NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daar's 'n spreekwoord wat lui: 'Jy is nie wat jy dink jy is nie; jy ís wat jy dink.' Dit is so dat mens absoluut gelei word deur sy gedagtes. Daarom moet jy dit inspan om jou lewe reg te bestuur. Wat jy nie kan wegdink nie, moet jy regdink. Jy moet leer om gedagtes vol krag te skep wat vreugde en vertroue kweek en waarmee jy kan inskakel op golflengtes wat jou lewe positief beïnvloed.

DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (17)

Dr Eschel Rhoodie (1984)

Lees reeks by Die ware inligtingskandaal

Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.

SUIDELIKE AFRIKA (VERVOLG)

"Wat ’n prys om op die ouderdom van 66 jaar te betaal vir jou gewilligheid om Suid-Afrika te dien!

Wat ’n prys om vir getrouheid aan John Vorster en die Nasionale Party te betaal!"

 

Een van die mees ambisieuse en duurste projekte in die Regering se vyf-jaar program was die stigting van ’n Swart rolprentnywerheid, nie slegs vir die produksie van films nie, maar ook vir die verspreiding daarvan.

Wat die Regering in gedagte gehad het, was om die algemene mening van die Swart mense op dieselfde wyse te beïnvloed as wat Hollywood gedurende die oorlogstyd gebruik was om Amerika se saak te propageer. Die mikpunte was prysenswaardig: om vir die Swartman sy eie helde te voorsien in plaas van John Wayne van die Verenigde State; om ’n voorliefde vir sy eie musiek en sy eie kultuur aan te kweek in plaas van die Beatles; om op subtiele wyse die kommunistiese invloed teen te werk en om vrye-ondememing te propageer.

Jan van Zyl Alberts is ook in bevel van hierdie projek geplaas omdat dit ’n onderwerp was waarvan beide hy en sy vrou heelwat geweet het en omdat hy alreeds ’n aandeel in Heyns Films van Pretoria gehad het. Die projek het ’n filmmaatskappy wat alreeds gevestig was benodig en wat die nodige kundigheid gehad het. Om van meet af te begin, sou te veel tyd in beslag geneem het. Met die Kabinetskomitee se goedkeuring het ek aan Alberts opdrag gegee om 100
000 aandele in Heyns Films vir die regering te koop. Ten einde 51 persent van die Heyns aandele te bekom en derhalwe de jure beheer te verkry het ons 20 000 aandele wat aan Alberts self behoort het, van hom gekoop.

So is projek Hollywood gebore.

Heyns Films was die produksie-arm van die projek waarvoor die regering R7 miljoen goedgekeur het en wat oor ’n tydperk van drie jaar vanaf 1974 tot 1977 aangewend sou word. Heyns Films het nie alleenlik die films geproduseer nie, maar het ook baie van die akteurs opgelei, die filmmanuskripte gereed gemaak en verkenningswerk vir speeltalent onder die swartes gedoen.
Hulle het ook die oorklanking in Zulu of Sotho, of wat die geval ook al mag wees gedoen.

Die ateljees van Heyns Films het die musiek gereed gemaak, die films geredigeer en spesiale effekte versorg voordat dit na die buiteland of elders in Suid-Afrika vir die finale samevoeging van klank en beeld gestuur is. Dit was oorspronklik beplan dat Heyns Films hulle eie verspreiding sou doen en Focus Films is vir die doel in die lewe geroep. Op een stadium het Focus Films mobiele eenhede besit wat ook vir die vertoon van films in afgeleë areas en op die grens van Suidwes-Afrika gebruik was.

Op hierdie stadium het die regering ook daarin belanggestel om 'n drukkersmaatskappy in Johannesburg op te rig wat vir die druk van geheime publikasies gebruik sou word en wat vir verspreiding onder die Swart bevolking in die Johannesburg-Vereeniging kompleks bedoel was. ’n Maatskappy, Teledrukkery (Edms) Bpk., is hiervoor onder bestuur van Alberts gestig.

Daar is gehoop dat John McGoff en ook Axel Springer, die Wes-Duitse koerantmagnaat, by die maatskappy sou aansluit, maar na lang samesprekings
wat ek persoonlik met Springer in Berlyn gevoer het, het dit op tegniese punte rakende kontrole van die maatskappy skipbreuk gely.

Nadat Alberts ’n standplaas in Wynberg gekoop het waar ’n spesiale ontwerpte gebou opgerig is om die reuse pers te huisves, het hy met ons toestemming besluit om die gebou in film- en klankateljees te omskep. Die Heyns Films operasie is in sy geheel van Pretoria af na Johannesburg verskuif.
Alberts het self aan die ontwerp en ontwikkeling van die gebou gewerk. Die areas wat nie gebruik was nie, is herbou en as kantore verhuur. Op die wyse het die Staat jaarliks meer as tien persent op sy oorspronklike belegging gemaak.
Met ’n eskalasie klousule by die huurkontrakte ingesluit sou hierdie gebou oor die jare groot geld kon verdien en sodoende meer geld vir die maak van meer films beskikbaar gestel het. Te wyte aan die Botha-regering se paniekbevange geestestoestand, is die gebou in der haas op ’n publieke veiling vir net R780 000 verkoop - ’n ware winskopie vir die koper en ’n enorme verlies vir die Regering. Alberts het sterk aanbeveel dat die Staat nie op daardie tydstip moes verkoop nie. Indien hulle na hom geluister het, kon die gebou vandag vir R3 miljoen wins verkoop word. En dan praat Pik Botha van ander mense wat geld vermors het!

Heyns Films het in sy eerste paar jaar twaalf groot ontspanningsfilms en meer as dertig spesiale nuusfilms geproduseer. Dit was ’n reuse sukses.
Gedurende die Soweto-onluste van 1977, is twee van die films, Inkunzi en Undelewi in Soweto op die silwerdoek gegooi as ’n eksperiment om te sien of dit kon bydra om die spanning onder die skoolkinders te verlig. By twee geleenthede het die leerlinge van twee groot skole wat hulle klasse geboikot het, by die tegniese sentrum van die Departement van Bantoe Onderwys opgedaag en gevra om die films te sien. Interessant genoeg was dit die twee Wit karakters in die film Inkunzi (die mynkaptein en die polisie-offisier) wie se optrede die hardste applous ontlok het.

Om hierdie eerste Suid-Afrikaanse rolprente met swart akteurs en personeel te produseer, was ’n reuse taak. Bettie van Zyl Alberts het onvermoeid die land deurkruis, met swart onderwysers, studente, sakemanne en selfs kinders gepraat om uit te vind waarvan hulle in films gehou het.

Professor Piet Schoeman van Stellenbosch, was ook ’n groot bron van inligting. Bettie het gevind dat in “wilde-weste” films, dit net die beweging van man en dier was wat die swartes se aandag gevang het. Hulle kon nooit verstaan waarom die “Cowboys” en Rooihuide mekaar heeldag aan die keel wou gryp nie. Inteendeel, sy het gevind dat ’n film met ’n liefdestema, ’n aksieverhaal, ’n sport-motief of van ’n misdaad en hoe dit opgelos was, baie groter belangstelling ontlok het.

Toe Undeliwe, (Kleintjie) vertoon is, is hulle onder briewe van studente, arbeiders en skoolkinders toegegooi. In dosyne briewe het hulle dieselfde tema gevind: “My grootvader en grootmoeder sê hulle kan nou in vrede by hulle voorvaders aansluit, want hulle het oplaas hulle eie mense op die silwerdoek sien praat en beweeg”.

Bettie van Zyl Alberts het baie van die filmmanuskripte self geskryf of geredigeer. Sy het dikwels swart vroue na haar huis genooi en saam om ’n tafel die manuskrip aan hulle voorgelees om hulle reaksies waar te neem en verskeie temas met hulle te bespreek. Toe dit eers rugbaar geword het dat hulle films produseer, dikwels op manuskripte van swart skrywers gebaseer, het Jan en Bettie tot soveel as vyfitig film-manuskripte per maand ontvang.

Bettie het ook dikwels gevalle van onverbloemde plagiaat teegekom. Sy het een besondere lang manuskrip in Zulu heel interessant gevind. Dit was in gewone handskrif en daarom het sy dit na ’n vriend gestuur wat ’n professor in Zulu by UNISA was.

Die antwoord het as volg teruggekom: “Maar dit is dan my eie boek wat die man in lang hand oorgeskryf het!”

Skrywers, spelers, tegnici, almal Swartes, het pragtig as ’n span met Alberts en die Heyns-groep saamgewerk. Verskeie bekende Swart kunstenaars het
hulle loopbane aan die Alberts-span te danke en talle het alles geleer wat daar omtrent film-opname te lere was. Simon Sibela wat saam met Anthony Quin in ’n Heyns-film “Tigers Don’t Cry”, gespeel het, het ’n indrukwekkende afrigter vir ander spelers geword. Ek het nie tyd gehad om die premier van “Tigers Don’t Cry” in Pretoria te sien nie. Jare later, toe ek in Quito, Ecuador en in San Jose, in Costa Rica was, het ek die film met sy Spaanse klankbaan uiteindelik te siene gekry. My Spaans is goed genoeg om woorde van waardering van mede teatergangers te kon verstaan.

Toe die Heyns-Alberts groep in Qwa-Qwa rolprentopnames gemaak het, het die plaaslike Kabinet die samewerking van hulle mense belowe. Die Minister van Kulturele Aangeleenthede het inderdaad ’n rol in die prent gespeel, onder die voorwendsel dat hy moes toesien dat die taalgebruik onberispelik was en dat daar nie met die tradisies van die Qwa-Qwa-nasie gepeuter word nie! Die tema van die rolprent was ’n storie van liefde en van die konflik tussen die toordokter en die modeme geneesheer.

Hierdie film is later as die belangrikste dokumentêre rekord van die geskiedenis, leefwyse, gewoontes en kultuur in Qwa-Qwa beskou.

Gesien uit ’n oogpunt van openbare betrekkinge was die rolprente wat Jan en Bettie van Zyl Alberts deur Heyns Films geproduseer het elke sent wat die Departement van Inligting in die geheim in die projek belê het, werd. Meer as drie miljoen kykers het die eerste film, Undeliwe gesien en dit is nog steeds ’n gewilde trekpleister. Die ander rolprente het tot twee miljoen kykers aangetrek.
By die Undeliwe premiêr het Hoofman Gatsha Buthelezi gese: “Ons taal, soos in die film wat ons nou gaan sien, het bewys dat dit as kunsvorm met enige ander taal kan kompeteer. Om hierdie rede is dit vir ons ’n voorreg om hier te wees en ons taal, in sy uur van triomf, op die skerm te sien. Aan die mense wat deelgeneem het aan die vervaardiging van die film, Undeliwe, wil ons graag sê: ons is trots op u prestasie. U sukses is ook ons s’n en hoe groots van u om ’n punt omtrent ons kultuur te bewys, naamlik dat sy ware grondslag in ons taal gesetel is."

(Umlazi Skouburg, Umlazi, 20 Maart 1975.) Die premiêr was deur die Zulu Koning bygewoon - die eerste keer in die geskiedenis dat ’n heersende Zulu-Monarg ’n rolprent kon sien wat in die Koning se taal vervaardig is. Die jaar was 1975. ’n Hele driekwart eeu na die eerste rolprente in Engels in Suid-Afrika vertoon is.

Die verspreiding van films was ietwat van ’n probleem. Daarbenewens het die Departement inligting van verskeie amptelike veiligheidsinstansies ontvang wat aangedui het dat die deure wyd-oop was vir rolprente met ’n anti-kapitalistiese, anti-wet en orde, en anti-Blanke tema, of uit die buiteland ingevoer of selfs plaaslik vervaardig. Dr. Mulder en ek het die verslae bestudeer en op dr. Mulder se instruksies het ek ’n hoogsvertroulike memorandum aan mnr. M.C. Botha, destyds Minister van Bantoe-Administrasie en aan Owen Horwood, destyds Ministers van Ekonomiese Sake opgestel. Die kern van die aanbeveling was dat die Staat die prente wat aan Swart gehore vertoon word, deeglik moet kontroleer.

Owen Horwood het persoonlik per brief aan Mulder geantwoord wat natuurlik onuitwisbare en onweerlegbare bewys is dat Horwood of ’n geweldige aanval van geheueverlies ondervind het, of dat hy nie die waarheid gepraat het toe hy onder eed voor die Erasmus-Kommissie getuig het dat hy nooit, definitief nooit, enige besonderhede van watter aard ookal, uit die Departement oor sy geheime projekte kon kry nie - ’n onware storie wat hy ook, volgens Hansard rekords, aan die Parlement vertel het.

Die Erasmus-Kommissie het Horwood geglo. Indien hulle die lêers van die Departement ondersoek het, veral die pienk geheime lêers, sou hulle meer bewyse van Owen Horwood se wonderbaarlike geheue gevind het. Maar hulle kon glo nie hierdie memorandum vind nie. As speurders, sou hulle beslis nie ver gevorder het nie!

Uit die staanspoor was dit duidelik dat die verspreiding ernstige probleme vir die jong Swart film-industrie gaan oplewer veral as daar streng beheer oor die algemene verspreiding moes wees. Daarom is daar voorsiening gemaak vir die oprigting van skouburge in beide die stedelike- en plattelandse gebiede en ook in die swart-Tuislande. Op hierdie tydstip het Alberts nie geweet dat André Pieterse ook in die geheim aan die Departement van Inligting verbonde was nie, en omgekeerd. Gedurende 1976 het ek Alberts en Pieterse saam ingeroep en aan hulle voorgestel dat daar behoorlike samewerking tussen hulle moes wees. Ons was van plan om André Pieterse met sy konstruksieprogram te help. Ek het aanbeveel dat hulle moes saamspan. Die eindresultaat was ’n maatskappy by name, Film Trust Plaza, waarin Pieterse en Alberts persent aandeel gehou het. Die maatskappy wat Alberts verteenwoordig het, was genoem Alfeskor Teaters en vir Pieterse, Ma-Afrika (Pty) Ltd. Wat Pieterse nie geweet het nie, was dat Alfeskor Teaters honderd persent
staatseiendom was.

Aan elkeen van die maatskappye het ons, met die Kabinetskomitee se goedkeuring, R825 000 toegesê. Die skouburge sou deur elke maatskappy afsonderlik opgerig word, sodat dit nie sou voorkom asof daar ’n monopolie op die gebied aan die ontwikkel was nie. Op daardie stadium het ons alreeds toestemming van mnr. M.C. Botha gevra om slegs hierdie twee maatskapye toe te laat om in die swart stedelike areas en die tuislande skouburge te bou.
Die bestuur van die skouburge sou egter in samewerking met die verskeie Bantoe-Administrasierade onderneem word.

Rompslomp en die onvermoë van mnr. M.C. Botha om al die mense wat nodig was om die reëlings te finaliseer, bymekaar te kry (daar was 22 Bantoe-Administrasierade betrokke) het veroorsaak dat die hele projek met meer as 18 maande vertraag is. Intussen het Pieterse en Alberts gebrand van ongeduld.

Na ’n jaar kon Pieterse dit nie langer verduur nie. Hy was aan ’n lyntjie gehou, hy het baie geld spandeer (sy eie geld) aan die beplanning van die projek, hy het allerhande oorhoofse kostes gehad en hy was nie van plan om vir ewig te wag dat die Regering moes besluit nie. Hy het begin om ’n nuwe rolprent “The Golden Rendezvous”, gebaseer op Alistair McLean se blitsverkoper-roman, te verfilm met die beroemde Britse akteur, Richard Harris, in die hoofrol.

Soos in so baie gevalle, moes ek beide Van Zyl Alberts en Pieterse blindelings vertrou om aan hulle deel van die geheime projek uitvoering te gee.
Die moment wat die gelde aan beide maatskappye oorbetaal is, kon Alberts en Pieterse wettiglik daarmee doen net wat hulle wou. Daar was net die morele verpligting aan die staat (in die persoon van Eschel Rhoodie) om die geld slegs vir die oprigting van die skouburge te gebruik.

Ten einde die oorsprong van die R825 000 wat Pieterse vir sy maatskappy ontvang het, te verberg, is ’n kontrak deur advokaat Retief van Rooyen (die Eerste Minister se benoemde in die program) namens Thor Communicators opgestel. Thor Communicators was die staat se geheime finansiële front, waarvan beide Pieterse, Van Rooyen en wyle Oscar Hurwitz ook direkteure was. Adv. Van Rooyen het nie alleen die kontrak opgestel nie, maar dit ook namens Thor Communicators onderteken.

Die produksie van “Golden Rendezvous” het probleme ondervind omdat die opnames die geskeduleerde tyd met weke oorskrei het. Verskeie onvoorsieneprobleme het opgeduik, waarvan Richard Harris glad nie die minste was nie.
Pieterse se bankrekening was met sowat R2 miljoen oortrokke en hy het ’n krisis in die gesig gestaar. Hy kon boedel oorgee en bankrot gaan, in welke geval die geregtelike ondersoek in sy sake onvermydelik na Jan van Zyl Alberts, na Thor Communications en vandaar na verskeie ander geheime programme waarin die Regering miljoene der miljoene gestort het sou lei, om nie eens Pieterse se rol in sekere hoogs vertroulike projekte in die buiteland te noem nie. By laasgenoemde was twee ander lande nog ook betrokke.

Uit desperaatheid het Pieterse na my gekom. Na weke van redekaweling het hy my oorgehaal om hom toe te laat om Ma-Afrika as ’n sekuriteit vir die rolprent op te stel. Bankiers het egter aangevoer dat Ma-Afrika R825 000 kontant in die bank gehad het. Toe ’n ander bank, ’n vername krediteur, gedreig het om sy krediet af te sny, het ek toegestem dat hy die geld in Ma-Afrika se rekening kon gebruik. My enigste oorweging was om Pieterse en sodoende ook die ander geheime operasies waarby Pieterse betrokke was, te beskerm. Volgens wet het ek, en nie die Minister nie, verantwoordelikheid gedra om die geheimhouding van die operasies te verseker en hul rekords te beskerm. Maar nie eens die R825 000 kon die saak red nie. Toe die film uiteindelik voltooi is, het Pieterse met welslae die Europese distribusie-regte vir R2,5 miljoen verkoop. Gereken aan vorige prestasies sou hy ten minste R4 miljoen in die VSA kon kry. Dit sou die koste van die rolprent dek en hy sou in staat wees om die R825 000 aan Ma-Afrika terug te betaal.

Die noodlot het iets anders in gedagte gehad: Die Soweto skool-onluste.

By Pieterse se aankoms in die VSA het die onluste hul hoogtepunt bereik. So ook die anti-Suid-Afrikaanse gevoelens. Die deure is in sy gesig toegeklap.
Daar was ander mense, minder taktvol, wat gesê het dat die rolprent nie verkoop het nie omdat Pieterse ’n gemors daarvan gemaak het. Pieterse het my ook in een belangrike opsig mislei: hy het my en Van Zyl Alberts belowe om die Departement se geld uit die eerste inkomste terug te betaal. Dit was deel van ons ooreenkoms. Maar Pieterse het skynbaar dieselfde belofte aan ander beleggers ook gemaak, want toe Alberts en ek hom op die punt aanspreek het hy gesê dat die banke voorkeur geniet.

Teen die tyd dat ek voorbereidings vir die finansiële jaar van 1978 moes tref was Pieterse se film nog nie in die VSA verkoop nie. Pieterse het hierna met Jimmy Kruger, die Minister van Justisie en dr. Piet Koornhof onderhoude gehad. Hulle was dit almal met hom eens dat dit wonderlik sou wees indien Pieterse sy kollosale vermaaklikheidsarena in Johannesburg (met ’n boekwaarde van R1,8 miljoen), aan die Wes-Randse Bantoe-Administrasieraad sou skenk om in Soweto op te rig. Manie Mulder, Voorsitter van die WRAB, was ten gunste daarvan. Ook dr. Connie Mulder. Pieterse sou op die wyse sy skuld aan die staat betaal het en terselfdertyd sy verpligting nagekom het om teaterfasiliteite in die swart stedelike areas beskikbaar te stel.

Dr. Mulder en ek het na Kaapstad gevlieg om mnr. M.C. Botha sowel as die Sekretaris van Bantoe-Administrate, mnr. I.P, van Onselen te sien. Ek het die saak aan die vergadering gestel. 'n Week later het mnr. M.C. Botha sy toestemming gegee. Daarna het dr. Mulder en ek na mnr. Vorster gegaan met die voorstel dat Pieterse toegelaat moet word om die vermaaklikheidstent en sy fasiliteite op Pieterse se onkoste na Soweto te verskuif (daar was sitplek vir 8 000 mense) en bygevoeg dat die ander betrokke Ministers, ingesluit die Minister van Justisie, daartoe ingestem het. Vorster het botweg geweier: “As jy aan die Swartes so-iets gee, sal hulle dit net afbrand,” het hy gebrom. Dit was een van etlike swak en verkeerde beslissings wat Vorster in daardie jaar gemaak het want op die ou einde het n6g Soweto nog die staat enigiets uit Pieterse gekry.

Toe sommige van die Inligtingsgeheime daardie jaar aan die pers verklap
was, het die hele geheime program se nate begin lostrek. Pieterse het nog nie met die R8 25 000 vorendag gekom nie. Nadat die Erasmus-Kommissie in die prentjie gekom het, het hulle bevind dat ek “buite my bevoegdheid” gehandel het deur ’n “persoonlike lening” van R825 000 aan Pieterse toe te staan en “dat die geld nie verhaal kon word nie.”

Aldrie bevindings was volgens Wet en volgens die feite hopeloos verkeerd.

Die lening was nie ’n “persoonlike” een nie, maar was ’n kontrak tussen Thor en Ma-Afrika. Daar was geen voorsiening gemaak in die kontrak vir rente of terugbetaling nie. Die geld sou uitsluitlik vir die oprigting van skouburge gebruik word en sou buitendien nooit na die staat teruggekom het nie.

Pieterse het tevergeefs betoog dat die rolprent “Golden Rendezvous” ’n bate van meer as R6 miljoen verteenwoordig en dat sulke rolprente ’n lewensduur van oor die dertig jaar het. Maar die regering wou die geld hê, nie oor drie jaar nie, nie oor drie maande nie, maar more! Toe Pieterse nie kon betaal nie het die staat my summier verantwoordelik gehou en onmiddellik aansoek gedoen om inbeslagneming van al my bates wat destyds, so het hulle gesê, sowat R250 000 werd was. (Geen poging is ooit aangewend om Pieterse, ’n goeie vriend en buurman van mnr. P.W. Botha, te sekwestreer nie.) Toe ek die R825 000 aan Pieterse se maatskappy beskikbaar gestel het, was my enigste oorweging om die ander geheime projekte onder die beheer van Alberts te beskerm, sowel as die wat via Thor Communicators opgespoor kon word en sowat R30 miljoen beloop het.

In Mei 1980 het Andre Pieterse die Staats Trustraad in Pretoria meegedeel dat ’n maatskappy in die VSA met afsetfasiliteite deur 6 000 teaters in meer as 2 000 stede en dorpe ’n hersiene uitgawe van die “Golden Rendezvous” geneem het en begroot het om meer as R2 miljoen net aan die reklame van die rolprent te spandeer, of so het hy aan my prokureur vertel. Hy het ook aan ons gesê dat hy verskeie briewe en dokumente aan die Trustraad voorgelê het om te bewys dat die film nie net in die VSA vertoon sou word nie, maar binne die volgende drie jaar waarskynlik vyf maal die R825 000 sou verdien wat Pieterse aan die Staat skuld, of liewer, wat die Staat beweer ek aan die regering moes terugbetaal. Nietemin het die regering besluit dat die beslaglegging op my bates onveranderd bly. Die regering sou sy bes probeer om my nie alleen agter tralies te kry nie, maar om my finansieel te breek sodat dit my ten minste 20 jaar sou neem om te herstel nadat ek uit die gevangenis ontslaan is.

Op die ou end het hulle in albei opsigte hopeloos gefaal.

In al hierdie dinge het Jan van Zyl Alberts geen regstreekse rol gespeel nie. Hy het nie nodig gehad om sy R825 000 te gebruik nie. Een skouburg is met die fondse wat hy beheer opgerig toe die Regering besluit het om die hele projek te staak.

Alberts het ook ’n belangrike rol in baie ander geheime projekte gespeel.

Toe die regering probeer het om die SAAN koerantgroep oor te neem (The Rand Daily Mail, The Sunday Times, en andere) het mnr. Vorster vir Alberts gevra om die leiding in die ondersoek van die saak te neem en ook te probeer om buitelandse ondersteuning, byvoorbeeld van die magtige Springer-groep in Duitsland, te verkry. Vroeër het die regering dit ook oorweeg om ’n 20 persent aandeel in die Springer-groep te koop, om sodoende ’n mate van invloed in die magtige konserwatiewe Duitse pers te kry. Ek was weer eens na Berlyn gestuur om met Springer oor hierdie aangeleentheid te ontmoet. Op meer of min dieselfde wyse het Dr Mulder en ek vroeër in Europa die moontlike aankoop van L ’Expresse en Paris Match en ander tydskrifte en koerante in Frankryk ondersoek. Ons het beplan om in die tweede vyf-jaar program aandele in koerante en tydskrifte in Brittanje, Nederland, Frankryk en die VSA te koop.

Alberts was ook die man vir wie mnr. Vorster en dr. Koornhof versoek het om op die aankoop van die Natal Mercury in te gaan. Hy het net so goed soos ek geweet dat die regering die koerant wou koop en dat dit op daardie tydstip net ’n tekort aan fondse en ’n paar onbedagte uitlatings van Lawrence Morgan was wat die projek gekelder het.

Daar was ander projekte.

Deur Heyns Films en Visiorama het Van Zyl Alberts ’n organisasie daargestel wat dokumentêre films sou produseer en kameraspanne aan United Press International TV-diens in Londen sou voorsien. Laasgenoemde was die regering se vernaamste geheime-media projek in die Verenigde Koninkryk.

Ons het ook ons na Van Zyl Alberts gewend toe die Departement op versoek van die Leër met ’n teen-propaganda veldtog in Suidwes-Afrika begin het om Swapo in diskrediet te bring. Daar is weer strokiesprente gebruik, maar hierdie keer het Alberts ’n plaaslike kunstenaar, Johan van Niekerk aangestel om die werk te doen. Alberts en sy vrou moes sommige van die stories self skryf omdat die regte skrywer of storie nie altyd beskikbaar was nie. Middernagtelike ure se werk het vir hulle gewoonte begin word.

Jan van Zyl Alberts het meer as twintig direkteurskappe op my versoek prysgegee om homself voltyds te wy aan die implimentering van verskeie binnelandse geheime projekte van Inligting met 'n totale begroting van meer as R17 miljoen. Hy het vir die staat honderd-duisende rande gespaar, het ’n wins van byna R2 miljoen vir die staat gemaak, maar is tog deur die Erasmus-Kommissie openlik en indirek beskuldig van diefstal en bedrog. Toe die beskuldigings in die hof bewys moes word, het die Prokureur-Generaal geweier om te vervolg omdat die getuienis van die Erasmus-Kommissie nie die toets van ’n ope hof sou kon staan nie. Die Kommissie se vooroordeel in sy geval was skreiend.

Van Zyl Alberts het ook ’n sleutelrol gespeel in die regering se vernaamste geheime-media projek in Suid-Afrika deur die Engelse dagblad The Citizen, van die hande van die Departement te neem. Alberts en H G Jussen het nooit ’n sent as vergoeding ontvang, nie eers uit-sak-uitgawes, vir die werk wat hulle gedoen het om die koerant te red nie.

Deur The Citizen op 8 November 1978 te koop, het hulle die regering meer as R3 miljoen bespaar en verseker dat die Engelse opposisie-pers nie die koerant vemietig nie. Deur dit aan Perskor te verkoop, is die koerant vir sy lesers gespaar. Te oordeel aan die sirkulasiestyging gedurende 1979-1983 het die lesers blykbaar waardering vir ’n polities onafhanklike en objektiewe dagblad. Maar dit het Alberts en Jussen R266 861 gekos en niemand het ooit na vore gekom om hulle vir hulle verlies te vergoed nie. Dit was nie vir hulle beskore om soos in die geval van Louis Luyt gehelp te word nie.

Jan van Zyl Alberts en Gert Nel het ’n geweldige moeilike taak gehad om al die geheime projekte wat aan Alberts se sorg toevertrou was te behartig. Van die begin af het hy opdrag gekry om die inskrywings in sy boeke op so ’n manier te doen dat dit onmoontlik sou wees vir rondsnuffelaars om enige gelde tot by die regering terug te spoor. Hy moes sy voetspore uitwis om die geheimhouding van die verskeie projekte te verseker. In die Erasmus-Verslag was dit juis hierdie aksies (wat onvermydelik en soms op onverklaarbare wyse daartoe gelei het dat persoonlike fondse en staatsfondse deurmekaar raak) wat hulle die ammunisie voorsien het om teen Alberts te gebruik. Die verslag het nooit daarvan melding gemaak dat Alberts soms sy eie fondse en die van vriende gebruik het om sekere staatsprojekte te finansier nie en al het dit met staatsfondse deurmekaar geraak, dat deeglike rekords daarvan gehou is nie.

Dit is ironies dat hierdie man wat vir die Staat sowat R2 miljoen verdien het uit gelde wat in sy sorg gelaat is, deur die Erasmus-Kommissie daarvan beskuldig is dat hy sy eie sakke gevul het. ’n Verdere ironie is dat indien Alberts die versoek van Vorster, Van den Bergh en Mulder om die regering in sy geheime projekte by te staan, geweier het, en voortgegaan het met sy eie sake, hy baie meer geld sou gemaak het as wat die Kommissie beweer het dat hy vir homself uit die geheime fondse geneem het. Op ’n versoek van Connie Mulder en myself, moes Alberts so te sê al sy direkteurskappe opgee sodat hy meer tyd aan die geheime projekte kon spandeer. Hy het dus ook nie meer tyd gehad om ’n wakende oog oor sy groot aandeelportefeulje te hou nie en het ook op hierdie gebied swaar verliese gely.

Alberts en sy vrou het ’n lewende hel verduur na die Kommissie se lasterlike bevinding gepubliseer is. Bettie Alberts het ernstig siek geword. Sommige Afrikaners wat vroeër hul drumpel op soek na hulp, advies en kontakte deurgetrap het en wat finansieel uit hul omgang met Alberts voordeel getrek het, het onmiddellik aanvaar dat Alberts aan bedrog en diefstal skuldig was.

Toe die Kommissie se beskuldigings by gebrek aan bewyse in duie gestort hul was hulle te skaam om hul vooroordeel te erken.

Dieselfde vriende van Jan van Zyl Alberts, kerkmanne, direkteure van maatskappye, Lede van die Parlement, Kabinetsministers, wat so neerhalend teenoor Alberts van “Pangaman Botha en sy Leërkliek” gepraat het, het oornag ontdek dat hulle al hierdie jare P.W. Botha ’n groot onreg aangedoen het! Ja, ons Afrikaners doen ook sulke dinge. Dit is nie net die Engelse wat selfsugtige en skynheilige kruipers is nie!

Wat ’n prys om op die ouderdom van 66 jaar te betaal vir jou gewilligheid om Suid-Afrika te dien!

Wat ’n prys om vir getrouheid aan John Vorster en die Nasionale Party te betaal!

Die wêreld van die pers – vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2649 gaste aanlyn