Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Kry jou kop reg as jou liggaam uitmekaar wil val. Al is ons aan uiterlike aftakeling onderworpe, kan ons innerlik sterk bly. Jy kan nie die veroudering van jou liggaam keer nie, slegs die veroudering van jou gees.
16 DESEMBER
Hoe kom ons die Gelofte van 1838 na?
Jaar na jaar kom duisende volksgenote oor die lengte en breedte van ons land op verskillende plekke byeen om die Gelofte van 1838 te herdenk, en om deur die gesamentlike herhaling daarvan of die stilswyende nasê van ’n voorganger, dit weer af te lê. Daarmee verbind ook ons geslag ons telkens tot die Gelofte en aanvaar ons die verpligting om dit wat ons daarmee belowe, na te kom.
Die Gelofte bevat vier ondernemings:
• Dat ons die dag en datum elke jaar as ’n dankdag, soos ’n Sabbat sal deurbring,
SOU HY ONDER ONS WOON?
Hannes Ollewagen
Matt. 27:32-56
“En die verbygangers het Hom gesmaad terwyl hulle hul hoofde skud en sê: U wat die tempel afbreek en in drie dae opbou, red Uself! As U die Seun van God is, kom af van die kruis!” (:39&40).
“En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur; (:51).
Op die vraag “Waar woon God?” is die onmiddellike antwoord gewoonlik : “In die hemel, natuurlik.” Dit was Salomo wat tereg opgemerk het dat selfs nie die hoogste hemele die heerlikheid van God kan inhou nie. “Maar wie is in staat om vir Hom ‘n huis te bou? Want die hemele, ja, die hoogste hemel, kan Hom nie bevat nie. Wie is ek dan, dat ek vir Hom ‘n huis kan bou ...” (2 Kron. 2:6).
DIE NUWE SUID-AFRIKA (7)
Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika (1990 en verder)
Die beginsels van apartheid
IN ’n een-rassige, homogene bevolking word die onderlinge verhoudings tussen mense gereël deur die gebruiklike, natuurlike, algemene voorskrifte, tradisies en ongeskrewe wette. Hierdie ongeskrewe wette en tradisies is self-ontwikkeld en self-opgelegd vanuit so ’n gemeenskap.
Die mense van Japan het byvoorbeeld nie wette nodig om rasse-verbastering te verhoed nie. In ’n veelrassige, plurale bevolking bestaan daar egter geen self-opgelegde wette en tradisies nie. Daarom kan onderlinge verhoudings in ’n land soos Suid-Afrika deur statutêre bepalings van ’n oppergesag nooit almal tevrede stel nie weens die uiteenlopendheid van die belange en die verwagtings en behoeftes van die verskillende groepe.
MY GENADE IS VIR JOU GENOEG
Moenie 2018 negatief begin nie. Jy aanbid ’n genadige God wat oneindig lief is vir jou.
“Barmhartig en genadig is die Here….” Ps.103:8
Om God lief te hê, moet ons die wonder van sy genade verstaan. Daarsonder is dit onmoontlik om Hom lief te hê. Wie kennis van sy genade het, sal altyd dankbaar wees en met verwagting lewe.
’n Persoon wat God se genade verstaan het, was koning Dawid en in Ps.103 stel hy sy lesers met die inhoud en rykdom van God se genade bekend. Hy onderskei sewe elemente van God se genade in verse 8-18
(i) God se vergifnis van sonde;
(ii) Sy billikheid met sondaars;
(iii) die omvang van sy liefde;
(iv) die volledigheid van vergifnis;
(v) die simpatie wat God met sondaars het;
(vi) God se vertroudheid met sondaars se swakhede; en
(vii) die duursaamheid van sy liefde.
Ons sal later by elkeen van hulle stilstaan.
Wanneer Dawid oor die sewe elemente peins, open hy sy hart opnuut vir God; iets wat ons ook aan die begin van hierdie nuwe jaar moet doen. Om dit te doen, is gesonde oefening want ons ervaar nie altyd God se genade soos wat gelowiges dit behoort te ervaar nie.
DIE NUWE SUID-AFRIKA (6)
Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika (1990 en verder)
Broederbond as wegbreider vir Swart regering
In 1987 is in ’n publikasie van die Universiteit van Pretoria se Departement van Staatsleer oor “Politieke Hervorming in Suid-Afrika” ’n uiteensetting deur my gegee van die verwagte konstitusionele stappe deur die Regering aan die hand van ’n Broederbonddokument van 1986.
In die artikel is onder andere voorspel dat die NP met die ANC sou begin onderhandel en die beginsel van ’n Swart regering sou aanvaar, soos drie jaar later in 1990 gebeur het.
DIE NUWE SUID-AFRIKA (5)
Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika (1990 en verder)
Terroriste wen by onderhandeling
Die les van die terroriste-oorloë is baie duidelik. Nêrens kon hulle ’n oorlog wen nie, maar hulle het aan die wenkant uitgekom omdat die regerings die oorloë nie wou wen nie, gaandeweg onder druk van links na die tafel van onderhandeling gegaan het en toe in paaiemente toegegee het tot die uiteindelike eis om Swart meerderheidsregering.
As die Suid-Afrikaanse Regering eers in ’n gemoedstoestand kom om te onderhandel, sal sy lafhartigheid gerasionaliseer word tot “realisme”. En as sy onderhandeling eindig in Swart regering en chaos, sal die skuld geplaas word op die Blankes wat te veel gerem het sodat die vordering na Swart regering “te min te laat” was, soos die linkses telkens vir Afrika uitgeroep het wanneer die chaos uitgebreek het.
TYD VAN ONTNUGTERING
DIE FONTEIN VAN LEWENDE WATER
Hannes Ollewagen
Jeremia 2:1-37
“Want my volk het twee verkeerde dinge gedoen: My, die fontein van lewende water, het hulle verlaat om vir hulle reënbakke uit te kap, gebarste reënbakke wat geen water hou nie.” (:13).
“Wat het jy dan nou te doen met die pad na Egipte, om die water van die Nyl te drink? En wat het jy te doen met die pad na Assur, om die waters van die Eufraat te drink?” (:18).
‘n Tyd van ontnugtering het vir die Afrikanervolk aangebreek. Die volgehoue en toenemende volksmoord onder Afrikaners, ‘n uiters korrupte en onbevoegde regering, onbeheerbare misdaad, kommerwekkende ekonomiese omstandighede en dergelike sake het tot gevolg dat mense uit ‘n sluimering, wat al vir dekades duur, ontwaak. Die skielike besef dat sake baie, baie sleg daar uitsien, laat mense verbouereerd na oplossings soek.
SWART PLAASAANVALLERS IN HOF GEREGVERDIG
Wat 'n kwadedag as twee erkende swart plaasaanvallers deur die hof beskerm word teen ses blanke plaasinwoners toe die blankes hulself moes beskerm teen twee duiwels wat hulle wou vermoor! En nou is die plaasaanvallers se beserings klaarblyklik die groot onderhandelingspunt. Dit laat mens wonder waarom jy jou aanvaller wat jou lewe wou neem, se lewe gespaar het? !
KROTOA - DIE LEUENS OOR VAN RIEBEECK
Die ware Jan van Riebeeck en Eva Krotoa
deur Marthinus van Bart (Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.)
In 'n pseudo-dokumentêre TV-rolprent, Krotoa, wat in Suid-Afrika bekend gestel is, word die Suid-Afrikaanse geskiedenis skandalig verwring. Die rolprent draai om die persoonlikhede van Jan van Riebeeck en die Koina-diensmeisie Krotoa (Eva) (c. 1642–1674), wat Maria van Riebeeck in die 1650’s aan die Kaap die Goeie Hoop as 'n jong tiener n diens geneem het om die gesin se kamerbediende en kinderoppasser te wees.
Maar wie was hierdie mense werklik: Kommandeur Jan van Riebeeck het op 6 April 1652 as leier van 'n gevolg vakmanne van Nederland, na die Kaap gekom om 'n halfwegstasie vir die Nederlandse handelskepe te stig wat met die Verre-Ooste handel gedryfhet. Hy het met sy vrou, Maria, en hul kinders in 'n vesting wat die Nederlandse bouers uit klei en klip gebou het, die Fort die Goeie Hoop, aan die voet van Tafelberg tuisgegaan. Die taamlik beknopte klein geboutjie was die voorganger van die latere ruim en stewig, met klip geboude Kasteel die Goeie Hoop, vandag een van Kaapstad se bes bewaarde argitektoniese erfenisse.
BLUS DIE KERK MET DIE KERK
ʼn Doodsgreep!
Ds Andrè vd Berg
Inleiding
In 1962 het Paul Adair, ʼn brandbestrydingskenner, wêreldberoemd geword toe hy daarin geslaag het om ʼn oliepyplynvuur wat toe al vir etlike maande in die Sahara buite beheer gebrand het, met plofstof te blus. Hy het vuur met vuur geblus. Satan gebruik ʼn soortgelyke resep en blus die ware kerk met die valse kerk. Sy aanslag is so subtiel dat min mense dit agterkom:
“ ...sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is” (2 Thess.2:4).
WAT DOEN JY VIR GOD EN VADERLAND?
Ds Andrè van den Berg
“En hulle het in dié tyd van Moab omtrent tienduisend man verslaan… So moes Moab dié dag buig… Toe kom ná hom Samgar, die seun van Anat, wat van die Filistyne seshonderd man met ʼn osdrywerstok verslaan het; en ook hy het Israel verlos” . Rigters 3:29-31
Die laaste vers in Rigt.3 val die oor ʼn bietjie vreemd op. Daarin word gesê dat Samgar Israel verlos het. Was dit nie eerder God wat Israel verlos het nie? Die bedoeling van vers 31 is dat Samgar ʼn instrument in God se hand was en dat hy met die krag van God Israel van die volksvyand bevry het.
Samgar se optrede leer ons ʼn baie groot waarheid - niemand is vir God te gering om in sy diens bruikbaar te wees nie. As Hy jou krag gee, verslaan jy selfs reuse soos Dawid van getuig . Luister na Dawid se loflied nadat hy Goliat verslaan het: “Want met U loop ek ʼn bende storm, met my God spring ek oor ʼn muur” (2 Sam.22:30). In Ps.18:30 is dieselfde woorde weer opgeteken.
Alles van God is groot en gedug. Wanneer Hy deur mense werk, word ʼn osdrywerstok in die hand van ʼn boerseun ʼn kragtige wapen, soos die slingervel in Dawid se hand enkele jare later. Samgar se geskiedenis word slegs in een vers opgeteken en vertel die verhaal van ʼn gelowige man wat teen ʼn heidense oormag te staan gekom en met die hulp van God die oorwinning behaal het.
DIE NUWE SUID-AFRIKA (4)
Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika (1990 en verder)
Onderhandeling in plaas van oorwinning
(Hierdie artikel het in DIE AFRIKANER van 13 Maart 1985 verskyn. Daarin is voorspel dat Mandela vrygelaat sou word en dat die Regering nie die terroriste-oorlog sou wil wen nie).
In hoë regeringskringe word daar gerasionaliseer waarom daar met die ANC onderhandel moet word. En die rasionalisasie, uit ’n regstreekse mededeling, lui soos volg:
“Dit is waar, soos DIE AFRIKANER geskryf het, dat Mandela ’n gewelddadige omverwerping van die orde in Suid-Afrika beoog. Maar wat is die oplossing?”
SAL ONS HOM VOLG?
Hannes Ollewagen
Matt. 4:12-25
“En Hy sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak.” (:19).
Hierdie was alles behalwe maar net nog ‘n gewone dag in die lewe van hierdie Galilese vissermanne. Hulle was dalk maar net besig met die normale verloop van hul lewens en om hul dagtaak uit te voer totdat Christus by hulle verbygegaan en tot diens geroep het. En hoe merkwaardig het hierdie vier manne sonder versuim of sonder huiwering op sy roepstem gereageer !
Hierdie gehoorsaamheid van die dissipels is vir ons nogal inspirerend en weliswaar tot voorbeeld. Maar dink ons werklik aan die omvang van hulle bereidwilligheid?
DIE NUWE SUID-AFRIKA (3)
Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika (1990 en verder)
Wie het Rhodesië doodgemaak?
’n Vroeë waarskuwing aan Suid-Afrika
OP 2 Maart 1978 is aangekondig dat mnr. Ian Smith van Rhodesië ’n traktaat geteken het om afstand te doen van die regering van sy land en dit te oorhandig aan Swartes wat Rhodesië die afgelope tien jaar met terroristegeweld probeer verower het.
Hierdie ondertekening is dus die vernederende erkenning dat die Witman van Rhodesië die oorlog om behoud van sy land verloor het.
Rhodesië is deel van Suid-Afrika
Daar sal geen moontlikheid vir hierdie Blankes van Rhodesië wees om, soos die Boeremagte van Transvaal en OVS, met andere middele te veg om hulle land terug te kry nie. Wanneer Swart terroristeleiers oorneem, sal die Blankes weinig of geen beskerming hê nie. As hulle nie die Swart terroristeleiers se reëls eerbiedig nie, sal hulle die land uitgegooi of as rebelle ingehok of doodgeskiet word.
BOEREVOLK, REINIG JUL TEMPEL...
...SODAT JULLE GESOND KAN WORD
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
"Ons staan op die drumpel van ’n groot hervorming. God het dit ook vir Siener van Rensburg laat sien. Hierdie hervorming moet soos in Juda, by die huis van God begin."
“….Luister na my, Leviete! Heilig julle nou en heilig die huis van die HERE, die God van julle vaders en bring die onreinheid uit die heiligdom uit. En die priesters het binne-in die huis van die Here ingegaan om dit te reinig en al die onreinheid wat hulle in die tempel van die HERE gevind het, uitgebring ….” - 2 Kron.29:5&16
Goeie ouers het soms slegte kinders, maar slegte ouers het selde goeie kinders. Met Agas was dit wel die geval. Hy was Juda se slegste koning en sy seun, Hiskia, een van die bestes.
DIE NUWE SUID-AFRIKA (2)
Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika
Woord en Weerwoord
OP 25 Junie 1990 het verteenwoordigers van Afrikaans nasionale groepe mnr. FW de Klerk gespreek. Enkele van die argumente wat geopper en bewerings wat gemaak is, is van aktuele belang en word hierna in samewerking met ds. JH Breytenbach nader betrag onder verskillende opskrifte. Hy was betrokke by die gesprek.
“Internasionalisering” van Suid-Afrika, soos Suidwes-Afrika
DIE Staatspresident se bewering dat, anders as in die geval van Suidwes-Afrika (Namibië), Suid-Afrika se posisie nie geïnternasionaliseer is nie, is klaarblyklik ongegrond.
BLANKE UITWISSING IN SA
Francois het aan Gelofteland geskryf en met reg sy bekommernis uitgespreek oor die behoud van ons blanke ras in Suid-Afrika. Hy skryf dat hierdie aanslag op ons volk 'n stil, koelbloedige Volksmoord is wat net elke dag feller deur die Boervolk se vyande toegepas word. Hieruit word dit duidelik dat meer blanke Afrikaners die waarde van vooruitskouinge deur politici en ander ingeligtes begin aanhaal en sien dat daardie perspektiewe korrek was. Die blanke in Suid-Afrika staan op die punt van uitwissing as gevolg van ekonomiese redes sowel as die nasionale volksmoord wat lankal nie meer ‘n lae intensiteit-oorlog is nie; ons moet dit net besef.
Lees wat vroeër jare gesê is oor hierdie onderwerp asook ander aktuele aanhalings hieronder:
“Suid-Afrika se blanketal het reeds gedaal tot onder 2 miljoen.”
CIA - 2014
“By gebrek aan korrekte statistiek is dit meer waarskynlik dat Suid-Afrika tans ‘n bevolking van oor die honderd miljoen het in ag genome die miljoene onwettige immigrante van ander swart Afrikastate.”
Mike Schusler, SA Ekonoom.
“Wit mense maak op die oomblik ’n beraamde 8% van die totale bevolking uit. Wanneer voortgesette wit veroudering en toenemende vlakke van emigrasie in aanmerking geneem word, kan dié persentasie teen 2040 tot tussen 1% en 3% daal. Die implikasies vir die ekonomie en beleide van SEB en grondhervorming sal ingrypend wees.”
Dr Frans Cronjè, Uitvoerende bestuurder van die SA Instituut vir Rasseverhoudings.
ONS GEBREK AAN KENNIS
LAAT ONS DIT NAJAAG OM DIE HERE TE KEN
Hannes Ollewagen
Hoséa 6:1-11
“... laat ons dit najaag om die HERE te ken; sy opgang is so seker soos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei.” (:3).
Die ellendige toestand waarin die Afrikanervolk verkeer, is duidelik sigbaar. Dit blyk dat selfs diegene wat waarskuwings en vermanings ‘n paar jaar gelede met ongeërgdheid afgemaak het nie meer die werklikheid ontken nie omdat dit doodeenvoudig te groot en duidelik is om mis te kyk.
Hierdie besef van ons toestand wat by mense insink, bring natuurlik ‘n tipe van histerie mee. Wanneer die skokkende werklikheid ewe skielik intree, wend ‘n mens mos desperate pogings aan om die dreigende gevaar te ontkom. Die besef dring deur dat ons besig is om ten gronde te gaan en nou moet daar ewe skielik desperate pogings tot oorlewing gemaak word. Feit is ongelukkig dat mense wat desperate besluite neem selde die regte besluite neem.
BASTERS
Binne of buite God se genade?
Ds Andrè van den Berg
In die OT het die woord baster grootliks ʼn ongunstige betekenis. Moses skryf:
“Geen baster mag in die vergadering van die HERE kom nie; selfs sy tiende geslag mag in die vergadering van die HERE nie kom nie” (Deut.23:2).
Wie was hierdie basters en waarom was hulle in onguns?
Dit het niks met rassevermenging te doen nie.
DIE NUWE SUID-AFRIKA (1)
Lees reeks by Die Nuwe Suid-Afrika
Suid-Afrika 1990
WAT teen Julie 1990 in Suid-Afrika aanskou is, is ’n gevorderde fase van ’n onvoorwaardelike oorgawe van die Regering aan ’n vyand wat die oorlog nie kon wen nie.
Die ANC sou in 1990 die terroriste-oorlog met moeite kon voortsit na die ineenstorting van Kommunistiese regerings in Oos-Europa en die ekonomiese verval in sogenaamde Frontliniestate in Afrika. Die logiese verloop van die terroriste-oorlog in Suider-Afrika moes gewees het dat van Suid-Afrika se kant die stryd teen die terroriste op alle fronte verhewig sou word om die oorlog beslissend te wen. Dog, die teendeel is deur die Suid-Afrikaanse Regering gedoen. Die stryd is gewonne gegee, en nog voor die vredesonderhandelings begin, het die Regering ’n reeks toegewings gemaak aan die ANC-eise—vrylating van Nelson Mandela en ander langtermyngevangenes, ontbanning van die ANC en die SAKP, herroeping van wette waarop die ANC en die SAKP aangedring het, en aanvaarding van die beginsel van een mens, een stem. Dit terwyl van die ANC-kant geen gebaar van toegewing gemaak is nie, presies soos ’n oorwinnaar teen ’n oorwonnene optree.