Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Al is die rede vir jou pyn wat jy nou ervaar slegs sodat jy kan verstaan waardeur ander mense gaan wat dalk vorentoe jou pad sal kruis, dan is dit genoeg rede om jou eie pyn te verduur.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (48)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
DIE BETEKENIS VAN VRYHEID
Behalwe vir ’n paar uitstappies buite Pretoria het Katy en ek in ons huurwoonstel in Lynnwood gebly terwyl ons op die saak voor die Appelhof gewag het.’n Swaard van ses jaar gevangenisstraf het oor my kop gehang.
Die uitsig wat ons oor die oostelike voorstede gehad het, het my bekoor. ’n Mens kon al die pad vanaf Libertas, die Eerste Minister se woning, tot by Cullinan sien, ’n afstand van goed 30 kilometers. Ek het dikwels, wanneer ek op die balkon gestaan en kyk het na die blou lug, die wit wolkemassas en die verre horison, teruggedink aan die strakheid van die gevangenisse in Frankryk, waar die enigste uitsig wat ek ooit gehad het, ’n baksteen- of klipmuur was.
OPSOEK NA ANTWOORDE EN GELUK
Hannes Ollewagen
Prediker 2:1-26
“EK het in my hart gesê: Nou ja, ek sal jou met vreugde op die proef stel; geniet dan die goeie! Maar kyk, ook dit was tevergeefs.” (:1).
Elke mens wil tog graag gelukkig wees. Dit is natuurlik nie verkeerd nie. Die fout wat baie mense maak is egter om na antwoorde en geluk op die verkeerde plekke te gaan soek. Mense kyk graag na ander se lewens en maak dan afleidings oor wat hulle dink dit is wat ander mense gelukkig maak. Hulle poog dan baie hard om ander mense se lewens na te boots ten einde dit te bereik wat hulle in ander mense se lewens sien met die gedagte dat hulleself dan ook gelukkig sal wees. Daar gekom en menigmaal steeds ongelukkig, word hierdie soektog na geluk voortgesit.
DIE WIT HORISON (17- SLOT)
EERSTE SA ANTARTIKA-EKSPEDISIE
DESEMBER 1959 - JANUARIE 1961
Gebeure neergepen deur dr André le R vd Merwe wat as dokter die reis meegemaak het
Lees reeks by Die Wit Horison - 1e SA Antartika-ekspedisie 1960
Die Eerste Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese Ekspedisie (SANAE 1) het uit die volgende 10 lede bestaan waarvan twee nog leef en tans (2017) in hul tagtigerjare is:
Hannes la Grange – Leier - Oorlede
Marten du Preez - O/leier en Radio-ingenieur (Tans woonagtig in Waverley, Pta)
Dr Andre v d Merwe – Dokter - Oorlede
Victor von Brunn - Geoloog - Oorlede
Dick Bonnema - Senior weerkundige - Oorlede
Theo van Wyk – Weerkundige (Tans woonagtig in Birchleigh, Kemptonpark)
George Strauss – Weerkundige - Oorlede
Blackie de Swardt – Weerkundige - Oorlede
Chris de Weerdt - Dieselwerktuigkundige (Tans woonagtig in Silwerlakes, Pta)
Niek Erasmus- Radio-operateur - Oorlede
November het die Wind gebring, Desember die Polarhav en Januarie die Terugreis
Op 13 Oktober het Hannes verjaar. Weke lank is hy nie in die weerkantoor toegelaat nie, want Chris was daar besig om ’n staanlamp vir hom aanmekaar te sweis en ’n skerm te maak met ’n foto van elke lid daarop. Intussen het ons nege aan die Departement Vervoer in Pretoria ’n versoek gerig dat die nuutgestigte opslagplek naby die berge die naam Hannes la Grange-depot moet kry. Hulle het dit toegestaan en op die verjaardagaand, na die oorhandiging van die lamp, is dit aangekondig. Dit was ’n dolle partytjie. Die volgende oggend het ’n groot gedeelte van die span met ’n groepshoofpyn opgestaan.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (47)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
In die daaropvolgende maande het ek met vele joernaliste gepraat met wie ek ’n jaar gelede nie ’n woord wou wissel nie. Ek het geduldig vrae beantwoord. Uiteindelik het ek selfs met Eugene Hugo van die Sunday Times gepraat, alhoewel ek gesweer het dat die man wat die storie oor Suid-Afrika se kontakte met Egipte blootgelê het, verdien om geïgnoreer te word. Maar nou het ek besef dat dit my as persoon nie meer geraak het nie. Ek het nie langer vir die regering gewerk nie. Ek sou nie langer die pers beveg nie maar ek sou ook nie boetie-boetie met hulle speel nie. Ek sal eenvoudig elke versoek op meriete takseer.
DIE KAMP (Irene, Pta)
AG Visser
In die kamp van die vroue heers stilte en donker,
die ellende genadig gedek deur die nag.
Hier en daar in ‘n tent nog ‘n flou liggeflonker,
waar die Engel van Meely – die Doodsengel – wag.
In die plaas van verdriet en van loodsware harte
lê ‘n knapie te snik in ‘n troost’loos geween.
O, wie tel al die trane, wie meet al die smarte
van ‘n weeskind verlate, op die wêreld alleen?
Want sy vader was vroeg in die stryd al gesneuwel;
na die kamp toe moes moeder toe die huis was verbrand;
sy en sussie lê daar aan die voet van die heuwel;
“wees getrou”, het sy sterwend gesê, “aan jou land!”.
DIE OUERHUIS
Red die gesinslewe en red die volk
Ds Andrè van den Berg
1. Vertwyfeling
Suid-Afrika is tans besig om met iets anders as die nag donker te word. Eerbare burgers swem soos drenkelinge teen ʼn magtige stroom van agteruitgang en onreg sonder om land te sien. Terwyl onregsdienaars die soustrein ry, bevind veronregtes hulle op ʼn ander trein in ʼn stikdonker tonnel. Baie van hulle het al afgespring en hul in die buiteland gaan vestig.
Volkswanhoop is niks nuuts nie. Juda het ook by geleentheid so gevoel totdat God vir hulle ʼn ommekeer laat verwerklik het:
“Vir ʼn doringboom sal ʼn sipres opgaan; vir ʼn distel sal ʼn mirteboom opgaan....” (Jes.55:13).
Omdat God se genade altyd helderder as sy oordeel skitter, kan Hy ook die Boerevolk se ellendevaart omkeer. Alvorens dit gebeur, sal daar eers twee dinge moet plaasvind. Hulle sal eerstens berouvol na God en sy Woord moet teruggekeer en tweedens hul verbrokkelde gesinslewe herstel omdat ʼn volk se krag baie sterk van die gehalte van sy gesinsleweafhang.
WIE IS JESUS?
Ds Andrè van den Berg
Inleiding
Eeue voor Jesus se geboorte voorspel Jesaja dat Hy uit ʼn maagd gebore en sterke God en Ewige Vader genoem sal word (Jes.7:14; 9:5). Hierdie profesie is in Mt.1:23vervul: “Kyk, die maagd sal swanger word en ’n seun baar, en hulle sal Hom Emmanuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons”
Die eerste en belangrikste ding om oor Jesus te weet, isdat Hy werklik God is. Toe Hy op die aarde was, het baie min mense dit aanvaar. Sedertdien het niks verander nie. Mense glo dat Jesus Iemand baie besonders is, maar nie God nie.
DIE GEESTELIKE TREK
Dit is ’n gemeenplaas om te sê dat die politeke stryd naas oorlog die hardste stryd is wat daar is, omdat die politek so belangrik is in ’n volk.
Die politek is die kroonrat van ’n volk se bestaan.
As dit op die politeke gebied sleg gaan, gaan dit op alle terreine sleg. En net soos daar in ’n oorlog noodwendig ongevalle is, net so is daar in die politeke stryd ook noodwendig en ongelukkig ongevalle. En dit is waarskynlik die onverstandigste ding om te staan en huil by daardie ongevalle.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (46)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
In die lig van die nuwe getuienis wat in die laaste maande van 1979 en die begin van 1980 ingewin is, het baie van my vriende en raadgewers soos professor Sas Strauss betoog vir ’n versoek aan die Appèlhof dat die saak heropen moes word. Weer onder Regter Theron, sodat die nuwe getuienis wat die Appèlhof moes bestudeer voordat die saak in Bloemfontein aangehoor sou word, op rekord gestel kon word. Daar bestaan ’n bepaling dat sulke nuwe getuienis voorgelê kan word. Maar Johan Kriegler het aangevoer dat dit om verskillende redes nie nodig was nie. Die belangrikste was dat die hofrekord genoeg bewyse bevat dat ek nooit skuldig bevind moes gewees het nie.
LOOF DIE HERE, O MY SIEL!
Hannes Ollewagen
Ps. 103:1-22
“Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie!” (:2)
Wanneer laas het u die HERE, die Almagtige, uit die diepste van u siel geloof net omdat Hy goed is en net omdat Hy, en Hy alleen, God is? U besef dalk met ‘n ontnugtering dat die antwoord hierop miskien “nog nooit nie” mag wees.
Ons leef in ‘n tyd waarin daar deurgaans op mense se gedagtes beslag gelê word. Allerhande mediums word ingespan, hetsy dit die televisie, nuusblaaie, tydskrifte, radio, televisiespeletjies of die internet is. En die krag van die propaganda wat deur hierdie mediums versprei word, word deur die meerderheid mense onderskat. Die denke van ‘n mens word menigmaal deur hierdie mediums in ‘n rigting gestuur wat uiteindelik daartoe sal lei dat die betrokke individu se optrede beïnvloed sal word. Daar is ‘n treffende Engelse gesegde wat lui: “Where the mind goes, the man follows.”
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (45)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
>
>
Die SAL 747 het op Jan Smuts Lughawe neergestryk, ’n klein rookwolkie vanaf die bakboord wiele het gewys dat dit ’n byna foutlose landing was. Die tamaai vliegtuig het in ’n merkwaardige kort tydjie tot stilstand gekom, toe na links weggeswenk van die aanloopbaan en sy stadige aantog na die lughawe gebou begin.
Donderdag, 23 Augustus, 1979.
Die Boeing SP het voor Jan Smuts lughawe se internasionale terminus tot stilstand gekom.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (44)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
In 1973 het die Regering gesukkel om iemand in Suid-Afrika te vind wat ’n gedefinieerde uiteensetting oor apartheid, of afsonderlike ontwikkeling, kon skryf. Hulle het eers vir Willem van Heerden, doyen van Afrikaanse koerantredakteurs, betaal om dit te doen, maar kon nie sy manuskrip gebruik nie. Daarna het hulle hul na professor Erica Theron gewend, maar sy het halfpad opgegee. Op ’n dag het ek aan dr. Connie Mulder gesê: “Indien julle Nic Rhoodie daarvoor betaal sal hy, Denys en ek dit vir julle binne vier tot ses weke doen”.
VANDAG IS HEMELVAART...
...WAT NET SOOS 'N SONDAG DEURGEBRING MOET WORD
Vandag op Donderdag 25 Mei is dit weer Hemelvaart en herdenk ons vandag Christus se opvaar na die hemel ná sy kruisiging en opstanding. Vir ons beteken Hemelvaart die terugkeer van Jesus na Vader in die hemel. Lees gerus die Lukas-evangelie asook Handelinge waar die gebeure vertel word hoe Jesus ná die Opstanding verskeie kere aan sy apostels en volgelinge verskyn het, en ná veertig dae na die hemel opvaar terwyl sy volgelinge toekyk hoe Hy in die wolke onsigbaar word.
Dat Hemelvaart vir ons as Christene soos 'n Sondag deurgebring moet word, is ongelukkig iets waaroor nie genoeg gepraat word nie. Ons ouer lesers sal onthou dat ons wel vroeër jare hierdie dag as 'n Christelike dag deurgebring het. Dit is tyd dat ons weer ons besighede sluit en aan ons Vader die dank en eer vir hierdie groot gebeure bring. Kom ons bring Hemelvaart hierdie jaar só deur dat ons voorbeeld vir die talle ongelowiges daar buite as hoeksteen van die Christelike geloof vas en duidelik staan.
WIE WEET STEEDS NIE?
Hannes Ollewagen
Job 12:7-12
“MAAR vra tog vir die diere, dat hulle jou leer; en die voëls van die hemel, dat hulle jou te kenne gee; of spreek die aarde aan, dat dit jou leer, en laat die visse van die see jou vertel. Wie weet nie deur al hierdie dinge dat die hand van die HERE dit gemaak het nie?” (:7-9).
Elke mens moet tog op een of ander stadium is sy lewe stil raak en homself die vraag afvra waar alles wat hy rondom hom sien sy oorsprong het. Daar bestaan tog niks op aarde wat sommer maar net vanself ontstaan het nie. Dink byvoorbeeld aan die huis waarin u woon. Dit was tog nie net eendag opslag daar vir u om in te woon nie – dit moes natuurlik eers gebou word. Alvorens die huis gebou kon word, moes die boumateriaal soos die sement en bakstene eers vervaardig word. En in die vervaardigingsproses van hierdie materiaal is meestal grondstowwe soos water en grond gebruik wat deur die aarde opgelewer is. Maar waar sou die aarde dit tog vandaan kry om dit aan die mens te kon lewer?
VROUE IN DIE BYBEL
Debora
In die donker tyd van Israel se geskiedenis was Debora ‘n ligbaken van vertroue in God se mag om te red en ‘n herinnering aan sy verbondsliefde vir sy volk.
In Israel was daar ‘n nuwe geslag wat nie die God van hulle vaders geken het nie met die gevolg dat die volk geestelik agteruitgegaan het, soos ons dit nou ook hier in Suid-Afrika beleef. Maar God sou nie sy volk laat vaar nie. Hy sou nog ‘n bevryder stuur, hierdie keer ‘n vrou. Debora het Israel nie slegs as ‘n rigter en profetes gedien nie; dit was haar leierskap waarop haar medeleier, Barak gesteun het wat een van die grootste militêre oorwinnings van hulle geslag sou wees.
MAAK REG TERWYL JY TYD HET
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
“En as dit bevind is dat iemand se naam nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp” Openb.20:15
Die Bybel sê dat daar ‘n einde aan die wêreld kom. Dis byna ondenkbaar om te dink dat die aarde gaan ophou bestaan, maar dit gaan! En dis nie baie ver nie.
Alhoewel ons nie die datum weet nie, gee Jesus wel tekens as ‘n aanduiding dat die tyd naby is. Met die hemelvaart maak die engele ‘n groot belofte: “Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom sien wegvaar het” (Hand.1:11).
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (43)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
In Aix-en-Provence het die son om vyf-dertig opgekom. Om sesuur is my baadjie, das en bruin leergordel deur die wagte aan my terugbesorg sodat ek korrek geklee sou wees vir die Franse hof wat eers om nege-uur sy verrigtinge sou begin.
Binne-in die gevangenis is ’n 200 jaar oue eikehoutdeur met ’n sleutel wat sowat ’n halwe meter lank was oopgesluit. Af met ’n stel trappe. Links, nog ’n ou deur. ’n Lang ondergrondse gang en dan weer trappe wat na die hofsaal op gaan. Die oomblik toe ons die boonste trappe bereik, het blitsligte afgegaan en kameramanne het geskreeu: “Hiematoe asseblief! Kyk hiematoe! Kyk hiematoe vir Associated Press!” Ek het nie links of regs gekyk nie, maar, vasgeboei aan ’n polisieman, by die hofsaal ingegaan en aan die linkerkant my sitplek ingeneem.
STAAN OP!
>
>
Die prys vir vryheid is nooit te hoog nie
My boodskap aan u is: wees sterk en trou aan wat ons het – ons land, ons godsdiens, ons taal, ons kultuur, ons Witmanskap.
Wees sterk in die aanspraak op die reg om voorkeur te hê vir wat ons eie is: ons taal, ons kultuur, ons godsdiens, ons blanke ras.
Wees sterk in die aandrang op ons reg om in Afrika vry te wees, om onsself te wees.
Wees sterk in die wil om ons eie te begrens en te beskerm met ons lewens.
Moenie dat ons bang gepraat word vir die uitdaging van Afrika nie.
Moenie dat ons bang gepraat word vir die eise van die stryd nie. Die prys van ’n volk se vaderland en vryheid is nooit te hoog om te betaal nie.
PRAAT GOD NOG MET ONS?
Hannes Ollewagen
Hebreërs 1:1-14
“NADAT God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het.” (:1&2).
In plaas daarvan dat ons vra of God vandag nog met ons praat kan ons dalk eerder vra of ons as mense dalk al geleer het om na Hom te luister. Sedert die Skepping het God Homself met die mens bemoei en sy betrokkenheid in die mensdom is regdeur die Skrif vir ons baie duidelik. Ongelukkig is die mens se onwilligheid om in ootmoed na God te luister regdeur die Skrif net so duidelik waarneembaar.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (42)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die doel met die plasing van hierdie inligting oor die destydse Inligtingskandaal is om die leser perspektief te gee oor hoe Suid-Afrika tot by die haglike verval van 'n swart regering gekom het. Die verraad wat destyds in die kabinet van Vorster, PW Botha, Pik Botha en De Klerk plaasgevind het, nie net teenoor ons Boerevolk nie, maar ook onder en teenoor mekaar in die parlement, getuig van hul veragtelike motiewe en handeling.
DIE SONDEBOK WORD
GEARRESTEER (2)
Ek het net ’n paar dae in Grasse deurgebring toe ek op Maandag 25 Julie skielik in die vroeë oggendure na Aix-en-Provence oorgeplaas is. Niemand het my sien vertrek nie. Niemand het my vrou of my advokaat in kennis gestel nie.
Toe Katy en Henri Vincent, plus sowat ’n dosyn joemaliste die volgende dag daar opdaag, is daar eenvoudig aan hulle gesê dat ek oorgeplaas is. Dit het Vincent ure geneem om vas te stel waarheen ek gestuur is.