Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar word beweer dat die besnydenis wat die Jode in die Ou Testamentiese tyd op die seuntjies van 8 dae oud uitgevoer het, die afsterf van die vlees voorstel. Deur besny te word het die Jode verstaan dat hulle nou gesterf het aan die vlees en nuut lewe vir God. Dit is presies wat ons glo van die doop wat later in die plek van die besnydenis gekom het; dit is steeds 'n voorstelling van die afsterf van die vlees.
VOLKSREGERING (33)
>
>>>
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
VOLKSEIE BEGINSELS
Die hieronder aangehaalde bewoording was in 1961 in die aanhef van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika opgeneem. Dit is 'n geloofsbelydenis waarin regering en volk hulle verpligting teenoor God uitspreek en was oorweldigend oral deur alle volkgenote aanvaar. Dit getuig vanwaar die Afrikaner sy krag ontvang en hou verband met die geloftes.
"In nederige erkentlikheid teenoor die Almagtige God, Beskikker oor die lotgevalle van nasies en die geskiedenis van volkere;
VOLKSREGERING (32)
>
>>
>>>
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
DIE STEM VAN SUID-AFRIKA
Uit die blou van onse hemel, uit die diepte van ons see,
Oor ons ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee,
Deur ons vêr-verlate vlaktes met die kreun van ossewa –
Ruis die stem van ons geliefde, van ons land Suid-Afrika.
Ons sal antwoord op jou roepstem, ons sal offer wat jy vra:
Ons sal lewe, ons sal sterwe – ons vir jou Suid-Afrika.
DRAERS VAN SY NAAM
>
>>>
Hannes Ollewagen
1 Konings 8:12-66
“Maar sou God werklik op die aarde woon? Kyk, die hemel, ja, die hoogste hemel kan U nie bevat nie, hoeveel minder hierdie huis wat ek gebou het.” (:27).
“...sodat u oë oop mag wees nag en dag oor hierdie huis, oor die plek waarvan U gesê het: My Naam sal daar wees! sodat U mag luister na die gebed wat u kneg na hierdie plek toe sal bid.” (:29).
Salomo het die voorreg gehad om die hartsbegeerte van sy vader Dawid ten uitvoer te bring. Dawid het die brandende begeerte gehad om vir die Naam van die Here‘n huis te bou. God het Dawid egter daarvan weerhou, maar aan hom belowe dat sy seun wel vir die Naam van die Here ‘n huis sou oprig.
ONREGLESSE (2)
>
>>
GOD HAAT ONREGPLEGING
Lees reeks by Onreglesse
Lesse uit die Ou Testament
Ds. A.E van den Berg
Onpartydig
>
>>
Oud-Israel het beter wette as enige ander volk ter wêreld gehad. Dit as sulks was egter nie genoeg om hulle voorbeeldig te maak nie. Hierdie wette moes ook nougeset uitgevoer word. Talle daarvan was juis op die voorkoming van onregpleging geskoei. Ex.23 begin bv. met die opdrag om nie onskuldige mense te benadeel nie. Onregpleging onder die voorwendsel van geregtigheid is vir God ʼn gruwel.
Die Bybel eis ook dat die reg nie weens ʼn misplaaste meegevoel met booswigte verdraai mag word nie.
SA GEWELD EN WAPENS
Suid-Afrika in dryfsand van barbaarse geweld
Meinhard Peters
Lees meer by OORSIG EN REPLIEK
Skryf in vir die gereelde gratis volledige uitgawes by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Suid-Afrika word vandag gekenmerk deur gebruikerstakings wat met geweld en plundering gepaardgaan, deur looneise wat insgelyks met stakings en geweld gepaard gaan, deur grondbesettings en grondeise wat ook met geweld en plundering gepaard gaan, en deur ’n stygende spiraal van rooftogte wat al hoe meer gewelddadig raak. Voeg hierby politieke sluipmoorde, die wrede moorde op boere, onderlinge skietery tussen taxi-operateurs, padversperrings, voertuig-skakings, bendegeweld, dwelmsmokkelary en faksiegevegte binne die ANC.
RUGBY SNEUWEL
Johan Dorfling
Dat die sportsoort rugby 'n oplewing in Suid-Afrika ondergaan, is gewis. In die eerste plek is dit grootliks te danke aan 'n nuwe afrigter op die hoogste vlak wat 'n goeie begrip van rugby het. 'n Afrigter speel 'n vername rol in enige sportsoort en die aanduidings is dat die betrokke afrigter selfs minder goeie spelers so met raad en daad kan bystaan en aanmoedig dat hulle spel baie kan verbeter. Hierdie afrigter het sy begaafdheid alhier en in die buiteland getoon. Dit behoort deur te suurdeeg na al die ander vlakke. Natuurlik is tyd daarvoor nodig, maar die goeie tekens behoort oor een jaar te begin wys. Goeie afrigters se spanne kan dikwels wen, maar hulle is ook nie bonatuurlike wesens nie. Enkele wedstryde verloor is aanvaarbaar.
'RASSISME' 'N SIELKUNDIGE OORLOG TEEN BLANKES
Meinhard Peters
Lees meer by OORSIG EN REPLIEK
Skryf in vir die gereelde gratis volledige uitgawes by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Groeiende konflik oor ras, rassisme en apartheid
’n Hele reeks van insidente dui op die uiters ernstige konflik wat inherent aan die gemengde rassesituasie in Suid-Afrika geraak het. Die ideaal van ’n sogenaamde nie-rassige Suid-Afrika wat deur beide die liberale Afrikanerleiers as die ANC-regime sedert 1994 voorgehou is, lyk meer onbereikbaar as ooit te vore. Wat opval is dat liberale, linkse blankes ook al meer onder die aan-klag van rassisme moet deurloop. Max du Preez het byvoorbeeld oor die radio gesê hy word daagliks van rassisme beskuldig. So pas het die Openbare Beskermer, Mkhwebane, in ’n verslag (na aanleiding van die ANC se aansoek) bevind dat Helen Zille die kode van die Kaapse provin-siale owerheid en die land se grondwet oortree het toe sy op sosiale media gesê het dat kolonialisme nie net sleg was nie. Mkhwebane beveel aan dat daar teen Zille opgetree moet word.
VOLKSREGERING (31)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
AFRIKANERS SE VOLKSLIED
Die Afrikaners se volkslied is bevestiging van die vorming van die eie volk en sy geskiedenis en die eenwordinggevoel. Vertel ons ouers nog ons kinders wie DIE STEM van Suid-Afrika gedig het, wie dit getoonset het en wat die bewoording en betekenis daarvan is? Dit is ons plig.
Gelukkig ken byna almal hierdie pragtige lied wat wêreldwyd as een van die beste volksliedere ooit beskou word. Miskien moet DIE STEM en ander volksliedere weer in 'n klein boekie gedruk en versprei word sodat ons Afrikaners in woord en daad Afrikaners kan bly. Ja, dit is in die FAK se sangbundel opgeneem, maar dit is so 'n omvattende werk dat dit moeilik is om rond te karwei. 'n Klein boekie van miskien tien of twaalf van ons mooiste volksliedere met die note daarby kan onder ons mense versprei word teen 'n geringe koste.
ONREGLESSE (1)
GOD HAAT ONREGPLEGING
Lees reeks by Onreglesse
Lesse uit die Ou Testament
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Onreg is soos ʼn pessiekte wat ʼn volk vergiftig. Dit het baie voorkomste. God haat elkeen daarvanomdat dit die leuen dien en die lig van regverdiges verdof. Daarom durf gelowigesonreg nie gelate aanvaar nie. Dit moet bewustelik tot God se eer en die geestesgesondheid van hul volk teengewerk word. Daarvoor is kennis van die Bybel onontbeerlik. Dis ʼn gids deur die mynveld van onreg.
Regerings wat onreg pleeg en laat gedy, is georganiseerde plunderorganisasies wat elke gelowige teen die bors stuit. Al beskik gelowiges nie oor die staatkundige mag om onregpleging tot niet te maak nie, durf hulle nooit daaroor swyg of saam met die stroom swem nie. Hulle moet soos Daniël se drie vriende sê:
“ ... Laat dit u dan bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie” (Dan.3:18).
KERK EN MEDIA PLEEG BLANKE VOLKSMOORD
>
>>
Bittereinder
Die kerk in Suid-Afrika (met moontlik die uitsondering van die APK) het die Afrikanerdom gefaal. Die APK het egter nou ook voor daardie keuse te staan gekom om baie hard en duidelik namens die Christen-Afrikaner te praat. Ek wil glo dat meeste van sy individuele predikante bereid is om dit te doen. Die vraag is of die APK dit gaan doen.
In Suid-Afrika moes almal saamstaan teen "vreemdelinghaat". Hierdie vreemdelinge kon in hulle eie Afrika modelstate nie oorleef nie en ding nou mee met inheemse Swartes vir maatskaplike toelaes en dies meer. Sommige van hulle, veral uit die noorde van Afrika, is veel slimmer as dié hier by ons en word gehaat juis omdat hulle daarin slaag om winkels op te sit en dit winsgewend te bedryf. Die gevolg is die chaos wat ons beleef.
ESKOM KAN GEBRUIKERS MET MILJARDE UITBUIT
Eskom gaan tekort van miljarde van gebruikers verhaal
Meinhard Peters
Lees meer by OORSIG EN REPLIEK
Skryf in vir die gereelde gratis volledige uitgawes by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Die finansiële krisis wat oor die afgelope jare by Eskom ontstaan het weens wanbestuur en korrup-sie het ’n skrikwekkende tekort van R66,6 miljard geskep. Vroeër vanjaar het direksielede Amerika besoek in ’n poging om nuwe lenings aan te gaan. Hulle het toe beloftes van slegs sowat R21 miljard ontvang. ‘n Kringloop van afpersing het hierop ge-volg. Die kabinet wou Eskom dissiplineer, en het sowat ses verskillende ondersoeke na Eskom se optrede geloods. Volgens energiekenners raak dit skaars aan die oppervlakte van die ernstige sistemiese probleme binne Eskom.
SELFSTANDIGE REGERING
Johan Dorfling
Selfstandige regering is nie net 'n saak van gevoelens, strewe of gewoontes nie, maar 'n saak van diepe oortuiging aan die kant van die Afrikanervolk. Solank daar staatgemaak word op ondergeskikte samewerking met enige ander volk, is die strewe na 'n vriendskaplike verhouding tussen die volke hopeloos. Geskiedenis het dit oor en oor uitgewys en kan nie uitgewis word nie.
Wat volke uitmekaar hou, is eie belange. Ons voorouers het dit beleef in hulle verhouding met Brittanje. Die geskiedenis wys verstoring uit. Wat hulle probeer doen het, is met diepe teleurstelling deur die Britte vernietig met gevolglike afbreking van wat reeds bereik was. Aanvalle op onderwysgebied om die kinders se verbintenis aan hulle eie volk in die wiele te ry, maak samewerking tussen volke onmoontlik. Aanvalle op Afrikaans is pogings tot vernietiging van die volk.
AGTERGEBLEWENE
Johan Dorfling
Dikwels word die begrip agtergeblewene verkeerdelik aan die politiek gekoppel, want dit is nie die volle betekenis van die begrip nie. Agtergeblewene het betrekking op die landbou, ekonomie, onderskeie vertakkings van die wetenskap, meganika, onderwys, administrasie (bestuur) en enige ander vakgebied, insluitend politiek. Dit kom nooit in afsondering voor nie omdat agterbly oorkoepelend in iemand se lewe staan. In Suid-Afrika word agtergeblewenes om goeie redes wel met sommige swartes verbind, hoewel met wanbegrip. Sommige blankes is ook agtergeblewenes.
RAMAPHOSA EN SY GELDBASE
Cyril Ramaphosa draai homself al hoe vaster
Meinhard Peters
Lees meer by OORSIG EN REPLIEK
Skryf in vir die gereelde gratis volledige uitgawes by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Soos ons berig het in die uitgawe van Oorsig & Repliek Nommer 5, het die ANC se topleiding die politieke bande met die Anglo-Amerikaanse magte weer stewiger gebind. Ons ontleding in die vorige uitgawe van OORSIG is onderstreep deur die besoek van Cyril Ramaphosa aan Brittanje waar hy deur koningin Elizabeth II hartlik ontvang is. Die Britse koningshuis het vir dekades lank geen blanke regeringsleier uit Suid-Afrika ontvang nie, behalwe vir FW de Klerk nadat hy die ANC en die SA Kommunistiese Party ontban het. Nelson Mandela is natuurlik met groot gulhartigheid en uitspattige vreugde ontvang. Koningin Elizabeth II het Mandela selfs in Suid-Afrika besoek.
VOLKSREGERING (30)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
WAARDE VAN GELOFTES
Bepaalde volkgroeperinge in Suid-Afrika verkondig graag dat die swart volkere eerste na Suid-Afrika gekom het en dus die wettige "eienaars" van Suid-Afrika is. Wat hulle versuim om te sê is dat Suid-Afrika as 'n staat voor en ook lank na Jan van Riebeeck se vestiging van 'n halfwegstasie, nie bestaan het nie. Suid-Afrika het eers in 1910 tot stand gekom. Daar kan dus geen aanspraak op "eiendomsreg" van die hele Suid-Afrika deur enige volk gemaak word nie. Die Voortrekkers het ook nie. Die voorste swart volk (Kôsas) wat langs die ooste suidwaarts getrek het, was in 1652 ver meer as 1 000 kilometer van die Kaapse skiereiland af.
GRONDGRYP SE GEVOLGE
Meinhard Peters
Lees meer by OORSIG EN REPLIEK
Skryf in vir die gereelde gratis volledige uitgawes by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
ANC se beleid oor grondbesit bedreig die ekonomiese orde tot in sy fondamente
Die grootste en belangrikste nuus hierdie jaar is nie die dood van Winnie Mandela nie; soos dit onlangs in die groot media voorgestel is nie. Dit is ook nie die droogte in die Wes-Kaap nie. (Gelukkig het seisoenreëns uitkoms in die Wes-Kaap gebring. Oplossings sal nog gevind moet word vir die daarstelling van infrastruktuur om water beter op te gaar. Die dreigende droogte-ramp het inderdaad die gebrek aan tydige beplanning aan die kaak gestel.)
Die grootste nuus van die jaar is eintlik dat die ANC-regime vas van plan is om grond in die stede en in die platteland sonder vergoeding te onteien.
VOLKSREGERING (29)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
BELANGRIKHEID VAN GELOFTES
Prediker 5:3 en elders – As jy 'n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe het.
Jan van Riebeeck het twee jaar na sy aankoms in die Kaap op 6 April 1654 die volgende gelofte afgelê:
"Waar dit vandag die tweede verjaarsdag is van die dag waarop ons deur die HERE gelei, met die skepe Drommedaris, Reyger en De Goede Hoop hier ter plaatse behoue aangeland het om hierdie vesting en kolonie na die bevel van ons here en meesters [Here XVII – die Direkteure van die VOC] te bou en te bestendig, en opgelet dat God die HERE alle sake tot vandag toe met vele seëninge voorspoedig en na wense laat verloop en laat slaag het, daarom het ons besluit, en ook vir die eerste keer begin om hierdie dag, die 6de April, tot eer van God met danksegging te vier en vir altyd tot 'n vasblywende dank– en biddag in te stel, sodat daarby die weldade van die HERE wat aan ons bewys is, deur ons nakomelinge nooit vergeet mag word nie, maar altyd tot eer van God in gedagtenis en herinnering gehou sal word."
HERE, WAT WIL U HÊ MOET EK DOEN?
Hannes Ollewagen
Handelinge 9:1-19
“En hy sê: Wie is U, Here? En die Here antwoord: Ek is Jesus wat jy vervolg. Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop. En terwyl hy bewe en verbaas was, sê hy: Here, wat wil U hê moet ek doen? En die Here antwoord hom: Staan op en gaan na die stad, en dit sal jou gesê word wat jy moet doen.” (:5&6).
“Maar die Here sê vir hom: Gaan, want hy is vir My ‘n uitverkore werktuig om my Naam te dra voor nasies en konings en die kinders van Israel.” (:15)
Paulus is ywerig op weg na Damaskus. En ironies genoeg is hy vas onder die indruk dat hy met alle ywer daarheen op pad is in diensbaarheid aan God. God het dan ook sy onkunde oorgesien en met krag aan hom verskyn om hom van sy dwaalweg te bekeer. Paulus word deur sy ontmoeting met God van ‘n godsdienstige persoon na ‘n ware gelowige en opregte, Godvresende, Geesvervulde kind van God getransformeer.
BITTEREINDERS IN DIE BRANDPUNT
Bittereinder
In 1994 is ons land eerloos oorgegee aan ‘n lafhartige en korrupte terroristebende wat nie in staat was om enige veldslag teen ons volk op eerbare wyse te voer of te wen nie. Ons was vóór 1994 die sterkste moondheid in Afrika met ‘n sterk geldeenheid, in ‘n groot mate selfversorgend, het sanksies doeltreffend omseil en was die Swartes, hulle wat vandag so tekere gaan oor apartheid, se algemene lewenstandaard veel beter as wat dit vandag is en wet en orde is gehandhaaf! Ná 1994 het die rand dramaties verswak, word ons land beskou as die misdaadhoofstad van die wêreld, word mense daagliks gemoor, verkrag en beroof, word plase onteien, is standaarde daarmee heen, neem werkloosheid daagliks toe en lewe baie Swartes in slegter toestande as vóór 1994.
VOLKSREGERING (28)
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
Dirk Denker
MEER VALSHEDE
Dat die blankes Afrikaans gebruik om swartes uit te sluit is ewe onwaar. Hoe, waar, wanneer en waarna verwys die spreker, want geen nadere besonderhede is verstrek nie. Moet Afrikaanssprekendes hulle taal verloën? 'n Taal wat tans in die grondwet beskerm word? Engels is ook blankes se taal, maar daarteen word geen beswaar geopper nie.
Ook is gesê dat die land (Suid-Afrika) na sy wettige eienaars teruggebring moet word. Nou is die vraag wanneer die blankes se regverdige deel, soos tussen die Wes-Kaap en die Kei-rivier, die deel wat Dingaan in 'n wettige transaksie aan die Voortrekkers verkoop het en verskeie ander wettig verkreë grondgebiede, erken en aan Afrikaners teruggegee gaan word. Blankes is ook wettige grondeienaars. Wanneer gaan die swartes onder andere uit die Wes-Kaap onttrek?