NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Bekerings wat nie hou nie, was nooit bekerings nie, en is emosie en soos die saad van die saaier wat opgekom en gou verwelk het.    Ware bekerings hou stand!

DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (14)

Dr Eschel Rhoodie (1984)

Lees reeks by Die ware inligtingskandaal

 

Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, spreek van veragtelike motiewe en handeling.

 

SUIDELIKE AFRIKA

Dit is moeilik om binne perke van een hoofstuk al die geheime projekte in Suider-Afrika te behandel, daarom is sekere belangrike projekte aangaande Suidwes-Afrika en Rhodesië elders behandel, sommige in die hoofstuk wat op hierdie een volg terwyl ander reeds elders genoem is.

 

Hierdie hoofstuk gaan hoofsaaklik handel oor die werk en lotgevalle van drie manne wat in uiters belangrike en vrugbare geheime projekte in Suid-Afrika en in die buiteland diep betrokke was. Terwyl hul hoofkwartiere hier in Suid-Afrika was (en baie van hulle werk hier afgehandel is) was hulle ook verantwoordelik vir gaste vanuit die buiteland, vir die oorsese verspreiding van belangrike publikasies, die reëling van internasionale konferensies en die bywoning van seminare waar Suid-Afrika se sake aan die orde van die dag was.

Om die aktiwiteite en lotgevalle van hierdie drie manne in oënskou te neem, was ’n pynlike saak en dit het al my kragte gevra om, met selfbeheersing, neer te skryf wat met hulle gebeur het en die skreiende onreg wat hulle moes verduur.

Die stigting van ’n dinkskrum/studie-eenheid aan die Universiteit van Pretoria om die tergende ingewikkeldheid van veelvolkige gemeenskappe na te vors, veral in die konteks van Blank Suid-Afrika se oorlewingvereistes, was een van ons belangrikste inisiatiewe om verantwoordelike debatte oor politieke veranderinge in die sub-kontinent aan te wakker. Omdat dit in die maalstroom van die sogenaamde Info-skandaal ingesuig was, was die Instituut vir die Studie van Plurale Samelewing (IPSA) soos die eenheid bekend gestaan het – tot onmiddellike emaskulasie gedoem. Die openbaarmaking aan die pers aangaande die oorsprong van IPSA en sy geheime finansiering het die nuwe Botha-regime se besluit om IPSA te laat vaar bespoedig - ten spyte van die positiewe waardebepaling van sy werk deur mnr. P. W. Botha, mnr. Pik Botha en selfs die
Erasmus-Kommissie. Hierdie waardebepalings het maar net die lof wat IPSA sedert sy ontstaan in 1975 van oral oor die wêreld gekry het, onderstreep.

Dr. Connie Mulder en die Kabinetskomitee het die aanstelling van professor Nic Rhoodie as direkteur van die instituut eenparig goedgekeur, omdat hy destyds een van die mees produktiewe skrywers en internasionaal bekendste Sosioloë op die gebied van rasseverhoudinge in Suid-Afrika was. McGraw Hill, die grootste Amerikaanse uitgewer van universiteitshandboeke, het Nic Rhoodie as redakteur vir hul werk South African Dialogue gekies. Hy was ’n gas van die Britse en Amerikaanse regerings wat sy verligte standpunte raakgesien het lank voordat Suid-Afrika dit besef het. Sy doktorale-verhandeling was ’n monumentele ontleding van afsonderlike ontwikkeling en is aan Suid-Afrikaanse, Britse en Amerikaanse universiteite as verpligte leesstof oor die problematiek van Suid-Afrika voorgeskryf.

Die rasionalisasie vrye stigting van IPSA, verdien om genoem te word.
Van die begin van die sewentiger-jare af het die
Regering (agter geslote deure) toegegee dat sy beleid om die medebestaan van Blank en Swart te bevorder, destyds bekend as afsonderlike ontwikkeling, eenvoudig nie op amptelike vlak en in sy amptelike, oud-modieuse taal van die dag, aan die akademiese gemeenskap van die westerse wêreld verkoop kan word nie.

Hulle het ook geweet dat, in die buiteland, sosiale- en politieke wetenskaplikes, in teenstelling met Suid-Afrika, ’n betekenisvolle rol in die formulering van parlementêre- en regeringsstandpunte speel. Dikwels het selfs groot sake ondememings die universiteite genader om hulle te help om besluite aangaande, bv., beleggings in die Derde-Wêreld lande te neem.

Die magte wat deur die nuwe aandrang op die gebied van menseregte opgebou is het dit selfs nog moeiliker gemaak vir Suid-Afrika om sy bona fides aanvaar te kry.

In Suid-Afrika het die Regering, sy Ambassadeurs en sy Inligtingsamptenare, om nie eens sy Parlementslede te noem nie, ’n outydse terminologie gebruik wat die meningsvormers en besluitnemers in die buiteland of nie verstaan het nie, of die kruheid daarvan het Suid-Afrika se vriende laat krimp en sy vyande laat juig.

Hierdie stand van sake het Connie Mulder tydens sy uitgebreide besoeke aan die buiteland gedurende 1970 en 1971 opgeval. Hy het besef dat pogings om Suid-Afrika se beleid in terme van uitgediende intellektuele konsepte te rasionaliseer, meer hitte onder buitelandse waarnemers afgegee het waar die noodsaak nie meer hitte was nie, maar meer lig. Dr. Mulder het ook agtergekom dat die “eierkoppe” in die akademici, net soveel invloed agter die skerms in Washington, Londen, Parys en ander hoofstede van die westerse wêreld as sakelui, die generaals van die leër en die politici uitgeoefen het. Die Verenigde State was ’n treffende voorbeeld. Gedurende die tydperk van drie Presidentskappe was dit manne van die universiteite, Thorenson, Rostow, Kissinger, Brezinski en MacNamara wat die meeste invloed gehad het. Dit was die studies en artikels oor Suid-Afrika deur kundiges aan verskeie universiteite wat hulle weg na Kongreslede en na die Staatsdepartement gevind het.

Vir my was dit duidelik dat Suid-Afrika ’n akademiese geleibuis nodig gehad het om sy boodskap uit te dra en dat navorsing onderneem moes word en die Suid-Afrikaanse publiek oor die nuwe konsep in menseverhoudinge, die nuwe taalgebruik, ens. ingelig moes word. Dit was ’n idee wat ek aan die Kabinetskomitee tuisgebring het.

Dr. Mulder het besluit om deur, onder andere, verskeie Institute aan Suid-Afrikaanse universiteite te werk. Tien-duisende Rand het hul weg na die Sentrum vir Internasionale Politiek aan die Universiteit van Potchefstroom, gevind, na die Instituut vir Strategiese Studies aan die Universiteit van Pretoria, na professor Hennie Coetzee, ook aan Potchefstroom, en na verskeie
ander akademiese instansies, stigtings en individue in Suid-Afrika en elders in die wereld. Tussen 1973-1979 het bovermelde instansies sowat R196 000 in die geheim van ons ontvang.

Die vemaamste stoot sou egter deur die werk van IPSA aan die Universiteit van Pretoria verleen word.

Om die bal aan die rol te sit, het dr. Mulder die Rektor van die Universiteit van Pretoria, professor Eddie Hamman, vroeg in 1973 ingelig dat ek met hom in aanraking sou kom in verband met sekere voorstelle wat ek wou doen en dat dit mnr. Vorster se goedkeuring wegdra. Dit het ek in Mei 1973, tydens ’n middagmaal by die Tijuana Restaurant in Pretoria gedoen, met Hamman en wyle professor A.N. Pelzer, die universiteit se vise-rektor, teenwoordig. Professor Rhoodie was ook daar.

My voorstelle het om ’n reeks vertroulike navorsingsprojekte gesentreer wat diskriminasie in sy globale en nasionale konteks sou behels. Ek het die noodsaak van akademiese voortreflikheid beklemtoon en die redes vir die Regering se besluit verduidelik. Professore Hamman en Pelzer was albei baie entoesiasties oor die voorstel en het in beginsel onmiddellik toegestem.

Dit was duidelik dat Dr Mulder se gesprek met prof. Hamman die weg goed voorberei het.

Vroeg in 1974 het ek weer Professor Hamman en Pelzer in Hamman se kantoor by die Universiteit van Pretoria ontmoet. Hierdie keer was my senior adjunk-sekretaris asook die aangewese direkteur van IPSA ook teenwoordig.
Die tweede geheime ontmoeting was beslissend in die beplanning, die stigting en die finansiering van die navorsingsinstituut. Ons het besluit dat die voorgenome instituut (IPSA) as ’n gewone navorsingsorgaan van die universiteit sou funksioneer. Ek het Prof. Hamman verseker dat die staat jaarliks al die fondse om IPSA se begroting te dek, in die geheim sou voorsien. Ek het ook
aan Prof. Hamman verduidelik hoe die finansiële oordrag sou plaasvind, nl. via sogenaamde “donateurs” uit die privaat sektor. IPSA se fondse sou deur die universiteit se rekening-afdeling soos enige ander donasie geadministreer word. Alle uitgawes sou gehanteer en ge-oudit word soos die van enige ander afdeling van die universiteit.

Van sy kant het Professor Hamman aanbeveling gedoen oor hoe die vertroulike aard van die voorgenome instituut en sy finansiering binne die raamwerk van die universiteit beveilig kon word en hoe om voorsorg te maak dat die instituut onder die kontrole sal bly van mense wat op die vereistes en positiewe oogmerke van die instituut ingestel is. Daarom is daar besluit dat professor Pelzer op die Instituut se Beheerraad sou dien.

Aan die end van ons samesprekings het Professore Hamman en Pelzer presies geweet wat die oogmerke van IPSA was, hoe dit gefinansier sou word en waar die fondse vandaan sou kom.

Onheil het ons byna in ’n baie vroeë stadium getref toe professor P.J. Coertze van die Departement van Antropologie in ’n vergadering van die Fakulteit van Lettere en Wysbegeerte opgestaan het om die plan om so ’n instituut te stig, aan te val. Hy het in onomwonde terme gewaarsku dat “die voorgenome instituut op die duur, die saak van rasse-integrasie in Suid-Afrika sou bevorder”. Ondersteun deur ’n klein aantal verkrampte professore, het hy daarop aangedring dat die Fakulteit die voorgenome instituut moes verwerp.
Alhoewel dit afgekeer is, kon die verkrampte aanslag op die ongebore IPSA nie beter in IPSA se kraal te pas gekom het nie. ’n Verkrampte aanslag kon net die gemagtigd-liberale ideologiese beeld wat IPSA as ’n voorvereiste vir operasionele lewensvatbaarheid in die buiteland gesien het, ’n hupstoot gee.
Uiteindelik het dit die eerste en enigste Instituut aan die Universiteit van Pretoria geword wat nie alleen ’n liberale akademiese beeld geniet het nie, maar twee nie-Blanke Universiteitshoofde op sy Raad gehad het. Om dit te vermag, is dr. Mulder en ek deur Prof. Hamman gevra om die aanstellings op die hoogste vlak uit te klaar. Mnr Vorster het ingestem en met mnr. M.C. Botha se goedkeuring in my sak het ek weer professor Hamman in sy kantoor ontmoet om die regering se goedkeuring oor te dra.

Toe die stigting van die nuutste instituut aan die Universiteit van Pretoria uiteindelik op Maandag, 28 Julie 1975 in die Constantia-klub gevier is, is die doelstellings van die instituut soos volg uiteengesit:

“IPSA, ’n instituut wat binne die Departement Sosiologie van die Universiteit van Pretoria sal funksioneer se hooftaak sal sentreer op die studie van
die besondere probleme van samelewings met ’n duidelike heterogeniteit in terme van historiese, etniese, taal, geloofs, rasse, kaste- en klasseverskille.

Vir die doel sal IPSA se belangstelling verder as slegs die grense van Suid-Afrika uitkring. In die besonder wil IPSA by wyse van vergelykende ontledings probeer aantoon in watter mate die Republiek se eie tussengroepsverhoudinge met die van ander samelewings in ander lande verskil en of ooreenstem ... Die standpunt word onderskryf dat vergelykende studies sal aantoon dat die Republiek se verhoudingsprobleme in verskeie opsigte nie so uniek is as wat die meeste mense geneig is om te glo nie; inteendeel dat kennis van plurale samelewings elders ons veel kan help om ons eie tussengroepverhoudinge beter te begryp. Dit is om die rede dat IPSA hom in die besonder sal beywer vir samewerking met buitelandse institute en navorsers
wat op dieselfde terrein spesialiseer bv. in die vorm van gesamentlike projekte, internasionale kongresse, ens
... IPSA beoog verder die opbou van ’n gesaghebbende databank... hoofsaak sal egter wees om pluraliteit in terme van taal, geloof, lewenstyl, historiese agtergrond, etniese en rasse identiteit, kaste en klas deur middel van wetenskaplike studie in internasionale perspektief te plaas ... IPSA sal dus akademies ’n sterk uitwaartse beleid volg, ’n beleid wat hom in aanraking sal bring met talle buitelandse geleerdes wie se kennis en ervaring ook tot groot voordeel van navorsing oor Suid-Afrika se eie heterogene bevolkingsamestelling benut sal kan word ...”

Dit was die instituut se akademiese aansig. Sy formele mandaat. Maar toe die Kemp-Kommissie die oogmerke van die instituut vir die oorweging van die nuwe kabinet van mnr. P.W. Botha opgesom het, is die volgende vroeëre uiteensetting woordeliks opgeneem: “Die gesegde dat die pen (en idees) magtiger as die swaard is mag wel ’n cliche wees, maar dit bly ’n historiese en empiries-bewese feit. Idees, ideologieë en filosofieë (Christendom, Demokrasie, Nasionalisme, Kommunisme, ens.) het almal bewys om magtiger as die swaard te wees. Hierdie idees het gebloei, is gepropageer en deur intellektuele kommunikasie versprei en nie deur die direkte tussenkoms van politieke leiers, regerings of state nie. Hieruit kan ons aflei dat Suid-Afrika se saak ongetwyfeld beïnvloed sal word deur die prosesse van intellektuele kommunikasie - veral in ’n wêreld met toenemende raakpunte tussen regerings en mense, in alle velde van menslike ondememings en gedragsuitinge.
“In hierdie spesifieke konteks is die akademiese vlak van toenemende belang - soos die huidige twispunt oor menseregte aandui.
“Vandag speel die intellektuele elite (soos verteenwoordig in professionele sake- en akademiese-kringe) ’n toenemende rol in die weerspieëling, konstruksie, rasionalisering en bepaling van ’n land se nasionale beeld, by uitstek in verband met ’n land se leefwyse, menseverhoudings, menseregte-rekord, ens. In teenstelling word die handelinge en inisiatiewe van regerings in hierdie areas al hoe minder effektief - selfs verdag
... Die akademiese, intellektuele en professionele kanaal word dus ’n toenemend belangrike geleiding waardeur die top-beleidmakers in die westerse gemeenskappe bereik kan word ... En dit is in hierdie sfeer dat IPSA sy grootste bydrae kan maak. In die stryd om die gees van die mens, sal die intellektuele elite met veel groter sukses as die politici en regeringsamptenare kon optree.”

Die instituut het sy waarde as ’n top-gehalte dinkskrum, die eerste in Suid-Afrika, bewys.
IPSA was by meer as een geleentheid deur die Universiteit van Pretoria vir die gehalte van sy werk hoog aangeskryf. ’n Onverbonde akademiese en administratiewe komitee, spesiaal deur die universiteit opgestel om die aktiwiteite van al die institute wat aan die universiteit verbonde is te monitor en te evalueer, het IPSA hoog aangeprys.
IPSA was nie alleenlik by verskeie belangrike konferensies en simposia in die buiteland verteenwoordig nie, maar die instituut het selfs van die
suksesvolste konferensies gereël wat ooit in Suid-Afrika en die VS A gehou is bv. in Kaapstad in Mei 1977 en in New York in Oktober 1978.
In Oktober 1976 het IPSA ’n een-dag simposium in Bellville aangebied om Kleurling-en Blanke-leiers ’n geleentheid te bied om mekaar te ontmoet en om die Theron-Kommissie se verslag in ’n atmosfeer van akademiese neutraliteit en kalmte te debateer.


‘n Tweede belangrike konferensie is in Kaapstad vanaf 24 tot 26 Mei 1977 oor tussengroep akkomodasie in ’n veelvolkige gemeenskap aangebied. Dit was die grootste internasionale konferensie van sy soort wat in Suid-Afrika gehou is. Aan die einde het prof. W.F. Gutteridge, van die Universiteit van Aston in Birmingham, aan die direkteur van IPSA as volg geskryf:

“Hierdie is ’n ietwat vertraagde brief van waardering vir die manier waarop die Konferensie oor Veelvolkige Gemeenskappe in Kaapstad behartig is. Ek dink ek kan met reg sê dat dit die mees bruikbare en konstruktiewe konferensie was oor hierdie soort onderwerp, wat ek nog ooit bygewoon het. Van my kant het ek die geleentheid vir reguit en objektiewe geskilpunte verwelkom, en hoop dat u op u beurt, die resultate daarvan, in hierdie terme, bruikbaar vind. Ek hoop ook dat ek weer die geleentheid mag hê om deel te neem aan wat sekerlik ’n voortgaande gesprek sal wees”.

Professor Talcott Parsons, die senior wêreldberoemde lid van die internasionale familie van sosioloë het die Kaapstad-konferensie beskryf as een van die mees vrugbare wat hy nog ooit bygewoon het. Dit was sy eerste en enigste besoek aan Suid-Afrika. Professor Parsons het IPSA ook ’n pluimpie gegee oor die hoë professionele standaard van die verrigtinge.

’n Ander belangrike konferensie was die een oor veelvolkigheid in Suid-Afrika en wat in New York vanaf 23 tot 25 Oktober, 1978 gehou is. Die lys van afgevaardigdes vir die konferensie het soos die belangrike personeregister op die gebied van Sosiologie en Politieke Wetenskap gelees. Onder die eenhonderd afgevaardigdes was: Prof. K. Aoyagi van die Intemasionale Universiteit, Mitaka, Japan; dr. Walter Becher van die Duitse Bundestag; prof. Ralph Brabanti, professor van Politieke Wetenskap, Duke Universiteit, VSA; prof. Theodor Hanf, Arnold Bergstrasser instituut, Freibourg, Duitsland; prof. Arend Lijphart, Leiden Universiteit, Holland; prof. Seymour Lippset, professor van Politieke Wetenskap, Hoover Instituut vir Oorlog, Revolusie en Vrede, Stanford Universiteit, VSA: prof. Clare Palley, Universiteit van Kent, Engeland; dr. William Schneider van die Hudson Instituut, New York; dr. Richard Segay van die Carnegie Endowment, Washington; dr. Leonard Sussman, direkteur, Freedom House, New York; prof. Jiro Suzuki, Universiteit van Tokio, Japan, en andere.

IPSA het ook vele publikasies gepubliseer en het ’n selektiewe adreslys gehad wat oor jare van internasionale kontak versigtig opgebou is, insluitend honderde toonaangewende akademici in die westerse wêreld, Japan en Afrika en meer as veertig belangrike politieke- en sosiale-navorsingsinstitute en stigtings. IPSA het nie alleenlik deur middel van sy publikasies na die intellektuele gemeenskap van die weste uitgereik om die gekompliseerdheid van Suid-Afrika en die geloofwaardigheid van sy leiers uiteen te sit nie, maar dit het ook gepoog om probleem-areas in Suid-Afrika self bloot te lê. IPSA het monografiee gepubliseer, wat gestrek het van minderheidsprobleme in die Sowjet-Unie, tot Swart-verstedeliking in Suid-Afrika. Die verrigtinge van die Kaapstad-konferensie was deur MacMillans in Londen onder die titel, Intergroup Accomodation in Plural Societies gepubliseer. ’n Bybehorende deel gebaseer op die New York konferensie is laat in 1980 gepubliseer, getiteld: Conflict Regulation in Southern Africa.

IPSA het navorsing oor diverse vraagstukke gefinansier bv: oor die rol wat televisie in groepskonflik situasies gespeel het; politieke en ekonomiese samewerking in Suid-Afrika; Streeks- en ekologiese geskille in Libië se veelvolkige gemeenskap; veranderinge in politieke sienswyses van studente; beleidsuitweë vir demokratiese naasbestaan in Suid-Afrika, ens.

IPSA het ook sy databank ingestel en ’n gespesialiseerde biblioteek van publikasies met betrekking tot die studie van veelvolkige gemeenskappe opgebou.

Twee van die mees belangrike studies wat die instituut voltooi het, is tot dusver nog nie vir openbare gebruik vrygestel nie - vir redelik ooglopende redes.

Die een, getitel South Africa: A Cartographic Profile of a Plural Society was op sy tyd ’n unieke opname van die geografiese verspreiding van nie-Blanke gemeenskappe van Suid-Afrika. Spesiale kleurkaarte is geteken om aan te dui in hoeveel van die meer as 340 landdros-distrikte in Suid-Afrika die Blankes nog die meerderheid uitmaak. Die antwoord? Net in sowat ’n half-dosyn. ’n Meer uitvoerige landswye opname het oor die sienswyse van Kleurling, Indiër en Swart meningsleiers betreffende sekere sosio-politieke vraagstukke gehandel. Op daardie tydstip was dit die mees uitgebreide opname van sy soort wat ooit in Suid-Afrika onderneem is. Die bevindinge sou in drie verslae saamgevat word, een vir elk van die Kleurling-, Indiër- en Swart-groepe.

Die Kleurling-en Indiër-opnames destyds het onthul dat die regering se planne vir afsonderlike Parlemente vir Asiërs en Kleurlinge nie die steun van Asiër en Kleurlingleiers sou kry nie.

Die jongste konstitusionele verwikkelinge toon dat die regering in sy oorspronklike voorgestelde meervoudige Parlementêre stelsel vertroue verloor het.
In hierdie opsig kan die impak van die IPSA opname nie buite rekening gelaat word nie.

Wat die opname onder die Swart leiers blootgelê het, is nog vertroulik, maar ek het genoeg van die voorlopige bevindinge gesien om te beweer dat die Regering ook die verkeerde perd in sy hantering van die politieke aspirasies van die Swartman opgesaal het.

IPSA het die vertroue en vrymoedigheid van talle vooraanstaande politieke en sosiaal-wetenskaplikes in die westerse wêreld geniet.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2663 gaste aanlyn