Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe kan ons meer van die liefde verstaan en bekom? Paulus sê in Filippense daar is net een wyse waarop die liefde binne ons groei en meer word; dit is wanneer ons meer en meer kennis en ervaring van onderskeiding opdoen – ons leer dus om die waarheid van die leuen te onderskei, die goed van die sleg, die rein van die onrein ens; alleen dan kan die liefde binne ons meer en meer word.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (32)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
“By the time he died, Dr Verwoerd had built his own monument which was there for all to see: the Republic of South Africa. The White people had been forged together in unity, the country was militarily strong and resilient, the police and security forces were effectively dealing with all attempts at subversion and infiltration, the country’s economy was dynamic, expanding and had become largely self-sufficient”. Jan Botha PFP-ondersteuner.
“Dr Verwoerd was also of course the main driving force behind our national plans for harnessing the waters of the Orange River. The big Hendrik Verwoerd Dam, now being built, will be his monument forever”.- Duddley D’Ewes, President van die Botaniese Vereniging van SA.
“The nation is suffering from a surfeit of prosperity and he can command almost unlimited funds for all that he needs at present in the way of military defence. HDr Verwoerd can claim that South Africa is a shining example of peace in a troubled continent, if only because overwhelming domestic power can always command peace.” Rand Daily Mail 30 Julie 1966
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (31)
>
>>>
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
“Dit was Vorster wat deur sy arbeidswetgewing begin het om die werksplek van die Afrikaner te integreer, en so die pad geopen het vir die beleid van “regstellende” aksie waardeur die Afrikaner vandag uit sy beroepsveld verdryf word en vervang word deur onbevoegde swartes. Dit was ook Vorster wat verantwoordelik was vir die uitverkoping van Rhodesië, Suidwes-Afrika, Mosambiek en Angola.”
RADIO PRETORIA VERDRAAI FEITE OOR JOHN VORSTER, INLIGTINGSKANDAAL
17 April 1998
IN ’n uiters skeefgetrekte Nuuskommentaar op Woensdag 15 April het Radio Pretoria doelbewus die feite oor die verraad van John Vorster en die Inligtingskandaal verdraai om die indruk te wek dat PW Botha die eerste premier was wat die pad van Afrikanernasionalisme verlaat het, en dat dit hy was wat op onregverdige wyse van John Vorster en Connie Mulder ontslae geraak het.
WIE IS JESUS? (1)
Ds Andrè vd Berg
Jesus keer die godsdienswêreld om
1.1 Algemene agting
Die geskiedenis het talle uitsonderlike mense opgelewer. Sommige se nagedagtenis het met verloop van tyd vervaag. Ander s’n het verdwyn. Maar nie Jesus s’n nie. Na 2000 jaar is Hy nog steeds die fokuspunt van talle gesprekke en skrywes, veral oor die aansprake wat Hy oor Homself gemaak het.
Jesus het ʼn byna geheimsinnige persoonlikheid gehad en uitmuntend gepreek. Mense het aan sy lippe gehang:
“En toe Jesus hierdie geëindig het, was die skare verslae oor sy leer; want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie” (Mt.7:28,29).
Jesus het nooit ʼn boek geskryf, ʼn leër aangevoer, politieke drome gehad of verder as 150 kilometer van sy woonplekaf gereis nie. Nogtans het Hy binne die bestek van drie jaar die wêreld van destyds geskud. Geen godsdiensleier kon Hom dit ooit nadoen nie. Wat het Jesus so anders as die ander kerklui gemaak? Was Hy maar net ʼn baie begaafde godsdiensleier?
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (30)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
Ferdi ingelig oor die ware feite rondom die stigting van die KP
3 Julie 1998
"Die KP is uit hierdie nood van die NP as teenvoeter vir die HNP geskep. Die party is primêr geloods teen die HNP, nie teen die NP nie. En die resultaat is presies wat die NP en sy borge wou hê: Afrikanerverdeeldheid en gevolglike lisensie aan die NP om sy verraad teen die Afrikanervolk voort te sit."
Op ’n onlangse vergadering in Clocolan wat deur die KP gereël is om deelname aan die verkiesing van 1999 te propageer, is dr. Ferdi Hartzenberg deur verskeie HNP-lede wat die vergadering bygewoon het gekonfronteer. In die debat het die stigting van die KP in 1982 weer ter sprake gekom en Hartzenberg het hom bloediglik vererg toe ’n HNP-Dagbestuurslid, mnr. Frans Pieterse, hom meegedeel het dat die KP in 1982 gestig is om die opgang van die HNP te stuit. Hy het dit vuriglik ontken. In die lig van die gebeure het mnr. Jaap Marais, leier van die HNP, die volgende ope brief aan dr. Hartzenberg geskryf:
OP VERSKILLENDE GOLFLENGTES.
Ds Andrè vd Berg
Die Nuwe Suid-Afrika is ʼn eindelose herhaling van die verkeerde manier van leef. Nuusbulletins bevestig dit. Blankes en swartes verkeer op twee verskillende geestesgolflengtes. En om dit gelyk te probeer dwing, bring twee geesteswêrelde met mekaar in botsing.
Die tradisionele swarte is natuurgodsdienstig. Natuurgodsdiens het geen stigter, heilige boek, sedelike inhoud of geskrewe leer nie. Alle inhoude is mondelings van geslag tot geslag oorgedra met toordokters, tradisionele genesers en waarsêers aan die spits van sake.
Swartes glo dat die natuur met geeste gevul is wat deur middel van bepaalde rituele tevrede gestel of afgeweer kan word. Toordokters word as kundige bemiddelaars beskou wat met dreunsang en geheime rituele weet hoe om die geeste te paai en selfs te manipuleer.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (29)
>
>>>>
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
POLITIEKE PARTYE EN VOLKSEENHEID
16 Oktober 1998
In die blaadjie, Volksoorsig, Jaargang 4, Nommer 4 waarna vroeër verwys is en waarvan die uitgewer naamloos, gesigloos en adresloos is, word heelwat drukte gemaak van die “verdelende rol” van party-politiek. Onder andere word beweer: “Volksbewegings het telkens tot stand gekom deur kultuurbedrywighede wanneer die politieke arena sodanig was dat hereniging nie bewerkstellig kon word deur politici nie”. Dit is natuurlik ’n wilde bewering, met nêrens selfs ’n sweem van ’n ernstige poging om dit histories te verantwoord nie. En dan word nogal gesê: “Volksbewegings het telkens tot stand gekom”. Die enigste voorbeelde wat genoem word, is die 1938- Simboliese Ossewatrek en die Groot Trek 150 van 1988, wat in geen opsig toepaslik is nie.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (28)
>
>>
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
DAAR WaS POLITIEKE PARTYE IN DIE ZAR IN DIE TYD VAN PAUL KRUGER
25 September 1998
Die afgelope tyd word ’n ou misleidende argument onder sekere volksgenote versprei oor die politieke bedeling in die tydperk van pres Paul Kruger se regering voor die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog (1883-1899). In ’n onlangse dokument wat onder die naam “Volksoorsig” sonder enige aanduiding van die outeur versprei is, word hierdie ou misleiding weer hervat. Afrikaners word aangemoedig om hulself te wend tot “volkspolitiek” omdat politieke partye glo net ellende vir die volk gebring het. Die skrywer maak die stelling sonder enige uitsondering en sluit alle politieke partye in. Mnr. Jaap Marais, leier van die HNP, het ’n dokument saamgestel waarin die argumente in die “Volksoorsig” behandel word. In die stuk bespreek mnr. Marais die era van Paul Kruger as president van die ZAR en die misleiding in sommige argumente wat beweer dat daar algehele politieke “eenheid” was onder Afrikaners in daardie era.
JESUS SE STRYD MET DIE KERKLEIERS
>
>>>
Ds Andrè vd Berg
Niks is nuut nie
Inleiding
In die tyd van Jesus was die Jode ʼn streng godsdienstige volk wie se godsdiens op die Tien Gebooie en Pentateug gegrond was. God het hulle geskiedenis ontwerp om ʼn volk van die Wet te wees waarna hul geloofservarings hul godsdiens vir eeue lank in afwagting op die koms van die Messias gestuur het.
Hul eiesoortige godsdiens het by hul buurlande ʼn onversoenbare vyandigheid teen hulle ontketen. Nogtans het hulle volksuiwerheid en hoë sedelike standaarde by ʼn wêreld wat van onsedelikheid deurdrenk was bewondering afgedwing; veral by vroue.
BRANDENDE HARTE
Ds Andrè vd Berg
“En hulle sê vir mekaar: Was ons hart nie brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie?”(Luk.24:32).
As ons vanoggend in Griekeland was, sou ons iets besonders aanskou het. In die Griekse Ortodokse Kerk is Opstandingsdag die belangrikste dag in hul kerklike jaar en volg dit ʼn aangrypende eeu-oue ritueel. Net voor dagbreek stap kerkgangers met brandende kerse kerktoe. Hierdie skouspel van liggies deur die dorp, is aangrypend. Op daardie dag groet mense mekaar anders as ander dae deur te sê: “Christus het opgestaan” waarop die ander antwoord: “Ja, waarlik, Hy het opgestaan!”
Die opstanding van Jesus is die grootste wonderfeit van die Christengeloof. Hierdie kernboodskap van die Bybel bevat die grootste denkbare troos vir gelowiges: “Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe; en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie....” (Joh.11:25,26).
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (27)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
Die Apartheidsera
27 Maart 1998
DIT is deesdae ’n soort van mode om na die jare 1948-1994 te verwys as die apartheidsera. Dit is, soos die meeste slagkrete wat deur kommuniste uitgedink word, nie veel meer as ’n halwe waarheid nie. Die jare 1948-1966 kan moontlik as die apartheidsera aangedui word. Die jare 1966 tot 1994 was in werklikheid die jare toe die huurlinge van die Geldmagmagnate apartheid afgebreek het terwyl hulle voorgegee het om dit te handhaaf. 1966 tot 1994 was die jare toe die kommuniste, ondersteun deur hulle verskuilde vriende binne in die regime, al meer na vore gekom het met terroriste-aksies, aksies wat daarop gemik was om met geweld die politieke mag in die land oor te neem. Dit was die tyd toe die papbroek-held, John Vorster, man vir man diegene wat werklik die kommunisme teengestaan het, in die rug gesteek het of hulle optredes verydel het. Dit was die jare toe John Vorster hoog en laag loop en spog het dat hy, man-alleen, die kommunisme “uitgeroei” het en dit ’n gevaar van die verlede is! Dit was in Vorster se tyd waar die grondslae gelê is vir die infiltrasie van kommuniste en kommunistiese meelopers in die Broederbond en vandaar na die NP en die NG Kerk. In Vorster se era is die vyfde kolonne in die Afrikanergemeenskap geïnfiltreer om absoluut seker te maak dat die wonder van apartheid vernietig sal word, soos dr. Verwoerd vernietig is.
ONDER WELKE JUK IS U?
Hannes Ollewagen
2 Kor. 6:11-18
“Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?
Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.” (:14&16).
Ons lees in vers 17 uit die gelese gedeelte van die bevel van afsondering van dit wat onrein is. Sou dit beteken dat ek myself in my huis moet opsluit en soos ‘n kluisenaar moet leef sodat ek nie met slegte dinge in aanraking kom nie? As ek dit sou doen sou ek mos ‘n lamp wees wat onder ‘n maatemmer geplaas word in plaas daarvan dat my lewenslig helder oor ander sou skyn.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (26)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
26 MEI 1948: “ONS HET ONS LAND WEER TERUG”
22 Mei 1998
“ ‘The fabulous years’, het Financial Mail die jare 1960-66 beskryf. As dr. Verwoerd nog tot omstreeks 1970 kon regeer en dan opgevolg kon word deur iemand wat sy werk voortgesit het, sou die Afrikanervolk die dominante mag in Suider-Afrika, en Suid-Afrika tans ’n magtige nywerheidsreus gewees het. Dit is waartoe 26 Mei 1948 moes gelei het, maar die ontwikkeling is onderbreek en beëindig deur die moord op dr. Verwoerd en die opvolging deur John Vorster.... Jan Botha, ’n opponent van dr. Verwoerd, skryf in Verwoerd is dead: ‘The white people had been forced together in unity, the country was militarily strong and resilient, the police and security forces were effectively dealing with all attempts at subversion and infiltration, the country’s economy was dynamic, expanding and had become largely self-sufficient... in the history of South Africa his name will live forever as the leader who when his country was threatened with internal disorders and with economic sanctions, boycotts and aggression from overseas, stood as a symbol of defiance, and the will and determination to survive.’ Suid-Afrika was op pad om ’n magtige staat te word onder ’n Afrikanerregering”.
BRIEWE UIT DIE HEMEL (7)
>
>>>
Ds Andrè vd Berg
Laodicea
“Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My”(Openb.3:20).
Die laaste brief van Jesus aan die kerk is die hartseerste van almal. Hy rig dit aan die gemeente in Laodicea, die rykste stad in Klein-Asië. Wat die brief so hartseer maak, is dat dit geen aanprysing van Jesus ontvang nie. Selfs in ʼn dooie gemeente soos Sardis was daar ʼn klein groepie getroue gelowiges wat van Jesus krediet ontvang het. In Laodicea was daar niks van dié aard nie.
Jesus bestraf hulle uit ʼn liefdevolle hart. Toe Hy geen lofbetuiging by hierdie bestraffing kon voeg nie, maak Hy ʼn liefdevolle uitnodiging – een van die mooistes in die ganse NT: “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My”.
GROND- ONTEIENING
Meinhard Peters
Lees meer by OORSIG EN REPLIEK
Skryf in vir die gereelde gratis volledige uitgawes by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Vlaag van grondbesettings: diefstal van eiendom
Cyril Ramaphosa het weliswaar die onlangse vlaag van grondbesetttings veroordeel. Dit is egter heeltemal onvoldoende, komende van die regering wat pas die konfiskering van grond as beleidstuk vir die verkiesing van 2019 aanvaar het en bereid is om die grondwet te wysig om dié beleid toe te pas. Terselfdertyd het Ramaphosa saam met Winnie Mandela gevra dat Julius Malema moet terugkeer na die ANC, dit terwyl Malema bekend is as die voorste agitator vir die beslaglegging van blankes se plase en eiendomme. Die belaglikheid van Ramaphosa en Winnie Mandela se uitnodiging aan Malema is onderstreep toe hy die versoek met groot vermaak verwerp het. Deur sy agitasie voort te sit het hy die ANC in ’n dubbele greep: die ANC wil sy stemme terugkry, maar sal dit alleen kan kry (of hoop om dit te kry) indien die ANC na die pype van die EFF dans. Hierdie taktiek is Malema se sterkste hefboom, baie sterker as wat ’n betaalde pos in die regering vir hom ooit kan beteken. Hy besef dit blykbaar baie goed.
BANKE TOV PRIVATE EIENDOMSREG
Meinhard Peters
Lees meer by OORSIG EN REPLIEK
Skryf in vir die gereelde gratis volledige uitgawes by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Waar staan die banke presies met private eiendomsreg?
Die reaksie van die groot korporasies, banke, myne en versekeringsmaatskappye oor die dreigende wysiging van die RSA-grondwet om grondonteienings te versnel, was maar baie effens en gedemp. Mens sou van die “groot kapitaliste” (die voorstaanders van die vrye ekonomie, vrye handel en die reg op private eiendom) ’n baie sterk en volgehoue optrede verwag het. Dit gebeur egter nie. Ons moet goed onthou dat dit die sektor van die Suid-Afrikaanse samelewing was wat die hardste gewerk het vir die JA-stem in 1992, dié sektor wat hulle dag en nag beywer het vir “versoening” met die ANC-SAKP en sy vakbond-vennote. Hulle het nie toe nie, en ook nie daarna, vreeslik bekommerd geraak oor die kruipende sosialisme in die land nie. Manne soos Anton Rupert en Harry Oppenheimer het graag saam met Nelson Mandela vir gesprekke en foto-sessies opgedaag. Hier en daar het wel kritiek gekom uit die sakewêreld oor grondonteiening, maar dit raak kant nog wal. Mens sou groot advertensieborde langs die pad kon sien wat gerig is teen die nuwe plan, berade waar die regering veroordeel word, en buitelandse besoekers wat die nuwe beleid skerp veroordeel; selfs druk vir sanksies teen Suid-Afrika. Dit het nog nie gebeur nie, en ons verwag ook nie dat die sakesektor baie sterk gaan mobiliseer nie.
VOORSPOED- SWENDELAARS
Valse hoop te koop
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
"You don't get rich writing science fiction. If you want to get rich, you start a religion." Ron Hubbard
Voorspoedswendelary is ʼn Amerikaanse godsdiensuitvoerproduk waarmee duisende liggelowige mense wêreldwyd uitgebuit word. Dit maak die Christendom baie seer omdat dit vir wanhopige mense valse hoop gee. In ʼn wêreld waar mense toenemend sukkel om kop bo water te hou, geniet die godsdiensswendelaars hul soustreinritte.
Geloof word as ʼn handelsooreenkoms tussen God en mens voorgehou met die belofte dat Hy diegene wat vir hulle geld gee met stoflike welvaart vergoed. Time het met ʼn meningsopname in 2006 bevind dat 17% van die kerkgangers in Amerika hiermee genoeë geneem het. Dit gaan alles oor geldmaak. Hierdie kerke het almal liefdadigheidstatus en is dus nie verplig om fondse aan die staat te verklaar nie.
Suid-Afrika het etlike multi-miljoenêr evangeliste waarvan Angus Buchan (MightyMen), Ray McCauley(Rhema), Theo Wolmarans (Christian Family Church) en Attie Boshoff (Christian Revival Church) die bekendste is. In Afrika het biskop David Oyedepo(Nigerië) na beraming $150 miljoen met die towenaar TB Joshua kort op sy hakke. Minstens ses Nigeriese evangeliste besit hul eie vliegtuig. Die rykste godsdiensswendelaars is Kenneth Copelandvan Amerika met bates van $769 miljoen. Joyce Meyer het $100 miljoen.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (25)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
Die Strydvraag oor Ideologie: APARTHEID EN KOMMUNISME
“Dat rasegte Afrikaners met verbetenheid sou stry vir hulle oortuigings in verband met die erkenning van rasseverskille behoort ds. Van Staden nie te verbaas het nie. In die volgehoue aanslag sedert 1948 om die Afrikaners se politieke mag te breek, was vanuit die Engelstalige wêreld dit toegespits op 'apartheid', want apartheid het in die pad gestaan van die 'demokrasie' van een mens, een stem, wat in die voortgesette 'Boer War' die resep was om die Afrikaners magteloos te maak teen die getalle van miljoene Swartes wat geen benul van demokrasie het nie en aangedryf is deur haat en wrewel wat jarelank by hulle ingeprent is deur die Engelse pers, Engelse kerke, Engelse universiteite en ander meer verskuilde instansies — ’n haat wat betuig word deur die kreet: 'Kill a farmer, kill a Boer'... Daarby het die voorstanders van die beleid van rasseskeiding die bewys gehad van die skitterende sukses wat dit was in die hooggety van die beleid: die jare 1960-66, wat deur Financial Mail beskryf is as 'The Fabulous Years', en waarvan ’n voormalige Britse Minister, Lord Deedes, gesê het dat terwyl Suid-Afrika gegroei het tot die ekonomiese reus van Afrika, die ander Swart Statebondslande in armoede versink het—nadat hulle uitgelewer was aan die 'demokrasie' van een mens, een stem... soos mnr F W de Klerk in Junie 1977 in ’ n 'Nasionale' Party-publikasie geskryf het: ‘Magsdeling... is ’n bloudruk vir die ondergang van die Witman in Suid-Afrika’ ”.
SY BEELD IN MY LEWE
Hannes Ollewagen
Génesis 1:1-31
“En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.” (:26&27).
Nadat God die aarde en alles daarop geskape het, het Hy besluit om die mens te skape. Hy sou hierdie mens aanstel om heerskappy te voer oor die werk van sy Hande. En soos alles wat deur God geskape is, was die mens as geskape wese ook goed. God het eintlik die beste vir laaste gelos en die mens as die kroon van die Skepping geskape. Na die beeld van God is die mens geskape. Ons lees hierdie bevestiging in ‘n hele aantal verdere Skrifgedeeltes sodat daaroor geen twyfel sou bestaan nie. “DIT is die stamboom van Adam. Die dag toe God Adam geskape het, het Hy hom gemaak na die gelykenis van God.” (Gén. 5:1). “Hy wat die bloed van ‘n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak.” (Gén. 9:6).
WOLF IN SKAAPKLERE
By hierdie skakel kan u Hendrik Pretorius se samestelling oor hierdie onderwerp gaan lees.
‘N NUWE KOUE OORLOG?
Dr Danie Theron
“ Die VSA dreig selfs om kernwapens onder die vaandel van oorlog twv selfverdediging aan te wend. President Donald Trump dreig die ganse wêreld nou openlik met kernoorlogvoering. Iran en Noord-Korea moet op feitlik daaglikse basis hoor dat dit die medisyne is wat die VSA op hulle sal toepas.... Rusland tree toenemend op soos 'n groot moondheid en is sy politici en regeringslui koel en beredeneerd; anders as die VSA s'n wat telkens histeries en arrogant tekere gaan. En anders as wat die Media Konglomeraat voorgee, begeer Rusland vrede en die VSA oorlog.... Die geldmag-beheerde media raak al hoe meer desperaat in hulle verkondiging van leuens oor Rusland. Dis juis hierdie desperaatheid van die VSA en Brittanje wat nou 'n Tweede Koue Oorlog inlui. En dit sal nie veel kos om dit in 'n volskaalse militêre offensief te verander nie. Maar anders as destyds kan die VSA en sy bondgenote hierdie keer hulle hand oorspeel. Rusland is nie meer 'n teddiebeer nie.”
Die Koue Oorlog wat sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog tot en met die val van die Berlynse Muur geheers het, was 'n tydperk waarin veral die VSA sy greep op die wêreldpolitiek versterk het en die USSR, veral weens sy beleid van kommunisme, sy greep verloor het.