Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Onregverdige terugslae laat ons maklik verval in 'n "ek gee nie meer om nie" –gesindheid. Maar deur genade word ons in staat gestel om in moelike omstandighede raak te sien dat Hy ons dra. Moenie ophou soek na uitkoms nie, gebruik dit as 'n geleentheid om jou talente en gawes van God te gebruik, glo dat die regte dinge op die regte tyd gebeur het en ook verder sal gebeur – vertrou God!
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (21)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
Konfrontasie tussen Jaap Marais en Constand Viljoen slaan uit in die pers
23 September 1994
“Genl. Viljoen sê hy reken ons sal ’n Blanke algemene verkiesing met enigiets tussen 50 en 60 persent kan wen. ‘Maar die vraag is wat doen jy as jy die verkiesing gewen het’ vra hy! Daarby het u die kreet van die Kommuniste en ander Afrikanervyande van die vyftiger- en sestigerjare en van die NP van die negentigerjare oorgeneem toe u gesê het ‘apartheid was die grootste fout van hierdie eeu’. Rede vir agter dog: AWB-manne verraai: Vir ander kan dit skokkend wees om te verneem dat beweer word dat u op dié wyse saamwerk met Kommuniste teen Afrikaners wat veg teen die verraderlike politiek van hierdie tyd. Die bewering het my egter nie verbaas nie.”
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (20)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
Jaap Marais striem Pik Botha oor Kommuniste
1 April 1994
AS die persoon wat die voorste skreeuer in die NP was dat Kommunisme dood is, is dit dieselfde mnr. Pik Botha, Minister van Buitelandse Sake, wat nou in NP verkiesingsadvertensies waarsku teen die gevaar van Kommunisme.
In ’n skerp bewoorde brief neem mnr. Jaap Marais mnr. Pik Botha kwalik dat hy die publiek op hierdie wyse aan die neus probeer lei. Buitendien voer hy aan dat mnr. Botha se feite nie iets nuuts is nie, maar direk uit mnr. Marais se dokument oor die Kommunisme oorgeneem is.
Die volledige brief lees as volg:
“Dit was om meer as een rede ’n verrassing om te sien dat jy by ’n nuuskonferensie op 24 Maart “onthul” het hoeveel Kommuniste daar onder die ANC se eerste 50 kandidate is.
JEREMIA EN KERKVERVAL
ʼn Tydige waarskuwing
Ds Andrè van den Berg
Inleiding
Vóór die voltooiing van die Bybel het God dikwels deur profete met mense en volke gepraat: “Nadat God baie keer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete ...” (Heb.1:1). Profete was dikwels baie nou met koninghuise verweef om konings in groot besluite by te staan.
Sommige profete het egter nie sulke bande gehad nie en deurlopend onafhanklik opgetree. Jeremia was so ʼn profeet wat afstand met die koningshuis gehou en slegs in opdrag van God gepraat het. Dit het hom gereeld met die leiersfigure van sy tyd laat bots, veral afgunstige kerkleiers.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (19)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
16 September 1994.
“Ter bemoediging van die regses het mnr. Marais daarop gewys dat daar nog nêrens ’n suksesvolle kommunistiese of Swart regering ter wêreld was nie.”
Mnr. Marais het daarop gewys dat dit die derde keer is dat die Afrikaner sy vryheid verloor. Die eerste keer was in 1877 as gevolg van swak leierskap, en die tweede in 1902 na ’n heroïese stryd toe hy met militêre mag onderwerp is. Die skandaligste was egter in 1994 toe De Klerk deur verraad sy land aan die kommuniste oorgelewer het. Hy het dit gedoen ten spyte daarvan dat hy geen mandaat van die kiesers daarvoor gehad het nie.
IS DIT ‘N SONDE OM RYK TE WEES?
Hannes Ollewagen
Prediker 5:1-19
“Kyk, wat ek as ‘n goeie ding gesien het, wat voortreflik is, is dat iemand eet en drink en die goeie geniet vir al sy arbeid waarmee hy hom vermoei onder die son gedurende die getal van sy lewensdae wat God hom gee; want dit is sy deel. Ook vir elke mens aan wie God rykdom en skatte gegee het, en wat Hy in staat stel om daarvan te eet en sy deel te neem en hom te verheug by sy moeitevolle arbeid, is dit ‘n gawe van God.” (:17&18).
Hoe staan die saak dan nou? Lees onsnie juis in 1 Tim. 6:9&10 dat geld ‘n groot euwel is nie? “Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang. Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.” En was dit nie Jesus Christus wat self die volgende woorde uit Markus 10:23-25 gespreek het nie?
BRIEWE UIT DIE HEMEL (5)
Ds Andrè van den Berg
Aan Sardis
“.... Ek ken jou werke, dat jy die naam het dat jy leef, en jy is dood” (Openb.3:1)
Verbeel jou dat jy in ʼn woestyn verdwaal. Dis ondraaglik warm en jy wil sterf van dors. Jy strompel voort en kom op ʼn verweerde teken af: Waterput twee kilometer. Met jou laaste kragte bereik jy die put en laat die emmer sak. In plaas van die geluid van water onder in die put te hoor, is daar net ʼn dowwe geluid as die emmer droë grond tref.
DIE GEMEENSKAP VAN DIE GELOWIGES
‘n Bybelse program vir die heropbou van gemeentes
Ds Andrè van den Berg
1. Wag op die Here! Skriflesing: Hand.1:1-14 .
2. Geen geloofsgemeenskap sonder die Heilige Gees nie Skriflesing: Hand.2:1-18;37-44
3. Geloofsgemeenskap deur toewyding Skriflesing: Hand.2:37-47
4. Begin deur ware aanbidding Skriflesing: Hand.2:38-44
5. Deelname aan geloofsgemeenskap Skriflesing: Hand.2:41-47
6. Geloofsgemeenskap verheerlik God Skriflesing: Hand.2:37-47
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (18)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
DIE KOMMUNISTIESE UITOORLÊPLAN
11 Februarie 1994
DIE Kommunistiese aksieplan wat die Transvaalse Landbou-Unie enkele dae gelede gepubiiseer het, kom uit ’n onberispelike bron. Onafhanklike kenners van kommunistiese taktiek het ook getuig dat dit in alle opsigte die Kommunistiese merk dra, soos dit bekend is uit die internasionale reëls wat al jare gelede tot in besonderhede uitgewerk is vir kommunistiese partye wat elkeen in sy eie land die mag wil verower. Dit is bloot ’n toepassing op Suid-Afrikaanse toestande en op die rol wat die NP, die regses en die sakebelange in die land speel. Die patroon van die outentieke kommunistiese benadering is daarin egter oral herkenbaar en sluit dit absoluut uit dat dit, soos Joe SIovo beweer, ’n fabrikasie sou wees.
WIE HEMEL TOE GAAN
GAAN ALLE MENSE HEMEL TOE BLOOT OMDAT JESUS GESTERF HET?
Hannes Ollewagen
1 Joh. 2:18-29
“En nou, my kinders, bly in Hom, sodat ons vrymoedigheid kan hê wanneer hy verskyn en nie beskaamd van Hom weggaan by sy wederkoms nie. As julle weet dat Hy regverdig is, dan weet julle dat elkeen wat die geregtigheid doen, uit Hom gebore is.” (:28&29).
Dit is‘n baie omstrede onderwerp wat ons vanoggend aanraak. Dit wek natuurlik soveel emosie op omdat geen mens die angswekkende waarskuwing wil kry dat hy/sy dalk ‘n ewigheid in die hel gaan deurbring nie. Om egter hierdie angswekkende waarskuwing met ‘n leuen te probeer bedek, gaan vir jou rampspoedige gevolge inhou.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (17)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
ANC-staat gaan inmekaartuimel
12 Augustus 1994
DIE STAATSKONSTRUKSIE van Kommuniste en liberaliste waarin ons tans moet lewe, sal geen duur hê nie, het die Leier van die HNP, mnr. Jaap Marais, op ’n baie goed-bygewoonde vergadering van die HNP se Hoofbestuur gesê. Die tekens van disintegrasie is reeds oral sigbaar.
Tot dusver het ons met Kommuniste te doen gehad, wat die dryfkrag agter die nuwe staatskonstraksie was. Tans het ons met Kommuniste te doen, wat agter die ANC en sy Swart parlementsmeerderheid skuil. Hoewel hulle slegs ’n baie klein minderheid in die regeringskoalisie vorm, beset hulle minstens 10 uit 18 van die ministers- en adjunkposte. Die huidige regering is ’n Kommunisties-beheerde regering.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (16)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
Deelname of nié, aan die April-Verkiesing
15 April 1994
Wanneer daar sprake van is om nie aan die April-verkiesing deel te neem nie, word soms die voorbeeld van deelname aan die 1992-referendum genoem as argument waarom aan die April-verkiesing deelgeneem moet word.
Dit is om etlike redes ’n valse parallel. Die belangrikste verskil is dat die 1992-referendum gewen kon word deur die regse alliansie. Verskeie taktiese misvattings het dit egter teengewerk.
BRIEWE UIT DIE HEMEL (4)
Ds Andrè vd Berg
Aan Thiatire
“Hou maar net vas wat julle het, totdat Ek kom” (Openb.2:25)
Vyf eeue voor die geboorte van Christus het die Perse die Babiloniese ryk verslaan en die nuwe wêreldheersers geword. Daarna het die Babiloniese priesters het na Pergamus gevlug om hul afgodery daar voort te sit. Soos wat Jerusalem God se setel op die aarde was, het Pergamus die Satan s’n geword soos wat die priesters beherende mag oor lidmate verkry het.
Dit was ʼn Satanshool. Jesus sê self: “Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon van die Satan is. En jy hou vas aan my Naam en het die geloof in My nie verloën nie; selfs in die dae waarin Antipas my getroue getuie was, wat gedood is by julle waar die Satan woon” (Openb.2:13).
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (15)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
FW TERREGGEWYS IN OPE BRIEF
2 Desember 1994
DIE uitlating van mnr. FW de Klerk tydens die NP-kongres in die PWV-gebied dat die ANC slegter is as wat die NP was toe mnr. Jaap Marais en dr. Andries Treurnicht lede daarvan was omdat hulle diskriminasie op ’n rassegrondslag beoefen, het reaksie van mnr. Marais uitgelok. In ’n ope brief wys mnr. Marais daarop dat mnr. De Klerk se vader, senator Jan de Klerk ook nog lid was van daardie party toe dit korrekte nasionale beginsels toegepas het. Mnr. De Klerk se klap na die NP van dr. Verwoerd, is dus ook ’n direkte repudiëring van sy vader en sy grootvader wat nog ’n positiewe bydrae tot die NP gelewer het.
Die volledige brief lees soos volg:
“Geagte mnr. De Klerk
“Daar word opgemerk dat u op ’n konferensie van die ‘Nasionale’ Party onder andere gesê het dat die ANC krasse diskriminasie op rassegrondslag beoefen. ‘Die ANC’, lui die berig, ‘is slegter as wat die NP gelyk het toe Jaap Marais en Andries Treurnicht nog binne-in hom was’.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (14)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
Jaap Marais bedank uit die NG Kerk
29 Oktober 1993
NA langdurige korrespondensie met die lede van die Algemene Sinodale Kommissie (ASK) van die NG Kerk, het mnr. Jaap Marais uit die NG Kerk bedank.
In ’n brief aan dr. Fritz Gaum, die skriba van die ASK, voer hy redes aan waarom hy nie langer lidmaat van die kerk kan wees nie.
Mnr. Marais verwys na die Noord-Transvaalse sinode van die kerk se “afwysing van apartheid as sonde” en na die “betekenis vir die kerk om trou aan die waarheid te bly”. Hy vermeld dat dit hoofsaaklik gaan om “eerstens vasstelling van die waarheid, en tweedens, die eer van die Afrikanerpolitiek.” Die antwoord wat hy daarop gekry het, was onbevredigend. Daar is altesaam 9 punte genoem as antwoord op sy kritiek, waarvan vyf gladnie ter sake was nie.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (13)
>
>>>
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
’N VOLk WAT VEG, GAAN NIE ONDER
15 Oktober 1993
“Dit wys ons daarop dat die Blankes die grond van Suid-Afrika beset, verower en gekoop het. Hulle het die grond bekom volgens elke regmatige bepaling van die volkereg. Daarop het die Blankes elke deel van hulle land ontwikkel, terwyl die Swartes dit nie gedoen het nie. Derhalwe gee dit nie nou die Swartes die reg om aanspraak te maak op Blanke Suid-Afrika nie. Die Blanke het in hierdie land deur stryd, ontberings en opofferings gebou.”
DIE wêreld het nog nie met die Boere afgereken nie, en daarom het hulle mikpunte met die Tweede Vryheidsoorlog misluk. Nou is hulle besig met hulle felste aanvalle teen die Afrikaner sedert daardie tyd, en moet die oogmerke waarvan hulle nog nooit afgesien het nie, nou verwesenlik word.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (12)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
GENL VILJOEN EN OORLOGVOERING
17 September 1993
GENL. Constand Viljoen se onlangse uitspraak in ’n SATV-uitsending in verband met hedendaagse oorlogvoering moet van nader beskou word. Hy het gesê dat oorloë deesdae nie geveg word om te wen nie. Dit sluit aan by sy vroeëre stelling dat die oorlog om Suidwes-Afrika nie militêr deur een van die twee kante gewen is nie.
Genl. Viljoen is kennelik baie selektief met sy gegewens wanneer hy die bewerings maak, want hy verontagsaam sommige hedendaagse oorloë wat groot aandag geniet het. Dit is die VSA-Israel-oorlog teen Irak en die Britse oorlog teen Argentinië om die Malvina-eilande.
LAAT HOM TRIOMFEER!
>
>>>
Hannes Ollewagen
Númeri 24:1-25
“Hoe mooi is jou tente, o Jakob, jou wonings, o Israel!” (:5).
“Water vloei uit sy emmers, en sy saad is by baie waters. En laat sy koning hoër wees as Agag, en sy koninkryk hom verhef!” (:7).
“Toe hy Ámalek sien, het hy sy spreuk aangehef en gesê: ‘Ámalek is die eersteling van die heidene, maar sy einde is ondergang.’ ” (:20).
In vers 7 van die gelese gedeelte vind ons die profetiese woorde van Bíleam dat die koning van Israel oor die koning van Ámalek (Agag) triomfeer. Die oorwinning van Israel oor Ámalek sou die vervulling van die verdelgingseed wees wat God reeds in die tyd van Moses gemaak het. “Toe sê die HERE vir Moses: Skrywe dit as ‘n aandenking in ‘n boek en prent dit Josua in, dat Ek die gedagtenis van Ámalek onder die hemel heeltemal sal uitdelg. En hy het gesê: Waarlik, die hand op die troon van die HERE! Oorlog het die HERE teen Ámalek van geslag tot geslag.” (Ex. 17:14&16).
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (11)
Marais takel De Klerk oor Kommunisme
“Ek wil dit aan u stel mnr De Klerk: as daar sedert 1990 ’n verskuilde Kommunis-leier van die “Nasionale” Party en tegelyk Staatspresident van Suid- Afrika was, watter verskil sou daar wees tussen wat hy sou gedoen het en wat u sedert Februarie 1990 doen? Net soos u gedoen het, sou hy die ANC, die SAKP en die PAC ontban het; sou hy Nelson Mandela, Walter Sisulu en ander ANC-figure en Kommuniste vrygelaat het; sou hy Kommuniste en terroriste laat terugkeer het na Suid-Afrika; sou hy ook die Veiligheidsmagte aan bande gelê het; sou hy ook die apartheidswette herroep het; sou hy ook die plakkery by dorpe en stede toegelaat het; sou hy ook die beginsel van een mens, een stem aanvaar het; sou hy ook vredesonderhandelings met die ANC gevoer het; sou hy ook die ANC-SAKP as “mede-hoofspeler” erken het; sou hy ook die Blankes verarm het in naam van herverdeling van rykdom; sou hy ook wet en orde laat verval het; sou hy ook toegelaat het dat ’n haatveldtog teen Blankes bedryf word met slagspreuke soos “One settler, one Bullet” en Kill a farmer, kill a Boer’ “.
3 September 1993
Geagte mnr De Klerk
U het onlangs aan mnr William Clinton, die VSA-president, gesê dat u bekommerd is dat “agreements reached in negotiations could be torn up”. En kort daarna het u skerp veroordelend verwys na die Kommuniste en hulle verbintenis aan die ANC. “Kommuniste het hulle in sleutelposisies in die ANC ingewerk”, het u gesê. En “Kommunisme het ellende en armoede aan miljoene mense oor die wêreld gebring. Dit het die demokrasie en die vryheid van die enkeling vernietig oral waar dit aan bewind gekom het”
AMERIKANER BESKRYF DR VERWOERD
Hendrik Verwoerd, Hero of South Africa
Posted By Kerry Bolton On May 26, 2017 @ 10:34 pm In North American New Right | 14 Comments
1,583 words W Stephen Mitford Goodson
Hendrik Frensch Verwoerd: South Africa's Greatest Prime Minister ^
Second edition, self-published, 2017
This is a thoroughly referenced, cogent biography on the "man of granite" whom I respectfully suggest remains immeasurably more than only South Africa's "greatest Prime Minister," but rather is one of the great statesmen of our era.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (10)
Verwoerd se nagedagtenis word vermoor
3 Maart 1993
Sedert 1960 is daar geprobeer om dr. Hendrik Verwoerd, wat die simbool van Afrikanernasionalisme geword het, om die lewe te bring. Vir die magte en lande wat hul eie duister oogmerke met Suider-Afrika gehad het, het dr. Verwoerd se ooglopende sukses met die toepassing van sy beleid ’n gevaar geword. Met hul tweede poging in 1966, toe die Griek Tsafendas hom in die Parlement doodgesteek het, was hulle suksesvol.
Die tweede fase was die moord op dr. Verwoerd se beleid. Die fase het van 1966 tot 1992 geduur. Noudat die Afrikanervolk se vyande reken dat hulle die beleid klaar vermoor het, het die derde fase begin, die moord op sy nagedagtenis.