënwense, het ek saam met dr. Connie Mulder en generaal van den Bergh na die Eerste Minister gegaan.

Ek het aan mnr. Vorster gesê dat ek baie gelukkiger sou voel om te bedank as ek die sekerheid het dat my pensioen veilig sou wees, maar hoewel mnr. Vorster seker was dat daar iets aan gedoen kon word, het generaal van den Bergh anders gedink. Dit was te gewaagd, het hy verduidelik, en buitendien het
To The Point aan Jussen behoort. Hy moes my pensioen waarborg. Dit was toe dat Vorster na my gedraai en gesê het: “Ek weet dat To The Point aan Jussen behoort en dat hy jou baas gaan wees. Maar indien die Staat ooit sou besluit om sy subskripsie te kanselleer en die tydskrif as gevolg daarvan sou ophou bestaan, besef ek ten volle dat jy sonder werk mag wees en ’n belowende loopbaan in die Staatsdiens kortgeknip sal wees. Daarom belowe ek jou nou, sodat dr. Mulder en generaal van den Bergh daarvan kan getuig, dat indien dit gebeur, ons alle middele sal beraam om jou te help. Jy kan daarop reken, net soos ons op jou reken om nooit hierdie geheim te laat uitlek nie”.

Dit, komende van Vorster, was ’n hele toespraak. Tevrede en gloeiend van geesdrif en idealisme, het ek uit die Staatsdiens bedank.

Vir my 16 jaar harde werk het ek in geheel ’n pensioen-uitbetaling van sowat R5 000 ontvang!

In 1972, net na my aanstelling as Sekretaris is ek na ’n vergadering tussen dr. Mulder, Gerald Barrie en generaal van den Bergh geroep. Laasgenoemde het gesê dat aangesien die subskripsie-fonds ’n deel van ’n publikasie-projek uitmaak dit werklik nie op die begroting van die Buro vir Staatsveiligheid behoort te bly nie. Hy sou aan die Eerste Minister vra om die fondse na die geheime rekening, wat die Tesourie alreeds aan Inligting voorsien het, oor te dra. Gerald Barrie het dus al sedert 1972 geweet dat Inligting ’n geheime fonds
gehad het, maar hy het tot ses maande voor sy aftrede gewag om skielik ’n diepgaande oudit te lanseer. Aan die Parlement het hy vertel dat hy geen vooraf-kennis van die fonds gedra het nie.

Dit was eers in 1974, dat dr. Diederichs uiteindelik aan my vertel het wat die presiese bedrae was en hoe die betalings altyd deur die Reserwebank na die geheime Trustrekening van Jussen in Switserland oorgeplaas is.

In 1975 het To The Point inderwaarheid intemasionaal geword toe sy kantore vir die Europese uitgawe in Antwerp, België, geopen is. Jussen het alreeds in 1973 ’n maatskappy (To The Point International) in België gestig en hy was die enigste aandeelhouer. Die finansiële ondersteuning aan die twee uitgawes het uiteindelik ’n integrale deel van die regering se geheime vyf-jaar program geword. In 1975 het dr. Diederichs ’n verdere R300 000 voorsien sodat Jussen ’n paar toets-oplae van die tydskrif in die Verenigde State kon versprei. Dit was vir my duidelik dat indien To The Point International goed sou doen, die regering bereid sou wees om ’n Amerikaanse oplaag ook te subsidieer.

Intussen was Jussen ook gretig om die dienste van ’n senior Suid-Afrikaanse
sakeman met goeie konneksies in die regte kringe te bekom. Op aanbeveling van mnr. Vorster en generaal van den Bergh, het Jussen vir Jan van Zyl Alberts
as bestuurder van
To The Point aangestel. Alberts het dikwels aan my gesê dat  Jussen nooit die finansies van die buitelandse oplaag met hom bespreek het nie. Die beweging van fondse tussen die Reserwebank en Jussen se buitelandse rekening het hoogs vertroulik gebly. Eers baie later het Jussen aan my vertel dat die Eerste Minister en die Reserwebank aan hom buitengewone toetemming gegee het om fondse van en na Europa te verskuif. Nadat Jussen met Zurich in Rande betaal is, het die Switserse bank dit in dollars omgeskep en dit via Jussen se persoonlike rekening in dollars na die betrokke Suid-Afrikaanse handelsbanke oorgeplaas, waar dit weer in Rand omgeskep is. Die prosedure moes sorg dat die plaaslike bank nie enige bedenkinge oor die herkoms van die fondse kon ontwikkel nie.

In 1975, toe dr. Owen Horwood by dr. Diederichs as Minister van Finansies oorgeneem het, het Jussen ’n volledige staat van fondse ontvang en uitgee opgestel, insluitend ’n volledige uiteensetting van hoeveel dit gekos het om elke eksemplaar te druk en per lugpos na verskeie lande in die wêreld te stuur. Ek het hierdie staat na dr. Diederichs geneem wat dit later aan my terugbesorg het met sy voorletters op elke bladsy. Dit was op dieselfde dag toe Senator Horwood en ek in dr. Diederichs se kantoor ontmoet het om die aangewese Minister van al ons geheime projekte in te lig. Daarna is die subsidie aan To The Point gereeld by die vyf-jaar program met Senator Horwood se goedkeuring ingesluit.

Senator Horwood se getuienis dat hy nie van geheime fondse vir To The Point geweet het nie, is wat my betref eenvoudig onwaar. Hy het die presiese bedrae in 1975 al in dr. Diederichs se kantoor gesien en daarna elkejaar tydens die vergadering van die Kabinetskomitee.

African International Publications, die uitgewers van To The Point, was dus van die begin af ’n onafhanklike maatskappy en die Regering het nooit enige aandele daarin gehou nie. Toe ek uit die Staatsdiens moes bedank en die verlies aan pensioen-voordele moes dra, het ek in elk geval geweet dat die aandele nie aan die staat behoort nie. Toe ek as Sekretaris van Inligting aangestel is, moes ek my pensioen weer terugkoop.

Die agtergrond van die eienaarskap van To The Point, later bekragtig deur die Staatstrustraad, is van uiterste belang as ’n mens een ongelooflike insident wil verstaan wat Rapport en Beeld in ’n tromp-op botsing met myself gebring het.

’n Hoofartikel wat die Department van Buitelandse Sake en sommige Suid- Afrikaanse diplomate heftig kritiseer, het een dag in To The Point verskyn. Tot my verbasing het die volgende uitgawe van Rapport ’n voorblad-aanval op my persoonlik bevat. Daarin is beweer dat “Rhoodie se blad", Buitelandse Sake in die rug gesteek het. Die koerant het nie eens die moeite gedoen om hulle oortuiging te verberg dat ek die skrywer van die artikel was nie. Die volgende Maandag het Beeld die storie herhaal. Die koerante het albei meer as genoeg tyd gehad om my tuis te skakel en my kommentaar te vra, maar hulle het dit nooit gedoen nie. Koerante kontroleer hierdie soort stories slegs wanneer dit hulle pas. Dit is nie ’n reël soos wat dit behoort te wees nie.

Ek was woedend. In daardie stadium het Brand Fourie en ek gereeld in Pretoria en Kaapstad ontmoet om sake van onderlinge belang te bespreek. Ons was albei bekommerd oor die onmin wat daar tussen Buitelandse Sake en Inligting bestaan het. Gedurende die laaste jaar van sy rentmeesterskap het Gerald Barrie geweier om met Fourie te praat, behalwe per brief. In September 1975 kon egter ek in ’n vertroulike Departementele nuusbrief skryf dat Brand Fourie en ek gereeld met mekaar beraadslaag het. “Ek het groot ontsag vir sy bevoegdhede en wat hy bereik het. Tussen ons adjunk- sekretarisse en afdelingshoofde bestaan daar ook eersteklas professionele on persoonlike verhoudinge.” Dit was nouliks die soort ding wat in ’n vertroulike dokument geskryf word, terwyl ek, volgens Pik Botha, probeer het om persoonlike verhoudinge te vergiftig.

  Ek het toestemming van die Staatsdiens Kommissie en van die Staats se prokureur verkry om Rapport en Beeld voor die Persraad te daag. Die regering het my koste gedek (vir ’n advokaat om my te verteenwoordig) en die staatsprokureur het ook ’n verteenwoordiger voorsien. Die Persraad het bevind dat daar geen basis vir die Rapport of Beeld-storie was nie. Die blote feit dat ek vroëer vir die tydskrif gewerk het, het nie aan hulle die reg gegee om aan die eienaarskap van die tydskrif of sy hoofartikels te koppel nie.
Rapport
en Beeld moes, op die voorblad, apologie aanteken en ’n stywe boete

betaal. Daar is niks meer seker om jouself die permanente haat van ’n koerant ' in Suid-Afrika op die hals te haal en hulle weerwraak te laat neem nie as om hulle te dwing om verskoning te vra, seifs vir ’n blatante leuen soos hierdie. Koerante in Suid-Afrika vra nie om verskoning soos gewone mense nie. Om een of ander rede dink hierdie papiergode dat dit hulle heiligskap sal verkleineer. Van daardie dag af het Beeld teen my en my Departement gedraai. Rapport ook, Ek sou dink dat hulle andersom moet optree. Hulle het daardie berigte gepubliseer, vals en  onwaar in elke opsig, wel wetende dat hulle nie my kant van die slorie gehoor het nie en dat hulle geen poging aangewend het om my te bereik nie.

Normaalweg het hulle nie geskroom om my snags uit die bed te bel nie.
Die stywe boetes en voorblad-apologie het ’n opskudding in die pers veroorsaak.

Jare later het ek dus met verstomming gelees dat, na die publikasie van die Erasmus-Kommissie se bevindinge, mnr. Pik Botha die pers dadelik om verskoning gevra het omdat die regering en ek aan hulle leuens oor To The joint vertel het. Pik Botha moet sy kop laat ondersoek, veral omdat hy toe nog die boetes wat hulle destyds betaal het ook vergoed het. Hy moes minstens gewag het om witvoetjie te soek. Geen wonder die betrokke koerante het hom as ’n Eerste Minister gesien nie. Nog ek, nog die regering het, ooit aan die Persraad enige leuens oor To The  Point vertel. Ek het aanhoudend gesê dat ek nie die betrokke hoofartikel geskryf het nie en dat To The Point nie aan my of die Departement van Inligting  of aan die Regering behoort nie. Dit is steeds die feite. Die feit dat die deparement van Inligting jaarliks tien-duisend Rande aan subskripsies van verskeie  koerante soos Rapport, Beeld, The Stare en ander tydskrifte spandeer het  nie ’n proporsionele seggenskap in die eienaarskap of die redaksionele beleid van daardie koerant nie. Maar Pik Botha het nie alleenlik om verskoning gevra nie, hy het inderdaad die geld wat Rapport en Beeld aan die Persraad moes betaal, aan hulle terugbetaal. Noudat die Trustraad, die Parlement se waghond en die staat se outonome ondersoeker van die verskeie Inligtingsprojekte, amptelik bevind het dat To The Point nie staatseiendom was nie; dat To The Point nie aan enigiemand anders behalwe die eienaar, mnr. Hubert Jussen, behoort het nie, gaan Pik Botha aan die koerante vra om die geld terug te gee? Te meer nog, ekwil weet of Beeld en Rapport vrywilliglik die geld aan die Staat sal teruggee? Pik Botha het die verslag van die Staatstrustraad aan die Parlement voorgelê en Beeld en Rapport het nie die bevindinge betwis nie.
Daarom bly die verklaring dat
To The Point my tydskrif was, nog net so vals soos wat dit was toe dit gepubliseer is en dieselfde geld vir die bewering dat ek
die betrokke hoofartikel geskryf het.

My raaiskoot is dat Pik Botha vir ’n lang tyd sal wag voordat die belastingbetaler se geld teruggegee word. Sy verhoudinge met die pers is vir hom van veel groter waarde as enigiets anders. Ek glo ook dat Beeld my nooit om verskoning sal vra nie, want dit is benede hul waardigheid. Presies soos Pravda nooit enigiemand in Rusland om verskoning hoef te vra nie. Ek is egter
nie so seker oor
Rapport nie. Hulle mag my dalk net verras! Die nuwe redakteur is ’n man van God. Hy sal nie met so ’n leuen kan saamleef nie. Hy sal nie aan geld vasklou wat aan die belastingbetaler behoort nie!

To The Point het ’n uitstekende taak verrig deur die Weste oor Afrika en oor Suid-Afrika in te lig. Die Erasmus-Kommissie het ’n Engelssprekende joernalis wat teen alle Staatssubsidies gekant is aangehaal: “Die tydskrif het puik werk gedoen”. Nogtans, bloot as gevolg van gerugte het die Kommissie die staatssubsidie geopenbaar. Dit het die tydskrif se onverbonde reputasie vernietig, Hubert Jussen in die verleentheid gestel, en al die miljoene wat die  regering in die tydskrif belê het verkwis.

Al die jare se harde werk aan die opbou van ’n internasionale tydskrif wat beter nuusdekking van Suid-Afrikaanse gebeure as Time en Newsweek verleen het, was daarmee heen. Om die waarheid te sê, die plaaslike sirkulasiesyfer van Time en Newsweek het destyds in totaal met sowat 18,000 verminder nadat Suid-Afrikaanse lesers ook begin het om To The Point te koop.

Die buitelandse leserskring van To The Point het van kabinetsministers en predikante tot sakemanne en medici gewissel en duisende briewe is ontvang waarin tevredenheid uitgespreek was dat daar uiteindelik ’n tydskrif in die wêreld is wat objektiewe en insiggewende nuus oor Suid-Afrika aangebied het.
Uit die oogpunt van die staat gesien, was sy massiewe subskripsie vir oorsese  verspreiding ’n groot sukses, hoe ’n mens ookal daarna kyk. Dit was ’n venster in die papiergordyn wat ander lande voor Suid-Afrika wou probeer toetrek.

Die verstommendste aspek van alles was dat dit nooit nodig was om die staat se rol in To The Point bloot te lê nie. Die Erasmus-Kommissie het geen bewys gevind van wanpraktyk aan die kant van die Departement van Inligting in soverre dit To The Point betref nie. Dit was, op sy beste, ’n kollosale stommiteit aan die kant van die Erasmus-Kommissie want die Kommissie se opdrag het nie blootlegging van projekte wat hulle in orde bevind het ingesluit nie. Die laster wette in Suid-Afrika weerhou my daarvan om te se wat ek eintlik van die Kommissie se optrede dink. Inderwaarheid, het die Kommissie in die geval van die Institute for the Study of Plural Societies en die Foreign Affairs Association dieselfde opgetree. Mens kan net een logiese afleiding maak: dat die Erasmus-Kommissie met sy eertydse Nasionale Party regsadviseur en twee staatsamptenare as kommissarisse, nie juis vir Suid-Afrika se strategiese belange of die beskerming van belangrike buitelandse kontakte, soos Hubert  Mulder en sy kring van bondgenote van die gras af te maak en om in die Kommissie se eie woorde “die hand van mnr P. W. Botha te versterk”. Daar is egter nooit aan hulle gevra om enige politikus se hand te versterk nie. Dit was nie hulle mandaat nie. Hulle was veronderstel om polities neutraal te wees. As
hulle omgegee het wat hulle doen, en haarfyn oor alles besluit het, sou hulle nie die baba met die badwater uitgegooi het nie. Iemand het gese dat nie alleen die baba nie maar die hele badkamer se uitrusting ook uitgesmyt is.

To The Point se dood in 1980 kan direk aan die Kommissie se daad van nudisme toegeskryf word want as die Kommissie stilgebly het, sou die regering
nie sy subskripsies gestaak het nie. Maar toe hierdie onafhanklike en objektiewe weekblad se finansiële sake eers in die ope was, kon dit op geen manier bly voortbestaan nie. Die Regering het sy subsidie afgesny en Jussen
het in Frankryk gaan aftree. Seergemaak en bitter teenoor die hele Suid- Afrika. Geen uitgewer van status in Europa sal ooit weer, nie vir dekades nie, met Suid-Afrika in die geheim wil saamwerk nie.

Drs. Beurt en Corrie-Jane Servaas, eienaar van The Saturday Evening Post, Amerika se oudste tydskrif, het na die tyd ’n aanbod van R500 000 gemaak om die tydskrif te koop. Hulle enigste voorwaarde was dat Pik Botha ’n onherroepbare versekering moet gee dat To The Point net soveel toegang tot Kabinetsministers soos enige Afrikaanse koerant sal he. Die twee dokters wie Suid-Afrika goed ken en Suid-Afrika besonder goedgesind is, het nog boonop die steun van een van die grootste Duitse maatskappye in Suid-Afrika en ’n Amerikaanse een vir hulle oorname van To The Point gewerf. Maar Pik Botha was vasberade. To The Point was ’n Mulder-Rhoodie maaksel en hy kon nie so ’n versekering gee nie.

Op grond van sulke kleinlikhede, het Suid-Afrika ’n intemasionaal- gerespekteerde nuustydskrif, waarin die belastingbetaler RI0 miljoen in jaarlikse subskripsies belê het, verloor.

The Citizen - Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    _____________________

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

  •                                                                        ______________

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel

    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2658 gaste aanlyn