NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Het jy geweet 'n hert ( 'n bergbokkie) het die instinktiewe vermoë om sy agterpootjie presies neer te sit waar hy sy voorpootjie optel? Daarom beweeg hy veilig op hoë rotse. "Hy maak my voete soos dié van herte en laat my staan op my hoogtes" sê die Psalmdigter in hoofstuk 18. God laat ons oor duiseligwekkende dieptes veilig tree; in doodsgevaar is sy Hand oor jou; by Hom is ons veilig.

DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (34)

Dr Eschel Rhoodie (1984)

Lees reeks by Die ware inligtingskandaal

Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.

DIE STAATSGREEP VAN SEPTEMBER 1978

Die oomblik nadat generaal Van den Bergh aan my vertel het dat mnr. Vorster besluit het om homself vir die Presidentskap beskikbaar te stel het ek dr. Connie Mulder gewaarsku om vir die verkiesing van ’n nuwe leier van die Nasionale Party, en sodoende ’n nuwe Eerste Minister, voor te berei.

Dr. Mulder was nie onverhoeds betrap nie, want in 1972 al het mnr. Vorster so te sê besluit om uit te tree en toe dr. Mulder met ’n oorweldigende meerderheid verkies is om Ben Schoeman as Leier in die Transvaal op te volg het politieke kommentators hom onmiddellik as die “Kroonprins" gedoop.

Maar ons het die weg vir mnr. Vorster se detente met Swart-Afrika gebaan min wetende dat die geweldige publisiteit aan mnr. Vorster nuwe moed sou gee. In plaas daarvan om te bedank, soos elke ingeligte waarnemer verwag het dat hy in Julie 1974 sou doen, het mnr. Vorster besluit om aan te bly.

In 1976 het mnr. Vorster weer eens te kenne gegee dat hy mag aftree en Connie Mulder se kring van selfaangestelde persoonlike raadgewers het van tyd tot tyd ontmoet om ’n langtermyn strategie uit te werk, ingeval hy verkies sou word. Standpunte is opgestel en bespreek. Selfs by die Olimpiese Spele waarheen dr. Mulder en ek gegaan het om met Egiptiese en ander buitelandse kontakte te ontmoet, was daar ten minste een belangrike bespreking van
hierdie aard.

In Pretoria het ek sekere bloudrukke en kaarte vir dr. Mulder se gebruik opgestel. Sommige hiervan het ook oor radikale konsolidasie en uitbreidlng van die swart tuislande gehandel. Andere het die Kleurling-Asiër vraagstuk gedek. Ek het sommige voorstelle met vertrouelinge bespreek, insluitende Retief van Rooyen. Hy het ongetwyfeld nog in dieselfde week alles aan mnr. Vorster gerapporteer.

Die opmerking wat mnr. Vorster seker die kwaadste gemaak het was my opsomming dat hy op daardie stadium soos ’n kurkprop in ’n bottel goeie wyn was: “Dit was net ’n kwessie van hoe om die goed uit die bottel te kry".

Die land was ryp vir positiewe verandering en aanpassings en vir verbeeldingryke herstruktuering van die geo-politieke grense van die tuislande maar mnr. Vorster het niks gedoen nie. Selfs die geheime boodskap van die Franse regering (wat ek van Michel Poniatowski ontvang het) dat hulle ’n onafhanklike Zoeloeland, in sy historiese tuisland as een gebied gekonsolideer. Die Taiwanese het vir baie jare probeer om dr. Mulder te oorreed om hulle land te besoek. Hulle het geglo dat hy die volgende Eerste Minister sou wees omdat hy die kroonprins van die N.P. was.Toe hy uiteindelik Taiwan besoek het was sy ontvangs soos ’n staatsbesoek met al die gebruiklike erewagte, orkeste, vlae, motorfiets-kavalkades en gesprekvoering op die hoogste vlak.

Vorster was geestelik moeg en onwllllg om meer te doen. Sy gedagtes was meer en meer deur sy plek in die geskiedenis in beslag geneem, en die nommer 13 het al hoe meer bekoring vir horn ingehou. Dit het voorgekom asof hy werklik na 13 jaar van Premierskap mik. Die gevolg was dat hy aan bewind was, maar nie regeer of gelei het nie - hy was te bang dat hy ’n enkele setel in die Parlement sou verloor. Die resultaat was ook 'n ad hoc kompromie met geen ware leierskap nie.

 Teen die begin van 1977 was hy net ’n skadu van die man vun 1974. Die akademiese gemeenskap kon mnr. Vorster nie meer bereik nie, sy eie mense was bang om enige kritiek uit te spreek en mnr. Vorster was bang om te beweeg. Ons het polities ’n slakkegang ingeslaan.

Ná die Angola-debakel was mnr. Vorster vasgevang in die gedagte dat hy in die geskiedenis bekend wou staan as die man wat vrede in Suider-Afrika gebring het. Hy het sy visier op Suidwes-Afrika en Rhodesië ingestel en sy standpunt in verband met die onafhanklikheid van hierdie twee lande het aan hom wêreldwye erkenning besorg. Tereg ook. Sodoende het hy in een belangrike opsig uiteindelik nie meer van ’n voormalige gehate teenstander, Veldmaarskalk Jan Christiaan Smuts verskil nie. Generaal Smuts het mnr. Vorster gedurende Wêreldoorlog II vir sy anti-Britse gevoelens laat interneer.

Smuts het die gewoonte gehad om op Tafelberg te sit en oor die wêreld uit te staar. Hy het die probleme van die aardbol raak gesien, maar die armoede van die Kleurlinge in Distrik Ses, aan die voet van die berg, totaal misgekyk. As skoolseun het ek Tafelberg en Duiwelspiek gereeld geklim en by 'n geleentheid Smuts op die berg gesien.

Mnr. Vorster het homself as die vredemaker in Afrika gesien, maar in sy laaste jare nagelaat om leiding by die huis te gee.

In die ontplooiende drama van Die Groot Inligtingskandaal het Gerald Barrie sy rol gespeel. Ook Koos Waldeck. Retief van Rooyen het die eerste
van sy twee rolle gespeel. Ek was uit die Departement van Inligting uit, maar Connie Mulder was nog daar.

Op 20 September 1978 het Mnr. Vorster sy uittrede by 'n volgepakte perskonferensie in die Uniegebou aangekondig.'

Verskeie ander karakters het agter die skerms gewag om op die verhoog te verskyn om hulle rolle in die drama te speel. Advokaat Retief van Rooyen vir sy tweede rol, ’n paar gesiglose Parlementslede, Regter Anton Mostert, mnr Louis Luyt, Regter Rudolph Erasmus, Jimmy Kruger, mnr. Alwyn Schlebusuh en uiteindelik, Pik en P.W. Botha. Hul optrede, georkestreerd of nie, sou mnr, Vorster se lewe ruïneer en, tydelik, ook my eie, terwyl dr. Mulder uitgestoot sou word om sy politieke lewe weer van vooraf te begin. Generaal van den Bergh sou ’n uitgeworpene word. Die omvang van sy latere ostrasisme was ongelooflik. Die nuwe Eerste Minister het opdrag gegee dat die Generaal nie langer toegang tot die sport- en ontspanningsfasiliteite van sy ou Buro verleen mag word nie. Die Generaal het so hard geveg om dit vir sy amptenare daar te stel dat dit selfs na hom vernoem is.

Pik Botha het aan al die Ambassadeurs in die buiteland instruksies gegee om te weier om generaal Van den Bergh te ontvang indien hy oorsee sou reis. Op die verhoog saam met mnr. Vorster op die dag van sy dramatiese aankondiging was Pik Botha, die Minister van Buitelandse Sake met die brandende ambisie om Eerste Minister te word. Mnr. Vorster wat lankal reeds besluit het dat hy Connie Mulder nie sou ondersteun nie, maar dit ook nie kon waag om sy ondersteuning van P.W. Botha te toon nie, het nie geweifel oor sy ondersteuning aan Pik Botha nie. Hy het Pik Botha, een van die mees junior L.V.’s oor die koppe van alle ander L.V.’s en oor die koppe van die senior Kabinetsministers as Minister van Buitelandse Sake aangestel, die pos wat so belangrik was dat dit vir dekades deur die Eerste Minister self gehou is.

Terwyl Pik Botha nog Ambassadeur in Washington was, het hy vir byna almal op sy personeel, behalwe die deurwag, vertel hoe hy gereeld en direk met mnr. Vorster van Washington af per telefoon gepraat het. Ambassadeurs praat gewoonlik met die Sekretaris van Buitelandse Sake. Indien hy nie daar is nie, met die Adjunk-Sekretaris van Buitelandse Sake. Slegs wanneer hulle albei afwesig is, skakel hulle direk hul eie Minister. Maar Botha, soos hy aan my, Les de Villiers en my broer vertel het, het direk na die Eerste Minister gegaan. Mnr. Vorster het hierdie direkte kontak toegelaat, alhoewel dit seker vir Brand Fourie ’n klomp ergernis moes besorg het omdat hy vir jare die Eerste Minister se vertroueling was.

Die volgende persoon met wie Botha gepraat het (nie-amptelik) was die eerste Suid-Afrikaanse koerantman wat hy in die hande kon kry.

Pik Botha het vir ’n Kabinetspos vanuit die Ambassadeursstoel in Washington baklei en hy moes gehoor word om raakgesien te word. Sy uitlatings was nie altyd daarop gemik om die VSA se standpunt oor Suid-Afrika te verbeter nie, maar eerder om voorbladnuus in Suid-Afrika te maak. Op 23 Desember 1975 was Tom Ochiltree, die Washingtonse Burohoof van die Panax-koerantgroep en ’n groot vriend van Suid-Afrika, verplig om die volgende verslag te skryf nadat die Senaat gestem het dat President Gerald Ford en Henry Kissinger se pogings om die anti-Kommunistiese magte in Angola te help, aan bande gelê moet word: “Sommige waarnemers voel dat Suid-Afrika se Ambassadeur, Roelof Botha, moontlik (onbewus) die negatiewe weergawes van die Verenigde State se standpunt teenoor Suid-Afrika ontketen het.

Teenoor almal wat binne hoorafstand was, het Botha die onverstandige aanmerking gemaak dat die VSA nie meer ’n super-moondheid was nie en waarskynlik bereid sou wees om voor enige Sowjet-uitdaging te swig wat nie uitdruklik die Amerikaanse bodem bedreig nie. Hierdie houding is nie by die Senaat gewild nie. Dit beskadig ook Suid-Afrika se aansien by die Amerikaanse volk. Sy eie Buitelandse Departement moet hom ongetwyfeld opdrag gee om so ’n benadering te vermy.

Ochiltree mag net sowel aan Buitelandse Sake gevra het om die getye van die oseaan stop te sit. Pik Botha was ’n party-politieke baantjiesoeker en sulke (skadelike) uitlatings, soos wat hy teenoor die Amerikaners gemaak het, het aan hom goeie koerantopskrifte in Suid-Afrika besorg.

Toe Pik Botha die konferensiekamer binnegekom het om die sitplek langs die Eerste Minister in te neem, was dit Vorster se manier om sy protege aan die wêreld te wys. Die verskoning dat Botha ook Suidwes-Afrikaanse aangeleenthede moes afhandel, was so flou dat dit belaglik was. Eerste ministers in Suid-Afrika het nooit die kalklig met ander ministers by perskonferensies gedeel nie, veral nie wanneer hulle, na byna 13 jaar diens, hul aftrede aankondig nie. Of Pik Botha nou ’n dag vroeër of ’n dag later met die pers gepraat het, sou nie ’n duit verskil gemaak het nie. Hy was gewoond daaraan om perskonferensies in ’n oogwink te belê. Vir die ingeligte politici was dit soos die Voorsitter van die Raad van ’n maatskappy wat die Direkteur aanwys wie hy hoop sy stoel sou inneem.

Pik Botha is ’n politieke opportunis met ’n brandende ambisie om die toppunt te bereik sodat hy Suid-Afrika kan red. Hy het dr. Mulder gevrees en my verpes. Daar was groot beleids-persoonlikheidsverskille tussen ons agler die skerms. Een keer (in 1978) in Vorster se kantoor in Kaapstad, het Pik Botha ’n brief uit sy sak gehaal om aan die Eerste Minister te bewys dat ek dit eens op ’n tyd gewaag het om hom (Pik Botha) te kritiseer omdat hy nagelaat het om ons persadviseur in Washington in te lig dat hy (Botha) die V.N. se Veiligheidsraad sou toespreek. Pik moes my brief vir ’n lang tyd elke dag saam met hom gedra het, want ek het daardie brief in 1975 aan hom geskryf', drie jaar vantevore, toe Pik nog Ambassadeur in Washington was

’n Ruk nadat hy Inligting oorgeneem het, het Botha na Europa vir 'n konferensie met Europese amptenare van die voormalige Departement van Inligting gevlieg. Hy het onomwonde aan party van hulle gesê dat P. W. Botha te veel geraamtes in sy kas gehad het. Connie Mulder was weer deur die gebeurlikhede rondom die gewese Departement van Inligting gestrem, mnr Vorster, was siek. “Sou hy aftree”, het Pik Botha glo nederig gesê en sou die mantel van leierskap op my val, kan ek julle regtig ’n skoon administrasie belowe”.

Retief van Rooyen was in Bloemfontein toe hy die nuus hoor dat Vorster gaan aftree en vir die pos van Staatspresident beskikbaar sou wees. Volgens vriende het hy byna van sy kop af gegaan toe hy die nuus hoor.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2672 gaste aanlyn