Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Weet ons hoegenaamd wat dit in praktyk beteken om waarlik en volkome op God te vertrou? Is dit nie dalk waarom dit so haglik met ons volk in hierdie land gaan nie – omdat ons nie in vertroue gehoorsaam aan Hom is nie. Luister wat sê die Psalmdigter in Ps 84: "Hy sal die goeie nie onthou (weghou) aan die wat in opregtheid wandel nie. HERE van die leërskare, welgeluksalig is die mens wat op U vertrou!"
WYSHEIDSTORIES (1)
Skerp Waarnemer
Lees reeks by Wysheidstories
Soek elke storie se les
en omskep dit in dade
Wysheidstories is baie werd omdat dit 'n mens leer wat reg en wat verkeerd is. Ook leer dit iemand om vlug van begrip te wees en bied insig wanneer besluite geneem moet word. Die inhoud van 'n storie moet wysheid verkondig. Om net 'n storie te lees en dit dan weer te vergeet, is nutteloos. Sien jouself in die storie en doen wat die storie aan jou vertel. Sodoende sal jy tot 'n hoogs intelligente mens ontwikkel. Doen is baie beter as woorde omdat woorde net uitdrukkings is wat niks beteken as dit nie in dade omgesit word nie, dog eers moet die les in die storie begryp word. Vlak stories het egter geen diepte.
Toe vir 'n baie wyse man gevra is wat gedoen kan word om kinders tot groot leiers te laat ontwikkel, was sy antwoord: "Vertel vir hulle stories. Die kinders en jongmense wat die stories onthou en doen wat die storie vertel, word die slimste."
APARTHEID VIR DIE JODE...
...WAAROM DUS NIE VIR ONS VOLK?
Dr Danie Theron
Die staat Israel is vir die Jode afgeteken deur die Britse Jood Lord Balfour in ‘n onderneming aan die Rothchilds in 1917. Dit was ‘n eensydige verklaring en in ruil daarvoor het die Jode gesorg dat die VSA betrek word in die Eerste Wêreldoorlog om Brittanje uit sy benarde posisie te red.
In Mei 1948 het Israel deur ‘n terreurveldtog die land van die Palestyne beset en sowat 400 000 Palestyne uit die gebied verdryf. Sederdien is jaarliks voortgegaan om die Palestyne van hulle regte te ontsê. Pas is ‘n besluit deur die Knesset aangeneem dat Jode die reg het op selfbeskikking en dit in Israel uit te oefen. Tans is die Palestyne se selfbeskikking beperk tot Gasa wat niks anders is nie as ‘n konsentrasiekamp.
SEPTEMBER IS VERWOERDMAAND
OP 6 September 1966 is die briljantste Eerste Minister wat Suid-Afrika ooit gehad het, in die parlement deur ‘n sogenaamde bode vermoor.
Waarom vestig ons u aandag nou weer daarop?
Septembermaand is Verwoerdmaand. Ja, Dr Hendrik Frensch Verwoerd. Want so baie dinge het in Septembermaand plaasgevind wat met dr Verwoerd gemeen het. Daarom gaan ons hier op Gelofteland in September baie inligting oor dr Verwoerd vrystel; meesal feite wat u dalk bewus van is, maar daar sal altyd iets wees waarvan u niks geweet het nie. Daar word dikwels gevra waarom hy so besonders in sy beroep was maar daar is ook talle vrae in verband met die sluipmoord op hom.
Lees in September baie meer oor dr H F Verwoerd – ons begin egter vandag hieronder met ‘n vraag ivm sy dood: was daar net een man in die moordsaak betrokke of wie het werklik daaragter gesit?
VOLKSREGERING (54)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
APARTHEID ONSKULDIG
Dit is hoog tyd dat die kommunistiese herhaling van swartes dat apartheid aan enigiets skuldig is, tot 'n einde kom. Hulle veroorsaak net beroering. As hulle lank genoeg aanhou, sal selfs van hulle eie mense die teendeel begin insien omdat die samelewing agteruit gaan. Enige regdenkende persoon weet dat anti-apartheidmoedswilliges onsin praat.
Wie het die grens tussen die grensboere en die swartes sedert ongeveer 1770 aanhoudelik oorgesteek, vee gesteel en oorloë laat ontstaan, nee, oorloë gemaak? Terwyl Jan van Riebeeck (1652 – 1662) Pretoria (in 1855) vernoem het soos 'n regeringondersteuner beweer het, was dit waarskynlik dr Verwoerd se apartheidbeleid in 1961 wat die rooftogte en oorloë sedert 1770 afgedwing het, of hoe? ? ?
HOE KOM ʼn MENS IN DIE HEMEL? (5)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Hoe kom mens in die hemel?
“...sodat ons ʼn onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons” (1:1:4).
Hoe ver is die hemel van ons af? Hoe lank sal dit neem om daar te kom? Vir gelowiges is dit baie naby; in werklikheid net ʼn hartklop ver. Een laaste hartklop en jy is daar waar ʼn erfporsie met baie wonings op jou wag. Petrus skryf: ...“sodat ons ʼn onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons” (1:1:4). Soos wat mense dankbaar is vir ʼn aardse erfporsie, moet ons des te meer dankbaar vir ons hemelse een wees.
VOLKSREGERING (53)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
GEWELD ONOORDEELKUNDIG
Wat hierop volg is deur dr Percy Yutar gesê. Hy was as staatsaanklaer betrokke by die Rivonia-verhoor, 1964. Dit was 'n onpartydige en onbevooroordeelde uitlating, want dr Yutar was nie 'n Afrikaner of politikus nie en het volgens homself ook geen instruksie van enigiemand ontvang nie. Hy het selfstandig opgetree om regverdige orde te handhaaf.
"Heeltemal afgesien van wat ek gelees het in die verklarings van getuies, was ek self diep geskok en kon ek beswaarlik glo wat ek gelees het in die dokumente wat òf in die handskrif van die beskuldigdes was òf in hul besit gevind is. Hierdie dokumente het duidelik openbaar dat die skuldiges doelbewus en kwaadwilliglik die pleeg van dade van geweld en vernietiging dwarsdeur die land beraam en bewerkstellig het, dade gerig teen die huise en kantore van staats– en munisipale amptenare, asook teen alle lyne en verbindingskanale.
GELOFTEVOLK- KOMITEE
>
>>>
Geagte Volksgenoot
Noudat onteiening sonder vergoeding op pad is om wetgewing te word en Brittanje boonop die huidige staatshoof en sy Kommunistiese beleidsrigting beloon met finansiële hulp, moet ons onsself die vraag afvra waarom God toelaat dat barbaarse wreedhede ongestraf oor ons kom en die internasionale wêreld dit aanmoedig.
Die voel letterlik of God nie ons gebede verhoor nie.
VOLKSREGERING (52)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
BEWYS VAN INSIG
Daar word verwys na dr Verwoerd se poging in 1961 om binne die Statebond te bly. Hieronder is uittreksels van sy toespraak.
"Meer as 300 jaar gelede het twee bevolkingsgroepe, wat ewe vreemd aan Suid-Afrika was, in ietwat klein getalle uit verskillende rigtings 'n land binnegekom wat toe feitlik onbewoon was. Geeneen van hulle het 'n ander man se land gekoloniseer of hom deur inval of onderdrukking beroof nie. Elkeen het hom gevestig en langsamerhand sy nedersettings uitgebrei en in hoofsaak elkeen 'n ander deel sy eie probeer maak.
Daar was botsings en grensoorloë, en grensgebiede is verower, maar sedertdien het die witman meer grond aan die Bantoegebiede toegevoeg, en voeg hy steeds daaraan toe, uit wat hy self beset en bedoel het om sy eie te wees.
ONS ONDERWERPING AAN HIERDIE OWERHEID
Dr Danie Theron
In Romeine 13 lees ons dat elke mens hom moet onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is omdat daardie magte deur God ingestel is. Daarby word gestel dat verset teen die owerheid onder die oordeel van God sal staan.
In hierdie tyd waarin ons leef is dit opnuut ‘n aktuele vraag tot welke mate hierdie Godsveragtende regime gehoorsaam moet word.
Die owerheid se taak is om losbandigheid hok te slaan sodat alles ordelik kan verloop. Die owerheid moet dus orde handhaaf, boosdoeners straf, deugsames en die heilige Woordbediening beskerm.
RAAKSIEN VAN VERWARRING
Johan Dorfling
Daar is al melding gemaak van die goedgelowigheid van ons mense en ook van misleiding deur teenstanders van apartheid. Hoe kan ons beide raaksien waar hulle saam aangewend word?
Toe Andries Pretorius in 1836 met meer as 400 man teen die groot Zoeloemag van minstens 15 000 uitgetrek het, het sommiges, soos die Britse mag in Natal, getwyfel of hulle kon oorwin. Die volle Zoeloemag in Zoeloeland was 34 000 groot. Met die oorweldigende oorwinning het Andries Pretorius bewys dat, met die hulp van God, sukses behaal kon word. Wat hier na vore gekom het, was dat misleidende praatwerk verkeerd bewys was. Goedgelowigheid het nie 'n rol gespeel nie omdat deeglike voorbereiding gedoen was. Niemand kon die bewyse betwyfel nie.
DANKIE BRUCE
Geagte Gelofteland,
My mening is dat die bydraes tot u webblad van die hoogste gehalte is.
Daar is geen beter manier vir ons as behoudende blankes om hierdie informasie en kommentaar te bekom nie.
Dankie vir die harde werk en toewyding om hierdie webblad in stand te hou.
Groete,
Bruce Jamieson.
DIE LIEFDE VAN GOD IN ONS
Hannes Ollewagen
Joh. 5:16-47
“Maar Ek ken julle, dat julle die liefde van God in julle nie het nie.” (:42).
Die Here Jesus was gedurig in gesprek met Skrifgeleerdes en ander hooggeleerdes in die kerk van daardie tyd. Die meeste van hulle wou met hul meerderwaardige kennis van die Skrifte vir Hom strikvrae probeer stel. En hierin het Hy hulle gevoellose en liefdelose godsdienstigheid raakgesien en ook skerp veroordeel.
Ons dink aan die gedeelte uit Matt.23 wat aansluit by ons gelese gedeelte uit Johannes 5. Ons lees hier van Jesus wat die skrifgeleerdes en Fariseërs berispe oor hul oppervlakkige godsdienstigheid vir die vertoon daarvan terwyl daar in hul geestelike lewe geen diepte is nie. Hulle was godsdienstig vir die vertoon daarvan en om mense se eer te bekom, maar hul harte was ver van God af.
VERLORE SEUN
Johan Dorfling
Noudat daar in die openbaar melding gemaak is van bepaling van eienaarskap van grondgebied, maar nie oor die verantwoordelikheid wat daarmee gepaard gaan nie, laat dink dit my aan die gelykenis van die verlore seun soos in die Bybel in Lukas 15:11- 31 aangeteken.
Die verlore seun het sy vader voortydig gevra om sy deel van die eiendom aan hom te gee wat hom toekom. Dit het hom in daardie stadium nie regtig toegekom nie omdat hy eers kon erf nadat sy vader oorlede was. Omdat hy nog nie volwasse genoeg was sy erfgoed te hanteer nie, het hy daarmee op reis gegaan en dit verkwis.
Die ANC het nie alleen sy deel van die eiendom (deel van Suid-Afrika) geëis nie, maar sommer ook wat aan ander volke behoort het en met al die besittings op reis gegaan.
U MENING OOR BYRAES OP ONS WEBBLAD
Geagte leser,
Graag doen ons 'n beroep op u om kommentaar op die bydraes op ons webblad te lewer deur met goeie gedagtes na vore te kom, positiewe voorstelle te maak, mekaar te ondersteun en as u oor ‘n saak verskil, dit met 'n goeie gesindheid aan te roer. U mening is vir ons belangrik, al is dit kort of lank - geen kommentaar is gering nie en al dink u dit is eenvoudig, ons sal dit met dankbaarheid in ag neem. U het die keuse om 'n skuilnaam te gebruik wat ons streng sal eerbiedig.
Soms vertolk ons mekaar se bedoelings verkeerd, daarom moet ons eers seker maak of ons regtig verskil. Waar ons wel in geringe mate van mekaar mag verskil om ons doel te bereik, is dit noodsaaklik dat ons die verskille met mekaar opneem en saamwerk. Die doel is dat wanneer die tyd aanbreek die Afrikanervolk weer demokratiese selfstandigheid bereik en dit sal ons net vermag as ons positief saamwerk, ons weerhou van persoonlike aanvalle en afbrekende kritiek - dit gaan altyd oor die saak en nie oor 'n persoon nie.
Ons sien daarna uit om u menings te ontvang. Stuur dit asseblief aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
AFRIKANERS STAAN STERK
Johan Dorfling
Met 'n breë uitkyk na wat nou om ons hier in Suid-Afrika aan die gang is, laat my besef dat die geskiedenis herhalend is en dat ons voortdurend daaruit moet leer omdat dit tans weer op vandag van toepassing is. Die beginsels is altyd dieselfde soos wat ek uit 'n toespraak van dr D F Malan vasgestel het. Hieronder is 'n verkorting van dr Malan se wysheid soos ek dit verstaan. Meeste van die woorde is soos hy dit gestel het.
Die gevare wat ons dreig, openlike vyandigheid, dreigemente, verdrukking met getalle, kan die rug van die Afrikaner nie breek nie. Almal wat dit nog probeer, selfs met listigheid, sal tot hulle verdriet uitvind dat dit nie moontlik is nie.
KORREKTE VERGADERING- PROSEDURES
VERGADERING-
PROSEDURES
(GRATIS)
Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.
Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.
"HOE LANG" - HOE LANK GAAN ONS SWYG!
Hoe lank gaan ons swyg as ons Christelike norme aangeval en Eerstewêreld-standaarde afgetakel word? Moet ons swyg as ons verkrag, beroof en vermoor word; swyg as onbevoegdes ons kundiges se toekoms so belemmer dat hulle na die buiteland verhuis? Moet ons oor alles swyg omdat ons bang is om as rassehaters gebrandmerk te word? Nee, ons durf nie verder swyg nie! Al word dit lewensgevaarlik om die waarheid te praat, is dit noodsaaklik dat volksgenote dit moet hoor!
Waarom skryf die profeet Hoséa dat sy volk ten gronde gaan weens 'n gebrek aan kennis? Gebeur dit slegs omdat mense God nie meer liefhet en Hom nie wil dien nie? Of gebeur dit ook wanneer 'n volk só mislei word dat hulle nie meer kan onderskei tussen reg en verkeerd nie? Of swyg hulle uit vrees vir die gevolge?
In hierdie tye is alle opsies ernstig van krag; ons volk is beangs, maar word ook so mislei en verblind deur ons vyande dat ons onwetend meedoen aan ons eie ondergang – dit verg groot verantwoordelikheid om genoeg kennis te dra wat tot eer van God se Naam strek.
Kom u verantwoordelikheid na, hou op met swyg, skerp u kennis op, reik uit na die waarheid en doen wat gedoen moet word om hierdie Afrikanervolk van ondergang te red!
OORLOG - ONS WEIER DAT HUL ONS PLASE STEEL !
Persverklaring uitgereik deur TLU-SA Oos-Kaap
13 Augustus 2018
Vir onmiddelike vrystelling
Boere sal nie toelaat dat hulle plase gesteel word nie.
Boere in die Oos-Kaap is dit eens dat geen plase deur die regering se self-gewettigde diefstal sal plaasvind nie en berei hulle voor om met alles tot hulle beskikking hulle wetlike eiendom te beskerm.
Johan Steyn, TLU-SA Oos-Kaap voorsitter, het die stelling gemaak na afloop van ’n e-konferensie vir TLU-SA Oos-Kaap lede dié naweek.
“Die TLU-SA se doelwit is om landbouers volhoubaar en ekonomies winsgewend tot voordeel van almal in Suid-Afrika, op hulle plase te hou. Deur die bekendstelling van ’n lys waarop 195 plase vir gewettigde diefstal deur die ANC, laat die regering boere geen ander uitweg nie as om hulle wettige eiendom te beskerm.”
HOE KOM ʼn MENS IN DIE HEMEL? (4)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by Hoe kom mens in die hemel?
“Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie” (Luk.13:24).
Om ʼn sportwedstryd by te woon, moet jy ʼn toegangskaartjie hê. So ʼn kaartjie verseker jou van ʼn sitplek en die sekerheid dat jy die betrokke wedstryd sal sien. Bekering is die toegangskaartjie na die ewige spel. As jy dit het, is jou plek bespreek en sal jy die hemel sien.
Jesus sê: “In die huis van my Vader is daar baie wonings... Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem.” (Joh.14:2,3).
KOMMENTAAR -- STUKKIE GROND
Johan Dorfling
As ek mag, lewer ek graag kommentaar op dr Danie Theron se artikel 'N STUKKIE GROND OF 'N EIE LAND? Volgens 'n woordeboek kommentarieer ek, maar eintlik wil ek net my mening uitspreek oor wat dr Theron geskryf het. Terselfdertyd is my kommentaar nie afbrekend soos mense gewoonlik verwag nie, maar ondersteunend.
Kaart en transport en waarborg bestaan nie in die kommunistiese omgewing nie. Dit is mos algemeen bekend dat in die kommunistiese ideologie alles aan die staat behoort; hierin moet eintlik die regering gelees word. Alhoewel die huidige bespiegelinge vooruitsigte van grondonteiening sonder vergoeding op blankes se eiendomme fokus, beteken dit dat alle grond, klein of groot, sonder vergoeding onteien sal word. Die swartes besef nog nie dat hul eie besittings hulle ontneem gaan word nie.
Geen privaatbesit sal toegelaat word nie.