NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Geen plig word so onderskat soos dié om gelukkig te wees nie.  Die lewe, of dit die jeug of ouderdom is, is altyd betowerend indien ‘n mens dit deur die regte bril bekyk. God wil dat gelowiges hul lewe moet geniet. ‘n Gelukkige hart verteenwoordig ‘n gesonde gees!

DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (12)

Dr Eschel Rhoodie (1984)

Lees reeks by Die ware inligtingskandaal

Gedurende die sewentiger-jare het ons ook groot probleme in Brittanje gehad met besware van oor die algemeen goedgesinde ondersteuners oor die regstelsel in Suid-Afrika en die inperking van sogenaamde politieke gevangenes. Daar was groot besorgdheid oor lewensverlies van persone in afsonderlike opsluiting. Met goeie rede. Kritiek op onderskeid in vonnisse wat aan Swart en Wit vir dieselfde oortreding opgelê is, het op alle vlakke in gesprekke opgeduik. Die kritiek het nie van die linksgesindes, wat Suid-Afrika voortdurend as ’n polisiestaat afgemaak het gekom nie, maar van vriende van Suid-Afrika, uit konserwatiewe politieke kringe en van die normaalweg, swygende Britse meerderheid.

In die verlede het die Regering deur middel van verskeie publikasies probeer om lig op die Suid-Afrikaanse regs-en gevangenisstelsel te werp en het selfs gedurende my voorganger se dienstermyn, ’n boek oor Suid-Afrikaanse gevangenisse gepubliseer. Maar dit was so lomp dat dit selfs ons beste vriende afgeskrik het. Die meeste eksemplare is later eenvoudig vernietig, of in ’n donker kelder weggebêre, net ingeval die ouditeure op ’n dag ingestuur word om uit te vind wat daarvan geword het. Hulle het gelukkig nooit oorsee opgedaag nie.

Ons het toe beraadslaag hoe om ’n aantal beroemde regters van Brittanje af en elders na Suid-Afrika te bring. Mense wat onopsigtelik na Robben-Eiland en ander inrigtings wat dikwels in die nuus was, geneem kon word en die geleentheid sou kry om met politieke gevangenes, ander Regters, gevangenisbeamptes en andere te praat sonder die trompetgeskal wat sulke mense op amptelike besoeke vergesel. Nuus oor die besoek van sulke persone aan Suid-Afrika het gewoonlik uitgelek en dan het twee dinge, sonder uitsondering,
gebeur. In Brittanje, Nederland of waar hy of sy ookal vandaan gekom het, word so ’n persoon deur linksgesinde groepe onder geweldige druk geplaas deur luidrugtige kritiek op “aanvaarding van ’n uitnodiging van die rassistiese, fassistiese Suid-Afrikaanse regering”. Daarna word hy nog by sy aankoms op die lughawe in Suid-Afrika deur ons eie opposisie koerantverslaggewers gekonfronteer wat hom met vrae oor rasse-verhoudinge bestook; of hy apartheid afkeur, ad infinitum ad nauseum.

Ek onthou nog goed toe ons eerste groep Amerikaanse redakteurs en politici in 1966 in Suid-Afrika aangekom het, het opposisie-koerante hulle ingewag en die heel eerste vraag wat die verslaggeefster van The Sunday Times gevra het, was: “Gee ons asseblief u siening oor apartheid”, waarop Ed Fitzhugh, redakteur van The Gazette in Phoenix, Arizona, beleefd geantwoord het:
“Ma’am, if you would kindly tell me where it is, I’ll sure take a look and give you my opinion afterwards”. George Crocker van The Examiner in San Fransisco het gesê dat sy hom dieselfde vraag op die vooraand van sy vertrek moes stel, drie weke later. Die dametjie het nooit opgedaag nie.

Op daardie tydstip, so teen die einde van 1976, het Regter Anton Mostert, later ’n sleutel-figuur in die “Inligtingskandaal”, homself aan ons voorgestel. Regter Mostert het met dr. D.O. Rhoodie telefonies in verbinding getree terwyl hy nog as ’n een-man Kommissie opgetree het om wanpraktyke aangaande die vermyding en ontduiking van valuta-beheermaatreëls te ondersoek. Die oproep is deur dr. Rhoodie se sekretaresse, mev. Helen Atterbury aangeteken. Hy het aan dr. Rhoodie gesê dat hy baie in die politieke en skakelveld belangstel, veral in die buiteland. Hy het na die baie belangrike persoonlike invloed verwys wat Regters agter die skerms op hul gemeenskappe uitoefen en die mening uitgespreek dat hierdie ’n potensieel vrugbare aarde vir bedekte Suid-Afrikaanse inligtingsaktiwiteite was. Mnr.Mostert het toe vrywillig aangebied om as front vir die Departement op te tree mits die finansiële aspekte geheim kon bly. Hy het toe spesifiek voorgestel dat Lord Denning, Hoofregter van Brittanje, die ideale keuse sou wees om die bal aan die rol to sit.
Hy het gesê dat Regter-President James van Natal ’n goeie vriend van hom was en hy was seker dat hy Regter James sou kon oorhaal om Lord Denning as sy persoonlike gas na Suid-Afrika te nooi. Mnr. Mostert het afgesluit deur te sê dat hy gretig en gewillig was om oorsese byeenkomste wat in die geheim deur die Departement gereël kon word, toe te spreek.

Dr. D.O. Rhoodie het die gesprek aan my oorgedra. Hy het aan my gesê dat hy beslis die indruk gekry het dat Anton Mostert nie tevrede was om homself aan ’n regsloopbaan te verbind nie, en dat hy skynbaar baie gretig was om diem trefwydte van sy ambisies te verbreed, veral op die politieke en intemasionale gebied. Inderwaarheid, die Regter het hom entoesiasties van sy groot belangstelling in die politieke arena en in openbare betrekkinge vertel. Ons het die Regter se persoonlike integriteit aanvaar. Sy posisie en status as ’n Regter van die Hooggeregshof en die Regering se besluit om hom by so ’n belangrike Kommissie aan te stel, was meer as genoeg bewys. Dr. D.O. Rhoodie het nietemin Regter Mostert getelefoneer en die projek vertraag deur aan hom te sê dat ek dit ook ’n uitstekende idee vind maar dat eers met Londen in aanraking moet kom om Lord Denning se omstandighede na te gaan. Die hoofrede vir hierdie oproep was om deeglik seker te maak dat ons wel met die regte Anton Mostert gepraat het. Dit het my ook tyd gegee om die saak te oordink en die Minister te raadpleeg.

Regter Mostert het daarop gesê dat hy na die VS A in verband met sy valutabeheer ondersoek gaan en dat dr. D.O. Rhoodie by sy terugkeer, die saak met hom kon finaliseer.

Dr. D.O. Rhoodie het later Regter Mostert (soos afgespreek) getelefoneer. Hy het aan hom gesê dat ek die projek goedgekeur het en dat Regter Mostert met hom (Dr. D.O. Rhoodie) in hierdie verband sou saamwerk. Dr. D.O. Rhoodie het ook gesê dat die projek toe as “operasioneel” beskou kon word. Hy het aan mnr. Mostert verduidelik dat ons Londense kantoor dit betwyfel of Lord Denning toegelaat sou word om so ’n alle-uitgawes-betaalde-uitnodiging van ’n individu te aanvaar, maar indien hy uitgenooi word om ’n lesing of twee te kom gee, hy wel in ’n posisie mag wees om te aanvaar. Regter Mostert het geantwoord dat hy geen probleme sou hê om ’n paar lesings te reël nie; hy het weer eens benadruk dat die fianansiële bron ’n geheim moes bly en dat dit beter sou wees indien dit as ’n kontanttransaksie hanteer word. “Vanselfsprekend moet nog Regter President James, nog Lord Denning enigiets omtrent die oorsprong van die finansiële bydrae weet,” het Regter Mostert gesê.

Ten slotte het dr. Rhoodie gesê dat dit aan mnr. Mostert se eie diskressie oorgelaat word om die inisiatief te neem en oor die tydstip van die besoek te besluit.

Die projek het nooit die stadium bereik waar geld uitgegee is nie en mnr. Mostert het sy kontak met ons gestaak, heelwaarskynlik in die lig van die oudit-ondersoek van die Departement se geheime aktiwiteite. Dit is egter so dat Regter Mostert toe reeds ’n geheime agent geword het. Die reëling is per slot van sake aan beide kante aanvaar. Hoewel die projek nie prakties ge-implementeer is nie (ten minste nie in my tyd nie) het dit deel van ons beraamde uitgawes vir die daaropvolgende boekjaar uitgemaak en het sy naam op my lys
verskyn tesame met die bedrag wat begroot is.

Daar is verskeie ander projekte in Brittanje gelanseer, insluitend die publikasie van ’n kwartaalblad, Southern African Development wat die konsep van tuisland-ontwikkeling, asook Suid-Afrika se tegnologiese hulp aan ander Afrika state, uitgedra het.

Dit was ’n duur operasie om die tydskrif in Londen onder die redaksie van Lawrence Morgan, voorheen van The Tribune in Durban, te redigeer en te druk. Dit was een van die projekte waaroor ek Brand Fourie van Buitelandse Sake en ander instansies per brief ingelig het.

In Nederland was daar baie geheime betalings aan verskeie organisasies. Daar was talle mense wat Suid-Afrika goedgesind was (ek het by die Suid-Afrikaanse Ambassade van 1967 af tot 1971 gewerk), maar hulle was ongeorganiseerd. Hulle het nie behoorlike finansiële ondersteuning gehad nie en niemand wou regtig die anti-Suid-Afrikaanse organisasies aanpak nie, nie as hy gevaar geloop het om in die proses geld uit eie sak te verloor nie. Uiteindelik is al die uitgawes van die tydskrif van die Nederlands-Suid-
Afrikaanse Werkgemeenskap (die NZAW) deur ons betaal, insluitend vergoeding vir die redakteurs en vir die verspreidingskoste. Tussen 1974 en 1978 het die organisasie sowat R72 000 van Suid-Afrika ontvang. Dr. Wim Veenhoven van die NZAW het ’n persoonlike geheime toelae van 12 000 Hollandse guide per jaar ontvang, belasting-vry, en het nog steeds hierdie geld ontvang toe ek in 1978 die Departement verlaat het.

Niks kan die metode wat ons in Nederland gebruik het, beter illustreer as die Stichting Beheercentrum, ’n organisasie wat deur Wim Veenhoven en Henk Bergh bestuur is en wat tot Junie 1978 sowat R70 000 (projek G. 26-G) van ons ontvang het. Die geld was bedoel om ’n reeks propaganda-aksies ten
gunste van Suid-Afrika te lanseer en ten koste van die anti-apartheidsgroepe.

Uit Londen, waar ons die welwillendheid van twee Britse Parlementslede gekoop het, albei ondersteuners van die Britse anti-apartheidsbeweging, en uit Nederland self, waar Esau du Plessis, ’n lid van die hoofbestuur van die anti- apartheidsorganisasie van Nederland (die AABN) ook voor die versoeking van ’n aantreklike kontant aanbod geswig het, het ons adreslyste en ook ander inligting oor die AABN in Nederland en Engeland bekom. Die twee organisasies was baie nou verbonde. In Nederland het byna al die anti-Suid Afrikaanse organisasies, bv. Boycott Outspan Action, die AABN, die Angola Komitee, die Inter Kerklike Vredesberaad (IKV) ampsdraers gedeel, bv., Esau du Plessis (’n Kleurling banneling uit Suid-Afrika), Sietze Bosgra en professor J. Verkuyl van die Komitee Suid-Afrika. Derhalwe het ons altyd
vooraf geweet wanneer sekere vergaderings in Londen en Amsterdam gehou sou word. Nadat die kennisgewings uitgestuur is, het ons instruksies gegee dat twee “kennisgewings” uitgestuur word om die byeenkoms te kanselleer, of om die datum of vergaderplek te wysig.

Suid-Afrikaanse joemaliste wat verslag gedoen het oor die swak by woningsyfer van byeenkomste wat deur Peter Hain of ander anti-Suid Afrikaanse elemente in Brittanje en Nederland gehou is, het nooit geweet dat dit aan ’n verwarringsprogram toe te skryf was wat vanuit die Ad Astra-gcbou in Pretoria gekontrolleer was nie.

Nico du Bois en Chris van der Walt, albei gewese senior amptenarc van Inligting, het ’n leidende rol in hierdie program gespeel - met groot welslae. Toe die IKV ’n sogenaamde vredesweek in Holland gereël het, gepaardgaandc met ’n spesiale uitgawe van hul sogenaamde Vredeskrant, het Du Bois van Veenhoven en Bergh gebruik gemaak om terselfdertyd ’n soortgelyke koerant uit te gee en dit aan dieselfde adreslys te pos. Ons bronne was so goed dat ons selfs vooruit geweet het hoe die koerant uitgelê sou word, sodat die twee koerante eenders gelyk het. Maar daar was ’n wêreldse verskil in die inhoud.

Ons het besluit om die betalings aan die Stichting Beheercentrum te staak, want die organisasie het te veel geld vir huishoudelike konferensies gebruik wat min resultate gelewer het. Soos ek aan generaal Van den Bergh verduidclik het toe hy die geheime projekte nagegaan het: “Hulle het baie gepraat, maar hulle het net geproduseer wanneer ek agter hulle gestaan het”.

In 1978 is betalings aan Van den Bergh gestaak. In plek daarvan het ons twee nuwe manne ingebring. Een van Suid-Afrika en die ander ’n prominente Nederlandse sakeman met goeie politieke kontake om as lobbyis in Den Haag te werk. Aan die man uit Suid-Afrika is R8 000 bestee. Aan die Nederlander, B.A. Rauweda, R30 000 per jaar vir ’n drie-jaar kontrak. Daarbenewens, het die Nederlands-Suid-Afrikaanse Vereniging in Suid-Afrika jaarliks R6 000 ontvang om vier sprekers na Nederland per jaar te stuur. Ons enigste voorwaarde: daar moet elke jaar ten minste een Swart spreker ook wees.

Wimpie de Klerk, redakteur van Die Transvaler en prof. G.N. Viljocn van R. A.U. (nou in die Kabinet) is op hierdie wyse na Nederland gestuur. Albei het geweet dat die Departement die rekening in die geheim betaal het. Glo hulle dat hul besoeke ’n vermorsing van geld teenwoordig het? Indien nie, het hulle 'n vreemde soort stilswye tydens Pik Botha se aanval op ons werk bewaar.

Die projek wat in Frankryk van stapel gestuur is, was talryk en omvattend. In 1973 al het ek Jean Vigneau, doyen van die perskorps in Parys gebruik om die Institute for the Study of the Modern World te begin. Die doelstelling van die instituut was ondermeer om politieke ontwikkelings in die Westerse en Derde Wêreld te bestudeer met die oog daarop om Suid-Afrika se strategiese belangrikheid en stabiliteit te illustreer. ‘n Spesiale konferensie is in 1974 in Frankryk by Saint-Germayne-en-Laye, naby Parys, georganiseer om die aktiwiteite van die nuwe studiesentrum af te skop. Die tema was Afrika en die verdediging van die Weste - met ’n spesiale aksent op Suid-Afrika. Le Monde Moderne het as die gasheer vir die konferensie opgetree maar al die fondse vir die konferensie is deur die Departement van Inligting in die geheim voorsien. Die enigste persone wat geweet het dat Inligting agter die konferensie sit was die drie Suid-Afrikaanse
verteenwoordigers: Cas de Villiers, Professor Charles Nieuwoudt van die Universiteit van Pretoria en Generaal Robbertze, Direkteur Generaal van Strategiese Studies van die SA Leer. Diegene wat so graag die aktiwiteite van Inligting as amateuragtig wil afmaak, soos wat mnr. Pik Botha probeer doen het, kan gerus oplet na wie almal hierdie konferensie bygewoon het. Dit was beslis nie liggewigte nie maar meningsvormers van aansien: Generaal J.M. Bonnier, voormalige Afrika-spesialis van die Franse Nasionale Sekretariaat van Verdediging, Generaal J. Callet, voormalige Direkteur van die Instituut van Nasionale Studies vir Verdediging van Frankryk; Graaf Hans Huyn, adviseur van die CSU Parlementêre groep in Duitsland; Peter Janke van die Instituut for the Study of Conflict in London; Admiraal John McCain van die VSA; Admiraal M. Peltier van die Franse Reserwemag; Generaal F. Pin, voormalige Professor aan die Militêre Akademie van Frankryk; Kolonel J.M. Sanncho-Sopranis, Professor aan die Spaanse Instituut vir Strategiese Studies; Admiraal C. Storelli, vorige stafhoof van die Franse vloot; James Winokur, lid van die raad van die Inligtingsentrum vir Nasionale Strategie in Washington; Generaal Steinhoff van Duitsland en Professor Simon Jargy van die Universiteit van Geneve in Switzerland. Die konferensie is deur talle belangrike waamemers bygewoon onder andere ’n verteenwoordiger van Generaal Francois Maurin, op daardie stadium Hoof van al die Franse verdedigingsmagte. Dr. Mulder en ek het ook die aankoop van L ’Expresse en ander publikasies met Servant Schreiber bespreek. Le Monde Moderne in Parys het nuwe lewe gekry deur ons aankoop van 2 000 eksemplare per kwartaallikse uitgawe. Ek het self net een artikel vir Le Monde Moderne geskryf en dit daarna aan ander oorgelaat om die nodige pro-Suid-Afrikaanse materiaal te voorsien. Ons totale bydrae tot Maart 1978 het meer as R100 000 beloop. Abramson en Pegg het hulle voortreflike talent en energie toegespits op die Franse publikasiewese en het met ’n reeks opnames van belangrike Franse maandelikse tydskrifte begin. Hulle het self persoonlike fondse van meer as R2 000 000 in hierdie ondememings gestort, hulle deel van die wins uit die verkoop van die Morgan Grampian-aandele. Finansiële ondersteuning is aan verskeie studente-organisasies gegee, veral aan die konserwatiewe studente en vir die publikasie van ’n maandblad wat:


  1. ’n kwartaallikse resume oor ekonomiese en politieke verwikkelinge in Suid-Afrika opgestel het. Hierdie 50-bladsy opname was dan aan Le Guebe in Parys gestuur, wat dit vertaal en geredigeer het. Daama is dit aan sy vriend die Franse Sekretaris-Generaal vir Buitelandse Sake, as sy, Le Guebe, se persoonlike evaluasie van verwikkelinge in Suid-Afrika besorg. Afskrifte het ook aan sleutel Parlementslede en aan sekere top nyweraars gegaan.

  1. Jean Vigneau het ook die taak gehad om hoë-vlak     kontakte vir besoekers uit Suid-Afrika te reel, bv.  met Franse politici, insluitend lede van die Parlement.

Toe ons ontdek dat die pro-Suid-Afrikaanse elemente in Frankryk nou georganiseerd en swak gefinansier was, het ek professor G. Albrecht gevra om na Suid-Afrika te vlieg vir samesprekings met die oog op die stigting van Frans-Suid-Afrikaanse Vereniging in Frankryk. Teen Junie 1978 het ‘n Franse groep sowat R28 000 uit Pretoria ontvang, maar het ook hul eie nuusbrief begin en ’n ledetal van meer as 2 000 opgebou. In Suid-Afrika het ek Elizabeth Conradie, ’n voormalige Inligtingsbeampte wie ek in 1955 al ontmoet het, professor Meiring Naude, die afgetrede President van die WNNR en dr. J. De Lange van die Atoomkragraad gekry om al die Suid-Afrikaanse instansies wat in beter verhoudinge en groter kontaktc tussen Frankryk en Suid-Afrika belanggestel het, bymekaar te bring. Mnr. J. Marlin, ’n Franse Ingenieur van Johannesburg, wie se maatskappy met die oprigting van die Koeberg Kemkragstasie werksaam was, het gedurende 1977/ 1978 meer as R200 000 van ons ontvang om die nuwe Frans-Suid-Afrikaanse Eenheid in Johannesburg te stig, om kontakte met ander groepe in Frankryk te reël en om Courier Austral, ’n maandelikse joernaal in Frans, in beide Johannesburg en Parys te publiseer. In 1983 moes mnr. Pik Botha erken dat die tydskrif nog steeds in die geheim deur Suid-Afrika gefinansier word.

In ons onderhandelinge met die Franse gemeenskap het ’n verstommende feit onder ons aandag gekom. Die rede vir die afwesigheid van ’n Frans Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel, ten spyte daarvan dat Frankryk een van Suid-Afrika se vemaamste handelsvennote is, was dat ’n groep van drie of vier Franse organisasies en individue so te sê ’n monopolie oor handel tussen die twee lande verkry het. Ek het dit aan die Buro vir Staatsveiligheid en ook Sake gerapporteer.
Tipies van Brand Fourie, het hy gereageer deur niks te doen nie. Generaal Van den Bergh se manne by die Buro wat die geval ondersoek het, het egler my bevindinge bekragtig. Daarna het ons Marlin aangestel en hom gemagtig om R50 000 per jaar van sy bewilliging van R100 000 te spandeer en binne agtien maande is ’n Frans-Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel gestig. Dit het die seënwese van die Franse, indien nie dié van die Suid-Afrikaanse regering nie, verdien.

Op meer of min dieselfde wyse het ons destyds ook fondse voorsien om die stigting van ’n Israel-Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel te bewerkstellig. Ons het al die oorspronklike fondse, plus koste vir ’n ekstra jaar voorsien, totdat die kamer finansieel selfonderhoudend was. Ek is seker
daarvan dat die Voorsitter mnr. Isaac Mendelowitz die R42 000 wat ons voorsien het vandag as ’n voortreflike belegging beskou. Daar was die verwagte kritiek dat Inligting weer iemand anders se werk gedoen het. Die probleem was dat geen ander departement iets op hierdie gebied gedoen het nie. Maar na die oorspronklike kritiek het die trae departemente wel begin om die vrugte van ons arbeid te geniet.

Die sakegemeenskap in Suid-Afrika, Frankryk en Israel het hierdie organisasies verwelkom. Nie een het natuurlik geweet dat die regeringsdepartemente wat hierdie projekte eintlik moes hanteer (Buitelandse Sake en die Departement van Handel en Nywerheid) in weerwil van jarelange versoeke
van die privaat sektor,
op hul hande gesit en niks gedoen het nie. Toe die kamers eers eenmaal gevestig was, was dit toegejuig.
Dr. Mulder en ek het die stigting van hierdie kamers as essensiële elemente in die bevordering van, nie alleen handel nie, maar ook welwillendheid en beter verstandhouding tussen Israel, Frankryk en Suid-Afrika beskou. Aangesien die uitbouing van welwillendheid ons verantwoordelikheidsgebied was, het ons geen huiwering gehad om op hierdie wyse op te tree nie, al het dit ook veel sooibrand in ander regeringsdepartemente in Pretoria veroorsaak.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2667 gaste aanlyn