Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
"Kyk, wat ek as 'n goeie ding gesien het, wat voortreflik is, is dat iemand eet en drink en die goeie geniet vir al sy arbeid waarmee hy hom vermoei onder die son gedurende die getal van sy lewensdae wat God hom gee; want dit is sy deel." - Pred. 5:17
LUISTER JULLE DAN NIE?
Hannes Ollewagen
Lukas 24:1-12
“Hy is nie hier nie, maar Hy het opgestaan. Onthou hoe Hy vir julle gesê het toe Hy nog in Galiléa was: Die Seun van die mens moet oorgelewer word in die hande van sondige mense en gekruisig word en op die derde dag opstaan. En hulle het sy woorde onthou.” (:6-8).
Ek neem u graag ‘n entjie terug na die tyd voor Jesus se kruisiging toe Hy nog in Galiléa was. “En terwyl hulle in Galiléa rondgaan, het Jesus vir hulle gesê: Die Seun van die mens sal oorgelewer word in die hande van die mense; en hulle sal Hom doodmaak, en op die derde dag sal Hy opstaan. En hulle het baie bedroef geword.” (Matt. 17:22&23). Dit is duidelik dat die dissipels wel gehoor het wat Jesus met hulle gespreek het aangesien sy woorde hulle bedroef gemaak het.
WAARHEIDS- MEMORANDUM (19)
TEMA 5: MISTASTINGS
Lees reeks by Waarheidstryders
U word vriendelik versoek om hierdie memorandum aan soveel persone moontlik te versprei. U word ook hartlik uitgenooi om u mening oor die inhoud te lig. Stuur dit gerus aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
TATOEËRING
Niks vernietig ʼn volk se gees soos bose, volksvreemde gebruike wat posvat nie. Baie mense, veral sportlui en verhoogkunstenaars, laat hulle tatoeëer; mense wat as rolmodelle beskou word. Die ergste is dat baie van hulle lewens so verrot is, dat dit eerder ʼn waarskuwing moet wees oor hoe daar nie geleef moet word nie!
DIE WIT HORISON (15)
EERSTE SA ANTARTIKA-EKSPEDISIE
DESEMBER 1959 - JANUARIE 1961
Gebeure neergepen deur dr André le R vd Merwe wat as dokter die reis meegemaak het
Lees reeks by Die Wit Horison - 1e SA Antartika-ekspedisie 1960
Die Eerste Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese Ekspedisie (SANAE 1) het uit die volgende 10 lede bestaan waarvan drie nog leef en tans (2017) in hul tagtigerjare is:
Hannes la Grange – Leier - Oorlede
Marten du Preez - O/leier en Radio-ingenieur (Tans woonagtig in Waverley, Pta)
Dr Andre v d Merwe – Dokter - Oorlede
Victor von Brunn - Geoloog - Oorlede
Dick Bonnema - Senior weerkundige - op 27/02/2017 oorlede
Theo van Wyk – Weerkundige (Tans woonagtig in Birchleigh, Kemptonpark)
George Strauss – Weerkundige - Oorlede
Blackie de Swardt – Weerkundige - Oorlede
Chris de Weerdt - Dieselwerktuigkundige (Tans woonagtig in Silwerlakes, Pta)
Niek Erasmus- Radio-operateur - Oorlede
Dans van die Suiderligte - Berge toe -Trek van die Voëls
Met die talle sleetogte het September vinnig verbygegaan. Die een was skaars klaar of daar is al weer reggemaak en slee gepak vir die volgende. Op 5 Oktober het Vic vir die derde keer weer noukeurig aan Marten verduidelik hoe om die magnetogram gedurende sy afwesigheid te hanteer, hoe hy die geheellugkamera moet behandel, en aan my hoe om die paaltjies wat ’n aanduiding van die periodieke sneeu-neerslag gee, te meet. Dick en Vic sou in ’n noord-westelike rigting afreis om die ysbankfront anderkant die westelike bulte te bespied en te karteer.
JESUS AS LAM VAN GOD
Ds Andrè van den Berg
“Daar is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem” - Joh.1:29 (Gen.22:1-13)
Net voor die herfs is tuine gewoonlik op hul mooiste. Dis ʼn lus vir die oog om ʼn goedversorgde tuin te sien en die geur van blomme te geniet. Die Bybel is ook ʼn tuin - die tuin van God se genade. Wie daardeur loop, word telkens van die prag en die geur van God se liefde vir sondaars bewus.
Een van die mooiste blomme in God se tuin van genade is die gegewendheid dat Jesus as die Lam van God gekom, gesoek en gered het (Luk.19:10). Dit staan volop in God se tuin van genade.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (35)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
STAATSGREEP VAN SEPTEMBER 1978 (2)
Na die Angola-debakel was mnr. Vorster vasgevang in die gedagte dat hy in die geskiedenis bekend wou staan as die man wat vrede in Sulder-Afrika gebring het. Hy het sy visier op Suidwes-Afrika en Rhodesië ingestel en sy standpunt in verband met die onafhanklikheid van hierdie twee lande het aan hom wêreldwye erkenning besorg. Tereg ook. Sodoende het hy in een belangrike opsig uiteindelik nie meer van ’n voormalige gehate teenstander, Veldmaarskalk Jan Christiaan Smuts verskil nie. Generaal Smuts het mnr. Vorster gedurende Wêreldoorlog II vir sy anti-Britse gevoelens laat interneer.
EINDE VAN NG KERK?
IS DIE EINDE VAN DIE NG KERK IN SIG?
Ds Andrè van den Berg
Inleiding
Niks heg ʼn gemeenskap soos die steenwerk van gesonde godsdiens nie. ʼn Siek godsdiens vernietig dit. En dit gebeur as verkeerde dinge nie betyds gekeer word nie. Dis soos ʼn lek in ʼn skip wat nie herstel word nie en dit mettertyd laat sink soos met die NG kerk gebeur het toe sy haar oë vir die werklikheid en haar ore vir die waarheid gesluit het. Haar ontsporing en verval is een van die kernhoofstukke in die tragiese verhaal van ʼn volk wat vrywillig ten gronde gegaan het.
1. Verdeeldheid
1.1 ʼn Onoorbrugbare kloof
Dit het begin toe die NG kerk geestelik ontspoor, aan haar volk ontrou geword en die gevolge van haar onverskilligheid nie kon vryspring nie. Sy het haar mistastings in die glanspapier van vernuwing toegedraai en mense aangemoedig om hul sienings oor gruwels soos aborsie, homoseksualiteit en ontug te wysig. Dit het stormagtige debatte in meerdere vergaderings ontketen wat tot hewige onderlinge verskille oor grondliggende geloofsake gelei het.
STERF OM TE LEEF
AS JY WAARLIK VIR HOM WIL LEEF, MOET JY EERS STERWE
Hannes Ollewagen
Joh. 12:20-50
“Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.” (:24).
As ek waarlik wil lewe moet ek eers sterwe. . . Dit is tog nie moontlik nie – die dood is dan die einde van alles? Dit is tog waarom soveel mense ‘n onbeheersde drang na pret en genot het, want hulle wil soveel as moontlik daarvan kry voordat die geleentheid finaal verby is. “...maar kyk, daar is vreugde en vrolikheid, beeste word doodgemaak en skape geslag, vleis geëet en wyn gedrink, met die woorde: Laat ons eet en drink, want môre sterf ons.” (Jes. 22:13).
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (34)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
STAATSGREEP VAN SEPTEMBER 1978
Die oomblik nadat generaal Van den Bergh aan my vertel het dat mnr. Vorster besluit het om homself vir die Presidentskap beskikbaar te stel het ek dr. Connie Mulder gewaarsku om vir die verkiesing van ’n nuwe leier van die Nasionale Party, en sodoende ’n nuwe Eerste Minister, voor te berei.
KEN JOU BYBEL!
Ds AE van den Berg
Mt.20:25-28; 23:1-12
In Openb.2:6 het Christus lof vir die gemeente in Efese: “Maar dit het jy, dat jy die werke van die Nikolaïete haat, wat Ek ook haat” en in Openb.2:15 wys Hy die gemeente van Pergamus op dwaalleer in hulle midde: “So het jy ook mense wat vashou aan die leer van die Nikolaïete, wat Ek haat”. Dan waarsku Hy: “Bekeer jou; anders kom Ek gou na jou toe en sal teen hulle (Nikolaïete) oorlog voer met die swaard van my mond” (:16).
Die Nikolaïete was die voorlopers van Roomse Katolisisme. Nie die kerk as sodanig nie, maar die dwaling waarmee dit die kerk al eeue lank skaad. Die woord Nikolaïete kom van twee Griekse woorde: nikao “om te verower” en lao “lekedom” vanwaar die Engelse woord laymen afgelei is. Nikolaïete beteken dus die “veroweraars van die lekedom”.
DIE WIT HORISON (14)
EERSTE SA ANTARTIKA-EKSPEDISIE
DESEMBER 1959 - JANUARIE 1961
Gebeure neergepen deur dr André le R vd Merwe wat as dokter die reis meegemaak het
Lees reeks by Die Wit Horison - 1e SA Antartika-ekspedisie 1960
Die Eerste Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese Ekspedisie (SANAE 1) het uit die volgende 10 lede bestaan waarvan drie nog leef en tans (2017) in hul tagtigerjare is:
Hannes la Grange – Leier - Oorlede
Marten du Preez - O/leier en Radio-ingenieur (Tans woonagtig in Waverley, Pta)
Dr Andre v d Merwe – Dokter - Oorlede
Victor von Brunn - Geoloog - Oorlede
Dick Bonnema - Senior weerkundige - op 27/02/2017 oorlede
Theo van Wyk – Weerkundige (Tans woonagtig in Birchleigh, Kemptonpark)
George Strauss – Weerkundige - Oorlede
Blackie de Swardt – Weerkundige - Oorlede
Chris de Weerdt - Dieselwerktuigkundige (Tans woonagtig in Silwerlakes, Pta)
Niek Erasmus- Radio-operateur - Oorlede
Sonlig - Sleeritte
Net na middernag op 18 Julie het Hannes van buite af iets deur die skoorsteen van die eetkamer geskree. Ek kon nie alles hoor nie, net: “Teken die tyd aan!” Ek het gedink dit is die tyd waarop die klein rooi ballonnetjie losgelaat is om deur die optiese teodoliet vir windrigting waargeneem te word. Die skemer was al baie helderder in die middel van die dag, maar Hannes het nog nooit vantevore die tyd daarvoor laat aanteken nie. Niek het verslae en vraend na my gekyk. Ek het dom my kop geskud en met die wysvinger daarteen getik. Niek het nogtans die tyd aangeteken. Dit was 12:18 uur en 40 sekonde Greenwichtyd. Hannes het eers laat die middag ingekom. Wat was my verbasing toe ek hoor dat die aangetekende tyd die presiese tyd was toe die skynbeeld van die son vir die eerste keer na die winter weer vir ’n oomblik bo die noordelike horison verskyn het.
STREK JOU UIT NA WAT VOOR IS
Hannes Ollewagen
Númeri 14:1-45
“Daarop het die HERE aan Moses gesê: Hoe lank sal hierdie volk My verag? En hoe lank sal hulle in My nie glo nie, ondanks al die tekens en wat Ek onder hulle gedoen het?” (:11).
Ons is vinnig om vinger te wys na die volk Israel van oudsher, maar is tog te geneig tot dieselfde optrede. Ons lees van die tydperk waarin die volk Israel op die vooraand gestaan het om die erfdeel wat God aan hul beloof het in besit te neem. Hulle is deur die Rooi See op droë grond, het water uit die rots gedrink by twee geleenthede en is met manna en kwartels in die onherbergsame woestyn elke dag tot versadiging gevoed. Hulle klere het tot op hierdie stadium nie aan hul verslyt nie en die wonderdade van God het hul gedra tot op die grens van die beloofde erfdeel wat hul nou kon gaan bespied.
WAARHEIDS- MEMORANDUM (18)
TEMA 5: MISTASTINGS
Lees reeks by Waarheidstryders
U word vriendelik versoek om hierdie memorandum aan soveel persone moontlik te versprei. U word ook hartlik uitgenooi om u mening oor die inhoud te lig. Stuur dit gerus aan die webmeester by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
HIPNOSE
Hipnose word as ’n sielkundige tegniek (innerlike genesing) gebruik en het veral by ateïs wetenskaplikes soos Sigmund Freud, Carl Jung en Agnes Sanford steun geniet. Sielkundiges soos Norman Vincent Peale het dit selfs in die kerk te lande laat kom.
Gelowiges het ’n probleem met hipnose. Dit verplaas mense se vertroue van God na ’n mens. Die genesingsmetodes wat voorgeskryf word soos visualisering, joga, selfhipnose en geestesgenesing laat rooi ligte brand.
BLY SUIWER – SKEI AF!
Ds AE vd Berg
" Indien die Boerevolk nog verder deur die smeltkroes moet gaan, sal dit so wees. God suiwer ons gedurig. Een ding is egter seker: Hy laat vaar nooit die werke van sy hande nie! Hy sal die Boerevolk op sy eie tyd in genade aansien en ons verwoeste land herstel. Ons durf egter nie stilsit nie... "
"Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?" (2 Kor.6:14).
Die Bybel verdeel die mensdom in twee groepe: Gelowiges en ongelowiges. Dis twee wêrelde wat teenoor mekaar staan. In die gelese gedeelte skryf Paulus van die wêreld van die geregtigheid wat teen die wêreld van ongeregtigheid stryd voer en soos lig en duisternis van mekaar verskil. Elke mens is 'n burger van die een of die ander.
Hierdie twee wêrelde bots onophoudelik met mekaar. Die wêreld van die duisternis val dié van die lig gedurig aan. Die vors van die duisternis stel strikke om mense te vang. Gevolglik moet gelowiges gedurig op die uitkyk wees. Sulke aanvalle is gewoonlik uiters subtiel. Satan vernietig die goeie deur dit met die bose te vermeng en uiteindelik te laat verdwyn.
DIE WIT HORISON (13)
EERSTE SA ANTARTIKA-EKSPEDISIE
DESEMBER 1959 - JANUARIE 1961
Gebeure neergepen deur dr André le R vd Merwe wat as dokter die reis meegemaak het
Lees reeks by Die Wit Horison - 1e SA Antartika-ekspedisie 1960
Die Eerste Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese Ekspedisie (SANAE 1) het uit die volgende 10 lede bestaan waarvan drie nog leef en tans (2017) in hul tagtigerjare is:
Hannes la Grange – Leier - Oorlede
Marten du Preez - O/leier en Radio-ingenieur (Tans woonagtig in Waverley, Pta)
Dr Andre v d Merwe – Dokter - Oorlede
Victor von Brunn - Geoloog - Oorlede
Dick Bonnema - Senior weerkundige - op 27/02/2017 oorlede
Theo van Wyk – Weerkundige (Tans woonagtig in Birchleigh, Kemptonpark)
George Strauss – Weerkundige - Oorlede
Blackie de Swardt – Weerkundige - Oorlede
Chris de Weerdt - Dieselwerktuigkundige (Tans woonagtig in Silwerlakes, Pta)
Niek Erasmus- Radio-operateur - Oorlede
Winter: siektes onder Honde en Mense
Op 31 Mei is Uniedag vir die vyftigste (en laaste) keer in ons land gevier en vir die eerste keer in Antarktika. Vroeg die oggend het ons ’n radiosein in Afrikaans van die Britse span by Halleybaai ontvang: "Beste wense met julle groot nasionale dag”. Ons het hulle gelukgewens op hulle Empiredag.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (34)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
DIE STAATSGREEP VAN SEPTEMBER 1978
Die oomblik nadat generaal Van den Bergh aan my vertel het dat mnr. Vorster besluit het om homself vir die Presidentskap beskikbaar te stel het ek dr. Connie Mulder gewaarsku om vir die verkiesing van ’n nuwe leier van die Nasionale Party, en sodoende ’n nuwe Eerste Minister, voor te berei.
STREEF NA WARE VRYHEID!
Hannes Ollewagen
2 Kor. 3:1-18
“Die HERE is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.” (:17).
VRYHEID!!! As daar nou een woord is wat die Afrikaner ken, is dit die woord vryheid. Ewenwel wonder ek of ons tog die betekenis hiervan verstaan? Ek bedoel nie om afkrakend te wees in my laaste opmerking nie, maar wanneer ek sien hoedat die meerderheid van ons mense alewig in massas agter die verkeerde leiding (eerder verleiding) aanploeter in hul vryheidstrewe, dink ek tog dat my stelling geregverdig is.
WAARHEIDS- MEMORANDUM (17)
TEMA 5: MISTASTINGS
Lees reeks by Waarheidstryders
U word vriendelik versoek om hierdie memorandum aan soveel persone moontlik te versprei. U word ook hartlik uitgenooi om u mening oor die inhoud te lig. Stuur dit gerus aan die webmeester by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
GENADEDOOD
Genadedood is ʼn misleidende benaming. Dit moet eerder selfdood of lewensbeëindiging genoem word. Ongelukkig het mense gewoond geraak aan lelike dinge wat in mooi papier toegedraai is soos regstellende aksie en swart bemagtiging. Vir die doel van dié onderwerp volstaan ek egter by genadedood omdat dit die meer bekende benaming is.
HARTSTOG VIR DIE WAARHEID EN ONVERGEEFLIKE SONDE
Ds Andrè van den Berg
Die Bybel is vol ernstige waarskuwings. Een wat egter bo al die ander waarskuwings uitstaan, is die onvergeeflike sonde. Maar wat is dit presies? In Mt.12 sê Christus dat dit lastering teen die Heilige Gees is. Markus en Lukas skryf ook daarvan in onderskeidelik 3:28-30 en 12:10.
Mattheus en Markus se uitsprake hieroor moet egter in ʼn ander verband as Lukas s’n gesien word. In Matteus en Markus gaan dit oor die Joodse kerklui wat Jesus daarvan beskuldig het dat Hy al sy wonders deur die mag van die Satan verrig het. In Lukas gaan dit egter oor die openlike verloëning van Christus tydens vervolging.
Die sonde teen die Heilige Gees gaan dus nie bloot daaroor om Jesus se werk aan Satan toe te dig nie. In al drie die Skrifgedeeltes is dit sonde wat teen Jesus self gerig is. Nogtans noem Christus dit lastering teen die Heilige Gees.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (33)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
SWART VRYDAG (2)
Nadat ek die Departement in Julie 1978 verlaat het, het ek vir ’n tydjie oorsee gegaan om saam met Stuart Pegg en sy familie in die Straat van Tiran, naby Sharm-el-Sheilagri ook by Ras-Muhammed, waar die Rooi See by die Golf van Suez aansluit, te gaan duik. By my terugkeer na Suid-Afrika het generaal Van den Bergh na my gekom en gesê dat die geheime projekte van die Departement so omvangryk was en die dokumentasie so geweldig dat dit hom van twee tot drie jaar sou neem om ’n volle waardebepaling en opsomming van die doeltreffendheid van die verskeie operasies te maak.
I REQUIEM MEAM DOLEAT!
Kriewelkop
Kan enige regdenkende verduidelik hoe 'n man wat weet dat die ANC-regime die uitwissing van die Blankes openlik aanhits, wat weet dat die ANC 'n terreurveldtog reeds voor 1994 teen die Blankes in Suid-Afrika gevoer het en nou eskalerend daarmee voortgaan, wat weet dat die ANC die geestelike, kulturele en fisiese vernietiging van die Blankes najaag, wat weet dat die ANC se vyandigheid teenoor Blankes sal toeneem totdat dit vanself ‘n plofpunt bereik, wat weet dat ons kosbare land onwettig deur verraaiers soos De Klerk en Pik Botha aan die ANC-regime oorhandig is en laasgenoemde dus geen reg het om dit te probeer regeer nie, vir dieselfde onwettige swart regime 'n klein stukkie grond terugvra waarin die Blankes 'tog assebliefie maar op genade kan gaan woon'! ?
Hoeveel logika is daar by 'n man wat met sowat 34,000 geregistreerde kiesers 'n stukkie grond wil beding by 'n regime wat geen wettige sê daaroor het nie, 'n kommunistiese "regering" wat dit in alle geval duidelik gemaak het dat hulle nie met die witman daaroor sal onderhandel nie?