Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As Ek die swaard oor 'n land bring, en die mense van die land neem 'n man uit hulle kring en stel hom as wag vir hulle aan, en hy sien die swaard aankom oor die land en waarsku die mense – as iemand hom nie laat waarsku nie en die swaard neem hom weg, dan is sy bloed op sy eie hoof. As daarenteen die wag die swaard sien kom en die basuin nie blaas nie sodat die mense nie gewaarsku is nie, en die swaard neem 'n siel uit hulle weg – sy bloed sal Ek van die hand van die wag eis – Eségiël 33
ONDERHANDELING- TAKTIEK
Johan Dorfling
Die doel van onderhandeling is om skriftelik of mondelings oorleg te pleeg om 'n ooreenkoms van gee en neem tussen twee of meer persone of partye te bereik. Dit moet vir beide 'n aanvaarbare ooreenkoms van voorstelle en afkeure wees. Onderhandeling is na sy aard iets feitelik en is 'n fyn kuns wat gebruik word om 'n redevoering vir 'n party se saak te wen.
Onderhandeling word nogal dikwels misbruik deur hoër eise te stel as wat werklik bereik wil word, byvoorbeeld 12% salarisverhoging en dan kastig toe te gee as die werkgewer bereid is om 6% toe te staan. Nou word die eis na 9% verminder en dit gestel dat die werkgewer in dieselfde mate moet toegee, want dit weerspieël 'n goeie gesindheid aan beide kante. As dit nie gedoen word nie, is die werkgewer ontoegeeflik en onredelik. Die waarheid is dat die eisers 9% in gedagte gehad het en dit gekry het, terwyl die werkgewer die volle 9% toegegee het.
‘N STUKKIE GROND OF ‘N EIE LAND?
Dr Danie Theron
Dit moet seker nou vir baie duidelik word dat “kaart en transport” in enige Afrikaland niks beteken nie. Daarmee saam dat “gewaarborgde” regte nie die papier werd is waarop dit geskryf staan nie.
Grondonteiening sonder vergoeding sal gebeur so seker as wat die son more sal opkom! Dit bring mens by die essensie van die saak: Soek ons (die Afrikanervolk) na stukkies grond (krummels) binne hierdie bose land, of soek ons na ‘n land waarin ons onsself kan regeer?
Male sonder tal het ek en ander nasionaalgesinde Afrikaners daarop gewys dat die hoogaangeprysde grondwet ‘n middel tot ‘n doel is. Dit is ‘n sosialistiese transformasie-instrument om die doelwitte soos gestel in die Freedom Charter, te verwesenlik. Dit sal ‘n staat daarstel waar die individu se regte deur die staat bepaal word. Eiendomsreg vir die individu is nie een van daardie regte nie!
BYBEL EN VOLKSTRYD (4)
Ds C R Kotze
Lees reeks by Die Bybel en ons volkstryd
SELFLIEFDE
Matt. 22 :39: "Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”
WAT is liefde? As ’n ouer sy kind alles toelaat, as die ouer sê : ek kan nie my kind teengaan nie, ek kan nie my kind tug nie, ek het my kind te lief. Dan sê die Here : Wie sy roede terughou, haat sy seun (Spr. 13:24)! Alles goedkeur, alles toelaat, alles toegee, is nie liefde nie. As daardie kind eendag bedorwe is en in die tronk beland, dan sal die ouer besef dat dit nie liefde was wat alles toegelaat het nie. Die ware liefde is nie wetteloos nie. Die ware liefde soek die hoogste en beste vir die wat hy liefhet. Liefde erken die wette, betaal die prys, soek die hoogste, die beste teen enige prys. Die Heiland gee sy lewe vir die wat Hy liefhet.
Ons gebruik gewoonlik die woord selfrespek, maar dis nie ’n woord wat in die Bybel voorkom nie. Die Bybel spreek van selfliefde. Dan bedoel die Bybel dat ek moet liefhê alles wat my eie is ! My liggaam, my siel, my oortuiging, my godsdiens, my geskiedenis, my taal, my kerk, my geestesgoedere. Ek moet liefhê alles wat aan myself behoort.
VOLKSREGERING (51)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
NADELE VAN VOLKVERMENGING
Diegene wat volkvermenging voorstaan, besef nie dat hulle beginsels en siening van sake van 'n ander volk s'n verskil nie. Sonder om die ander in ag te neem, aanvaar hulle dat almal soos hulle moet dink en dieselfde leefwyse moet hê al leef hulle self nie volgens hul eie eise nie. Vra hulle om van hulle geloof, taal, lewenswyse en grondgebied afstand te doen en hulle weier, maar verwag dat ander dit moet doen.
In Suid-Afrika besef ander volke nie dat hulle in sommige opsigte vir die Afrikaners aanstoot gee wat hulle stilweg verwerk nie, maar as die Afrikaners verskil, dan neem hulle aanstoot.
VOLKSREGERING (50)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
TERUGWEN VAN VRYHEID
Ons kan ons vryheid terugwen. In alles is opgesluit: STAAN BY JOU VOLK. Nie sluimerend soos 'n hensopper nie, maar ywerig meelewend en meewerkend. Ons kan saamwerk deur politieke heropbou te doen. Nie deur middel van verdelende politieke partye waarmee geen sukses behaal kan word nie, maar saamstaan met die een doel, naamlik om ons politieke vryheid, volkvryheid, demokrasie terug te wen. Binne ons eie volkgeledere mag ons oor binnelandse sake van mekaar verskil.
WATER UIT DIE ROTS
Hannes Ollewagen
Ps. 81:1-17
“In die nood het jy geroep, en Ek het jou uitgered; Ek het jou geantwoord in die skuilplek van die donder; Ek het jou getoets by die waters van Mériba. Sela. Hoor, my volk, en Ek wil jou dit inskerp; Israel, as jy tog na My wou luister!” (:8&9).
“Ja, Hy sou hulle voed met die beste van die koring; en met heuning uit die rots sou Ek jou versadig.” (:17).
Die waters van Mériba. Daar waar die volk teen Moses getwis het omdat hulle geen water gehad het om te drink nie. Die plek waar daar water uit ‘n rots gevloei het. Die plek waar die Here aan Moses gesê het dat Hy voor hom uit sou gaan en by die rots wees waaruit die water sou vloei. “Kyk, Ek sal daar voor jou by die rots op Horeb staan; dan moet jy die rots slaan, en daar sal water uit kom, dat die volk kan drink. ...” (Ex. 17:6).
VOLKSREGERING (49)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
VOLKSLIED
Wat is 'n volkslied? Dit is 'n gewilde, eenvoudige lied wat in die volk se mond lewe en wat by 'n volk se feestelike en plegtige geleenthede gespeel en gesing word, 'n lied van getrouheid en toewyding aan 'n volk. Die stem van 'n volk. 'n Volkslied is 'n lied wat diens doen as sinnebeeld vir 'n eie volk wat saamval met volkverband. Binne volkverband kan 'n volkslied ook geldig wees vir 'n volk sonder eie staat. Dit is saambindend binne die geledere van 'n aparte volk, bevestiging van apartheid in lande soos Duitsland, Nederland, Frankryk en Brittanje.
ONDERSOEK JOU EIE DENKE
Johan Dorfling
Ons moet dikwels na onsself kyk en oplet hoe ons vertolkings doen. Dit is vertolkings van wat ander mense met hulle meedelings bedoel en of ons dit reg verstaan, of ons eie verkeerde betekenis daaraan koppel. Soms maak ons bewerings wat deur ander reg begryp word volgens die boodskap wat ons oorgedra het, maar ons het die verkeerde woorde gekies. Gewoonlik besluit jy dadelik dat jy reg is en die ander verkeerd, tog verskil jou beginsels op een gebied van jou beginsels op 'n ander gebied. Om toe te lig wat ek bedoel, gaan ek jou wat hier lees, persoonlik aanspreek sodat jy dit nie op ander mense van toepassing maak nie. Lees asseblief die waarheid met 'n oop gemoed.
Die kerk waarvan jy lidmaat is, is in streng beginsel teen kommunisme gekant omdat kommunisme God nie erken nie. Nogtans stem jy in 'n verkiesing vir die DA wat kommunisties is, oorspronklik deur Helen Suzman aan die gang gehou en het intussen verskillende naamveranderings ondergaan as misleiding van die party se kommunistiese inslag.
KERK EN ONDERWYS
Johan Dorfling
Dit is interessant en insiggewend om die Afrikaanse kerke se standpunte na te gaan om te sien wat hulle as beginsels voorhou. So het ek afgekom op 'n herderlike skrywe wat een susterkerk in 1990 oor onderwys uitgereik het. Die kerk het geskryf dat:-
Die betrokke kerk onversetlik is in sy aandrang dat die onderwys in Suid-Afrika 'n Christelike karakter moet bly behou. Hierdie kerk sal nooit wil sien dat die Christelike grondslag uit die (regering se) onderwysbeleid, ‒wetgewing en ‒reëling weggeneem word nie.
Die kerk huldig dieselfde vaste oortuiging met moedertaalonderwys. Saam met die eis vir ‘n Christelike grondslag, is moedertaalonderwys vir die kerk 'n ononderhandelbare saak wat nie prysgegee sal word nie.
HOE KOM ʼn MENS IN DIE HEMEL? (3)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Hoe kom mens in die hemel?
“Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” (Joh.14:6).
Om iets te laat slaag, is dit belangrik om ʼn plan te hê. God het voor die grondlegging van die wêreld ʼn plan vir gelowiges gehad om in die hemel te kom. Hierdie verlossingsplan is ʼn lewensroete wat oor die bekering tot Jesus loop. Wie hierdie roete nie volg nie, sal nooit die hemel bereik nie. Dis die enigste toegangsroete. Daarom sê Jesus: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” (Joh.14:6). Alle ander paaie sal in die hel eindig.
God se verlossingsplan kom egter met Jesus se wederkoms tot ʼn einde. In die gelykenis van die 10 maagde (Matt.25) vergelyk Jesus hierdie dag met ʼn huweliksfees wat aanbreek. Mense is lank vooraf in kennis gestel dat dit gaan plaasvind.
NUWE KIESSTELSEL
Johan Dorfling
Daar is sprake dat die kiesstelsel in Suid-Afrika verander kan word sodat die skyn gewek moet word dat aan almal nog meer gelykheid gebied word. So-iets klink mooi en edel sonder dat aanduiding gegee word watter praktiese betekenis dit inhou. Geen werklike redes is in hierdie stadium verstrek nie.
Die moontlikheid om die land se kiesstelsel te verander na enige ander kiesstelsel hou geen voordele in nie. Enige volksvermengde verkiesing, watter vorm ookal, is ondemokraties en gedwonge en die uitslag onbetroubaar omdat dit nie ruimte laat vir die onafhanklike voortbestaan van ‘n minderheidvolk nie. Geen volk is vry as hy nie toelaat word om sy eie verkiesing te hou nie, natuurlik met fondse uit die algemene staatskas omdat die ander volke in ‘n gesamentlike verkiesing wel die voordele van staatsbefondsing ontvang. Regverdigheid moet geskied.
VOLKSREGERING (48)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
AFRIKANERS KAN SAAMWERK
Sommige Afrikaners, gelukkig 'n klein minderheid stilsittende slimjanne, beweer dat ons mense nie kan saampraat en saamwerk nie. Ons verskil glo gedurig van mekaar en is sommer net dwars. Kyk net hoe ondersteun ons volkgenote verskillende politieke partye. Dieselfde mense glo egter teenstrydig nie in 'n eenpartystaat nie, want dan is daar te veel mag in die hande van een party wat geen teenstand het nie.
Wat gebeur onder ander volke in ander lande?
HOE DAN SO VERDRAAGSAAM?
Dr Danie Theron
‘n Mens is soms verstom oor die verdraagsaamheid wat Christene betoon teenoor die goddelose bestel en anti-Christelike regering van vandag. Is hierdie verdraagsaamheid deel van ons Christelike opdrag?
In Markus 9:40 lees ons : “Wie nie téén ons is nie, is vir ons.”
Wie is dan téén Jesus? Die Jode, die Amerikaners, die Russe – almal daar vêr? Dis tog onsin! Alle regerings wat hulle doelbewus anti-Christelik of neutraal verklaar en godsdiensgelykheid propageer is téén Jesus.
VOLKSREGERING (47)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
STANDVASTIGHEID
Vir die Afrikanervolk is sy geskiedenis uiters belangrik omdat hy daaruit die ervaring van sy voorouers put. Hulle standvastigheid in onsterflike geloof en alles wat belangrik vir hulle was om 'n eerbare lewenswyse aan hulle nageslag na te laat, is beginsels waarop almal trots is. Selfs die sterkste buitelandse moonthede had respek vir die dapperheid en voorbeeldigheid van die Afrikanervoorouers. Afrikanerleiers was nie net leiers in hulle tyd nie, maar leiers vir alle tye. Vooruitsigte wat hulle tot 'n honderd jaar gestel het, het tot op die letter waar geword.
BYBEL EN VOLKSTRYD (3)
Ds C R Kotze
Lees reeks by Die Bybel en ons volkstryd
GOD MAAK NASIES EN DIE DUIWEL MAAK DIE
EMPIRE
Jer. 51:6: “Vlug uit Babel uit, en red elkeen sy lewe; kom nie om in sy ongeregtigheid nie; want dit is die tyd van wraak vir die Here: Hy gee hom sy verdiende loon.”
ONS het so dikwels verklaar en ons wil dit hier nou herhaal: Dat God die nasies maak en die duiwel die empire maak.
So is ook die empire van Babel deur die duiwel gemaak.
Nou deel die Bybel ons mee hoe die oordele van God kom oor die empire.
Jes. 14:22 : God sal van Babel uitroei, sy naam en sy oorblyfsel.
Jer. 51 :41 : Hoe het Babel ’n voorwerp van verbasing geword onder die nasies !
Jer. 51:64 : So sal Babel sink en nie weer opkom nie.
In die Nuwe Testament het die woord Babilon geword ’n spreekwoord vir al wat laag is, al wat duiwels is, al wat Gods oordele verdien.
VOLKSREGERING (46)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
DIE AFRIKANER
Die betekenis van woorde soos demokrasie, onderskeiding, minderhede, kultuur, taal, godsdiens en so meer, is al soveel kere vanuit verskillende hoeke bespreek en beredeneer dat leesstof daaroor algemeen beskikbaar is. Ongelukkig gebruik geleerdes dikwels hoogdrawende taal wat moeilik verstaanbaar is. In net een artikel het ek op woorde en uitdrukkings afgekom soos pedagogiek-leksikons, asook wysgerige antropologie, logiserings, fenomenologiese en eksistensiële denke, diagnostiese verband, antisipasie, vitalisering, aktualisering, kontemporêre, en so meer, terwyl daar pragtige beskrywende 'gewone' woorde bestaan soos eietydse vir kontemporêre. Betekenis van die begrip demokrasie word verkeerdelik van volkvryheid tot humaniteit vervals.
OM JOU KRUIS OP TE NEEM
Hannes Ollewagen
Markus 8:34-38
“En toe Hy die skare saam met sy dissipels na Hom geroep het, sê Hy vir hulle: Wie agter My aan wil kom, moet homself verloën en sy kruis opneem en My volg.” (:34).
Die meeste van ons het seker al die gesegde gehoor dat alle mense graag hemel toe wil gaan, maar niemand wil doodgaan nie. En soos wat dit menslikerwys nie moontlik is om die ewigheid te beërwe alvorens jy sterf nie, is dit nie moontlik om ‘n ware volgeling van Christus te wees as jy nie bereid is om jouself te verloën en jou kruis op te neem nie.
Ek verskil van diegene wat reken mense wat vrede maak met probleme in hulle lewens daardeur hul kruis volgens Christus se opdrag opneem. So sal ‘n persoon met ‘n drankverslawing dalk sê dat sy probleem maar die kruis is wat hy moet dra.
VOLKSREGERING (45)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
GOEDGELOWIGE AFRIKANERS
Afrikaners word van kleins af geleer om eerlik te wees. Dit is eerbaar en toon goeie bedoelings in optrede. Met so 'n benadering verwag Afrikaners dan ook dieselfde van ander mense sonder om waaksaam te wees. Piet Retief was so 'n goedgelowige wat, ten spyte van waarskuwings deur van sy eie mense, asook 'n sendeling en ander Zoeloes, goedgelowig aan Dingaan se goeie gesindheid geglo het omdat hy self so ingestel was. Afrikaners is steeds goedgelowig sover dit ander volke betref en neem die ondervinding nie altyd ter harte nie.
HOE KOM ʼn MENS IN DIE HEMEL? (2)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Hoe kom mens in die hemel?
“En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp” (Openb.20:15).
Sonde is soos swaar bagasie. Jy sleep dit oral met jou saam. Sonde veroorsaak skade aan die siel. Soos wat geen sandkorrel te klein is om ʼn horlosie te beskadig nie, is geen sonde te klein om ʼn siel te skaad nie! Wat die ergste is, is dat hierdie sondebagasie in werklikheid nie jou bagasie is nie, maar die Satan s’n. Jy dra dit vir hom!
Om in die hemel te kom, moet jy daarvan ontslae raak. Jy kan dit nie met jou saamvat hemel toe nie. Jy sal nie daarmee toegelaat word nie. Iemand moet dit vir jou wegvat ... terwyl jy nog leef. Dis soos skuld waarvan jy verlos moet word.
VOLKSREGERING (44)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
KINDERS IS VOLK SE TOEKOMS
Dr Verwoerd het verklaar dat die kind aan die geslagte "sin en inhoud gee en aansporing verleen vir alles wat verrig is". Die toestand sonder kinders sou wees: "Een sonder hoop en sonder vooruitstrewendheid op enige terrein van die lewe. Dit sou 'n volk of wêreld wees sonder inisiatief. Daar sou geen rede hoegenaamd wees tot enige inspanning nie, daar sou geen behoefte wees aan navorsing om meer kennis op te diep nie, daar sou geen rede tot skepping wees nie. Vir wie . . . sou ons dit doen? Wat sou die nut van dit alles wees? Wat baat dit om te skep tensy die vrug van jou denke of arbeid aan iemand nagelaat word?"