Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ongelowiges is nie goeie politici nie, veral nie as hulle belang by heidense rituele het nie. Daarom is Afrika agterlik. Sy leiers verskil slegs in grade van boosheid van mekaar! Politici wat egter voor die Koning van alle konings buig en sy Woord liefhet, is 'n volk se juwele.
WIE WAS BETROKKE BY DIE MOORD OP DR VERWOERD?
>
Voordat die verslag van regter Van Wyk oor die sluipmoord op dr. Verwoerd amptelik beskikbaar geword het, was dit al algemene kennis dat flaters deur verskillende Staatsdepartemente gemaak is en dat daar nalatigheid aan die kant van hierdie departemente was. Hoe ernstig die flaters en nalatigheid inderdaad was, sou eers in die Van Wyk-verslag aan die lig kom. Daarom, en ook omdat die daad van 6 September 1966 ongetwyfeld die skokkendste gebeurtenis in die geskiedenis van Suid-Afrika in hierdie eeu was, is met groot belangstelling gekyk na die koms van die regter se verslag.
BYBEL EN VOLKSTRYD (8)
Ds C R Kotze
Lees reeks by Die Bybel en ons volkstryd
OORLOG: WEES GOD MÉÉR GEHOORSAAM AS DIE MENSE
DIE OORLOGSJARE (1939—1945)
Hierdie preek is gelewer tydens die donker krisisjare van die Tweede Wêreldoorlog (1939—1945). Afrikaners wat die oorlogspoging nie kon steun nie, is aan griewende vernedering en vervolging blootgestel. Ongelukkig het ernstige meningsverskille in eie geledere ook nog ontstaan oor die verwesenliking van die vryheidstrewe, sodat die nuutgevonde eenheid spoedig weer verbreek is. Innerlik verswak en magteloos, het die Afrikanervolk weerloos gestaan teenoor die bedreiging van tronke en interneringskampe. Teen hierdie agtergrond moet wyle ds. C. R. Kotze se preke, wat indertyd landswye beroering verwek het, gelees word. Die onverskrokkenheid en die profetiese gloed van sy optrede het Sondag na Sondag groot skares getrek na die historiese Tweetoringkerk in Bloemfontein wat vir vele ’n hawe van rus en ’n oord van bemoediging geword het.
Pred. 3:3 “’n Tyd om dood te maak en ’n tyd om gesond te maak.” Pred. 3:8— “’n Tyd vir oorlog en ’n tyd vir vrede.”
ONS IS christene ! Ons glo in die Bybel. Die Bybel sê dat die hele Skrif van God ingegee is en nuttig is om te leer, om tereg te wys, sodat die mens van God volkome kan wees—tot elke goeie werk volkome toegerus (2 Tim. 3:16, 17).
Die Bybel is dus daar om vir u en my tot elke goeie werk volkome toe te rus !
Nou, wat sê die Bybel van my lewe en sterwe ? Wat sê die Bybel van kerkgaan, van Sondagsheiliging, van my huis en my vriende ? Wat sê die Bybel oor die vraagstukke wat ons ontmoet? Wat sê die Bybel van skeuring en eenheid, van meerderheid en van oorlog? Watter skeuring is christelik?
Watter eenheid is christelik ? Wanneer is ’n meerderheid christelik en aan watter oorlog moet ’n christen deelneem?
GRONDGRYP...
...SLINKSE PLANNE
Johan Dorfling
Slinkse planne word in die geheim gesmee, in die duisternis, in 'n poging om ander mense te oortuig dat die oppervlakkige goeie bedoelings tot hulle voordeel sal strek. Intussen word dit so voorgehou dat dubbele standaarde daaruit kan voortspruit. Dit klink filantropies of mensliewend om te beweer dat almal alles met mekaar moet deel, maar dit is die beginsel van die kommunisme wat onbybels is. Let op na die verskil. Kommuniste sê jy moet wat jy het met my deel. Christene sê ek deel met jou om jou te help.
Die kommunis het niks aan te bied nie en eis van die Christen. Die Christen het baie om aan te bied in die vorm van die geestelike en goedere wat hy verwerf het deur geloof en harde werk, tog deel hy uit goedheid wat hy aan ander kan afstaan.
Volgens Fikile Mbalula beplan die ANC nie algehele beslaglegging op eiendom sonder vergoeding nie.
DR VERWOERD SE KINDERJARE (3)
Peet de Wet
Hendrik het gereeld vakansies huis toe gekom toe hy student was en dan het ek soos 'n stertjie agter hom aangeloop. Hy was vir my te wonderlik. Hendrik was al op universiteit en ek so elf jaar oud, toe kry ek waterpokkies. Ek was seker so tien dae in die bed en by tye koorsig. Hendrik was die enigste een wat my kon kalmeer. Hy het vir ure by my gesit en storietjies vertel wat hy sommer so opgemaak het terwyl hy praat. Toe ek weer gesond was, het ons soms saam gaan perdry of tennis speel. Ek was soos sy skaduwee. Saans het ons meestal gesit en lees. Hendrik het vreeslik baie by die huis gelees.
Een vakansie kom Hendrik by die huis aan en Ma vra vir hom hoekom hy so baie briewe skryf. Dit lyk of hy in nooiens belangstel.
14 SEPTEMBER 1966
Op Woensdag, 14 September, 8 dae ná die moord op dr Verwoerd, is mnr. BJ Vorster as Eerste Minister beëdig, en die middag het hy vir die eerste maal as Eerste Minister in die Volksraad opgetree. ’n Duidelik waarneembare atmosfeer van gespanne afwagting het swaar oor die stampvolle saal en galerye gehang. Maar mnr. Vorster het hom uit die staanspoor met rustige selfversekerdheid meester van die situasie getoon, wat so baie daartoe bygedra het om die oorgang van die een bewind na die ander glad en sonder haakplek te laat plaasvind.
Formeel het hy die Volksraad meegedeel dat hy deur die Staatspresident versoek was om ’n regering saam te stel en dat hy dit gedoen het, dat hy mnr. P. C. Pelser gevra het om Minister van Justisie en Gevangenisse en mnr. S. L. Muller om Adjunk-minister van Justisie, Polisie en Gevangenisse te word. Hyself, het hy gesê, sal vir eers Minister van Polisie bly, omdat staatsveiligheid daaronder ressorteer en hy vyf jaar lank “opgestaan en gaan slaap het met al hierdie probleme wat uit die veiligheid van Suid-Afrika voortvloei”.
DR VERWOERD SE KINDERJARE (2)
Peet de Wet
Die NG-gemeente van Bulawayo het tot by Lusaka gestrek. Maandae het Pa gewoonlik sy fiets op die trein gelaai, op die verste punt afgeklim en dan myle deur die bos gery om die boere op die plase te besoek. Sondae preek hy in die kerkie agter ons huis. Len was die koster. Hendrik en ek het hom gewoonlik Saterdae gehelp om die kerk skoon te maak. Daar kry ons toe eendag 'n nes vol klein muisies. Ek hardloop huis toe om 'n skoendoos te haal. Die muise word netjies ingepak en met bruinpapier toegedraai en in juffrou Vermeulen se kamer gesit. Juffrou Vermeulen was 'n sendingdame wat by ons ingewoon en vir my musiekles gegee het. Ons het nie van haar gehou nie; sy was te streng.
VERWOERD - 13 SEPTEMBER 1966
Die Nuwe Leier
’n Week na die moord op dr. Verwoerd, op Dinsdag, 13 September, is die nuwe hoofleier van die Nasionale Party, en as sodanig ook Eerste Minister van Suid-Afrika, deur die Parlementêre koukus van die Nasionale Party aangewys.
Om 10.30 het die koukus in die Parlementsgebou byeengekom. Al 164 lede, Senatore en Volksraadslede, was aanwesig. Die voorsitter, sen. Paul Sauer, het uit ’n siekbed opgestaan om daar te kan wees.
Teen die tyd was dit ’n uitgemaakte saak dat die keuse lê tussen mnr. B. J. Schoeman, die 61-jarige Minister van Vervoer, en mnr. B. J. Vorster, 50-jarige Minister van Justisie.
Geruime tyd voordat die koukusvergadering sou begin, het mense al in Parlementstraat byeengekom. Hulle kon nie die terrein van die Parlementsgebou betree nie vanweë die strenge veiligheidsmaatreëls wat getref was.
DR VERWOERD SE KINDERJARE (1)
Peet de Wet
[Daar is al en word steeds soveel oor dr Verwoerd as volwassene geskryf dat ek dit goedgedink het om iets meer uit HERINNERINGE AAN DR HF VERWOERD, 'N BIOGRAFIESE SKETS van dr H O Terblanche aan te haal en as enkele artikels aan te pas. Dit gaan meer oor sy kinderjare, vertel deur sy jonger suster Lucie.]
Lucie vertel:
In Wynberg het die twee seuns allerhande kattekwaad aangevang. Op die hoek van ons straat, Mortimer Road, was daar 'n sinagoge. Dit moet nog daar wees. Dit was welbekend dat iemand homself in die sinagoge opgehang het en dat dit daar spook. Hendrik en Len het toe van Ma se lakens gesteel en ná donker gaan spook speel, kastig om die Jode bang te maak.
Volgens Ma was Hendrik eintlik nog te jonk, maar die juffrou van die Evangelies-Lutherse skool in Waterloo Road, het kom pleit dat hy asseblief moet kom om haar getalle vol te maak.
HANDHAAF AFRIKAANS
Johan Dorfling
Maklik gesê, maar hoe kan ons Afrikaans handhaaf as staatsdepartemente en ander staatsinstellings Engels as voertaal gebruik en ons in winkels in Engels bedien word? Kenmerkend van ons Afrikaners probeer ons beleefd dit vir ander maklik te maak. Die probleem is egter dat die wat Engels praat, misbruik daarvan maak. Daarby praat hulle so vinnig dat ons hulle manier van woorde uitspreek nie maklik volg nie.
Wat saam daarmee gebeur is dat ons na Engels oorslaan, 'n taal wat ons nie alledaags gebruik nie. Daarby laat ons toe dat Afrikaans geïgnoreer word, aldus verloën ons ons eie taal sodat dit nie meer in die openbaar gebruik word nie.
DIE SABBATSRUS
Hannes Ollewagen
Hebreërs 4:1-13
“Want Hy het êrens van die sewende dag so gespreek: En God het op die sewende dag van al sy werke gerus;” (:4).
Die skrywer van hierdie hoofstuk raak die letterlike Sabbatsrus aan, maar spreek ook in dieselfde gedeelte oor die Sabbatsrus se geestelike betekenis. Daardie sielerus wat elke ware gelowige uiteindelik in Christus vind.
Terwyl sommige die fisiese onderhouding van die Sabbat sal wil beklemtoon, is daar ook diegene wat net op die geestelike hiervan wil fokus. En tog is ‘n gesonde balans tussen beide die fisiese sowel as die geestelike hiervan nodig om die volheid daarvan te ervaar. ‘n Lui-lekker “rusdag” by die huis sonder enige geestelike voedsel en oordenking op daardie dag sal vir jou geloofslewe net so min beteken as ‘wanneer jy ‘n dag wel in die “gees” onderhou, maar uiteindelik is jy so besig met inkopies of ander take dat daar vir jou gees eintlik geen rus is nie.
PERSOONLIKHEID ― DR VERWOERD
Johan Dorfling
Dr H F Verwoerd is op 6 September 1966 vermoor. Om oor sy persoonlikheid en ingesteldheid te skryf, is maklik, maar terselfdertyd is dit baie moeilik. Hy was so merkwaardig dat die grense van sy denke die mensdom onbeperk vooruitgeloop het.
Dit is maklik om hom te beskryf omdat hy so 'n eerlike, opregte en openlike persoon was sodat almal geweet het waar hulle met hom staan. Aan die anderkant is dit moeilik omdat daar rakke vol boeke en geskrifte oor hom geskryf is en steeds geskryf word, ver meer as oor enige ander Suid-Afrikaanse staatsman, of menige ander groot moondhede se staatsmanne of manne wat foutiewelik as staatsmanne voorgehou is. Teenswoordig verkoop selfs tweedehandse boeke oor hom teen die duurste pryse. Uit al hierdie beskikbare inligting, asook uit die talle uitstekende toesprake wat hy self gemaak het, het sy persoonlikheid sterk op die voorgrond getree. Wat kan nog oor hom geskryf word wat nie reeds gedoen is nie? Steeds regeer hy Suid-Afrika selfs uit die graf uit.
DR VERWOERD BEGRAWE 10 SEPTEMBER 1966
DIE BEGRAFNIS
Op Saterdag, 10 September, het ’n groot stilte oor Suid-Afrika toegesak. Alleen die radio-uitsending van die plegtigheid in Pretoria het dit verbreek.
Soos op ’n dorp die hele dorpsbeeld deur die begrafnis van ’n vooraanstaande inwoner oorheers word, so het die hele Suid-Afrika daardie Saterdagmiddag tot stilstand gekom terwyl in Pretoria om en by ’n kwart miljoen mense in eie persoon die laaste eer aan die ontslape Eerste Minister bewys het.
Ook letterlik tot stilstand op party plekke. In Kaapstad en op die omliggende Bolandse dorpe, in Port Elizabeth en Uitenhage het alle busse, waar hulle ook al was, om 2.15 stilgehou en twee minute lank stilgestaan terwyl die bemannings uitgeklim en langs die busse gestaan het.
Dit was die tyd toe die stoflike oorskot van dr. Verwoerd by die Uniegebou aangekom het.
VOLKSREGERING (57)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
BUITELANDSE DRUK
Deur Suid-Afrika se geskiedenis heen het buitelandse regerings gepoog om druk teen Suid-Afrika toe te pas omdat hulle sterk gekant was teen die beleid van gelykheid van volke in 'n eie selfstandige volkvrye staat vir elke volk afsonderlik. Dit is ten spyte daarvan dat hulle hulself in 'n eie volkstaat regeer. Hulle misgun ander volke wat hulle openlik vir hulself toe-eien. Ons volkleiers het egter nooit hierdie pogings van buitelandse druk as geregverdig beskou nie en dit deurgaans voordelig verwerp.
Buitelandse druk was tereg deur Afrikanerleiers beskou as flou pogings om kommunisme te bevorder en wanorde te saai terwyl dit slegs 'n poging tot geestelike druk was.
AANBID JY DIE REGTE JESUS?
Die gevaar van valse christusse
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Gelowiges glo dat Jesus nie net eenmaal na die aarde gekom het nie, maar weer kom. Hemelse boodskappers het dit bevestig:
“En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle, wat sê: Galilese manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het” (Hand.1:10,11).
Jesus waarsku egter dat talle onaangename dinge voor sy wederkoms gaan gebeur waarop gelowiges bedag moet wees:
“... Pas op dat niemand julle mislei nie. Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei. En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei..... As iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! — moet dit nie glo nie.Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei. Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê. As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn — moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer — moet dit nie glo nie.Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees(Mt.24:4,5,11,23-27).
DIE MENS H F VERWOERD
Johan Dorfling
Talle boeke is al oor dr Verwoerd geskryf, tog is dit nog nie omvattend genoeg om hierdie grote te beskryf nie. Het iemand al gepoog om 'n lys op te stel van al die boeke en artikels oor dr Verwoerd? Steeds word nog boeke opgestel en meer aandag deur middel van skrywes en meedelings deur teenstanders van sy uitstekende staatsmanskap die lig laat sien, sodat die naam Verwoerd bly leef. Die boeke en artikels wat tot dusver oor dr Verwoerd geskryf is, beloop minstens honderde en nog is dit nie die einde nie. Hulle wat hom probeer afkraak, slaag daarin om sy gestalte nog groter te maak omdat dit wat hulle probeer voorhou, juis groter aansien aan hom verleen. Volkvreemde woordvoerders poog baie hard om deur die stewige skans van sy diepsinnigheid te dring, maar elke aanval stel hulle in die verleentheid. Sy skitterende denke is net eenvoudig te ver bo hulle vlak.
6 SEPTEMBER 1966 – 14:14
Die nuus dat dr Hendrik Frensch Verwoerd op hierdie dag vermoor is het die hele Suid-Afrika laat steier. Dat so iets met dr. Verwoerd moes gebeur! - nadat hy ses jaar tevore so wonderbaarlik aan die eerste aanslag op sy lewe ontkom het.
Dat dit juis op dié dag van alle dae moes gebeur! - dié dag waarop hy, in die volheid van sy mag, nuwe toekomsweë vir sy land sou aandui. Maar opsigself was dit ook ‘n bewys van wie agter die beplanning gesit het – daar was ‘n verslag wat deur dr Verwoerd dié dag, behandel sou word wat nooit daarna openbaar gemaak is nie; die vyand dit nie kon bekostig nie: dr Verwoerd moes stilgemaak word!
Dat dit in die Volksraad van alle plekke moes gebeur! – “the very cockpit of power,” soos die Rand Daily Mail gestel het, die plek wat, soos die Van Wyk-kommissie in sy verslag sê, met soveel eerbied deur die publiek bejeën word dat so iets vir baie mense byna ondenkbaar moet wees. “Die omstandighede is genoeg om die verstand te laat duisel,” het die Rand Daily Mail geskryf.
“Die patroon van die treurspel,” aldus die Daily Despatch van Oos-Londen, “was so makaber, so onwerklik, so ongelooflik dat dit selfs nou nog onmoontlik is om die enormiteit van die wandaad te snap.”
Tekenend vir die reaksie oor die hele land heen was ’n toneeltjie wat hom ’n paar honderd tree van die Parlementsgebou in ’n kantoor in die Groote Kerkgebou afgespeel het.
BEWARING VAN ONS ERFENIS
Hannes Ollewagen
1 Konings 21:1-29
“En Agab het met Nabot gespreek en gesê: Gee my jou wingerd, dat dit my groentetuin kan word, want dit is naby, langsaan my huis; dan sal ek jou in die plek daarvan ‘n wingerd gee wat beter is; of as dit goed is in jou oë, sal ek jou die koopprys daarvan in silwer gee. Maar Nabot het vir Agab gesê: Mag die HERE my daarvoor bewaar dat ek die erfdeel van my vaders aan u sou gee!” (:2&3).
Nabot – die slagoffer van ‘n ander man se hebsug. Agab het met ‘n verterende drang die kosbare wingerd van Nabot begeer. Hy was bereid om dit te ruil vir ‘n beter wingerd of om ‘n billike koopprys daarvoor te betaal. Nabot wou egter vanuit ‘n beginsel nie dit wat vir hom kosbaar was en wat hy as erfenis ontvang het, prysgee nie. Nabot het die bevel van God waarvan ons in Núm. 36 lees, geëer. “...sodat die erfdeel van die kinders van Israel nie van stam tot stam oorgaan nie; want die kinders van Israel moet elkeen die erfdeel van die stam van sy vaders vashou.” (:7). Daarenteen het Agab die verbod van God uit Eségiël 46:18 verontagsaam. “En die vors mag niks neem van die erfdeel van die volk om hulle uit hul besitting te verdring nie; van sy besitting moet hy aan sy seuns ‘n erfdeel gee, sodat my volk nie verstrooi word elkeen uit sy besitting nie.”
HERINNERINGE AAN DR HF VERWOERD (3)
Lees reeks by Herinneringe aan dr HF Verwoerd
Fanie Botha
" Mense wat nie weet waarvan hulle praat nie, beweer soms dat dr. Verwoerd 'n soort diktator was wat sy wil op ander afgedwing het. Daar is 'n aansienlike verskil tussen 'n diktator en 'n man soos dr. Verwoerd. Hy was 'n sterk leier en hy het 'n oorredingsvermoë gehad wat ek nog nooit by enigiemand anders gesien het nie. 'n Man moes goed gewees het as jy met hom wou redeneer en jy het gewoonlik die argument verloor as jy nie baie seker van jou saak was nie; nie omdat hy die leier was nie maar omdat hy so logies en korrek was."
Dr. S.P Botha is op 5 Mei 1922 te Lusaka gebore, het op Stellenbosch studeer en was LV vir Soutpansberg (1958-1983), leier van die Volksraad (1979-1983), Minister van Waterwese en Bosbou (1968- 1976), Minister van Arbeid (later Mannekrag) en Mynwese (1976-1979) en Minister van Mannekrag (1979-1983). Hy het eredoktorsgrade ontvang van die Universiteite van die Oranje-Vrystaat en Stellenbosch, asook die Dekorasie vir Voortreflike Diens van die RSA en die Hoogste Orde van die Briljante Ster van die Republiek van China.
Fanie aan die woord:
My eerste ontmoeting met dr. Verwoerd was nogal 'n interessante ondervinding. Hy was toe Minister van Naturellesake en lid van die Senaat, hier in die vroeë jare vyftig. Ek was op Stellenbosch in diens van Rembrandt, en het op die een of ander manier op die dagbestuur van die Suid-Afrikaanse Buro vir Rasse-aangeleenthede (SABRA) beland.
KOMMENTAAR OOR WAAR VORSTER GESTAAN HET
Andries de Bruin
Ek wil graag kommentaar lewer op die artikel WAT HET VORSTER OOR VERWOERD SE MOORD GESÊ?
Ek stem nie saam met die skrwer dat Vorster heeltemal in die agtergrond gestaan het nie. Ek verstaan wel die strekking van die skrywer se bedoeling en daarmee kan ek saamgaan: Vorster WOU graag in die skadu staan omdat hy betrokke en bang was om te veel te sê.
Kortom, op 6 September 1966 word dr HF Verwoerd, die laaste onverskrokke Christenleier in die Weste wat onomkoopbaar was, in 'n sluipmoord om die lewe gebring. Hy wou die Sionistiese beheer oor Suid-Afrika tot 'n einde bring. Die Hoek-verslag, wat hierdie invloed uitspel, word nooit openbaar gemaak nie. Verwoerd se moordenaar is deur 'n Jood, dr Jacobson in Brittanje "behandel" en geprogrammeer en onder sterk hipnose geplaas. Ná die moord word die moordenaar, Tsafendas, nie uit die hipnose gehaal nie en as "mal alleenloper" bring hy die res van sy lewe in opsluiting deur. Die Jode sorg daarvoor. En enkele ure na dr Verwoerd se dood verklaar die geheime ("Crypto") Jood, John Vorster, dat dit die werk van 'n alleenloper is sonder dat enige ondersoek nog gedoen is. As handlanger van die Sioniste berei Vorster die land voor vir oorgawe aan die godlose Sioniste.
Dit is hoe betrokke Vorster werklik was. Enigiemand in sy skoene sou liewer in die agtergrond wou bly...
WAT HET VORSTER OOR VERWOERD SE MOORD GESÊ?
Joernalis
Net na die moord op dr Hendrik Verwoerd, het daar uit elke moontlike oord woorde van erkenning vir hierdie groot staatsman gekom – selfs vanaf anderkleuriges asook verskeie opposisie politieke partye. Maar van twee persone is daar nie veel aantekeninge te vinde nie. ‘n Mens sou dink dat die opvolger vir dr Verwoerd, John Vorster, in so ‘n mate sou reageer dat die media daaroor sou berig. Waarom het hy verkies om hiertydens in die skadu te staan?
Ook van koningin Elizabeth het geen boodskap gekom nie, waarvoor sy selfs in Engelssprekende kringe in Suid-Afrika kwalik geneem is.