Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
HERE, wanneer ons so vinnig leef dat ons nie die skoonheid van u skepping meer raaksien nie, keer ons asseblief. Laat ons elke dag die wonder van u wolke, u bome, u sonlig en al u wonderwerke met ontsag aanskou.
TRUMP ‘N NASIONALIS?
Dr Danie Theron
Volgens berigte het Donald Trump, VSA-president, onlangs verklaar dat hy ‘n “nasionalis” is. Ek moet sê ek was verstom. En natuurlik het die hoofstroom-media ontplof toe hy die uitlating gemaak het, want die begrip nasionalisme word in dieselfde kategorie as rassisme geplaas.
Waarom was ek verstom? Omdat alles wat Trump doen spreek van ‘n liberalis en ‘n globalis. Vergeet sy beloftes voor sy verkiesing as president. Daarvan het dadels gekom. Trump sê een ding en doen ‘n ander. Hy is meer pro-Israel as wat Obama was, hy is meer oorlogsugtig as meeste VSA-presidente. Hy word tereg soos volg beskryf:
WYSHEIDSTORIES (14)
>
Skerp Waarnemer
Lees reeks by Wysheidstories
Soek elke storie se les
en omskep dit in dade
HOE JY KYK
>
>>>
Die lewe is een groot storie, 'n storie wat net wag om raakgesien en oorvertel te word.
Maar almal kyk nie met dieselfde oë na die wêreld om hulle nie. En almal reageer nie dieselfde op wat hulle sien nie.
Daar is 'n klassieke Duitse gediggie wat die verskil uitwys:
Twee het na die agterveld in die berge gegaan. En toe hulle terugkom, het die mense gevra:
"Wat het julle gesien? Vertel!"
Die een het gesê: "Ag, nou ja, die gewone berge en bome, son, waterstrome, groen gras en blou lug."
En die ander het gesê: "Pragtige berge en bome! Heerlike son! Rustige waterstrome! Sagte groen gras, en helder blou lug!"
SUID-AFRIKA SE GETALLE
Almal in die Unie Republiekwording het altyd geweet dat die naturelle baie, en die witmense min was. Die vrees aan blanke kant was van lankal af dat die getalsterkte van die inboorlinge hulle kon oorweldig en afdwing na die laer beskawingspeil van die nie-blankes, wat sou lei tot die uitwissing van westerse beskawing hier te lande. Om vir die beoogde gesegregeerde swart gebiede lewensvatbaarheid te skep kon nie aan die swartmense self oorgelaat word nie - dit het hulle aan die vermoë ontbreek omdat hulle nie oor die soort kundigheid beskik het wat eie ontwikkeling moontlik gemaak het nie. En die blankes het die opoffering wat van hulle kant gemaak moes word om swart ontwikkeling te stimuleer en te lei nie oorweeg nie - die noodsaaklikheid van waarom en hoe het nie deurgedring nie. Die massa sou nie aan so-iets dink nie en die leiers is gelei deur die begeertes van die massa.
AMERIKA EN DIE INTERNASIONALE REG
Dr Danie Theron
Alhoewel Jan en Alleman dalk gerus gestel word deur die hoofstroom-media oor Amerikaanse betrokkenheid op feitlik elke kontinent en vertel word dat dit ‘n oorlog teen “terorisme” is om “demokrasie” te herstel, lyk die ware verhaal heelwat anders. Amerika is inderdaad besig om die ganse wêreld te probeer verower.
Militêre basisse is oraloor gevestig. Grootskaalse militêre en ook koverte operasies is aan die gang. Dit sluit in die Midde-Ooste, Oos-Europa, sub-Sahara Afrika, Sentraal-Asië en die Verre Ooste. En al hierdie gebiede word in die naam van demokrasie gedestabiliseer. Dit gaan gepaard met ekonomiese sanksies – beter bewoord as ekonomiese oorlogvoering. Aanslae word ook gevoer op state se geldeenhede en markte.
VOLKSREGERING (70)
Dirk Denker
Lees reeks by VOLKSREGERING
Natuurlik – Doelmatig
Beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling
vir enige volk, hetsy klein in getalle of groot
MIN BEREIK
Na regeringoorname het die volkvreemde leiers in bykans 'n kwarteeu nie 'n kwart bereik van wat hulle beloof of in die vooruitsig gestel het nie, en op verskeie gebiede het die toestande versleg. In die geheel was daar grootskaalse agteruitgang. Hulle het ontdek dat daar veel meer in regeervermoë is as wat hulle kon hanteer. Geld kan nie sonder deeglike beplanning bestee word nie omdat die fontein vinnig opdroog. Toe sake hand-uit ruk, het dit verwarring veroorsaak, die verband tussen verwagting en werklikheid het verlore geraak en die voorgangers is nie meer seker wat waar en wat vals is nie. Swaarmoedigheid tree in, met hulle gemoed in 'n greep van hulpeloosheid. Die maklikste is om apartheid te beskuldig wat beteken dat hulle na 'n kwarteeu nie op apartheid kon verbeter nie, maar misluk het.
‘N OFFER AAN HOM
Hannes Ollewagen
Miga 6:1-16
“Waarmee sal ek die HERE tegemoetgaan en my buig voor die hoë God? Sal ek Hom tegemoetgaan met brandoffers, met jaaroud kalwers? Sal die HERE ‘n welbehae hê in duisende ramme en tienduisende strome van olie? Sal ek my eersgeborene gee vir my oortreding, die vrug van my liggaam vir die sonde van my siel? Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?” (:6-8).
Die meeste van ons is seker bekend met die Halleluja-lied : “Moet ek gaan met leë hande?”. Hierdie vraag laat ‘n mens weer besin oor die wyse waarop ek voor God sal verskyn.
JOHANNA BRANDT VERSUS SIENER (5)
Lees reeks by Johanna Brandt versus Siener
Duitsland
(Meer as Oorwinnaar)
Terwyl die Bondgenote, Engeland, Frankryk en Rusland, besig was om hul ryke op te bou met die vlees, bloed en gebeentes van hulle medemens, was daar in Duitsland 'n groot voorwaartse beweging op die gebied van kuns en wetenskap, handel en nywerheid. Ons het gesien dat hy nie heeltemal vry was van bloedvergieting nie, maar terwyl hy die afgelope honderd jaar maar nege oorloë gehad het, het die drie Bondgenote tesame nie minder nie as honderd-sewe-en- twintig gehad.
HET DIE FARISEERS GEWEET WIE JESUS IS?
Dr Danie Theron
Waarom ken julle my spraak nie? Omdat julle na my woord nie kan luister nie.
Joh 8:43
‘n Vraag wat onwillekeurig by mens opkom wanneer mens die Nuwe Testament, en veral die vier evangelies lees, is of die Fariseërs geweet het wie Jesus is.
Ons lees dat die Fariseërs die wet geken het. Hulle het ook die skrifte van die Ou Testament geken. Ons kan trouens sover gaan deur te stel dat hulle, tesame natuurlik met die skrifgeleerdes en Sadduseers (as lede van die Sanhedrin), by uitstek die kenners van die Ou Testament was. Hulle was so geag deur die mense. Uit wat hulleself gesê het, is dit duidelik dat hulle ‘n intense studie van die skrifte gemaak en gehad het.
GEREGVERDIG, GEHEILIG EN VERLOS!
Dr Danie Theron
Rom 10:4 Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid van elkeen wat glo.
As ons die Woord van God nie hoor nie, nie lees nie, kan ons kwalik in geloof groei. Is geloof dan nie ‘n vaste vertroue in God nie? En hoe kan ons God vertrou as ons Hom nie ken nie? ‘n Kind vertrou sy ouers omdat hy hulle ken en hoe beter die ken, hoe groter die vertroue. Jy kan alleen in iemand glo as jy hom ken.
En watter openbaring is dit nie as mens die Woord van God intens bestudeer nie. Ek loop iemand raak wat my vlugtig vra oor regverdigmaking en heiligmaking. Weliswaar kan ek ‘n kort en kragtige antwoord gee, juis omdat ek dit kort vantevore gelees het, maar sulke kragtige begrippe vereis verskeie navorsing. En waar begin mens om dit te verduidelik? Wel, kom ek probeer.
WYSHEIDSTORIES (13)
Skerp Waarnemer
Lees reeks by Wysheidstories
Soek elke storie se les
en omskep dit in dade
GERINGSTE ONDER ONS
'n Houtkapper het die woud in geloop en die bome gevra om vir hom hout te voorsien om 'n steel vir sy byl te maak.
Die bome het die saak bespreek en die hout van die jong esdoringboompie aangebied. Die es was magteloos, en die houtkapper het hom afgekap en 'n steel vir sy byl van die stam gemaak.
Toe begin die houtkapper dadelik die hoogmoedige boomreuse een vir een afkap.
JOHANNA BRANDT VERSUS SIENER (4)
Lees reeks by Johanna Brandt versus Siener
Die Vredestraktaat
Dit is die grootste oorlogsverklaring wat in die geskiedenis van die wêreld nog bekend was, en dit sal ons sien in die oorlog van geweld wat nou aan die gang is en nog moet kom. Die veraf gedreun van die naderende orkaan, val nog op dowe ore. Ons het geval by die tienduisende, maar dan sal ons by honderdduisende afgemaai word. Die Sekel van die Dood sal oor ons gaan, want die graanoes is ryp en die druiwetakke hang swaar. Die uur om te maai het gekom. Kleiner stakings sal oorgaan in groter stakings; groter stakings sal aanleiding gee tot losbandigheid en brandstigting; brandstigting sal gevolg word deur revolusie; revolusie sal oorgaan in burgeroorlog; burgeroorlog gevolg deur hongersnood en pestilensies — maar al hierdie dinge sal oorskadu word deur ’n katastrofe wat nie deur menslike woorde beskryf kan word nie. Dit sal wees slag op slag, verwoesting op verwoestmg; dood en droefheid, rou en geweld -— en tussenin sal daar geen verposing wees nie.
GOD IS ‘N GOD VAN ORDE
Ds Andrè vd Berg
“En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hul woonplek vasgestel het” (Hand.17:26)
In 1 Kor.14:33 skryf Paulus dat God nie ’n God van wanorde is nie, maar van orde. Alles wat met Hom verbind is, word aan ordelikheid gekenmerk; veral die kerk: “Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan” (:40). Dit onderskei gelowiges van heidene wie se godsdiens onordelik is omdat dit in diens van die Satan staan en hy die teenpool van God is. God is orde; Satan is wanorde.
MASKER AF, ANC (4)
>
>>
Lauritz Strydom
lees reeks by MASKER AF, ANC
Die vlug
Die aand ná die klopjag in Rivonia word al die inwoners van Lilliesleaf in Johannesburg aangehou ingevolge die 90-dae- aanhoudingsbepaling. Dit is een van die spesiale magte wat die Suid-Afrikaanse Parlement aan sy minister van Justisie gegee het om die veelkoppige kommunistiese draak mee te kan beveg.
In die polisiesentrum Marshallplein bevind Arthur Goldreich en sy vrou hulle.
Ook in die selle by Marshallplein — ‘n vaal, verouderde rooi baksteengebou — is twee Indiër-aangehoudenes: Moosa Moolla en Abdullah Jasset.
ONGEREGTIGHEDE VAN DIE VERLEDE?
HOE VOEL JÝ OOR DIE “ONGEREGTIGHEDE” VAN DIE VERLEDE?
Dr Danie Theron
As jy ‘n trotse volk verkneg
word opstand teen die reg sý reg
(NP van Wyk Louw)
Ek het al dikwels verwys na die aanhef van die Grondwet wat die volgende stel:
We, the people of South Africa, recognise the injustices of our past:
Honour those who suffered for justice and freedom in our land….
Die betekenis daarvan is duidelik. Die sogenaamde apartheidsverlede is ‘ongeregtig’ en boos. Dit moet deur almal (‘we’) erken word. Dié wat daarteen geveg het (‘suffered’) moet (deur almal) geëer word.
Van hierdie Grondwet sê Nelson Mandela in 2001:
“… it is a solemn pact … we shall never permit a repetition of our racial, brutal and repressive past …. “
In gewone Afrikaans:
- die apartheidverlede is sleg, dis brutaal en onderdrukkend;
- dit mag nooit weer gebeur nie;
- dit staan vas – dit is verander in die grondwet
- die ‘vryheidsvegters’ teen daardie bose bedeling is vandag se helde.
WIE IS ANGUS BUCHAN?
EN WIE IS DIE ANTICHRIS?
SG Hagen
2 Thes 2:3 Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van die sonde geopenbaar word die seun van die verderf.
Die Antichris word op verskeie plekke in die Bybel beskryf sonder dat sy naam presies aangedui word.
In 2 Thessalonisense leer ons dat hy:
- die mens van die sonde is;
- die seun van die verderf;
- die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is.
Ons lees ook dat hy in die tempel (die Kerk) van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.
LERAARS - DIENSKNEGTE OF EGO-POETSERS?
Ds Andrè vd Berg
“As iemand spreek, laat dit wees soos woorde van God...” (1 Pet.4:11).
1. Inleiding
Kerke beklee die derde plek in ʼn samelewing. Dis die ruimte waar mense tyd naas hul huisgesinne (eerste plek) en werksplekke (tweede plek) deurbring. Omdat mense in die kerk hul hartseer, kommer en vreugdes met mekaar kan deel, vervul ʼn gemeente ʼn belangrike plek in die gemeenskap.
Ongelukkig is georganiseerde godsdiens besig om sy staanplek as ʼn pilaar van morele leierskap te verloor. Kerkgang word as ʼn oorgeërfde, kulturele gebruik beskou word wat uitgedien geraak het.
Om dit aan ʼn afvalligheid van God se Woord toe te skryf, is deels waar. Die kern-oorsaak lê egter in eie geledere. Die akker waarin baie kerke vandag saai, is so met die onkruid van humanisme besmet en die vrug wat dit oplewer, bitter. Verkeerde saad het nooit ʼn goeie oesopbrengs nie!
BARMHARTIGHEID EERDER AS OFFERANDE
Hannes Ollewagen
Matt. 9:9-13
“Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; ...” (:13).
Ons Here Jesus Christus gee vir ons in hierdie teksvers ‘n opdrag – gaan leer wat dit beteken. Gaan leer wat dit beteken dat God van ons barmhartigheid eis. Gaan ondersoek die Woord van God, praat met God in gebed hieroor en soek die antwoord hierop. Gaan leer en verstaan wat dit beteken dat barmhartigheid bo offerandes in God se oë gestel word.
Ek dink onwillekeurig terug aan ‘n gedeelte uit 1 Sam. 15 wanneer ons hierdie gedeelte uit Matthéüs lees. Dit was koning Saul wat die opdrag van God gekry het om Ámalek te verslaan en geheel met die banvloek te tref.
ONS SKEP EIE ONDERGANG
Johan Dorfling
Waaroor ek hier skryf, is aangewakker en bevat aanhalings nadat ek 'n artikel van dr Danie Theron gelees het. Die man is aan my onbekend, maar ek vind sy denke oorspronklik en belangrik om self daaroor na te dink.
Volksgenote het toeskouers van hulle eie ondergang geword. Dit kom voor of ons volk 'n hulpeloosheid ervaar wat ons totaal weerloos laat. 'n Gebrek aan 'n positiewe toekomsverwagting is 'n duidelike teken van geloof wat plek maak vir kleingeloof. Wat is doelloosheid, rigtingloosheid en hopeloosheid anders as 'n tanende geloof? Dan neem Satan, die owerste van hierdie wêreld, ook in die gelowige se lewe oor.
MASKER AF, ANC (3)
Lauritz Strydom
lees reeks by MASKER AF, ANC
OP DIE NES
In die oënskynlik vreedsame en landelike stilte van die verlate werf op Lilliesleaf klink die geklap van polisiestewels vreemd op.
Van die speurders wat agter om die huis hardloop, kry ‘n geheelbeeld van die toneel. Aan hul linkerkant, agter die woonhuis, is verskeie buitekamers in ‘n T-vorm gerangskik. Tussen die buitekamers en die huis is ‘n motorhuis. Etlike motors staan in die oop ruimte geparkeer.
Luit Van Wyk hardloop by die kombuisdeur in.
MASKER AF, ANC (2)
>
>>>
Lauritz Strydom
lees reeks by MASKER AF, ANC
Ongelooflike inligting
Agtien maande al swoeg die Suid-Afrikaanse Polisie se Veiligheidsafdeling om die sabotasievlaag te beheer wat dwars-oor die land uitmasel. Talle kere bly die saboteurs anoniem; dikwels word van die skuldiges aangekeer. Daar word toegesien dat reg geskied: die verdagtes word in die hof aangekla en van hulle word gevonnis. Daar is egter ander wat hul plekke kan neem en die sabotasie-aanslae duur voort.