NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Laat jou mond nie toe om op jou liggaam 'n sondeskuld te laai nie, en sê nie voor die gesant van God: Dit was 'n vergissing nie. Waarom moet God toornig word oor jou stem en die werk van jou hande verwoes? Prediker 5:5

DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (20)

Dr Eschel Rhoodie (1984) 

Lees reeks by Die ware inligtingskandaal

Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.

Wat van The Citizen? – vervolg

Op 4 Desember 1975 het die beslissende vergadering in Les de Villiers se huis huis in Waterkloof plaasgevind. Hierdie keer was dr. Mulder teenwoordig, aangesien hy die finale groen lig moes gee vir die projek om voort te gaan,asook Louis Luyt, Les de Villiers en Luyt se ouditeur, mnr. Fourie du Preez, generaal van den Bergh was ook daar. Ek het hom spesiaal uitgenooi omdat ek gevoel het hy moes weet hoe ons beplan om die saak verder te voer.

 

Die vonke het van die begin af gespat toe Van Zyl Alberts op my versoek ook sy syfers voor die groep gelê het. Luyt het geprotesteer dat die syfers wat hy op sy finansiële genie geproduseer het nie op verbeter kon word nie. Die bedrag wat hulle egter aan ons voorgelê het was toe reeds RI0 miljoen of R2 miljoen meer as die syfer wat hulle net drie weke vantevore geprojekteer het. Ek het Luyt gevra om homself te kalmeer en herhaal dat Alberts sou voortgaan om my oor die koerant te adviseer. “Jan sal die kwartaalverslae van inkomste en uitgawe wat julle moet voorsien eers deurgaan voordat ek daarna kyk, en laat ek jou herinner dat jy by die vorige vergadering net so boos was en net so oortuig dat julle syfer nie op verbeter kan word nie. Nou is julle alreeds 20 persent hoër. Ek dink ons moet aanvaar dat dit hier ’n geval is dat twee menings beter as net een is. En daar is te veel op die spel vir enigiemand om soos 'n prima donna op te tree.”

Dr. Mulder het daarna die beraamde uitgawes wat Luyt se finansiële adviseur opgestel het aanvaar en die gesprek het oorgeslaan na wie die redakteur van die blad sou wees. Jan Van Zyl Alberts het Johnny Johnson voorgestel maar op voorstel van Luyt en Les de Villiers is besluit dat Luyt vir Martin Spring sou nader. Spring was toe redakteur van The Financial Gazette. Dr. Mulder, generaal van den Bergh en ek het toe aldrie beklemtoon hoe noodsaaklik dit is dat die koerant ’n streng neutrale en nie-party politieke standpunt moes inneem. “As die koerant net ’nEngelstalige weergawe van Die Transvaler gaan wees dan mors ons net ons tyd, geld en energie,” het dr Mulder in sy opsomming gesê. Ek het met hom ten volle saamgestem.

Toe dit by die meganika kom van hoe die geld oorgeplaas sou word, en waarheen, het dr. Mulder uitdruklik instruksies gegee dat al die geld in een poel in ’n bank belê moes word. “Die regering moet te alle tye in staat wees om sy hande op die kapitaal bedrag te lê,” het dr. Mulder gesê. “Onthou, slegs die rente wat op hierdie poel verdien word mag vir die uitgawes van die koerant aangewend word.”

Dr. Mulder se instruksie dat die geld in een bedrag in ’n bank belê moet word is later heftig deur Luyt ontken, nie alleen voor die Mostert-Kommissie nie maar ook voor die Erasmus-Kommissie. Dr. Mulder, generaal van den Bergh, Jan van Zyl Albertan en ekself het egter nie die minste twyfel nie dat die opdrag was dat die geld in een bedrag in ’n bank gedeponeer moes word. Voor dr. Mulder en myself het Les de Villiers met ons saamgestem. Agteraf het hy saam
met Luyt gestem. Ten spyte van dr. Mulder se instruksie het Louis Luyt, nadat hy die geld ontvang het, dit opgedeel en ongemagtig en sonder ons toestemming (en kennis) in drie van sy maatskappye se rekenings gestort.

Na die vergadering by De Villiers se huis in Waterkloof het generaal van den Bergh regstreeks na die Eerste Minister se kantoor gegaan en hom oor die verloop van sake ingelig. Toe hy die middag van mnr. Vorster se kantoor af terugkom het hy my meegedeel dat mnr. Vorster hom opdrag gegee het om nie persoonlik by die projek betrokke te raak nie, van verdere vergaderings weg te bly maar om sy oor op die grond te hou en gereeld aan mnr. Vorster verslag te doen. Ek het die instruksie glad nie snaaks gevind nie. As die generaal van die projek terugstaan sou hy in staat wees om veel meer objektief aan mnr. Vorster daaroor verslag te kan doen.

Drie jaar later het mnr. Vorster onder eed verklaar dat hy niks van The Citizen af geweet het nie. Op televisie het hy my selfs beskuldig dat ek leuens verkondig as ek sê dat hy van die koerant geweet het.

Teen April 1976 moes Luyt vir ’n derde keer om verskoning vra oor die misrekening van sy finansiële “genie” en die bedrag wat in die bank vir die bedryf van The Citizen belê moes word, het op die ou end R12 miljoen beloop. Die laaste bedrag is op 14 April 1976 aan Luyt oorbetaal.

Op 2 April is ’n dokument tussen myself (of my benoemde) en Luyt opgestel om hom aan die R12 miljoen te verbind. Omdat ek onmoontlik kon verduidelik waar ek daardie bedrag vandaan kon haal om aan Luyt te leen, het ek persoonlik met die direkteure van Thesaurus, ’n geaffilieerde maatskappy van die Union Bank of Switzerland in Zurich, gereel dat ’n “lening” van R12 miljoen aan Luyt toegestaan word. Dit was natuurlik net ’n dekmantel, want in daardie stadium het die Switserse regering alle banke in die land verbied om meer as R3,5 miljoen op ’n keer aan Suid-Afrikaners te leen. Ek was verplig om aan die bestuurder, dr. Bruno Saager, ’n ou vriend van dr. Diederichs, te verduidelik wat die dokument eintlik beteken het. Langs hierdie weg het dr. Anton Rupert (ook ’n goeie vriend van Saager) van Luyt te hore gekom en van die R12 miljoen wat die regering vir sy koerant geborg het. Rupert het dadelik na mnr. Vorster gegaan, wat onmiddellik gesê het dat hy niks van so ’n projek weet nie. Twee dae later, by die Transvaalse Kongres van die Nasionale Party, het mnr. Vorster my na die Stadsaal laat kom, waar hy en dr. Mulder hul kommer oor die lekkasie uitgespreek het. Mnr. Vorster het opdrag gegee dat ek Saager weer moes gaan sien en ’n getuie moet saam neem.

Op daardie tydstip was Saager in Italië by ’n gesondheidsoord. As gevolg van ’n aardbewing wat telegraafdrade en alle kabel verbindings beskadig het, kon hy nie per telefoon bereik word nie. Ek en Les de Villiers het na Italië gevlieg en Salfer met die nuus gekonfronteer. Ons het saam ’n strategie uitgewerk en binne ’n week kon dr. Saager aan dr. Rupert die versekering gee dat daar defnitief geen staatsfondse in die beplande koerant was nie.

Die belangrikheid van die dokument wat Luyt en ek op 2 April 1976 geteken het word dikwels oor die hoof gesien. Indien Luyt die geld vir enigiets anders sou gebruik, kon ek aan my benoemde opdrag gee om op te tree. Maar daar was ook ’n meer belangrike asprek - uit ’n beleidsoogpunt gesien. In klousule nege van die dokument is gekonstateer dat alle redakteurs, adjunk-redakteurs en assistent-redakteurs, politieke rubriekskrywers en hoofartikelskrywers verplig was om die redaksionele handves wat aan die Rhoodie-Luyt ooreenkoms geheg was te teken en dat daar van hulle verwag word om dit in die letter en die gees by die skryf, redigering en publikasie van The Citizen na te kom.

Hierdie redaksionele handves, wat die Erasmus-Kommissie, ooglopend geheel en al geïgnoreer het, het soos volg gelees:

     1 The Citizen is ’n onafhanklike koerant wie se personeel na die beste van hulle vermoë aan die publiek verslag sal doen op die basis van gevestigde inligting en betroubare bronne asook om huidige sowel as agtergrond feite in behoorlike konteks sonder enige veroordeel aan te bied.

     2 The Citizen en sy personeel verwerp die manipulasie van inligting in alle vorms en sal geen pogings verdra om lesers by die aanbieding van gewone nuusgebeure deur middel van persoonlike vooroordeel of eie menings te beïnvloed nie.

     3 Redaksionele personeel sal te alle tye die tradisionele joernalistieke kodes handhaaf nl. die waarheid, akkuraatheid, deeglikheid, balans, behoorlike perspektief, eenvoudigheid en saaklikheid van uitdrukking en distansiëring in verslaggewing.

     4 The Citizen sal sy mening in hoofartikels en getekende rubrieke uitspreek, nie in sy nuuskolomme nie. Opskrifte van berigte moet deur die inhoud van die betrokke berig gestaaf kan word.

     5 Die uitgewer en die redakteur sal die redaksionele beleid van die koerant neerlê en dit baseer op wat hulle as algemeen aanvaarde waardes essensieel vir die toekomstige voortbestaan en die welvaart van Suid-Afrika en al sy mense beskou.

     6 The Citizen en sy personeel sal die reg van alle nasionale groepe in Suid-Afrika ongeag ras, of selfbeskikking en beheer van hulle eie toekoms, hetsy polities, sosiaal, kultureel of ekonomies, onderskraag. Hulle sal te alle tye na behoud van alle groepe se veiligheid, identiteit en welvaart streef.

     7 The Citizen sal probeer om ondersoek in te stel en verslag te doen oor alle sake wat in die openbare belang is, hoe omstrede dit ookal mag wees en waar dit nie deur die wet verbied word nie, in die geloof dat ’n goed ingeligte gemeenskap die beste verdediging is teen diegene wat probeer om die land se grondliggende waardes te ondermyn terwyl dit terselfdertyd die beste versekering van bekwame, regverdige en verantwoordelike optrede deur openbare en private figure en instellings bied. Niemand wat deur The Citizen in diens geneem is sal opsetlik iets skryf, sê of doen wat die sekuriteit van die Republiek en sy konstitusionele verkose regering sal bedreig of geskille tussen die verskillende nasionale groepe bevorder nie.

8. The Citizen is gekant teen Kommunisme, Fascisme en Marxisme as ideologies onversoenbaar met ’n regverdige regering en welvaart. The Citizen ondersteun vrye onderneming.

9 Geen lid van die redaksie sal ’n aktiewe rol in party politiek speel nie.

10 Alle lede van die redaksie moet probeer om ’n werkende kennis van albei amptelike tale te verkry en te handhaaf.

11 The Citizen onderskryf die gedragskode soos deur die pers-unie ooreengekom.

12 Senior redaksionele personeel aanvaar verantwoordelikheid dat die redaksionele inhoud vir die koerant aan die beginsels in hierdie handves getoets kan word. In enige dispuut of interpretasie van hierdie handves sal die uitgewer en die redakteur die finale woord spreek.

Ek het ’n soortgelyke redaksionele handves vir To The Point in 1972 opgestel
en alle redakteurs en joernaliste van alle politieke oortuigings, insluitend joernaliste vanaf Australia, Nieu-Seeland, Engeland en die Verenigde State het geen probleme ondervind om dit te teken nie.

Dit was hierdie handves wat die beleid van die tydskrif bepaal het, net soos bogenoemde handves die beleid van The Citizen bepaal het. Luyt se latere bravado aan Les de Villiers dat niemand dit geteken het nie was tipies van die man se optrede maar was eintlik irrelevant in soverre dit die kern van die saak geraak het nl. dat dit bewys het dat ons nie ’n party-politieke koerant wou stig nie. Die Erasmus-Kommissie se bevinding dat die koerant ’n “Party-politieke instrument” was is dus totaal ongegrond. Dr. Mulder was oortuig dat om die wanbalans te herstel wat The Rand Daily Mail veroorsaak het die koerant bloot objektief hoef te wees.

Luyt het die naam van die koerant voorgestel. Nadat ek dit met dr. Mulder uitgeklaar het, moes ek eers na die Adjunk-Minister mnr. Louis le Grange se kantoor in Civitasgebou, Pretoria gegaan het.

Tot my verbasing het Luyt my daarheen “oor ’n dringende saak” geskakel, “onmiddellik” goedkeuring vir die naam ontvang omdat die drukperse gereed was om die eerste proefkopieë te produseer. Nadat ek aan Luyt gesê het dat die naam The Citizen in orde is, het ek die proefkopie wat ek by my gehad het oopgerol en aan mnr. Le Grange gesê: “Wel, u is die eerste persoon wat die naam van die nuwe koerant hoor”.

Ek het die eerste proef en eerste uitgawe (van 7 September, 1976) persoonlik na mnr. Vorster se kantoor geneem en aan sy sekretaris, Johan Weilbach, gevra om dit aan mnr. Vorster te oorhandig.

Van die begin af het dit voorgekom dat Martin Spring, alhoewel hy ’n goeie finansiële skrywer was, nie vir die rol van redakteur van ’n daaglikse koerant uitgeknip was nie. Die koerant se politieke artikels was ook benede standaard. Daarom het dr. Mulder en ek na mnr. Vorster se kantoor in die Uniegebou gegaan, die saak met hom bespreek en gevra dat hy een man onder die geledere van die Afrikaanse of Engelse politieke skrywers moes nomineer in wie hy volle vertroue het vir wie ons as politieke korrespondent kon aanstel. Net twee name is genoem - Alf Ries van Die Burger en Jaap Theron van Oggendblad.
Op mnr. Vorster se aandrang oor hoe seker ons was dat ons Theron sou kry, het ek ewe lighartig gesê dat Luyt hom so ’n goeie aanbod gaan maak dat hy nie kan weier nie. Dr. Mulder het egter self vir Theron gevra om te aanvaar—voordat Luyt dit gedoen het, sonder om enige geheime uit te lap. Dit was kenmerkend van mnr. Vorster se politieke geslepenheid toe hy later by ’n perskonferensie ewe onskuldig aan Theron gevra het of hy, Vorster, hom gevra het om by The Citizen aan te sluit. Natuurlik kon Jaap net “nee” sê, want hy was onbewus daarvan dat dr. Mulder hom in opdrag van mnr. Vorster geskakel het.

Dit het gou duidelik geword dat Luyt allerlei probleme met The Citizen gehad het ten spyte van sy reputasie as ’n sakeman en ten spyte daarvan dat sy adviseurs glo die genieë op die Suid-Afrikaanse finansiële terrein was. Dit was ’n tyd van stygende kostes en teen ’n tempo van 20 persent per jaar in die drukkerswese het dit nie Luyt se taak makliker gemaak nie. Daar was ook baie weerstand onder adverteerders teenoor Luyt, veral in die Kaap. Sy algehele administrasie van die koerant het ook veel te wense oorgelaat, omdat hy aanhoudend sy planne verander het. Die ergste van alles was dat hy geen advies wou aanvaar nie. Hy wou altyd dinge op sy eie manier doen. Uiteindelik het ons in die Carlton Hotel in Johannesburg ontmoet om ’n nuwe leningsooreenkoms te teken. Volgens Luyt sou dit vir hom makliker maak om die hele koerant van die regering te koop sodra dit selfonderhoudend was. Dan kon hy mos met die koerant doen wat hy wou. Hy was so seker van sukses dat hy my ’n datum (1983) gegee het waarop hy die koerant sou koop.Dit het nie uitgewerk nie.

Nadat die eerste drie maande se finansiële state aan ons oorhandig is, het Les de Villiers en ek ontdek dat Luyt in werklikheid die R12 miljoen in drie van sy eie maatskappye gestort het. Die vet was in die vuur! Dr. Mulder en ek was uiters ontsteld. Luyt het altyd die indruk geskep, en self gesê, dat hy die enigste gematigde Afrikaner was wat almal geweet het genoeg persoonlike fondse gehad het om so ’n koerant te finansier.

In April 1977 het dr. Mulder, Luyt, ek, van Zyl Alberts en Luyt se ouditeur, Fourie du Preez in die Holiday Inn by Jan Smuts Lughawe ontmoet. Daar is aan Luyt gesê dat ons klaar is met hom. Ek het hom daarvan beskuldig dat hy eiemagtig die geld in sy maatskappye gestort het, terwyl ons ooreengekom het dat hy dit nie sou doen nie.

Luyt het ontken dat dit die geval was en Les de Villiers as sy getuie genoem. Hy het egter saamgestem dat die vertroue tussen ons vemietig was. Omdat hy nie die indruk wou skep dat hy ’n sinkende skip verlaat nie, wat vir hom as persoon en sy sakebeeld skadelik sou wees, het hy gevra om tot aan die einde van die jaar aan te bly wanneer die koerant na verwagting ’n oplaag van 80 000
sou bereik.

Dit was ’n stormagtige sessie, waarin Luyt en ek op mekaar geskreeu het. Toe ek Luyt daarop gewys het dat ek vier getuies gehad het dat hy onderneem het om die geld in die bank te sit soos dr. Mulder beveel het, het hy teruggeskreeu dat hy nie omgee of daar twintig getuies was nie, hy is sy eie baas en kan doen wat hy wil. “Ek werk nie vir jou nie en ek werk ook nie vir dr. Mulder nie”, het hy geblaas, “ek huur manne soos jy!”.

Ná die vergadering het Luyt uitgestap en gesweer dat “ek julle politieke nekke sal breek!”

Die storie wat die Erasmus-Kommissie die wêreld ingestuur het dat Luyt inderwaarheid aan dr. Mulder en myself gesê het om The Citizen te vat en te gaan bars, is ’n verdraaide prentjie van wat werklik gebeur het. As dit hoegenaamd die waarheid was, waarom het hy toe nog agt maande aangebly?
Die waarheid is dat Luyt tekort geskiet het in die wyse waarop hy die projek hanteer het. Hy het nie adverteerders gelok nie. Dr. Mulder en ek het hom ook nie vertrou nie omdat hy die staat se geld in sy eie maatskappye gestort het. Alhoewel Luyt later aan boord van ’n UTA-vlug na Nice aan my gesê het dat hy nooit eers die geld vir sy eie maatskappye nodig gehad het nie - hy sou moor as die R12 miljoen deposito beskikbaar gehad het, het sy eie ouditeur ’n ander
storie vertel. Toe Fourie du Preez, ek, my rekenmeester, Braam Fourie en dr. Mulder in laasgenoemde se kantoor in Pretoria ontmoet het, het du Preez aan ons vertel dat Luyt nie in staat was om die geld terug te betaal nie en indien dit op hom afgedwing word, sy maatskappye in ernstige moeilikheid sou wees.

Daarop het Du Preez voorgestel dat die geld oor ’n agt-jaar periode met vooruitgedateerde tjeks, deur Luyt persoonlik onderteken, terugbetaal word. Dit is ook wat gebeur het.

Luyt het ook ’n groot bohaai gemaak van die R2,83 miljoen wat hy persoonlik vanweë sy betrokkenheid by The Citizen projek “verloor” het, en wat ons aan hom moes vergoed. Luyt het aan my, Alberts en dr. Mulder vertel, en dit ook in ’n dokument aangedui dat omdat hy The Citizen begin het, Standard Bank sy lening se koers verhoog het. In ’n brief aan die Erasmus-Kommissie het die Standard Bank dit baie duidelik gemaak dat mnr. Luyt sy verliese aan die ongunstige verandering in die koers tussen die Switserse Frank teenoor die Rand toe te skryf was.

Dit het met The Citizen niks te make gehad nie. Nogtans het Luyt hierdie R2,83 miljoen van die geld afgetrek wat hy van Inligting gekry het. Dit is heeltemal waar dat Mulder dr. en die Kabinetskomitee beslis het dat dit nie verwag kan word dat Luyt persoonlike verliese moet ly omdat hy as ’n front vir die regering optree nie. Nadat ek egter die bank se brief gelees het, kon ek nie begryp hoe hy met die storie wat hy aan ons en die Erasmus-Kommissie vertel het kon wegkom nie. Hy het my en dr. Mulder sekerlik ernstig mislei. Hoe die Staats-Trustraad die saak opgelos het, weet ek nie.

In September 1977 het dr. Mulder en ek ’n beroep op Jan Van Zyl Alberts en Hubert Jussen, eienaar van To The Point gedoen om The Citizen te koop, of kopers vir die koerant te vind.

Aan die begin was hulle albei heftig daarteen gekant, maar nadat hulle 'n studie van die bedryfskoste, die voortdurende styging in die sirkulasiesyfer en die inkomste uit reklame gemaak het, het hulle bereken dat indien die staal die bestaande skulde sou dek en hulle van ’n subsidie, gelykstaande aan hulle bedryfsverliese voorsien, hulle die koerant binne twee jaar geheel en al van die regering sou kon oorneem, vier jaar vroeër as wat Luyt beloof het.

Jussen en Alberts het mnr. Vorster in Kaapstad gaan sien en hy het aan hulle beloof dat hy hulle vir nog twee jaar sou ondersteun indien hulle intussen die koerant sou koop. Mnr. Vorster se siekte, druk van dr. Mulder en die Eerste Minister se waarborg dat hy die koerant van R4,2 miljoen vir die volgende twee jaar sal voorsien het Alberts oortuig dat hy die regering uit die verknorsing sou kry en Luyt se verliese sou uitwis. ’n Belofte van Volkskas om R1 miljoen vir The Citizen beskikbaar te maak het uiteindelik daartoe gelei dat Jussen en Alberts die koerant op 14 Februarie 1978 oorgeneem het.

Dit was Bettie Alberts se verjaarsdag.

Terwyl hulle gaste in die sitkamer gewag het, het Alberts, Louis Luyt en Fourie du Preez ’n koopkontrak in Alberts se studeerkamer opgestel.

Binne ses maande het Jussen en Alberts die koerant se bedryfskoste met R80 000 per maand besnoei, iets wat Luyt en sy finansiële genieë my verseker het, nie sonder ’n verlies aan oplae kon gebeur nie. Daar was geen vermindering in oplaag nie en advertensie ruimte het in sommige uitgawe van 35 persent na 51 persent verbeter. Met Perskor se samewerking het hulle ook die produksie-, druk- en verspreidingskoste besnoei en van oortollige personeel ontslae geraak. Dit was duidelik soos daglig dat indien ons in die eerste plek vir Jussen en Alberts gekies het, in plaas van Luyt, wat net sy eie ego wou tevrede stel, die koerant in die vroeër stadium in ’n oneindig beter toestand sou gewees het.

Louis Luyt het die grootste ego gehuisves wat ek nog ooit teengekom het. Hy het dit nie weggesteek nie en koppig geweier dat enigiemand hom van advies bedien. Hy het my sogenaamde “inmenging” verpes en dit het ons oneindig probleme met die sekerheidsklaring van sleutelpersoneel veroorsaak. Luyt het ingestem dat die Buro vir Staatsveiligheid eers personeelaansoeke vooraf sou deurgaan voordat hy hulle sou aanstel. By ’n hele paar geleenthede het hy dit nie gedoen nie. Wanneer ek dan ná die tyd vir Luyt moes opdrag gee om van hulle ontslae te raak het hy byna die stuipe gekry. Eendag het ek hom egter ’n brief getoon insake ’n aanstelling waarvoor hy “persoonlik verantwoordelikheid” geneem het. Die Buro van Staatsveiligheid het ’n brief aan die betrokke persoon onderskep waaruit dit duidelik sqos daglig was dat die betrokke individu deur ’n Britse koerant in The Citizen “geplant” is. Dit was die einde van sy proteste. Luyt het dikwels na ander persone verwys as sogenaamde “know-alls” maar was self blind vir sy eie gebrek aan kennis op verskeie belangrike terreine. Hy sou egter sterf eerder as om dit te erken.

Jussen en Alberts het nie voortgegaan om die eienaarskap van The Citizen te herstruktueer nie (om dit in private hande te plaas) want in April 1978 het Alberts my gewaarsku dat iemand die staat se finansiering van die koerant openbaar gaan maak en dat hy onmoontlik, onder daardie omstandighede privaat-beleggers kan vra om hulle geld in die koerant te belê. Alberts se woorde het my lamgeslaan en ek het gevoel hoe my maagspiere van angs saamtrek. Kort tevore het my getroue vriend en sekuriteitsadviseur, Charles More, by my aan huis gesê dat hy inligting het dat John Vorster van my ontslae gaan raak. Geselekteerde gedeeltes van Gerald Barrie se geheime verslag gaan aan die pers uitgelek word om my in diskrediet te bring. Dit sou via die Eerste Minister se kantoor na ’n ander Minister gaan en van daar af na ’n vertroueling by Beeld. Die koerant sou nie die besonderhede publiseer nie, want dit sou te ooglopend na ’n klinkklare poging van die suide lyk om Connie Mulder in diskrediet te bring. Daarom sou die Beeld -vertroueling seker maak dat dit in die hande beland van iemand wat nie sou skroom om dit te doen nie, die Engelse Sondagkoerant The Express en Kitt Katzin in besonder.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2635 gaste aanlyn