Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Bekerings wat nie hou nie, was nooit bekerings nie, en is emosie en soos die saad van die saaier wat opgekom en gou verwelk het. Ware bekerings hou stand!
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (14)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, spreek van veragtelike motiewe en handeling.
SUIDELIKE AFRIKA
Dit is moeilik om binne perke van een hoofstuk al die geheime projekte in Suider-Afrika te behandel, daarom is sekere belangrike projekte aangaande Suidwes-Afrika en Rhodesië elders behandel, sommige in die hoofstuk wat op hierdie een volg terwyl ander reeds elders genoem is.
Hierdie hoofstuk gaan hoofsaaklik handel oor die werk en lotgevalle van drie manne wat in uiters belangrike en vrugbare geheime projekte in Suid-Afrika en in die buiteland diep betrokke was. Terwyl hul hoofkwartiere hier in Suid-Afrika was (en baie van hulle werk hier afgehandel is) was hulle ook verantwoordelik vir gaste vanuit die buiteland, vir die oorsese verspreiding van belangrike publikasies, die reëling van internasionale konferensies en die bywoning van seminare waar Suid-Afrika se sake aan die orde van die dag was.
Om die aktiwiteite en lotgevalle van hierdie drie manne in oënskou te neem, was ’n pynlike saak en dit het al my kragte gevra om, met selfbeheersing, neer te skryf wat met hulle gebeur het en die skreiende onreg wat hulle moes verduur.
Die stigting van ’n dinkskrum/studie-eenheid aan die Universiteit van Pretoria om die tergende ingewikkeldheid van veelvolkige gemeenskappe na te vors, veral in die konteks van Blank Suid-Afrika se oorlewingvereistes, was een van ons belangrikste inisiatiewe om verantwoordelike debatte oor politieke veranderinge in die sub-kontinent aan te wakker. Omdat dit in die maalstroom van die sogenaamde Info-skandaal ingesuig was, was die Instituut vir die Studie van Plurale Samelewing (IPSA) soos die eenheid bekend gestaan het – tot onmiddellike emaskulasie gedoem. Die openbaarmaking aan die pers aangaande die oorsprong van IPSA en sy geheime finansiering het die nuwe Botha-regime se besluit om IPSA te laat vaar bespoedig - ten spyte van die positiewe waardebepaling van sy werk deur mnr. P. W. Botha, mnr. Pik Botha en selfs die
Erasmus-Kommissie. Hierdie waardebepalings het maar net die lof wat IPSA sedert sy ontstaan in 1975 van oral oor die wêreld gekry het, onderstreep.
Dr. Connie Mulder en die Kabinetskomitee het die aanstelling van professor Nic Rhoodie as direkteur van die instituut eenparig goedgekeur, omdat hy destyds een van die mees produktiewe skrywers en internasionaal bekendste Sosioloë op die gebied van rasseverhoudinge in Suid-Afrika was. McGraw Hill, die grootste Amerikaanse uitgewer van universiteitshandboeke, het Nic Rhoodie as redakteur vir hul werk South African Dialogue gekies. Hy was ’n gas van die Britse en Amerikaanse regerings wat sy verligte standpunte raakgesien het lank voordat Suid-Afrika dit besef het. Sy doktorale-verhandeling was ’n monumentele ontleding van afsonderlike ontwikkeling en is aan Suid-Afrikaanse, Britse en Amerikaanse universiteite as verpligte leesstof oor die problematiek van Suid-Afrika voorgeskryf.
Die rasionalisasie vrye stigting van IPSA, verdien om genoem te word.
Van die begin van die sewentiger-jare af het die Regering (agter geslote deure) toegegee dat sy beleid om die medebestaan van Blank en Swart te bevorder, destyds bekend as afsonderlike ontwikkeling, eenvoudig nie op amptelike vlak en in sy amptelike, oud-modieuse taal van die dag, aan die akademiese gemeenskap van die westerse wêreld verkoop kan word nie.
Hulle het ook geweet dat, in die buiteland, sosiale- en politieke wetenskaplikes, in teenstelling met Suid-Afrika, ’n betekenisvolle rol in die formulering van parlementêre- en regeringsstandpunte speel. Dikwels het selfs groot sake ondememings die universiteite genader om hulle te help om besluite aangaande, bv., beleggings in die Derde-Wêreld lande te neem.
Die magte wat deur die nuwe aandrang op die gebied van menseregte opgebou is het dit selfs nog moeiliker gemaak vir Suid-Afrika om sy bona fides aanvaar te kry.
In Suid-Afrika het die Regering, sy Ambassadeurs en sy Inligtingsamptenare, om nie eens sy Parlementslede te noem nie, ’n outydse terminologie gebruik wat die meningsvormers en besluitnemers in die buiteland of nie verstaan het nie, of die kruheid daarvan het Suid-Afrika se vriende laat krimp en sy vyande laat juig.
Hierdie stand van sake het Connie Mulder tydens sy uitgebreide besoeke aan die buiteland gedurende 1970 en 1971 opgeval. Hy het besef dat pogings om Suid-Afrika se beleid in terme van uitgediende intellektuele konsepte te rasionaliseer, meer hitte onder buitelandse waarnemers afgegee het waar die noodsaak nie meer hitte was nie, maar meer lig. Dr. Mulder het ook agtergekom dat die “eierkoppe” in die akademici, net soveel invloed agter die skerms in Washington, Londen, Parys en ander hoofstede van die westerse wêreld as sakelui, die generaals van die leër en die politici uitgeoefen het. Die Verenigde State was ’n treffende voorbeeld. Gedurende die tydperk van drie Presidentskappe was dit manne van die universiteite, Thorenson, Rostow, Kissinger, Brezinski en MacNamara wat die meeste invloed gehad het. Dit was die studies en artikels oor Suid-Afrika deur kundiges aan verskeie universiteite wat hulle weg na Kongreslede en na die Staatsdepartement gevind het.
Vir my was dit duidelik dat Suid-Afrika ’n akademiese geleibuis nodig gehad het om sy boodskap uit te dra en dat navorsing onderneem moes word en die Suid-Afrikaanse publiek oor die nuwe konsep in menseverhoudinge, die nuwe taalgebruik, ens. ingelig moes word. Dit was ’n idee wat ek aan die Kabinetskomitee tuisgebring het.
Dr. Mulder het besluit om deur, onder andere, verskeie Institute aan Suid-Afrikaanse universiteite te werk. Tien-duisende Rand het hul weg na die Sentrum vir Internasionale Politiek aan die Universiteit van Potchefstroom, gevind, na die Instituut vir Strategiese Studies aan die Universiteit van Pretoria, na professor Hennie Coetzee, ook aan Potchefstroom, en na verskeie
ander akademiese instansies, stigtings en individue in Suid-Afrika en elders in die wereld. Tussen 1973-1979 het bovermelde instansies sowat R196 000 in die geheim van ons ontvang.
Die vemaamste stoot sou egter deur die werk van IPSA aan die Universiteit van Pretoria verleen word.
Om die bal aan die rol te sit, het dr. Mulder die Rektor van die Universiteit van Pretoria, professor Eddie Hamman, vroeg in 1973 ingelig dat ek met hom in aanraking sou kom in verband met sekere voorstelle wat ek wou doen en dat dit mnr. Vorster se goedkeuring wegdra. Dit het ek in Mei 1973, tydens ’n middagmaal by die Tijuana Restaurant in Pretoria gedoen, met Hamman en wyle professor A.N. Pelzer, die universiteit se vise-rektor, teenwoordig. Professor Rhoodie was ook daar.
My voorstelle het om ’n reeks vertroulike navorsingsprojekte gesentreer wat diskriminasie in sy globale en nasionale konteks sou behels. Ek het die noodsaak van akademiese voortreflikheid beklemtoon en die redes vir die Regering se besluit verduidelik. Professore Hamman en Pelzer was albei baie entoesiasties oor die voorstel en het in beginsel onmiddellik toegestem.
Dit was duidelik dat Dr Mulder se gesprek met prof. Hamman die weg goed voorberei het.
Vroeg in 1974 het ek weer Professor Hamman en Pelzer in Hamman se kantoor by die Universiteit van Pretoria ontmoet. Hierdie keer was my senior adjunk-sekretaris asook die aangewese direkteur van IPSA ook teenwoordig.
Die tweede geheime ontmoeting was beslissend in die beplanning, die stigting en die finansiering van die navorsingsinstituut. Ons het besluit dat die voorgenome instituut (IPSA) as ’n gewone navorsingsorgaan van die universiteit sou funksioneer. Ek het Prof. Hamman verseker dat die staat jaarliks al die fondse om IPSA se begroting te dek, in die geheim sou voorsien. Ek het ook
aan Prof. Hamman verduidelik hoe die finansiële oordrag sou plaasvind, nl. via sogenaamde “donateurs” uit die privaat sektor. IPSA se fondse sou deur die universiteit se rekening-afdeling soos enige ander donasie geadministreer word. Alle uitgawes sou gehanteer en ge-oudit word soos die van enige ander afdeling van die universiteit.
Van sy kant het Professor Hamman aanbeveling gedoen oor hoe die vertroulike aard van die voorgenome instituut en sy finansiering binne die raamwerk van die universiteit beveilig kon word en hoe om voorsorg te maak dat die instituut onder die kontrole sal bly van mense wat op die vereistes en positiewe oogmerke van die instituut ingestel is. Daarom is daar besluit dat professor Pelzer op die Instituut se Beheerraad sou dien.
Aan die end van ons samesprekings het Professore Hamman en Pelzer presies geweet wat die oogmerke van IPSA was, hoe dit gefinansier sou word en waar die fondse vandaan sou kom.
Onheil het ons byna in ’n baie vroeë stadium getref toe professor P.J. Coertze van die Departement van Antropologie in ’n vergadering van die Fakulteit van Lettere en Wysbegeerte opgestaan het om die plan om so ’n instituut te stig, aan te val. Hy het in onomwonde terme gewaarsku dat “die voorgenome instituut op die duur, die saak van rasse-integrasie in Suid-Afrika sou bevorder”. Ondersteun deur ’n klein aantal verkrampte professore, het hy daarop aangedring dat die Fakulteit die voorgenome instituut moes verwerp.
Alhoewel dit afgekeer is, kon die verkrampte aanslag op die ongebore IPSA nie beter in IPSA se kraal te pas gekom het nie. ’n Verkrampte aanslag kon net die gemagtigd-liberale ideologiese beeld wat IPSA as ’n voorvereiste vir operasionele lewensvatbaarheid in die buiteland gesien het, ’n hupstoot gee.
Uiteindelik het dit die eerste en enigste Instituut aan die Universiteit van Pretoria geword wat nie alleen ’n liberale akademiese beeld geniet het nie, maar twee nie-Blanke Universiteitshoofde op sy Raad gehad het. Om dit te vermag, is dr. Mulder en ek deur Prof. Hamman gevra om die aanstellings op die hoogste vlak uit te klaar. Mnr Vorster het ingestem en met mnr. M.C. Botha se goedkeuring in my sak het ek weer professor Hamman in sy kantoor ontmoet om die regering se goedkeuring oor te dra.
Toe die stigting van die nuutste instituut aan die Universiteit van Pretoria uiteindelik op Maandag, 28 Julie 1975 in die Constantia-klub gevier is, is die doelstellings van die instituut soos volg uiteengesit:
“IPSA, ’n instituut wat binne die Departement Sosiologie van die Universiteit van Pretoria sal funksioneer se hooftaak sal sentreer op die studie van
die besondere probleme van samelewings met ’n duidelike heterogeniteit in terme van historiese, etniese, taal, geloofs, rasse, kaste- en klasseverskille.
Vir die doel sal IPSA se belangstelling verder as slegs die grense van Suid-Afrika uitkring. In die besonder wil IPSA by wyse van vergelykende ontledings probeer aantoon in watter mate die Republiek se eie tussengroepsverhoudinge met die van ander samelewings in ander lande verskil en of ooreenstem ... Die standpunt word onderskryf dat vergelykende studies sal aantoon dat die Republiek se verhoudingsprobleme in verskeie opsigte nie so uniek is as wat die meeste mense geneig is om te glo nie; inteendeel dat kennis van plurale samelewings elders ons veel kan help om ons eie tussengroepverhoudinge beter te begryp. Dit is om die rede dat IPSA hom in die besonder sal beywer vir samewerking met buitelandse institute en navorsers
wat op dieselfde terrein spesialiseer bv. in die vorm van gesamentlike projekte, internasionale kongresse, ens ... IPSA beoog verder die opbou van ’n gesaghebbende databank... hoofsaak sal egter wees om pluraliteit in terme van taal, geloof, lewenstyl, historiese agtergrond, etniese en rasse identiteit, kaste en klas deur middel van wetenskaplike studie in internasionale perspektief te plaas ... IPSA sal dus akademies ’n sterk uitwaartse beleid volg, ’n beleid wat hom in aanraking sal bring met talle buitelandse geleerdes wie se kennis en ervaring ook tot groot voordeel van navorsing oor Suid-Afrika se eie heterogene bevolkingsamestelling benut sal kan word ...”
Dit was die instituut se akademiese aansig. Sy formele mandaat. Maar toe die Kemp-Kommissie die oogmerke van die instituut vir die oorweging van die nuwe kabinet van mnr. P.W. Botha opgesom het, is die volgende vroeëre uiteensetting woordeliks opgeneem: “Die gesegde dat die pen (en idees) magtiger as die swaard is mag wel ’n cliche wees, maar dit bly ’n historiese en empiries-bewese feit. Idees, ideologieë en filosofieë (Christendom, Demokrasie, Nasionalisme, Kommunisme, ens.) het almal bewys om magtiger as die swaard te wees. Hierdie idees het gebloei, is gepropageer en deur intellektuele kommunikasie versprei en nie deur die direkte tussenkoms van politieke leiers, regerings of state nie. Hieruit kan ons aflei dat Suid-Afrika se saak ongetwyfeld beïnvloed sal word deur die prosesse van intellektuele kommunikasie - veral in ’n wêreld met toenemende raakpunte tussen regerings en mense, in alle velde van menslike ondememings en gedragsuitinge.
“In hierdie spesifieke konteks is die akademiese vlak van toenemende belang - soos die huidige twispunt oor menseregte aandui.
“Vandag speel die intellektuele elite (soos verteenwoordig in professionele sake- en akademiese-kringe) ’n toenemende rol in die weerspieëling, konstruksie, rasionalisering en bepaling van ’n land se nasionale beeld, by uitstek in verband met ’n land se leefwyse, menseverhoudings, menseregte-rekord, ens. In teenstelling word die handelinge en inisiatiewe van regerings in hierdie areas al hoe minder effektief - selfs verdag ... Die akademiese, intellektuele en professionele kanaal word dus ’n toenemend belangrike geleiding waardeur die top-beleidmakers in die westerse gemeenskappe bereik kan word ... En dit is in hierdie sfeer dat IPSA sy grootste bydrae kan maak. In die stryd om die gees van die mens, sal die intellektuele elite met veel groter sukses as die politici en regeringsamptenare kon optree.”
Die instituut het sy waarde as ’n top-gehalte dinkskrum, die eerste in Suid-Afrika, bewys.
IPSA was by meer as een geleentheid deur die Universiteit van Pretoria vir die gehalte van sy werk hoog aangeskryf. ’n Onverbonde akademiese en administratiewe komitee, spesiaal deur die universiteit opgestel om die aktiwiteite van al die institute wat aan die universiteit verbonde is te monitor en te evalueer, het IPSA hoog aangeprys.
IPSA was nie alleenlik by verskeie belangrike konferensies en simposia in die buiteland verteenwoordig nie, maar die instituut het selfs van die
suksesvolste konferensies gereël wat ooit in Suid-Afrika en die VS A gehou is bv. in Kaapstad in Mei 1977 en in New York in Oktober 1978.
In Oktober 1976 het IPSA ’n een-dag simposium in Bellville aangebied om Kleurling-en Blanke-leiers ’n geleentheid te bied om mekaar te ontmoet en om die Theron-Kommissie se verslag in ’n atmosfeer van akademiese neutraliteit en kalmte te debateer.
‘n Tweede belangrike konferensie is in Kaapstad vanaf 24 tot 26 Mei 1977 oor tussengroep akkomodasie in ’n veelvolkige gemeenskap aangebied. Dit was die grootste internasionale konferensie van sy soort wat in Suid-Afrika gehou is. Aan die einde het prof. W.F. Gutteridge, van die Universiteit van Aston in Birmingham, aan die direkteur van IPSA as volg geskryf:
“Hierdie is ’n ietwat vertraagde brief van waardering vir die manier waarop die Konferensie oor Veelvolkige Gemeenskappe in Kaapstad behartig is. Ek dink ek kan met reg sê dat dit die mees bruikbare en konstruktiewe konferensie was oor hierdie soort onderwerp, wat ek nog ooit bygewoon het. Van my kant het ek die geleentheid vir reguit en objektiewe geskilpunte verwelkom, en hoop dat u op u beurt, die resultate daarvan, in hierdie terme, bruikbaar vind. Ek hoop ook dat ek weer die geleentheid mag hê om deel te neem aan wat sekerlik ’n voortgaande gesprek sal wees”.
Professor Talcott Parsons, die senior wêreldberoemde lid van die internasionale familie van sosioloë het die Kaapstad-konferensie beskryf as een van die mees vrugbare wat hy nog ooit bygewoon het. Dit was sy eerste en enigste besoek aan Suid-Afrika. Professor Parsons het IPSA ook ’n pluimpie gegee oor die hoë professionele standaard van die verrigtinge.
’n Ander belangrike konferensie was die een oor veelvolkigheid in Suid-Afrika en wat in New York vanaf 23 tot 25 Oktober, 1978 gehou is. Die lys van afgevaardigdes vir die konferensie het soos die belangrike personeregister op die gebied van Sosiologie en Politieke Wetenskap gelees. Onder die eenhonderd afgevaardigdes was: Prof. K. Aoyagi van die Intemasionale Universiteit, Mitaka, Japan; dr. Walter Becher van die Duitse Bundestag; prof. Ralph Brabanti, professor van Politieke Wetenskap, Duke Universiteit, VSA; prof. Theodor Hanf, Arnold Bergstrasser instituut, Freibourg, Duitsland; prof. Arend Lijphart, Leiden Universiteit, Holland; prof. Seymour Lippset, professor van Politieke Wetenskap, Hoover Instituut vir Oorlog, Revolusie en Vrede, Stanford Universiteit, VSA: prof. Clare Palley, Universiteit van Kent, Engeland; dr. William Schneider van die Hudson Instituut, New York; dr. Richard Segay van die Carnegie Endowment, Washington; dr. Leonard Sussman, direkteur, Freedom House, New York; prof. Jiro Suzuki, Universiteit van Tokio, Japan, en andere.
IPSA het ook vele publikasies gepubliseer en het ’n selektiewe adreslys gehad wat oor jare van internasionale kontak versigtig opgebou is, insluitend honderde toonaangewende akademici in die westerse wêreld, Japan en Afrika en meer as veertig belangrike politieke- en sosiale-navorsingsinstitute en stigtings. IPSA het nie alleenlik deur middel van sy publikasies na die intellektuele gemeenskap van die weste uitgereik om die gekompliseerdheid van Suid-Afrika en die geloofwaardigheid van sy leiers uiteen te sit nie, maar dit het ook gepoog om probleem-areas in Suid-Afrika self bloot te lê. IPSA het monografiee gepubliseer, wat gestrek het van minderheidsprobleme in die Sowjet-Unie, tot Swart-verstedeliking in Suid-Afrika. Die verrigtinge van die Kaapstad-konferensie was deur MacMillans in Londen onder die titel, Intergroup Accomodation in Plural Societies gepubliseer. ’n Bybehorende deel gebaseer op die New York konferensie is laat in 1980 gepubliseer, getiteld: Conflict Regulation in Southern Africa.
IPSA het navorsing oor diverse vraagstukke gefinansier bv: oor die rol wat televisie in groepskonflik situasies gespeel het; politieke en ekonomiese samewerking in Suid-Afrika; Streeks- en ekologiese geskille in Libië se veelvolkige gemeenskap; veranderinge in politieke sienswyses van studente; beleidsuitweë vir demokratiese naasbestaan in Suid-Afrika, ens.
IPSA het ook sy databank ingestel en ’n gespesialiseerde biblioteek van publikasies met betrekking tot die studie van veelvolkige gemeenskappe opgebou.
Twee van die mees belangrike studies wat die instituut voltooi het, is tot dusver nog nie vir openbare gebruik vrygestel nie - vir redelik ooglopende redes.
Die een, getitel South Africa: A Cartographic Profile of a Plural Society was op sy tyd ’n unieke opname van die geografiese verspreiding van nie-Blanke gemeenskappe van Suid-Afrika. Spesiale kleurkaarte is geteken om aan te dui in hoeveel van die meer as 340 landdros-distrikte in Suid-Afrika die Blankes nog die meerderheid uitmaak. Die antwoord? Net in sowat ’n half-dosyn. ’n Meer uitvoerige landswye opname het oor die sienswyse van Kleurling, Indiër en Swart meningsleiers betreffende sekere sosio-politieke vraagstukke gehandel. Op daardie tydstip was dit die mees uitgebreide opname van sy soort wat ooit in Suid-Afrika onderneem is. Die bevindinge sou in drie verslae saamgevat word, een vir elk van die Kleurling-, Indiër- en Swart-groepe.
Die Kleurling-en Indiër-opnames destyds het onthul dat die regering se planne vir afsonderlike Parlemente vir Asiërs en Kleurlinge nie die steun van Asiër en Kleurlingleiers sou kry nie.
Die jongste konstitusionele verwikkelinge toon dat die regering in sy oorspronklike voorgestelde meervoudige Parlementêre stelsel vertroue verloor het.
In hierdie opsig kan die impak van die IPSA opname nie buite rekening gelaat word nie.
Wat die opname onder die Swart leiers blootgelê het, is nog vertroulik, maar ek het genoeg van die voorlopige bevindinge gesien om te beweer dat die Regering ook die verkeerde perd in sy hantering van die politieke aspirasies van die Swartman opgesaal het.
IPSA het die vertroue en vrymoedigheid van talle vooraanstaande politieke en sosiaal-wetenskaplikes in die westerse wêreld geniet.
Vervolg...