Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
'n Mens moet nie jou kruis as 'n las beskou nie – dit is 'n skat wat jou hele lewe beïnvloed: dra dit, moenie dit sleep nie!
DIE HEL
Ds Andrè vd Berg
Wat moet ons van die hel weet?
“En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuurgewerp” (Openb.20:15).
Baie mense se godsdiens is slegs tot Sondae se kerktoe kom beperk en weet hulle gevolglik min van die geloofslewe. As gelowiges vir hulle sê dat diegene wat nie tot bekering kom en Jesus as Verlosser aanvaar nie, hel toe gaan, glo hulle dit nie. Hulle kom dan met die argument dat hulle soveel goeie Jode, Moslems, Indiërs en wie ook al ken. Hoe kan goeie mense hel toe gaan net omdat hulle nie in Jesus as hul Verlosser glo nie?
Geestelik onverskillige mense verstaan God se liefde nie. Hulle kry nie die hel met ʼn liefdevolle God gerym nie.
KOMMUNIKASIE- DWALING
Johan Dorfling
Dit is baie duidelik dat sogenaamde kundiges in regeringgeledere nie besef wat regtig in Suid-Afrika aan die gebeur is nie. Hulle dink net aan hulself sonder om ander se denke en gevoelens in ag te neem. Wat hulle ook nie besef nie is dat hulle hulself dikwels weerspreek wat daarop dui dat hulle onnadenkend en onbevoeg is om hulle werksaamhede te verrig.
Die Minister van Kommunikasie het op 26 April 2018 gesê sy glo nie dat baie wit Suid-Afrikaners ‘n skerp gevoel teen die (uitgedinkte) “strugglers” het nie. Sy beweer daar is wette wat haatspraak en diskriminasie hokslaan. Wat sy daarmee bedoel, het sy nie omskryf nie. ‘n Begrip moet immers duidelik omskryf word, want dit verskil veral tussen verskillende volke. As ons mense vir iemand (ook vir ‘n volkgenoot) sê “Jy is ‘n bobbejaan”, beteken dit hy weet nie waarvan hy praat nie, of hy het ‘n onnodige fout gemaak. ‘n Lid van ‘n ander volk mag dit as haatspraak sien. Nou word verwag dat ons ‘n Afrikaanse uitdrukking moet laat verdwyn! Hoekom kan die ander nie aanpas nie?
AFTAKELDAG ̶ VALSHEDE
Johan Dorfling
Verdraaide bewerings wat op 27 April (Aftakeldag) verkondig word, moet voortdurend besweer word. Vyandiges maak talle ongegronde bewerings teen die Afrikaners sonder enige bewyse of betroubare verwysings. Verlede jaar se betrokke persone se name word nie hier genoem nie omdat dit verkeerd sou wees om aandag op hulle te vestig wat dit nie verdien nie. Valsheid is verwerplik.
Daar is gesê dat dr. Verwoerd geen waarde kon sien om ‘n swart kind in wiskunde of wetenskap te onderrig nie omdat hulle dit nooit nodig sal kry nie. Waar is enige getuienis dat hierdie bewering waar is? Hy het juis voorgehou dat elke landgenoot sy eie toekoms moet skep. Landgenote sluit alle bevolkingsgroepe in en nie net volksgenote nie.
Ook is gesê dat apartheid ‘n gemors nagelaat het sonder dat daarop uitgebrei word. Dit is ‘n wilde bewering asof dit ‘n feit is terwyl dit vals is.
WARE VRYHEID
Ds Andrè vd Berg
"Alleenlik die vryheid van Jesus sal die ellendevaart aan die suidpunt van Afrika omkeer en hierdie bitter siek land genees. Dit sal die einde aan die bose bedeling bring wat gelowiges al vir baie jare teister. So ook die stompsinnige politieke oorwinning wat jaarliks met ʼn openbare vakansiedag en opruiende toesprake as ʼn Vryheidsdag gevier word."
“.... en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid” (2 Kor.3:17).
Afrika is versot op vryheid. Die ontworsteling aan sy eertydse koloniale gesag is juis met die slagspreuk Uhuru(vryheid) gevoer. In 1955 het kommuniste ʼn Vryheidsmanifes (Freedom Charter) uitgereik wat later die grondslag van die NG Kerk se omstrede Kerk en Samelewing publikasie geword het, waarmee sy die knie voor die volksvyand gebuig het. Ja, Afrika is versot op vryheid sonder om te weet wat dit in werklikheid is. Mense met vryheid op die lippe maar geen vrede in hul harte, leer nooit ware vryheid ken nie.
Almanakke dui 27 April as Vryheidsdag aan. Niks kan verder van die waarheid af wees as dit nie. Dis nie vryheid nie, maar ʼn karikatuur daarvan wat Jesus Christus, wat ware vryheid gee, buite rekening laat.
VOLKSREGERING (2)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
Daar bestaan soveel wanbegrip oor volksregering (demokrasie) dat dit noodsaaklik is om die juiste betekenis daarvan uit te spel. Neem gerus 'n onbevange houding en opvatting in voordat tot verkeerde gevolgtrekkings geraak word wat op onkunde rus, al sou dit aanvanklik ontken word. Om vooraf 'n eie standpunt in te neem sonder om die ware feite in ag te neem, is onewewigtig en moedswillig wat meebring dat die oë vir die werklikheid gesluit word. Die ware begrip moet opreg bekyk word.
VOLKSREGERING (1)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
Die waarheid is kosbaar
Kennis en kundigheid ewe so
Beleefdheid is 'n gesogte geskenk
Verdraagsaamheid grens aan lafhartigheid
VOORREDE
Hierdie pennevrug het nie 'n voorrede nodig nie omdat by die wêreldwye ontstaan van volke begin word totdat dit op volke in Suid-Afrika van toepassing word en tot op hede. Daar is op die ontstaan, ontwikkeling en praktiese betekenis van volksregering ingegaan. 'n Beredeneerde samevoeging van bewese werklikhede is bereik. Eers word 'n gepaste samevatting kort en kragtig gegee en later duidelik uiteengesit en bespreek. Die meer omvattende bespreking moet nie as herhalend van die samevatting gesien word nie, maar as ‘n verduideliking daarvan.
HY WAT KALM IS VAN GEES
Hannes Ollewagen
Spreuke 17:1-28
“Wie sy woorde inhou, besit kennis; en hy wat kalm is van gees, is ‘n man van verstand.” (:27).
Ons almal het seker al iets in oorhaastigheid gedoen waaroor ons dan later spyt gekry het. En nog meer van ons het al dinge in oorhaastigheid gesê waaroor ons dan ook later spyt gekry het. Dit laat ons opnuut dink aan die suiwer lering uit Jakobus 3:2 is: “Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy ‘n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou.”
Daar is die bekende Afrikaanse gesegde wat lui –“Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.”‘n Liggaam wat ‘n onrustige gees huisves, sal sekerlik gekenmerk word aan oproerige en opvlieënde optrede en gesprekke. Daar is ook dan geen tekort aan oproeriges en twisgierige mense in ons tyd nie.
DIE INVLOED VAN ONS WOORDE
CJ LANGENHOVEN
Lees reeks by Honderd Prekies - Langenhoven
As jy nie goeie geselskap kan kry nie, probeer om dié wat jy kry goed te maak.
Elkeen van ons loop met 'n akker rond vir die ontvangs van saad, en elkeen van ons het op sy beurt 'n skoot vol saad om te saai op die akkers van ons bure. En geeneen van ons mors opsetlik sy saad nie. Daar val wel 'n groot proporsie in die dorings en op die rotse en in die pad waar die voëls dit kom oppik, maar dit gebeur per ongeluk en nie na ons bedoeling nie. Of ons graan saai en of ons onkruid saai, ons bedoeling is nie om in die wind te saai nie. Ons hou nie aan met gesels met die man wat nie luister nie, ons vertel nie stuitige grappe aan die man wat nie daaroor lag nie, ons bespreek nie ernstige onderwepe met die ligsinnige dwaas wat daarmee spot nie. Ons soek die akkers waar ons ploeg 'n indruk maak en ons saad die kans staan om wortel te skiet. En om dié rede is dit dat soort soort soek,
DIE BYBEL IS WAAR
Ds Andrè vd Berg
“En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op ’n lamp wat in ’n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte; terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif ’n saak van eie uitlegging is nie” (2 Pet.1: 19,20).
Is die Bybel soos wat ons dit het, die Bybel soos wat God dit wou hê of is daar miskien boeke weggelaat of bygevoeg? Hoe seker kan ons wees dat die Bybel wat ons lees eg is?
Daar was nooit ’n kerklike liggaam wat besluit het watter boeke moet in- en watter uit die Bybel gelaat moet word nie. Bybelse geskrifte is deur die eeue deur gelowiges ontvang en as geïnspireerd geëien. In Jesus se tyd was die 39 boeke van die OT alreeds goed bekend. Israel het nooit vergader om oor die inhoud van die OT te besluit nie. God het die Bybel so beskik.
AFRIKAANS IS ‘N VOLKSTAAL
Johan Dorfling
Tans is Afrikaans onder groot druk by staatsinstellings en ook by ander liggame waar klante of kliënte in Engels begroet word. Die amptenare of verteenwoordigers gebruik dan die ongeldige verskoning dat hulle Afrikaans nie magtig is nie en verwag dat die belastingbetaler of klant of kliënt na Engels moet oorslaan. Afrikaanssprekendes doen dit omdat hulle vriendelik en beleefd is, daardie persoon jammer kry en ook nie “moeilikheid” wil veroorsaak nie.
Die probleem is egter dat Afrikaans sodoende as ‘n algemene taal afgeskeep word totdat dit verdwyn.
NUWE DIREKTE BYBELVERTALING (3)
Lees reeks by NUWE DIREKTE BYBELVERTALING
Afwykend
Johan Dorfling
In die sogenaamde direkte vertaling van die Bybel wat tans gedoen word, word onnodige Griekse woorde opgeneem wat bots met ons bekende Afrikaanse Bybeltaal soos prokurator (goewerneur), hekatontarg (hoofman oor honderd), satrape (landvoogde), tetrag (viervors), Parakleet (Voorspraak), diaspora (verstrooiing), tartarus (hel), Hades (doderyk), Hodanja (Juda), pretorium (keiserlike wag), proseliet (Jodegenoot) en nog talle ander. Die netjiese goeie Afrikaans is tog heeltemal verstaanbaar in die 1933/53 vertaling opgeneem en word deur Afrikaanse Bybellesers aanvaar en verwelkom. Waarom gevestigde en korrekte bewoording nou verander en verwarring veroorsaak?
NUWE DIREKTE BYBELVERTALING (2)
Lees reeks by NUWE DIREKTE BYBELVERTALING
1933/53-Bybelvertaling
Johan Dorfling
In 1933 is 'n belangrike mylpaal bereik toe die Bybel in Afrikaans beskikbaar gestel is. Oor jare is met groot toewyding laatnagte aan die Bybelvertaling gewerk. Die vertaling was suiwer gedoen sonder om 'n Hebreeuse of Griekse woord in te bring. Die Bybel moet "duidelik" en "verstaanbaar" wees. ‘n Uitstekende Afrikaanse Bybeltaal is geskep. Afrikaans as kerktaal is nie alleen 'n kultuursaak nie, maar ook verstaanbare evangelieverkondiging. Afrikaans spreek ons siel aan.
IS U LEWEND VIR HOM?
Hannes Ollewagen
Markus 12:18-27
“God is nie ‘n God van dooies nie, maar ‘n God van lewendes. ...” (:27).
Is dit nie ironies dat daar verwys word na Abraham, Isak en Jakob wat alreeds gesterf het en dit dan pertinent gestel word dat God nie ‘n God van dooies is nie, maar van lewendes? Die feit dat al drie hierdie manne reeds oorlede is, is nie al wat hulle in gemeen het nie. Hierdie drie manne was erfgename van God se beloftes. Hierdie drie was manne wat in God en in sy beloftes geglo het. Hulle was manne wat nie maar net godsdienstig was nie, maar manne wat in gehoorsaamheid aan die stem van God geleef het, in Hom geglo het en Hom liefgehad het. Hierdie manne was m.a.w. manne wat vir God lewend was!
NUWE DIREKTE BYBELVERTALING (1)
Afrikaans as Kerktaal
Johan Dorfling
Lees reeks by NUWE DIREKTE BYBELVERTALING
'n Wonderwerk het gebeur; die ontstaan van 'n afsonderlike selfstandige taal, naamlik Afrikaans. Die ganse Afrikanervolk het gesamentlik deelgeneem aan 'n beweging om Afrikaans in 'n betreklike kort tydperk te vestig. Taal hou regstreeks verband met geloof, gewoontes en denke van die gebruikers wat dieselfde betekenis en begrip aan die woorde en volksuitdrukkings gee. Afrikaans spreek die siel aan.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (SLOT)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
NASIONALISME
21 September 1996
“...vir die Christen en teïs wat glo dat aparte volke ontstaan, nie deur blote toeval nie, maar met ’n sekere doel, het elke nasie sy roeping en besondere taak om te vervul. Uit hierdie oogpunt beskou is papheid op nasionale gebied ’n religieuse oortreding, dit wil sê ’n sonde. Dit is dus letterlik waar en nie maar net beeldspraak nie wanneer die Afrikaner sê dat die handhawing van sy taal vir hom ’n deel van sy godsdiens is”. Hierdie stelling hou in dat dit nie ‘apartheid’ is wat ‘sonde’ sou wees nie, maar die ‘papheid op nasionale gebied’ waardeur die liberale teoloë en predikante gekenmerk word... die hoogste doelwit van ‘n volk is om vry te wees van oorheersing deur buitelandse moondhede, vry van oorheersing deur ’n grypsugtige geldmag en vry van oorheersing deur Swart getalle... dié land is óns land: ons sal nie berus in die bedrogvolle wyse waarop ons ons vryheid verloor het nie; ons sal, soos die sterk voorgeslag waaruit ons kom, weer veg om vry te wees om onsself te wees as Witman en Christen en Afrikaner in Afrika.”
SOU U OOK TERUGDRAAI?
Hannes Ollewagen
Númeri 22:1-41
“Toe antwoord Bíleam die Engel van die HERE: Ek het gesondig, want ek het nie geweet dat U teenoor my in die pad gestaan het nie. Maar nou, as dit verkeerd is in u oë, sal ek teruggaan.” (:34).
Die gelese gedeelte val ‘n mens soms vreemd op. Daar word ‘n gesantskap na Bíleam gestuur en hy trek nie sommer net met hierdie mense op versoek van koning Balak weg nie. Hy raadpleeg eers die HERE in die saak waarin hy uitdruklik deur God verbied word om saam met hulle te trek. Koning Balak stuur egter weer ‘n gesantskap na Bíleam en hierdie manne was meer en aansienliker as die eerstes. Bíleam sou weereens die HERE raadpleeg, maar hierdie keer ontvang hy die teenoorgestelde antwoord as die eerste keer. En tog ontvlam God se toorn ook teenoor hom toe hy wegtrek. Hoe is dit dan moontlik aangesien hy nie aan God ongehoorsaam was nie?
ONHEILIGE WINNIE NOU HEILIGE MADIKIZELA
Media-akkuraatheid
12 April 2018
Aan: Die Bestuur van Afrikaanse Programme, SABC
Afskrif: RSG-Nuuskantoor.
Geagte Bestuur,
Oor die afgelope dae het u daagliks omstandig berig oor die afsterwe van mev Winnie Mandela, die gewese gade van Nelson Mandela. Ons het die volgende waargeneem:
1. Skielik is Winnie Mandela nou Madikizela Mandela. “Winnie” word weggelaat.
2. Sy word deurgaans voorgehou as heilige, as ’n held of vleklose ikoon van die stryd teen Apartheid.
3. Oor haar misdade waaroor sy in die hof skuldig bevind is word bitter weinig gerapporteer, laat staan nog oor haar betrokkenheid by MK, Chris Hani en Julius Malema se EFF.
4. Die redes waarom Nelson Mandela haar eenkant toe geskuif het word ook nie vermeld nie. Haar ondersteuning van die skandalige, brutale halssnoermoorde word deur u liefs verswyg. Oor Stompie Moeketsi Sepei word niks gesê nie.
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (35)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
"Who founded apartheid?
What is more, and is of the utmost significance, is that apartheid was no innovation of the ANG of Dr Malan, Mr J G Strijdom and Dr H F Verwoerd. Apartheid in sport, education, residence, land ownership, voting qualifications, parliamentary representation, and sexual intercourse was all in place when the Malan government took over in 1948. These were introduced by the British colonial government and upheld and augmented by all British-sympathetic governments since the unification of South Africa in 1910, significantly sealed by an act approved in 1909 by the British parliament which provided that only British subjects of European extraction would have the right to sit in the South African parliament.
More than one apology
From the above it is plain that from the British side an apology is owed not only to Afrikaners for the awful devastation and documented war crimes caused by the British army against the former republics, but also to the Black nations in South Africa for the discrimination practiced by the British authorities on purely racial grounds without any prospect of national self- determination for the various nations, as was the essence of the policy of separate development into which the policy of apartheid evolved under the outstanding leadership of Dr H F Verwoerd.”
BRITTE MOET OM VERSKONING VRA VIR OORLOGSMISDADE EN VIR APARTHEID!
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (34)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
Who founded apartheid?
What is more, and is of the utmost significance, is that apartheid was no innovation of the ANG of Dr Malan, Mr J G Strijdom and Dr H F Verwoerd. Apartheid in sport, education, residence, land ownership, voting qualifications, parliamentary representation, and sexual intercourse was all in place when the Malan government took over in 1948. These were introduced by the British colonial government and upheld and augmented by all British-sympathetic governments since the unification of South Africa in 1910, significantly sealed by an act approved in 1909 by the British parliament which provided that only British subjects of European extraction would have the right to sit in the South African parliament.
More than one apology
“From the above it is plain that from the British side an apology is owed not only to Afrikaners for the awful devastation and documented war crimes caused by the British army against the former republics, but also to the Black nations in South Africa for the discrimination practiced by the British authorities on purely racial grounds without any prospect of national self- determination for the various nations, as was the essence of the policy of separate development into which the policy of apartheid evolved under the outstanding leadership of Dr H F Verwoerd.”
STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (33)
LW Bienedell
Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing
“ Dr Van Zyl Slabbert was die leier van die mees uitgesproke anti- Afrikanerparty (die Progressive Federal Party) sedert die Progressive Party en die Unionist Party van Leander Star-Jameson. Daarby Aan die hele geskiedenis van Afrikanerstryd is Slabbert nie net vreemd nie, maar ook vyandig. Hy het geen aanspraak op wie namens Afrikaners kan praat nie. Prof Andre P Brink is bekend as die man wat hom lankal geskaam het om ’n Afrikaner te wees, wat bely het dat Parys sy geestelike tuiste is, en wat ’n huldiging gehou het van Abraham Fischer in sy hoedanigheid as aanhanger van die Kommunisme. Hierdie na-buite-gerigte politieke leiers het deur manipulasie en onregmatigheid tydelik die mag gehad en feitlik net afbrekend teen Afrikanerinstellings opgetree. Hulle het die band met die Bittereinders gebreek, hulle rug op hulle voorgangers gedraai en Afrikaners verward, verdeeld en verydeld gelaat . Wie vandag die Afrikaners verteenwoordig, is dié wat die band met hulle volk se geskiedenis en heldedom ongeskonde handhaaf, en daaruit krag en begeestering put; wat nie in nasionale vernedering op hul knieë voor die Tutu- kommissie verskoning vra en skaam is vir hulle geskiedenis en hulleself nie.”