Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Het jy geweet 'n hert ( 'n bergbokkie) het die instinktiewe vermoë om sy agterpootjie presies neer te sit waar hy sy voorpootjie optel? Daarom beweeg hy veilig op hoë rotse. "Hy maak my voete soos dié van herte en laat my staan op my hoogtes" sê die Psalmdigter in hoofstuk 18. God laat ons oor duiseligwekkende dieptes veilig tree; in doodsgevaar is sy Hand oor jou; by Hom is ons veilig.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (34)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
DIE STAATSGREEP VAN SEPTEMBER 1978
Die oomblik nadat generaal Van den Bergh aan my vertel het dat mnr. Vorster besluit het om homself vir die Presidentskap beskikbaar te stel het ek dr. Connie Mulder gewaarsku om vir die verkiesing van ’n nuwe leier van die Nasionale Party, en sodoende ’n nuwe Eerste Minister, voor te berei.
Dr. Mulder was nie onverhoeds betrap nie, want in 1972 al het mnr. Vorster so te sê besluit om uit te tree en toe dr. Mulder met ’n oorweldigende meerderheid verkies is om Ben Schoeman as Leier in die Transvaal op te volg het politieke kommentators hom onmiddellik as die “Kroonprins" gedoop.
Maar ons het die weg vir mnr. Vorster se detente met Swart-Afrika gebaan min wetende dat die geweldige publisiteit aan mnr. Vorster nuwe moed sou gee. In plaas daarvan om te bedank, soos elke ingeligte waarnemer verwag het dat hy in Julie 1974 sou doen, het mnr. Vorster besluit om aan te bly.
In 1976 het mnr. Vorster weer eens te kenne gegee dat hy mag aftree en Connie Mulder se kring van selfaangestelde persoonlike raadgewers het van tyd tot tyd ontmoet om ’n langtermyn strategie uit te werk, ingeval hy verkies sou word. Standpunte is opgestel en bespreek. Selfs by die Olimpiese Spele waarheen dr. Mulder en ek gegaan het om met Egiptiese en ander buitelandse kontakte te ontmoet, was daar ten minste een belangrike bespreking van
hierdie aard.
In Pretoria het ek sekere bloudrukke en kaarte vir dr. Mulder se gebruik opgestel. Sommige hiervan het ook oor radikale konsolidasie en uitbreidlng van die swart tuislande gehandel. Andere het die Kleurling-Asiër vraagstuk gedek. Ek het sommige voorstelle met vertrouelinge bespreek, insluitende Retief van Rooyen. Hy het ongetwyfeld nog in dieselfde week alles aan mnr. Vorster gerapporteer.
Die opmerking wat mnr. Vorster seker die kwaadste gemaak het was my opsomming dat hy op daardie stadium soos ’n kurkprop in ’n bottel goeie wyn was: “Dit was net ’n kwessie van hoe om die goed uit die bottel te kry".
Die land was ryp vir positiewe verandering en aanpassings en vir verbeeldingryke herstruktuering van die geo-politieke grense van die tuislande maar mnr. Vorster het niks gedoen nie. Selfs die geheime boodskap van die Franse regering (wat ek van Michel Poniatowski ontvang het) dat hulle ’n onafhanklike Zoeloeland, in sy historiese tuisland as een gebied gekonsolideer. Die Taiwanese het vir baie jare probeer om dr. Mulder te oorreed om hulle land te besoek. Hulle het geglo dat hy die volgende Eerste Minister sou wees omdat hy die kroonprins van die N.P. was.Toe hy uiteindelik Taiwan besoek het was sy ontvangs soos ’n staatsbesoek met al die gebruiklike erewagte, orkeste, vlae, motorfiets-kavalkades en gesprekvoering op die hoogste vlak.
Vorster was geestelik moeg en onwllllg om meer te doen. Sy gedagtes was meer en meer deur sy plek in die geskiedenis in beslag geneem, en die nommer 13 het al hoe meer bekoring vir horn ingehou. Dit het voorgekom asof hy werklik na 13 jaar van Premierskap mik. Die gevolg was dat hy aan bewind was, maar nie regeer of gelei het nie - hy was te bang dat hy ’n enkele setel in die Parlement sou verloor. Die resultaat was ook 'n ad hoc kompromie met geen ware leierskap nie.
Teen die begin van 1977 was hy net ’n skadu van die man vun 1974. Die akademiese gemeenskap kon mnr. Vorster nie meer bereik nie, sy eie mense was bang om enige kritiek uit te spreek en mnr. Vorster was bang om te beweeg. Ons het polities ’n slakkegang ingeslaan.
Ná die Angola-debakel was mnr. Vorster vasgevang in die gedagte dat hy in die geskiedenis bekend wou staan as die man wat vrede in Suider-Afrika gebring het. Hy het sy visier op Suidwes-Afrika en Rhodesië ingestel en sy standpunt in verband met die onafhanklikheid van hierdie twee lande het aan hom wêreldwye erkenning besorg. Tereg ook. Sodoende het hy in een belangrike opsig uiteindelik nie meer van ’n voormalige gehate teenstander, Veldmaarskalk Jan Christiaan Smuts verskil nie. Generaal Smuts het mnr. Vorster gedurende Wêreldoorlog II vir sy anti-Britse gevoelens laat interneer.
Smuts het die gewoonte gehad om op Tafelberg te sit en oor die wêreld uit te staar. Hy het die probleme van die aardbol raak gesien, maar die armoede van die Kleurlinge in Distrik Ses, aan die voet van die berg, totaal misgekyk. As skoolseun het ek Tafelberg en Duiwelspiek gereeld geklim en by 'n geleentheid Smuts op die berg gesien.
Mnr. Vorster het homself as die vredemaker in Afrika gesien, maar in sy laaste jare nagelaat om leiding by die huis te gee.
In die ontplooiende drama van Die Groot Inligtingskandaal het Gerald Barrie sy rol gespeel. Ook Koos Waldeck. Retief van Rooyen het die eerste
van sy twee rolle gespeel. Ek was uit die Departement van Inligting uit, maar Connie Mulder was nog daar.
Op 20 September 1978 het Mnr. Vorster sy uittrede by 'n volgepakte perskonferensie in die Uniegebou aangekondig.'
Verskeie ander karakters het agter die skerms gewag om op die verhoog te verskyn om hulle rolle in die drama te speel. Advokaat Retief van Rooyen vir sy tweede rol, ’n paar gesiglose Parlementslede, Regter Anton Mostert, mnr Louis Luyt, Regter Rudolph Erasmus, Jimmy Kruger, mnr. Alwyn Schlebusuh en uiteindelik, Pik en P.W. Botha. Hul optrede, georkestreerd of nie, sou mnr, Vorster se lewe ruïneer en, tydelik, ook my eie, terwyl dr. Mulder uitgestoot sou word om sy politieke lewe weer van vooraf te begin. Generaal van den Bergh sou ’n uitgeworpene word. Die omvang van sy latere ostrasisme was ongelooflik. Die nuwe Eerste Minister het opdrag gegee dat die Generaal nie langer toegang tot die sport- en ontspanningsfasiliteite van sy ou Buro verleen mag word nie. Die Generaal het so hard geveg om dit vir sy amptenare daar te stel dat dit selfs na hom vernoem is.
Pik Botha het aan al die Ambassadeurs in die buiteland instruksies gegee om te weier om generaal Van den Bergh te ontvang indien hy oorsee sou reis. Op die verhoog saam met mnr. Vorster op die dag van sy dramatiese aankondiging was Pik Botha, die Minister van Buitelandse Sake met die brandende ambisie om Eerste Minister te word. Mnr. Vorster wat lankal reeds besluit het dat hy Connie Mulder nie sou ondersteun nie, maar dit ook nie kon waag om sy ondersteuning van P.W. Botha te toon nie, het nie geweifel oor sy ondersteuning aan Pik Botha nie. Hy het Pik Botha, een van die mees junior L.V.’s oor die koppe van alle ander L.V.’s en oor die koppe van die senior Kabinetsministers as Minister van Buitelandse Sake aangestel, die pos wat so belangrik was dat dit vir dekades deur die Eerste Minister self gehou is.
Terwyl Pik Botha nog Ambassadeur in Washington was, het hy vir byna almal op sy personeel, behalwe die deurwag, vertel hoe hy gereeld en direk met mnr. Vorster van Washington af per telefoon gepraat het. Ambassadeurs praat gewoonlik met die Sekretaris van Buitelandse Sake. Indien hy nie daar is nie, met die Adjunk-Sekretaris van Buitelandse Sake. Slegs wanneer hulle albei afwesig is, skakel hulle direk hul eie Minister. Maar Botha, soos hy aan my, Les de Villiers en my broer vertel het, het direk na die Eerste Minister gegaan. Mnr. Vorster het hierdie direkte kontak toegelaat, alhoewel dit seker vir Brand Fourie ’n klomp ergernis moes besorg het omdat hy vir jare die Eerste Minister se vertroueling was.
Die volgende persoon met wie Botha gepraat het (nie-amptelik) was die eerste Suid-Afrikaanse koerantman wat hy in die hande kon kry.
Pik Botha het vir ’n Kabinetspos vanuit die Ambassadeursstoel in Washington baklei en hy moes gehoor word om raakgesien te word. Sy uitlatings was nie altyd daarop gemik om die VSA se standpunt oor Suid-Afrika te verbeter nie, maar eerder om voorbladnuus in Suid-Afrika te maak. Op 23 Desember 1975 was Tom Ochiltree, die Washingtonse Burohoof van die Panax-koerantgroep en ’n groot vriend van Suid-Afrika, verplig om die volgende verslag te skryf nadat die Senaat gestem het dat President Gerald Ford en Henry Kissinger se pogings om die anti-Kommunistiese magte in Angola te help, aan bande gelê moet word: “Sommige waarnemers voel dat Suid-Afrika se Ambassadeur, Roelof Botha, moontlik (onbewus) die negatiewe weergawes van die Verenigde State se standpunt teenoor Suid-Afrika ontketen het.
Teenoor almal wat binne hoorafstand was, het Botha die onverstandige aanmerking gemaak dat die VSA nie meer ’n super-moondheid was nie en waarskynlik bereid sou wees om voor enige Sowjet-uitdaging te swig wat nie uitdruklik die Amerikaanse bodem bedreig nie. Hierdie houding is nie by die Senaat gewild nie. Dit beskadig ook Suid-Afrika se aansien by die Amerikaanse volk. Sy eie Buitelandse Departement moet hom ongetwyfeld opdrag gee om so ’n benadering te vermy.
Ochiltree mag net sowel aan Buitelandse Sake gevra het om die getye van die oseaan stop te sit. Pik Botha was ’n party-politieke baantjiesoeker en sulke (skadelike) uitlatings, soos wat hy teenoor die Amerikaners gemaak het, het aan hom goeie koerantopskrifte in Suid-Afrika besorg.
Toe Pik Botha die konferensiekamer binnegekom het om die sitplek langs die Eerste Minister in te neem, was dit Vorster se manier om sy protege aan die wêreld te wys. Die verskoning dat Botha ook Suidwes-Afrikaanse aangeleenthede moes afhandel, was so flou dat dit belaglik was. Eerste ministers in Suid-Afrika het nooit die kalklig met ander ministers by perskonferensies gedeel nie, veral nie wanneer hulle, na byna 13 jaar diens, hul aftrede aankondig nie. Of Pik Botha nou ’n dag vroeër of ’n dag later met die pers gepraat het, sou nie ’n duit verskil gemaak het nie. Hy was gewoond daaraan om perskonferensies in ’n oogwink te belê. Vir die ingeligte politici was dit soos die Voorsitter van die Raad van ’n maatskappy wat die Direkteur aanwys wie hy hoop sy stoel sou inneem.
Pik Botha is ’n politieke opportunis met ’n brandende ambisie om die toppunt te bereik sodat hy Suid-Afrika kan red. Hy het dr. Mulder gevrees en my verpes. Daar was groot beleids-persoonlikheidsverskille tussen ons agler die skerms. Een keer (in 1978) in Vorster se kantoor in Kaapstad, het Pik Botha ’n brief uit sy sak gehaal om aan die Eerste Minister te bewys dat ek dit eens op ’n tyd gewaag het om hom (Pik Botha) te kritiseer omdat hy nagelaat het om ons persadviseur in Washington in te lig dat hy (Botha) die V.N. se Veiligheidsraad sou toespreek. Pik moes my brief vir ’n lang tyd elke dag saam met hom gedra het, want ek het daardie brief in 1975 aan hom geskryf', drie jaar vantevore, toe Pik nog Ambassadeur in Washington was
’n Ruk nadat hy Inligting oorgeneem het, het Botha na Europa vir 'n konferensie met Europese amptenare van die voormalige Departement van Inligting gevlieg. Hy het onomwonde aan party van hulle gesê dat P. W. Botha te veel geraamtes in sy kas gehad het. Connie Mulder was weer deur die gebeurlikhede rondom die gewese Departement van Inligting gestrem, mnr Vorster, was siek. “Sou hy aftree”, het Pik Botha glo nederig gesê en sou die mantel van leierskap op my val, kan ek julle regtig ’n skoon administrasie belowe”.
Retief van Rooyen was in Bloemfontein toe hy die nuus hoor dat Vorster gaan aftree en vir die pos van Staatspresident beskikbaar sou wees. Volgens vriende het hy byna van sy kop af gegaan toe hy die nuus hoor.
Vervolg...