NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Weet jy wat ware geloofsvertroue beteken? Om God alreeds vir verlossing te dank voordat die noodsituasie in jou lewe verby is, is ware geloofsvertroue!

DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (32)

Dr Eschel Rhoodie (1984)

Lees reeks by Die ware inligtingskandaal

Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.

SWART VRYDAG

(Die volgende mening is slegs Rhoodie s'n en word hier ingesluit as deel van sy boek, soos alle ander van sy liberale sieninge, slegs om die geheelprent van die toestand in die destydse regering in perspektief te bring. Wat tragies is, is dat hy geglo het sy liberale siening ivm Kleurlinge en Blankes se samehorigheid die rede was dat Vorster teen hom gedraai het, min wetende dat Vorster reeds die hele SA aan die Geldmag help uitverkoop het kort voor die moord op dr Verwoerd waaroor Vorster ingelig was wanneer dit sou plaasvind).

Ek het altyd baie verligte sienswyses aangaande die Kleurling- en Indiërkwessies in Suid-Afrika gehad. Ek het in Kaapstad grootgeword en het later baie Kleurlinge geken.

As Sekretaris van Inligting het ek hul leiers ontmoet. Ek het hul volksgewoontes bewonder, veral die musiek van die Maleiergemeenskap in Kaapstad. Ek het ook baie van die Indiërs en hul gewoontes, kultuur en geloof geweet. Ek het geweet dat die Indiërs Suid-Afrika nooit sou verlaat nie, en nog minder die Kleurlinge en dat hul politieke en ekonomiese sienswyse Westers was, nie sosialisties soos dié van die swartman nie. Ek het geglo dat sonder om sosiale aanvaarding op mekaar af te dwing, nog minder godsdiens, omdat die Indiërs meesal Hindus of Moslems is terwyl die Kleurlinge en Blankes weer Christene is, ons ’n sinvolle politieke vennootskap met hulle moes aangaan.

Die Kleurlinge, het ek geredeneer, was ’n spruit van Hottentotte, swartes, blanke Afrikaners en Engelse, en ander Europese volkere. Die oorgrote meerderheid het Afrikaans gepraat. Die meerderheid was lidmate van die Nederduits-Gereformeerde Kerk en baie van hulle was witter as ek, sommige met blou oë. In getal-sterkte het hulle geen bedreiging vir ons leefwyse ingehou nie en ekonomies was hulle op die peil waar die Afrikaners vyftig jaar gelede was.

Hulle was wyd verspreid deur die land. Indien die Blankes nie die politieke integrasieproses met die Kleurlinge en Indiërs kon hanteer nie, sou hulle nie enige oplossing vir die oneindig meer komplekse en gevaarlike probleem van swart-wit verhoudinge in Suid-Afrika kon bedink nie.

Ek het altyd geglo dat eerder as om integrasie op die vlak te begin waar almal in die harnas gejaag word, dit wil sê in die skole en woonbuurtes, daar heel bo in die politieke bestel begin moes word. Laat die leiers, Blankes en Kleurlinge, die voorbeeld stel. Hulle is baie meer wêreldwys, intelligent en ontwikkel.

Met politieke integrasie op die hoogste vlak, by wyse van ’n enkele Parlement, sou die druk op ander vlakke verminder en kon ons minstens aan die wêreld vertel het dat ons wel politieke integrasie op die hoogste vlak het. Westerse volke sou dit met ope arms verwelkom het. Buitelandse druk, ten minste vanuit die Weste, sou geweldig afgeneem het, iets wat ons broodnodig het. Daar was alreeds ’n enorme hoeveelheid sosiale en ekonomiese integrasie tussen Kleurlinge en Blankes sigbaar, ook op sportgebied en in die polisie en in die leër. Van Kleurlingsoldate word verwag om vir Suid-Afrika te sterwe maar het geen regstreekse sê in die besluit of daar geveg moet word of nie. As Blankes sou ons dit nooit aanvaar het nie.

Teen 1975 was ek en vele van my vriende oortuig dat die regering se beleid ten opsigte van die Indiërs en Kleurlinge gewis tot mislukking gedoem was. Die redes is nie nou ter sake nie, maar my vriende en ek het ’n gespreksgroep in my huis gevorm (noem dit ’n pressiegroep as u wil) ten einde mekaar aan te spoor om druk op sleutel-lede van die Volksraad en die Kabinet uit te oefen om rigting te verander en om ’n nuwe politieke bedeling vir Kleurlinge en Indiërs te aanvaar. My broer, professor Nic Rhoodie, was ’n lid van die groep. Ook Cas de Villiers van die Foreign Affairs Association en Retief van Rooyen. Daar was ander ook. Ekonome, politici en professionele manne. Ek het geweet dal generaal Van den Bergh met sy vriende oor dieselfde saak gesels het, mense soos dr. Piet Rautenbach en verskeie Kabinetsministers: Piet Koornhof, Fanie Botha, Jimmy Kruger en Hendrik Schoeman. Op een stadium het ons ons idees op papier gestel en ek het dit aan dr. Connie Mulder vir oorweging voorgelê gedurende die Regering se soeke, in 1976, na ’n nuwe konstitusionele bedeling tussen Kleurlinge, Indiërs en Blankes.

Sonder dat ek daarvan bewus was het Retief van Rooyen al my “progressiewe” en afwykende politieke sienswyses aan Vorster gerapporteer. Ek is oortuig daarvan dat hy nie die feit gerapporteer het dat, “ ’n Kombinasie van eksterne en interne omstandighede maak dit gebiedend noodsaaklik dat die verhoudinge tussen die Blankes, Kleurlinge en Indiërs genormaliseer word binne ’n tydsbestek wat onverbiddelik afgegrens word deur die lewensfeit dat die basiese geo-politieke grondslae vir wit oorlewing in die RSA voor die einde van die dekade gelê sal moet word. Die vernaamste eksterne omstandighede hou direk verband met die onrusbarende wyse waarop die momentum van die buiteland-geïnspireerde en georkestreerde aanslag teen die Nasionale Party-bewind aan die toeneem is. Dit vereis nie ’n breedvoerige uiteensetting van die relevante feite om te verduidelik waarom dit noodsaaklik is dat gesonde verhoudinge tussen die Blanke-, Kleurling- en Indiërbevolkingsgroepe as ’n sine qua non vir doeltreffende weerstand teen die voorgenoemde aanslag geag moet word nie. Binnelandse omstandighede wat die normalisering van die verhoudinge ’n vanselfsprekende vereiste vir wit oorlewing maak, kan herlei word tot die revolusie van stygende verwagtinge onder twee bevolkingsgroepe wat volwaardige burgerskap binne die RSA opeis as ’n reg wat regtreeks uit hul permanente saambestaan met die Blankes in ’n gemeenskaplke vaderland voortvloei."

Hierdie inleidende woorde moet gesien word in samehang met 'n groeiende gevoel in die geledere van die Afrikaner-elite in die algemeen en onder ingeligte Nasionaliste in die besonder, dat die tyd ryp geword het vir verbeeldingryke, omvattende en selfs drastiese politieke inisiatiewe ingestel op die normalisering van Blank-Kleurling-Indiërbetrekkinge binne die beleidsraamwerk van 'n plurale demokrasie... sieninge oor die Kleurlinge ookal was, ek geen hoop, intellektueel of andersins, vir ’n soortgelyke werkbare politieke verhouding tussen die Swart groepe in Suid-Afrika en die Witman gesien het nie. Nie in een staat nie. Nie met die huidige Parlementêre stelsel nie. Ek het my sienswyses oor swart en wit in ’n spesiale hoofstuk van die Amptelike Jaarboek van Suid-Afrika, getiteld “Die Integrasie Model” uiteengesit. Dit was die eerste keer dat iemand ook amptelik gepoog het om die Utopiese-model van swart en blanke politieke integrasie vir Suid-Afrika uitmekaar te haal. Maar, soos generaal Van den Bergh later beveilig het, het Van Rooyen blykbaar die indruk by Vorster gelaat dat ek daadwerklik teen sy beleid gekant was. In die openbaar het ek die regering se beleid aangaande die Kleurlinge en Indiërs na die beste van my vermoë verdedig. Dit was my werk as staatsamptenaar. My private en persoonlike siening was geheel en al verskillend en min mense wat my goed geken het was nie bewus van my bedenkinge oor die regering se beleid nie.

Die verklaring van Les de Villiers voor die Erasmus-Kommissie het ook Van Rooyen se private voetpaadjie na Vorster bevestig. Op die ou end sou Vorster ook voor die Erasmus-Kommissie erken dat Retief van Rooyen al die “skinderpraatjies” uit my huis na hom gebring het. Min het ek geweet dat terwyl ons een aand ons program vir Kleurlinge bespreek het, en waaraan Van Rooyen deelgeneem het, dat hy besig was om sy mes vir ons te slyp.

Ek het Wimpie de Klerk, redakteur van Die Transvaler, by die Holiday Inn in Johannesburg ontmoet en aan hom vertel dat ek probeer het om Connie Mulder te druk sover as wat ek kon, maar dat hy nie bereid was om sy persoonlike standpunt te wysig nie. Nie bereid was om ’n federale regering-struktuur vir die Kleurlinge, Indiërs en Blankes, bokant die drie etniese parlemente wat die regering binnekort sou aankondig, te steun nie. “Connie”, het ek gesê, “is sy eie baas. Hy is buigsaam maar basies streng konserwatief. Hy het sy eie idees oor hoe dinge gedoen moet word.”

Mnr. Vorster het aan generaal Van den Bergh gesê dat hy glo dat dr. Mulder my sienswyse gedeel het omdat ons so nou saamgewerk het. Wat Dr. Mulder betref was Vorster egter totaal verkeerd. Dr. Connie Mulder het sy eie idees oor die Kleurlinge gehad en sou geensins ons idees aanvaar nie. Hy het baie ander dinge wat ek voorgestel het ook afgeskiet.

Generaal Van den Bergh het later aan my vertel dat dit Van Rooyen se verslae aan Vorster was, meer as enigiets anders, wat Vorster teen dr. Mulder en myself laat draai het. Hy het my vertel van die Eerste Minister se obsessie oor lojaliteit en sy oortuiging dat ’n man, of vir hom of teen hom was. Van hoe hy sy bande met voormalige Regter Kowie Marais verbreek het omdat laasgenoemde hom in die openbaar gekritiseer het.

By nadenke is dit baie duidelik dat Van Rooyen se verslag aan Vorster dat ek en my vriende ’n dinkskrum-cum-pressiegroep gevorm het ten einde sleutel Ministers soos dr. Koomhof en dr. Hilgard Muller te bereik, die vonkie was wat die vuur van Vorster se politieke spel aan die brand gesteek het: Om my eers te isoleer en sover te kry om te bedank en daama vir Mulder uit te stoot.

Ek is oortuig dat Vorster vir Barrie in sy onwettige ondersoek van die geheime fondse van die Departement aangemoedig het. Ek glo hy het al die tyd geweet dat van die onthullings aan die pers van die Ouditeur-Generaal se kantore afkomstig was. Dit verduidelik waarom hy ons nooit almal bymekaar gebring het nie, ten spyte van Van den Bergh se aandrang en waarom hy nooit werklik vir Barrie oor sy onthullings voor die Gekose Komitee oor die kole gehaal of aangeval het nie. Ek glo ook dat hy geweet het dat die Ouditeur-Generaal nie self die fotokopie van sy geheime verslag aan Kitt Katzin oorhandig het nie. Dit verduidelik waarom hy die ondersoek van die Buro vir Staatsveiligheid en van die polisie in die Ouditeur-Generaal se kantoor stopgesit het.

Dit was op die vooraand van my vertrek na die Verenigde State in 1982 dat twee voormalige S A AN-joernliste met wie ek redelik bevriend geraak het, my afsonderlik in Pretoria kom sien het. Ons het per motor na ’n naby-geleë inkoopsentrum gery en, terwyl die radio hard gespeel het, het hulle aan my vertel dat Kitt Katzin nie die verslag direk van die Eerste Minister se kantoor gekry het soos ek vermoed het nie, maar van ’n joernalis wat by Beeld werksaam was. Hy het dit op sy beurt van ’n ander Kabinetsminister ontvang. Ek kon raai wie in die Kabinet mnr. Vorster op daardie stadium meer as enigiemand anders vertrou het.

Die onthullings van die twee manne het ooreengestem met wat Charles More net twee weke voor sy onverwagte dood voorspel het.

Retief van Rooyen was natuurlik meer as net Vorster se vriend en informant. Vorster se latere poging om sy omgang met Van Rooyen as van geen besondere belang af te maak nie, was eenvoudig net daarop gemik om soveel afstand moontlik tussen hom en die man te plaas wie die geskiedskrywers nie te goedhartig sal behandel wanneer die geskiedenis van die Inligting-affêre onpartydig ge-evalueer word nie. Want, buite die wete van enigeen, behalwe Van den Bergh, myself, Vorster en ’n handjievol ander mense, was Van Rooyen op die vooraand van die Tumhallekonferensie deur Vorster in Suidwes-Afrika “geplant” om as regsadviseur vir die Ovambo’s op te tree. Die Ovambo-nasie was die talrykste en magtigste groep in Suidwes-Afrika en sonder hulle ondersteuning in die Tumhalle sou die Regering se program, die spreekwoordelike nul op ’n kontrak wees. Ek het ’n boek oor Suidwes-Afrika geskryf, The Last Frontier, wat in die Verenigde State, Suid-Afrika en Europa gepubliseer is, en Van Rooyen het by verskeie geleenthede na my huis gekom om my uit te vra oor wat die beste rigting sou wees vir die Ovambo’s om in te slaan.

In Pretoria het hy gereeld aan Vorster verslag gedoen oor sy aktiwiteite in Suidwes-Afrika - en oor sy gesprekke met my. Die eerste aand waarop ons oor Suidwes-Afrika gesels het, het ek aan Van Rooyen gesê: “Maar Rit, hierdie ding kan jou vir maande in Suid-Wes hou. Wat van jou werk by die balie? Jy gaan mos baie geld verloor”.

Die lang gryskop man (wat ook persoonlik deur Vorster genomineer is om die regering in die Steve Biko-saak te red) het agter sy bril geglimlag en sy gesig het soos ’n kerslig opgehelder. Praat oor geld en Van Rooyen skitter. Hy het nie alleen in geslypte diamante handel gedryf nie, maar ook in grond en wat nog, alles vir ’n ekstra Rand.

“Natuurlik verloor ek inkomste by die Balie”, het hy gesê.

“Maar jy doen dit tog nie uit liefde vir volk en vaderland nie”, het ek gcsê, want ek het die man te goed geken wat selfs by een geleentheid tevergeefs en ongevraagd probeer het om diamante aan my te verkoop.

“Ek kan nie kla nie”, het hy lighartig verklaar “die Baas betaal my R400 per dag in die geheim. Sonder dat ek nodig het om belasting te betaal en tesame met wat die Ovambo’s my wettig en openlik betaal, is dit nie so sleg nie”. Retief van Rooyen behoort die gesprek goed te onthou omdat ’n derde party wat teenwoordig was hom gewaarsku het om nie voor ander mense, seifs nie eers ander geheime agente, oor die soort dinge te praat nie. (’n beëdigde verklaring van die persoon is beskikbaar.)

Generaal Van den Bergh het later aan my, dr. Mulder en andere bevestig dat die R400 per dag uit die Buro se begroting betaal is.

Later in 1977 tydens ’n ontmoeting by mnr. Vorster se huis in Pretoria toe ons op soek was na regsondersteuning om die geheime staatsdeposito van RI2 miljoen wat Louis Luyt vir die stigting van The Citizen gehou het, terug te kry, het die Eerste Minister self vir Van Rooyen vir die taak genomineer. Dit was die rede waarom ek ’n afskrif van die ooreenkoms tussen Luyt en myself aangaande The Citizen aan Van Rooyen moes oorhandig. Sodoende het Vorster my, en sy eie doodsvonnis veroorsaak want dit was Van Rooyen wat ’n jaar later hierdie inligting, ongevraagd, nie alleenlik aan die Mostert-Kommissie verskaf het nie, maar ook aan dr. Connie Mulder se politieke teenstanders net ’n paar dae voor die uittrede van mnr. Vorster. Die kettingreaksie het daarop gevolg.

Indien ’n man met ware integriteit gekies was op wie daar geheel en al staat gemaak kon word om sy eed te onderhou, waag ek dit om te se dat Vorster vandag nog die President van Suid-Afrika sou gewees het. Van Rooyen so lighartige geswore woord dat die geheime by hom so veilig is soos sy kinders by my was toe hulle alleen saam met ons op vakansie gegaan het, is nog vars in my geheue.

’n Man, aan wie Vorster hierdie soort kennis toevertrou het, kan nie nou as 'n “blote kennis” of ’n “skindertong” afgemaak word, soos Vorster dit later probeer stel het nie.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2711 gaste aanlyn