Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die liefde is vriendelik...
DIE ALTERNATIEF (5)
T. M. Hart
'n STRATEGIE vir OORLEWING
‘Klink my tot kruik waarin u Gees
Weer water vir my volk sal wees’.
G.A. Watermeyer: Die Republiek van Duisend Jaar
Kopiereg © : T.M. Hart
Uitgewer: Tobie Hart
E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Eerste Druk: 2014 ISBN: 978-1-928202-13-4
Lees reeks by Die Alternatief
Gelofteland plaas met toestemming van skrywer hierdie werk in reeksvorm. Dit is ‘n eerlike en praktiese besinning oor aspekte van 'n strategie om in die veeleisende 21ste eeu te kan oorleef. Sake soos nasionalisme, die ekonomie, politiek, godsdiens, die media, apartheid en ander word onder die loep geneem. Ná deeglike navorsing het skrywer besin oor wat 'n alternatiewe en volhoubare Suid-Afrikaanse leefwyse sou kon wees. Al sou lesers nie noodwendig met elke sienswyse saamstem nie kan elke volksgenoot in vandag se Suid-Afrikaanse omstandige hierby baat.
5. EKONOMIE en POLITIEK
Hoewel miskien nie begrippe wat oor die algemeen saamgevoeg word nie, sal dit weldra duidelik blyk waarom dit hier tog nodig is. Die ekonomie aan die een en politiek aan die ander kant, vorm die moontlik bose, maar ook stewige basis van die moderne samelewing.
HERVORMING 500 (2)
Ds Andrè van den Berg
“En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie” (Hand. 4:12).
Die vroeë kerk het geen probleme met Maria, die moeder van Jesus, gehad nie totdat die Roomse Kerk (RK) haar as hemelse koningin gekroon en aanbid het. Die NT sê min oor Maria. Haar laaste woorde is toe sy by ʼn troue vir knegte sê: “Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen” (Joh.2:5). Die laaste keer dat die Bybel van haar praat, verkeer sy na die hemelvaart op dieselfde geestelike vlak met medegelowiges: “Hulle almal het eendragtig volhard in gebed en smeking, saam met ʼn aantal vroue en Maria, die moeder van Jesus” (Hand.1:14).
DIE ALTERNATIEF (4)
T. M. Hart
'n STRATEGIE vir OORLEWING
‘Klink my tot kruik waarin u Gees
Weer water vir my volk sal wees’.
G.A. Watermeyer: Die Republiek van Duisend Jaar
Kopiereg © : T.M. Hart
Uitgewer: Tobie Hart
E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Eerste Druk: 2014 ISBN: 978-1-928202-13-4
Lees reeks by Die Alternatief
Gelofteland plaas met toestemming van skrywer hierdie werk in reeksvorm. Dit is ‘n eerlike en praktiese besinning oor aspekte van 'n strategie om in die veeleisende 21ste eeu te kan oorleef. Sake soos nasionalisme, die ekonomie, politiek, godsdiens, die media, apartheid en ander word onder die loep geneem. Ná deeglike navorsing het skrywer besin oor wat 'n alternatiewe en volhoubare Suid-Afrikaanse leefwyse sou kon wees. Al sou lesers nie noodwendig met elke sienswyse saamstem nie kan elke volksgenoot in vandag se Suid-Afrikaanse omstandige hierby baat.
4. LESSE uit AFRIKA
Iemand het op 'n keer die opmerking gemaak dat Afrika dikwels daarop uit is om met Europa, en 'Europese waardes' te mors. Of dit uit weerwraak of van nature is, is nie op ingegaan nie, maar ook nie hier van soveel belang nie. Die feit bly dat soos waarskynlik nêrens anders op aarde nie, daar in Afrika en in die besonder in Suid-Afrika, 'n rasse- en kulturele kontaksituasie ontstaan het wat groot uitdagings aan alle betrokkenes stel.
DIE ALTERNATIEF (3)
T. M. Hart
'n STRATEGIE vir OORLEWING
‘Klink my tot kruik waarin u Gees
Weer water vir my volk sal wees’.
G.A. Watermeyer: Die Republiek van Duisend Jaar
Kopiereg © : T.M. Hart
Uitgewer: Tobie Hart
E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Eerste Druk: 2014 ISBN: 978-1-928202-13-4
Lees reeks by Die Alternatief
Gelofteland plaas met toestemming van skrywer hierdie werk in reeksvorm. Dit is ‘n eerlike en praktiese besinning oor aspekte van 'n strategie om in die veeleisende 21ste eeu te kan oorleef. Sake soos nasionalisme, die ekonomie, politiek, godsdiens, die media, apartheid en ander word onder die loep geneem. Ná deeglike navorsing het skrywer besin oor wat 'n alternatiewe en volhoubare Suid-Afrikaanse leefwyse sou kon wees. Al sou lesers nie noodwendig met elke sienswyse saamstem nie kan elke volksgenoot in vandag se Suid-Afrikaanse omstandige voordeel hieruit put.
3. KONSERWATISME en NASIONALISME
In die Suid-Afrikanse opset is dé twee begrippe grootliks so vervleg dat 'n skeiding slegs in teorie gemaak kan word.
STAAN VIR TAAL, VOLK EN LAND
ʼn Regte Afrikaner bly getrou aan Paul Kruger se tradisies
As daar vandag aanspraak gemaak moet word op wie ʼn Regte Afrikaner is, dan is die eerste man wat vir Regte Afrikanerskap kwalifiseer, dié man wat getrou gebly het aan die tradisies wat deur Paul Kruger geskep is.
Paul Kruger is nie net ʼn man van die verlede nie; hy is ook ʼn man van die toekoms. Hoe verder van Kruger af wegbeweeg word, word hy nie kleiner nie, maar steeds groter. Daarom is dít ook die rigsnoer wat in die toekoms die Regte Afrikaner sal lei.
ROEP HOM AAN!
Hannes Ollewagen
Psalm 28:1-9
“...Ek roep U aan, o HERE! My rots, draai nie stilswygend van my af weg nie, sodat ek nie, as U teenoor my bly swyg, word soos die wat in die kuil neerdaal nie.” (:1).
Ek deel graag ‘n treffende verhaal met u wat ‘n bejaarde onlangs aan my vertel het. Op 'n dag stap 'n man by die haarkapper in en neem op die stoel plaas. Die haarkapper vra na die man se welstand en die man antwoord dat dit deur die genade van die Here met hom baie goed gaan en dat hy veel het om voor dankbaar te wees.
Nadat die haarkapper sy werk klaargemaak het en die man oppad uit was, groet die haarkapper hom en sê: “Ek wil maar net vir u sê meneer, daar bestaan nie iets soos ‘n God nie. As daar werklik ‘n God bestaan het sou daar mos nie soveel ellende, hartseer en probleme in die wêreld gewees het nie?” Die man was stomgeslaan en het die haarsalon verslae verlaat.
DIE ALTERNATIEF (2)
T. M. Hart
'n STRATEGIE vir OORLEWING
‘Klink my tot kruik waarin u Gees
Weer water vir my volk sal wees’.
G.A. Watermeyer: Die Republiek van Duisend Jaar
Kopiereg © : T.M. Hart
Uitgewer: Tobie Hart
E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Eerste Druk: 2014 ISBN: 978-1-928202-13-4
Lees reeks by Die Alternatief
Gelofteland plaas met toestemming van skrywer hierdie werk in reeksvorm. Dit is ‘n eerlike en praktiese besinning oor aspekte van 'n strategie om in die veeleisende 21ste eeu te kan oorleef. Sake soos nasionalisme, die ekonomie, politiek, godsdiens, die media, apartheid en ander word onder die loep geneem. Ná deeglike navorsing het skrywer besin oor wat 'n alternatiewe en volhoubare Suid-Afrikaanse leefwyse sou kon wees. Al sou lesers nie noodwendig met elke sienswyse saamstem nie kan elke volksgenoot in vandag se Suid-Afrikaanse omstandige voordeel hieruit put.
2. APARTHEID as MODEL en later BELEID
Ten einde enigsins aan 'n bespreking van dié aard reg te laat geskied, is dit nodig om die veld verder af te baken.
Die 'Wortels van Apartheid'
Bewus van al die meer as gewone slaggate waarin 'n mens kan trap as jy – veral sonder om te verdoem – selfs net na Apartheid verwys, is dit waarskynlik die beste om eerlik en objektief te begin deur histories-teoreties daarna te kyk. Veral, in die lig van die nuwe openheid en die gees van 'ubuntu' waarin ons begin leer om te leef.
KOOK MAAR VERNIET !
DIE VERKEERDE RESEP
Ds Andrè van den Berg
Om die regte koek te kan bak, is die regte resep nodig. Verkeerde resepte bak verkeerde koeke. Dis ook van die politiek waar. Suid-Afrika gebruik al jare lank die verkeerde resep vir rassevrede maar verwag telkens ʼn goeie koek. Die hoofbestanddeel van die reënboognasie-resep in die Kook maar Verniet maak dit oneetbaar - kunsmatigheid.
DIE ALTERNATIEF (1)
'n STRATEGIE vir OORLEWING
T. M. Hart
‘Klink my tot kruik waarin u Gees
Weer water vir my volk sal wees’.
G.A. Watermeyer: Die Republiek van Duisend Jaar
Kopiereg © : T.M. Hart
Uitgewer: Tobie Hart
E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Eerste Druk: 2014 ISBN: 978-1-928202-13-4
Lees reeks by Die Alternatief
Gelofteland plaas met toestemming van skrywer hierdie werk in reeksvorm. Dit is ‘n eerlike en praktiese besinning oor aspekte van 'n strategie om in die veeleisende 21ste eeu te kan oorleef. Sake soos nasionalisme, die ekonomie, politiek, godsdiens, die media, apartheid en ander word onder die loep geneem. Ná deeglike navorsing het skrywer besin oor wat 'n alternatiewe en volhoubare Suid-Afrikaanse leefwyse sou kon wees. Al sou lesers nie noodwendig met elke sienswyse saamstem nie kan elke volksgenoot in vandag se Suid-Afrikaanse omstandige voordeel hieruit put.
Met 'n luukse braaivurk in die hand het hy nader gestaan. "'Sure'. Ek maak geld, baie geld. En ek betaal my belasting. En dis meer as wat baie ouens kan sê. Oorweeg ook nie om te 'pack for Perth' of te gaan 'settle in Seattle' nie. Party van daai ouens kom terug. En 'sure'. Soms raak ek ook gatvol en dan wens ek dinge kon anders wees."
Hy het nog 'n paar treë nader gegee en met die een oog op die TV-skerm en met die vurk in die lug, maar darem nie dreigend nie, gevra: "Wat is die alternatief?"
HERVORMING 500 (1)
Ds Andrè van den Berg
“Want niemand kan ʼn ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus” (I Kor. 3:11).
Die Bybel noem die kerk die liggaam van Christus. Paulus skryf: “Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik” (1 Kor.12:27). Omdat die kerk Jesus se liggaam is, haat die Satan dit en probeer hy om dit vanaf die ontstaan met bose strategieë te vernietig. Hy het dit eers met fisiese vervolging probeer vernietig. Toe dit nie werk nie, het hy in die midde van die kerk met dwaalleer opgeduik. Dit het spoedig ʼn bres in die kerkmuur veroorsaak waardeur talle heiden-elemente die kerk binnegespoel en van die waarheid vervreem het.
SLUIPMOORD OP DR VERWOERD (12) (SLOT)
Beaumont Schoeman – geskryf in 1975
Lees reeks by SLUIPMOORD OP DR VERWOERD
Hulde en haat
Die Volksraad se verrigtinge van 7 September 1966 - vier en twintig uur nadat Demitrios Tsafendas dr. H.F. Verwoerd in sy bank met ’n dolk in die hart vermoor het - was somber dog treffend. Dit was emosiebelaaide oomblikke. Die uitbundigheid wat altyd die oomblikke net voor die aanvang van die dag se verrigtinge in die Volksraad kenmerk, was op daardie dag afwesig. Daar was nie die gebruiklike geskerts nie; net ’n droewige stilte. As daar nog gepraat is, was dit op gedempte toon. Daar buite het die volk gerou. Binne die raadsaal het die emosies aan meer as een geharde hart gepluk.
ONTMASKER DIE DWAALLERAARS
Aan die hand van die brief van Judas
Ds Andrè vd Berg
Inleiding
Net voor die verskyning van die Antichris gaan godsdiens ontaard. Paulus noem dit “die afval”:
“Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom.....” (2 Thess.2:4).
Kerke gaan leuens verkondig:
“...want daar sal ’n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ’n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels”(2 Tim.4:3,4).
KULTUUR IS RASGEBONDE
Kultuur is rasgebonde. Die swart rasse, die swart volke se kultuur het ʼn soort eenvormigheid.
Die Zoeloes en die Xhosas en die Vendas kan verskil oor kleiner dinge, maar grondliggend het hulle ʼn gemeenskaplike kultuur, net soos die blanke nasies van Europa. Hulle tale verskil, en hulle eetgewoontes verskil, en wat ook al, maar diep onderlangs is die kultuur gebind aan die ras.
Dit is wat vandag waarskynlik ons grootste bedreiging is, dat ons sku gemaak word vir die begrip van ras, en daardeur sku gemaak word vir Witmanskap. Jy mag nie jou Witmanskap voorop stel nie, want dan is jy ʼn rassis.
J A Marais
BLY VLEKKELOOS
Hannes Ollewagen
Jakobus 1:19-27
“Reine en onbesmette godsdiens voor God en die Vader is dít: om wese en weduwees in hulle verdrukking te besoek en jou vlekkeloos te bewaar van die wêreld.” (:27).
Hierdie duidelike riglyn uit die Woord bring weer perspektief in tye van misleiding en verwarring wat ons samelewing kenmerk. Almal is mos deesdae met een of ander vorm van godsdiens besig. Dank die Here vir hulle wat dit in waarheid doen en besorg is oor siele wat verlore gaan, maar wee hulle wat dit om vuil gewin doen en in die proses soveel verwarring bring.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
GENADIGE DOOD
Die blondine gaan na Binnelandse Sake om die dood van haar man te registreer. Dit was in die goeie ou dae toe hulle nog Afrikaans gepraat het:
Klerk: "Volle name van die oorledene?"
Blondine: "Daniël Richard van den Berg."
Klerk: "Geslag?"
Blondine: 'Nee, darem nie; hy's in sy slaap dood!"
VROUE IN DIE BYBEL (3)
ESTER
Die meeste van ons sal nooit so ‘n verreikende invloed soos hierdie pragtige weesdogter hê nie en nog minder kan ons hoop om eendag ‘n koninklike te word. Maar as ons die soewereie hand van God ken, kan elkeen van ons vir seker weet dat waar Hy ons ookal geplaas het, ons bedoel is vir “ ‘n tyd soos hierdie” – Est 4:14. In plaas van om ‘n seën te wees, het haar skoonheid bygedra tot haar swaarkry. Ester se karakter is gevorm in die smeltkroes van teenspoed en tog het dit, nadat dit ten volle ontwikkel het, geskitter soos suiwer goud. Deur haar voorbeeld kan ons die hand van die Voorsienigheid vertrou deur praktiese lesse te leer oor hoe God ons kan gebruik waar Hy ons ookal plaas.
WEES VERGENOEGD
Hannes Ollewagen
1 Konings 21:1-29
“En jy moet met hom spreek en sê: So sê die HERE: Het jy doodgeslaan en ook in besit geneem? Verder moet jy met hom spreek en sê: So spreek die HERE: Op die plek waar die honde die bloed van Nabot gelek het, sal die honde ook jou eie bloed lek.” (:19).
Daar is min dinge wat ‘n mens so ongelukkig kan maak en kan aftakel as onvergenoegdheid. Daarbenewens rig onvergenoegdheid ook groot skade in menselewens aan.
Ons dink maar aan koning Dawid wat Bátseba, die vrou van Uria, begeer het. Hy het nie oor hierdie sondige begeerte wat na hom lê en loer geheers nie. Dit het uiteindelik daartoe aanleiding gegee dat sy begeerte tot bedrog, leuens en moord aanleiding gegee het ten einde hierdie begeerte te voed.
WAT IS WARE AFRIKANERSKAP?
Dit is in tye soos hierdie wanneer Afrikanerskap en Afrikanernasionalisme weer skerp omlyn moet word. Dit is dwingend noodsaaklik dat gevra word:
Wie is die Afrikaner?
Net so belangrik is dit om te vra: Het ons nie te lank gewag om die definisie van Afrikanerskap en ons nasieskap duidelik te stel nie? Is daar nie in die verlede toegelaat dat Afrikanerskap en ons nasieskap te veel kon omsluit ter wille van die vrede nie, en dat ons daardeur ons grense vir verswakking oopgestel het nie?
GEBRUIK JOU TYD REG!
Ds Andrè van den Berg
“Wandel in wysheid teenoor die wat buite is en koop die tyd uit” (Kol.4:5).
Paulus skryf hierdie brief aan die Kolossense. Hulle was gelowiges in ʼn groot Griekse stad op Turkse bodem, ongeveer 160km noordwes van Efese geleë. Paulus het nie die gemeente gestig nie. God het ʼn sekere Epafras, ʼn plaaslike gelowige, daarvoor gebruik. Paulus het wel in die drie jaar wat hy in Efese gearbei het, die gemeente gereeld besoek.
Waarom was dit vir Paulus dan nodig om ook ʼn brief aan hulle te skryf? Omdat dwaalleer en kettery die gemeente bedreig het. Die verskil tussen dwaalleer en kettery is dat dwaalleer mense die kerk laat verlaat terwyl ketters dit nie verlaat nie, maar leerstellings wat van die kerk se leer afwyk, huldig en mense verwar.
SOORT SOEK SOORT
Die apartheidsbeleid rus op die lewenswet van soort soek soort.
'n Ras, 'n nasie, 'n volk is die somtotaal van die persone wat hulleself as lede daarvan beskou. 'n Mens is 'n Witman omdat hy een is, omdat hy homself so beskou en omdat hy een wil wees. Net so is hy 'n Afrikaner omdat hy homself as 'n Afrikaner beskou en omdat hy een wil wees.
Net soos 'n mens jou vereenselwig met jou gesin omdat dit jou gesin is, vereenselwig 'n mens jou met jou ras of nasie omdat dit jou ras of nasie is en omdat jy een daarvan wil wees.